REITZ, PETRUS STEYN & LINDLEY REKORD

Page 1

Rekord 21 January 2022

072 757 0514

rekord@rekordmediafs.co.za

NOW YOU KNOW!

REITZ | LINDLEY | PETRUS STEYN

Man kry 12-jaar gevangenisstraf na die moord op sy vrou PETRUS STEYN | CORNÉ VAN NOORDWYK

“Ons kan nie in 'n samelewing leef waar vroue deurlopend die slagoffers van mishandeling word nie.”

’n Man is onlangs in die Bethlehem-landdroshof tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy vrou by ’n begraafplaas in Mamafubedu naby Petrus Steyn. Thabiso Motloung (40) is skuldig bevind aan die moord op sy vrou in Desember 2021. Volgens die getuienis wat voor die hof geroep is, is die polisie van Petrus Steyn op die dag van die voorval om 16:15 die middag na die begraafplaas ontbied deur lede van die gemeenskap wat het die liggaam van 'n vrou tussen die grafte sien lê het. Met die aankoms van polisiebeamptes het hulle die lyk met kneusplekke en steekwonde aangetref. Die slagoffer, Puseletso Motaung (28), van Mamafubedu, is op die toneel dood verklaar. 'n Moorddossier is vir ondersoek geopen, en 'n week later is die slagoffer se man in hegtenis geneem. Luitenant-

generaal BB Motswenyane, provinsiale polisiekommissarisse, het gesê geen geslagsgebaseerde geweldsmisdade sal ongestraf bly nie. “Ons kan nie in 'n samelewing leef waar vroue deurlopend die slagoffers van mishandeling word nie. Ek wil die ondersoekbeampte bedank dat hy met harde werk en lang ure, verseker het dat die beskuldigde in hierdié spesifieke saak uiteindelik agter tralies sit. As polisie sal ons die stryd teen geslagsgebaseerde geweld intern en ekstern deurlopend voortsit, met die hulp van misdaadbewusmaking, wat gelei sal word deur die SAPD se ‘Women Network & Men for Change’ veldtogte wat beplan word in die provinsie,” het Motswenyane gesê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
REITZ, PETRUS STEYN & LINDLEY REKORD by Veldbrand Nketoana - Issuu