4 minute read

Nienaber praat Skole- en Wêreldbekerrugby

In aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi, het ons eksklusief met Jacques Nienaber gesels oor sy lewensreis, die Springbokke se aanloop tot die Wêreldbeker, asook bietjie skolerugby.

Hoe het jy by rugby betrokke geraak en hoe het jou pad geloop vanaf jou eerste betrokkenheid tot by Bokafrigter?

Na ek fisioterapie op Bloemfontein studeer het, het ek by `n fisioterapiepraktyk in Bloem begin en is ek gevra om die fisioterapeut vir die Vrystaat o.19 en o.21 rugbyspan te wees. Ek is `n paar jaar daarna aangestel as die fisio van die Cats in die Super Rugby-reeks. Rassie was toe nog `n speler by die Cats en het baie keer in die fisio - kamer video analises op sy “black box” (‘n analiseringsprogram wat hy by die WNNR gekoop het) gedoen. Hy sou my van tyd-tottyd roep om vir my te wys wat hy ontleed het, en so is my belangstelling geprikkel.

Jacques was kondisioneringsafrigter van die Cheetahs vanaf 2004 tot 2007, verdedigingsafrigter van verskeie Unies tussen 2008 en 2014, onder andere van die Stormers en ook in 2011 vir die Springbokke. Hy was ook Munster se assistent en senior afrigter vanaf 2016 tot 2017 voordat hy teruggekom het na SA en sy reis by die Springbokke voortgesit het.

Vertel ons meer van jou skooldae. Waar was jy op skool en in watter posisie het jy gespeel?

Ek was in Laerskool Riebeeckstad in Welkom en is toe koshuis toe by Grey College tot in graad 11. My ouers het toe Bloem toe getrek en ek is in graad 12 terug huis toe. Dit was nogal `n jammerte om my seniorjaar in die koshuis mis te loop. Atletiek (800m en 1500m) en landloop was my hoofsport, maar ek het ook rugby vir die lekkerte saam my vriende vir die laer spanne gespeel en dit nie so ernstig opgeneem nie. Ek het meestal flank gespeel.

Spelers oefen deesdae met swaar gewigte van`n jong ouderdom af. Wat is jou mening daaroor?

Dit is `n belangrike onderwerp. Mens moet onderskeid tref tussen gewigte (weights) en jou eie liggaamsgewig en rekke waarmee jy kan oefen. Enige oefening waar jy jou liggaamsgewig gebruik, is 100% en kan net `n goeie bydrae tot jou kondisionering lewer. Sodra dit kom by gewigte in die gimnasium moet jy baie versigtig oefen omdat dit jou groeiplate kan beskadig. As daar met gewigte geoefen word, sal ek toesighouding en advies van `n spesialis of ‘n kenner aanbeveel. Sommige jongmense se groeiplate gaan op ‘n vroeë (veertien- en vyftienjarige) ouderdom toe en ander eers op ‘n latere ouderdom (sewentien- tot agtienjarige ouerderdom). Wees daarom baie versigtig om te vroeg, sonder toesig en advies van ‘n kenner, met gewigte te begin oefen.

kom. Daar is niks verkeerd om ekstra tyd in te sit nie. Weer eens is dit die belangrikste dat hulle rugby geniet. Die ou wat dit maak, is die ou wat rugby ongelooflik baie geniet, want die opofferings wat jy moet maak, kan jy nie maak as jy nie lief is vir rugby nie en sonder daardie liefde vir die spel, gaan jy nooit genoeg dryfkrag hê nie. Jy moet as speler eienaarskap neem. Wat is eienaarskap? Dis nie die afrigter se werk alleen om seker te maak jy raak beter nie, dis jou werk om seker te maak dat jy elke dag verbeter. Afrigters is net daar om jou te help en te fasiliteer. Dis nie jou ouers se werk om seker te maak jy gaan oefen nie, dis jóú werk.

Wat dink jy is die vlak van skole rugby in S.A in vergelyking met die res van die wêreld?

Ek dink ons skole rugby is op `n hoë en professionele vlak. Daar is baie min ander lande se skole wat met ons kan meeding. As jy kyk wat party skole oorsee aan hulle rugbyprogramme spandeer, is daar party van daardie skole wat meer aan hulle rugby spandeer as party van ons kleiner plaaslike Currie Cup - unies. In vergelyking daarmee is dit dan eintlik ongelooflik hoe goed ons is. Daar is verskillende ontwikkelingsprogramme vir jong spelers wat gevolg kan word en dit verskil van land tot land. Baie van ons sukses op seniorvlak is omdat ons kontakvaardighede reeds baie vroeg op skool ontwikkel word. Sommige oorsese lande se ontwikkelingsprogramme vir jong spelers fokus op skool egter meer op balvaardighede en individuele vaardighede. Dit is belangrik om te noem dat daar nie ‘n regte of verkeerde jong speler ontwikkelingsprogram is nie. Elke land doen wat vir hulle die beste is.

Kom ons praat Springbokrugby. Daar is onlangs genoem dat julle as ‘n groep eintlik destyds meer op 2023 gefokus was, en dat

Jy is 100% korrek. Toe ons afrigtingspan in 2018 begin het, was Bok-rugby op die veld (resultaat-gewys) in daardie stadium op`n laagtepunt en om dinge te kon omdraai en `n kans te staan om die 2019 Wêreldbeker te kon wen, moes ons `n plan bymekaar sit wat ons `n kans sou gee. Ons het besluit om met die Bokke se sterk punte te speel en dit was om fisies te wees. Dit is nou vyf jaar later, en al het ons baie tyd tydens Covid verloor, het ons kans gehad om spelers se diepte in alle posisies te vergroot, om aan individuele vaardighede te werk. Baie faktore speel `n rol en daarom kan sukses nie verseker word nie, maar ons is in `n goeie posisie. Daar lê egter nog harde werk voor om die laaste dinge in plek te sit voor die Wêreldbeker se afskop.

Lees die volle onderhoud met Jacques Nienaber aanlyn. Skandeer die kode.

Friday 8 September 21:00

Saturday 9 September 13:00

Saturday 9 September 15:30

Saturday 9 September 18:00

Saturday 9 September 21:00

Sunday 10 September 13:00

Sunday 10 September 17:45

Sunday 10 September 21:00

Thursday 14 September 21:00

Friday 15 September 21:00

Saturday 16 September 15:00

Saturday 16 September 17:45

Saturday 16 September 21:00

Sunday 17 September 15:00

Sunday 17 September 17:45

Sunday 17 September 21:00

Wednesday 20 September 17:45

Thursday 21 September 21:00

Friday 22 September 17:45

Saturday 23 September 14:00

Saturday 23 September 17:45

Saturday 23 September 21:00

Sunday 24 September 17:45

Sunday 24 September 21:00

Wednesday 27 September 17:45

Thursday 28 September 21:00

Friday 29 September 21:00

Saturday 30 September 15:00

Saturday 30 September 17:45

Saturday 30 September 21:00

Sunday 1 October 17:45

Sunday 1 October 21:00

Thursday 5 October 21:00

Friday 6 October 21:00

Saturday 7 October 15:00

Saturday 7 October 17:45

Saturday 7 October 21:00

Sunday 8 October 13:00

Sunday 8 October 17:45

Sunday 8 October 21:00

*Use white blocks for

Stages

This article is from: