Worcester Standard & Gazette E-Edition 10 April 2025

Page 1


R

Inbrekers by in hulle ingebreek gestel taal negatiewe gradering en moet om Chester onderwyser,

Nuwe leiding in Robertson

Die Robertson-polisie het ’n nuwe bevelvoerder nadat kol Norman Davids die leisels in Maart oorgeneem het

Sy voorganger, brig John Alexander, is bevorder en as die bevelvoerder by die Kraaifontein-polisiekantoor aangestel

Kol Davids is ’n boorling van Stellenbosch, maar woon reeds sedert 2017 in Robertson nadat hy destyds as die hoof van sigbare polisiëring aangestel is Dié hardwerkende polisiebeampte wou van jongs af in die polisie dien

“As kind reeds het die uniform en die polisiemanne se passie vir hul werk my beïndruk,” sê hy

Sy visie is om ’n beter vennootskap met die Robertson-gemeenskap te vestig, sodat alle soorte misdaad vermind-

er kan word Hy wil graag die misbruik van drank en dwelms aanpak en die jeug lê hom na aan die hart “Ek wil uitreik na ons gemeenskappe en luister na wat hulle te sê het – veral die jongmense Dwelms en drank steel hul toekoms Wie weet wat hulle nog eendag kan bereik as ons hulle leiding gee en ondersteun Daar is so baie geleenthede vir jongmense in ons land,” sê hy

“Groot dank aan brig Alexander vir sy leiding – hy was ’n uitstekende leier Ek is baie dankbaar vir elke liewe een in die polisie en die gemeenskap wat my ondersteun en my hand versterk ” Kol Davids, ’n pa van twee en oupa van vier, bly fiks deur tyd in die gimnasium deur te bring Maar tyd vir homself is min Sy werk is sy passie

“In die 37 jaar wat ek as polisieman dien, het ek nog nie een oggend opgestaan en negatief gevoel oor dit wat ek doen nie ”

Kol Norman Davids, die nuwe bevelvoerder van die Robertson-polisie

Oplossings vir wateruitdagings

Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het vandeesweek met senior amptenare van die departement van plaaslike regering en die Witzenberg- munisipale raad vergader om uitdagings en langtermynoplossings vir die waterprobleme in die munisipaliteit te bespreek

“Munisipaliteite reg oor die provinsie staar uitdagings van verouderende infrastruktuur en vinnig groeiende bevolkings in die gesig Die verskaffing van watersekuriteit aan inwoners bly ’n topprioriteit en dit kan slegs deur langtermynbeplanning, harde werk en noukeurige begroting bereik word,” het Bredell gesê Trevor Abrahams, Witzenberg se burgemeester, het bevestig dat die munisipaliteit daartoe verbind is om gehalte-dienste aan alle inwoners in die gebied te lewer “Ons erken die uitdagings wat die Tulbagh-gemeenskap ervaar en werk aktief saam met alle relevante departemente en belanghebbendes om te verseker dat hulpbronne doeltreffend gebruik word om diensleweringskwessies die hoof te bied Ons sal deur groter samewerking en deursigtige kommunikasie sal volhoubare oplossings nastreef, wat die lewensgehalte van ons inwoners verbeter ” Bredell het verseker dat Tulbagh se drinkwater veilig vir menslike gebruik is Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sowel as die Witzenberg-munisipaliteit het onafhanklike toetse uitgevoer om dit te bevestig

Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het vandeesweek met amptenare van die Witzenberg-munisipaliteit vergader om die streek se waterprobleme aan te spreek.

Die verkleuring van die drinkwater, waaroor sommige inwoners besorg is, word veroorsaak deur die natuurlike sedimentasieproses van Tulbagh se Waverenskroon-dam, wat in 2023 gebou is en steeds stabiliseer Die munisipaliteit het ingegryp deur sy bestaande sandfilters te herstel en ’n nuwe hoëdrukfiltrasiestelsel aan te bring, wat sy waterbehandelingsvermoë sal verbeter.

Verder het die munisipaliteit 10 werkers deur die uitgebreide openbarewerkeprogram aangestel om met ’n skoonmaakprojek in Tulbagh te help, met spesifieke fokus op gebiede rondom waterlope en waterinfrastruktuur

Die departement van plaaslike regering ondersteun die Witzenberg-munisipaliteit met die ontwikkeling van ’n reaksieplan om die huidige uitdagings te pak, sowel as langtermyninisiatiewe om watersekuriteit en -gehalte vir inwoners te verseker

Biblioteek vergemaklik dienste vir Unisa-studente

Die lewe het vir Unisa-studente aansienlik makliker geword nadat die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) en Unisa ’n memorandum van verstandhouding onderteken het. Unisa, wat meer as 400000 afstandsonderrigstudente het, is die grootste van sy soort in Afrika en die oudste afstandsonderrig-universiteit in die wêreld Dit word as een van die mega-universiteite in die wêreld gereken, lui ’n verklaring van die BVM.

Die verstandhouding hou verskeie voordele vir studente in. ’n Unisa-bibliotekaresse sal gereeld besoek aflê en studente help om akademiese biblioteekmateriaal op te spoor, om aanlyn materiaal af te laai en om fisieke biblioteekmateriaalbronne aan te vra. Die studente se biblioteekmateriaal kan nou ook na die Worcester-biblioteek gekoerier word en studente hoef dit nie op eie koste te koerier nie. Die student kan die materiaal gebruik om die taak af te handel en dit aan die Worcester-biblioteek terugbesorg, wat dit aan Unisa se Pretoria-biblioteek sal terugstuur.

Die Worcester-biblioteek sal sy rekenaars met internettoegang beskikbaar stel vir Unisa-studente om hul navorsing vir take en studies te kom doen en rekenaars sonder internet kan gebruik-

Advokaat Mandisi Planga, ’n oud-Unisastudent en die BVM se Direkteur van gemeenskapsdienste onderteken die memorandum saam met Unisa se Kaapse streekdirekteur, Nkgoang Motale Foto: Breedevallei-munisipaliteit

word om take te tik. As ’n groot genoeg groep studente navore kom om ’n aanlyn afspraak met hul professor te maak, kan hulle die biblioteek se geriewe gebruik. Unisa sal ook die plaaslike biblioteek se personeel help oplei Dié stap beteken studente hoef nie die biblioteek in Parow op eie koste te besoek of weke lank vir boeke uit Pretoria te wag nie.

Katte by brandweer geskuif

Ronél van Jaarsveld

Twaalf vrylopende katte is onlangs uit die omgewing van die brandweerstasie

Dis noodsaaklik om ‘n geakkrediteerde finansiële adviser te raadpleeg om jou te help met van die belangrikste finansiële besluite van jou lewe. Ons bied jou holistiese advies om jou te help om jou finansiële doelwitte te bereik, volhoubare welvaart te behaal en gemoedsrus te verkry Ons bied jou ‘n omvattende reeks produkte en dienste om jou te hep om jou finansiële doelwitte op elke stadium van jou reis te bereik. Dit dek al jou behoeftes - van persoonlike inkomstebeskerming kort- en medium-termynspaardoelwitte en aftreebeplanning tot die kommersièle behoeftes van jou besigheid. Kontak ons by Verifin BlouSter vir professionele finansiële advies

Kry die finansiële advies wat iy nodig het .

G

Johan Agenbag 082 894 1957 Erik du Plessis 082 326 7923 Gert van der Vyver 083 231 7506

Philip Barnard 084 515 2468

Cumpsty 081 381 6892 Lindie Steenkamp Korttermynversekering 082 224 0604

Gouws Korttermynversekering 082 393 9465

Mostert Korttermynversekering 082 881 1359

Ekspo is terug!

“Ooh, kan nie wag vir die ekspo nie; het só lekker by die laaste een gekuier,” skryf een van die Winelands Autumn Expo se Facebook-volgelinge.

En wat is daar nie om van te hou nie?

Die Winelands Autumn Expo keer op 30 en 31Mei terug na die Hoërskool Montana se pragtige sportterrein in Worcester

Die sukses van die 2024-ekspo was duidelik uit die aantal besoekers wat die verskillende geure en lewendige kultuur van die Kaapse Wynlande geniet het

Meer as 100 verskaffers het bekroonde wyne, spiritualieë, kulinêre lekkernye en kunswerke vir die meer as 2500 besoekers aangebied

Daar was ook hope vermaak met topmusikante soos Die Heuwels Fantasties, Jeod House, Tarryn Lamb en Emo Adams, wat die gehoor aan die dans gehou het Vir die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en sy vennoot, die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), is die primêre doel om die diverse aanbiedings van die Kaapse Wynland-distrik ten toon te stel en ’n omgewing te skep wat bevorderlik is vir volhoubare ekonomiese groei

“Ons doel is om gemeenskappe op te hef en ’n ruimte te skep waar entrepreneurs van die streek hul produkte vir die publiek kan uitstal, wat ’n wegspringplek in hul groei bied ” sê dr Elna von Schlicht die K

BK Weltevrede Bonnievale, tion 2025, Baxter an only these remains rica. based from vice, The

Autumn Expo kan vanjaar uitsien na ’n wyer verskeidenheid aanbiedinge

Die ekspo sal die beste plekke om te bly en te verken, venues om in te vier, avonture om te ervaar en produkte om te proe en te geniet, ten toon stel

Groot talente is vir vermaak op die verhoog, met Early B deel van die program Wonderlike pryse sal ook op die spel wees

Die organiseerders sien toe dat kinders se vermaak opwindend is, met toegewyde verhoogoptredes en stalletjies net vir die jongspan Ouers kan hul kinders by die afgebakende kindervermaak-gebied aflaai, waar kinderoppassers ouderdomsgepaste aktiwiteite in ’n veilige omgewing sal aanbied Die avontuuruitstallings sal alles insluit wat verband hou met die buitelewe, avontuur en reis

Hoewel herfs die goue seisoen in die Wynlande is, sal stalletjies en verskaffers onderdak wees Besoek die Winelands Autumn Expo se Facebook-bladsy vir aankondigings, insluitend oor vermaak, uitstallings en kompetisies Neem deel en geniet ’n kans om gratis kaartjies, naweekwegbreke, geskenkpakke en ander pryse te wen Maak ook seker dat jy die ekspo volg

Die kaartjies, wat alle vermaak insluit, kos R100 per volwassene, R40 vir tieners, en kinders onder 12 gaan gratis in. Veilige parkering is beskikbaar teen R10 per dag

Benoem Langebergstreek en Breedevallei se

Wie is die valleie se mees legendariese inwoners?

Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote (algemene praktyk van Ou Mutual), in samewerking met Worcester Standard & Breederivier Gazette, nooi lesers om deel te neem aan ons jaarlikse soektog na die legendes wat ’n groot invloed op die lewe van mense in ons gemeenskappe gehad het, of steeds het Vanjaar vereer ons nie net uitsonderlike individue van die Breedevallei nie, maar brei uit om die Langebergstreek in te sluit Ou Mutual wil graag erkenning gee aan individue wat na ander uitgereik het om ’n verskil in hul lewe te maak en sodoende wondere verrig het

• Só iemand moes ’n betekenisvolle ekonomiese of maatskaplike invloed op die gemeenskap gehad het;

• Kandidat kan uit verskeie sektore – onderwys, sake, sport, landbou of ander gmeenskapdienste – kom; en

• Die benoemde moet ouer as 50 jaar wees

Stuur die volgende inligting: Volledige naam en kontakbesonderhde van die benoemde;

• ’n Beskrywing van die benoemde; en

• ’n Duidelike motivering wat verduidelik watter invloed die benoemde op die gemeenskap as legndariese inwoner van die vallei gehad het

Hierdie inisiatief moedig alle inwoners aan om hul deel te doen om ons samelewing te versterk

Benoemingsriglyne:

• Die benoemde kandidaaat moet in die gebied van die Breedevallei- of Langeberg-munisipaliteit woon;

Stuur e-pos na jghallpa1@oldmutual com of lewer die benoeming af by Ou Mutual PFA se kantoor in Baringstraat 29, Malan-huis, Worcester

Die sluitingsdtum vir benoemings is 21 Mei Bel Elsophie Hill by 023 348 7915/1 met navrae

• Die suksesvolle kandidate sal in Junie by ’n glansdinee vereer word

2 PLAAT GASSTOOF, BUFFET SERVING WARMER, AIRFRIERS, WATERFILTER MET FILTERS, MESSE STELLE, VLEIS GRINDER, GASSTOFIE, JUICER, PORTABLE POWER STATION, 2 X GROOT STAINLESS STEEL POTTE, PLASTIEK TUINSTOELE, GROOT HOEVEELHEID ORNAMENTE EN GLASWARE, 4 X NUWE AIRCON BUITE EENHEDE, OPVOU

KAMP YSKAS, SPIEEL IN VERGULDE RAAM, PINE ENKELBED MET MATRAS, PINE DUBBELBED KOPSTUK MET BEDKASSIES, WAVERLEYS DUBBELBEDKOPSTUKMETBEDKASSIES WAVERLEYSBANK,RUSSIONSAMOVAR METKETEL,STAANBOOR WERKSBANK,15 DEURKAS, GASBOTTELS, KARCHER HOE DRUKSPUIT WATERPOMP COOLERBOXES, GAS GRILLER, OEFENFIETS, COMPRESSOR, HEININGSNYER, BLAARBLASER, KAMPKASSIE, TUIMELDROER, L SHAPE SITKAMERSTEL, DUBBELDEUR DEFY YSKAS, TRAPLEER, STAINLESS STEEL WASBAK, OUTOMATIESE DEFY WASMASJIEN ROBOT STOFSUIERS, VOLLEDIGE JEGOSY RYOBI GROOT

Engage with your Councillor View and discuss the draft municipal budget for the 2025–2026 financial year

On the day of the sessions listed below, officials from the Budget and IDP offices will be available at the venue from 15:00 to 19:00. They will assist the public with one-on-one consultations to review the Draft Municipal Budget and Draft Integrated Development Plan (IDP).

A presentation of the Draft IDP and Budget will take place during the community meeting at 19:00. We encourage you to share your inputs on priorities for the future capital budget of the municipality.

Late submissions will not be considered

11pedestriandeaths/week

Over the past three weeks, 33 pedestrians have lost their lives in road traffic incidents across the Western Cape, making up a significant portion of the 60 fatalities recorded during this period.

The Western Cape Government is deeply concerned about pedestrian safety, as they remain among the most vulnerable road users. These statistics paint a stark picture of the dangers on our roads and underscore the critical need for heightened pedestrian safety awareness

“It is concerning that almost 55 percent of fatalities on our roads involve pedestrians, with several more hospitalised. These incidents not only cause immense grief and suffering, but also bring economic challenges to the affected families and loved ones. Our traffic law enforcement officers will continue to help prevent pedestrian incidents by enforcing traffic laws and responding to pedestrian incidents. Upholding traffic regulations, including speed limits, signals, and road signs, can enhance overall road safety. We all have a part to play in keeping our roads safe and achieving the target of halving deaths and serious injuries on our roads,” said Muneera Allie, Head of Communication, Western Cape Mobility Department.

Factors such as alcohol consumption, jaywalking and speeding contribute significantly to the high incidence of fatalities. Compliance with traffic laws by both drivers and pedestrians is crucial for enhancing pedestrian safety.

While walking is an excellent way to exercise, travel, get to work or enjoy the outdoors, it is essential to avoid risky behaviours like crossing streets outside of designated crossings, pedestrian bridges

or dangerous highways. Such actions can lead to severe accidents, injuries, and even fatalities.

Speeding can have a significant impact on pedestrian safety. Any speed above 30km/h increases the risk of a pedestrian sustaining serious or fatal injuries if hit by a vehicle. The risk of a crash increases with the speed of the vehicle since it takes longer to stop. The driver also has less time to react to avoid a collision, or could lose control of the vehicle completely. Drivers should be vigilant and slow-down in areas of high pedestrian activity, particularly around schools and shopping centres

Safety tips for pedestrians:

• Be visible – wear bright or reflective clothing, especially at night or in lowlight conditions.

• Use designated crossings – always cross at pedestrian crossings, traffic lights, or pedestrian bridges, where available.

• Stay alert – avoid distractions such as

using your phone or wearing headphones while walking near traffic

• Look both ways – always check for oncoming vehicles before stepping onto the road, even at marked crossings

• Follow traffic signals – wait for the green pedestrian light before crossing and ensure vehicles have stopped.

Walk facing traffic – if there is no pavement or dedicated pedestrian area, always walk facing oncoming traffic

Safety tips for drivers:

• Reduce speed in pedestrian areas – slow down in high-foot-traffic zones such as schools, residential areas, and at crossings

• Be extra cautious at night – pedestrians can be harder to see in low-light conditions.

• Yield to pedestrians – always stop for pedestrians at crossings and intersections.

• Avoid distractions – put away mobile devices and stay focused on the road.

• Check blind spots – be aware of pedestrians when making turns, reversing, or pulling out of driveways.

• Never overtake at pedestrian crossings – if another vehicle has stopped for a pedestrian, do not overtake; someone may be crossing.

"Our children, the elderly, and pedestrians are among the most vulnerable on our roads. Ensuring their safety is a shared responsibility that requires vigilance from both drivers and pedestrians I urge all road users to be extra cautious, obey traffic laws, and look out for one another.

“Together, we can prevent these tragic losses and make the Western Cape’s roads safer for everyone" added Allie

Vals nuus verspei soos ’n veldbrand

RONÉLVANJAARSVELD

’n Video van groot bolle swart rook wat uit die wrakke van twee vragmotors borrel wat in ’n botsing tussen Worcester en Robertson betrokke was, het verlede week Vrydag (13 April) soos ’n veldbrand versprei Plaaslike motorbestuurders het hul roetes aangepas en mense het hulp aangebied.

Die groot probleem: dit was vals nuus wat mense só op hol gejaag het. Die video is van ’n voorval waaroor die Standard & Breederivier Gazette twee jaar gelede berig het.

Die verspreiding van vals nuus skep ’n groot probleem.

WhatsApp het die volgende raad vir gebruikers. Boodskappe wat bo-aan aandui Forwarded, wys dat die boodskap oorspronklik van iemand anders af kom as die persoon wat dit aangestuur het. Wanneer daar ’n dubbelpyl bo-aan is en dit sê Forwarded many times, kan ’n mens weet die boodskap is al baie keer aangestuur. Gebruikers kan kontakte wat aanhoudend vals nuus versprei, blok deur die Report-opsie te kies.

WhatsApp raai mense aan om opspraakwekkende nuus te toets teen betroubare nuusbronne wat die feite nagaan Wanneer die nuus deur ’n paar sulke organisasies gedeel is, is die kans goed dat dit waar is Stories wat te goed klink om waar te wees, is dikwels nie Wees ook versigtig vir boodskappe wat nie ’n datum, plek of die bron daarvan aandui nie. Die digitale wêreld vereis van gebruikers om kop te hou.

KWDM brei opleidingsdiens uit

Na afloop van ’n suksesvolle voldoeningsbesoek deur kontroleerders van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Nooddienste, kondig die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) met trots aan dat sy opleidingsaanbod aansienlik uitgebrei het.

Die KWDM se Akademie vir Brandweeropleiding is met ’n bykomende 18 programme van die International Fire Services Accreditation Congress (Ifsac) geakkrediteer, wat sy reputasie as ’n vooraanstaande opleidingsinstelling vir brandweer- en nooddienste bevorder.

Meer as 7 000 brandbestryders het oor die afgelope 18 jaar een of meer van die agt opleidingskursusse van die KWDM se Akademie vir Brandweeroplei-

ding voltooi. Brandbestryders van verskeie dissiplines woon die akademie by om praktiese sowel as teoretiese onderrig te ontvang, wat verseker dat hulle goed vir die uitdagings van noodreaksie voorberei is.

Hierdie mylpaal vermeerder die getal geakkrediteerde programme by die akademie tot 26 en maak voorsiening vir ’n breër reeks internasionaal erkende kwalifikasies.

Die bykomende akkreditasie versterk die akademie se vermoë om noodsaaklike opleiding aan munisipale personeel en vennote te verskaf

Dit verseker voldoening aan munisipale personeelregulasies en rus personeel toe met die nodige vaardighede vir toekomstige rolle.

Die nuwe geakkrediteerde

programme sluit in: Bewusmaking oor gevaarlike materiaal / massavernietigingswapens; Gevaarlike-materiaal-opera-

sies – kern; Missie-spesifieke bevoegdhede: Persoonlike beskermende toerusting; Missie-spesifieke bevoegdhede:

Produkbeheer; Brandapparaatbestuurder/-operateur – algemene vereistes; Brandapparaatbestuurder/-operateur – bewusmaking oor touredding uit die lug; Toureddingsoperasies; Brandweerbeampte 1; Insidentbestuurspersoneel: Insidentbevelvoerder; Veiligheidsbeampte en Wildernisbrandweerbeampte 1. Hierdie akkreditasie bevestig die KWDM-brandweerdienste se onwrikbare verbintenis tot die hoogste standaarde opleiding en professionele ontwikkeling Deur sy opleidingsaanbod voortdurend te verbeter, verseker die Akademie vir Brandweeropleiding dat personeel goed toegerus is om aan die veranderende eise van noodreaksie en openbare veiligheid te voldoen

Die KWDM se opleidingsaanbod vir brandweer- en nooddienste is aansienlik uitgebrei met ’n bykomende 18 programme van die International Fire Services Accreditation Congress

Sê jou sê oor taal

in skole-debat

Is jy altyd voor in die koor? Kan jy jou sê so koel soos ’n komkommer sê? Dan is die splinternuwe redenaarskompetisie Nou praat jy! net vir jou bedoel.

Die Hoërskool Curro Durbanville nooi met trots hoërskole reg oor die land om hul mees gesoute span vir ’n toonaangewende kompetisie met ’n kinkel in te skryf – twee leerders moet saamspan en die toespraak as ’n eenheid aanbied. Die tema is Afrikaans, ’n taal van kleure en klank – en dis heel gepas omdat Afrikaans vanjaar 100 jaar lank ’n amptelike landstaal is.

Die bekgeveg kan oorredend, vermaaklik of motiverend aangebied word en is oop vir Afrikaans-huistaalsprekers én Afrikaans-eerste-addisionele-taal-sprekers in ’n afdeling vir juniors (gr.8 en/of gr.9) en seniors (gr.10 tot gr.12). Elke span het vyf tot sewe minute om ’n klip in die bos te gooi en die beoordelaars lek veral hul lippe af vir ’n spontane wisselwerking tussen sprekers.

“Ons sien uit na ’n lekker geselstrant,” sê die Afrikaansonderwysers Joline de Klerk en Maritsa Smit.

“Meer nog – ons hou styf duim vas dat spanne streekstaal en dialekte van Afrikaans verhoog toe bring Ons hoop hulle kom praat soos hulle by die huis praat.”

Die gekonfytste onder die mededingers kan uitsien na stewige geldpryse: Die wenskole en wenners kry R10000 elk, die naaswenners kry R6000 elk en die derdeplekwenners kry R4000 elk.

Die kompetisie vind op 25 en 26Junie by die Hoërskool Curro Durbanville

Is jy glad met die bek en nie bang om ernstige kwessies te bespreek nie? Neem dan deel aan die Nou-praat jy!-skole-redenaarskompteisie

plaas. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 April. Inskrywingsvorms is aanlyn op die skool se webtuiste beskikbaar. Stuur e-pos aan Joline de Klerk by joline d@curro.co.za vir nog besonderhede.

Komaan, sit die bal aan die rol!

Nou praat jy! is deel van die Hoërskool Curro Durbanville se nuwe

Kultura-fees, wat van 20 tot 27Junie op die skool se kampus aangebied word. Buiten produksies van geliefde kunstenaars soos Sandra Prinsloo, Marion Holm, Francois van Coke, Barry Hilton en Early B, gaan hoërskool-bands ook die kans kry om die kitaar te slaan.

Omdat al hierdie dinge juis in Durbanville plaasvind, word ’n Wynfees aangebied sodat die wynplase van die omgewing met hul wyne kan spog en die gemeenskap ook dié kultuurbydrae saam kan geniet.

Besoek Quicket.co.za vir kaartjies

Leer meer oor foto’s met Worcester se fotografieklub

Die Worcester-fotografieklub kom op 10April om 18:30 bymekaar. Die tema vir die aand is “Swarten-wit” en belowe om baie interessante foto’s op te lewer.

Die klub kom elke tweede Donderdag van die maand by die Hooggelegenaftreeoord, Langerug, se saal om 18:30 vir 19:00. Alle belangstellendes is welkom om die aand by te woon.

Bring asseblief jou rybewys/ ID saam om by die hek in te kom (vir sekuriteits- doeleindes). Bring ook ’n koffie-/teebeker saam om iets saam te drink terwyl kopstukke gesels word. •Kontak die volgende mense deur WhatsApp: Lin by 0826385624 of Ansie by 0718916699. Alle gretige fotograwe is welkom.

Die asemrowende wenfoto van Maart van die Worcester-fotografieklub, genaamd Het Jou!, geneem deur dr Ernst Laubscher van Worcester

Dagboek | Diary

15 MEI

Vier heerlik fees saam in die lieflike Nuy-vallei

Wynliefhebbers, gesinne en familielede kan uitsien na die jaarlikse Nuy-vallei-fees wat Saterdag 10 Mei plaasvind. Hierdie gesogte gebeurtenis vier die wyn- en olyf-oes in een van die Wes-Kaap se mees skilderagtige versteekte juwele

Die Nuy-vallei, 13 km van Worcester op die Robertson-pad (R60), is bekend vir sy pragtige berge, wingerde, bekroonde wyne en wêreldklas olyfprodukte, alles met ’n ouwêreldse sjarme wat besoekers betower.

Daar is vermaak vir die hele gesin.

Die gewilde fees word aangebied deur vier bekende landgoedere in die vallei: Nuy-wynlandgoed by Nuy on the Hill, Willow Creek Olive Estate, Leipzig Country House and Winery en Lion’s Creek Olive Estate.

Besoekers kan uitsien na ’n wye verskeidenheid aktiwiteite vir jonk en oud, insluitend musiek in lewende lywe, wyn- en olyfproeë, tradisionele Duitse geregte, vlytbier asook buitelugavonture.

Een van die hoogtepunte is gewis die Nuy-vallei Express – ’n trekkerwarit deur die wingerde en olyfboorde, wat besoekers tussen die feesvenues vervoer. Die trekkers met waens en

wynverkope sal van 09:00 tot 17:00 in werking wees.

Kaartjies is nou reeds beskikbaar:

•Vroeëkaartjie-prys: R200* (slegs tot 15April)

•Volwassenekaartjie-prys: R230* (tot 9Mei)

•Volwassenekaartjie-prys: R250* (by die hek)

•Aangewese bestuurder-kaartjie: R150 (geen glas of alkohol; ingesluit by die prys is beperkte wynproeë, olyfproeë, trekker-ritte tussen venues, toegang tot elke venue, toegang tot alle musiekvertonings by venues en toegang tot sommige kinderaktiwiteite.)

•Tieners (12-17 jaar): R50

•Kinders (11 jaar en jonger): Gratis

Besoekers kan verseker wees van ’n buitengewone ervaring in hierdie pragtige vallei.

Volg die fees op sosiale media en hul webwerf om op hoogte te bly van die dag se hoogtepunte.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – kom geniet ’n heerlike dag in die Nuy-vallei waar bekroonde wyn, fyn landelike kos en gesinspret wag!

•Kaartjies is nou reeds beskikbaar by Webtickets.co.za

Stuur inskrywings na: info@worcesterstandard.com.

Deadline/Spertyd: Monday/Maandag 12:00

12 APRIL

Kom geniet ‘n heerlike herfsoggend by die Pure Boland-plaasmark by De Wet Kelder Die pret skop vroeg af met Run the Vines pretdraf deur die wingerde met afstande van 5 km, 10 km en 17 km Daarna word heerlike eet- en drinkgoed te koop aangebied asook al die heerlikhede van die Pure Boland-plaasmark Ook met pret vi die jongspan asook lewendige musiek

Die Robertson-geskiedenisgilde nooi inwoners uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 15 Mei om 18:00 vir 18:30 by die NG kerk se sysaal, Paul Krugerstraat 39 Adv Jan C Heunis SC (seun van oudminister Chris Heunis) is gasspreker Sy praatjie handel oor “Binnekring-skermstories –FW, Cyril, ens ” Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar Kaartjies kos R50 elk en is te koop by die Robertson-museum tussen 9:30 en 13:00 Bel Dianne by 023 626 3681 om te bespreek The Book Shop: 08:30 en 17:00, Reitzstraat 9 Bel Mich by 074 446 8444 of Wyona Ramsauer by 082 740 7532 EFT-betaling is beskikbaar

Sportpret by kleuterskool

Die kleuterskool Esselenpark Dagsorg in Worcester het verlede Saterdag ’n sportdag as geldinsamelingsprojek ten bate van die skool gehou. Kleuters en ouers het aan verskeie items deelgeneem en hulle gate uit geniet Die gemeenskap het die atletiekdag goed ondersteun en dit het in ’n goeie gees plaasgevind. Die skoolhoof en personeel bedank almal wat betrokke was om die sportdag ’n sukses te maak

Bee poisonings raising concern

Bees play a crucial role not only in agriculture, but also in human life It is with this important part they play on earth concerns have locally been on the rise about honeybee poisonings.

Chris Nicklin, chairperson of the Western Cape Bee Industry Association (WCBA), said the body had raised the alarm over a concerning increase in honeybee poisonings across the province These are attributed to careless and often-uninformed use of agricultural chemicals.

“These incidents pose a severe threat to food production, the environment as a whole and the livelihoods of beekeepers.”

The UN Food and Agricultural Organization (FAO) bees “play a major role in maintaining biodiversity and ensure the survival and reproduction of many plants. They also ensure forest regeneration, increase sustainability and adaptation to climate change and improve the quantity and quality of agricultural production systems.”

Dawn Noemdoe, a local beekeeper from Wellington, also stressed bees’ crucial role in global food production as very

nating wild plants that provide habitats and food for other animals. Their role in maintaining biodiversity helps stabilise ecosystems, supports soil health and ensures the sustainability of agricultural systems.”

In 2022 Noemdoe transitioned from full-time agricultural media work to entrepreneurship. She is the founder of HoneyatDawn.

“This beekeeping and value-added agricultural business focuses on ecosystem services and sustainable practices. Inspired by my love for nature and a desire to empower women in agriculture, I started with a hive-by-hive approach, building a network of part-time beekeepers and exploring innovative markets for honey and by-products.

“Currently operating with 23 hives at two apiaries and plans of expansion to 40 this year. Despite the challenges in this sector, especially as a new entrant I am motivated to pave the way for others to follow. I am passionate about growing this enterprise to unlock opportunities for more women-owned businesses.”

the loss of the colonies to “reckless use of agricultural chemicals”. Tests have been conducted on the dead bees from the site The results detected fungicides The WCBA says fungicides are generally non-lethal to bees but can become toxic if applied incorrectly.

The Western Cape is an agriculturally-rich province, and if the bee poisonings start to affect crop yields then it will have a ripple effect on the rest of the economic system. “The rate of bee poisoning incidents has increased alarmingly over the past two years,” said expert Dr Gerhard Verdoorn, stewardship and operations manager of CropLife South Africa.

“Bee-specific warnings on pesticide labels are often ignored, resulting in mass bee mortality when pesticides are applied during periods of active pollination in crop fields or orchards In many cases, pesticides are sprayed off-label; in other words, contrary to label instructions For example, imidacloprid is unlawfully applied via aerial spraying on cash crops. Insecticides are also frequently used during full bloom while bees are actively foraging, despite the strict warnings on labels to avoid this.”

Nicklin describes these poisonings as “bee carnage in some areas” of the province. “The welfare of our indigenous honeybees is not merely a beekeeping issue; it should concern everyone. Without healthy and thriving honeybee populations the agricultural output of the Western Cape will face severe challenges, potentially leading to reduced crop yields and economic losses for the province.”

Meanwhile, a beekeeper from Worcester who provides large-scale pollination services to agricultural farms has lost about 600 of his colonies at a single blueberry farm. The beekeeper, who asked to remain anonymous, attributes

The WCBA said lack of adherence to proper pesticide application guidelines not only endangers bees, but also highlights gaps in enforcement and awareness. It is currently documenting bee poisoning across the province, to identify trends and potential solutions

The association will continue monitoring and ensure the sustainability of honey bee populations Said Nicklin: “Our future depends on the survival of our bees, and we all have a role to play in protecting them.”

MUNISIPALITEIT LAINGSBURG

Kennisgewing / Notice No. 39/2025

FINALE JAARVERSLAG EN OORSIG VERSLAG/ FINALANNUALREPORT AND OVERSIGHT REPORT 2023/2024

KennisgeskiedhiermeekragtensArtikel127(5)vandieWetopPlaaslikeRegering:Munisipale Finansiële Bestuur 2003 (Wet 56 van 2003) saamgelees met Artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Finale Jaarverslag asookdieOorsigVerslagvirdieMunisipaliteitvanLaingsburgvirdiefinansiëlejaar2023/2024 deur die Raad goedgekeur was op Maandag, 31 Maart 2025. Hierdie dokument lê vir kennisnamebydievolgendeinstansies:

Ø Laingsburg: BeplanningenOntwikkelingsKantoor,Van Riebeeckstraat2,Laingsburg

Ø Laingsburg: ThusongDienssentrum

Ø Laingsburg: PlaaslikeBiblioteek

Ø Matjiesfontein: MatjiesfonteinPrimêreSkool

Ø Vleiland: BaartmansfonteinPrimêreSkool

Ø Laingsburg: ToerismeSentrum

Ø Amptelikewebtuiste: www.laingsburg.gov.za

Notice is hereby given in terms of Section 127(5) of the Local Government: Finance Management 2003(Act56of2003)readwithSection21AoftheLocalGovernment:Municipal SystemsAct,2000(Act32of2000)thattheFinalAnnualReportforLaingsburgMunicipalityas well as the Oversight Report of the financial year 2023/2024 were approved by Council on Monday,31March2025.Thisdocumentisavailablefornotificationatthefollowinginstitutions:

Ø Laingsburg: PlanningandDevelopmentOffice,2Van RiebeeckStreet,Laingsburg

Ø Laingsburg: ThusongServiceCentre

Ø Laingsburg: LocalLibrary

Ø Matjiesfontein: MatjiesfonteinPrimarySchool

Ø Vleiland: BaartmansfonteinPrimarySchool

Ø Laingsburg: TourismCentre

Ø Officialwebsite: www.laingsburg.gov.za

J. Booysen Munisipale Kantore // Municipal Offices Munisipale Bestuurder Van Riebeeckstraat 2 Van Riebeeck Street Municipal Manager LAINGSBURG 6900

Verw //Ref.No. 18/7/2 Datum//Date: 2April//April2025

Dawn Noemdoe, a local beekeeper from Wellington

Jong rugbyspan druk onder die pale

Die jong rugbyspelers van die Primêre Skool Worcester (WPS) is breëbors nadat uithalerrugby tydens die Grey Super Series in Bloemfontein hul plek as toernooiwenners verseker het.

Die o.13A-rugbyspan het dinge in die eindronde uitgespook teen die Laerskool Sunridge en hul teenstanders se doppie met ’n telling van 45-12 geklink. Hulle het al vier hul wedstryde gewen. WPS het in 2022 ook as wenner uit die gesogte toernooi gestap.

Die span het vroeër in die toernooi 12-6 met die span van Grey College Bloemfontein afgereken. Die skool se ander spanne het ook goed gevaar met die o.13B-span wat twee van hul vier wedstryde gewen, die o.11Aspan wat drie van vier gewen, o.11B-span wat 1,5 van 4 gewen het. Altesaam 16 wedstryde is gespeel, waarvan tien gewen is, een gelykop gespeel is en vyf wedstryde verloor is. Die

Primêre Skool Worcester se o 13A-span vier hul oorwinning in die Grey Super Series in Bloemfontein Foto: Zonje Jordaan

ATKV-betrekkings

ATKV-Goudini Spa

Restaurantbestuurder

Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse taal- en kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n ervare restaurantbestuurder by sy vakansieoord, ATKV-Goudin spa.

Die ATKV volg ’n gelyke-indiensnemingsbeleid Vereistes ’n Toepaslike naskoolse kwalikasie in restaurantbestuur en spyseniering in die gasvryheidsbedryf en ten minste vier jaar toepaslike ondervinding in ’n soortgelyke bestuursposisie. Deeglike kennis van nansiële aspekte soos kosteberekenings, bruto wins en voorraadbeheer

• Kennis van gespesialiseerde voedselvoorbereiding, garnering en aanbiedingsmetodes, en die nodige ondervinding in kombuisbestuur, voorbereiding en bediening van à la carte- en buffet-etes en grootskaalse korporatiewe banket- en fynproewerspyseniering

• Vertroud met drank-, voedsel-, gesondheid- en veiligheidswetgewing in die gasvryheidsbedryf. Moet diensbeurt verrig.

Vernaamste verantwoordelikhede

Bestuur van die restaurant om winste te maksimaliseer Sistematiese afhandeling en bestuur van relevante spyseniering- en administratiewe take. Moet toesien dat voedselvoorbereiding en -aanbieding keurig, aantreklik en volgens die jongste markverwante spysenieringsmetodes en -standaarde aangebied word.

• Personeelbestuur, gehaltebeheer, kontrole en kombuisbestuur

Beplanning en saamstel van spyskaarte volgens resepte, hoeveelhede en kliëntbehoeftes

• Kliënteskakeling en interne en eksterne dienslewering.

• Hantering van daaglikse kontantgeld, bestellings by verskaffers kredietfakture en oorplasings; hulp me die opstel van maandstate; voorraad-, porsie- en sleutelbeheer

• Aosdiens in die handelsafdeling

As jy graag vir so ’n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV aan: Madelyn Brundyn by GOBetrekkings@atkv.org.za

Sluitingsdatum: 17 April 2025 voor 12:00. Gebruik asseblief GDREST01 as verwysing

As jy vier weke ná die sluitingsdatum nog nie van die ATKV gehoor het nie, was jou aansoek onsuksesvol.

BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT

NM10006835-BW170425

AANSOEK OM OPHEFFING VAN BEPERKENDE

TITELVOORWAARDES EN AFWYKING ERF 1075, PIET GROBREGTSTRAAT 8, DE DOORNS EIENAAR(S): JOHANNES EN ERIKA FOUCHE

KENNIS GESKIED HIERMEE in terme van Art ke s 44 en 45 van die

Breede Va le Mun sipa e Grondgebru kbeplanning Verordening dat n aansoek ontvang s vir d e volgende:

1) Ophefng van beperkende tite voorwaardes op Erf 1075 De Doorns titelakte nr T50953/2011 voorwaarde E5b(i) en E5b( i)

2) Afwyking op Erf 1075, De Doorns ten e nde d e applikant n staat te stel om d e agtergrensboulyn vanaf 1,57m na 0,0m te verslap en sygrensboulyn vanaf 1,57m na 0,0m om d e staa afdak te magtig n terme van Artikel 13 van die Breedeva le Munis pale Grondgebru ksbep anning Verordening

Vo ledige besonderhede van die aansoek is beskikbaar by d e kantoor van die Bestuurder: Munis pale Bep anning en Boubeheer, 3rde Vloer, Burgersentrum Worcester gedurende kantoorure

Besware en/of kommentare in terme van Artikel 49 van die Munis pale Grondgebruiksbeplanning Verorden nge, moet skr ftel k ger g word aan die Munis pale Bestuurder, Pr vaatsak X3046, Worcester, 6849 voor of op 09 Me 2025 Enige besware/ kommentare ontvang na die 30 dae per ode sal geag word as onge dig

Navrae kan gerig word aan Mev N Malaka (023) 348 2631/ nma aka@bvm gov za

DMcThomas BVMVerwysingsnommer:10/3/1/72

MUNISIPALEBESTUURDER Kennisgewingnommer:10/2025

(info@worcesterstandard.com)

Advertensies/Advertisements: Juliette Kotze: 023 348 5115 (juliette.kotze@novusmedia.co.za)

Ken Mc Intyre: 023 348 5105 (ken mcintyre@novusmedia.co.za)

Geklassifiseerd/Classifieds: Charlrica Julies: 079 649 0308 (charlrica.julies@novusmedia.co.za)

Jaydene Sampson: 071 434 6474: (jaydene.sampson@novusmedia.co.za)

Verspreidingsnavrae/Distribution queries: 079 649 0308 (stefan.kolver@novusmedia.co.za)

Redakteur/Editor: Lise Beyers (lise.beyers@novusmedia.co.za)

Joernalis/Journalist: Ronel van Jaarsveld (ronel vjaarsveld@novusmedia.co.za)

Uitgewer/Publisher: Stefan Kolver (stefan.kolver@novusmedia.co.za)

NM10007547-BW100425

KENNIS GESKIED HIERMEE in terme van Art ke s 44 en 45 van die Breede

Va ei Munisipale Grondgebru ksbeplann ng Verordening dat ‘n

aansoek ingevo ge Artike 13(2) van Breede Vallei Munisipale

GrondgebruiksbeplanningVerorden ng ontvang is vir: Opheffing van BeperkendeTitelvoorwaardes B 12 (a) (b) & (c) uit

T te akteT22461/2015 wat onder andere, die voorgestelde gebruik verhoed • Vergun ngebru k vir n addis onele wooneenheid Afwyk ng van die Ooste ike boulyn vanaf 2m na 0m om d e bestaande buitegeboue te omskep in n addisionele wooneenhe d Volledige besonderhede van die aansoek is beskikbaar by die kantoor

van die Bestuurder Munis pale Beplanning en Boubeheer 3de V oer, Burgersentrum Worcester gedurende kantoorure Besware en/of kommentare in terme van Artikel 49 van die Munis pale Grondgebruiksbeplanning Verordening moet skr ftelik gerig word aan die Mun sipa e Bestuurder Pr vaatsak X3046 Worcester 6849 SLUITINGSDATUM

Hammies troef Swellies

Luciano du Toit

Young Hamiltons RVK moes verlede Saterdag enduit gefokus bly om ’n begeesterde Swellendam in toom te hou

Die wedstryd, wat op ’n volgepakte Esselenpark-stadion gespeel is, het drama tot oorlopens toe gehad, wat die reuseskare enduit op hul voete gehad het Al twee spanne het mekaar in die eerste helfte voorlangs lekker opgekeil met Hammies wat met ’n kortkop die botoon gevoer het Die tuisspan se vaste vyf het deeglik hul man gestaan teen ’n meer swaarder vyftal van Swellendam Rotsvaste verdediging was aan die orde van die dag met nie een van die spanne wat wou bes gee nie

Die eerste punte was reeds in die tweede minuut toe die regtervleuel, Claudio Matolla, gedruk het, maar sy losskakel, Luciano Truter, kon nie verdoel nie om Hammies met 5-0 te laat voorloop Swellies het als na Hammies gegooi, maar kon weens rotsvaste keerwerk nie deurkom nie, maar het wel punte gekry toe sy losskakel met ’n strafskop geslaag het (5-3) Hammies het twee strafskoppe deur Truter oorgeklits om 11-3 voor te loop Swellies het voor rustyd verwoed aangeval en in die linkerhoek gedruk en verdoel om rustyd slegs met 11-10 agter te loop

In die tweede helfte het beide spanne verwoed aangeval, maar

hardnekkige lakwerk het nog punte verhoed Verskeie beserings aan al twee kante het ’n demper op die wedstryd geplaas deurdat speeltyd verskeie kere gestop moes word Hammies het egter gefokus gebly en met verskeie plaasvervangers op die veld was die Blouspan ’n bedreiging Ussiel Langeveldt het ’n bal en die lengte van die veld genael net om deur die skeidsregter teruggeroep te word, waarna ’n skrum tot groot ongelukkigheid van Hammies se ondersteuners aan hul span toegeken word Hammies is kort hierna oor nadat sy linkervleuel, Jenico Truter, langs die kantlyn verskeie verdedigers geklop en onder die pale oor is, maar die wind die doelskop voor die pale weggebuig om Hammies met 16-10 te laat voorloop

Die plaasvervangersenter Raldon Rooi is kort hierna oor en Truter het verdoel om Hammies met 23-10 te laat voorloop, waarna Hammies nog twee keer danksy sy agsteman Theuns Du Toit en die plaasvervanger John Williams gedruk het om die wedstryd met 37-10 ná twee suksesvolle Truter-doelskoppe te beklink Hammies B het hul wedstryd met ’n bonus met 33-10 gewen terwyl die C-Span 24-18 gewen het Hammies reis Saterdag na Rawsonville. Busse vertrek om 11:30 van die Esselen-taverne

Ondersteuners word gevra om betyds te wees om ’n sitplek te verseker

Primrose verbeur sy kanse teen sterker

Primrose het sy kanse Saterdag 5 April op Goudini verbeur toe dié hom met 30 punte teenoor 27 geklop het.

Primrose het op ’n mooi Saterdagmiddag geskik vir rugby afgeskop Goudini het die bal ontvang, maar Primrose het hom nie veel ruimte gegee nie en in sy 22 m-gebied gehou Primrose het egter die bal gekry en verligting gebring met ’n lynskop. Hulle het die lynstaan gewen, maar fouteer en Goudini het met die strafskop aangelê pale toe, maar die skop was onsuksesvol.

Primrose het weer af, self die bal gekry en verwoed aangeval, maar Goudini se dissipline het teleleurgestel en Primrose het nog ’n die strafskop gekry Shameeg Williams, die losskakel, het geen fout gemaak nie (telling 3-0 vir Primrose).

Maar ná die afskop toe Goudini die bal in die hande het, was hy gevaarlik, het sy agterlyn weggestuur en gaan druk. Die doelskop was mis (telling 5-3 vir Goudini). Net ná die inskop het Goudini Primrose met ’n slap riem gevang en weer gedruk (doelskop oor; telling 12-3 vir Goudini).

Goudini het sy staal begin wys en die een ná die ander aanval weggestuur en weer ’n strafskop gekry toe Primrose oortree (telling 15-3 vir Goudini).

Primrose moes weer eens inskop, Goudi het die bal gevang en met ’n lynskop verligting gebring, die bal gewen, weer

Goudini

aangeval en Primrose moes keer vir ’n vale. Primrose het egter die bal onderskep en tot in Goudini se 22m-gebied gevorder yerwyl sy voorspelers mooi saamgespeel het en tot oor die doellyn gevorder, waar Byren Hopley gaan druk het (doelskop mis; telling 15-8).

Primrose het nie moed opgegee nie en ná die soveelste afskop die bal gekry, van hand tot hand en die vleuel Oswald Scholtz het gaan druk (doelskop mis; rustydtelling 15-13 vir Goudini.

Primrose het pas ná die afskop vir die tweede helfte fouteer. Goudini het dit uitgebuit en in die hoek gedruk. Die moeilike skop was suksesvol (telling 22-13 vir Goudini). Goudini het gevaarlik gelyk en met die aansporing van sy ondersteuners het hy weer gedruk, (doelskop mis; telling 27-13). Primrose het egter besluit genoeg is genoeg en hom terug in die wedstryd gedwing Riyas Price het gaan druk en Wilfred Philander het oorgeskop (27-20 vir Goudini) Primrose het sy momentum gehou, maar ná ’n ernstige besering van Primrose se kant af, is die wedstryd vir ’n wyle gestaak. Toe die spel hervat word, het Goudini ’n strafskop oorgeskop (30-20 vir Goudini), maar Primrose het sy alles vir die laaste minute gegee en Patrick Joseph het gedruk (Philander het weer oorgeskop vir die eindtelling Goudini 30, Primrose 27.

Klipdrift en Alberts in riller

Trevor Human

RAWSONVILLE – Rugbyliefhebbers is Saterdag met ’n ware riller bederf toe Klipdrift, oftewel “Klippies”, op sy tuisveld teen Alberts van Worcester te staan gekom het. Van die eerste fluitjie tot die laaste sekonde was dit ’n harde stryd van karakter, krag en passie – ’n ware botsing van twee trotse plattelandse spanne.

Klipdrift het die wedstryd vroeg aan die brand gesteek toe sy kaptein, Faizel Fielies, met ’n goedgemikte strafskop die eerste punte op die telbord gesit het – 3-0 vir die tuisspan.

Maar Alberts het nie teruggestaan nie Ná ’n paar fases se druk van sy voorspelers, het Cubitt Michaels deur die verdediging gebreek en onder die pale gaan druk. Met die suksesvolle doelskop het Alberts die voortou geneem – 7-3.

Die stryd was intens, en Klipdrift het weer toegeslaan met ’n strafskop, met Felies akkuraat soos altyd, en die telling skuif na 7-6. ’n Geelkaart vir ’n hoëvat deur Alberts het die momentum vir ’n oomblik laat kantel.

Klipdrift se verdediging was so vas soos ’n berg en ’n fout van Alberts het tot ’n los bal gelei. Elton Williams het die bal slim opgepik, mooi geskop en in sy eie hande opgeraap vir ’n pragtige drie onder die pale. Bryton Arends het nog twee punte bygesit en Klipdrift het weer die voortou geneem (telling: 13-7)

Die gees van die Klippies-aanhangers was aansteeklik en hul span het op die energie voortgebou. Williams het nog ’n drie ná ’n vlymskerp beweging van die agterlyn gedruk en die doelskop was suksesvol (telling 20-7).

Alberts het egter nie gaan lê nie Sy kenmerkende vasbyt het tot ’n drie deur Philberie Joseph gelei. Die doelskop het egter nie geslaag nie en die telling is op

Dié vier spanne in eindstryd

van sagtebal in Robertson

Ná die laaste ligawedstryde van Robertson-sagtebalkrieketunie, wat op Sondag 6April plaasgevind het, is die laaste vier vasgestel.

In Sondag se wedstryde kom Guptas teen Droëheuwel United te staan met Guptas wat as oorwinnaar uittree en die wedstryd met 27 lopies wen.

Die finale wedstryd van die dag was ook ’n bepalende wedstryd vir wie die vierde plek sal beklee en sodoedende vir die halfeindronde kwalifiseer. Superstars het teen Tornado’s kragte gemeet. Super-

stars het eerste gekolf en 97 lopies aangeteken. Tornado’s het op hul beurt goed met die kolf gevaar en die wentelling van 98/6 in die 18de boulbeurt bereik.

Die spanne wat deurdring, is: 1. Die Stoep; 2. Pen United; 3. Dorpsig United; 4. Tornado’s Hierdie Sondag (13 April) vind die halfeindstryd plaas. Wedstryde: 1. Pen United t Dorpsig United 12:15 2. Die Stoep t Tornado’s 15:15 Dit gaan ’n aksiebelaaide volle dag van goeie krieket wees om te aanskou.

na 20-12. Klipdrift het net voor rustyd nog drie punte bygesit danksy Arends se betroubare skopskoen, wat die rustydtelling op 23-12 te staan gebring het.

SPANNENDETWEEDEHELFTE

Ná rustyd het Alberts met nuwe vuur teruggekeer.

Jadian Buys het vroeg in die tweede helfte ’n skepdoel oorgesit, en die gaping begin toemaak. ’n Losbal deur Klipdrift op aanval is slim deur Alton Hendriks benut, wat die bal deurgeskop en gaan druk het. Shane Pietersen het die doelskop deurgesit (telling: 23-20)

Die spanning was tasbaar – jy kon dit tussen die toeskouers voel. Net toe dit lyk of Klipdrift dalk weer gaan terugkom, storm Alberts se binnekantspeler, Alton Hendriks, deur die verdediging en druk onder die pale vir ’n telling van 27-23.

Alberts het in die laaste minute ’n strafskop gekry, kantlyn toe geskop en van daar ’n pragtige agterlynbeweging uitgevoer, wat Sergio Adams in die hoek laat druk het. Die doelskop was mis, maar dit was genoeg om die wedstryd te verseël. Alberts het dié kragmeting, wat nog lank onthou sal word, 32-23 gewen.

NAASBESTESWYSOOKSTAAL Alberts se tweede span het ook sy kant gebring onder leiding van sy kaptein, Romark Classen Met drie drieë deur Eduardo Visagie, Ethan Cupido en Marno Engelbrecht en twee doelskoppe deur Brandon McPherson, het hy ’n stewige oorwinning van 19-5 behaal. Die jong manne het duidelik gewys hulle is gereed vir die groot span. Alberts sê Saterdag tuis die stryd teen Mountains Stars van De Doorns aan. Dis vir seker nóg ’n wedstryd wat beloof om vonke te laat spat. Bring jou stoel, jou stem en kom ondersteun jou span.

Shane Pietersen gee hier die bal aan FOTO: Lindzi Van Aswegen

Donderdag, 10 April 2025

Cleve Malgas,die buitesenter van Montagu Klub,glip deur Rawsonville United se verde- diging in dié twee spanne se eersteronde-Grootuitdaagbeker-wedstryd Dié wedstryd is op die King Edward-sportterrein in Montagu gespeel Die tuisspan het ná ’n harde stryd die kragmeting met 38-34 gewen

Foto: Norman Evertson

Montagu vegvirsege

MONTAGU – Die Montagu-klub het weliswaar die eersteronde-Grootuitdaagbekerkragmeting tussen hom en Rawsonville United gewen, maar maklik was dit gewis nie.

Die uitslag van dié kragmeting, wat verlede Saterdag (5 April) op die King Edward-sportterrein beslis is, was tot aan die einde in die weegskaal Montagu het eerste punte op die telbord gekry toe sy regtervleuel, Felix Cupido, ’n aanval deur die tuisspan in die besoekers se kwartgebied met ’n drie afgerond het. Ryan George (losskakel) het nog twee punte met die doelskop bygevoeg om sy span met 7-0 te laat voorloop. Rawsonville het geantwoord met ’n strafdoel deur sy losskakel, Ambrose Steyn, en die telling 7-3 gemaak. Hierna het die tuisspan ná nog twee verdoelde drieë ’n stewige greep op die wedstryd gekry.

Die spanne het mekaar hierna goed opgekeil en oor en weer punte aangeteken. Rawsonville het eers ’n verdoelde drie behaal. Daarna het Peter Pokwas vir

Montagu gaan druk, waarna die besoekers weer ’n sewepunter aangeteken het om die rustydtelling op 26-17 te staan te bring – met die tuisspan steeds voor.

Ná rustyd het die momentum van die wedstryd skielik na die besoekers geswaai. Nolan Jooste, die woelige skrumskakel van Rawsonville, het die pas van die wedstryd deurentyd met vinnige tikskoppies aangejaag en op dié manier die tuisspan probeer uitoorlê. ’n Begeesterde Rawsonville het in die tweede helfte die een aanval na die ander van stapel gestuur en drie keer die tuisspan se doellyn oorgesteek en die besoekers het die voortou geneem (34-26).

Montagu se afrigter het klaarblyklik besef sy span trek noustrop. Hy het toe sy grofgeskut losgelaat en ervare spelers soos Elzano Khana, Brendon Beukes, Charlton Scholtz en Handré Ontong opgestuur

Die plaasvervangers het hulle goed van hul taak gekwyt. Dit was veral Beukes wat homself met mening laat geld het. Hy het twee drieë gedruk en sy span gehelp om weer die voortou te neem

Die telling het hierna tot 38-34 gegroei. Rawsonville het tot die einde bly veg, maar Montagu het vasgebyt en uiteindelik die wa deur die drif gekry.

Saterdag vind die laaste ligaverpligtinge in die onderskeie ligas onder die vaandel van die Boland-rugbyunie plaas voor ’n kort onderbreking vir die Paas-reses.

In die Grootuitdaag-kompetisie woed ’n fel stryd met veral Young Hamiltons, Montagu-klub en Robertson Town aan die voorpunt met Worcester Villagers slegs twee punte agter hulle en nog stewig binne trefafstand van die voorlopers in die liga

In die Grootuitdaagkompetisie van die Langeberg-afdeling kom Hammies op Hoffiepark in Rawsonville teen die tuisspan, Rawsonville, te staan En omdat dit juis die einste Rawsonville was wat verlede seisoen Hammies se Top12-drome gekelder het, kan vuurwerke gewis in hierdie kragmeting

Laaste ligaverpligtinge

verwag word. Swellendam ontvang besoek van verlede seisoen se naaswenners, Villa, terwyl Rangers as gasheer optree vir hul kragmeting teen hul bure en voorlopers sowel as verlede seisoen se Top-12-wenner, Robertson Town Villagers Montagu, of Sesduim, ontvang besoek van McGregor terwyl Ashton United besoek ontvang van Blue Birds van Bonnievale Touwpark kry besoek van Montagu-klub of “Hou by die Blou” In die Breërivier-afdeling se Streekuitdaag-kompetisie van Boland speel Breërivier Villagers tuis teen Overhex terwyl Laingsburg besoek ontvang van Goudini Primroses ontvang besoek van die naasvoorlopers Proteas terwyl De Doorns United besoek ontvang van Klipdrift. Alberts kry besoek van Mountain Stars terwyl Orchard besoek ontvang van Worcester Perseverance

Villa bly gefokus op glorie

Alver Uys

Worcester Villagers, of sommer net Villa, soos hy onder sy duisende lojale onder steuners bekendstaan, het die afgelope Saterdag (5April) op sy tuisveld, Bolandpark, seker gemaak sy visier is nog vierkantig op ligaglorie in die Langeberg-afdeling van die Grootuitdaag-kompetisie gerig Villa het die Robertson Rangers 43-26 getroef nadat hy teen rustyd 22-8 voor was en ook reeds ’n bonuspunt vir vier drieë in die sakkie gehad het. Die wedstryd het vir die tuisspan baie positief afgeskop toe sy sterk vaskopstut, Andries de Kock, sommer in die derde minuut van die wedstryd met brute krag vir ’n onvervyfde drie oorgebars het. Die telling het kort hierna na 12-0 gegroei toe sy onderkaptein en skrumskakel, Gurshwin Africa, ná ’n slim stukkie spel onder die pale gaan druk en die losskakel, Elton Mfundisi, met die maklike doelskop geslaag het. Rangers het kort hierna sy eerste punte op die telbord gekry toe sy losskakel, David Eyssen, met ’n strafskop geslaag het. Villa, wat veral voorlangs algeheel in beheer was en by meer as een geleentheid sy teenstanders gedurig

in trurat gehad het, het ná een so ’n skrumsessie vinnig na regs toegeslaan en sy spoedvraat-regtervleuel, Dwayne Atkins, in die hoekie oorgestuur vir ’n onvervyfde drie Rangers het egter nooit besgegee nie en is met ’n onvervyfde drie toe sy linkervleuel, Juandre Antha, in die hoekie oor is. Dit was egter Villa wat die eerste helfte positief afgesluit het met sy haker, Oryan Jack, wat vir nog ’n onvervyfde drie oorgeduik het. Ná rustyd het Villa nog ’n sewepunter gekry toe sy heelagter, Gurshwin Joubert, wat intussen na losskakel verskuif het, gaan druk en Africa verdoel het. Die plaasvervanger-losskakel Devlin Martinus het hierna met ’n strafskop vir Rangers geslaag, maar Villa het sy voorsprong gerek toe Africa sy tweede drie met nog ’n slim stukkie spel gaan druk en die plaasvervanger-heelagter, Jarian de Klerk, verdoel het. Martinus is hierna vir Rangers oor voordat die binnesenter, Henrico Jacobs, vir Villa oor gedruk en Joubert verdoel het om die telling op 4316 te staan te bring •Saterdag (12April) speel Villa weg teen Swellendam terwyl Rangers gasheer is vir sy derbystryd teen sy bure en die voorlopers Robertson Town

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.