Worcester Standard 20-12-12

Page 9

Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Desember, 2012

Valleiers se wense vir die nuwe jaar MATTHEW SHELDON Oor 12 dae is 2013 hier. Oral sal daar soos elke jaar, nuwejaars-

“My nuwejaarsvoorneme is om meer geld in 2013 te spaar,” sê Lin Witbooi (49) van Worcester.

“My nuwejaarsvoorneme is om die rook en wyn te los en om ’n nuwe mens en ’n beter ma vir my drie kinders te wees,” sê Gizela Lukas (28) van Worcester.

voornemens gemaak word. Die Standard het vir Breedevalleiers gevra wat hul voornemens vir 2013 is.

“Ek wil ’n ordentlike werk in 2013 kry sodat ek ’n beter lewe kan hê,” sê Knowledge Mucharwa (22) van Zweletemba.

Skenk ’n kosmandjie MATTHEW SHELDON

“My nuwejaarsvoorneme is om die matrikulante van 2013 te ondersteun en te adviseer om hul studies te bevorder. Ek wil aan hulle verduidelik dat daar alternatiewe maniere is om toegang tot ’n tersiêre instelling te kry. Hulle moet om beurse aansoek doen,” sê Funeka Fatyela (32) van Zweletemba.

“My nuwejaarsvoorneme om ’n mooi en plesierige jaar vir my en my gesin te bou aangesien ek 60 raak,” sê Angus Oliphant (59) van Worcester.

FOTO’S: MATTHEW SHELDON

“My nuwejaarsvoorneme is om iemand te ontmoet wat my kan help met die produksie van my reggaemusiek. Ek hoop die persoon kan ook ’n geleentheid vir my skep om op ’n groot verhoog te verskyn en op te tree,” sê Rudi Wiese (34) van Worcester.

9

“My nuwejaarsvoorneme is om gewig te verloor. Ek wil ook volgende jaar my studies in onderwys voltooi en my honneursgraad verwerf,” sê Irvine Jeftha (42) van Worcester.

“My nuwejaarsvoorneme is om ’n suksesvolle 2013 vir my en my gesin te skep. Ek gaan ’n bietjie meer doen en harder werk om dit te bereik,” sê Jonathan Bezuidenhoudt (30) van Worcester.

Inwoners wat nog by die kosmandjieprojek betrokke wil raak, het nou die geleentheid om dit te doen. Só sê Claude Schroeder wat aan die hoof staan van die kosmandjie-projek wat Worcesteriete aanmoedig om hul harte oop te maak en te gee. “Daar is reeds meer as 70 kosmandjies ingesamel en talle inwoners wat telefonies bevestig het dat hulle definitief ’n bydrae sal lewer.” Neville Tobias, die eienaar van Tobias Busdienste en die voormalige skoolhoof van die Esselenpark Hoërskool, het kosmandjies ter waarde van R1 000 aan die projek geskenk. Shoprite in Russellstraat, Worcester het kosmandjies ter waarde van R1 000 geskenk en die personeel het onderneem om 20 ekstra kosmandjies te skenk. Ook Nico en Simone Marais het onderneem om 20 kosmandjies namens Worcester Bakwerke en Worcester Plavei te skenk. Die speaker van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), Antoinette Steyn, het 10 kosmandjies aan die projek geskenk. Enigeen wat ’n verskil wil maak kan Claude Schroeder by 082 868 3222 bel.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.