REITZ PETRUS STEYN LINDLEY REKORD

Page 1

25 September 2019

072 757 0514

@rekordmedianow

rekordmedia1@gmail.com

RDE27

072 757 0514


02

Advertise with us – 072 757 0514

Kry die blootstelling wat jy verdien vir so min as R100 per maand! Oktober maand is Rekord Digitale promosie maand. Digitaal is die toekoms en ons wil graag adverteerders aan die medium bekend stel. Buiten die feit dat dit bekostigbaar is stel dit enige besigheid in die gemeenskap in staat om te adverteer en die blootstelling te kry wat dit die moeite werd maak om maandeliks te adverteer. En net soos in die verlede kry plaaslike adverteerders die geleentheid om vir so min as R100 per maand ‘n 10x7cm advertensie vir vier weke te bespreek en dit beteken teen R25.00 per week word… • Jou advertensie vir vier weke in die digitale uitgawe gepubliseer • Jou advertensie word ook vir vier weke apart op Facebook gedeel • Jou advertensie word ook vir vier weke op ons WhatsApp groep gedeel Indien ‘n 10x7cm advertensie te klein is vir jou besigheid kan ons vir jou ‘n spesiale prys uitwerk op ‘n groter spasie. En vir die eerste keer kan jy ‘n ses maande kontrak uitneem teen slegs R100 per maand! Waar elders gaan jy die blootstelling kry teen die prys? Skakel 072 757 0514 om te adverteer. Promosie eindig 31 Oktober 2019.

AFRIKAANS-/ENGELSMEDIUM Die Hoërskool Ladybrand het die volgende poste beskikbaar // Ladybrand High School awaits applications for the following posts: SKOOLBEHEERLIGGAAM POSTE // SCHOOL GOVERNING BODY POSTS AOO gr 8 – 9 alle vakke // GET gr 8 – 9 all subjects Engels Huistaal gr. 8 – 12 // English Home Language gr 8 – 12 RTT gr 10 – 12 // CAT gr 10 - 12 VEREISTES/REQUIREMENTS Toepaslike onderwyskwalifikasie, ID en SACE-registrasie // Appropriate teaching qualification, ID and SACE registration Taal / Language: Engels /Afrikaans Buitemuurse aktiwiteite ‘n vereiste / Extra - mural activities compulsory. Aanvangsdatum // Assumption of duty: 01/01/2020 Sluitingsdatum // Closing date: 18/10/2019 - 14:00. Suksesvolle kandidate sal gekontak word vir onderhoude // Successful candidates will be contacted for interviews Rig volledige aansoek aan: Die Skoolhoof / Send complete application to: The Principal E-pos/Email: ladybrandhs@mweb.co.za Navrae/Enquiries: : Mnr. E. Hanekom – 083 287 5126 Die Hoërskool Ladybrand behou die reg om nie die poste te vul nie./ Ladybrand High School reserves the right not to fill these posts


Send us your news to editor@rekordmediafs.co.za

03


04

Advertise with us – 072 757 0514


Send us your news to editor@rekordmediafs.co.za

05


06

Advertise with us – 072 757 0514

Meester

Vir die Rekord Ek het verlede week weer die voorreg gehad om na byna twee jaar deur die Oos-Vrystaat te ry. Die area waar die eerste Warden -, Reitz en Ladybrand Rekord ses jaar terug verskyn het. Ek wil positief wees as ek u vandag vertel hoe dit op die platteland gaan maar as ek dit gaan doen gaan ek vir jou lieg. Dit lyk nie goed nie. Die agteruitgang van ons dorpe is duidelik sigbaar. Daar waar twee jaar terug nog Afrikaanse besighede was het nou plek gemaak vir Pakistane, Bangladeshi en Chinese winkels. In Kestell is die strate waar ek gery het so sleg dat die stukkie tussen die teer en sypaadjie ‘n beter uitkoms gebied het om met heel bande by die slaghuis uit te kom. In Warden lyk dit nie veel beter nie en verskeie besighede wat oor die jare in Warden wortel geskiet het, het nou net soos die bome wat by die begrafplaas vyf jaar terug was verdwyn. In Memel stroom gesuiwerde water al vir maande in die straat af, stop strate val om en in meeste dorpe sal jy sukkel om die straatnaambord of ‘n gesnyde sypaadjie te vind. In Cradock in die Oos-Kaap het die gemeenskap begin om die dorp weer op te knap terwyl daar lede van die gemeenskap in Frankfort, Harrismith en Jacobsdal is wat spartel om te verseker dat die basiese dienste nog gelewer word. Die kleiner dorpe het nog nooit voordeel uit die samesmelting van Munisipaliteite getrek nie en weereens doen Rekord vandag ‘n beroep dat elke gemeenskap sy eie Munisipaliteit moet hê. Daar kan ‘n volhoubare oplossing gevind word vir die probleme wat elke dorp het as dit deur die mense wat daar bly aangespreek en aangepak word. Vir nou moet ons hoop dat die verval gestop kan word voordat dit te laat is. Gerhard Olivier

Heuningdruppels

Lag ‘n bietjie ‘n Egpaar ry vir etlike kilometers op ‘n grondpad sonder om ‘n enkele woord te praat, die gevolg van ‘n vroeëre argument tussen hulle. Toe hulle verby ‘n hanewerf vol donkies, varke en bokke ry, sê die man ewe sarkasties, “Familie van jou?” “Ja,” antwoord sy, “aangetroud.”

Pet pic of the week

Hi.. My name is Cosmo. And I belong to Pule Mokhathi from Lindley SMS/WhatsApp your pet pic to 072 757 0514

Woede is 'n vreeslike ding, dit laat mense verskriklike dinge doen waaroor hulle gewoonlik later spyt is. Ek is oortuig daarvan dat jy jouself ook dalk vandag in 'n ander bloedgroep in vererg het. En dalk ook woorde gebruik het soos: "Ek kan moord pleeg...!“ En dis presies wat met Kain gebeur het toe hy vir Abel vermoor het, uit jaloesie omdat die Here Abel se offer aange-neem het en nie syne nie. Gen 4:8 "Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain vir Abel oorweldig en hom doodgemaak." Woede is natuurlik 'n menslike emosie en selfs Jesus was so kwaad vir die mense dat Hy die tafels in die tempel omgegooi het. Die probleem is nie die woede nie, maar die reaksie daarop. In ons samelewing is padwoede so algemeen soos ontbyt eet, en boeta, as daai manne mekaar langs die pad beetkry klap die skote sommer vinnig. Die woord "kwaad" kom 270 keer in die Bybel voor (in verskillende kontekste), wat maar net sê dis normaal, maar Paulus het nogal iets besonders hieroor te sê. Ef 4:26 "As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie." En dan ook... Rom12:17 "Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense." As 'n taxi voor hom in ry, gaan hy net uitroep : "kyk sulke vernuf..." ~ Willem Botha

my sê/my say Join our WhatsApp group by clicking on the following link: REKORD MEDIA

https://chat.whatsapp.com/JuunihfusBN9ZINl4v10EX

Hugo! Bel die Polisie!

As jy nog nie die video gesien het kan jy net op die skakel kliek en vir jouself sien waaroor die hele land gons Kliek op die skakel:

https://youtu.be/O49Fda52Pq4

Wat is jou gevoel oor die doodstraf? Moet dit terug kom? CLC 369 says

Yes especially for Rape, child molestation, woman abuse, attack of elder people, Ek as VROU is bang om Alleen te wees by my huis. Hulle gee jou Diere gif Dan Moor hulle ons

Senkal21 says

Jy is dood reg hoor en daar baie ou mensies wat hulle self nie kan help of beskerm nie

CLC 368 says

Bring dit terug!

Memel 64884 says

Moet terugkom vir verkragters en moordenaars

Vraag: "Vaping" word al hoe gewilder onder die jeug. Daar's ‘n geval waar selfs 'n onderwyser saam met skoolkinders "gevape" het. Wat is jou gevoel?

Contact us

Deadline Wednesday 17:00 Advertising 072 757 0514

Editorial 073 847 2468

Code of Conduct

Copyright

This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby Reserved In terms of the copyright act.

The reproduction or broadcast without written permission of any material published in REKORD and its supplements is forbidden and expressly reserved to RMP, under section 12(7) of the Copyright Act. 1978 and any amendment thereof. REKORD is published by REKORD MEDIA FS and is printed by Clocolan Printers


07

Send us your news to editor@rekordmediafs.co.za

Braaibroodjies recipe with a Mexican twist

Klitsgras

Kitchen Delight

Laat ek vir een keer in my lewe ‘n resep met julle deel. Neem ‘n brood (verkieslik bruin) en sny ‘n dik sny af. Dit moet ten minste 2 – 3 cm dik wees. ‘n Regte skaapwagter sny. Smeer dit dik met botter of margarien soos jy verkies. Smeer nou grondboontjiebotter op en rond die af met ‘n laag stroop. As jou tone nie nou omkrul van lekkerte nie, is daar beslis iets fout met jou. Stroop het ‘n plek in die kombuis. Smeer egter daardie selfde stroop aan iemand? . Daardie taaiheid klou lank nadat jy jou hande gewas het. Soos sekere mense. Julle weet noual dat ek ‘n hekel aan oorvriendelike mense het. Veral die wat by ontvangs werk. Stroop mense vat dit ‘n stappie verder. Veral in die dorpie van ons. Dit is skat voor, liefie in die middel, vlooi in die middel, engel in die middel, sweetie in die middel, baby in die middel, sussie in die middel en (as iemand jou genadig is) pop aan die einde. Die heuningkwas kry bloot net nie einde nie. Al bid jy hoe hard. Jy moet gewoonlik hoor watter wonderlike mens jy is. Valslik word jy opgehemel. Maar nou ja vir die tannie wat by die ontvangs werk het dit lelik gebackfire! Sit NET die foon reg neer sodra jy klaar gepraat het. Intressant om te weet hoe dik en lelik JY regtig is en altyd ‘n pyn in die gat is en watse vieslike maniere haar kinders het. Waar’s die stroop nou?

INGREDIENTS 1 ciabatta loaf 30 ml olive oil / vegan margarine 68 dairy free vegan cheese slices 10 small rosa tomatoes finely chopped 1 small red onion finely chopped 1 pickled / smoked jalapeño pepper finely chopped 0.50 tsp crushed fresh garlic 0.50 tsp ground coriander 0.50 tsp paprika 0.50 tsp ground cumin salt and pepper to taste METHOD 1 Cut the ciabatta into 12 medium thick slices. 2 Brush with olive oil on both sides of each slice. 3 Place 1 slice of cheese on one half of the bread slices. 4 Combine all the other ingredients in a medium sized bowl. 5 Evenly divide mixture and spoon on top of cheese topped bread slices. 6 Top the slices with filling with plain slice of bread to make a sandwich. 7 Tie each sandwich with a piece of twine to secure. 8 Place sandwiches on grid for open fire cooking. 9 Grill (braai) over medium hot coals for 5 minutes each side or until golden and cheese is melted.

Skryf ‘n briefie vir ons Ons verkies kort briewe. Briewe moet die skrywer se volle naam en e-posadres bevat, selfs al word skuilname gebruik. Lesers moet asseblief daarop let dat REKORD en sy personeel nie noodwendig saamstem met die menings of standpunte van briefskrywers nie. Hierdie is ons lesers se eie blad waar hulle kan kla, prys, voorstelle maak of menings lug. E.pos ons by editor@rekordmediafs.co.za Briewe kan ook gepos word na Die Redakteur, Tinnie van Rooyen Straat 3, Clocolan, 9735

What’s on Rekord publishes events across Central South Africa free of charge in our What’s On section. Submit your event by sending us the details to editor@rekordmediafs.co.za The deadline is Friday at 16:00 Date

Town

Event

Contact

25/09/19 29/09/19

Kimberley

Kimberley Fun Fair 2019 – 4 day festival with amusement park, Live entertainment, Food and good music. Happening at Monstermob Raceway. R50 Adults R30 Children

26/09/19

Upington

Die 2019 Kalahari Kuierfees vind plaas. Kom kuier saam in die Kalahari! Meer info op www.kalaharikuierfees.co.za

28/09/19

Bethlehem

Bergprag-Aftreeoord Kers-, Kuns- en Kosmark vanaf 08:30 tot 14:30

Elsie Odendaal 082 375 2530

Verkeerdevlei

Verkeerrdevlei-boeresportdag vind plaas op die plaas Doras op die Verkeerdevlei/Excelsior pad van 08:00 tot laat. Bring eie stoele en gazebo.

Hansie Human 082 927 1565

Kathu

Kathu Town Festival with Holly Rey, Mlindo and Lady Zamar. Sivos Sportsground from 08:00 to 23:00: R40 per person

Tickets at Computicket

Bethlehem

Affi-Aarde-familiemark word langs die Preekstoelpad aangebied van 08:00 tot 12;00

Christa Keyser 084 606 7007

Clocolan

“As die Donkielong roep” Lentedans met DJ klippies & Jean Chris. Imla Gasteplaas Clocolan van 18:30. Spitbraai en Kontantkroeg. R100 per persoon R50 per kind

082 493 2297 082 831 0122

18/09/19

Aliwal Noord

LSAN Buffelfees 2019 nooi u uit om saam in Aliwal Noord te kom kuier, eet, dans en die fees te geniet. Vrydag: R120.00 Saterdag: R100.00 Kinders onder vyf gratis. Zak Steyn, Tarryn Lamb, Dirk van der Westhuizen, Ivan Roux tree op

19/10/19

Bethlehem

Laerskool Jordania Voortrekkers nooi alle skole se kommando’s uit na ‘n komunikasiedag.

Marietjie Pieters 084 441 1842

26/10/19

Bethlehem

Die Hervormde Kerk Bethlehem bied sy Somer Basaar aan van 08:00 tot 14:00 te Barry de Koklaan 29, Panorama. Stalletjies kan teen R50,00 bespreek word

071 336 5054

05/10/19

WhatsApp us

Let’s tweet you

Chat to us and join our WhatsApp group on 072 757 0514

Stay up to date with breaking news and updates @Rekordmedianow

Instagram Join us on Instagram rekordmedianow

079 840 5810

Telegram Type the Rekord newspaper that you want in the search bar and join


08

Advertise with us – 072 757 0514

Colour me in and stand a chance to win R100!

Send us a WhatsApp with your picture to

072 757 0514

Competition open to children 12 years and younger. Name: ____________________ Age: _____ Town: ____________________


09

Send us your news to editor@rekordmediafs.co.za

Not enough time to manage your Business Facebook page? Relax, we’ve got the solution for you. Let us manage your Business Facebook page. Daily uploads, Keeping clients informed about specials and other exciting developments, growing your clientele to dealing with any Q&A. Let’s take the time to make your Facebook page make more money for you. For only R199.00 per month

DIGITAL MEDIA

Call 073 847 2468

KENNISGEWING VAN AANSOEK OM OMGEWINGSMAGTIGING EN GEPAARDGAANDE OPENBARE DEELNAMEPROSES BEOOGDE EKSPLORASIE VIR PETROLEUM EN GAS OP VERSKEIE PLASE IN DIE VRYSTAAT- EN KWAZULU-NATALPROVINSIE (12/3/350 ER) Kennis geskied hiermee van die voorneme om ’n aansoek om Omgewingsmagtiging te rig en om ’n openbare deelnameproses te onderneem ingevolge die Regulasies op Omgewingsimpakevaluerings (OIE), 2014 (soos gewysig in 2017) wat afgekondig is ingevolge die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998) (NEMA). Applikant: Rhino Oil and Gas Exploration South Africa (Edms.) Bpk. (“Rhino Oil & Gas”).

PETRUS STEYN: Op Dinsdag 10 Septemer 2019 het Eversar Sussex Senepol & Calcrete Senepol stoet hul 28ste produskie veiling gehad te Petrus Steyn, George plaas. Dit was ‘n goeie dag in die ring met die duurste Sussex bul (lot 3) wat verkoop is vir R 80 000. Met ‘n gemiddeld op die Sussex bulle van R37 916. Daar was 100% verkope op die Senepol bulle wat ‘n gemiddeld van R32 000 behaal het. BKBLouwid bedank alle kopers vir ‘n suksesvolle dag.

Aktiwiteit: Rhino Oil & Gas het ’n aansoek om ’n eksplorasiereg (ER) ingevolge Artikel 79 van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum Hulpbronne, 2002 (Wet 28 van 2002) (MPRDA) aan die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) gerig om vir “Petroleum en Gas” te eksploreer. Die 350 ERaansoekgebied is min of meer tussen die Bo-Tugelastreek van KwaZulu-Natal, noord verby Harrismith tot net noord van Warden in die Vrystaat geleë. Die 350 ER-aansoekgebied strek weswaarts van Harrismith af, verby Kestell tot by Bethlehem. In die noorde, strek die 350 ER-aansoekgebied wes van Warden af verby Reitz tot by die Lindleygebied. Die ER-aansoek is om vroeë-fase eksplorasie te onderneem, wat daarop gemik is om die teenwoordigheid van petroleum- en gashulpbronne aan te dui wat dalk verdere eksplorasie regverdig. Die aanvanklike eksplorasiewerkprogram sal beperk wees tot oorsig van data op kantoorvlak en die onderneming van ’n lugopname. Geen ter plaatse eksplorasiebedrywighede word in die vooruitsig gestel nie en geen toegang tot enige grond word benodig nie. Omgewingsevalueringspraktisyn: SLR Consulting (South Africa) (Edms.) Bpk. (“SLR”). Aansoek om Omgewingsmagtiging: Ingevolge die MPRDA, is ’n vereiste om ’n ER te bekom dat die applikant moet voldoen aan Hoofstuk 5 van NEMA. Ingevolge NEMA verg die beoogde projek Omgewingsmagtiging aangesien dit aanleiding gee tot Aktiwiteit 18 in Lyskennisgewing 2 (Staatskennisgewing R984, gewysig in 2017). Derhalwe moet ’n Bestekopname en OIE-proses ingevolge die 2014 OIE-regulasies onderneem word. Rhino Oil & Gas sal by die bevoegde owerheid ’n aansoek om Omgewingsmagtiging rig. ’n Agtergrondinligtingsdokument (AID), wat die voorlopige projekinligting bied, is opgestel en beskikbaar vir insae en kommentaar. Afskrifte van die AID is op versoek van SLR beskikbaar of kan van SLR se webwerf (www.slrconsulting.com/za/slr-documents) afgelaai word. Die AID sluit ’n kaart en lys van plase in wat by die ER-aansoekgebied ingesluit is. Sou u of u organisasie as ’n belangstellende en geaffekteerde party wou registreer en/of enige voorlopige kwessies of knelpunte met betrekking tot die beoogde projek wil opper, moet u asseblief met SLR in verbinding tree by die kontakbesonderhede hieronder. Vir kommentaar om by die Bestekopnameverslag ingesluit te word, moet dit SLR op die laaste teen 21 Oktober 2019 bereik. U word uitgenooi om enige van die volgende vergaderings by te woon waar inligting gedeel sal word:

V.L.N.R Wentzel Voster (BKBLouwid); Freddy Kock (verkoper, Preiss en Kock); Reinhardt Kock (verkoper, Preiss en Kock); Willem Bester (Koper); Jan Mostert (BKBLouwid Afslaer); Danie De Wet (BKB Skaap en wol beampte). FRANKFORT: Op Vrydag 13 September 2019 het Preiss en Kock Merinos hul 10de produksie veiling gehou te Frankfort, Royal Auction. Dit was n ongelooflike dag met 100% verkope op die ramme, wat alles te danke is aan die besonderse kwaliteit van die diere. Die duurste ram (lot 10) was verkoop aan mnr Willem Bester van Heilbron vir R20 000. Die gemiddeld op die ramme was R 9 578. BKBLouwid bedank al die kopers vir ‘n suksesvolle en lekker dag.

Datum

Plek

Tyd

7 Oktober 2019 8 Oktober 2019 8 Oktober 2019 9 Oktober 2019 9 Oktober 2019 10 Oktober 2019 10 Oktober 2019

NG-kerk, Reitz-Wes Lindley Hotel Danielsrus Boere-uniesaal, Bethlehem Kestell Dorpsaal Warden Boere-uniesaal La La Nathi, Harrismith Bergville Buiteklubsaal

15:30 09:00 15:30 09:00 15:30 09:00 15:30

SLR KONTAKBESONDERHEDE: Posbus 1596, Cramerview, 2060 Tel: 011 467 0945 Faks: 011 467 0978 E-pos: 7201803400016@slrconsulting.com Let wel: As u die posdiens gebruik, moet u ons asseblief telefonies kontak om ons in kennis te stel van u indiening.


Send us your news to editor@rekordmediafs.co.za

10


10

Advertise with us – 072 757 0514


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.