
1 minute read
Slotsom
Die grootste mate van ooreenkoms in semantiese kenmerke word op die vlak van die makro-taalfamilie gevind. By kleiner groeperinge vind differensiasie plaas weens geografiese, kulturele en historiese faktore. Die Boriese konsepstamme is hoogs verwysend en dus doeltreffend om basiese konsepte oor te dra. In hulle ontwikkeling word die protokonsepte uitgebrei deur middel van onder meer metonimie en metafoor, wat verskuilde betekenisse aan die lig bring.
Klanksimboliek speel ‘n rol; verskillende semantiese kenmerke word deur spesifieke fonetiese vorme uitgedruk, byvoorbeeld die idee van dowwe of donker kleure neem ‘n stemdraende konsonant soos /b/ terwyl skerp of helder kleure die skerper, stemlose /p/ verkies.
Advertisement
Van Bories na die prototale is die semantiese skuiwe eenvormig, maar die spesifisiteit daarvan neem toe van die makrofamilie na die familie, en van die familie na die taalgroep. Die afstand van die kern of oorsprong af beïnvloed dus die aard van semantiese skuiwe – hoe verder van die bron, hoe meer uiteenlopend.