FREE!
17 JUNE 2022
072 757 0514
info@veldbrandmediasa.co.za
Nketoana
Veldbrand
REITZ | PETRUS STEYN | LINDLEY
LOCAL. USEFUL. DIGITAL COMMUNITY NEWSPAPER
Versprei die nuus so vinnig soos ‘n
Veldbrand Uniek en eg Suid-A frikaans trek jou gunsteling REKORD koerant vandag ‘n nuwe baadjie aan. Na 8 jaar en 4 maande het die uitgewer van die koerant, Rekord Media kennis gegee dat as gevolg van botsende belange met nog ‘n mediagroep in Suid-Afrika met dieselfde naam is daar besluit dat die Rekord voortaan as Veldbrand sal bekend staan. Die besluit is geneem nadat beide mediagroepe ooreengekom het dat dit in beide se beste belang sal wees. ‘n Int ressante feit is dat die naam Veldbrand oorspronklik in die begin die naam sou wees waarmee die koerant sou begin het maar weens die feit dat daar toe reeds ‘n koerant met die naam Veldbrand was is daar op Rekord besluit. Verlede week het die voormalige eienaar Annelie Dreyer van die Veldbrand koerant wat in Bothaville en omgewing handel gedry f het die groen lig gegee dat die groep nou die naam kan gebruik nadat die koerant in 2016 sy deure gesluit het. Die verandering in naam stel die groep nou in staat om sy uitbreidingsplanne ten volle te laat realiseer en het reeds
aangekondig dat verskeie nuwe titels in Gauteng, NoordWes en Kwazulu-Natal geopen gaan word. Teen volgende week sal daar 76 weeklikse digitale Veldbrand koerante wees. Al die koerante word in Clocolan in die Vrystaat saamgestel en bestuur. Verskeie voormalige Rekord koerante is ook gedurende die tyd saamgesmelt om meer waarde vir lesers en adverteerders te ontsluit. Lesers kan uitsien na meer nuus en rubrieke met verskeie bylae wat oor die volgende vier weke bygevoeg gaan word en deel van die koerant se aanbod gaan vorm. Veldbrand is en sal altyd ‘n gratis publikasie bly en die beste opsies vir maksimale blootstelling vir adverteerders bied. Kontak Kleintjie Koen by 072 757 0514 vir ‘n advertensie en ont vang 50% afslag op enige advertensie vir die eerste maand! Veldbrand se nuwe webtuiste sal ook binnekort geloods word. Die uitgewer se naam word ook verander na Veldbrand Media SA. - Lebohang Tlaba Veldbrand Groep Redakteur
Die kerkgebou van die NG gemeente Reitz. Foto: Wikipedia
AfriForum se Reitz-tak reorganiseer Lees meer op Bldsy 2
INTERNET SOLUTIONS R199 Activation Fee applicable – Coverage dependant – E&OE