Paarl Post – E-edition – 7 August 2025

Page 1


Pa

’n 35-jarige man die plaaslike streekhof tiewe tronkstraf minderjarige dogter krag het. Vyf jaar vir vyf jaar opgeskort dat die man nie in die opgeskorte vonnis bevind word aan ting nie.

Hy is ’n bykomen tronkstraf opgelê vir en vyf; aanklag vie aanhitsing van ’n oortreding waar te vir verkragting. Di lopend uitgedien word. Hy het reeds drie uitgedien terwyl hy hangende die hofsaak.

Voorvalle
Trea

Chanelle-saak

dalk

Chantélle Hartebeest

na hoë hof

Daar is ’n groot moontlikheid dat die moordsaak van die 16-jarige Chanelle Plaatjies na die WesKaapse hooggeregshof oorgeplaas

dag (1 Augustus) in die hof verskyn Aangesien regshulp nie teenwoordig was nie, het die staat gevra of die saak kan oorstaan na hierdie week Volgens die staat wou hulle nie die regte van die beskuldiges oortree deur die saak

Die beskuldigdes in die moordsaak van die 16-jarige Chanelle Plaatjies Van links is Theodore Qata, Bradley
Mamani en Keaton Johnson Foto: Rasaad Adams

HJS hou sy beste vir laaste

MarykeSwart

Die grootste skolerugbygebeurtenis in die wêreld het hom die afgelope Saterdag (2 Augustus) weer voor derduisende toeskouers in die hartjie van die Paarl in die Faurestraat-stadion afgespeel, toe die land se twee topspanne (op die nie-amptelike nasionale skolerugby-ranglys) mekaar in die hoogaangeskrewe interskole-kragmeting getakel het

Die Paarlse interskole het oor die dekades heen sy naam gestand gedoen as een van die mees spannende skolesportaflewerings en jaarliks verrassings opgedis Een ding wat oor die jare duidelik geword het, is dat die wedstryd nie verby is tot die eindfluitjie geblaas het nie

Vanjaar was geen uitsondering nie

Dit nadat die Hoër Jongenskool Paarl (HJS), of Boishaai, die spel oorheers het om ná ’n agterstand van 21-33 teenoor die Hoërskool Paarl Gimnasium in die laaste 10 minute van die wedstryd die 2025 Interskole met ’n wen van 35-33 te beklink om sy plek in die nommereen-posisie op die skoleruby-ranglys in te neem

Albei spanne het in die eerste kwart van die spel gelyk of hulle hul ritme probeer vind, maar daarna het die drieë behoorlik gereën, met die Gimmies se kaptein, Markus Muller, wat die eerste 13 punte vir sy span op die telbord gesit het Boishaai het vinnig momentum opgetel en op Gim se aanslae geantwoord Dit het drieë van Jeneal Davids en Gershom Pieters vir HJS ingesluit; albei suksesvol verdoel deur Iwan Jordaan

Die halftydtelling was 14-13 in Boishaai se guns Die Gimmies het met nuwe krag en ywer in die tweede helfde teruggekom, met ’n verdoelde drie en strafskop Met die telbord nou op 23-14 was dit Boishaai se beurt om agter die pale te gaan kuier toe Kobus Wilken oorbars vir ’n welverdiende drie Jordaan was weer suksesvol met die doelskop en die telbord was 23-21 in Gimnasium se guns in die 50ste minuut ’n Strafskop vir Gimnasium en ’n uitstekende omkeerbesit- verdoelde drie deur Hendré van der Westhuizen het die volgende drie minute van dié spannende stryd oorheers

’NLAASTEBLOUTROEFKAART

In die 60ste minuut was die Gimmies aan die voorloop met ’n telling van 33-21, en het dit aanvanklik gelyk of die groen en geel vir die volgende 12 maande die strate van die Paarl sou oorheers

Die manne in blou het egter ’n laaste

troefkaart gespeel en met twee drieë in die laaste 10 minute geantwoord Die Suzuki Game Changer-oomblik het gekom toe Boishaai se Cole Moultrie met agt minute oor die doellyn oorgesteek het. Slegs vier minute later het Boishaai se ster-senter, Tristan Joubert, na binne afgetrap om die gelykmaker-drie aan te teken Jordaan kon met ys in sy are suksesvol verdoel, terwyl Boishaai vir slegs drie minute moes vasklou vir ’n geskiedkundige wen teen sy onoorwonne aartsvyande van Noorder-Paarl ’n Laaste terugvegpoging deur die Gimmies is in die wiele gery toe hulle ’n fout begaan het wat tot ’n skrum in Boishaai se guns gelei het Boishaai het alles in sy vermoë gedoen om balbesit in die laaste minuut te behou, en het met ’n uitskop na die kantlyn ná die 70ste minuut die wen beklink Boishaai se hoofafrigter, Sean Erasmus, is dit eens dit was ’n wedstryd wat enige kant toe kon gaan, maar sê goeie sinergie, goeie kondisionering en ’n wil om te wen het hulle elke keer in die volgende rat gekry

“Die voorspelerspel was ook goed gewees Ek dink ons het geweet Gim het ’n baie goeie rolmaalbeweging en ons wou nie vir hulle daai voorvoet gee by die fase van die spel nie, so ek dink die voorspelers het ontsettend goed geskrum en lynstane gedoen Ons verdediging is ook iets waaroor ons baie trots as ’n span is vanjaar Die seuns was fisiek daar gewees en het regtig alles ingesit om sleutelspelers van Paarl Gim onder druk te sit,” sê Erasmus

“Die manne was gemotiveerd om sake reg te stel ná die slae wat hulle in verlede jaar se interskole gekry het en was gefokus om die wedstryd te wen

“Die vers wat ons as span verlede jaar gekry het en volgens gelewe het was Be strong and courageous – Joshua 1:9 Dit is net ietsie wat ons wou gedoen het – ons wou mense inspireer en ons wou sterk en dapper wees en dit het ons baie goed gemotiveer ” Hy meen dit was ook grotendeels wat die keerpunt in die wedstryd teweeggebring het “Ek het vir Steph (van der Merwe), die kaptein, voor die wedstryd gesê ons gaan eers noord speel en dan suid speel en hom huis toe vat op die einde

“Die platvorm wat gelê is deur die spelers wat begin het, en hoe ons ons bomb squad gebruik het wat van die bank af gekom het en gespeel het, veral in daardie 15 minute, was vir seker ’n keerpunt Dit is nie om enigiemand uit te sonder nie, maar ons het aan die begin van die jaar gepraat en gesê as ons interskole wil wen

dié jaar, gaan dit 30 spelers verg Dit het die eerste- en tweedespan saamgevat en die sinergie daarvan Die impak wat die spelers gehad het van die bank af was massief vir ons, so ek dink as ’n mens net kyk na die manne wat ons opgebring het in die laaste 10 minute het hulle regtig die tempo gelig ”

Te midde van die uitstekende spel op die veld was dit ook die sportmanskap en karakter wat die spelers van die veld af gewys het wat aandag getrek het ’n Foto waarin Boishaai se Tristan Joubert vir die Gimmies se Quintin Potgieter ná die wedstryd in ’n emosiebelaaide oomblik ’n druk gee en ’n video waarin Boishaai se kaptein, Van der Merwe, die Boishaai-paviljoen ná die wedstryd toespreek en die Here prys vir Sy hand in die wedstryd, het wyd die ronde op sosiale media gedoen

“Ek was baie trots toe ek daai foto sien, want vir hom [Tristan] was dit ook belangrik om daar te wees vir Quinton en dit spreek boekdele van die verhouding wat ons het binne die dorp met skole en die seuns in die dorp As hulle teen mekaar speel op ’n Saterdag, speel hulle hard, maar ná die tyd is hulle vriende en het hulle baie respek vir mekaar,” sê Erasmus

’NVOORREGOMTEINSPIREER

Erasmus sê daarbenewens bly dit jaar ná jaar ’n voorreg om in die grootste skolerugbywedstryd te speel en hy meen dit spreek boekdele van die talent in die dorp

“Ons het ook die week met die seuns gepraat oor pressure versus privilege en gesê die naweek is nie druk nie; dit is ’n voorreg en geleentheid om mense te inspireer deur hoe ons rugby speel en hoe ons onsself gedra Ons wil drieë druk vir die Here, ons wil harte wen vir Jesus Dit is wat dit so ’n groot voorreg maak, dat jy baie kan doen vir die mense wat na die wedstryd kyk om hulle te inspireer op verskillende maniere Dit bly vir ons ’n groot voorreg om deel te wees van so ’n groot wedstryd teen ’n amazing skool soos Paarl Gimnasium ” Erasmus het die hele afrigting- en bestuurspan by name bedank, asook die HJS-personeel, die spelers en hul ouers vir almal se opoffering Hy het ook sy opregte dank aan die borge uitgespreek “Niks is moontlik sonder borge en mense wat vir jou omgee nie – dit gaan nie net oor die finansiële ondersteuning nie Dit gaan ook oor die verhouding wat hulle het met ons en ons is baie, baie dankbaar vir hulle ”

Regstelling oor Boishaai se rugbyseisoen

’n Berig wat die verkeerde inligting bevat oor Boishaai se huidige rugbyseisoen het verkeerdelik deurgetrek na die Interskoleboekie en verlede week se uitgawe van die koerant in “Paarl se rugby-konings: Die grootste Interskole-botsing”.

Paarl Post vra opreg verskoning hiervoor en wil graag van die feite regstel. Daarin is berig dat Boishaai ná ses oorwinnings onverwagte nederlae teen Wynberg, Paul Roos en Affies gely het. Die inligting is verkeerd. Boishaai het

inderwaarheid teen al drie die spanne gewen, en slegs een wedstryd in die ligaseisoen verloor. Daarin is die Interskole-datum ook verkeerdelik aangegee as Saterdag 3 Augustus; die wedstryd is vanjaar op Saterdag 2 Augustus gespeel.

Boishaai vier sy oorwinning ná ’n naelbyt interskole-stryd teen die Hoërskool Paarl Gimnasium waarin hulle met ’n eindtelling van 35-33 geseëvier het

Nóg ’n Groendal-man doodgesteek

Die Franschhoek-polisie sê hulle het vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n man van Groendal die afgelope Sondag (3Augustus)

Austin Stevens (28) is glo deur ’n groep mans ná ’n onderonsie met messe en pangas aangerand en het by die ingang van sy meisie, Gevileen Dawuwa (23), se ouerhuis aan sy wonde beswyk. Die voorval het kort ná 15:00 Sondagmiddag plaasgevind Volgens wat Dawuwa Maandag aan Paarl Post vertel het, het die groep mans, wat vermoedelik aan die Wrong Turns-bendegroep behoort, ook met haar broer, Dian Dawuwa, slaags geraak. Sy vertel dat Stevens, met wie sy vir meer as twee jaar in ’n verhouding was, glo deur een van die vermeende bendelede op die hoek van hul straat gekonfronteer is.

’n Stryery, wat toe in ’n bakleiery ontaard het, het tussen die twee uitgebreek. Die vermeende bendelid het volgens haar toe sy vriende gaan haal, waarna Stevens so erg aangerand is dat dit tot sy dood gelei het.

Sy vertel dat Stevens daarin kon slaag om tot by haar ouers se erf, waar hy gewoon het, te hardloop.

“Hy het nog gelewe. Iemand het gehelp om die bloed te stop totdat die ambulans gekom het,” vertel sy.

Stevens is egter met paramedici se aankoms dood verklaar.

Dawuwa het erken dat Stevens ook deel was van ’n groepering in die gebied, maar sê dat hy nooit by geweld betrokke was nie.

Stevens is oorspronklik van Kraaifontein waar die meeste van sy familie glo woon.

Dawuwa se pa, Rudolf, sê die familie sal graag wil sien dat geregtigheid geskied.

“Dit is nie die eerste voorval nie Hierdie groep kom gereeld weg met hierdie soort dinge

“Die polisie kry hulle nooit in die hande nie en daarom doen hulle net wat hulle wil.”

Hy sê een van die vermeende bendelede het glo gedreig het hy [die pa] “volgende is”

Lt.kol. Frederick Rossouw, stasiebevelvoerder van die Franschhoek-polisie, het by navraag bevestig dat ’n moordsaak ondersoek word.

“Een verdagte is Sondag in hegtenis

geneem en nog vier Maandag (4Augustus). Al vyf verdagtes word tans deur die polisie ondervra,” sê Rossouw.

Dit is die tweede mesaanval in Groendal in minder as ’n maand.

Paarl Post het op 7 Julie berig oor ’n 17-jarige seun wat in hegtenis geneem is nadat hy glo ’n 21-jarige man doodgesteek het.

Hierdie voorval het ook op ’n Sondag plaasgevind.

Broer, suster laatnag in Franschhoek-gastehuis aangeval

Rasaad Adams

’n 60-jarige vrou en haar 40-jarige broer is Saterdag (2 Augustus) in die vroeë oggendure met ernstige beserings gehospitaliseer nadat drie gewapende rowers by ’n gastehuis naby Uitkykstraat in Franschhoek ingebreek, en dié twee aangerand en van verskeie besittings beroof het.

Paarl Post verstaan dat die drie rowers kort ná middernag toegang tot die gastehuis verkry en glo dadelik die paartjie aangeval het.

Hul aanvallers was na bewering met hamers en pangas gewapen en hul gesigte met maskers bedek, het kol Frederick Rossouw, bevelvoerder van die Franschhoek-polisiekantoor, by navraag gesê.

Die rowers het na bewering die sibbe in ’n vertrek toegesluit voordat hulle met verskeie artikels van die toneel gevlug het.

Die verdagtes is nog op vrye voet, het Rossouw bevestig.

Volgens Rossouw ondersoek die polisie ’n huisroof.

Hy sê die twee se verklarings moet nog deur die polisie geneem word

Volgens Kurt Maske, ’n paramedikus van ER24, is hy omstreeks 01:10 oor die

voorval verwittig.

“Met ons aankoms is ’n man en vrou met ernstige beserings op die toneel aangetref

“Die man se beserings was aanvanklik kritiek, maar ons kon hom op die toneel stabiliseer.

“Albei is na ’n hospitaal in die omgewing vir verdere behandeling vervoer,” sê Maske

Maske het bevestig dat die Franschhoek-polisie, die Franschhoek First Responders en private sekuriteit op die toneel was.

Netwerk24 het Saterdag (2 Augustus) berig dat die twee glo broer en suster is.

Volgens Netwerk24 moes hulle ná die aanval en huisroof glo byna 1km sukkel-sukkel loop om hulp te soek

“Hulle het aan baie eenhede se deure om hulp geklop, maar niemand het oopgemaak nie.

“’n Junior wynmaker het uiteindelik sy woning se deur oopgemaak en hulp ontbied,” het Wynand Barnard, familiewoordvoerder, Saterdagaand laat aan Netwerk24 gesê

• Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Stopmisdaad-nommer, 08600 10111, te skakel of die MySAPS-toep te gebruik. Alle inligting sal as vertroulik gehanteer word

Die polisie en ambulansdienste van ER24 Saterdagnag op die toneel by die Franschhoek-gastehuis Foto: Kurt Maske
Die toneel by die woning van Austin Stevens (28) se meisie se ouers in Groendal waar hy die afgelope Sondag (3 Augustus) dood is
Austin Stevens (28)
Devileen Dawuwa, meisie van die vermoorde Austin Stevens (28), en haar pa, Rudolf Foto: Rasaad Adams
Die polisie, ambulansdienste en forensiesepatologiedienste Sondagmiddag op die toneel Foto: Franschhoek First Responders

Hoër Landbouskool Boland reg vir Oakdale

Die Hoër Landbouskool Boland is slaggereed vir die komende naweek se Interskole-kragmeting teen die Landbouskool Oakdale Die span reis vanjaar na Riversdal Die o 19A-wedstryd skop om 14:00 af en word voorafgegaan deur die o.19B-wedstryd om 12:00. Die sjampanjenooi, Isabella Rosslee, eerstespanrugbykaptein, Pieter Bergh, en dirigent Jean van Wyk slyp hul tande vir Oakdale

Forum vra ondersoek na rugby-omkopery

Rasaad Adams

Die Kaapse Forum het vandeesweek ’n beroep op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gedoen om die bewerings van skeidsregter-omkopery in die Boland te ondersoek. Dit volg ná ’n skokkende berig in Rapport die afgelope Sondag

Die Kaapse Forum sê ook die Boland Rugbyunie (BRU) sal nie self die bewerings kan ondersoek nie, aangesien dit “alombekend” is dat sy voorsitter, Bennie van Rooi, persoonlike verhoudings met sommige klubvoorsitters het.

Rapport het berig dat bronne in die blasersgeledere onthul het dat skeidsregters in die Boland tot R15000 in die sak kan steek om wedstryde in die guns van plaaslike rugbyspanne te blaas. Daar is ook beweer dat klubs as deel van die wedstrydknoeiery skeidsregters se vervoerkoste dek.

’n Tugkomitee is aangestel om die kwessie te ondersoek, het Bennie van Rooi, BRU-president, by navraag aan Rapport gesê Heindrich Wyngaard, voorsitter van Kaapse Forum, het Maandag na afloop van Rapport se berig gesê die forum sal

regshulp bied aan mense wat oor inligting beskik rakende voorvalle waar skeidsregters omgekoop is om ten gunste van ’n spesifieke span te blaas, asook aan diegene wat bang is hulle word geviktimiseer of geïntimideer as hulle met inligting na vore kom Volgens Wyngaard het hulle hierdie versoek Maandagoggend in ’n brief aan Mark Alexander, president van Saru, gerig.

“Die Kaapse Forum glo nie dat die BRU geskik is om self ondersoek na die bewerings in te stel nie, aangesien die unie ’n geruime tyd reeds daarvan bewus is. Daar is egter eers gewag totdat ’n fluitjieblaser ’n amptelike klagte ingedien het,” sê Wyngaard.

Hy sê verder dat dit alombekend in die Boland is dat Bennie van Rooi, president van BRU, persoonlike verhoudings met sommige klubvoorsitters het. Hy beskou die verhoudings as onbehoorlik.

Luidens berigte word Linston Manuels, bestuurder van Boland se skeidsregters, by die bewerings betrek.

“Jy kan nie ’n beskuldigde wees en self ook die regter nie,” sê Wyngaard oor die BRU se besluit dat sy tugkomitee ’n ondersoek na die bewerings

sal doen. Wyngaard sê voorts dat indien die bewerings waar is, dit op ’n groter probleem as slegs ’n “dissiplinêre kwaal” by die BRU dui

“Die unie se hele bestuurstylen kultuur, korporatiewe bestuurstelsels en etiese waardes mag dalk daardeur in twyfel getrek word.

“Waarom dit die Kaapse Forum bekommer, is omdat rugby dikwels die enigste voertuig is waardeur jongmense van die Boland uit hul ellendige sosiaalekonomiese omstandighede gelig kan word.

“Ons sien die resultate in die samestelling van provinsiale spanne tot op die hoogste vlak, maar dit begin by die meer as 200 klubs van die Boland,” sê Wyngaard

Die Kaapse Forum is die afgelope drie jaar van sy bestaan ten nouste betrokke by gemeenskappe in die Boland om onder meer te help met die sentrale rol wat rugby speel in die bou van selftrots en die opheffing van families.

“Ons het daarom by geleentheid onder meer die unie met ’n borgskap vir sy laer ligas ondersteun en was ook as donateur by ’n paar klubs van die Grootuitdaag-kompetisie betrokke,” sê Wyngaard

Klagte weens ‘geen hulp’

Die Pienaar-familie van Wellington sit steeds met talle onbeantwoorde vrae ná die tragiese afsterwe van hul seun, Lee-Mark Pienaar (19), wat op 26 Januarie op die N1 naby Klapmuts omstreeks 23:00 deur ’n voertuig getref is. Hy is ure later aan sy beserings in Mediclinic Paarl oorlede Die voorval word deur die Klapmuts-polisie ondersoek.

Volgens Ronelle Pienaar, ’n familielid van Lee-Mark, het die familie egter nog geen kommunikasie van die Klapmuts-polisie ontvang nie, met slegs ’n saaknommer wat verskaf is Verklarings van die familie, wat ooggetuies was van die ongeluk, is nog nie geneem nie, asook nie die verklaring van die bestuurder wat in Lee-Mark vasgery het nie.

Ronelle het vertel dat die bestuurder ná die botsing gestop en vir Lee-Mark na die hospitaal vervoer het. Die familie het dus die bestuurder se besonderhede in hul besit. Volgens Ronelle het die motoris ook erken dat hy tydens die ongeluk

op sy foon was.

Sers Madilyn Dombas, woordvoerder van die Klapmuts-polisie, weerlê die bewerings van die familie dat die polisie nie met die familie kontak behou nie, en sê dat “alle inligting reeds ingesamel is”. Sy het egter nie verdere besonderhede gegee oor wat hierdie inligting behels nie. ’n Saak van strafbare manslag word tans ondersoek.

Volgens Ronelle was Lee-Mark en sowat 10 ander mense, wat insluit familie en vriende, op pad van die Strand na Wellington nadat hulle ’n dag langs die see deurgebring het.

Die motor, ’n bakkie, waarin hulle gery het, het egter probleme gegee waarna Ronelle en haar man uitgeroep is om hulp te verleen.

Met hul aankoms het hulle gepoog om die bakkie te sleep, maar het later gestop en naby aan die Klapmuts-afrit besluit om ’n insleepdiens te kontak.

Die insittendes, uitsluitend Lee-Mark, het toe na die motor gestap waarin Ronelle gesit het, waarna Lee-Mark ook van die bakkie afgeklim het om na hulle toe te stap.

“Hy [Lee-Mark] het reg langs my

verbygeloop [en] dit is waar die ongeluk plaasgevind het. Die voertuig het hom [vir Lee-Mark] getref sonder dat ons dit [die voertuig] sien of hoor aankom het.

My redenasie is dat, as hy [Lee-Mark] die voertuig betyds opgemerk het of onveilig gevoel het, sou hy uit die pad probeer spring het,” volgens Ronelle

Toe Ronelle omkyk het sy vir LeeMark op die grond sien lê, waarna die ambulansdienste en Klapmuts-polisie dadelik ontbied is.

Die bestuurder wat in Lee-Mark vasgery het, het egter omgedraai, en aangebied om hom na die Mediclinic Paarl te neem waarna sy familie die bestuurder gevolg het.

Die Klapmuts-polisie het die familie glo by die hospitaal ontmoet waar ’n saak geopen is.

Die voertuig waarin hulle gereis het wat probleme gegee het, is op die N1 agtergelaat.

Die mediese personeel het alles in hul vermoë gedoen om Lee-Mark se lewe te red, maar hy is omstreeks 04:00 op 27 Januarie oorlede weens “veelvuldige beserings wat ooreenstem met trauma veroorsaak deur ’n stomp voorwerp”

(blunt force trauma), volgens die nadoodse ondersoekverslag wat die Paarl Post onder oë gehad het.

Lee-Mark het in Wellington grootgeword en skoolgegaan aan die Hoërskool Wellington. Ten tyde van sy dood was hy besig om ’n diploma in kantooradministrasie aan Boland College te voltooi

Die Pienaar-familie is ontsteld oor die gebrek aan kommunikasie van die Klapmuts-polisie sedert die ongeluk, ondanks hulle pogings om by die polisiestasie navraag te doen.

Lee-Mark Pienaar (19), wat op 26 Januarie langs die N1 raakgery is, en die volgende dag in die Mediclinic Paarl gesterf het

CSOS - APG management unlawful

The Community Schemes Ombud Service (CSOS) has ruled that Africa Property Group (APG) and its owner Arusha Naidoo, a Paarlbased property management company, acted unlawfully when it continued to serve as managing agent of Ascot Terraces, a housing estate in Milnerton, despite being removed by the homeowners and the estates Body Corporate (BC) through a Special General Meeting (SGM)

The ruling, issued on 30 July 2025, comes more than a year after 15 residents lodged a formal complaint with CSOS, following APG’s disputed appointment at the estate in mid-2024

In the adjudication order CSOS upheld the homeowners' right to convene an SGM after the previous board of trustees failed to do so despite receiving a valid written request supported by over 50% of unit owners, as required by law

In a ruling dated 30 July 2025 and shared with 15 applicants from Ascot Terraces, the CSOS confirmed several key finding:

• Owners were entitled to call an SGM under Prescribed Management Rule (PMR) 17(4) after their lawful request was ignored

• The actions of the removed trustees and APG in attempt-

ing to prevent the meeting were unlawful

• All outcomes and decisions taken at a subsequent meeting called by the removed trustees on 11 July 2024 were declared invalid

• The former trustees were ordered to hand over the scheme’s bank accounts and all control to the new trustees elected during the lawful SGM

In a separate application lodged by the previous trustees which was consolidated with the main matter, the BC sought to restrict certain homeowners from specific actions

These included attempts to remove trustees, unauthorised access to bank accounts and property gates, interference with contractors, causing disruptions, disrespecting trustees, breaching the Protection of Personal Information Act (POPIA), and communicating with other owners without proper authority

The CSOS declined to grant this relief, effectively dismissing the claims made by the previous trustees

Paarl Post first reported on the growing tensions at Ascot Terraces in May 2025, when several residents accused Naidoo of refusing to relinquish her role despite the formal termination of APG’s mandate at an SGM held on 21 August 2024

Homeowners allege that

prior to APG’s appointment, Naidoo had attended the AGM accompanied by two business associates (all holding voting proxies) and that the meeting led to the election of trustees sympathetic to APG

Within weeks, APG had reportedly replaced the previous managing agent without notice

When more than half of the owners formally petitioned for a new SGM to terminate APG’s services, their request was ignored by the new sitting trustees The residents then exercised their right under PMR 17(4) to convene the meeting themselves, leading to the removal of APG and the election of new trustees on 12 August 2024 supported by signatures from over 50% of residents

Paarl Post first reported on APG in September 2023 which was appointed as the managing agent at De Chavonnes, an apartment complex in Paarl, during early 2023

to the BC of Ascot Terraces, but no comment has been received

Lovemore Nyere, Michelle Flynn, Lauren Kansley and Colleen Karayiannis, trustees of Ascot Terrace’s BC said they are “grateful to have [their] homes fully back in [their] care

Dawid du Toit, a concerned home owner and resident at De Chavonnes, previously told the newspaper that this appointment was unconstitutional, as no Annual General Meeting (AGM) was held to vote on the matter

Naidoo, in previous email correspondence with Paarl Post, confirmed that APG continues to manage De Chavonnes

Paarl Post has reached out

“We have a long road to harmonise our financials, but as the recognised trustees of the Ascot Terraces we take this responsibility very seriously We hope that our successful CSOS ruling is a clarion call to other BC’s to be extremely mindful of what happens in their AGMs and who is allowed to manage their affairs According to Musa Sono, head of communications at APG, "APG respects and acknowledges the CSOS decision as set out in the adjudication order"

Sono said that APG has stepped away from managing Ascot Terraces since the CSOS ruling, and has "no intention" of appealing

According to Zamangwanya Malgas, spokesperson of the CSOS, there are three pending disputes lodged at the CSOS in which APG is the respondent

The Ascot Terraces housing estate in Milnerton in Grand National Boulevard Photo: Screenshot/ Google Maps
Arusha Naidoo, the owner of Africa Property Group

Sportgees die wenner van interskole

Verlede week se interskole-byeenkoms tussen Gimnasium, Boishaai en Girls’ High was weer eens ’n fees van skolesport op sy beste. Terwyl die vlak van kompetisie, soos altyd, van die hoogste gehalte was, was dit die gees van sportmanskap en kameraadskap wat werklik uitgestaan het.

Die hoogtepunt was ongetwyfeld Saterdag se eerstespan-rugbywedstryd tussen Boishaai en Gim in die Faurestraat-stadion. Die naelbyt-afloop het emosies hoog laat loop, met trane wat by die eindfluitjie gevloei het.

Tog was dit die manier waarop leerders en spelers van al die skole mekaar ondersteun het – voor, tydens en ná die wedstryd – wat die ware gees van interskole uitgelig het. Hierdie vertoning van wedersydse respek en kameraadskap is iets waarop die hele Drakenstein-vallei trots kan wees. Dit dien as ’n voorbeeld van hoe skolesport behoort te wees: kompeterend maar respekvol, hartstogtelik maar vrienskaplik.

Aan die res van die Drakenstein-skole wat nog hul derbies gaan aanpak: mag julle ook hierdie gees van sportmanskap en kameraadskap uitleef. Sport op skoolvlak gaan immers nie net oor wen of verloor nie – dit gaan oor karakter, vriendskap en die waardes wat ons aan ons jeug oordra.

Geluk aan almal wat deelgeneem het. aan ’n onvergeetlike Interskole 2025.

Pitkos

Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges. –

‘Bring back Green Rangers’

What happened to the “Green Rangers” that Drakenstein Municipality announced with such fanfare a few months ago?

I am a regular walker in the Paarl Arboretum and for the past three weeks the Rangers and their quad bikes were nowhere to be seen. Was this just another gimmick from our so-called City of Excellence? Can they please explain? Or will the Green Rangers come back only when another innocent person is robbed or assaulted in the Arboretum?

The Peac Officers, who sed

though the Rangers spent a lot of their time just chilling on their bikes busy on their mobile phones, it was still reassuring to know they were there and they served as a deterrent for criminals

So DM, please tell us what’s going on?

Walker from Paarl Saul Jacobs, Manager: law enforcement and security at Drakenstein Municipality responds:

se moeder) verteenwoordig gehoorsaamheid en krag; en die vrou by die put word een van die eerste evangeliste in die Nuwe Testament Hoe trots moes Charlotte Maxeke se ma nie op haar dogter se universiteitsgraad gewees het nie of Miriam Makeba se ma toe haar dogter haar standpunt by die Verenigde Nasies gestel het nie; Tant Alie Badenhorst se kragtige blik op die lyding van vroue in die oorlog; Vroue soos Suster Nellie du Toit en ander verpleegsters wat in veldhospitale in Europa aan die front gewerk het; vroue wat van die huis af ondersteun het; vroue

“New Officers were deployed in the Green Rangers programme. They are still patrolling the Arboretum and the Paarl Mountain. Time are adapted in terms of terns and the winter seaofficers are on patrol 17:00.”

Stuur briewe in

dis gratis

Ons hoor graag van jou! Paarl Post nooi al ons lesers om hul gedagtes, terugvoer en storie- idees met ons te deel Of jy nou ’n mening wil lug, kommentaar oor plaaslike kwessies wil lewer of weet van iets nuuswaardig wat in jou gemeenskap gebeur –ons hoor graag van jou! Stuur ’n WhatsApp na 066 484 3728 of stuur jou brief per e-pos na edit@paarlpost co za Jou stem maak saak Help ons om Paarl ingelig te hou We'd love to hear from you! Paarl Post invites all our readers to share their thoughts feedback and story ideas with us Whether you have an opinion, want to comment on local issues, or know of something newsworthy in your community – we’d love to hear from you! Send us a WhatsApp on 066 484 3728 or email your letter to edit@paarlpost co za Your voice matters Help us keep Paarl informed

Vroue het aanhou boer, kinders beskerm en hongersnood trotseer Hulle het verpleegsters onderwysers en leiers geword – sonder erkenning, maar met enorme innerlike krag. Johanna van Warmelo het nie op haar laat wag nie, maar geheime boodskappe in mandjies vol druiwe en wasgoed het ’n groot rol in die Boere se intelligensienetwerk gespeel Vroue het dikwels onderskatte rolle in oorloë vervul. In die vroeë 1900’s was dit ’n era van onderdanigheid en beperkte regte Vroue het begin lees, skole ondersteun en begin droom oor ’n wêreld waar hul stem sou tel In die jare sewentig en selfs tagtig was

dit ’n tyd van revolusie en selfbevryding vir vroue Vroue het studeer werk buite die huis gedoen en teen seksisme opgestaan; hul balans tussen huis en werk probeer vind en vir plek in die samelewing begin baklei – onsigbaar, maar onmisbaar Die moderne vrou is verbind, ingelig en bewus. Sy balanseer haar loopbaan, moederskap en selfversorging. Vroue is minder bang vir verandering en meer bereid om weer te begin. Vroue vra nie meer plek aan die tafel nie maar bou hul eie tafels. Bonang Matheba bou die tafel om meisies te onderrig en hul selfbeeld te bevorder Stacey Fru skryf haar eerste boek op sewe jaar! Tyla sing die wêreld aan die brand met “Water” Lethabo Nthogoane word bekroon vir haar werk in ruimtevaart en ingenieurswese Stewige tafels word gedek deur prof Elmien du Plessis, wat met komplekse kwessies soos grondhervorming ’n balans bring; Antjie Krog, die stem vir versoening en waarheid; Laurika Rauch, wat menslike ervarings meesterlik vasvang; ook jong vroue soos Christelle Combrinck (jong digter en skrywer), Anriette de Wet (Boervrou en entrepreneur), Demi Lee Moore (wat haar platform gebruik om temas van hoop geloof en vrouekrag aan te durf) Ons hoef nie almal ’n sitstaking voor ’n parlementgebou te hou nie, want dit maak nie saak wat jou ouderdom is nie – Greta het met onwrikbare oortuiging wêreldleiers gekon-

fronteer en die klimaatkrisis in die kollig geplaas So het elke era sy heldinne Al hierdie vroue se nalentenskap is sigbaar en straal oneindige krag en weerstand teen ou opinies uit Nie alle vroue se name is op voorblaaie van koerante nie, maar maak ’n daadwerklike verskil op stil, volhoubare enbetekenisvollemaniere Ondanks en danksy vroue se weerstand en deursettingsvermoë is vroue vandag nog die rots waarop baie gesinne staatmaak. “Be the woman who fixes another woman’s crown without telling the world it was crooked.”

Vroue vorm die wêreld waarin hulle leef Deur al die geslagte heen was daar iewers ’n vrou wat nie tevrede was met haar omstandighede nie; ’n vrou wat n deurdagte besluit geneem het om dinge self te doen en self in die storm te staan Vroue wat in stilte gely het, was die sterkste vrouens Dis hulle wat geïnspireer en uitgedaag het; dis hulle wat eintlik almal standbeelde moet kry en krone moet dra. Vandag staan ons op die skouers van vroue wat ons nie geken het nie maar

Bybelse
- Amanda Zulch
Omring deur die skoonheid van berge
Hierdie foto vang oomblikke by die Mont Rochelle-natuurreservaat vas op een van die gewilde staproetes

Montessori-kleuterskool geopen

Om elke kind verder in sy of haar uniekheid op te bou, is die visie waarna die Jes Montessori Pre-primêre skool, wat verlede week sy deure amptelik geopen het, strewe

Die skoolhoof, Charlene Elliott, sê die opening verlede Vrydag (1 Augustus) is die vervulling van ’n droom wat vyf jaar gelede, saam met net vyf kindertjies en ’n groot geloof, diep in haar hart gebore is. Die skool is geleë op die Le Arc Berries-plaas in Wemmershoek.

“In 2021 het ons plek slegs sewe kinders gehou Ek onthou nog die dae waar ek met trane in my oë gewonder het hoe ons ooit meer kinders sou kon bereik, maar ek het geweet ek moet nie drome jaag nie. Ek het geglo dat God se tyd altyd perfek is. En vandag, vyf jaar later, is dit nie net ’n droom wat lewe gekry het nie, dis ’n wonderwerk wat 30 kinders se toekoms verander.

“Ons skool werk volgens die Montessori-kurrikulum, ’n metode wat elke kind in sy/ haar unieke lig sien. Hier word hulle nie net geleer nie, hulle

word verstaan, liefgehê en gelei. By Jes Montessori begin ons kinders op 3 jaar en bly tot 5 jaar. In daardie vormingsjare plant ons die saadjies van self-

‘How to use your mind’ taught to youngsters at event

On 26 July the youth empowerment event “Ignite Your Youthful Mind 2025” was hosted by Mindful Practice in Paarl at the Jack Meyer Arts Centre The event taught minors how to use their minds through meditation techniques and how to manage their emotional wellbeing It was interactive and fun It covered “The Resilient Mind” workshop by Bronwen Bayman, Founder of Mindful Practice and “Claim Your Future” talk by Dr Gillian Arendse (former Physics Lecturer at Stellenbosch University). Learners from William Lloyd Primary School, Noorder Paarl High School, Klein Nederburg Secondary School, Dalweide Primary, Nederburg Primary School, La Rochelle Primary School and Nieuwedrift Primary School partook.

Hondekos op Mandeladag geskenk

Drakenstein Animal Rescue (DAR), ’n organisasie sonder winsoogmerk in die Drakenstein-vallei, het op vanjaar se Mandeladag 20kg (ongeveer 35 sakke) hondekos van Harcourts Winelands, wat kantore in die Paarl en Wellington het, ontvang. DAR bedank dié kantore vir hul skenking Op die foto is ’n hond en sy eienaar, wat ’n sak hondekos ontvang het

Dog food given to animal shelters on Mandela Day Harcourts Winelands (consisting of the Paarl and Wellington branches) partnered with Paarl Agrimark for a Mandela Day fundraising initiative with the goal of collecting 1 ton of dog food for local registered animal shelters. However, they far surpassed this target, collecting an impressive 2940kg, just shy of 3 tons. The contributions included 1740kg dog food from The Harcourts Foundation, 800kg from Montego and 400kg from Paarl Agrimark During the handover the staff at Paarl Agrimark loaded the waiting vehicles of Wellington SPCA, Drakenstein Animal Rescue and Dead Animals Walking, which are three non-profit organisations operating within the winelands region This generous donation will bring much-needed relief to animals in need in the local communities

vertroue, liefde en waardes wat hulle vir altyd sal dra.”

Elliott sê die skool is “meer as net ’n plek van leer”. Sy bestempel dit ook as ’n veilige hawe en

’n gemeenskapsanker

“[Dis] ’n spasie waar ons kinders nie net akademies groei nie, maar ook geestelik. Ons glo dat geloof net so belangrik is soos kennis en dat elke kind met ’n doel hier geplaas is.”

Elliott het ook haar dank uitgespreek aan die verskillende rolspelers wat bygedra het tot die oprig van dié skool. Verteenwoordigers van die Drakenstein-munisipaliteit en die Wes-Kaapse LUR van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ivan Meyer, het die opening bygewoon.

Volgens Elliott sien sy meer as net ’n skoolgebou – sy sien ’n mooi toekoms vir dié wat die skool met ’n goeie opvoeding sal bedien.

“Ek sien nie net ’n gebou met mure nie. Ek sien glimlagte, hoop en kinders wat eendag leiers, opvoeders en gemeenskapsbouers gaan wees. Dís die hart van Jes Montessori Hierdie is nie net my droom wat waar geword het nie; dit is óns droom wat aan ’n hele gemeenskap lewe gee.”

van

Kulturele opvoedingsessie vir hoërskoolleerders is behartig

Naudé, projekleier en stigter van die

Jeug leer oor die belangrike rol van kultuurgeskiedenis

Die Jonk Strandlopers, in samewerking met Cape Winelands Biodiversity, die Enjoy Drakenstein-plaasliketoerismevereniging en die Noorder Paarl Hoërskool, het die afgelope Saterdag (2Augustus) ’n kulturele opvoedingsessie gehou.

Die sessie is deur altesaam 23 gr.10- en gr.11-leerders van verskeie sekondêre skole in die Drakenstein, asook 25 leerders van die Hoërskool Noorder Paarl bygewoon.

Die groep is toegespreek deur Hybré van Niekerk, kultuurhistorikus en hoof van Enjoy Drakenstein, oor die belang-

rike rol wat Krotoa in ons geskiedenis vertolk het.

Dieuwke-Jean Linee, ’n plaaslike kunstenaar, het die groep vertel hoekom sy besluit het om aan Krotoa ’n verbeelde gesig te gee en die bekende woordkunstenaar Gaireyah Fredericks het ’n paar gedigte en stories met die groep in Afrikaaps gedeel. Die Rieldansgroep van Nederburg Primêr het die gehoor vermaak soos net hulle dit kan doen

Die geleentheid het by die skoolsaal van die Hoërskool Noorder Paarl plaasgevind en was ’n groot sukses

TENDERNO:PS04/2024

TENDERDESCRIPTION:THEMANAGEMENTOFANIMALPOUNDSERVICESANDANCILLARYFUNCTIONSFOR DRAKENSTEINMUNICIPALITYFORAPERIODUNTIL30JUNE2028 o�ce is hereby given that the above-men�oned tenders was cancelled by the Bid Adjudica

on25July2025intermsofthetermsofparagraph60(1)(c)oftheSupplyChainManagementPolicy

Die Jes Montessori Preprimêre Skool in Wemmershoek is die afgelope
Vrydag (1 Augustus) amptelike geopen
’n
deur,
links, Gaireyah Fredericks, Wade
Jonk Strandlopers, Hybré van Niekerk, Dieuwke-Jean Linee en Ciley Sampson, projekkoördineerder van die Jonk Strandlopers. Foto: Diyaa-Udeen Bougaard.

‘W-Kaapse damvlakke voldoende’

Die departement van water en sanitasie sê hoewel damme nie soos teen dieselfde tydperk verlede jaar oorloop nie, is hy tevrede met die vlakke by al 31 sy damme in die Wes-Kaap, met die Bergrivierdam buite Franschhoek se vlak wat die afgelope Maandag (4 Augustus) op 100,5% gestaan het.

Die departement het Dinsdag (5 Augustus) op ’n mediakonferensie by die Bergrivierdam gesê reënval bly weens klimaatinvloede onvoorspelbaar.

Hy sê ook die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel ondergemiddelde reënval vir die res van vanjaar se winterseisoen.

Die Wes-Kaap het altesaam 44 damme, waarvan 31 deur die departement van water en sanitasie besit word

Die provinsie se damvlakke het die afgelope Maandag op 79% gestaan

Volgens Mkhevu Mnisi, die departement se direkteur van waterhulpbron-ondersteuning, was die algehele Bergrivier-opvangsgebied se vlak teen Woensdag 90,18%.

Die Breederivier-opvangsgebied het Woensdag op 76,68% gestaan, die Olifants/Doorn-gebied op 80% en die Gouritz-gebied op 70%.

Vier sluise is volgens Mnisi verlede Vrydag by die Clanwilliamdam oopgemaak om die vlak na minstens 75% te verlaag sodat bouwerk aan die damwal voortgesit kan word.

Volgens Mnisi het die Clanwilliamdam Woensdag op 78% gestaan

“Reënval bly onvoorspelbaar weens klimaatinvloede, soos El Niño en La Niña.”
- Mkhevu Mnisi

Hy sê ondanks goeie reënval sedert die begin van die winterseisoen beskou die departement steeds water as ’n skaars hulpbron wat ten alle koste bewaar moet word.

“Gegewe hierdie vooruitsig doen die departement ’n beroep op alle waterverbruikers om voort te gaan met water-

No free fire-fighting service from DFW in future

Ongoing tensions between Drakenstein Farm Watch (DFW), a voluntary emergency-response group in the valley with its own fire and rescue service, and Drakenstein Municipality (DM) over the legitimacy of emergency responses intensified last week with DFW’s suspension of all free fire emergency services in informal settlements and on municipal land.

These had been provided voluntarily by DFW in collaboration with the municipality.

For now on the group will provide fire-emergency services only to paying clients. This move came after “legal threats and a hostile stance from the DM”, according to a public statement by the DFW.

According to Daan van Leeuwen Boomkamp, DFW commander, a memorandum of understanding (MoU) established between the organisation and the DM two years ago and was due to expire in October, outlined the terms under which the volunteer fire service could assist the municipality in both structural and vegetation fires.

But this has been set aside by DFW’s decision to suspend its services. This decision came after the DM allegedly

described the volunteer fire service as “irrelevant, non-compliant and potentially subject to legal action,” according to a statement issued by the DFW

This stance from the municipality may have been influenced by a recent move by the City of Cape Town (CoCT), imposing a similar embargo on Fidelity SecureFire, a private firefighting service, on the grounds that fire services fall within government jurisdiction and should not be outsourced.

This dispute, according to Van Leeuwen Boomkamp, reached a tipping point in a meeting between the DFW and the DM in July, when no “formal stance, acknowledgement of DFW’s historic contribution or plan [the one agreed to between the DFW and DM] for moving forward [in combined firefighting efforts].”

He said the decision to suspend the DFW’s services stemmed from frustration and disappointment, as the DM chose not to reach an agreement with the voluntary firefighting service regarding collaboration and resource sharing to combat fires, a service which the DFW provided

Paarl Post reached out to the DM for comment, but none was forthcoming by the time of going to print. Its comment will be published once it is received

bewaringspogings, ondanks positiewe damvlakke, deur reënwater op te vang, verantwoordelik met water om te gaan en klein damme te monitor

“Reënval bly onvoorspelbaar weens klimaatinvloede, soos El Niño en La Niña

“Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ondergemiddelde winterreënval, al is dit steeds moontlik dat damme vol kan word,” sê Mnisi.

Hy het verder benadruk dat die beskikbaarheid van grootmaatwater nie as waarborg dien dat plaaslike beperkings nie ingestel sal word nie.

“Sulke plaaslike beperkings kan verband hou met infrastruktuur- en ander uitdagings van munisipaliteite,” verduidelik hy.

Hy noem ook dat die departement

besorg bly oor die voortslepende vandalisering van water- en sanitasie-infrastruktuur.

“Die departement het omvangryke veldtogte teen vandalisme van stapel gestuur om gemeenskappe op te voed oor die gevare en gevolge van vandalisme en diefstal van water- en sanitasie-infrastruktuur.

“Ons het egter beweeg na ’n vlak waar ons nakoming en wetstoepassing as ’n afskrikstrategie gebruik.

“Ons het ’n nulverdraagsaamheid-beleid aanvaar teen ander onwettige aktiwiteite, insluitend onwettige wateronttrekkings en rivierafleidings.”

Oorsaak van dood bevestig

Chris Scheffers (19), die matiestudent van Riebeek-Wes wat Saterdag (2 Augustus) dood in sy kamer in die Dagbreek-koshuis gevind is, het weens breinvliesontsteking gesterf Só bevestig die Universiteit Stellenbosch in sy jongste verklaring met betrekking tot Scheffer se dood Scheffers het in die Swartland grootgeword en was ’n tweedejaar-teologiestudent. Sy dood is as ’n groot verlies vir die universiteit bestempel

Grant Leukes, Dagbreek-koshuishoof, het Scheffers beskryf as ’n energieke jong man wat die afgelope twee jaar ’n belangrike rol in Dagbreek se sêr-groep gespeel het.

“Hy was aktief by die koshuis betrokke. Ons gaan hom baie mis en dra ons opregte meegevoel aan sy familie oor.”

Sy familie is omstreeks 18:00 van sy dood ingelig nadat Scheffers Vrydag glad nie gesien is nie. Toe hy steeds die volgende dag vermis is, is die kampus-sekuriteit ontbied om sy kamerdeur, wat gesluit was, oop te maak.

Hulle het hom op sy bed aangetref. ’n Gedetailleerde kontakopsporing van mense wat die afgelope tien dae in noue kontak met Scheffers was, is intussen van stapel gestuur sodat chemoprofilakse, ’n voorkomende medikasie vir breinvliesontsteking, binne 24 uur toegedien kan word om die risiko van infeksie te verminder.

“Die kampusgesondheidsdiens sal binne die volgende 24 uur direk in verbinding tree met die mense wat kontak met hom gehad het. Dit sluit beide studente en personeel in,” het Martin Viljoen, woordvoerder vir die US, gesê Viljoen het aan die Standard & Breederivier Gazette gesê dat sy kamermaat nog nie die kwartaal in die koshuis gebly het nie. “Hy is ’n onderwysstudent wat tans sy prakties elders doen.”

Hoewel daar in dié stadium geen verdere bevestigde gevalle aangemeld is nie, sal die universiteit die situasie monitor

“Mediese sorg word dringend aanbeveel indien enige verwante simptome onder diegene wat met hom in kontak was en wat reeds die voorkomende medikasie ontvang het, ervaar word. Geïdentifiseerde mense wat wel met hom kontak gehad het, word in dié stadium

aangemoedig om slegs klas by te woon indien hulle geen simptome ervaar nie, om maskers tydens lesings te dra, groepbyeenkomste en enige kontaksport te vermy “As ’n voorsorgmaatreël is alle algemene vergaderings en byeenkomste in die Dagbreek-koshuis tot ná die naweek uitgestel.”

Volgens die kampusgesondheidsdiens begin die bakteriële infeksie aanvanklik met griepsimptome soos hoofpyn, spier- en gewrigspyn en ligsensitiwiteit wat geleidelik vererger Dit sluit in hoë koors, erge hoofpyn, ’n stywe nek, braking, diarree of maagpyn, pynlike gewrigte, koue hande en voete, aanvalle of slaperige gedrag wat in ’n koma kan verander.

Breinvliesontsteking is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit meer algemeen in die wintermaande voorkom Die meeste gevalle ontstaan sonder ’n duidelik identifiseerbare bron van kontak. Aangesien hierdie stam van breinvliesontsteking in omgewings met noue kontak kan versprei en as ernstig beskou word, werk die universiteit se kampusgesondheidsdiens saam met die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement om te verseker dat alle prosedures en maatreëls nagekom word.

“Dit is belangrik dat ons nie net die familie en vriende van Scheffers die nodige ruimte en tyd gee om die verlies te verwerk nie, maar ook dat die nodige prosedures afgehandel kan word,” sê prof. Richard Stevens, waarnemende viserektor van leer en onderrig. Hy bedank ook ER24 vir sy spoedige reaksie en ander rolspelers, soos die polisie

Die Bergrivierdam buite Franschhoek het die afgelope Maandag oorgeloop. Foto’s: Rasaad Adams
Mkhevu Mnisi, direkteur van waterhulpbron-ondersteuning by die departement van water en sanitasie
Chris Scheffers (19), ’n teologiestudent van Riebeek-Wes, is die afgelope naweek in sy koshuiskamer op die kampus van die Universiteit Stellenbosch dood op sy bed aangetref

Lyk van vermiste bejaarde gevind

RasaadAdams

’n Soektog na die vermiste Gouda-bejaarde Katriena Smit (68), wat meer as twee weke geduur het, het Maandag (4Augustus) tot ’n hartseer einde gekom toe haar lyk in ’n beboste gebied naby ’n waterkanaal aan die ooste van Gouda gevind is

Haar lyk was reeds besig om te ontbind, het ’n inwoner, wat sedert 18 Julie met die soektog gehelp het, aan Paarl Post vertel Volgens Jonathan April, wat die dorp se inwoners gemobiliseer het om te help soek, het hulle kort ná 15:00 Maandagmiddag op haar lyk afgekom

“Die vermoede is dat sy dalk oor ’n heining probeer klim en moontlik geval het Haar een skoen was van haar voet af en haar sokkie het aan die heining se draad gehang

“Haar liggaam was reeds besig om te ontbind Dit het ook gelyk asof een of ander gedierte aan haar voet begin vreet het

“Ons vermoed dat sy al in die vroeë dae van haar verdwyning gesterf het Dit is hartseer, want dit was koud en het in daardie eerste dae nadat sy as vermis aangemeld is, baie gereën,” sê

April

Paarl Post het die afgelope twee weke oor Smit se verdwyning berig

Die polisie se honde- en duikeenhede is in ’n stadium as deel van die soektog ingespan

Volgens Smith se familie het sy vermoedelik Alzheimer se siekte gehad en Donderdag (17 Julie) op pad huis toe verdwaal

Volgens Lee-Ann Smit, haar dogter, het haar ma, stiefpa en hul kleinkind daardie Donderdag huis toe gestap

Die een oomblik het haar ma nog agter gestap en toe haar stiefpa weer omkyk, was sy weg

Katriena Smit (68), ’n bejaarde van Gouda wat langer as twee weke vermis was, se lyk is die afgelope Maandag (4 Augustus) gevind

“My stiepa het toe hier by die huis kom vertel dat hy nie weet wat van haar geword het nie

“Ons het toe dadelik na haar gaan soek Toe dit Donderdagaand (17 Julie) begin donker raak, was ons regtig bekommerd

“Ons het deur die nag na haar gesoek Mense het gesê hulle het haar naby die vleilande by die

Eerste bruin verpleegster baan weg vir ander vroue

Chantélle Hartebeest

Oor die jare heen het talle vroue die pad vir ’n beter toekoms oopgebaan vir diegene wat in hul voetspore sal volg. Hybré van Niekerk, plaaslike kultuurhistorikus, stamboomnavorser en kultuurgids, meen dit is belangrik dat die vroue van toeka se stories steeds vertel word en die nalentskap wat hulle agterlaat nog tot in die toekoms beklemtoon sal word.

Aan die begin van Vrouemaand vertel Van Niekerk meer oor Annie Benjamin, ’n verpleegster van die Paarl, en oor watter impak sy op die plaaslike gemeenskap gehad het.

“Annie Benjamin is op 28 September 1899 vir Abraham en Anna Benjamin in Tempelierstraat in die Paarl gebore. In daardie tyd was dit uiters seldsaam vir bruin kinders om in die historiese Strooidakkerk gedoop te word, maar Annie was een van daardie min bevoorregtes; ’n vroeë aanduiding van haar unieke plek in die geskiedenis.

“Die Spaanse Griep-pandemie van 1918 het soos ’n vloedgolf oor die wêreld gerol, en die Paarl was geen uitsondering nie.

“Met die ongelooflik hoë sterftesyfer was plaaslike predikante soos ds. W.H. Lloyd van die Bethel Congregational Kerk en sy ouderlinge nie by magte gewees om al die siekes en hul families by te staan nie

“Die behoefte aan ’n toegewyde verpleegster het dringend geword Ds. Lloyd se vrou, saam met ander vroue en predikante in die gemeenskap, het dus die Paarlse Verpleegstersvereniging gestig. Hulle het besluit om ’n jong vrou na die Lovedale-hospitaal te stuur om as verpleegster opgelei te word. So het Annie Benjamin die eerste distriksverpleegster van kleur in die Drakensteinvallei geword ” Volgens Van Niekerk was daar in Annie se tyd nog geen hospitaal in die Paarl nie. Sy het onder moeilike en gevaarlike omstandighede gewerk en die siekes en bejaardes met die ondersteuning van die gemeenskap versorg.

“Buiten die Spaanse Griep was tuberkulose, gastro-enteritis (appelkoossiekte) en alkoholisme die grootste oorsake van sterftes Annie het selfs pasiënte met hoë koors wat gepaardgaan met die griep in ’n huis versorg wat as ’n kwarantynfasiliteit gebruik is.

“Haar werk was meer as net ’n beroep; dit was haar roeping, en een

’n Skets van Annie Benjamin, geteken deur Dieuwke-Jean Linee

wat sy met volle oorgawe geleef het.

“Sy het nooit getrou nie, want haar hele lewe was toegewy aan haar werk. Annie was ook een van die eerste vroue in die Paarl wat ’n voertuig besit het. Dit het haar mobiliteit verbeter, maar ook haar onafhanklikheid beklemtoon in ’n era waarin vroue dikwels afhanklik was van mans.”

Van Niekerk sê Kathleen Adams, dogter van Annie se broer, Carel Benjamin, het altyd met soveel nostalgie teruggedink wanneer sy vertel het hoe sy as kind gehuil het om saam met haar tannie in haar kar te ry

“Annie het haar (Kathleen) dan liefdevol ingelaai en net ’n draai om die blok gery – eenvoudige oomblikke wat vir altyd in Kathleen se geheue gekoester was. Vir Kathleen was haar tannie haar rolmodel, soveel so dat sy self ook ’n verpleegster wou word

“Kathleen Adams is vroeër hierdie jaar in die ouderdom van 84 jaar oorlede.”

Vandag lewe Annie se dade van liefde en toewyding voort, selfs 82 jaar ná haar afsterwe. Daar is selfs ’n straat in die Paarl na haar genoem

“Annie Benjamin het op 44-jarige ouderdom in Desember 1943 in haar slaap gesterf, met ’n nalatenskap wat vir ewig onthou sal word. Sy was nie net die eerste bruin verpleegster in die distrik nie, maar ook ’n simbool van moed, deernis en onafhanklikheid.”

• Dieuwke-Jean Linee, ’n plaaslike kunstenaar en ook Van Niekerk se dogter, het ’n pragtige skets van Annie Benjamin geteken.

waterblommetjies gesien Dis toe waar ons daardie nag gaan soek het,” het auntie Katriena se dogter vroeër aan Paarl Post vertel

Leidrade het hulle tot by vleilande aan die buitekant van die dorp gelei nadat inwoners glo gesien het hoe sy oor ’n laagwaterbrug stap

Daar was ook in ’n stadium bewerings dat sy in ’n voertuig met ’n CK-registrasie (Malmesbury) geklim het Die polisie het glo gesukkel om die inligting op te volg nadat die ooggetuies geen verdere beskrywing van die voertuig of registrasienommer kon gee nie

Die polisie en gemeenskapslede het die afgelope twee weke die beboste landelike gebied aan die ooste van Gouda gefynkam

“Die laaste tyd was my ma maar baie deurmekaar Sy het gepraat van mense uit haar grootwordjare daar in Porterville – mense wat ons nie ken nie

“Sy het na hulle gesoek en ons

het toe later uitgevind dat baie van die mense van wie sy gepraat het, lank reeds oorlede is “Sy is glad nie iemand het rondwaal nie, dus vermoed ons dat sy moontlik deurmekaar geraak het en dalk iewers is sonder dat sy weet haar familie soek is Ons wense is dat ons haar veilig sal vind,” het Smit voorheen gesê Paarl Post verstaan dat auntie Katrie- na se man nog in die Porterville-hospitaal behandel word nadat hy die eerste aand van die soektog op 17 Julie geval en sy been beseer het

Volgens April gaan dit vir die familie waarskynlik moeilik wees om die nuus met hom te deel

“Hy het uit die hospitaal gereeld gevra hoe dit met die soektog gaan en ook aangedui waar moontlik gesoek kan word,” vertel April

Die Tulbagh-polisiekantoor, waaronder Gouda val, kon nie by navraag vir kommentaar bereik word nie

Misdadigers teiken steeds skole tydens skoolvakansies

ChantélleHartebeest

Die sinnelose afbreek van skole het die afgelope skoolvakansie by talle skole in die Wes-Kaap voortgeduur

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het vandeesweek die skade bekendgemaak wat talle skole opgedoen het nadat dit tydens die afgelope Junie/Julie-skoolvakansie deur misdadigers geteiken is Paarl Post het by die WKOD navraag gedoen om te hoor watter plaaslike skole in Drakenstein geteiken is Kerry Mauchline, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse LUR van onderwys, David Maynier, het hierop geantwoord “Ons kan nie name of liggings van skole gee nie Dit sou ’n veiligheidsrisiko inhou Ek kan bevestig dat 12 voorvalle aangemeld is, wat agt skole in die Kaapse Wynlande-onderwysdistrik geraak het ”

Sy voeg verder by dat 11 van die voorvalle gering was en dat groot skade in een voorval aangerig is Die skade van die groter voorval word op R150000 beraam Maynier sê ten spyte van die feit dat die WKOD sekuriteit vir 424 skole in hoërisikogebiede vir die wintervakansie gesubsidieer het, het inbrake en vandalisme by skole steeds voorgekom

Altesaam 57 inbrake en 46 voorvalle van vandalisme by skole is deur die verloop van die afgelope skoolvakansie aangemeld

“Die meeste van hierdie voorvalle was gering van aard, maar het nietemin ’n uitwerking op die daaglikse werking van ons skole “Goed wat gesteel of beskadig is, sluit in geboutoebehore en heinings, elektriese bedrading, kos- en kookgeriewe vir skoolmaaltye, sporttoerusting, rekenaars en ander elektriese toerusting, loodgieterstoebehore en veral ’n verskeidenheid skoolverbruiksgoedere

“Die geraamde koste om beskadigde en gesteelde eiendom te herstel of te vervang, beloop meer as R1miljoen, wat in die moeilike finansiële omstandighede wat die sektor tans in die gesig staar, onaanvaarbaar is Finansiering sal nou weens die selfsugtige optrede van misdadigers van opvoedkundige aktiwiteite weggeneem moet word ” Maynier het ’n ernstige beroep op die publiek gedoen om te help om na skoolgeboue in hul omgewing om te sien

Anroux Marais, die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, het ook benadruk dat dit onaanvaarbaar is dat skole deur misdadigers letterlik afgebreek word

“Om by ons skole te steel, is om by ons kinders te steel Ons doen ’n beroep op enige lid van die publiek met inligting oor hierdie misdade om onmiddellik na vore te kom

“Ons doen verder ’n beroep op die polisie om voorkeur te gee aan die ondersoek na misdade in en om ons skole sodat ons saam ons skooleiendomme veilig kan hou ”

INVITATION TO TENDER

Kunsuitstalling nog gratis te sien

Die lede-uitstalling van die Wellington-kunsvereniging is nog weeksdae tot 29 Augustus in die Cloetegemeenskapsgalery van die Breytenbachsentrum in Wellington gratis te sien Werke is teen billike pryse te koop Die opening daarvan is waargeneem deur die burgemeester van die Wynland-distriksmunisipaliteit, dr. Elna von Schlicht (voor, naasregs). Saam met haar is van die kunstenaars wat die opening bygewoon het. Agter (van links) is Elizabeth Meyer, Allison Pilling, Petrus Kuhne, Lanette Breedt en André van den Berg Voor: Morné du Preez, Anmarie Hendrikse, Desiree Malan, Esther Kroger, Magda Vermeulen, Christina Vosloo en Mitch de Villiers Foto: Engela Duvenage

Dagboek/Diary

DONDERDAG7AUGUSTUS

DeanBalieseAfrikaansejazz-teaterstuk,EenVirMy Baby,isopdieplankebyDieBoer-teaterinDurbanville DieouskoolsespeurderJanBrandmoetdiejazzsangeresAliaVryondervranadathaarman,Henkie Uiwe,vermooris,maareendrankiewordgou’n paareneenliedjievinnigdrie Inhierdiemaltrap-verhoogavontuurkryklassiekejazztreffers’nnuwe baadjieenwordstoriesblitsiggespinin’nkroegie metmeerasnetgrondboontjiesengoedkoopwhisky DieSuidoosterfees-21-produksie,ontwikkeldeurdie ToyotaStellenboschWoordfeesmetregieenteksdeur DeanBalie,beloofomdiegehoorsaamop’nontdekkingsreisteneem AndréTerblanchéenKarliHeine vertolkdierolle KaartjieskosR200elkenkanop DieBoersewebtuistebespreekwordofdeurDieBoer teskakel Komvroegeneetiets!Oftrekaanindiestyl asjydeelwilweesvandieatmosfeer

VRYDAG8AUGUSTUS

 DieDrakenstein-sakekamerseVroueaksiebied’n ontbytopNederburg-wynplaaslangsdieSonstraalpad,Paarl,aan Dietemavirdieoggendis:“Dievrou agterdiebesigheid” Dieoggendbeginom09:30vir 10:00 KostebeloopR350perpersoon(nie-lede)of R250perpersoon(lede)

SATERDAG9AUGUSTUS

Geniet’n“KuieraandindieBoland”bydieDiamant-landgoedmetsjefDawidKrielsebestetradisionelegeregte AnnaDavelskuifagterdiemikrofoonin enbekoormethaarstemterwyljyaan’ndriegangmaaltydsmul DiekosteisR650perpersoon(verwelkomingsdrankieingesluit) Diegeleentheidbeginom 18:00 Bespreekbyfunctions@diamantestate comof 0799549660

Nuwe

boek in Breytenbachsentrum bekend gestel

Die Stellenbosse skrywer Malene Breytenbach (links) was die gas van die Breytenbach-boekklub by die Breytenbach-sentrum in Wellington en het haar jongste boek, Die Boekengel, daar bekendgestel. Sy het met die Paarliet en medeskrywer Alta Cloete daaroor gesels Die Boekengel speel in Stellenbosch af ter agtergrond van die Kweekskool en ’n denkbeeldige boekwinkel Saam met hulle is Daniël Lötter, wat die gereelde boekklub as direksielid van die Breytenbach-sentrum lei Foto: Engela Duvenage

Meesterwerk uit Romantiek môre

Musiekliefhebbers word uitgenooi na ’n seldsame en roerende uitvoering van Franz Schubert se Die schöne Müllerin in die Endlersaal, Stellenbosch, op Vrydag 8 Augustus, met die tenoor Thomas Erlank en bekroonde pianis Tinus Botha. Hierdie ikoniese liedsiklus, wat in 1823 gekomponeer is en gebaseer is op die poësie van Wilhelm Müller, word beskou as een van die grootste meesterwerke van die Duitse Romantiek. Die siklus van twintig liedere volg die emosionele reis van ’n jong meulenaar wie se onskuldige liefde vir ’n meule-meisie oorgaan van vreugdevolle optimisme tot hartseer en uiteindelike berusting. Met sy ekspressiewe vokale lyne en ryk, beeldende klavierbegeleiding is Die schöne Müllerin al dekades lank geliefd vir sy emosionele diepte, intimiteit en psigologiese insig. Hierdie uitvoering verenig twee van Suid-Afrika se mees ervare en gesofistikeerde musikale vertellers, wie se kunstenaarskap ’n aand van buitengewone emosionele en vertolkingsdiepte beloof. Thomas Erlank, bekend vir sy deurleefde verhoogteenwoordigheid en gesofistikeerde musikaliteit, bring vars vertolkingsinsig na die rol van die meulenaarsknaap.

Oorspronklik van Kaapstad is Erlank ’n dosent in sang aan die Noordwes-Uni-

versiteit waar hy onderrig gee in vokale pedagogie, liriese diksie en praktiese sang Hy is tans besig met ’n doktorale graad in musiekuitvoering met fokus op optrede-angs en emosionele regulering.

Hy het aan die Universiteit Stellenbosch en die Royal College of Music in Londen gestudeer en hoofrolle by die Zürich Opera in werke van Mozart, Poulenc, Verdi en Wagner vertolk. Hy het saamgewerk met internasionaal erkende dirigente soos Gianandrea Noseda en Laurence Cummings en is aktief betrokke by sangopleiding op nasionale vlak. Erlank dien ook in die raad van NATS Suid-Afrika. Hy word vergesel deur Tinus Botha, ’n pianis van besondere diepte en kunstenaarskap, wat ’n lewendige en emosioneel deurtrekkende begeleiding bied – ’n essensiële element van hierdie liedsiklus. Botha is ’n bekroonde pianis en opvoeder, tans medeprofessor in klavier aan die Noordwes-Universiteit en president van die Suid-Afrikaanse afdeling van die World Piano Teachers Association. Hy is die ontvanger van onder meer die Unisa Suid-Afrikaanse musiekbeurs en die DJ Roode oorsese beurs, en het sy MMus aan die Texas Christian University onder leiding van José Feghali voltooi Daarna het hy sy DMus aan die Universiteit van Pretoria

behaal en by die Music Academy of the West onder die legendariese Jerome Lowenthal gestudeer Botha tree gereeld as solis, kamermusikant en begeleier in Suid-Afrika, die Amerikas, Europa en die VK op. Hy is ’n gesogte beoordelaar van kompetisies, dien as eksterne eksaminator en is redakteur van The South African Music Teacher, met publikasies ook in internasionale vaktydskrifte Oor die komende uitvoering sê Erlank: “Wat Die schöne Müllerin so tydloos maak, is hoe Schubert die brose intensiteit van jeug-emosie vasvang – eerste liefde, idealisme, jaloesie en wanhoop –met soveel eerlikheid en skoonheid. Elke lied is soos ’n dagboekinskrywing, ’n kykie in die meulenaar se siel. Om hierdie siklus uit te voer voel soos ’n intieme reis deur iemand anders se innerlike wêreld – dit is kwesbaar en diep menslik.”

Gehore kan uitsien na ’n uitvoering wat sowel musikaal verfynd as emosioneel aangrypend is – ’n verkenning van die natuur, liefde en verlange wat vandag nog net so relevant is soos twee eeue gelede

Moet dit nie misloop nie – ’n onvergeetlike aand van sang in een van Suid-Afrika se voorste konsertsale Kaartjiepryse wissel tussen R70 - R170. Besoek Webtickets vir besprekings

Die Paarl se Interskole-aksie in

Zanelle de Jager en haar mede-dirigente skree luidkeels ter ondersteuning van hul span op die Gimmies se paviljoen Foto: Rasaad Adams
Een van die vele emosiebelaaide oomblikke van die wedstryd net nadat HJS die Interskole-kragmeting teen die Hoërskool Paarl Gimnasium met twee punte gewen het in ’n rillerstryd waarin albei spanne hul harte uitgespeel het. Foto: Ernest Kilowan
Tristan Joubert, een van die puntemakers in die wedstryd, stoot sy opponent uit die pad op pad na die doellyn Foto: Ernest Kilowan
Die dansers van die Hoërskool Paarl Gimnasium tydens ’n optrede voor die hoofwedstryd Foto: Ernest Kilowan
Boishaai se “drumroll” voor die aanvang van die eerstespan-rugbywedstryd op Faurestraat ’n Blye omhelsing in die o 19A-meisiehokkiewedstryd toe Gim sy Interskole-kragmeting teen HMS met 4-1 gewen het. Foto: EJ Langer| youthsports co za
Annabellà Wiese, kaptein van die Hoërskool Paarl Gimnasium, by die o 19A-netbalspan-Interskolekragmeting Gim het die wedstryd 24-16 gewen Foto: EJ Langner| youthsports.co za
Verheugde Boishaai o 19A-seunshokkiespelers vier hul Interskole-oorwinning oor die Hoërskool Paarl Gimnasium met ‘n telling van 2-1 Foto: EJ Langner| youthsports.co.za

OAKDALE VS BOLAND OAKDALE VS

OAKDALE VS BOLAND

Nou waa’ gaan lees

Nou waa’ gaan lees

ek oor my laaitie se skolerugby of my meisiekind se cum laude by die kunswedstryd?

Dis maklik, op NovaNews kry jy als wat NB en noemenswaardig is. Van die sportveld tot die verhoog, van die ouerbeheerliggaamvergadering tot akademiese prestasies

NovaNews doen verslag oor al die saakmaak-sake; gratis, betroubaar, en boonop in Afrikaans en Engels Jou laaitie se skolerugbywedstryd? Dis net hier, saam met als anders wat jy moet weet

Bly op hoogte. Lees al die brekende nuus op novanews.co.za

Die Nuus, Nuwe gratis!

Paarl

Benodig Aankoper & Verkoopspersone

Vereistes: Moet energiek wees, positiewe persoonlikheid hê en ‘target driven’ wees. 2 Jaar ondervinding Hardwerkend en betroubaar 'n Geldige rybewys sal tot die aankoper en verkoopspersone se voordeel wees. Afskrif van ID en alle sertifikate moet by die CV ingesluit wees GEEN CV sal oorweeg word as dit nie volledig is nie (CV + Sertifikate + ID) PPHS25-PL070825

CV’s word slegs per epos aanvaar: ccmarius@mweb co.za

Asbestos Removal

attiedup01@gmail.com

Internasionale reeks begin gou

Aanskoulikerugbykom

Die Junior Springbokke se hoofafrigter, Kevin Foote, sal ’n kykie kry van wat die toekoms inhou wanneer hy en sy afrigtingspan saam met die twee SA o.18-spanne werk vir die naweek se o.18- -nternasionale reeks in en om die Paarl.

Die jaarlikse reeks – wat o.18-spanne van Engeland, Frankryk, Georgië en Ierland insluit – sal oor drie wedstryd- dae by Boland Landbou, Paarl Gimnasium en die Hoërskool Durbanville op 8, 12 en 16 Augustus plaasvind.

Die twee spanne bestaan uit 52 spelers, van wie die meeste onlangs in die SA Skolewedstryd in Middelburg gespeel het. Lwazi Zangqa (SA o.18) en Flash Malinga (SA o.18-A) sal weer as hoofafrigters onder die leiding van Foote dien. Die SA o.18-span sal teen Frankryk, Ierland en Engeland in hul drie wedstryde speel, terwyl die o.18-A-span teen Ierland, Georgië en Engeland sal speel.

Dave Wessels, SA Rugby se hoëprestasie-bestuurder, het kommentaar gelewer oor die keuring van die spanne en gesê dit is noodsaaklik vir die beheerliggaam om ’n gesonde ekostelsel binne die junior strukture te skep om die senior range te voed. “Ons Elite-spelerontwikkelingsprogram duur al langer as ’n dekade en om die Junior Springbokke die wêreldtitel te sien wen – tesame met die gehalterugby by die SA Skole-wedstryd – is die beloning vir die harde werk wat deur almal betrokke ingesit is,” het Wessels gesê. “Sewe spelers in die 2025- Junior Bokspan – Cheswill Jooste, Vusi Moyo, Riley Norton, Siphosethu Mnebelele, Phiwayinkosi Kubheka, Oliver Reid en Alzeadon

Qigong practise group in W’ton

Join the Qigong practise group every Wednesday from 17:30 to 18:30 at the Studio at 5 Hoog Street, Wellington The practise is donation based with a R50 donation suggested.

Qigong is a gentle, centuries-old practice that combines slow, mindful movement with coordinated breathing and focused awareness to cultivate balance and inner calm It is often described as moving meditation and is accessible to people of all ages and fitness levels because it’s low-impact and adaptable Regular practise encourages a shift out of “fight-or-flight” stress into relaxation, making it a practical tool for everyday resilience

Research shows that Qigong can help reduce stress and anxiety, support mood regulation, improve balance and flexibility, and even bolster immune function and sleep quality Whether you’re looking to unwind after a busy day, strengthen your sense of physical grounding, or simply try something nurturing, you’re invited to join the weekly Qigong practise group For enquiries, send a Whatsapp to 072 247 5868

Felix – het verlede jaar in die o.18- internasionale reeks gespeel.

“Verder is spelers soos Ethan Adams, Markus Muller, Zekhethelo Siyaya, Josh Neill, Junaide Stuart, Briint Davids, Jordan Jooste en AJ Meyer terug vir hul tweede jaar in die o.18-strukture, wat toon dat die pyplyn werk.

“Kontinuïteit in die junior range is van kardinale belang, aangesien daar elke jaar talle nuwe spelers is. Deur Kevin en sy mede-SA o.20-afrigters te betrek, hoop ons om dit selfs verder te versterk.

“Die seuns sal in hul drie wedstryde behoorlik getoets word, aangesien die besoekende Europese spanne altyd sterk is. Hierdie geleenthede is baie voordelig vir ons spelers. Ons is opgewonde om te sien wat hulle kan doen en sien uit na nog ’n

uitstaande o.18- internasionale reeks.”

SA o.18-span:

Stutte: JG Badenhorst (Cheetahs), Jordan Jooste (WP), Kai Pratt (SWD), Luan van der Berg (Bulls).

Hakers: Clinton Agu (Lions), Altus Rabie (WP).

Slotte: AJ Meyer (Cheetahs), Lwandile Mlaba (Sharks), Jayden Joubert (WP) Losvoorspelers: Chinedu Amadi (Lions), Jacobus de Villiers (SWD), Gert Kemp (WP), Josh Neill (WP), Wasi Vyambwera (Sharks).

Skrumskakels: Jayden Brits (WP), Ruben Groenewald (Bulls), Liyema Nela (Sharks), Morne Noble (WP) Senters: Ethan Adams (Cheetahs), Markus Muller (WP), Christian Vorster (SWD).

Stutte: Bernhard du Toit (WP), Pieta Cilliers (WP), Jeffrey Singo (Bulls), Matthew van der Merwe (WP)

Hakers: Thomas Muller (WP), Keenan Myners (SWD).

Slotte: Diaan Augustyn (SWD), Juvan Burden (WP), Lian Terblanche (Sharks), Migael Turner (WP)

Losvoorspelers: Briint Davids (WP), Andile Ndlovu (Sharks), Quintin Potgieter (WP), Liam Lightly (SWD). Skumskakels: Mickyle Booise (WP), Zirk Meyer (Bulls), Jeandre Uithaler (Lions), Ethan van Biljon (WP)

Senters: Nathan Aneke (Sharks), Randall-John Davids (WP), Lizwe Mthethwa (Sharks), Erin Nelson (EP)

Buite-agterspelers: Jeneall Davids (WP), Ncuthu Kepe (Border), Junade Pasensie (Bulls), Reinhart Viljoen (SWD) o.18- internasionale reeks: Alle wedstryde sal regstreeks deur SuperSport Schools uitgesaai word: Vrydag 8 Augustus by die Hoërskool Durbanville:

11:30: SA o.18-A t. Ierland

13:30: Georgië t. Engeland

15:30: SA o.18 t. Frankryk

Dinsdag 12 Augustus – Boland Landbou: 11:30: SA o.18-A t. Georgië

13:30: SA o.18 t. Ierland

15:30: Engeland t. Frankryk

Saterdag 16 Augustus – Paarl Gimnasium: 11:30: Frankryk t. SA o.18-A 13:30: Ierland t. Georgië

Buite-agterspelers: Jadriaan Afrikaner (Sharks), Lamla Mgedezi (Cheetahs), Thabiso Simelane (Bulls), Zekhethelo Siyaya (Sharks), Junaide Stuart (Bulls) SA o.18-A-span:

15:30: SA O18 t. Engeland

Hillcrest oor die kruin in Top-12-kompetisie

Charl Williams

Hillcrest United het die afgelope Saterdag (2 Augustus) sy greep op ’n plek in die Boland Top-12-kompetisie verder verstewig met ’n belangrike bonuspunt-oorwinning van 40–28 teen Hamlet van Ceres op Newton se sportterrein

Met dié sege het Hillcrest nou 14 van sy 18 wedstryde gewen en staan tans op 73 punte, wat sy tweede plek op die punteleer versterk en hom ’n sterk aanspraakmaker vir ’n plek in die uitspeelrondes aan die einde van die seisoen maak

Hillies het ses drieë gedruk met HR Claasen wat eerste oor die doellyn is, en skopper Aurelio Philander wat vyf doelskoppe suksesvol oor die dwarslat gestuur het Ondanks die oorwinning is dissipline ’n groeiende bekommernis vir die afrigtingspan Twee geelkaarte en ’n rooikaart – die laasgenoemde vir die losskakel Philander – het gemoedere laat opvlam en sal aandag voor sy volgende kragmeting vereis Hillcrest se voorspelers het egter hul stempel afgedruk en met hul gevaarlike agterlyn wat

gereeld in die aanval betrokke geraak het, is verskeie geleenthede in punte omgeskep Die kaptein, Carlon Carolissen, het weer met leierskap en meedoënlose verdediging uitgeblink Agterlangs was Philander aanvanklik die generaal wat sake gedirigeer het voor sy uitsending Spelers soos Heinrich Isaacs, HR Claasen, Emilio Coetzee en Jeandré Abrahams – die heelagter wat vroeg moes inspring ná Conan Le Fleur se besering – het hul teenstanders voortdurend onder druk geplaas Hillies sal komende Sater- dag (9 Augustus) Delicious van Ceres op sy tuisveld, Pelikaanpark, ontvang Hy sal sy wenmomentum wil behou om sy Top-12-drome lewend te hou

• Hillcrest se puntemakers: Drieë: HR Claasen, Geoffrey Allies, Heinrich Isaacs, Marshall Africa, James Solomons, Ethan Selon Doelskoppe: Aurelio Philander (5)

• Ander uitslae: Delicious 46–29 Villagers Newton; Evergreens Paarl 27–26 Bella Vista Hillcrest 40–28 Hamlet; Roses United 60–12 Ceres; Temperance 34–31 Wolseley

Van die beste internasionale o 18-rugbytalent kan van Vrydag 8 Augustus in aksie gesien word in die Paarl, wanneer die o 18- Internasionale Reeks hier plaasvind Foto: SA Rugby
HR Claasen van Hillcrest op pad na die doellyn vir sy drie Foto: Roswell de Vries

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.