REITZ REKORD

Page 1

Reitz Rekord

Petrus Steyn Rekord

Lindley Rekord

072 757 0514

@rekordmedianow

RDE23

14 August 2019

072 757 0514

rekordmedia1@gmail.com

Ek is nie ‘n stap soldaatjie nie.. Lees meer oor die Petrus Steyn Fellowship Jeugdiens & Gemeente braai op bladsy 2 vlnr: Jane Janse van Rensburg, Rouxlandi Janse van Rensburg, Kaylie de Bruyn


072 757 0514

02

www.rekordmediafs.co.za

Petrus Steyn Fellowship Jeugdiens en gemeente braai Psalm 8:3 " Uit die mond van kinders en suigelinge het U sterkte gegrondves, om u teestanders ontwil, om die vyand en wraakgieige stil te maak.“ Op Sondag 14 Julie 2019 was ons geseĂŤn deur die fellowship se kinders wie ons harte so aangeraak het. Oud van dae maar jonk van jare gebruik God almal om sy woord te verkondig en ag Hy niemand gering nie. Dit het my so laat dink aan die liedjie wat ons as kind gesing het: "As Hy weer kom, kom haal Hy sy kinders, al sy kinders wat in Hom glo....." Sipha Malindi(17) het liedjies gelei en kragtige getuinisse is gegee deur Chanelle Schultz(16) , MG Beukes(14), Leboeuf du Plessis(14) en Jane Janse van Rensburg(10). Kaylie de Bruyn(10) is gevra om vir Max en Margaret van den Bergh te bid met die koms van hulle seuntjie, Marnu, die volgende dag en dat als vlot sal verloop met die geboorte. Die nagmaal is bedien deur Corneluis Voster(15), Christiaan Voster(14), Hanru de Bruyn(14) en Luan Schultz(12) en mens kon sien hul het die taak met soveel erns opgeneem soos dit hoort te nagedagtenis wat Jesus vir ons op die kruis gedoen het. Christiaan Beukes(20) was die instrument in God se hande en ons het geleer dat rekenaar kodes slegs bestaan uit die syfers een en nul, dus die lewe bestaan uit die keuse vir Jesus of die vyand. Is jy aan vir Jesus of af, dis die een of ander, maar nie albei nie. Dis die smal pad of die bree pad. Cornelius Voster het die diens afgesluit met gebed. Ons is ook herinner om op die piek van die berg waar dit goed gaan, of op hoogland waar dit so-so met jou gaan of in die vallei waar dit dalk sleg met jou gaan, steeds God te loof! God is goed en ons harte is so geraak.... 1 Joh 4:11 "Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te he." Die gemeente braai was 'n feestelikheid en het ons heerlik saam gekuier en gefellowship. Daar was lekker gelag en gesels en my hart wil bars vir die liefde wat daar onder mekaar is. Ek hou die wolke dop vir wanneer Jesus ons kom haal en ons die ewigheid saam gaan spandeer en God gaan loof en prys vir ewig en altyd....Amen.


072 757 0514

03

www.rekordmediafs.co.za

J.A. Malherbe neem deel aan WOW Spelfees 2019

Die volgende leerders van Gr 4- tot 7-klasse van die JA Malherbe Primêre Skool op Petrus Steyn het aan die Wow Spelfees se eerste rondte op Bethlehem gaan deelneem. Hulle is links: Agter: Meané Richter, CJ Grové, André vd Merwe, Natalie Fick, Dimpho Dlamini, Danek Meyer, DJ Jacobs en Hudson Mahlasela. Voor: Hugo Fourie, Johané Pretorius, Kaylie de bruyn, Johannes Khampepe, Marisa Islam, Janique van Heerden en Tiara Stengel.

en die klein span wys ook hulle kan net so lekker spel…

Die volgende leerders van die Gr-1 tot 3-klasse van die JA Malherbe Primêre Skool op Petrus Steyn het aan die Wow Spelfees se eerste rondte op Behlehem gaan deelneem: Hulle is van links: Franco Sieberhagen, Raayesa Islam, Roux-Rÿk vd Merwe, Necogene Mothebele, Shawn Bhuyian, Quanda Malind, Sulandri Bornman, AJ Flemming en Tsegofatso Thsabalala


072 757 0514

Eskom warns customers of Meter reading scam ESKOM in the Free State have received complaints from customers who have been scammed by people pretending to be ESKOM contractors who are responsible for testing, replacing and calibrating ESKOM meters in their homes. According to a media statement by ESKOM, the scammers call ESKOM customers and tell them that they will be visiting them to test meters and replace faulty meters. They then ask the customers to pay upfront, directly into their bank accounts. After that the customer never hears from them again and no meter test is done. ESKOM wants to remind all customers that there is no paying upfront and that all payments are and should be done through the normal billing system into the bank accounts as provided on their ESKOM bills. ESKOM pleads that no customer should pay an ESKOM employee in cash and no payments must be done into other bank accounts, only the official account provided by ESKOM must be used. Customers are urged to be vigilant of opportunists who are purposefully exploiting members of the public. Suspicious persons and activities can be reported by calling the ESKOM contact centre on 08600 ESKOM/ 37566 or by calling ESKOM fraud hotline on 0800112722.

Kan jy belĂŞ in beesboerdery? Sal jy weidings-praktyke kan ontwikkel en op die plaas wil woon? Kontak Gert 082 802 2464

04

www.rekordmediafs.co.za


072 757 0514

05

www.rekordmediafs.co.za


072 757 0514

06

www.rekordmediafs.co.za

Deale Veiling lewer ongelooflike goeie resultate op

V.L.N.R bo: Daan Cronje (BKB skaap- en wol beampte), Abrie Cronje (Emmerentia Boerdery) van Vrede (koper), Eruka Cronje (Emmerentia boerdery), Pieter Nel (BKB skaap- en wol beampte), Jan Mostert (afslaer BKB Louwid). V.L.N.R onder: Andries Greyling (Charfontein, verkoper), Joseph Jabalala (Charfontein) Philip Maleke (Charfontein), Neels Greyling (Charfontein).

VREDE: Op Donderdag 25 Julie het Deale Boerdery hulle 3de Produksieveiling aangebied te Vrede. Dit was ‘n ongelooflike goeie dag - onder die hammer was 70 top Bovelder bulle en 200 vroulike diere. Die gemiddeld van die bulle was R85 857. Die duurste bul is verkoop vir R425 000 aan mnr Farmer (Lowlands Farming) van Mooirivier in Natal. Koeie en kalwers se gemiddeld was R19 666. Dragtige koeie se gemiddeld was R18 503.Dit was n baie lekker dag BKB Louwid bedank alle kopers vir ‘n suksesvolle dag.

VREDE: Op 18 Julie 2019 het Charfontein Dohne Merino Stoet hulle 10de Produksieveiling gehou te Humania, Vrede. Dit was ‘n uitstekende dag met 74 ramme op die veiling met n gemiddeld van R11 648. Die duurste ram (Lot 20) is verkoop aan mnr Abrie Cronje (Cronje Boerdery) van Vrede vir R42 000. Gemiddeld van die oop ooie (2 tand) was R2 700. Gemiddeld van ooie (dragtig met 2-ling; 4 - 6 tand) was R3 900. Gemiddeld van ooie (dragtig met 1-ling; 4 - 6 tand) was R3 400. BKB Louwid bedank alle kopers vir ‘n suksesvolle en lekker dag

Tygerfontein hou eerste produksieveiling

V.L.N.R: Polly Kruger (Koper) Jan Mostert (Afslaer) Kosie de Villers (Verkoper) Daan Cronje (BKB skaap- en wol beampte) Voor: Pieter Nel BKB skaap- en wol beampte)

VREDE: Op Donderdag 11 Julie 2019 het Oos –Vrystaat Veldramklub hulle jaarlikse Produksieveiling gehou te Vrede veilingskrale. Op aanbod die jaar was 48 Prestasiegetoetse veldaangepaste Merino ramme. Die dag het baie goed verloop met n gemiddeld op die ramme van R12 300. Die duurste ram is verkoop aan mnr Polly Kruger van Cornelia vir R100 000. (Lot 10) BKB Louwid bedank alle kopers en verkopers vir ‘n suksesvolle en lekker dag.

V.L.N.R: Tienie Swanepeol (koper), Wentzel Voster (BKB Louwid Frankfort tak bestuurder), ML Hatley (Tygerfontein Merino’s), Jan Mostert (afslaer BKB Louwid), Henning Hatley (Tygerfontein Merino’s). Onder: Fanie Motaung (BKB Louwid hanteerder)

MEMEL: Op Dinsdag 23 Julie 2019 het Tygerfontein Merino Stoet hulle 1ste produksieveiling aangebied te Tygerfontein, Memel. Dit was ‘n ongelooflike dag met ‘n gemiddeld op die ramme van R10 200. Die duurste ram is verkoop aan Mnr Tienie Swanepoel van Memel vir R30 000 Dragtige ooie se gemiddeld was R3 500. BKB Louwid bedank al die kopers vir ‘n suksesvolle en lekker dag.

Bereik die boer in die Vrystaat, Noord en Oos Kaap deur jou veiling in Rekord te adverteer! Skakel 072 757 0514


072 757 0514

07

www.rekordmediafs.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.