06 Aug 2021 | Edition 28 - 2021 | rekord@rekordmediafs.co.za | 072 757 0514
Nketoana NOU WEET JY ● NOW YOU KNOW
FOTO: Een van die deelnemers wie se foto VKB op hulle Facebook-blad gedeel het.
DIE VKB GROEP MAAK VROUEMAAND EKSTRA SPESIAAL REITZ: Augustus is Vrouemaand en VKB hou daarvan om vroue spesiaal te laat voel. Talle van VKB se lede is vroue wat self hul “vrou” aan die hoof van hul plaas staan, en die ander is die spreekwoordelike vroue agter die suksesvolle manne in VKB se bedieningsgebied. Daarom bied VKB vandeesmaand aan alle vroue die geleentheid om die een produk waarheen hul voete gereeld vanself loop wanneer hulle ’n VKB-tak besoek, binne hul bereik te bring. Volgens die VKB-goep se Facebook blad kan
jy deelneem aan hierdie kompetisie deur die volgende te doen: Neem ’n foto van jouself by daardie produk wat jy so graag wil hê, laai dit op sosiale media en “tag” VKB Landbou sowel as die persoon wat miskien daarvan sal hou om die spesifieke produk vir jou as geskenk te koop. Gebruik die hutsmerk #MyVKBwhishlist daarby en jy staan ’n kans om R5 000 te WEN as deposito op die produk. Besoek gerus hulle blad vir meer inligting.