1 minute read

Semantiese skuiwe

Next Article
Aardbewoner

Aardbewoner

Etimon: ‘n vroeёr vorm van ‘n woord in dieselfde taal of ‘n voorouertaal, of ‘n woord waaruit ander woorde afgelei word.

Die semantiese verbintenis tussen die etimon en sy spruite kan baie logies wees, byvoorbeeld Proto-IndoEuropees *nas- “neus”: Ou Indies nāsikā “neusgat”, latyn nāris “neusgat”, waar die betekenis uitbrei van HELE (neus) na DEEL (neusgat) MENSLIKE (‘neus’) > NIE-MENSLIKLE > DIER (‘snoet’).

Advertisement

Die semantiese verbintenis kan vaag word, bv PIE *akʷā- “water” > Oud-Hoog-Duits aha, Duits Ache “rivier; stroom” ; VLOEIKANAAL (Latyn aquaduct “kanaal”); NEEM VLOEISTOF (Nesili ekuzi “hy/sy drink”); OMRING DEUR WATER (Sweeds ö “eiland”; Ou Yslands ey “eiland; veld”); MITOLOGIESE HELD (Ou Yslands Ǽgir “God van die see”).

Die Boriese stamme se betekenisvelde versprei in alle rigtings wanneer hulle reflekse in lewende tale verskyn, byvoorbeeld WVTV met die konseptuele betekenis van spraak kan betekenisse dra soos /resiteer/, /sing/, /lees/, /skel/, /roep/ en /vertel/.

Eurasiaties *watV /praat/ word in Oeralies *wa[t]V /woord/ en in Indo-Europees *wod- met die betekenisse /praat/, /sing/ en /skel/, en in Neshili uttar /woord/. Dit klink nogal soos Afrikaans /uiter/. Proto-Afro-Asiaties *wat- beteken /roep/ en /praat/ en meer.

CVWV (2) met die konseptuele betekenis van sê en klank kan betekenisse dra soos /bevestig/, /duidelik word/, /prys/, en /belowe/.

Eurasiaties *čVwV, Afro-Asiaties *cVway/H, en Eurasiaties *čVwV, Altaïes *č`ābuen Kartveels *caw. Indo-Europees *stew- en *(s)teubh- beteken /aanprys/ en /bevestig/. Reflekse sluit in Neshili isduwa /helder word/, Ou Indies stáuti en stávate /aanprys/ en Avestan staoiti /aanprys/. Proto-Afro-Asiaties *cVway/H /praat/ en /skreeu/ word in Egipties swhy /gil/, en *s/cay- in Wes-Tsjadies vir /sê/ en /spraak/.

Van Boriese konsepstam tot refleks

HVPV mond, praat mond, praat, plaas in mond, gaap, oopmaak

PVTV noem, roep sê, noem, praat, vertel, vloek

KVRV roep

MVLV sê, bid roep, blaas, ruik, inasem, vra

sê, vra, bedel, belowe, aandui

TVPV vra, roep vra, roep, praat, antwoord, hoor

This article is from: