
1 minute read
Aardbewoner
Baie Indo-Europese tale het ‘n woord vir “mens” wat op “aarde, grond, klei” berus: o Kelties *gdonyo- (Iers duine ‘persoon,’ Wallies dyn ‘man’) < *dʰɡʰom-yoo Germaans *guman- ‘man’ (Engels [bride]groom]) ; < *dʰɡʰm-mono Latyn homō, hominis ‘persoon’ < *dʰɡʰm-on- (ook hūmānus)
Die onderliggende stam met sy oorspronklike betekenis kom ook gereeld voor: o Kelties *gdon- (Ou Iers dú, don ‘plek’) < *dʰɡʰomo Latyn humus ‘grond’ < *dʰɡʰom-o, humilis ‘naby die grond’ < *dʰɡʰem-el-i-
Advertisement
Dieselfde afleiding van “mens” uit “aarde” bestaan in die Semitiese tale, byvoorbeeld Hebreeus: ם ָד ָא ɔādām ‘man, Adam‘ van ה ָמ ָד ֲא ɔădāmâ ‘grond.’ (Die onderliggende stam ɔ–d–m beteken ‘rooi’).
Dis nie die enigste stam in hierdie verband nie. Grieks anthropos ἄνθρωπος “mens” dui op “aarde, grond, onder, bodem” uit die Boriese konsepstam TVHV aarde met die Proto-AustroAsiatiese vorm *tɛj aarde.
In die Niger-Kongo-familie vind mens die bekende stam * -ntu vir mens in Proto-Ntu, en *taw in Proto-Austronesies, wat met Proto-Indo-Europees *ndho ooreenstem, wat onder, onderkant beteken.
Proto-Afro-Asiaties het *tVʔ vir ‘n tipe grond, en dieselfde prototaal het *duḥ vir laag, terwyl Egipties t3 aarde beteken en dḥ na laag verwys.
In Khoesan is “Tuu” die naam van die suidelike taalfamilie en die woorde tā en tū beteken persoon in verwante Tuu-tale. In die noordelike Kx’a-familie is dit *žu persoon.
Proto-Dené-Sino-Kaukasies *dVHV, Proto-Sino-Tibetaans *diə:lH bodem en Chinees tə:jʔ basis of wortel.