1 minute read

LAERSKOOL GOEDEHOOP

Dit was Saterdag, 3 Junie 2023 die Mpumalanga B-Kampioenskappe te Ermelo. Goedehoop se o.13B-spanne het as Mpumalanga-wenners uit die stryd getree. Die o.12B-netbalspan eindig 4de in Mpumalanga.

Die o.11-rugbyspan dring deur na die Mpumalanga Semi-finaal en gaan op 9 Junie 2023 kragte meet teen LS Middelburg.

Joubert, Adrian vd Merwe, Dian Pretorius, Euné Toerien, FG Viljoen, Heath Bemelman, Akia Kapuli, Ethan Dodd Agter: Hencko Kriel, Nico Jordaan, Edmund Ferreira, Charl Byleveld, Gert vd Merwe, Mnr Johan J v Rensburg, Mnr Abrie v Zyl, JC Steenekamp, Michael v Niekerk, Lyndon Dodd, Arrie vd Westhuizen, Marius Joubert

Zavior Prinsloo (10 jaar oud) het Saterdag, 27 Mei, deelgeneem aan die Provinsiale Potspel-proewe om in aanmerking te kom vir die Junior-Span.Tydens die proewe, ding hy teen o.18 spelers mee en eindig algeheel 5de. Hy word opgeneem in die o.18 Mpumalangaspan wat in Oktober Saldanha toe gaan vir die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe. Hy is ook aangewys as die beste o.15 speler, aangesien hy die jongste van die 13 spelers was.

Ons is ongelooflik trots op jou, Zavior. Ons hoop jy speel almal onder die tafel in!

This article is from: