
1 minute read
Skyn en skadu
‘n Analise van 14 Boriese konsepstamme wat “skyn” beteken, lewer ses kenmerke op in die makrofamilies: • skynende voorwerp • lig/helder • wit/bleek • dag, oggend, daglig • sien, verskyn • vrolik, aangenaam, gaaf
Byvoorbeeld *HVLV “lig; skyn” word in die Nostratiese tale voortgesit: Eurasiaties *HVLV “lig; skyn” > Altaïes, ilān “maan”, Afroasiaties > Semities, Arabies hilāl- “nuwemaan”; sowel as in Amerindies (*ali “son”), NigerKongo (Proto-Ntu *-yédì “maan”).
Advertisement
Die semantiese reflekse volg die roete: skyn > ligbron; en ontwikkel betekenisse soos “maan”, “son”, “ster”, “konstellasie”. ‘n Tweede rigting is: “weerlig”, “vuur”, “vlam. ” Bories *CVLV “skyn” word Austries *qusila “weerlig”; PIE *leuk“skyn” > Proto-Germaans *leuh-/lauh- “lig”, Goties lauhmuni “weerlig” .
Die semantiese skuiwe kan teenoorgestelde konsepte voortbring: Die Boriese konsepstam CVJV “skyn” > Eurasiatiese *c`ajV “skyn”> PIE *skāi-/skǝi-/skī- /glinster, glimmer, glans/ kan in enige rigting beweeg, byvoorbeeld Afrikaans /skyn/, /skim/, /skemer/ of Engels /glitter/ vs /gloom/ en /glum/. (Die teenwoordigheid van lig of die afwesigheid van lig).