EASTERN FREE STATE REKORD

Page 1

Oos-Vrystaat ● Eastern Free State

MONDAY November 4,2019 | Bethlehem | Harrismith | Reitz | Warden | Clarens | Lindley | Petrus Steyn | Kestell | Fouriesburg | Paul Roux | Verkykerskop

Tigers relocated to Bethlehem from Germany Page 4

BETHLEHEM: AfriForum se #AnkerdorpPadskou is ’n veldtog waartydens hoop in dorpe landwyd geskep word deur verskeie gemeenskapsaksies, wat ’n positiewe verskil maak, deur die jaar aan te pak. Ons maak waterlekke reg, vul slaggate, verf paaie, rig padtekens op, takel munisipale probleme, besoek skole, ondernemings en gesondheidsorginstellings, knap ouetehuise op, bied inligtingsessies en opleiding aan, maak skoon, versterk gemeenskapsveiligheid en vele meer. Al wat dit verg om ’n dorp beter te maak, is die uitvoer van een positiewe aksie op ’n slag. Kom

neem saam met ons aan die aksies op jou dorp deel – jy sal verbaas wees hoe jou deelname moedeloosheid in hoopvolheid verander. Wéés die verskil wat jy in Bethlehem wil sien! Jy kan steeds deel van hierdie opwindende projek wees selfs al woon jy nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep. Onthou: As dit met jou buurman goed gaan, gaan dit ook met jou goed. En wie weet, volgende keer kom jóú dorp dalk aan die beurt. AfriForum is gedurende November 2019 in Bethlehem. Sien kalender op Bladsy 2


2|

NEWS

|

NUUS

October 25 – November 4, 2019


0ctober 25 – November4, 2019

ADVERTISEMENT

|

ADVERTENSIE

|3


4|

NEWS

|

NUUS

October 25 – November 4, 2019

Tigers relocated to Bethlehem from Germany BETHLEHEM: Two tigers born in a private garden in Germany have been safely relocated to South Africa. Bela and Sharuk were born in 2014; a third sibling, Imara, did not survive. The tigers arrived at the Four Paws LionsRock Big Cat Sanctuary in Bethlehem last week Wednesday. In 2015 they had been moved to the Tierart Big Cat Centre in Germany, where they were taken care of by a team of experts and provided with the necessary nutrition. “We took intensive care of the two siblings for more than four years. They spend a lot of time together cuddling on their platform or playing,” said Florian Eiserlo, site manager at Tierart. “But it became clear to us that these tigers, especially shy Bela, need more space and less interference from humans to make further progress. We are convinced that they will find

this in their new home.” After a check by the state vet in Johannesburg, the tigers were cleared to travel to LionsRock. “Although it has been a very long journey, both are doing well. Bela is a bit insecure about her environment and will need more time to adapt. Sharuk, on the other hand, is confident and has already taken a splash in his pool,” said Hildegard Pirker, head of the animal welfare department. “In the coming days, Bela and Sharuk will be kept in the feeding area of their enclosure to become accustomed to their new surroundings and caretakers. This is a very important part of their adaption phase. We will monitor their behaviour and, when the time is right, release them into the bigger part of their enclosure to roam, relax, hide or swim in their big pool,” said Pirker. “A tiger in South Africa may sound strange, but when you know the story of the individual, sometimes it makes perfect sense. Bela and Sharuk were born in a garden in Germany, a place where tigers clearly do not belong

either. These animals were captive born, damaged by their past, very sensitive to stress and can never go back to the wild. Instead, they need lifelong care. “We provide them with a home that gives them peace, safety and comfort in an environment that helps them feel more at ease. As an organisation we are committed to giving these big cats the highest quality care and the dignified lives they deserve to live. In the end, it’s about their right to life and having a suitable home,” said Fiona Miles, director of Four Paws in South Africa. The breeding and trading of tigers is allowed throughout the EU and in many other countries. Lack of documentation makes it impossible to know how many tigers live in captivity, where they are traded or where they die. For years, Four Paws has been rescuing big cats from poor keeping conditions worldwide and offering a permanent solution in its sanctuaries. Courtesy IOL

New Horizon College Bethlehem U/10 Football team WINS the KFC Football Tournament this past weekend (12 October 2019) at Bohlokong Stadium in Bethlehem. Results: NHC vs Thabang 0-0 NHC vs Rehopotswe 1-0 NHC vs Impumelelo 1-0


0ctober 25 – November4, 2019

NEWS

|

AfriForum se Harrismith- en Kroonstadtak ontvang GOP-opleiding HARRISMITH: AfriForum se Harrismith- en Kroonstadtak het onderskeidelik op 23 en 24 Oktober 2019 opleiding in geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) ontvang. Dié opleiding het oor onder meer die werkinge van munisipale begrotings gehandel, asook watter insette die gemeenskap daarop kan lewer. Probleme wat die dorp tans ervaar en hoe die gemeenskap dit onder die munisipaliteit se aandag kan bring, is ook bespreek. Deidre du Preez, AfriForum se raadgewer by Plaaslikeregeringsake, het die opleiding aangebied. Dit was ’n reusesukses en albei takke het entoesiasties daaraan deelgeneem. “Met hierdie tipe opleiding word

|5

NUUS

takke met die nodige kennis en inligting toegerus om skrywes aan die munisipaliteit te rig oor probleme wat hulle in dorpe ervaar. Dit stel hulle in staat om ’n groot verskil in hul dorpe te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland. “AfriForum moedig gemeenskappe aan om soortgelyke opleiding by te woon en by hul plaaslike AfriForumtakke betrokke te raak. ’n Tak kan baie meer sukses behaal as die gemeenskap agter hom staan,” voeg Nel by. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Announcing our Raffle winners! Did you know, that every year (as part of our fund-raising initiatives) we run an amazing raffle with accommodation, meal and activity vouchers that are all very generously donated to us by a variety of local businesses and supporters from here in Clarens and Fouriesburg? The draw took place yesterday and we are very happy to announce the winners. Both of whom we met at WODAC 2019...and the winners are... 1st Prize - Congratulations to David Picot who won 6 nights for 6 people, spending 2 nights at each of these amazing guesthouses, Mystic Mountain Self Catering Guest House, Serenity Cottage and De Foete Inval, so he and his guests will really get a taste of the accommodation that Clarens has to offer. Then there are 2 x 1-hour full body massages as part of the package courtesy of Mont d'Or Clarens (very nice) and then to add some adrenaline, our friends at Clarens Xtreme added in 4 x zip-lining vouchers. But that isn't all there are meal vouchers from The Highlander Restaurant (R300), Time & Again Bistro (R250) and then of course what visit to Clarens would be complete if there was not a breakfast voucher from The Courtyard Bakery and Cafe- Clarens (R200) thrown in for good measure! 2nd Prize - goes to Karen Breedt (well done), 2 nights for 2 people at Studio Collection - Village Studio Guesthouse in Fouriesburg. Then her and her guest will spend time at the Clarens Wellness Day Spa being spoilt with 2 x 45 mins back, shoulder and neck massages along with a 30 min jacuzzi session - max relaxation is guaranteed! Then a 1-hour out-ride for 2 people from the Ventersberg Stables in the most stunning mountain scenery and meal vouchers from The Highlander Restaurant (R300) and Time & Again Bistro (R250). Congrats to you both, we are very excited to have you and your loved ones come to our beautiful part of the world and to see why it is (in our opinion) the best place to live in SA! A huge thank you to all of the local business owners for their vouchers and for their support. This raffle raised a lot of money for the Cluny Animal Trust and all of it has already been put to good use (yes we have already spent it) to help provide much needed veterinary care to animals who really needed it right here in our local township communities!

Make a difference! Adopt or donate

www.clunyanimaltrust.co.za

Om te adverteer skakel 072 757 0514

THIS ADVERT IS SPONSORED BY EASTERN FREE STATE REKORD ● DIE ADVERTENSIE IS GEBORG DEUR OOS-VRYSTAAT REKORD


6|

NEWS

|

NUUS

.

October 25 – November 4, 2019

#HardloopvirHoop:

Bennie Roux sluit sy wedloop af FOURIESBURG: Die ultramaratonatleet Bennie Roux (41) het sy hardloopprojek – van meer as 220 km deur die Vrystaat – is op 26 Oktober 2019 by die Oranje Gasteplaas tussen Fouriesburg en Clarens afgesluit. Roux het ten bate van AfriForum se Traumaondersteuningseenheid gehardloop om geweldslagoffers – veral slagoffers van plaasaanvalle en -moorde – te ondersteun. Roux en die ander atlete het vandag 17 km afgeleê. Hulle het om 12:00 by die Oranje Gasteplaas se Roosfees aangekom en die dag saam met die feesgangers geniet. “Ek wou met hierdie projek bewusmaking oor plaasmoorde en -aanvalle skep en ook die erns van die trauma wat met hierdie gruwelmisdade gepaardgaan aan die publiek oordra. Ons het die plase besoek van slagoffers wat só ‘n tragedie oorleef het en met hulle gesels. Hierdie projek het net weer eens die dapperheid geopenbaar van diegene wat plaasaanvalle moes deurmaak. Dit was egter ook weer ’n wekroep dat plaasaanvalle daadwerklik beveg moet word en ek hoop dat ons projek daartoe bygedra het,” sê Roux. “AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid is stomgeslaan deur die publiek se ondersteuning, asook al die skenkings wat ons ontvang het. Hierdie projek het weer eens bewys dat ons mense vir mekaar

omgee – daar is hoop waar ons saamstaan om ’n verskil te maak. Plaasaanvalle en -moorde is ’n krisis wat elkeen van ons raak, want ons almal is van boere afhanklik,” sê Johan Kloppers, #HardloopvirHoop-woordvoerder van AfriForum se Traumaondersteuningseenheid. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wat die feesvieringe bygewoon en feesgangers toegespreek het, sê dat Bennie en sy span se opoffering inspirerend is en hoop gee. “Hierdie projek is ’n voorbeeld van mense wat bereid is om hul talente aan te wend om ’n groter saak te dien. As elkeen van ons soos Bennie en sy span ons roeping uitleef en ons onderskeie gawes op verskillende terreine aanbied om krisisse in ons samelewing te pak, is geen uitdaging onoorkombaar nie.” Mense kan steeds skenkings aan AfriForum se Trauma-ondersteuningsfonds maak: Begunstigde: AfriForum NPC, Bank: FNB, Rekeningnommer: 623 498 983 98, Tak: Centurion, Takkode: 261-550, Verwysing: Trauma-ondersteuningsfonds Die Trauma-ondersteuningseenheid lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldmisdaad – veral slagoffers van plaasaanvalle. Die eenheid is in 2015 gestig en het sedertdien uitgebrei weens die toename in misdaad en veral plaasaanvalle. Die eenheid het al 238 mense ondersteun, waarvan 38 kinders is. Die eenheid verskaf ook kos aan behoeftige slagoffers en bied ondersteuning met byvoorbeeld basiese mediese uitdagings, die voorsiening van klere, ondersteuning tydens hofsake, die afneem van verklarings en, in sekere gevalle, die nodige sielkundige ondersteuning. Kontak trauma@afriforum.co.za vir meer inligting.

AfriForum wil die volgende borge bedank vir hul ongelooflike bydra tot ons veldtog: Gastehuise: Naguiltjie Gastehuis (Villiers); Poelanie’s Gastehuis (Reitz); Lavender Hill Country Estate (Bethlehem); Forget-Me-Not Gastehuis (Bethlehem). Ondernemings: Potato Pride; Ensign Storage Solutions; Romans Pizza (Bethlehem); InteliGro; AgriSeker Onderskrywingsbestuurder; Raman Dhaya Wholesalers; Niin's Health and Skin Care (Bethlehem). Fisioterapeute: Lindie van Tonder (Reitz); Laura Naudé (Reitz); Martine Janse van Rensburg (Fouriesburg); Sanette Corbett (Fouriesburg). Skole: Hoërskool Witteberg; Hoërskool Reitz; Hoërskool Wilgerivier; Bambi Kleuterskool; Fouriesburg Intermediêre Skool. Donasies: JJB Bester van Niekerk Boerdery; AfriForum Finansies; Dr. Kritzinger van Bethlehem.


ACTUALITY | AKTUALITEIT

0ctober 25 – November4, 2019

| MEESTER

|7 Deur Danie Cronjè

| ENVIROMENTAL

Vincent Geldenhuys

| VIR DIE REKORD

Hierdie end kry.

moet

nou

Oogkundiges, julle het verseker die nommer een loopbaan vir die toekoms, want hierdie wereld gaan nodig he om hulle oe oop te maak en hulle brille aan te sit om werklik te besef wat deesdae aangaan. Dit gaan absoluut my verstand te bowe, 1.5 miljoen mense kan ‘n petisie teken om Area 51 te storm om uit te vind wat hulle daar wegsteek en of daar groen mannetjies rond hardloop, maar die oomblik wat probleme soos verkragting of moord op vroue en kinders plaasvind, is almal stil. Niemand wil daaroor praat nie, want die onderwerp is of te sensitief, of te ongemaklik om op te bring in die geselskap. Maar ek is keelvol hiervoor. Speak up, en groei ‘n blerrie ruggraat. Elke 26 sekondes word daar ‘n vrou verkrag in Suid-Afrika, elke 26 sekondes. Dit beteken daar word daagliks omtrent 3323 vroue verkrag in ons kosbare land. En ons besef dit nie eers nie, ons weet nie eers van al die gevalle nie, want nie almal se stories maak headlines nie. Uyinene, hoekom moes jy met jou lewe betaal net sodat ons as ‘n land kan wakker skrik en besef die erns van die saak en wat eintlik hier aangaan? Jy is nie die eerste vrou wat verkrag is nie, en al breuk dit my hart om te se, gaan jy ook nie die laaste een wees wat so verneder word nie. Ons leef in ‘n reenboog nasie, maar waar is die reenboog? Dit voel vir my of dit net donker wolke is wat drom oor ons land en die sprankelinke belofte wat gepaard gaan met ‘n reenboog is nerens te vinde nie. Ons het nie eers repek vir mekaar nie – ongeag geloof, geslag of ras. Ek is jammer om hierdie in sulke reguit woorde te se, maar mans, waar is julle? Is julle te bang om ‘n opinie te lig of om vir die “minority” op te staan, want jy is bang jou reputasie kry ‘n hou weg. Tupac het gese, “Ons almal kom van ‘n vrou af, so ons het geen reg om disrespekvol teenoor een op te tree nie.”. Maar dit wil vir my lyk of ons nogsteeds in die “misogynistic” era leef. Waar vrouens nie ‘n se het nie en dit okay is om jou hand vir haar te lig. Dis in die eerste plek glad nie hoe respek af gedwing moet word nie. En in die tweede plek is dit net onmenslik. As jy ‘n begeerte het om ooit jou hand vir ‘n vrou te lig, beter dit net vir ‘n high-five te wees en nooit om haar te tugtig nie. Want dan, dan word jy ‘n lafaard, en jy’s dan nie eers mans genoeg om iemand van jou eie krag of portuur aan te vat nie. Ek dink die groot rede hoekom geweld nogsteeds plaasvind is oor die hoeveelheid respek wat ons verloor het vir mekaar. Ons het dan nie eers respek vir die planeet waarop ons bly nie, ‘n planeet wat nog net goed was vir ons en nog nooit ‘n woord terug gese het nie. Hoe kan daar verwag word dat ons vir mekaar respek moet toon? Dis tyd dat ons, ons “big boy pants” aantrek en begin saamstaan om hierdie kwessies teen te veg. Ons kan almal maklik saam kla as ‘n politieke leier nie volgens ons note dans nie, maar jy hoor net krieke die oomblik as daar gevra word dat ons moet saamstaan om teen ‘n stryd te baklei wat in allerdaagse huise plaasvind. Agter geslote deure. Ek wil hierdie taak rig aan die kamstige “influencers” van die land, of nee wag, die wereld. Jy met jou honderd duisend plus followers, laat julle trompette geblaas en julle stemme gehoor word – vir die wat nie meer ‘n stem het nie. Vir die wat met hulle lewens moes betaal. Lig julle stemme, sodat die vroue wat deur hierdie gruwel dade beinvloed word nie net nog ‘n statestiek word nie, maar dat daar werklik ‘n verskil gesien kan word in die manier hoe ons mekaar gaan behandel. Veral mans teenoor vrouens. ‘n Vrou is wonderlik, hulle kan ‘n lewe in hulle kweek vir 9 maande lank en in liefde groot maak. Dis die groot rede hoekom seks daar is, om liefde te beklemtoon en lewe te skep. Nie vir ‘n simpel, hormoon belaaide man om sy grillirige dade op haar af te dwing nie. “Sounds the call to come together, and united we shall stand. Let us live and strive for Freedom in South-Africa our land.”. Hierdie woorde is deel van ons volkslied. Ons is die volk. Kom ons volg die lirieke en wees die verandering wat ons wil sien Vincent Geldenhuys is ‘n erkende rubriek skywer wat tans aan die Universiteit van die Vrystaat sy graad in Menslike hulpbronne voltooi.

| WAT ‘N FOTO

7 reasons to grow Spekboom in your garden

Die Merino skaap, Chris wat die wêreld rekord gestel het vir die skaap met die meeste wol is verlede week dood. Die eienaars het die aankondiging op 22 Oktober gemaak . Chris is in 2015 uit die wildernis gered en 41.1kg wol is van hom afgeskeer..

| HEUNINGDRUPPELS

My oom se motor... "Jy kan bid vir reën tot jy blou is in jou gesig, dit sal nie 'n druppel reën as die weerpatrone nie reg is nie. Daardie patrone is in die natuur ingegraveer en gebed sal nie 'n blou duit daaraan verander nie.“ Hierdie onbesonne en dwase woorde is baie jare gelede deur 'n ouderling ge-uiter tydens 'n kleingroep byeenkoms. Iemand het hom egter herinner daaraan dat die Here besluit wanneer dit reën en wanneer nie, en ons moet ons verootmoedig voor Hom en smeek vir reën, en op die bestemde tyd sal dit val. 2 Kron. 7:13 - 14 "As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.“ Kyk mooi na hierdie bygaande foto, en probeer vir 'n oomblik dink wat hier gebeur. Ek ken nie die geskiedenis hiervan nie, maar ek het emosioneel geraak toe ek hierna kyk, en besef dat menige boere daagliks in hulle dor lande en by hulle diere wat gevrek het, gaan sit en bid en huil in hulle hande. Daardie tyd wat nóg 'n oes misluk het, en nóg derduisende rande se insetkoste verlore is. Sodat ek en jy kan eet, soos wat jy en ek vandag geëet het uit die hand van 'n boer wat waaragtig deur hel gaan om daardie kos op jou tafel te kry. Nie eers te praat van die gevaarlike toestande en onbesonne uitsprake van die regering nie. Wil jy nie 'n punt daarvan maak om daagliks vir ons boere te bid nie? En wanneer jy bid voor ete (ek hoop jy doen dit nog), nie net "segen Vader" of iets soortgelyks blitsig aframmel nie. Kom ons bid daagliks vir ons boere, ook tydens ons gebede voor ete, kom ons smeek daagliks vir reën en kom ons draai terug na die Here toe. Hou ons nie dalk self die reën weg nie? Jy ken die immergewilde liedjie "My oom se motor is 'n ou masjien". Die liedjie vertel van die oom wat swaargekry het op die plaas, dit vertel van sy ou motor en die motortenk vol dieselien en van die droogte op die plaas. Die bankbestuurder skud net sy kop en staan nie 'n verdere lening toe nie en die oom ry moedeloos in die lande in en dan hoor jy die enjin se klak-klak-klak. Dan is die oom se oë toe want hy kon net nie meer nie. Daar in die landery het hy 'n einde aan alles gemaak, daar in sy motor. In sy laaste afskeidsbrief stuur hy (seker onder andere), groete aan Mannetjies Roux. Die droogte het hom geknak. Het jy geweet dis waaroor dis liedjie gaan? Ek dink vele boere stap hierdie hartseer pad. Kom ons bid soos nog nooit tevore nie. Hier volg die lirieke van die liedjie. Stuur groete aan Mannetjies Roux My oom se motor is 'n ou masjien, Hy maak dit vol met dieselien, En hy sing in die strate as hy ons kom sien. My oom is oud en ek is skaars dertien My oom drink koffie en my tannie tee, Ek vra oor die reën en hy sê ja-nee En hy drink soet koffie met sy een oog toe, En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux O stuur ons net so 'n bietjie reën, My oom het 'n tenk vol dieselien En seën my pa en seën my ma, En my oom op sy plaas in Afrika Maar my oom het gesukkel op die plaas, Want die son was te warm en die reën te skaars En die man van die bank het net sy kop geskud, Want my oom, ja my oom was te diep in die skuld, My oom se motor is 'n ou masjien Hy maak dit vol met dieselien En hy ry na die lande in die oggenddou Die lande vaal en sy oë grou En as jy in die oggend in die lande stap Hoor jy nog sy motor met sy klak-klak-klak Maar my oom, ja my oom se oë is nou albei toe In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux ~ Willem Botha

Contact us Deadline Friday 17:00 Advertising 072 757 0514 Editorial 073 847 2468

Deur Willem Botha

Whether you call it Spekboom, elephant’s food or pork bush, this incredible plant with its bright green, circular leaves should be planted in every South African garden Here’s why: 1. It improves the quality of the air we breathe and helps fight climate change Spekboom (aka Portulacaria afra) is a succulent that helps fight air pollution. It has the ability to ‘sequester’ or capture four to ten tons of carbon per hectare! Essentially, it acts as a carbon sponge, absorbing carbon from the atmosphere and turning it into plant matter. Excess carbon in the atmosphere is responsible for global warming, so the more carbon we can remove from the air and return to the ground, the better. 2. Spekboom is a proudly South African plant Spekboom is indigenous to the Eastern Cape where South African elephants consider the plant a delicacy. 3. It’s water wise No time to water your garden? Spekboom is a water-wise plant that’s ideal for low-maintenance gardens. This drought-resistant plant can survive on just 250-350mm of water a year! 4. Suitable for all seasons and weather conditions Spekboom has a photosynthetic mechanism which allows it to adapt to both rainforest-like conditions and semi-arid conditions, making it incredibly adaptable and suited to almost any garden. 5. It’s easy to grow Spekboom is easily propagated, which is great news for budget gardeners. Simply cut or break off a piece of a spekboom, let it dry out for one or two days and then stick it in the ground. Give it a little water every few days. 7. You can even eat it We’re not suggesting you chow down on a plate of spekboom, but it is edible and apparently has a light, citrussy flavour. If you ever find yourself hiking through the Karoo, you can suck on a leaf – they are traditionally used to treat exhaustion and dehydration. Courtesy: Monique Warner – All4Women The post 7 Reasons to plant spekboom in your garden appeared first on All4Women.

Code of Conduct

Copyright

This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby Reserved In terms of the copyright act.

The reproduction or broadcast without written permission of any material published in REKORD and its supplements is forbidden and expressly reserved to RMP, under section 12(7) of the Copyright Act. 1978 and any amendment thereof. REKORD is published by REKORD MEDIA FS .


8|

COLUMNS

| KLITSGRAS Jou Klitsie was onlangs die slagoffer van wat ek die "spons peleton" noem. Klitsie is 'n vrygewige mens en ten spyte wat ons "2 vriendinne" in die dorp dink het ek ook 'n hart en gee ek ook. 'n Maand of twee gelede het jou Klitsie op een of ander manier bevriend geraak met tannie Spons wat iewers in die dorp woon. Waar weet ek nie mooi nie maar wat ek wel weet was dat die se Nokia 1100 en die klere my genoop het om tog 'n paar randjies te gee en tannie Spons uit te nooi om 'n paar kledingstukkies te kom kry omrede ons so om en by dieselfde size klere dra. Sy was die dieselfde dag daar. Oom Spons het saam gekom en nie die geleentheid laat verbygaan om die koffie te aanvaar wat ek aanbied nie. 6 koppies later is die weg met klere en beloftes om weer te kom kuier. Die kuier het meer Sponse na vore laat kom en Klitsie se blik Ricoffy het daardie dag al slukkend gesneuwel. Soos 'n damwal wat breek word die kuiers amper 'n daaglikse storie behalwe as daar 'n begrafnis is (want die kos is mos gratis) Hier en daar 'n gunsie met 'n belofte van dit sal wel terug gegee word. Nooit terug gekom nie maar Klitsie het aanvaar dat die kanse vir die belofte om nagekom te word skraler is as Zuma wat besluit om reg te tel. 'n Paar weke later lyk jou Klitsie soos die tante wat agter die gordyn die wel en wee van die bure se doen en late in die straat dophou. As 'n spons gewaar word, word al wat lig en foon afgesit en die klop aan die deur word ten alle koste geignoreer. Klitsie word maer want die trip winkel toe waar "shopping" 'n plesier was word nou met 'n fyn beplande lysie van stapel gestuur en binne 'n tydsuur voltooi waarop enige Generaal trots op sal wees. Met tyd het die sponse ook maar aanbeweeg en iemand anders in die dorp bevriend by wie daar nou gekuier en lekker koffie gedrink word. Ek oordeel nie, maar ek voel my goedhartigheid is misbruik. Maar hey, dit was my keuse gewees waar ek op die harde manier geleer het.

| KITCHEN DELIGHT

|

RUBRIEKE

October 25 – November 4, 2019

WITH THANKS TO JULES MERCER FOR HER BEAUTIFUL RECIPES AND STYLING

Mushroom & Taleggio jaffle Ingredients (makes 4 jaffles): 150g wild or any type of mushrooms, roughly chopped 2 Tbsp butter 8 slices bread 1 tsp thyme leaves 200g Taleggio cheese Parsley or basil (optional) Method: 1. Melt the butter in a saucepan and fry the mushrooms for a few minutes until cooked through. Remove from the heat and stir through the thyme. 2. Slice the Taleggio cheese (don’t worry about the rind, it’s perfectly edible and tasty). 3. Place a slice of bread on each side of the open jaffle iron. 4. Fill one side with the mushroom mixture, cheese and a sprinkling of chopped parsley. 5. Sandwich the jaffle iron shut and trim any edges that stick out. 6. Place on a gas hob, braai or open fire and toast for a few minutes each side. Serve immediately with freshly ground black pepper.

| VERBRUIKERSAKE

Hoe ‘n Rand ‘n merk van verandering in Senekal laat Die lewe raak nie goedkoper nie en welsynsorganiasies moet voordurend meer fondsinsameling projekte orgganiseer om te verseker dat hulle kop bo water hou. Maar in Senekal het ‘n plaaslike besigheid met ‘n inisiatief begin om seker te maak dat die hele gemeenskap vir so min as R1.00 op ‘n slag ‘n inkomste stroom skep wat nie net hoop gee nie maar ook die ligte aanhou. Scheepers OK Supermark het sowat twee maande gelede hul kliënte begin vra om slegs R1.00 by hulle aankope te voeg ten bate van die plaaslike ENGO in die dorp. Die reaksie was oorweldigend positief gewees . Die inisiatief laat jou baie aan die “KFC give hope give R2.00” projek dink maar die feit dat jou R1.00 in jou gemeenskap terug geploeg word maak net soveel meer sin en dit spoor inwoners aan om elke keer die inisatief te ondersteun. OK Scheepers bestaan al vir jare en winkel met sy lang stoepe is

al sinoniem vir kerk verkope op meestal Vrydae. goeie diens of al dan nie gelewer het nie. Die winkel is nou betrokke by gemeenskap en is ook die hoofborg van die Senekal OK Scheepers PLUIMPIES: Redenaars wat jaarliks net van krag to krag gaan. ■ “Wanneer jy ‘n bakkie wil koop moet jy eerste by Darius van Ficksburg Toyota stop” Dis die woorde MEER OOR VERBRUIKERSAKE: van ‘n leser wat Ficksburg Toyota en Darius Steyn Die rubriek vervang die goeie diens van die week genomineer het vir goeie diens. Die leser vertel kolom. Ons wil graag elke week erkenning aan ‘n verder dat hy nog nooit in sy lewe sulke goeie besigheid in Sentraal Suid-Afrika gee wat buiten kliente diens ontvang het as dit by bakkie koop goeie diens ook ‘n verskil in die gemeenskap kom nie en dat hy Ficksburg Toyota aanbeveel. maak. Lesers kan per SMS (Slegs SMS’e sal Ficksburg Toyota het ook die jaar OVK se Toyota aanvaar word en nie WhatsApps nie) ook handelaar van die jaar toekenning verower. pluimpies en klintjies uitdeel aan besighede wat

| LAG ‘N BIETJIE Die blondine gaan binnelandse sake toe. Sy wil 'n sterfgeval registreer. Die klerk agter die toonbank kry die vorms en vra: "Oorledene se naam?" Blondine: "Petrus Johannes Botha." Klerk: "Geslag?" Blondine: "Nee,darem nie. Hy's in sy slaap dood...

MAAND TOT MAAND – GEEN DEPOSITO

CLOCOLAN Clocolan Losieshuis beskik oor ‘n kamer wat dadelik beskikbaar is vir okkupasie: Die prys sluit in: • Daaglikse skoonmaak van kamer • Wasgoed word een keer per week gewas • Gekookte ete 7 dae per week • Uncapped Internet • Meubels kan voorsien word • Veilige omgewing Elke kamer beskik oor sy eie voorafbetaalde kragboksie vir u rekening Koste per maand: R1750 per maand Kontak 073 847 2468 vir meer inligting

Clocolan Losieshuis


0ctober 25 – November4, 2019

SCHOOLS

|

SKOLE

|9

Nog n tennisster vir Truida Kestell

Annika van Rooyen, leerder van laerskool Truida Kestell het die naweek aan Tennis SA se mini "masters" toernooi in Bloemfontein deelgeneem. Sy wen die toernooi vir dogters 0/12. Baie geluk!

Die volgende leerders van Truida Kestell het baie goed presteer tydens die UNISA klaviereksamens. Voor: Niennke van Zyl (Lof 85%), Lisa Swart (Ererol 96%), Rozandi Niemann (Ererol 97%), Erné van Aswegen (Lof 88%), Christiné Bester (Ererol 91%), Agter: Giovanni Di Mezza (Eervolle vermelding 74%), Ané van Zyl (Lof 81%), Zelia Lessing (Eervolle vermelding 74%), Clarise Reynecke (Ererol 90%), Jalize Uys-Pieters (Ererol 92%), Lisa Rautenbach (Ererol 95%), Anika de Jager (Lof 82%), Jaco Botha (Lof 88%), Carli Claasen (Eervolle vermelding 78%), Nerida de Beer (Eervolle vermelding 71%), Ilze Botha (Ererol 93%) Baie geluk!

Truidjies van Bethlehem Karate Klub het die afgelope naweek aan die Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Die volgende karatekas het uiters goed gevaar: Beginner Afdeling: André Joubert - Brons Kumite (afwesig op foto) Ruan van Zyl - Brons Kata, Brons Kumite Ontwikkeling Afdeling: Julia de Klerk Silver Kata, Brons Kumite Hanré Dreyer - Goud Kata, Silver Kumite Jelle Verhoeven – Silver Kumite

Baie geluk aan ons OPE B Dogters tennisspan van laerskool Truida Kestell wat hulle liga gewen het. Foto: Luné Amaro, Anja van Zyl, Emsuné Bertram, Zelné Bartleman.

Die volgende leerders van Truida Kestell het baie goed presteer in die Vrystaat en Noord-Kaap Wiskunde Uitdaging. Voor: Luné Amaro 80%, Zanicka Maree 80%, Marisia Craven 84%. Agter: Zilni van Wyk 88%, Annika van Rooyen 84%, Marilie Terblanché 80%, Inge Crous 84%, Susan Bender 80%, Carli Reynders 84%, Nitesh Nariandas 84%, Mignon Thomas 88%, Nerida de Beer 84%. Baie geluk!


10 |

ADVERTISEMENT

|

ADVERTENSIE

October 25 – November 4, 2019


0ctober 25 – November4, 2019

ADVERTISEMENT

|

ADVERTENSIE

| 11


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.