Standard Jou vallei - Jou nuus
Donderdag, 4 Desember 2014
30%-druipsyfer verwag
Prys: R5.00
2
X1PHBPPD-WS041214
Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | Naure Nuuslyn 082 570 0906
Kinderfonds ontvang skenkings
3
Clean Audit for BVM
4
OORLEDENE GESKIET: NOG GEEN VERDAGTES
Vermoorde ‘toonbeeld van lewe’ JOLINE VAN DER MERWE ”Sy was ’n vrou, ma en ouma. ’n Toonbeeld van lewe. Dit is vir ons ’n groot verlies.”
Anthea du Preez is Maandagog gend in haar huis in Rawsonville vermoor.
Só sê die familie van Anthea du Preez (64), wat Maandagoggend in haar huis op die Rock Field Vineyards, De Denne, in Rawsonville dood aangetref is. Volgens sers. Vivienne HurlingJordaan het Du Preez se man, Hennie, en hul seun haar lyk omstreeks 07:00 in die spaarkamer van hul luukse woning gevind. Haar hande en voete was vasgebind met kabelbande. Volgens Hurling-Jordaan was daar geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie en niks is gesteel nie.
Polisiebeamptes het die toneel gefynkam vir leidrade. Donderdag 29 ° C
Mooi weer
Vrydag 32 ° C
Mooi weer
“Ons het die motief van roof vir eers uitgeskakel omdat niks gesteel is nie,” het Hurling-Jordaan gesê. Peter Basson, Du Preez se skoonseun, sê sy skoonma was ’n gawe, sterk vrou wat ses jaar gelede kanker oorwin het, en altyd ’n “lus gehad het vir die lewe”. “Sy was altyd reg vir ’n koffie of om die kinders op te laai. Dit is vir ons ’n groot verlies,” voeg Basson by. ’n Nadoodse ondersoek het Dinsdag bevestig dat Du Preez doodgeskiet is. Luidens die verslag is sy agter haar oor geskiet. Die polisie se forensiese span asook spoorsnyers het Dinsdag steeds die gebied gefynkam vir enige leidrade. Die spoorsnyers het voetspore gekry wat hulle tot by ’n nabygeleë dam op die plaas gelei het. Polisieduikers was gister (Woensdag) steeds besig om die dam te deursoek. “In hierdie stadium is daar geen verdagtes nie, maar die polisie volg elke moontlike leidraad op,” sê Hurling-Jordaan. Du Preez word deur haar man, Hennie, drie kinders Jean, Hennie en Janette, en nege kleinkinders oorleef. Du Preez word môre (Vrydag) om 14:00 uit die NG gemeente Rawsonville begrawe.
Saterdag 38 ° C
Baie warm
Forensiese kenners maak videoopnames van die omgewing voordat hulle die moordtoneel betree. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE
Anthea du Preez se lyk word deur die patologiese dienste verwyder. Sondag 20 ° C
Baie warm
AAAAAA-WS041214