Issuu on Google+

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 20 Desember 2012

Versoening: Alle oë op Worcester 3

Prys: R4.70

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Rexie ná maande tuis 7

Paartjie 60 jaar getroud

8

Taai uithouer maak naam 15

KERSGETY: KERSGETY: VREUGDE AAN ANDER

LLiggies iggies llaat aat o gies b link ogies blink MATTHEW SHELDON Kerswense, opgewondenheid en vreugde is duidelik tasbaar in Worcester. Sommige inwoners het baie moeite gedoen om hul huise met kleurvolle liggies te versier.

Klein Daniyal Khan (2) bewonder die versierings aan ’n Kersboom.

FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Volgens Linda Pasierbek van Panorama versier hulle hul huis reeds die afgelope 20 jaar op dié wyse. “Dit bring vreugde vir ons, ons kinders en ons buurt.”


2

Standard

Nuus News

20 Desember, 2012

BUS EN MINIBUS: BUS SE BAND HET DALK GEBARS

Botsing in De Doorns: drie dood, voertuie brand MATTHEW SHELDON

D

rie mense is dood ná ’n bus en ’n minibustaxi Donderdagaand 13 Desember naby De Doorns in ’n botsing betrokke was.

Twee van die oorledenes was passasiers in die taxi. Die derde oorledene was ’n passasier in die bus. Die bus was volgens die polisie na die Oos-Kaap onderweg, terwyl die taxi na Kaapstad op pad was. Die ongeluk het omstreeks 20:00 naby Bo-plaas gebeur. Een van die bus se bande het vermoedelik gebars. Die busbestuurder het as gevolg daarvan vermoedelik beheer verloor en reg van voor met die aankomende taxi gebots. Nooddienspersoneel op die toneel het lank gesukkel om twee oorlededes wat in die ongeluk verkool is, uit die taxi te verwyder. Dele van die twee voertuie moes uitmekaar gesny word om die liggame uit te haal. Konst. Lybey Swartz, woordvoerder van De Doorns-polisie, het bevestig dat twee van die taxi se passasiers en een van die bus se passasiers in die ongeluk gesterf het. Volgens Swartz het die taxibestuurder, Andrew Bottoman (42) en Amanda Tibeko (28), albei van Graaff-Reinet, in die ongeluk gesterf. Die derde oorledene, wat ’n bus-passasier was, is nog nie uitgeken nie. Swartz het bygevoeg dat 21 mense in die ongeluk beseer is. Volgens ’n persverklaring deur Keri Davids van die nooddienste, is al die beseerdes vir behandeling na die Worcester-hospitaal geneem. Michael Baartman (60) een van die bus se passasiers, het vertel dat hy steeds duidelik kan hoor hoe al die passasiers op die bus geskree het. “Ek het eers probeer om die venster uit te skop, maar toe ek sien hoe die mense by die middelste deur veg om uit te kom, het ek ook daardeur gegaan,” sê hy. Die bus was vol mense, volwassenes sowel as kinders. Alles het so vinnig gebeur, sê Baartman. Volgens Swartz moes die verkeer deur Sandhills ry om op die N1 terug te kom. Teen ongeveer 04:00 Vrydagoggend kon die verkeer weer vrylik beweeg, het sy gesê. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Nooddienspersoneel moes Donderdagaand (13 Desember) meganiese kake gebruik om twee oorledendes uit die taxi te haal. Alle nooddienste het na die toneel gejaag en van hul personeel het ook die vlamme geblus. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Burgerpark beskou as beste karavaanpark in SA Op die voorblad van die Worcester Standard & Advertiser van 50 jaar gelede (21 Desember 1962) is ’n foto wat by die Geloftedagviering op Lebensraum buite Rawsonville geneem is. ’n Tweede foto is dié van mnr. Barend Geldenhuys wat in ’n motorongeluk naby Villiersdorp gesterf het. Two Young Worcester People Killed - Several Injured In Road Accidents: Two people died and several were injured in road accidents in the Worcester district during the long weekend. Among them was the young Mr Barend Geldenhuys from Hermanus who worked for a firm of auditors in Worcester, and the 12-year- old Andrelina Harmse of De Doorns. Geldenhuys travelled with other passengers to Caledon when their car skidded on a corner, rolled three times and smashed into

a wall. Andrelina died after the car in which she travelled was in an accident on the National Road (N1) near De Wet. Kragtige Jeugboodskap By Goudini Se Geloftefees: “Die jeug is die lewensbloed van ons volk wat sal moet sorg dat hy in alle opsigte gereed is.” Dit was die woorde van mnr. Pieter Kapp, ’n onderwyser en buitemuurse Matie-student by ’n geloftedagviering by Rawsonville. Kapp het ’n beroep op die jeug gedoen om nie hande gevou te staan nie, maar hulle te vergewis van die toekoms van die volk. Ds. J.W.L. de Jager het bygevoeg dat die familielewe, die Bybel en die Sabbatdag die heilige besittings van die volk is. Road Safety Campaign: Motorists were warned by traffic officials that road blocks will be set up countrywide to ensure no me-

chanically defective motor vehicles take to the roads during the holiday season. This will be done in order to minimize road accidents on our roads during the festive season. Burgerpark: Dié park op Worcester is baie gewild en word beskou as seker die beste karavaanpark in die land. Die afgelope ses dae het 350 mans, vroue en kinders hier aangedoen van oral in die Republiek, Rhodesië en selfs Katanga. Mnr. Hugo Se Geloof Nou Sterker: Mnr. De Wet Hugo van Spes Bona is nou meer as optimisties as ooit oor sy vrou se herstel. Sy was op 10 Julie in ’n ernstige motorongeluk en was sedertdien in verskeie hospitale. “My geloof en vertoue na byna ses maande is nog sterker dat Madeleine volkome sal herstel,” het De Wet destyds aan die koerant gesê.

Die voorblad van die Worcester Standard & Advertiser van 21 Desember 1962.

FOTO: CHRISTINE SMIT


Standard

Nuus News

20 Desember, 2012

VERSOENING: ‘VERLEDE NIE VERBY NIE’

Met ’n slenter gevang en sonder motorband gelaat CHRISTINE SMIT Die slenters wat skelms uitdink om mense van hul geld te beroof, raak by die dag meer oorspronklik. Wat egter verstommend is, is dat mense nog steeds daarvoor val. Soos ’n inwoner van Worcester pas tot sy skande moes ontdek. Dié man, sê maar Koos, want hy wil nie sy naam genoem hê nie, is intelligent en nie iemand wat hom sommer om die bos sal laat lei nie. Tot die anderdag ... Koos vertel dat hy ’n man voor Tony’s in Porterstraat raakgeloop het wat met ’n motorband oor die skouer gestap het. Koos was toevallig ook op soek na motorbande. Die twee het begin gesels en die onbekende man het toe belowe om vir Koos ’n splinternuwe

Duiwe is tydens die byeenkoms op Worcester vrygelaat as ’n simbool van versoening in die land. In die middel is dr. Leon Wessels (gasspreker) met Olga Macingwana, ’n bomslagoffer langs hom. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport staan langs haar.

FOTO: DENZIL MAREGELE, FOTO 24

‘Die hele land kyk na Worcester’ CHRISTINE SMIT “Worcester kan nie bekostig om te misluk nie, want die hele land kyk na Worcester.” Dit was deel van dr. Leon Wessels, uitgetrede menseregtekommissaris en voormalige minister, se boodskap as gasspreker by die Versoeningsdagviering op Maandag 17 Desember. Die versoeningsboodskap het primêr gedraai om die gebeure op Oukersdag 1996 toe ses mense in ’n bomontploffing by die Shoprite-sentrum in Porterstraat gesterf het. Wessels het verwys na sy besoek vroeër aan Worcester toe hy geleentheid gehad het om tussen Worcesteriete te beweeg. Met dié besoek was dit duidelik dat die verlede nooit werklik verby is nie. “Maar ons moet maniere vind om saam te leef en te aanvaar dat ons nie sonder die verlede kan leef nie,” het Wessels verduidelik. “Die verdeling tussen arm en ryk is steeds baie groot en rassisme is steeds ’n groot werklikheid.” Wessels sê ons samelewing is na al

die jare steeds baie gepolariseerd. “Dialoog is die enigste manier om dit te oorbrug.” Die generasiegaping speel volgens hom ook ’n rol in die versoeningsproses. Die jonger geslag moet begrip hê vir die ouer geslag wat in die struggle gestaan het. “Die jonges moet hulle eer en die oueres moet begrip hê vir die jonger geslag wat met baie probleme gelos is.” Een van die bomplanters wat ná die voorval aangekeer is, Stefaans Coetzee, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Hy en een van die slagoffers, Olga Macingwana, is intussen versoen. In die ware gees van versoening sal ’n vredestrein met 67 slagoffers in Januarie na Pretoria waar die Sentraal-gevangenis is, vertrek. Dr. Deon Snyman van die Restitusiestigting en wat instrumenteel was met die begin van die Worcester Hoop- en Versoeningproses, het ook aangekondig dat Coetsee binnekort na ’n gevangenis op Worcester oorgeplaas gaan word. “Dit sal Worcesteriete dié wat wil en steeds met die trauma van daardie donker dag saamleef, geleentheid op versoening gee,” het Snyman verduidelik.

Man collapses, dies at shopping mall An unfortunate scene unfolded at the Mountain Mill Shopping Centre on Saturday 15 December where a man died of natural causes. Security staff at Mountain Mill were alerted at about 16:00 that a man had collapsed at the Pick n Pay entrance. It was established after watching the closed circuit television footage that the man had started coughing before he left the shopping centre. On leaving the centre, the man, presumably in his mid-thirties, stopped at a trash can where he remained for several minutes. His

Verkragtingsaak teen polisiebeampte uitgestel HILDERINE SCHRÖDER Die saak van ’n Robertson-polisiebeampte wat van verkragting aangekla word, is verlede week tot aanstaande jaar uitgestel. Die beampte, wat aan die Worcester-polisie se taktiese reaksie-eenheid verbonde was, het verlede Donderdag (13 Desember) vlugtig in die hof op Robertson verskyn. Die saak is tot 23 Januarie uitgestel vir die beskuldigde om regsverteenwoordiging te bekom. Die saak teen die beampte spruit uit ’n voorval op 12 November vanjaar waartydens hy na bewering ’n vrou van dieselfde dorp verkrag het. Die beampte het glo vooraf ’n saamrygeleentheid aan die 30-jarige vrou gegee. Die saak is tot 23 Januarie uitgestel.

condition quickly worsened as he started coughing blood. He dropped to the ground, after which he was approached by the centre’s security personnel. The ambulance services as well as the police were called to the centre, but the man was declared dead at the scene at approximately 16:50. Family members on the scene confirmed that the man was suffering from progressive tuberculosis. Video surveillance confirmed that there was no foul play involved.

3

band teen ’n goeie prys te kry. Koos moes net kans gee - en sommer solank R100 ook. Om te wys dat hy nie ’n skurk is nie, het hy vir Koos ’n Toyota Tazz se sleutel en ook “’n blink sleutel met vierkantige tandjies” as pant gegee. En dit was ook die einde van die storie. Koos is sy R100 kwyt en die skelm se telefoonnommer het ook niks opgelewer nie. Die saak is ook by die polisie gerapporteer. Mense moenie vreemdelinge glo wat allerhande beloftes maak en geld by hulle neem nie, waarsku kapt. Mzikayise Moloi, polisiewoordvoerder. Hy sê voorvalle soos hierdie kom nou al meer voor. Hy vra dat mense dit dadelik by die polisie aanmeld. “Hierdie mense is skelm en steel net ander se geld.”

Farm workers to continue their struggle About 3 000 farm workers braved the hot sun at the Boland Park Stadium in Worcester on Sunday in support of their ongoing struggle for a minimum wage and other demands. According to a spokesperson, Gavin Joachims from the Mawubuye Land Rights Forum and Trust for Community Outreach and Education (TCOE), the demand is not only for a wage of R150 per day, but also for better living and working conditions, health and safety measures and also to put an end to the still present feudal system. According to the TCOE’s statement, a plan of action is under way, based on building farm worker assemblies by worker committees meeting in different districts. These assemblies will take the lead in driving rolling mass action and inevitably build up to the resumption of strikes and protests. Joachims said consultations will be carried out and added that depending on local outcomes, stay away actions will continue.

The TCOE also announced that the stalled liberation of farms and the countryside will be taken up as the 100 years of the 1913 Land Act and the dispossession of land from people are being commemorated. According to the TCOE this act, more than any other law, is responsible for the slavelike conditions of farm workers. He pointed out that farm workers themselves will decide on the way to drive the process further. Last Sunday’s assembly coincided with Mangaung. However, most farm workers had no confidence that the ANC’s conference would have any relevance in putting an end to impoverishment and poverty. According to their statement, farm workers pledged to build their own independent struggles and actions as they expressed little faith in the ANC and government to effect any changes to their living and working conditions.


4

Standard

Nuus News

20 Desember, 2012

STEDELIKE VERVAL: WIE SE SKULD IS DIT?

Worcester se voorkoms nie alte mooi CHRISTINE SMIT Is Worcester, voorheen een van die mooiste dorpe in die land, op die pad van verval? As ag geslaan word op die klagtes wat die Standard gereeld bereik, mag die waarskuwingsligte nie geïgnoreer word nie. Dié klagtes het die Standard genoop om self ondersoek te gaan instel en ook inwoners, sakelui en die Breedevallei-munisipaliteit se opinies in te win. Die meeste klagtes is van besorgde inwoners vir wie die totale gebrek aan sindelikheid - en dus ook die voorkoms van die dorp - onaanvaarbaar is. Ons leef al meer terug na derdewêreld-toestande, word dikwels gesê. Te oordeel aan die onhigiëniese toestande in sommige buurte, moet toegegee word dat daar rede vir klagtes is. Worcester se infrastruktuur, veral strate en sypaadjies, is aan die verbrokkel. Inwoners sê dit raak gevaarlik om in die donker te ry, want

Vandale ontsien nie eens die laaste rusplek van Worcester se afgestorwenes nie. Dié eens pragtige ingang is nou niks meer as ’n seeroog nie.

die strate is vol slaggate en voertuie raak erg beskadig. Voetgangers kla oor ongelyke sypaadjies wat vir die ouer geslag en veral vir die groot aantal blindes op die dorp, gevaarlik is. Vuil erwe met onkruid oorgroei en murasies is meermale ’n blyplek vir misdadigers. Waar haweloses hul intrek neem, vier dronkenskap, vloekery en onsedelike gedrag hoogty – meermale ten koste van sakeondernemings. Misdaad stem inwoners bekommerd. Die sedelike verval, prostitusie wat snags openlik bedryf word, bendegeweld, dwelmmisbruik, die verwaarlosing van ons kultuurhistoriese erfenisse is aspekte wat Worcester se beeld skaad. Vingers word meermale, dikwels ten onregte, na die Breedevallei-munisipaliteit en sy raadslede gewys. Swak en wanadministrasie, nepotisme, onverskilligheid teenoor inwoners en laksheid word deur inwoners as nog ’n vorm van verval bestempel. Verval het baie gesigte. Maar wie moet pa staan vir die morele, geestelike, sosio-ekonomiese, sosiale en kulturele verval? Johan Botha, woordvoerder vir die Breedevallei-munisipaliteit, sê die raad ontken nie dat daar probleme is nie, maar meen dat verval ’n te sterk woord is vir wat in Worcester ervaar word, veral gesien in die lig van die daadwerklik pogings wat die raad en sy vennote soos die sakegemeenskap aanwend om agterstande in te haal. “Om van verval te praat kan ’n negatiewe invloed op die plaaslike ekonomie hê en bestaande probleme net vererger,” sê hy. Oor wat die oplossing vir die probleme op Worcester is, meen Botha gesamentlike optrede en die betrokkenheid van al die inwoners is nodig om ’n verskil te maak. Botha het almal bedank wat reeds ’n positiewe bydrae lewer om ’n verskil in Worcester te maak.

Vullis in woonbuurte is nie net onooglik nie, maar skep terselfdertyd ’n gesondheidsgevaar vir inwoners. FOTO’S: CHRISTINE SMIT

Vir bykans vyf jaar nou al moet inwoners tevrede wees met ’n onooglikheid soos dié by Kerkstraat 115.

Vullis lê soms vir dae in die watervore of op straathoeke.

Groot vragmotors kerf Worcester se sypaadjies flenters.

CHILDLINE 0800 055 555


Standard

Nuus News

20 Desember, 2012

WORCESTER: SKOON EN NETJIES

5

Talle planne om dorp van verval te red CHRISTINE SMIT Worcester met sy trotse geskiedenis wat uit 1819 dateer, is sinoniem met natuurskoon, vrugbare valleie en instansies wat wêreldwyd die toonaangewers is. Worcester bied alles vir sy inwoners – waaronder pragtige woonbuurte, ’n gesonde sakesektor, uitgebreide infrastruktuur, toonaangewende opvoedkundige instansies, ontspanningsgeriewe, die wêreldbekende Karootuin Botaniese Tuin, die KWV en Kleinplasie. Geluide dat verval besig is om Worcester in te haal, word egter al meer gehoor, met al meer vingers wat na die munisipaliteit wys. Verval impliseer gewoonlik agteruitgang weens die feit dat daar niks aan ’n saak gedoen word nie. Daarvan, sê Johan Botha, woordvoerder vir die Breedevallei-munisipaliteit, kan die munisipaliteit nie beskuldig word nie. “Onmiddellik ná die verkiesing in 2011 het die raad agteruitgang van munisipale infrastruktuur aangespreek en aksies van stapel gestuur om ’n beter omgewing vir die dorp se inwoners en besoekers te skep,” sê Botha. (Meer inligting oor dié projekte was in die munisipale nuusbrief bekend gemaak wat verlede week in die Standard verskyn het.) Nik Wullschleger, voorsitter van die Worcester Besigheidsforum, sê op Worcester is daar armoede, misdaad en stedelike verval, net soos in enige ander dorp of stad. In teenstelling verwys hy na die duisende pragtige woonhuise en historiese erfenisse op die dorp. Wullschleger sê dit is onregverdig om enkele voorbeelde van verval as die norm voor te hou. Die oplossing vir byvoorbeeld die bouval by Kerkstraat 115 is eenvoudig: munisipale regulasies moet toegepas word vir die eienaar om sy verantwoordelikheid na te kom. Hy meen voorts, soos baie ander prominente sakemanne, dat Worcester se sakekern nog nooit beter gelyk het nie – en loof terselfdertyd die vroue en mans wat saans die sypaadjies

en watervoortjies skoonmaak. ’n Sakeman in die middedorp wat nie sy naam genoem wil hê nie, meen erkenning moet gegee word aan die pogings om Worcester skoon en netjies te hou. “Neem Kerkplein as voorbeeld – ’n sieraad vir die dorp!” George Quènet, voormalige burgemeester van Worcester, gerekende sakeman en ’n jarelange inwoner, huldig ’n ander opinie. Dit is vir hom hartseer om die eens pragtige Worcester se agteruitgang te aanskou. Die wettelose en onbetrokke gesindheid op die dorp ontstel hom. “Tog glo ek daar is mense en instansies wat hard werk om dinge te verander, maar dit gebeur te stadig,” sê hy. “Ek bly nietemin hoop dat daar ’n verandering ten goede sal kom.” Lorraine Theron van Alphaprop sê dit is belangrik om Worcester skoon en mooi te hou om nuwe intrekkers te lok. “Ons moet waak daarteen dat mense oral slaap en rommel strooi.” En sy voeg by dat inwoners nie deur hul onbetrokkenheid die basiese waardes van skoon, netjies en trots moet vergeet nie. Die voorkoms van die dorp raak almal. ’n Skoon dorp verg vennootskapsaksies, ’n gesindheidsverandering, opvoeding en betrokkenheid. Die raad, met die Worcester Besigheidsforum as vennoot, ondersoek verdere opsies vir ’n skoon, veilige omgewing. Enkele aksies wat reeds deur die munisipaliteit geneem is, sluit in: opnames van munisipale infrastruktuur wat weens jarelange gebrekkige onderhoud verval het; die verfraaiing van die terrein rondom die Burgersentrum waar die SuidAfrikaanse vlag weer wapper; ’n heining word tans by die sentrum opgerig om die eiendom teen vandalisme en onwettige okkupasie te beskerm; die aanbring van verbeteringe en ’n standbeeld van Madiba by die gedenktuin op Kerkplein; die gebied tussen die twee damme op pad na die Mountain Mill Mall is verfraai en ’n grasperk is gevestig.

Pagland met sy boomryke strate is een van die dorp se mooiste woongebiede.

’n Rariteit - kokerbome in die Karootuin.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Hoogstraat met sy verskeidenheid winkels en gevestigde sakeondernemings is Worcester se bedrywigste straat. FOTO’S:CHRISTINE SMIT

Kerkplein: Worcester se sieraad.

Van die besbewaarde historiese geboue is in Kerkstraat te siene.


6 Standard Worcester Hospital has three new wards

Nuus News

20 Desember, 2012

The Worcester Hospital has reached another milestone with the commissioning of three new wards. The renovation and refurbishing of the wards form an integral part in the hospital’s revitalisation project which started in 2005 with the building of a state of the art emergency unit. The R300 million building project has been an enormous undertaking, complicated by the necessity of decanting wards to other sites in order to use the resultant emptied space as temporary service venues. In the case of the old general and maternity wards, the decanting process required that they move completely off-site to a ward in the Brewelskloof Hospital. The old wards were then put to use as a temporary location for medical records, the outpatients’ department and theatres, thus enabling the demolition and rebuilding of a new outpatients’ department, state of the art theatres and medical records areas to progress. These areas were completed and handed over in late 2009, after which building of the new wards started.

The old areas have been replaced by state of the art wards, each boasting 29 beds, en suite bathrooms, modern electronic radiology equipment, and in the case of the family medicine ward, specialised areas for the early diagnosis of especially infectious diseases such as tuberculosis. The staff complement of 45 staff members, which includes nurses and support staff, moved into their new wards on 11 December, a full nine years after decanting. Western Cape minister of health, Theuns Botha, applauded staff for their continued delivery of health care despite the challenges often presented by a building project. “The patience with which they have waited to move into their new wards, their ability to adapt to changes, the fact that they have risen to the challenges and persevered, assure me that we have an excellent team of nurses, doctors and support staff taking care of our patients. What an excellent example of loyalty and commitment you are,” Botha said, adding that the improvement of infrastructure forms a vital part of service delivery. The wards will be inaugurated officially in 2013.

Geen genade vir padoortreders CHRISTINE SMIT

Vasgordel geld nie net vir volwassenes nie. Lakey sê ouers moet toesien dat Motoriste wat dié Kerskinders ook vasgegordel is vakansie padverkeersreen nie in die voertuig staan els oortree, gaan geen genie. nade van die verkeersGroot klem word vanowerhede ontvang nie. jaar op vermoeidheid van Mnr. Donald Lakey, bestuurders geplaas. Bewaarnemende hoofdirekstuurders moet elke twee teur van provinsiale veruur rus, sê Lakey. Voerkeersbestuur in die Westuie sal op verskillende Kaap, sê verkeerslui fopunte gestop word, nie net kus vanjaar daarop om om defekte op te spoor nie, die ongeluksyfer te halmaar ook om inligting oor veer deur groter sigbaartoestande op paaie en waar heid op die vernaamste padongelukke voorkom, in roetes waaronder die N1, Donald Lakey waarnemente samel. Inligting sal geN2, R62, R300 en die N7 te de hoofdirekteur van proreeld oor verskillende rahandhaaf. vinsiale verkeersbestuur in Geïntegreerde optre- die Wes-Kaap. FOTO: VERSKAF diostasies uitgesaai word. Oorlaaide voertuie sal des met die polisie en spesialiseenhede soos die honde- en vingeraf- van die pad gehaal word, waarsku Lakey. drukeenhede sal onder meer by onaange- “Motoriste is verantwoordelik vir hul eie kondigde padblokkades ontplooi word en veiligheid en moet mekaar ruimte gee. sal op drankmisbruik en alle ander mis- Neem mekaar in ag en meld voorvalle of daadverwante aspekte konsentreer. motoriste aan wat die veiligheid van anDronk voetgangers sal summier van die der bedreig,” is Lakey se raad. Die nommer om te bel is 021 946 1646. paaie verwyder word.

Broodsakkie­skyfies vir rolstoele HILDERINE SCHRÖDER

Sr Dorothy Matolla (operational manager) and Sr Felicity Petersen check on the first patient moved from the remote ward. PHOTO: SUPPLIED

beslis nie ophou nie,” verseker Wilson. Sy daag Valleiers uit om ook by die projek betrokke te raak. Needham maak die skyfies skoon en verpak dit in broodsakkies van 1 kg elk, waarna sy dit op eie koste na Noordhoek neem. Die 200 kg skyfies wat Wilson ingesamel het, het gesorg vir twee nuwe rolstoele wat aan Valleiers oorhandig is. Mense of instansies wat die projek wil steun kan Needham by 073 698 7448 of Wilson by 084 762 4682 bel.

Dis nie aldag wat iemand meer as 200 kg van ’n piepklein dingetjie opgaar wat die meeste mense in die asblik gooi sonder om twee keer te dink nie. Dit is egter presies wat Estelle Wilson gedoen het toe sy massas van die klein skyfies wat gebruik word het om broodsakkies toe te knyp, bymekaar gemaak het. Dít alles om Valleiers wat rolstoele nodig het te help. Die Standard het al meermale in die verlede berig oor dié rolstoel-projek waarmee Delores Needham jare lank al verskeie mense se lewens vergemaklik het. Sedert 2009 het Needham al 33 rolstoele aan mense verskaf wat nie daarsonder oor die weg kan kom nie. Die rolstoele, waarvan meeste uit China ingevoer word, word deur Rotary SA verskaf. Needham het ’n paar jaar gelede van die projek gehoor en en sedertdien woeker sy met die insameling van broodsakkie-skyfies sodat hulle vir rolstoele geruil kan word. Sy het op eie koste houers by verskeie ondernemings in die dorp, waaronder die Standard, geplaas waarin mense skyfies kan plaas. Dit was juis in die Standard dat Wilson van Needham se projek gelees het. Nét daar het sy besluit om haar gewig agter die projek in te gooi. “Ek werk vir ’n fabriek en het gesien daar is baie van dié skyfies.” Kort voor lank het sy medewerkers omgepraat om haar te help om skyfies in te samel en het sy op eie stoom skyfies by ver- Twee Valleiers het rolstoele gekry nadat Estelle Wilson (links) skeie plekke in Worcester haar gewig agter Delores Needham se broodsakkie-skyfieen selfs Ashton en Robert- projek ingegooi het en 200 kg van dié klein skyfies ingesason begin insamel. “Ek gaan mel het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER


Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Desember, 2012

Rexie ná maande terug HILDERINE SCHRÖDER ’n Toffiekleurige blerts blits verby, spring dan op die rusbank, voor hy jou met ’n lang pienk tong verwelkom, só asof hy jou al jare al ken. Hy mag dalk net ’n halwe hond hoog wees, maar aan energie skiet die worshond Rex geensins tekort nie. Hy wip op die vensterbank en loer na buite, nael dan ’n draai deur die huis voor hy soos ’n tennisbal voor jou bene hop. Vanaf die rusbank hou Rex se mensma, Carlita Hamburg, hom met ’n breë glimlag dop, duidelik steeds verlig dat hy weer tuis is. Rex het ’n paar maande gelede by die hek uitgeglip en straat af genael, vertel Carlita. Dít was die laaste sien van hom. Sy en haar vriend, Gerhard Smal, was platgeslaan. “Ons het vir weke aaneen na hom gesoek en oral rondgevra, maar kon Rexie nêrens kry nie,” vertel Carlita. Die feit dat Rex so ’n innemende geaardheid het, het min gehelp. “Ons was oortuig dat wie hom ook al sien, hom sou hou in stede daarvan om hom DBV toe te vat.” Hulle het immers sélf die brakkie aangeneem ná sy vorige eienaar verhuis het en hom nie kon saamneem nie. Ná twee maande se soek het die paartjie geglo hulle sal nooit weer hul troeteldier sien nie. Tot Marletha Hanekom, ’n gedragsanaliseerder vir honde wat nou met die Breedevallei Dierebeskermingsvereniging (DBV) saamwerk, in Suggetstraat op Rex afgekom het. Sy het gou besef dié hondjie is nie ’n gewone straathond nie en het hom na die DBV geneem met die hoop om sy eienaars op te spoor.

Carlita Hamburg was oorstelp van vreugde toe die gesin se worshond, Rex, wat maande weg was, weer opgespoor is.FOTO: HILDE­

RINE SCHRÖDER

Carlita onthou steeds die oomblik toe die DBV laat weet het daar het ’n worshond by hulle aangekom. “Ons het hulle gevra om ons te laat weet as enige worsie daar aankom in die hoop dat dit dalk Rex is.” Toe die oproep kom, was hulle amper te bang om te hoop. “Ons was so bang dit was nie hy nie.” Dit was ’n tranedal toe Rex en sy eienaars herenig is. “Almal het gehuil, ons, die personeel by die DBV en Rexie het mal gegaan,” sê Carlita. Noudat hy terug by die huis is, is hy vir geen oomblik onder sy eienaars se oë uit nie. En Carlita se dogtertjie, Cari-Ann (3), het weer haar beste speelmaat terug.

WNPS MAAK NUWE HOOP­HARTE BLY: Leerlinge van Worcester-Noord Primêre Skool (WNPS) het onlangs geskenke aan die kinders van die Nuwe Hoop-sentrum by die sentrum se Kersboomfunksie oorhandig. Die geleentheid is deel van die Rotariërs se vreugdeboom-projek wat jaarliks aangebied word. Vanjaar kon elke kind ’n spesifieke geskenkversoek rig wat dan deur die ouers en leerlinge van WNPS aangekoop en toegedraai is met dié leerlinge se naam op. So het elkeen iets in die hand gekry wat werklik ’n hartsbegeerte was. Hier is die twee hoofleiers van WNPS saam met die opgewonde leerlinge van Nuwe Hoop. FOTO: VERSKAF

12­12­2012: Baba Drihan, seuntjie van David en Catheline Schloms van Worcester, is een van 10 babas in die Breedevallei wat op die 12de dag van die 12de maand 2012 gebore is. Drihan was glo ’n bietjie haastig en is ’n paar weke te vroeg gebore. Hy het nietemin die skaal op 2,9 kg getrek! Vier van die tien babas is in die Worcester-hospitaal, drie in die Robertson-hospitaal en drie in die hospitaal op Montagu gebore. Drihan is in die Worcester-hospitaal gebore. FOTO: VERSKAF

7


8

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

20 Desember, 2012

Terugblik en vorentoe kyk Die jaar 2012 lê op sy rug. Die tyd vir groet is hier. Sy kwota vreugdes, hartseer en onrus het die jaar wel gehad. Wat sekerlik van dié jaar sal uitstaan en vir ewig deel van ons geskiedenis sal wees, is die landbou-onrus wat ons streek getref het. Vir baie Valleiers lê ’n ruskansie voor - ’n geleentheid om die negatiewe agter te laat, ’n geleentheid vir retrospeksie en ’n geleentheid om ons positief in te stel vir 2013. Die vraag wat elkeen aan homself kan stel is: het ek in 2012 gedoen wat van my verwag is? Het ek dit goed genoeg en met die regte gesindheid gedoen? Het ek ’n verskil gemaak waar ek my in 2012 bevind het? Mag ons wys genoeg wees om uit ons foute van 2012 te leer en sterk genoeg om 2013 die jaar te maak waarin my en jou verskil werklik ’n verskil sal maak. Die Standard bedank die mense van die Breedevallei vir hul ondersteuning die afgelope jaar. Mag 2013 vir ons almal seën bring en mag God sy genade op ons uitstort.

Matteus 1:18­21 Toe Maria aan Josef verloof was, nog voor hulle getroud was, het dit geblyk dat sy swanger is. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom verskyn en gesê: “Moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hul sondes sal verlos.”

GROOT 60: Vir Johan (80) en Johanna (82) van Eck van De la Batweg, Worcester is Desember ’n geseënde maand. Oor drie dae, op 23 Desember, herdenk hulle hul 60ste troudag! Die egpaar is oorspronklik van Touwsrivier waar Johan 35 jaar lank kondukteur tussen dié dorp en Beaufort-Wes was. Voor hulle sowat drie jaar gelede op Worcester kom woon het, het hulle ’n ruk in Kaapstad gewoon (groot fout, lag Johan!). Die geheim van hul lang en opvallend gelukkige huwelik? Net die genade van Bo, sê die twee. “Maar ons is dankbaar vir elke dag wat ons bymekaar is!” Liefde en humor is duidelik van die belangrikste bestanddele in dié huwelik. Die egpaar het twee kinders en vyf kleinkinders.

FOTO: CHRISTINE SMIT

Dankie Aïda ’n Groot klop op die skouer aan Specsavers, Hoogstraat, Worcester. My bril se armpie het gebreek. Ek het dit na Specsavers geneem om te herstel. Die dametjie het my geskakel en gesê dit kan nie regemaak word nie. Hulle het my ’n nuwe raam kosteloos gegee. Mag julle ’n baie geseënde Kersfees hê. Baie dankie vir julle vriendelikheid en hulp. Vir die ekstra myl wat julle vir my geloop het, sal julle geseën word. God’s seën. – Mev. Avenia Jonas. *** Die Esselenpark Primêre Skool gee ’n klop op die skouer aan al die borge wat dit vir hom moontlik gemaak het om sy skoolprogram vlot te laat verloop. U word ’n geseënde

Kersfees toegewens en voorspoed vir 2013. * * * Ná meer as twee dekades in die handel weet ek dat goeie diens meesal ongesiens verbygaan. Daarom wil ek meer as net my dankbaarheid teenoor die eienaars, bestuur en algemene personeel van Bike Boutique in Hoogstraat uitspreek wat werklik uit hul pad gegaan het om die probleme wat ek met my motorfiets ondervind het, op te los. Geen steen is onaangeraak gelaat om kliëntetevredenheid te waarborg nie. Ek spog gereeld met die goeie diens wat ek ontvang het en sal beslis ander ook na julle aanbeveel. – Johannes du Plessis.

Die woord dankie is soms nie genoeg nie. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak en vir Pierre Martin en sy Aïda Winelands-span duisend dankies sê vir hul uitstaande diens. Probleme en druk wat ander agentskappe nie kon uitsorteer of bestuur nie, het julle aangepak en opgelos sonder dat ek ’n vinger hoef te verroer het. Dikwels was ’n probleem al opgelos sonder dat ek eers daarvan bewus was. Ek beveel julle beslis aan vir enigiemand in die Boland. Nogmaals baie, baie dankie vir alles wat julle steeds vir my doen. Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar.

CORNE MARAIS WORCESTER

Trollies vol onnodige inkopies voor Kersfees Sal ek darem bly wees as die Kertyd net eers verby is! Ek het niks teen Kersfees om die regte redes nie, dit is die ander redes wat my heeltemal negatief stem. Ek staan verstom oor hoe mense koop, koop en koop. Shop till you drop kry ’n heel ander betekenis hier teen Kersfees! Ek het nou al heeltemal ’n ding oor wat in ander mense se winkeltrollies is as ek in die winkels kom. En praat van onnodige goed! Meeste van ons moet maar ons rieme dun sny om al die gate toegestop te kry, maar te oordeel aan wat ek in so baie winkeltrollies sien, is ek amper die enigste wat moet besuinig.

Die groot sondaars, soos dit vir my lyk, is die kinders. Ek het vroeg al ná ek ma geword het, geleer om die kinders tuis te los as ek winkels toe gaan - veral hier teen Kerstyd. Want ek as grootmens sukkel om die verlokkings te weerstaan - hoeveel te meer nie my kinders nie. Dit is eintlik wreed om hulle so aan al die verleidelike goed bloot te stel net om pal nee te sê. Maar duidelik dink nie alle mammas so nie. Kinders bly kinders en met die aller-aanloklikste advertensies op TV en in die tydskrifte, kan mens die kinders nie kwalik neem as begeertes wild deurslaan nie.

En die begrip van daar is nie geld nie, weeg nie juis swaar by ’n kind nie. En lyk vir my die mammas is te moeg, te beswaard of te wat ook al om nee te sê. Die gevolg - winkeltrollies wat opgestapel lê met onnodige goeters. En arme Pa moet maar hoes, want as Ma soggens tienuur in die winkels rondloop, is hy vir seker die enigste broodwinner. Is ek onnodig negatief? Ek glo van ja, maar ’n oordaad het my nog nooit aangestaan nie. As die feesdae net eers verby is, sal ek weer positief word!

SUSAN JOUBERT WORCESTER

Natuurprag Beleef ons nie van die mooiste tye van die jaar nie? Lente is die seisoen wat eintlik op dié titel aanspraak maak, maar vanoggend staan ek weer in verwondering oor hoe mooi die natuur is. My hart is effe seer oor die pragtige jakarandas wat nou hul fleur begin verloor. Die sagte lila-pers lanings is so pragtig, tog ook uitheems, wat beteken hulle moet eintlik uitgeroei word. Maar hoe sal Pretoria lyk as al die jakarandas uitgekap moet word? Ek stap graag waar jakarandas bloei - ek wil ook ’n blommetjie op mý kop kry - vir geluk, soos studente glo! En tog, bygelofies is onnodig by soveel skoonheid.

LIEF VIR JAKARANDAS WORCESTER

Vakansies – van gister se hokvol hoenders tot vandag se wynproe in die Vallei Hoekom is die jaar so lank en die vakansie so kort? Diegene wat bevoorreg is om nou verlof te kry moet dit terdeë geniet. Voor jy jou oë uitvee is die vakansie verby, jy’s terug in die tuig en die Worcester-skou is om die draai. En die eerste langnaweek in 2013 is eers aan die einde van Maart. Maar dan is dit sommer ’n ordentlike een. Vrydag 29 Maart is Goeie Vrydag en Maandag 1 April is Gesinsdag. Donderdag 28 Maart is toevallig ook die einde van die eerste skoolkwartaal. Die skole heropen weer op Maandag 8 April. Die volgende wegbreek-geleentheidiseersopJeugdag,watvanjaar op Sondag 16 Junie is. Die tweede skoolkwartaal eindig in dieselfde week. Teen Junie is ons al in die winter

se ysige greep en die warm somersdae van die Desembervakansie is net ’n vae herinnering. Ek lees nou juis weerAandievergetelheid ontruk: onderhoude gevoer met Hans Rabie. Oom Hans, wat in 1926 gebore is, vertel van vakansies as kind op Hermanus. Talle Worcesteriete het destyds in familie en vriende op Hermanus se agterplase of uitkampplekke vakansie gehou. Die Rabiefamilie het oom Sias Rabie van Buffelskraal se vakansiehuis “Barlinka” in Kusweg gehuur. Hulle het altyd ’n hokvol hoenders saamgevat. Dan het hulle elke dag vars eiers gehad en ’n spesiale slagding op ’n Sondag. Destyds, ver-

tel oom Hans, was hoender grênder as skaapboud. Die kinders moes saans hoendereiers op die werf soek.”Ons was nie baie lus om dit te doen nie, daarom het ons op ’n Saterdag gesorg dat dié hoenders se nek omgedraai word,” vertel hy. Die familie het destyds baie vis, veral geelbek en kabeljou, geëet. Die visse was so groot dat twee manne een vis oor ’n stok oor hul skouers gedra het. Deesdae is dit makliker om vis, hoender en eiers by die naaste supermark te koop. Kan jy dink hoe de hoenders in jou bure gaan wees as jy met ’n hokvol by jou uitspanplek aankom! Waar ook al jy die vakansie gaan

deurbring, hoop ons jy geniet dit gate uit en rus goed uit vir die jaar wat voorlê. Indien jy met Jan Tuisbly se karretjiery,kanjydaremdieKaroo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin of die museum by Kleinplasie besoek. ’n Uitstappie na een van die kelders in ons omgewing is ook altyd ’n heerlike ontspanning. Talle kelders het die wonderlikste uitsig oor die berge en jy kan net daar sit en die natuurskoon geniet. Kyk hoe die berge se kleurskakering verander terwyl jy aan ’n glasie lafeniswater teug. Ter afsluiting, baie dankie aan almal wat vanjaar insette en kommentaar gelewer het. Jul terugvoering, wenke en idees word altyd waardeer. Mag jy en jou gesin ’n geseënde Kersfees en ’n wonderlike Nuwejaar geniet.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Desember, 2012

Valleiers se wense vir die nuwe jaar MATTHEW SHELDON Oor 12 dae is 2013 hier. Oral sal daar soos elke jaar, nuwejaars-

“My nuwejaarsvoorneme is om meer geld in 2013 te spaar,” sê Lin Witbooi (49) van Worcester.

“My nuwejaarsvoorneme is om die rook en wyn te los en om ’n nuwe mens en ’n beter ma vir my drie kinders te wees,” sê Gizela Lukas (28) van Worcester.

voornemens gemaak word. Die Standard het vir Breedevalleiers gevra wat hul voornemens vir 2013 is.

“Ek wil ’n ordentlike werk in 2013 kry sodat ek ’n beter lewe kan hê,” sê Knowledge Mucharwa (22) van Zweletemba.

Skenk ’n kosmandjie MATTHEW SHELDON

“My nuwejaarsvoorneme is om die matrikulante van 2013 te ondersteun en te adviseer om hul studies te bevorder. Ek wil aan hulle verduidelik dat daar alternatiewe maniere is om toegang tot ’n tersiêre instelling te kry. Hulle moet om beurse aansoek doen,” sê Funeka Fatyela (32) van Zweletemba.

“My nuwejaarsvoorneme om ’n mooi en plesierige jaar vir my en my gesin te bou aangesien ek 60 raak,” sê Angus Oliphant (59) van Worcester.

FOTO’S: MATTHEW SHELDON

“My nuwejaarsvoorneme is om iemand te ontmoet wat my kan help met die produksie van my reggaemusiek. Ek hoop die persoon kan ook ’n geleentheid vir my skep om op ’n groot verhoog te verskyn en op te tree,” sê Rudi Wiese (34) van Worcester.

9

“My nuwejaarsvoorneme is om gewig te verloor. Ek wil ook volgende jaar my studies in onderwys voltooi en my honneursgraad verwerf,” sê Irvine Jeftha (42) van Worcester.

“My nuwejaarsvoorneme is om ’n suksesvolle 2013 vir my en my gesin te skep. Ek gaan ’n bietjie meer doen en harder werk om dit te bereik,” sê Jonathan Bezuidenhoudt (30) van Worcester.

Inwoners wat nog by die kosmandjieprojek betrokke wil raak, het nou die geleentheid om dit te doen. Só sê Claude Schroeder wat aan die hoof staan van die kosmandjie-projek wat Worcesteriete aanmoedig om hul harte oop te maak en te gee. “Daar is reeds meer as 70 kosmandjies ingesamel en talle inwoners wat telefonies bevestig het dat hulle definitief ’n bydrae sal lewer.” Neville Tobias, die eienaar van Tobias Busdienste en die voormalige skoolhoof van die Esselenpark Hoërskool, het kosmandjies ter waarde van R1 000 aan die projek geskenk. Shoprite in Russellstraat, Worcester het kosmandjies ter waarde van R1 000 geskenk en die personeel het onderneem om 20 ekstra kosmandjies te skenk. Ook Nico en Simone Marais het onderneem om 20 kosmandjies namens Worcester Bakwerke en Worcester Plavei te skenk. Die speaker van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), Antoinette Steyn, het 10 kosmandjies aan die projek geskenk. Enigeen wat ’n verskil wil maak kan Claude Schroeder by 082 868 3222 bel.


10 Standard Instandhouding sy passie Liefde vir Lienke het van Bo gekom

Gemeenskapsnuus Community

20 Desember, 2012

MATTHEW SHELDON “Ons moet as ’n gemeenskap meer doen om die dorp (Worcester) te verfraai en dit skoon te hou.” Só gesels Francois van Eck (52), uitvoerende direkteur vir infrastruktuur-ontwikkelingsdienste by die Kaapse Wynland Distriks-munisipaliteit (KWDM). Van Eck is verantwoordelik vir die be- Francois van Eck. stuur van die departement wat insluit sub-direktoraat van projekte, publieke vervoerbeplanning en die regulering en die onderhoud van laer-orde landelike paaie. Hy is ook verantwoordelik vir die onderhoud van die raad se geboue. Volgens hom is hy ’n introvert wat eerder luister as praat. Hy hou daarvan om tyd saam met sy vriende te spandeer, anders sal jy vir hom op die gholfbaan sien, besig om sy gholftegniek te verbeter. “Ek het ’n passie vir die instandhouding van die dorp se infrastruktuur,” sê hy. Hy het bygevoeg dat die infrastruktuur ’n

weerspieëling van die dorp en sy mense is. Van Eck is in 1960 in Grootfontein (Namibië) gebore en het aan Grootfontein Sekondêre Skool gematrikuleer. Hy het ook in 1985 sy BIng (siviel) aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Hy probeer gereeld gholf speel vir ontspanning en het ’n groot liefde vir die natuur. Sy visie en hooffokus wat hy saam met die raad deel is om ’n verskil te maak aan die lewensgehalte van landelike inwoners deur fasiliteite in die landelike gebiede te verFOTO: VERSKAF beter. “Almal wil in ’n land of dorp woon waar samewerking ’n prioriteit is. Ons moet veg teen omkopery en korrupsie met alles wat ons het,” sê hy. Hy voeg by dat almal moet begin om brugbouers in hul gemeenskappe te wees. Volgens Van Eck speel die jeug ’n groot rol in die gemeenskap. “Die jeug is ons toekoms. Hulle is die volgende leiers van ons land en ons moet meer doen om toe te sien dat die jeug bemagtig word,” sê hy. Hy sê hy hou daarvan om tyd saam met sy geliefdes te spandeer. Hulle gaan bykans elke jaar saam na Agulhas.

HILDERINE SCHRÖDER Die briesie op die breë stoep is koel, met die reuk van laventel wat van iewers in die tuin soos ’n nagedagte jou neus kielie. Elaine Marais leun terug in die gemaklike rusbank, koffiebeker in die hand. Ons gesels oor haar pennevrug Liefde vir Lienke. Het sy ooit gedink die bekendstelling van haar debuutroman gaan mense so geweldig raak? “Nooit!” antwoord sy spontaan, selfs effe oorbluf. “Ek het maar gehoop my familie lees dit!” Die gesels kom maklik. So asof ons mekaar maar nog altyd ken. Hoe het dit gekom dat iemand wie se hoofrol Mamma is, ’n roman geskryf het? Dít is amper ’n storie op sy eie. Manlief Jacques was op pad kafee toe toe hy uit die bloute sê: “Die Here het vir my gesê jy gaan ’n boek skryf,” vertel Elaine. Toe hy sowat ’n kwartier later terugkeer, was sy kliphard aan die werk agter die rekenaar. Die idee vir die sentrale tema van die Van ma en wederhelfte tot skrywer. Elaine Marais se boek, vertel Elaine met oortui- debuutroman, Liefde vir Lienke, is onlangs bekend gestel ging, het van Bo gekom. met nóg boeke in die pyplyn. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER Dis ’n ongewone tema: aborsie “Ek is ongelooflik dankbaar vir hul onderen die vreeslike effek wat dit op nie net die vrou het nie, maar almal om haar. En dan steuning.” Die skryfwerk was harde werk, verklap sy. die lang pad na vergifnis. Dit was die lof vir haar boek vanuit alle Ure se navorsing en skaafwerk. “Daar is nie oorde, soms van wildvreemdelinge, wat haar ’n plek in my boek wat ek nié besoek het nie. Ek het in my karakters se lywe geklim om onkant betrap het, vertel Elaine. Terwyl sý dalk verbaas mag wees oor die seker te maak hulle is oortuigend.” Daar is reeds nog ’n paar boeke in die pypsukses van haar boek, het haar man en kinders, Joh-Mari (13), Francois (9) en Christi lyn. “Skryf het nou my lewe oorgeneem. Ek (10), van dag een af bankvas agter haar ge- is nou Elaine die skrywer.” En natuurlik ook ma en geesdriftige tuinier. staan, vertel Elaine.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Desember, 2012

Re­launch of top store

11

Cape Cash & Carry Powertrade recently had its official re-launch as a Powertradebranded store at a well-attended function at The Golden Valley Casino. The store was previously part of a large FMCG corporate, but has recently become independently owned by business partners Rob Callaghan, Tyrone Whitaker and Danny O’Connor. Callaghan says the change of ownership signals a new era for the Worcester community and adjacent areas. With its massive range of top brands and value-for-money offers, the 7 000 m² store caters for bulk shopping at highly competitive prices. In addition to the change of ownership, Cape Cash & Carry Powertrade has also joined independent champion Unitrade Management Services, which offers the store all the benefits and value of belonging to a united group of independent wholesale outlets, while still being able to retain their own unique look and feel. Unitrade is the holding company of the well-

Robert Callaghan (below, left co-owner of Cape Cash & Carry Powertrade) at a the official re-launch of Cape Cash & Cary Powertrade held at The Golden Valley Casino. Several suppliers attended the event. known Powertrade and Food Town brands, which represent a multitude of independent wholesale and retail stores in urban and rural areas throughout South Africa, Swaziland, Namibia and Botswana. The function was aimed at thanking suppliers for their support during the lead-up to the launch and going forward.

KERSVIERINGE: Die personeel van Eden Skool het onlangs ’n Kersparty vir die leerlinge gehou. Elke leerling het ’n geskenk van Kersvader gekry. Almal het Kersliedjies gesing en mekaar se geselskap geniet. FOTO: MATTHEW SHELDON

FATHER XMAS PAYS VISIT: Rainbow’s Library A-shift recently paid a visit to the Vukuhambe Association for the multi-disabled, spoiling the youngsters with Christmas gifts.

FOTO: VERSKAF

08 Sterfgevalle Death Notices

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

RAAI wie is 21 op 2012/12/19? Van Mammie, Daddy, broers, suster, Melda en familie.

RAAI wie verjaar op 2013/01/03? Geluk Marshanay van Wyk. Van Wyk- en Ambraal-gesin.

Kühn, Joshua

AFRICA, LOUIS. Uncle Louis, God has called you home where there is no more sorrow or pain. We will miss you. Rest in peace. Celeste and Aubrey. AFRICA, LOUIS. Passed away peacefully 2012/12/17. God broke our hearts to prove He only takes the best. Goodbye until we meet again. Belinda and Mark.

Geb: 26/03/1922 Gest: 17/12/2012 Roudiens Saterdag 22 Desember 2012 om 10:00 vanuit St. James The Great, Waterloostraat. Privaat verassing direk na diens

BEGRAFNISDIENSTE

Tel: 023 347 0049

Jonathan: 083 728 4932

Arendse, Edward P.

GELUK, Dorichia met jou 21ste verjaardag op 2012/12/25. Van Ouma en familie.

GUESS who is 1 year old on 2012/12/21? May God bless you with many more years. Happy birthday our son. We love you, Matthew. Mommy and Daddy. GODS richest blessings on your 1st birthday. From Ouma Ronica, Winnie, Trevor and Ashlee.

RAAI wie word 60 op 2012/12/24? Gods rykste seën. Mag ons hemelse Vader jou nog baie jare spaar. Van vrou, suster en kinders.

Geb: 17/06/1955 Gest: 12/12/2012 Begrafnis Saterdag 22 Desember 2012 om 09:00 by die huis Greystraat 64 en om 10:00 vanuit Methodiste Kerk, Afrikastraat.

GELUK op jou 1ste verjaardag, Matt. Mag jy altyd so vreugdevol bly. Liefde van Uncle Verton, Nina en Skylar.

Genade: Ruth Ellen 02/06/1927 - 14/12/2012 Haar heengaan word diep betreur deur haar Dogters Jenny en Vanessa, Seuns Johnny en Donald, kleinkinders en agterkleinkinders. Ma rus sag by jou Groot Liefde “JESUS”

BEGRAFNISDIENSTE

Tel: 023 347 0049

Africa, Louis

Geb: 14/03/1940 Gest: 17/12/2012 Begrafnis Saterdag 22 Desember 2012 om 08:00 by die huis Sohngelaan 154 en om 09:00 vanuit St. Jame The Great, Waterloostraat.

PRIVAAT VERASSING

AVBOB

AAN die beste Oupa. Geluk en geniet die dag. Van Yusrin. RAAI wie is 40 op 2012/12/20?

WORCESTER Tel. (023) 342 2343 LID VAN DIE NBOV

Jonathan: 083 728 4932

BEGRAFNISDIENSTE

Tel: 023 347 0049

Jonathan: 083 728 4932


12

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

20 Desember, 2012 JEFTHA, JOHANNES. Daddy, jy is nie daar om te sê geluk nie. Verlang en mis jou. Van Wendy, Jonapher en Wiyona.

08 Sterfgevalle Death Notices

AFRICA, LOUIS. With great sadness and beautiful memories we say farewell to a brother and uncle. Danny, Mary and children. AFRICA, LOUIS. Sag heengegaan. Ek gun Daddy die ewige rus. Tot ons weer ontmoet. Donny en Hazel. AFRICA, LOUIS. Your heart of gold stopped beating. Two smiling eyes at rest. God broke our hearts to prove He only takes the best. The tears in our hearts will forever stay. Denovan, Heloise, Nicole, Daylan and Devan. ARENDSE, EDWAR PETER. In silence you suffered, with patience you bore. Till God called you home to suffer no more. Sadly missed by your sister, Lorrain, Ernie and children. ARENDSE, EDWARD. Rus sag in Jesus arms, Eddie (Kedas). Aubrey, Margie, Eugene, Lynnette, Jeff, Ann, Julbur, Julian, Dorothy en kinders. ARENDSE, EDWARD PETER. Skielik van ons weggeneem. Verlos van aardse pyn en veilig in Jesus se arms. Ons berus by God se wil. Rus in vrede. John, Margaret en kinders. MRS WINNIE BRUKMAN passed away on 11/12/2012 in Cape Town.

11

In Memoriam ADAMS, LEANDRI. Geluk met jou verjaardag. Ons mis jou nog elke dag. Van Louisa, Thaylim en William Flando.

1141

Algemene Dienste General Services

JEFTHA, JOHANNES. Ons Pa vier op 2012/12/31 sy 72ste verjaardag in die hemel. Ons mis Daddy. Van Trudie en Bernito. ALBERTS, MARK RICARDO. 2012/12/19 is your 12th birthday away from us. We love and salute you and cherish your golden moments. Memories will keep you ever near. Mommy and family.

ANTHONY, ADAM SAMUEL. 1957/03/16 2011/12/20. Vandag is Daddy 1 jaar weg maar dit voel soos gister. Ons is lief vir daddy en mis daddy baie. Dis moeilik maar ons berus ons daarin dat daddy veilig en sonder pyn is. Lief vir altyd. Van Francis, kinders, kleinkinders en skoondogters.

CUPIDO, MALCOLM. Op 2012/12/19 sal dit 6 jaar wees dat jy ons verlaat het. Sal jou altyd onthou. Stort nog 'n traan. Ouers, broers, susters en Ashlynn.

JEFTHA, JOHANNES. Daddy se 1ste verjaardag weg van ons af. Baie, baie graag sou ons wou geluk sê. Van Avril, Desmond en Deslin Hess.

JOOSTE, NELLIE. 2 jaar van ons geskei. Die gemis is groot, maar ons berus. Kosie, Poppie, klein- en agterkleinkinders.

VALENTINE (neé Cupido) MAUREEN. Born 1932/12/30. Died 2010/12/24. As we prepare for Christmas, our thoughts will be of you. Wishing we could celebrate your 80th birthday, Mom. Knowing the greatest gift you left us are fond memories, we can treasure forever. Children, grand- and greatgrandchildren.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 43

ADAMS, LEANDRI. Leandri, geluk op jou verjaardag, my kind. Jou plek is leeg en ons harte is vol verlange, maar ons dink met liefde aan jou. Van Ma, broers en susters. ADAMS, LEANDRI. My suster, geluk op jou verjaardag. Ek mis jou verskriklik en ek weet dat jy met die engele jou verjaardag vier. Van Rita, Rodean en Flando's.

JEFTHA, JOHANNES. Dis met 'n hart vol dankbaarheid en verlange dat ek jou 72ste verjaardag sonder jou vier. Ek mis jou, jou stem is stil, my man. Verjaar lekker in Christus, my man. Van jou vrou Eileen Jeftha. JEFTHA, JOHANNES. Dit is 2012/12/31, Pappa se eerste verjaardag in die hemel. Dink sommer net aan Pappa se lewe en alles wat u vir ons gedoen het. Van Hydrick, Juliana, kinders en kleinkinders.

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

TE HUUR

DE WET DIGGERLOADERS

Skoonmaakdienste Cleaning Services

N i c o d e We t

GRONDDREINERING

EIENDOMME PROPERTIES 166

PHILANDER, MARIA. Wou so graag vir Mamma geluk sê, maar Jesus wou dit anders hê. Die verlange is groot. Van dogters, June en Marlene en kleinkinders, Monecié, Reagan, Jacwin en Junéy en agterkleinkinders. PHILLIPS, JERMAINE. Die verlange is nog seer, maar steeds mis ons jou. Van vrou en kinders.

SAMPIES, JACO. Op 2012/12/18 Jaco se eerste verjaardag weg van ons. Graag wou ons geluk sê, maar Jesus wou dit anders hê. Liefde, Ma, Pa, Bradley en Theresa.

Huise te Huur Houses to Let

TE KOOP FOR SALE 87

Rekenaar Verkope en dienste Computer Sales and Services

GESOEK: 6 of 12 m vraghouer. Kontantkoper. Sel. 083 702 2826.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES THOMAS, JOANIE. Reeds 'n jaar van ons weg, voel soos gister wat jy nog by ons was. Mis jou Mammie. Van jou man, kinders en kleinkinders.

0812 E 1ASPC25

1151

JONO'S cleaning services. Vir skoonmaak van huise, kantore, silwer- en koperware teen billike pryse. Kontak 082 782 4843.

COMPUTER Specials!! Pentium 4's from R1299.00. Refurbished with warranty!! Contact Dolf Uys 072 705 8577.

023 347 6852 o/h 076 100 5449 a/h

Perhaps you would like a new job or career?

Persoonlike Dienste Personal Services

Sel: 082 770 2822 O F T h e r o n d e We t Sel: 082 557 2393 Steenkool As Beskikbaar

JEFTHA, JOHANNES. As ons verlede jaar geweet het dit sou ons laaste keer wees dat ons Dedda se hand kon vat vir u verjaardag, sou ons vir u 'n ekstra soentjie gegee het.'n Ekstra langer drukkie vir u gegee het. Vandag sê ons vir die Here dankie vir die kans wat ons gekry het om vir u dankie te kon sê vir die Pa duisend wat u was vir ons. Mooi herinneringe van Dedda sal ons altyd koester. Oneindige liefde, Carlo en Corlene.

Are you looking for a new home or car?

102

Allerlei Miscellaneous Services MONTANA skoolbaadjie te koop. R200. Grootte 3234. Bel 073 134 7260.

GERIEFLIKE huis te Rouxweg 115, Panorama, Worcester. 3-slaapkamers en studeerkamer. Baie ingeboude kaste. R7 500 per maand plus deposito. Koopkrag en dienste uitgesluit. Onmiddellik beskikbaar. Bel 081 523 2524. VERSKEIE wonings te huur. www.rentbay.co.za.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let GEMEUBILEERDE eenmanwoonstel. Water en elektrisiteit ingesluit. R2 200 per maand plus deposito. Onmiddellik beskikbaar. Bel 083 269 3422. TWEE slpk. woonstel te Cillierstraat 7, Langerug te huur teen R4 000 per maand. Onderdak parkering vir een voertuig. Koopkrag. Bel Karen Gilfillan by 082 340 5750.

Do you have something you would like to buy or sell?

Find the answers to all these questions in the CLASSIFIEDS Call Joyce at 023 347 0968 to advertise


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

20 Desember, 2012

13


14

Standard

Eiendomme Property

20 Desember, 2012

NET­NET! Worcester Moslems het Ceres 2 voorverlede Saterdag, ondanks ’n wankelrige begin, met 2 lopies geklop danksy Peter Borcherds (14 j.) se skitterende boulwerk van 5 paaltjies vir net 17 lopies in 7 boulbeurte. Moslems (hiér met die bal in die hand) het eerste gekolf, maar kon net 91 lopies aanteken op ’n baanblad wat nie in die spelers se guns getel het nie. Moslems se beste kolwers was Aubrey Erasmus (21) en Donovan Solomons (14). Vir Ceres II het Jo-Wayne 3/15 en D. Africa 3/32 geneem. Moslems boul daarna vir Ceres uit vir 89 lopies danksy Borcherds se goeie boulvertoning. Hy is goed bygestaan deur sy kaptein Faghrie Jacobs wat 2 paaltjies vir 17 lopies geneem en Marshall Witbooi wat 2 paaltjies vir 29 geneem het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

GIMNASTE PRESTEER: Die gimnaste van die Elite Ritmiese Gimnastiekklub in Worcester het onlangs aan die Boland-kampioenskappe in Macassar deelgeneem. Abby Louwrens, Shane Burger, Summer-Joy Hendricks en Kimber-Leigh Berry is almal in die Bolandspan opgeneem. Dié gimnaste het ook aan die SA Spele in Johannesburg deelgeneem. Kimber-Leigh Berry het ’n algehele 11de plek by die SA Spele behaal. By die SA Spele het SummerJoy Hendricks ’n goue medalje vir roetine sonder apparaat ontvang en ’n bronsmedalje vir haar knuppeldans. Hier is: Summer-Joy Hendricks. In die tweede ry is Danique Jacobs, Isabella Boshoff, Jenay Venter, Jana Stofberg, Anke Deetlefs en Wilmien Roux; (derde ry) Alese Petersen, Anika Stofberg, Imke Stofberg, Nicorene Louw, Miche Veldsman en Dara Preuss; (agter) Inge Smith, Abby, Kimber-Leigh Berry, Shane en Amy Mahoney. Afwesig: Jeanie du Toit, Christi Marais en Trinity King. FOTO: VERSKAF

BREEDE EIENDOMME

Oopplan­leefstyl in Langerug Aïda bied vandeesweek ’n ruim gesinswoning aan wat aan ’n kieskeurige koper se smaak en behoeftes sal voldoen. Die eiendom is in die gewilde Langerug geleë en bied ’n netjiese en moderne oopplan-leefstyl met drie ruim slaapkamers met ingeboude kaste, drie badkamers, pragtige kombuis met aparte opwaskamer, studeerkamer en ’n ruim binnebraai-kamer wat ideaal is vir onthaal. ’n Bonus is die private buitekuier-area met ’n uitsig op die swembad en goed versorgde tuin. Goeie sekuriteit, omheining en dubbelmotorhuis maak hierdie woning beslis die moeite werd. Die eiendom word eksklusief deur Aïda bemark. Vir navrae of besigtiging, bel Sandria Ueckermann by 023 347 5270 of 082 328 9399.


Standard

Sport Sport

20 Desember, 2012

Taai uithouer maak naam

Jong talent mik vir kans in Indië

HILDERINE SCHRÖDER

CHRISTINE SMIT

Op 21 is Jacques Grobbelaar van Robertson vinnig besig om in uithouritkringe naam te maak.

Praat jy met Grobbelaar is dit duidelik dat sy passie vir perde groot is. Hy neem nie net aan uithouritte deel nie, maar rig ook perde af en bring ure in die saal deur om ander ruiters se perde uithouritfiks te kry. Boonop is hy ook ’n hoefsmid. Grobbelaar, wat verlede jaar op ’n perdeplaas in Engeland gewerk het, sal graag ’n loopbaan uit perdesport wil kerf. Hy was verlede jaar tweede op die Suid-Afrikaanse uithouritranglys, maar, sê hy, hy mik reeds daarna om aanstaande jaar Ruiter van

Grobbelaar het onlangs sy senior Springbokkleure in dié taai sportkode verwerf en daarmee ook sy permanente nommer. Na dese sal hy met die nommer 384 aan uithouritte deelneem. Grobbelaar neem sedert 2005 aan uithouritte deel en het twee jaar gelede sy junior Springbokkleure gekry, maar spog ook met ’n rits ander prestasies. Jacques Grobbelaar van Robertson Vanaf 2008 tot 2010 het hy het onlangs sy Springbok-uithouritop ’n jaarlikse basis sy ju- kleure gekry. FOTO: VERSKAF nior WP-kleure gekry. In die Jaar te wees. 2008 was hy ook die kaptein van dié span. Hy het reeds gekwalifiseer vir die SA interHy het vanjaar buiten sy Springbokkleure nasionale kampioenskap (Drienasies) wat ook sy senior WP-kleure gekry. Tydens die uithourit waartydens hy sy aanstaande jaar gehou word, asook vir een Springbokkleure gekry het, het Grobbelaar van die grootste Suid-Afrikaanse uithouritte, en sy perd Beaconsfield Shumba die 160 km- Fauresmith, waar ruiters en hul perde ’n uitmergelende 200 km binne drie dae aflê. roete in 8:48:34 kafgedraf.

Soos sy groot helde doen, so doen hy ook – om geleenthede te jaag! Ryan George (11) het aan die einde van die kwartaal sy maats by die Laerskool Montagu gegroet om volgende jaar by die Worcester-Noord Primêre Skool in gr. 6 in te val. Dit alles om krieket se ontwil. Nou gaan hy boonop die kans kry om in die nabye toekoms van sy helde van aangesig tot aangesig te ontmoet. Maar eers sal hy ’n paar duisend rand moet insamel as hy volgende jaar as genooide lid van die o.12-Kaapse Uitnodigingspan na Bangalore wil gaan om aan die Imtiaz Ahmed Cricket Association (IACA) se toernooi deel te neem. Die toernooi vind van 27 Maart tot 9 April plaas. Ryan sal ook ’n krieketakademie kan bywoon waar een van sy helde Anil Kumble hulle sal afrig. Die span is deur die toernooi-organiseerder en voormalige internasionale krieketspeler Imtiaz Ahmed na Bangalore genooi en word beskou as die ideale platform vir jong spelers om kennis te maak met die vereistes van moderne krieket. Die toernooi is ook ter- Ryan George

selfdertyd deel van ’n wêreldwye krieketontwikkelingsinisiatief wat jong spelers die geleentheid bied om op internasionale vlak te kompeteer. Terwyl hulle in Bangalore is, sal die span ook ’n wedstryd van die Indian Premier League (IPL) sowel as van die Royal Challengers Bangalore (RCB) bywoon. Die bedrag wat Ryan nodig het vir die toer beloop R18 500. Intussen is die familie hard besig om self geld in te samel en het al verskeie projekte van stapel gestuur. Hulle vra nou egter ook hulp van die publiek. Ryan se pa Jerome sê hy het sommer vroeg al sy seun se talent raakgesien. Ryan blink ook uit in rugby. Die grootste oorweging vir sy koms na Worcester was dat Ryan hier meer geleenthede sal kry om te ontwikkel, aangesien hy in baie meer wedstryde sal kan speel. Ryan is eintlik erg oor alle sportsoorte, sê sy pa. Jerome is gretig vir sy seun om na Bangalore te gaan. “Ek sal hom nie graag van ’n geleentheid soos dié wil ontneem nie.” Mense wat ’n bydrae kan maak, kan Jerome by 084 552 9227 bel of e-pos jeromegeorge9@gmail.com.

’n Warm eindstryd vir ODB­DK “’n Mens kan nie ervaring koop nie”. Só het Manie Mars, die kaptein van Op-Die-Berg-DeKeur (ODB-DK) dominospan gesê net ná hulle Rocklands in die ligafinaal geklop het. ODB-DK het in drie van die belangrikste eindstryde van die Koue Bokkeveld Domino Unie gespeel en skoonskip gemaak. Dié span het twee van sy drie eindstryde gewen, albei teen die magtige Rocklands-dominospan. Al die eindstryde het onlangs by die Skurweberg Sekondêre Skool in die Koue Bokkeveld net buitekant Ceres plaasgevind. ODB-DK het vir Rocklands in die finaal van die domiIn die liga-eindstryd het ODB-DK noliga geklop. Hier is die ODB-DK en Rocklands donet-net daarin geslaag om Rock- minoklubs na die finale wedstryd. FOTO’S: VERSKAF lands met een punt te klop. Volgens Mars was dit van die begin tot die einde ’n taai wedstryd en die spanning het deurgaans hoog geloop. Te midde van die spanning het die ervare Mars en sy spanmaat, Joepie Visagie, koelkop gebly en Rocklands met uitstekende spel oorheers. Dié paar het ook die meeste punte vir ODB-DK in die finale wedstryd aangeteken. “Vir Visagie moes dit ’n besondere hoogtepunt gewees het, want hy het sy beste spel vir laaste gebêre siende dat hy vanjaar uittree as speler en voorsitter van die Domino Unie,” het Mars gesê. In die Skaap-kompetisie het ODBDK weereens vir Rocklands in die Die dominospan van Lindeshof is onlangs gekroon as finaal geklop. Dit was ook ’n mee- wenners van die Niklaas Loff-trofee nadat hulle vir doënlose stryd wat eers in die laaste ODB-DK in die finale wedstryd geklop het. twee wedstryde beslis is. Vir ODBDK was die uitblinkers Boetie Mars en Ivor unie se twee topspanne is. ODB-DK moes egter in die eindstryd van Krotz. Saam met Manie Mars en Franklin Mars het ODB-DK die aanslag van Rocklands die Niklaas Loff-trofee voor Lindeshof die afgeweer. Die ou staatmakers Hempie Loff en knie buig. Lindeshof het reg van die begin af vinnige Koos Kamfer het gesorg dat ODB-DK reg van die begin af ’n goeie basis teen Rocklands gelê domino gespeel en toe ODB-DK tot verhaal het. Hierdie twee spanne het gesorg vir op- kom, was daar reeds ’n reuse-agterstand wat windende dominospel en gewys dat hulle die hulle maar net nie kon inhaal nie.

Let’s Play­wenners eersdaags op die kassie te sien HILDERINE SCHRÖDER Maak ’n aantekening in jou dagboek vir 19 Januarie. Dít is die dag waarop die Standard en SuperSport se Let’s Play-jaareindgeleentheid op die kassie gaan wees. Die wenner van vanjaar se Let’s Play-kompetisie is op 28 November by The Golden Valley Casino aangewys. Vanjaar het Marike Naudé, wat deel was van Suid-Afrika se Paralimpiese swemspan, met die louere weggestap. Marike, ’n leerder

aan die Hoërskool Montana, was die jongste lid van die swemspan. Ander Let’s Play-maandwenners wat ook by die geleentheid sertifikate vir hul sportprestasies ontvang het is Sandra le Roux, Giano Jeftha, Johann de Bod, Janét Vlok, Marga Janse van Rensburg, Keelan Africa, Jan Mostert, Robyn Viljoen, Wilco Louw en Anja Laubscher. Die Let’s Play-toekenningsaand sal van 19 Januarie verskeie kere op die onderskeie SuperSport-kanale vertoon word. Raadpleeg die programskedule vir tye van die uitsendings.

15

VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE DEpArtMEnt oF HEAltH BrEEDE VAllEY suB-DIstrIct, WorcEstEr (cApE WInElAnDs HEAltH DIstrIct) Radiographer Grade 1 to 3 (Ultrasound) RemuneRation: GRaDe 1: R 198 783 PeR annum • GRaDe 2: R 234 159 PeR annum • GRaDe 3: R 275 832 PeR annum sErVIcE BEnEFIts: 13tH cHEquE, EMploYEr’s contrIButIon to tHE pEnsIon FunD, HousIng AnD MEDIcAl AID AlloWAncE. rEquIrEMEnts: MInIMuM EDucAtIonAl quAlIFIcAtIon: Appropriate qualification that allows registration with the Health Professions Council of South Africa (HPCSA) in Radiography. rEgIstrAtIon WItH A proFEssIonAl councIl: Registration with the HPCSA in Radiography (Ultrasound). ExpErIEncE: grADE 1: None. • grADE 2: Minimum of 10 years relevant experience after registration with the Health Professions Council of South Africa (HPCSA) in Radiography (Ultrasound) in respect of RSA qualified employees. • grADE 3: Minimum of 20 years relevant experience after registration with the Health Professions Council of South Africa (HPCSA) in Radiography (Ultrasound) in respect of RSA qualified employees. coMpEtEncIEs (knoWlEDgE/skIlls): Computer literacy in word processing, data management and analysis. • Able to serve patients in at least two of the three official languages of the Western Cape. • Ability to work independently and in a team with good interpersonal skills. • Thorough knowledge of ante-natal-, ante-natal Doppler-, paediatric-, gynaecology- and abdominal- ultrasound studies. • Completion of supplementary courses in diagnostic ultrasound. • Knowledge and interest in teaching in Obstetrics and Gynaecology at both undergraduate and postgraduate level. DutIEs (kEY rEsult ArEAs/outputs): Provide a comprehensive diagnostic ultrasound service at an advanced level to patients with obstetric and gynaecological problems. • General care of patients. • Effective administration within the ultrasound unit regarding patient service as well as equipment. • Maintain case records and statistics. • Supervise, train and assess junior colleagues and O&G/Radiology registrars as well as radiographers. • Actively take part in CPD-programme, as learner as well as teacher. EnquIrIEs: Ms S Neethling, tel. no. (023) 348-8120 plEAsE suBMIt Your ApplIcAtIon For tHE AttEntIon oF Ms JB sAlIE to tHE DIrEctor: cApE WInElAnDs DIstrIct oFFIcE, prIVAtE BAg x3079, WorcEstEr, 6849. InstructIons to ApplIcAnts: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of public service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment. The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.

closing date: 4 January 2013 TBWA\H400136\E


20 Desember 2012

KRIEKET: LAERSKOOL­STREEKKOMPETISIE

Worcester gasheer vir voorste toernooi MATTHEW SHELDON

“D

it is die grootste laerskoolkriekettoernooi in die land. Dit is waar die toekomstige sterre geproduseer word.”

Al die spelers, hul ouers en rolspelers was na die Worcester Streek-provinsiale kriekettoernooi se burgemeesterstoekenningseremonie uitgenooi.

So het Shafiek Jacobs, die toernooidirekteur van die Worcester Streek-provinsiale kriekettoernooi gesê. Krieketspanne van sowat 24 skole het in vanjaar se toernooi deelgeneem. Dié spelers is van verskillende skole uit die Boland, Westelike Provinsie, Gauteng en die Oostelike Provinsie en selfs van Namibië. Die vyf-dag-toernooi het op 10 Desember afgeskop. Volgens Jacobs het al die krieketspanne vier wedstryde gespeel. Dié spelers is in verskillende ouderdomsgroepe ingedeel. Die o.11-spanne het in die Pro15-toernooi gespeel, terwyl die o.13-spanne aan die Pro20 deelgeneem het. Feedem Pitseng het South-East Gauteng verlede Dinsdag (11 Desember) in die finaal van die o.13-Pro20 by die HTS Drostdy se A-veld met 10 lopies geklop. Feedem Pitseng se kolwers het ’n telling van 152 aangeteken terwyl South-East Gauteng net-net met 142 lopies verloor het. In die Hannes Kruger o.11-Pro15-eindstryd tussen Boland Tigers en WP Pups het Tigers

Die Worcester Streek-provinsiale kriekettoernooi het verlede Maandag 10 Desember afgeskop. Sowat 24 laerskool-krieketspanne het deelgeneem. Die Pro20-speler van die toernooi, Vezi Mtnungwo, is tydens die burgemeesterstoekenningsgeleentheid by HTS Drostdy se skoolsaal aangekondig. Hier is Adiel Adams (Feedem Pitseng), Antoinette Steyn (speaker van die Breedevallei-munisipaliteit), Vezi en Stiaan van Zyl (Cape Cobras). FOTO: MATTHEW SHELDON met twee paaltjies gewen. WP Pups het ’n telling van 77/8 aangeteken, en Boland Tigers 78/8. Dié toernooi is deur Wes-Kaap skolekrieket in vennootskap met Feedem Pitseng en die Breedevallei-munisipaliteit aangebied. Die spelers en hul ouers het verlede Woensdag die burgemeesterstoekenningseremonie bygewoon waar al die wenspanne aangekondig is. Individuele toekennings is ook aan die beste spelers toegeken.

In verlede Vrydag (14 Desember) se finaal van die 50 boulbeurte-afdeling het Namibië o.13A teen Boland o.13B gespeel. In die finaal van die 40 boulbeurte het Boland Eagles teen WP Cubs gespeel. “Dit is die sesde suksesvolle jaar wat ons die geleentheid vir die kinders aanbied. Die toernooi groei jaar na jaar,” sê Jacobs. Jacobs het bygevoeg dat die toernooi vir baie kinders die geleentheid gee om krieket op ’n hoë vlak te speel.

Die Boland Tigers o.11-krieket span is tydens hierdie toernooi as die Pro15-kampioenne gekroon. Dié span het hul medaljes en trofee by die burgemeesterstoekenningsgeleentheid by HTS Drostdy se skoolsaal ontvang. Die Feedem Pitseng o.13krieketspan is tydens die burgemeesterstoekenningseremonie as die wenners gekroon.

’n Jaar propvol sporthoogtepunte vir die Vallei HILDERINE SCHRÖDER EN MATTHEW SHELDON

Een van vanjaar se grootste sporthoogtepunte was toe Worcester se Hendri Herbst ’n bronsmedalje by die Paralimpiese Spele verower het. FOTO: VERSKAF

’n Bronsmedalje by die Paralimpiese Spele. Ongetwyfeld een van dié hoogtepunte in die anale van sport in die Vallei vanjaar. Valleiers het almal vroeër vanjaar vasgenael voor die kassie gesit toe twee Worcesteriete aan die Paralimpiese Spele deelgeneem het. Hendri Herbst, ’n oudleerling aan die Pionierskool het harte laat warm klop met ’n bronsmedalje in die 100 m-vryslag. Hy was nie al Worcesteriet in die Paralimpiese swemspan nie. Marike Naudé, ’n leerling aan die Hoërskool Montana, was die jongste lid van die swemspan. Sy het nie ’n medalje gewen nie, maar het haar persoonlike beste in die 50 m-vryslag behaal. Vir haar presta-

sies is sy as die Standard en SuperSport se Let’s Play Sportster van die Jaar aangewys. Vir potspelliefhebbers was daar vanjaar ’n mylpaal toe die Britse Leeus op Worcester teen die SA-agtbalspan kragte gemeet het. Plaaslike spelers het na Kleinplasie gestroom om die huidige agtbal-wêreldkampioen en lid van die Britse Leeus, John Roe, in aksie te sien. Die Britte wen die reeks 4–1. Cameron Thops, ’n leerling aan die Worcester Senior Sekondêre Skool en plaaslike Blackball-potspelspeler is gekroon as die wêreld se beste o.18-juniorspeler. Hy het die titel verower toe hy 40 topspelers by die World Blackball Pool Championship uitgestof het. Hy was ook genomineer vir sportman van die jaar by die Boland Sport Awards. Die plaaslike rugbyklub van United Bulk

Villagers is by die Boland Rugbyunie se jaarlikse bekeruitdeling in Wellington met ’n handvol bekers vir hul prestasies in vanjaar se Premierliga-kompetisie, die topliga in die Boland, beloon. Villagers is ook tydens hierdie geleentheid gekroon as die wenners van die Premierliga. Worcester Perseverance Rugbyklub het vanjaar se Presidents-Wynlandliga-trofee oortuigend gewen. Dié rugbyklub het ook geskiedenis gemaak toe hy vir die eerste keer sy afdeling in die Presidentsliga gewen het. Die Regent Boland Kavaliers, verlede seisoen se Absa Curriebeker-eersteligakampioenspan, het op Bolandpark geskitter toe hy die Valke met 79–26 vermorsel het. Die Suid-Afrikaanse Springbokspan is net na dié wedstryd aangekondig.


Worcester Standard 20-12-12