Standard E-Edition 7 August-2025

Page 1


Man van Riverview sit ná verkragting

’n Man wat ouer as 50 is, is tronk toe gestuur nadat hy ’n 18-jarige vrou verlede jaar in ’n huis in Riverview verkrag het

Tomlin le Roux (52) van Riverview in Worcester is 14 jaar tronktraf opgelê, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is Hy het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan nadat hy skuld op ’n aanklag van verkragting beken het

Volgens Le Roux het hy die klaagster raakgeloop toe sy op 10 Junie 2024 by ’n woning in Riverview aangedoen het

Oorskot dié van Murcia

DNS-toetse het bevestig dat die menslike oorskot wat verlede maand (Maandag 14 Julie) in ’n oop veld agter Avianpark, Worcester, gevind is, wel dié van Marceleen (Murcia) Kock is, wat sedert Junie vermis is Die 23-jarige Murcia is kort nadat sy klagtes van onder meer aanranding teen haar vriend by die polisie aangemeld het, as vermis aangemeld

Op foto’s wat van haar verspei is toe die gemeenskap na haar gesoek het, was duidelike merke aan haar gesig en nek te sien Groepe inwoners het weke lank langs die Breërivier in die gebied agter Avianpark en die Nekkies-vakansieoord na tekens van haar gesoek, maar sonder sukses Hulle het beweer haar vriend is ná haar verdwyning in daardie omgewing gesien Anna Paulse, wat Murcia geken het, het Sondag 13 Julie beendere in die veld in ’n plas water gesien lê ’n Groep seuns het vir haar gesê dit is dié van ’n bok Sy het aan die Standard & Breederivier Gazette vertel dat dit haar die heelnag bly pla het Sy is die volgende oggend saam met haar twee kleindogters van 11 en 12 jaar terug na die plek toe, waar hulle Murcia se oorskot opgespoor en die res van die gemeenskap laat weet het

Murcia se kêrel is intussen in hegtenis geneem op die aanklagte wat sy vroeër teen hom aangemeld het Hy verskyn weer op Woensdag 27 Augustus in die Worcester-hof

Hy het erken hy ken die klaagster baie goed omdat sy gereeld by die betrokke woning aangedoen het

Le Roux sê op die dag van die voorval het die klaagster die woning besoek Sy het na iemand daar gevra

Volgens hom het hy – soos gewoonlik – die klaagster ingenooi en aangebied om vir haar koffie te maak terwyl sy op die vrou wat sy daar kom soek het, wag

Hy sê hy het opportunisties besluit om praatjies van ’n seksuele aard met die klaagster aan te knoop

Le Roux erken die klaagster het sy toenadering verwerp Volgens hom het hy haar fisiek oorweldig, haar klere

van haar lyf af geruk en haar verkrag

Hy erken hy het die daad van seksuele penetrasie sonder die klaagster se toestemming gepleeg

Volgens Le Roux het die klaagster haar tydens die walglike daad deurentyd probeer teësit, maar fisiek was sy nie in staat om dit te doen nie

In sy pleitooreenkoms sê hy dat hy die klaagster – nadat hy die daad gepleeg het – laat gaan het Le Roux erken hy het te alle relevante tye onregmatig en doelbewus opgetree en geweet sy optrede was ingevolge die wet verkeerd en strafbaar

Met betrekking tot die verswarende omstandighede het die hof gehoor dat

die klaagster ná die voorval getraumatiseerd gelaat is Sy het berading ontvang vir die emosionele en sielkundige trauma wat sy ervaar het

Die klaagster het voorts ’n goeie verhouding met die betrokke familie wat woon waar die voorval plaasgevind het, gehad Dié familie het haar ná die voorval deurentyd ondersteun

Wat die versagtende omstandighede betref, het Le Roux skuld beken en berou getoon Hy het voorts sy spyt oor sy optrede uitgespreek asook vir die negatiewe impak wat dit op die klaagster se lewe gehad het Amisha Ratanjie was die aanklaer

Universiteit sê waaraan student sterf

Chris Scheffers (19), die matiestudent van Riebeek-Wes wat Saterdag (2 Augustus) dood in sy kamer in die Dagbreek-koshuis gevind is, het weens breinvliesontsteking gesterf

Só bevestig die Universiteit Stellenbosch (US) in sy jongste verklaring met betrekking tot Scheffers se dood

Scheffers het in die Swartland grootgeword en was ’n tweedejaar-teologiestudent. Sy dood is as ’n groot verlies vir die universiteit bestempel.

Grant Leukes, Dagbreek-koshuishoof, het Scheffers beskryf as ’n energieke jong man wat die afgelope twee jaar ’n belangrike rol in Dagbreek se sêr-groep gespeel het

“Hy was aktief by die koshuis betrokke Ons gaan hom baie mis en dra ons opregte meegevoel aan sy familie oor.”

Sy familie is omstreeks 18:00 van sy dood ingelig nadat Scheffers Vrydag glad nie gesien is nie. Toe hy steeds die volgende dag vermis is, is die kampus-sekuriteit ontbied om sy kamerdeur, wat gesluit was, oop te maak. Hulle het hom op sy bed aangetref.

’n Gedetailleerde kontakopsporing van mense wat die afgelope tien dae in noue kontak met Scheffers was, is intussen van stapel gestuur sodat chemoprofilakse, ’n voorkomende medikasie vir breinvliesontsteking, binne 24 uur toegedien kan word om die risiko van infeksie te verminder

“Die kampusgesondheidsdiens sal binne die volgende 24 uur direk in verbinding tree met die mense wat kontak met hom gehad het. Dit sluit beide studente en personeel in,” het Martin Viljoen, woordvoerder vir die, US gesê Viljoen het aan die Standard & Breede-

rivier Gazette gesê dat sy kamermaat nog nie die kwartaal in die koshuis gebly het nie.

“Hy is ’n onderwysstudent wat tans sy prakties elders doen.”

Hoewel daar in dié stadium geen verdere bevestigde gevalle aangemeld is nie, sal die universiteit die situasie noukeurig monitor

“Mediese sorg word dringend aanbeveel indien enige verwante simptome onder diegene wat met hom in kontak was en wat reeds die voorkomende medikasie ontvang het, ervaar word.

“Geïdentifiseerde mense wat wel met hom kontak gehad het, word in dié stadium aangemoedig om slegs klas by te woon indien hulle geen simptome ervaar nie, om maskers tydens lesings te dra, groepbyeenkomste en enige kontaksport te vermy.

“As ’n voorsorgmaatreël is alle algemene vergaderings en byeenkomste in die Dagbreek-koshuis tot ná die naweek uitgestel.”

Volgens die kampusgesondheidsdiens begin die bakteriële infeksie aanvanklik met griepsimptome soos hoofpyn, spier- en gewrigspyn en ligsensitiwiteit wat geleidelik vererger Dit sluit in hoë koors, erge hoofpyn, ’n stywe nek, braking, diarree of maagpyn, pynlike gewrigte, koue hande en voete, aanvalle of slaperige gedrag wat in ’n koma kan verander.

’n Rooi of pers uitslag wat nie verdwyn wanneer daarop gedruk word nie, kan ook een van die simptome wees.

Breinvliesontsteking is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit meer algemeen in die wintermaande voorkom

Die meeste gevalle ontstaan sonder ’n duidelik identifiseerbare bron van kontak, sê die gesondheidsdiens

Aangesien hierdie stam van breinvliesontsteking in omgewings met noue kontak kan versprei en as ernstig beskou word, werk die universiteit se kampusgesondheidsdiens saam met die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement om te verseker dat alle relevante prosedures en voorkomende maatreëls nagekom word.

“Dit is belangrik dat ons nie net die familie en vriende van Scheffers die nodige ruimte en tyd gee om die verlies te verwerk nie, maar ook dat die nodige prosedures afgehandel kan word,” sê prof. Richard Stevens, waarnemende viserektor vir leer en onderrig. Prof. Stevens sê voorts hulle is dankbaar vir die spoedige reaksie van ER24 en ander rolspelers, soos die polisie, se samewerking in hierdie moeilike tyd.

Chris Scheffers (19), ’n teologiestudent van Riebeek-Wes, is die afgelope naweek in sy koshuiskamer op die kampus van die Universiteit Stellenbosch dood op sy bed aangetref

Hirome wen Die Brug

Hirome Shigeaki, ‘n boorling van Worcester, is Donderdag (31 Julie) aangekondig as die wenner van die kykNet-werklikheidsreeks, Die Brug, se tweede seisoen.

In dié reeks het twee spanne meegeding om eerste 'n brug met die hand te bou om by ‘n skatkis op ‘n eiland uit te kom. Dié skatkis was gevul met ‘n allemintige R1 miljoen Die spel was vol onverwagte kinkels en soms onaangename draaie wat die spelers moes baasraak. Dikwels moes daar gekies word tussen hul eie voordeel en dié van hul span, met die totale prysgeld wat al minder word.

Die reeks het in die Outeniekwaberge aan die oewer van die Tuinroete-dam afgespeel.

Shigeaki het besluit om die skatkis van R720 000 met sy spanmaats te deel en het uiteindelik met R480 000 huis toe gegaan.

Die 28-jarige Shigeaki, wie se ma ‘n bruin vrou was, en sy pa ‘n Japannees, sê sy kinderjare was moeilik en sy deelname aan Die Brug het baie gedoen om sy selfvertroue te bou.

“Ek is ’n gekwalifiseerde arbeidsterapeut en werk tans by ’n regerings- psigiatriese hospitaal in Kaapstad Buiten my werk in die openbare sektor, bied ek ook private ondersteuningsgroepe aan iets wat my baie na aan die hart lê, want ek weet eerstehands hoe belangrik dit is om gesien en ondersteun te word.

“Ek het grootgeword in Worcester van ongeveer vyf- of sesjarige ouderdom af. My kinderjare was nie maklik nie dit was vol onsekerheid, verwerping, seer en pyn. Ek was in pleegsorg by ses verskillende families en vir lank het ek nie regtig geweet wat stabiliteit of liefde beteken nie. Maar toe ek in gr. 10 was, het my lewenspad ’n ongelooflike draai

gemaak toe ‘n onderwyser my wettig aangeneem het. Daardie gebaar het vir my gewys dat familie nie altyd bloed is nie soms is dit ’n keuse uit liefde. “Ek is ’n oud-leerling van die Oefenskool en Hoërskool Breërivier en ek is trots op waar ek vandaan kom Ek besoek nog gereeld Worcester om my ouers, Caylin en Denver Boks, familie en vriende te sien. Daar’s iets besonders aan die dorp: die berge, die natuur, en die mense Worcester-mense is rêrig lekker mense. Ek noem myself altyd met trots ’n "Woe Woe-kind"... en nou dalk selfs die Worcester Wenner!

Hoekom het jy besluit om aan Die Brug deel te neem?

Ek het van kleintyd af gedroom om aan 'n program soos Survivor deel te neem. Ek het altyd geweet daar’s ’n deel van my wat só iets wil aanpak, iets rou en eg. Deur Die Brug het ek daardie droom 'n werklikheid gemaak, en ek ook deelgeneem om my innerlike kind te eer die kind wat al baie moes deurmaak. Ek wou hom wys: jy’t dit gemaak, jy’s dapper, en jy verdien om hier te wees.

Ek het gevoel ek’s gereed vir iets wat my nie net fisiek nie, maar ook emosioneel

en geestelik gaan uitdaag. Ek wou sien wat oorbly van ’n mens as jy al die gemak en bekende strukture wegvat en dan kyk of daar steeds lig en geloof oorbly.

Sonder twyfel was die onvoorspelbaarheid van die spel die uitdagendste aspek daarvan. Jy kan beplan, strategieë uitdink, mense probeer lees… maar dan gebeur daar iets wat alles omkeer. Jy’t geen beheer nie. En om in so ’n omgewing jou kalmte te behou en steeds jou hart oop te hou vir ander mense is 'n uitdaging.

Ek het in die spel ingestap sonder 'n idee oor hoe om 'n brug te bou, ek het gesukkel met die toue. Ek dink ek het meer toue in my kop gemaak as op die vlotte. Die groter uitdaging was intern: daai stemme in my kop wat gevra het of ek goed genoeg is en of ek werklik genoeg bydra? Somminge dae is jou grootste kompetisie nie 'n ander speler nie, dis jou eie gedagtes

Sou jy sê om deel te neem het jou waarhede oor jouself geleer?

Ja, beslis. Ek het besef ek is veerkragtiger as wat ek soms glo Ek het ook gesien hoe belangrik dit is om mens te bly in moeilike omstandighede: om te kies vir sagtheid bo verdedigingsmeganismes. Ek het geleer ek is waardig, net soos ek is. Jy hoef nie die sterkste, die slimste of die mees indrukwekkende persoon te wees om gesien te word en betekenisvol te wees nie. Jy is genoeg net soos jy is Ek het ook besef dat my verlede my nie definieer nie, maar my keuses wel. Die ervaring in Die Brug het my selfbeeld en vertroue in my eie vermoëns versterk. Ek het geleer om myself nie te kleineer nie jy kan steeds nederig bly en jou heel beste gee. Dit het my verander.

NásywenvandieskatkisgeldvanR720000indie tweedeseisoenvandiewerklikheidsreeksDieBrug,het HiromeShigeakimetdieongemaklikewerklikheidvan openbareopinietedoengekry Moeshymeervandiegeld gedeelhet?ShigeakihetuiteindelikgekiesomR240000 aansyspanmaatstegeeendierestehou Diewenner vandieeerstereeksin2024 RobertKruger hetslegs R50000meteenvansyspanmaatsgedeelendieresvan dieR800000-prysgeldgehou

ShigeakihetsyinnerlikestrydoordiebesluitDinsdag (5Augustus)opFacebookgedeelmetdietitel:“Wanneer geesteedsniegenoegisnie”

Ekhetvoor nkeusegestaan:Moetekdiewêreldtevrede stelendiegeldeweveeldeel ofmoeteksteedsgee maarookeerlikweesoormyeierealiteit–’nrealiteitwat privaatisenmynealleen?”hethygeskryf Hyhetgesê hymoesdinkaandieredewaaromhyvirdiekompetisie ingeskryfhet “Ekisdeurmyspangekiesasdiewenner vanDieBrugSeisoen2endisdieaardvandiespel Ekhet diebrugoorgesteekenmoes nbesluitneem–vatek dievolleR720000virmyself ofdeelekdit?Dis’nkompetisie Enin’nkompetisieisjynieverpligomenigietste deelnie Maarekhetgekiesomtedeel EkhetR240000 vanmyprysgeldvirmyspangegee “Ekhetnooitgesêekgaanditgelykopdeelnie;ekhet gesêelkeenverdienietsvandieskat Enekhetmydaarby gehou, hethygeskryf

“Ekhetnooitgesêekhetdiebrugalleengebounie Ek hetgeweetekhetnie Ditwas’nspanpoging Enomdat ekditgeweethet,hetekgekiesomtedeel,wantdit hetreggevoelomdittedoen selfsalkonekmetaldie geldweggestaphet InSeisoen1hetdiewennermet R800000weggestapennetR50000gedeel Mensehet gesê: HykondaremvirelkeenR10000gegeehet Nouis ekSeisoen2sewenner met’nkleinerprysvanR720000 enekhetR240000gegee,enmensesêsteeds:‘Disnie genoegnie Jymoesditgelykopgedeelhet Ditwas’nmoeilikebesluit metselfs’nvervaardigerwat virhomgesêhethymoetonthouhyhoefnietedeelnie “Ekhetdaargestaan–oorweldig,met’nkloppendehart en ndraaiendekop Ekhetoopoëgebidmetmintyd Ek hetdieHeiligeGeesgevraommytelei Aanvanklikhet ekgedinkomR400000tehou Ekhetgekiesomtedeel –nieuitskuldgevoelnie,nieommensetebeïndruknie, maaromdatekgloGodsiendiehartvaniemandwatmet blydskapgee”

Hirome Shigeaki is die wenner van Die Brug se tweede seisoen. Foto: DSTV

Man (46) kry vyf jaar ná hy

vrou aanrand toe sy nee sê

’n Getroude man van Rawsonville en pa van drie kinders het ’n vrou in die gesig geskop toe sy geweier het om ’n romantiese verhouding met hom aan te knoop

Johnny Primo (46) van Spokiesdorp, De Nova in Rawsonville, is laat verlede maand – sowat twee jaar ná die voorval –vir vyf jaar tronk toe gestuur op ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer

Dié vonnis volg nadat hy skuldig gepleit en ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

In sy pleitooreenkoms sê Primo dat hy die klaagster op 21 September 2023 by ’n woning in ’n informele nedersetting in Rawsonville raakgeloop het.

Hy erken die klaagster – ’n kennis van hom – is goed aan hom bekend. Volgens hom het hy in ’n stadium ’n romantiese belangstelling in haar gehad.

Primo sê op die dag van die voorval was hy en die klaagster deel van ’n geselskap by ’n geselligheid. Volgens hom het almal – hy en die klaagster inkluis –tydens die betrokke geselligheid alkohol gedrink.

Hy erken hy was onder die invloed van alkohol, maar nie so dronk dat dit sy besluitnemingsvermoë benadeel het nie.

Primo erken hy het by die geselligheid besluit om ’n gesprek met die klaagster aan te knoop oor die moontlikheid dat hulle ’n romantiese verhouding moet aanknoop.

Hy sê toe die klaagster sy toenadering

verwerp, het hy kwaad geword en haar aan die arm gegryp wat daartoe gelei het dat sy haar balans verloor en op die grond geval het.

Volgens Primo het hy die klaagster uit woede een keer in die gesig geskop terwyl sy op die grond gelê het.

Hy sê toe hy dit doen, het van die ander mense wat by die geselligheid was, ingegryp en hom van die klaagster weggetrek.

Volgens Primo het die klaagster ’n besering in die gesig opgedoen nadat hy haar geskop het. Hy erken sy optrede was onwettig en dat hy die klaagster aangerand het met die doel om haar ernstig te beseer.

Met betrekking tot die verswarende omstandighede het die klaagster skok en verontwaardiging oor Primo se optrede uitgespreek en dat sy nie verwag het dat so ’n voorval ooit tussen hulle sou plaasvind nie. Die klaagster het haar en Primo tot en met die voorval as goeie kennisse beskou.

Die hof het voorts gehoor dat die gemeenskap nie oortredings van hierdie aard duld nie en dus na die howe kyk om oortreders te vonnis om hulle te straf sodat dit as afskrikmiddel vir ander kan dien

Wat die versagtende omstandighede betref, het die hof gehoor dat Primo skuldig gepleit en berou getoon het. Hy het voorts sy spyt oor sy optrede uitgespreek en die negatiewe impak wat dit op die klaagster gehad het.

Amisha Ratanjie het aangekla

Lyk van vermiste vrou (68) gevind

RasaadAdams

’n Soektog na die vermiste Gouda-inwoner, Katriena Smit (68), wat meer as twee weke geduur het, het die afgelope Maandag (4 Augustus) tot ’n hartseer einde gekom toe haar lyk in ’n beboste gebied naby ’n waterkanaal in die ooste van Gouda gevind is

Haar lyk was reeds aan die ontbind, het ’n inwoner wat sedert 18 Julie met die soektog gehelp het, aan Paarl Post vertel

Volgens Jonathan April, wat die dorp se inwoners gemobiliseer het om te help soek, het hulle Maandagmiddag kort ná 15:00 op haar lyk afgekom

“Die vermoede is dat sy dalk oor ’n heining probeer klim en moontlik geval het

Haar een skoen was van haar voet af en haar sokkie het aan die heining se draad gehang

“Haar liggaam was reeds aan die ontbind Dit het ook gelyk asof een of ander gedierte aan haar voet begin vreet het

“Ons vermoed dat sy al in die vroeë dae van haar verdwyning gesterf het Dit is hartseer, want dit was koud en het baie gereën in daardie eerste dae nadat sy as vermis aangemeld is,” sê April

Paarl Post het die afgelope twee weke oor Smit se verdwyning berig

Die polisie se honde- en duikeenhede is in ’n stadium as deel van die soektog ingespan

Daar was ook in ’n stadium bewerings dat sy in ’n voertuig met ’n CK-registrasie (Malmesbury) geklim het

Die polisie het gesukkel om dié inligting op te volg nadat die ooggetuies geen verdere beskrywing van die voertuig of registrasienommer kon gee nie

Die polisie en gemeenskapslede het die afgelope twee weke die beboste landelike gebied aan die ooste van Gouda gefynkam

Volgens Smith se dogter ly haar ma vermoedelik aan Alzheimer se siekte, maar is dit nooit deur ’n dokter by haar gediagnoseer nie

“Die laaste tyd was sy baie deurmekaar Sy het gepraat van mense uit haar groot-

Katriena Smit (68), ’n vrou van Gouda wat vir langer as twee weke vermis was, se lyk is die afgelope Maandag (4 Augustus) gevind

Nuwe hoof begin by HSMontana

Die Hoërskool Montana in Worcester het hierdie kwartaal ’n nuwe skoolhoof verwelkom.

Pieter Botes sê hy sal graag op die goedgeoliede masjien wat sy voorgangers agtergelaat het, wil voortbou.

“Om ’n skoolhoof te wees, is soos die rol van ’n dirigent voor ’n orkes wat aandui watter instrumente op verskillende tye harder of sagter moet speel. Die violis weet reeds wat om te doen; die dirigent moet net leiding gee.”

Dit is in hierdie verduideliking dat sy agtergrond duidelik raak. As jong pianis het hy ná skool ’n graad in uitvoerende musiek aan die Universiteit

belangstel het. Hy is tot akademiese en departementshoof bevorder en het verder studeer om ook wiskunde te kan gee. “Wiskunde en musiek loop mos maar hand aan hand.”

Hy het daarna as departmentshoof by Fairmont High School in Durbanville aangesluit en is in 2022 as adjunkhoof by The Settlers High School in Belville aangestel, waar hy sy leiersvaardighede verder ontwikkel het.

Botes is nie bang om die boeke nader te trek nie en is tans besig met ’n gevorderde diploma in onderwys met spesialisering in leierskap en bestuur aan die Universiteit van

kerkmusiek en speel graag die pyporrel in die kerk. Dit is my manier hoe ek my Christenskap kan uitleef en my liefde vir die Here betoon,” het hy gesê

Some fuel prices going up, petrol down

Mixed fortunes await motorists at the fuel pumps tomorrow after the fuel price adjustments were announced today by the Minister of Mineral and Petroleum Resources, Gwede Mantashe.At midnight, the petrol price will decrease by 28c per litre (both 93 and 95 unleaded) whilst the price of diesel will increase by between 63c and 65c per litre, depending on the sulphur content. The price of paraffin will also increase by 32c per litre

The Department of Mineral and Petroleum Resources said in a statement, the main reasons for the fuel price adjustments are due to fluctuations in crude oil prices, low stock in the US of diesel and paraffin, and the positive improvement in the Rand/ Dollar exchange rate, among others.

The Maximum Refinery Gate Price of LPGas that is imported

through the Port of Saldanha Bay will be R14,633.10 and the Maximum Retail Price (MRP) of LPGas in Western Cape will be R35.30 effective from the 6th of August 2025. According to the statement, fuel prices for August are as follows:Petrol 93 (ULP & LRP): Twenty-eight cents per litre (28.00 c/l) decrease.Petrol 95 (ULP &LRP): Twenty-eight cents per litre (28.00 c/l) decrease.Diesel (0.05% sulphur): Sixty-five cents per litre (65.00 c/l) increase.Diesel (0.005% sulphur): Sixty-three cents per litre (63.00 c/l) increase.Illuminating Paraffin (wholesale): Thirty-two cents per litre (32.00 c/l) increase.SMNRP for IP: Forty-three cents per litre (43.00 c/l) increase.Maximum Retail Price of LPGas: Sixty-nine cents per kilogram (69.00 c/kg) decrease and seventy-eight cents per kilogram (78.00 c/kg) decrease

Pieter Botes

Oud-Oosie kuier by sy alma mater

Die leerlinge en personeel van die Laerskool Worcester-Oos was baie opgewonde om ’n bekende oud-Oosie verlede week te verwelkom. Die deurwinterde en alombekende akteur Frank Opperman het ’n draai by die skool gemaak vir ’n dokumentêr oor sy lewe, wat sy seun Frankie, tans maak. Opperman het sy laerskoolloopbaan aan dié skool voltooi en sy ma was ook vir jare ’n onderwyseres by die skool Die skoolhoof, Renee van der Riet, verwelkom Opperman.

Viljoen Hugo, ’n gr 5-leerder aan die Laerskool Worcester-Oos, het die afgelope naweek aan die TSA Ethekwini Coke GrandPrix-tennistoernooi in Durban deelgeneem Van die beste spelers in die land van o 12- tot seniorvlak het meegeding Viljoen het 27ste in die kompeterende o 12-afdeling geëindig in die enkels en hy en sy dubbelsmaat het tot in die kwarteindronde van die dubbels gevorder

Edith Steyn, Dené Rautenbach, Isabella Theron en Zari Otto van die Laerskool Worcester-Oos is gekies om die Wes-Kaap by die nasionale Landsdienskamp te verteenwoordig Lenike Beyers, Nicholai White en Alex Lakey is as reserwes aangewys

Mialé en Klári Crous van die Laerskool Worcester-Oos het hul Westelike Provinsie-kleure vir dans verwerf Dié dansers van die Danique Fullard Dance Academy het Maandag 21 Julie deelgeneem aan die halfeindronde van die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir uitvoerende kunste Hulle gaan in Oktober aan die SA-kampioenskap in Rustenburg deelneem Hulle het in die 8- tot 10-jaar-ouderdomsgroep deelgeneem

Ses gimnaste van die Laerskool Worcester-Oos het ná die Wes-Kaapse gimnastiekkampioenskap medaljes huis toe gebring Die vlak 1-gimnaste is Ester Theron (foto; silwer), Phia Pieterse (silwer), Léta du Toit (brons), Lecia Broodryk (brons) en Minke Pieterse (brons). Liandri van Reenen het op vlak 2 deelgeneem en ’n bronsmedalje verwerf

Leerderspresteer in vakansiesport

Die Primêre Skool Worcester se leerders het ’n besige vakansie agter die blad.

Die Primêre Skool Worcester se o 13-rugbyspelers het die afgelope naweek aan die Laerskool Park se sewes-rugbytoernooi in Mosselbaai deelgeneem

Die A-span het silwer medaljes in die A-afdeling gewen Hulle is Eltino Edons, Liam de Wet, Piet Vermeulen, Juanrique le Roux, Kosie Naudé en Allen Basson Philip Viljoen was afwesig toe die foto geneem is

Die B-span van die Primêre Skool Worcester se o 13-rugbyspelers het met goud weggestap en die B-afdeling se beker huis toe gebring ná die Laerskool Park se sewes-rugbytoernooi in Mosselbaai die afgelope naweek Agter staan Riaan Hattingh, Granville Pienaar, Reghardt Esterhuyse, Don-Rick Hoker en Lulibo Sigwela Voor is Hagen de Wee, Connor Baxter en Christiaan Hugo

’n Groep leerders van die Primêre Skool Worcester het op Saterdag 21 Julie die medaljes ingeoes in die junior afdeling van ’n karate-kompetisie. Agter staan Jordan Sieckers (Kata - goud, Kumite - goud), Christiaan du Preez (Katabrons, Kumite - brons), Eli Booysen (Kata - brons, Kumite - brons), Amelia Pretorius (Kata - silwer, Kumite - goud) en Minki Viljoen (Kata - goud, Kumite - brons). Voor is Karlien Nieuwoudt (Kata - brons, Kumite - silwer), Emilia Davids (Kata - brons, Kumite - silwer), Christiaan van Rooyen (Kata - silwer, Fighting - goud), Isabella Freeman (Kata

en

Drie van die Primêre Skool Worcester se rugbyspelers wat lid is van die Boland-akademiespan, het in die eerste week van die Junie-vakansie aan die Akademieweek in Oos-Londen deelgeneem. Hulle het vier wedstryde gespeel en eindig in die eindstryd waar hulle WP 23-14 klop Hulle word dus as wenners

(Fightinggoud), Juan Tait (Kata - silwer, Kumite - silwer) en Marinus Langeveld (Kata - brons, Fighting - goud)

- goud, Kumite - goud)
Dylan Coetzee (Kata - goud, Kumite - brons)
WPS se senior karatekas het net so goed presteer en trots medaljes huis toe gebring Agter staan Taheer Kafaar (Kata - goud), Luke Strydom

‘W-Kaapse damvlakke voldoende’

Die departement van water en sanitasie sê hoewel damme nie soos teen dieselfde tydperk verlede jaar oorloop nie, is hy tevrede met die vlakke by al 31 sy damme in die Wes-Kaap, met die Bergrivierdam buite Franschhoek se vlak wat die afgelope Maandag (4 Augustus) op 100,5% gestaan het

Die departement het Dinsdag (5 Augustus) op ’n mediakonferensie by die Bergrivierdam gesê reënval bly weens klimaatinvloede onvoorspelbaar

Hy sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ondergemiddelde reënval vir die res van vanjaar se winterseisoen

Die Wes-Kaap het altesaam 44 damme, waarvan 31 deur die departement van water en sanitasie besit word

Die provinsie se damvlakke het die afgelope Maandag op 79% gestaan Volgens Mkhevu Mnisi, die departement se direkteur van waterhulpbron-ondersteuning, was die totale Bergrivieropvangsgebied se vlak teen Woensdag 90,18% Die Breederivier-opvangsgebied het Woensdag op 76,68% gestaan, die Olifants/ Doorn-gebied op 80% en die Gouritz-gebied op 70%

Vier sluise is volgens Mnisi verlede Vrydag by die Clanwilliamdam oopgemaak om die vlak na minstens 75% te verlaag sodat bouwerk aan die damwal voortgesit kan word Volgens Mnisi het die Clanwilliamdam Woensdag op 78% gestaan Hy het gesê ondanks goeie reënval sedert die begin van die winterseisoen beskou die departement steeds water as ’n skaars hulpbron wat bewaar moet word “Gegewe hierdie vooruitsig doen die departement ’n beroep op alle waterverbruikers om voort te gaan met water-

besparingspogings, ondanks positiewe damvlakke, deur reënwater op te vang, verantwoordelik met water om te gaan en klein damme te monitor

“Reënval bly onvoorspelbaar weens klimaatinvloede soos El Niño en La Niña Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ondergemiddelde winterreënval, al is dit steeds moontlik dat damme vol kan word,” het Mnisi op die mediakonferensie gesê

Hy het verder benadruk dat die beskikbaarheid van grootmaatwater nie as waarborg dien dat plaaslike beperkings nie ingestel sal word nie

“Sulke plaaslike beperkings kan verband

hou met infrastruktuur- en ander uitdagings van munisipaliteite,” het hy verduidelik.

Hy het daarby genoem dat die departement besorg bly oor die voortslepende vandalisering van water- en sanitasie-infrastruktuur

“Die departement het omvangryke veldtogte teen vandalisme begin om gemeenskappe op te voed oor die gevare en gevolge van vandalisme en diefstal van water- en sanitasie-infrastruktuur

“Ons het egter beweeg na ’n vlak waar ons nakoming en wetstoepassing as ’n afskrikstrategie gebruik

“Ons het ’n nulverdraagsaamheid-beleid aanvaar teen ander onwettige aktiwiteite, insluitend onwettige wateronttrekkings en rivierafleidings ”

Die Bergrivierdam buite Franschhoek het Maandag oorgeloop Foto’s: Rasaad Adams
Mkhevu Mnisi, direkteur van waterhulpbron-ondersteuning by die departement van water en sanitasie.

Feesmusiek vir mense én donkies

’n Fees wag op musiekliefhebbers in die Boland!

Die bekende Kaapstadse Filharmoniese Orkes tree op Sondag 14 September by die Oos-kerk,Van Zylstraat, in Robertson op Die orkes, wat bestaan uit 55 professionele musikante, gaan ’n verskeidenheid gewilde klassieke stukke speel met die tema Musiek vir almal

Die konsert word aangebied deur Esel- tjiesrus-donkieskuiling en beklemtoon die wonder van musiek om mense bymekaar te bring in hierdie uitdagende tye wat almal in die gesig staar

Die orkes se vorige besoek in 2023 was ’n groot sukses en daar word verwag dat die kaartjies vanjaar weer blitsig gaan verkoop Bespreek daarom vroegtydig om ’n sitplek te verseker Kaartjies is by die toerismekantore in Montagu, Robertson en McGregor beskikbaar, sowel as by Eseltjiesrus

Dagboek/Diary

DONDERDAG 21 AUGUSTUS

Die Robertson-geskiedenisgilde nooi inwoners vriendelik uit na sy maandelikse byeenkoms om 18:00 vir 18:15 stiptelik by die Robertson-museum Gebruik asseblief die ingang van Museumstraat uit Albertstraat

Die gasspreker is prof Colin Johnson, wat in 1947 in Robertson gebore is Hy woon deesdae in Montagu Sy praatjie handel oor “Insigte en die ontsluiting van die geheime van skepe in rotstekeninge” ’n Baie interessante aand is gewaarborg Bel Wyona Ramsauer by 082 740 7532

DONDERDAG 21 TOT SATERDAG 23 AUGUSTUS

Die verhoogproduksie Stikstêr Queens uit die pen van Tobias van Reenen word op 21, 22 en

net buite McGregor

In Worcester is kaartjies te kry by dr Gerhard de Wet se veeartseny-spreekkamers by Durbanstraat 51 ’n Verdere opsie vir kaartjie-aankope is aanlyn by adopt@donkeysanctuary co za Om seker te maak dat soveel mense moontlik hierdie merkwaardige konsert kan geniet, is daar ’n geborgde kaart- jieskema Kaartjies sal aan kinderhuise, ouetehuise, plaaslike orkeste, blinde mense, kore en musiekstudente verskaf word

Diegene wat dit nie self kan bywoon nie, kan bydraes maak tot geborgde kaartjies, deur e-pos te stuur na adopt@donkeysanctuary co za Kaartjies kos slegs R180 vir volwassenes en net R90 vir studente

Geniet Musiek vir almal en help om ’n positiewe impak te maak vir mense en donkies! Alle opbrengste sal die baie noodsaaklike donkiewelsynwerk van Eseltjiesrus ondersteun

23 Augustus in die Kleinteater in Russellstraat, Worcester, opgevoer

Die toneelstuk is deurtrek met komiese en romantiese oomblikke

Die verrigtinge begin om 19:00 Kaartjies is beskikbaar by De Jagers en aanlyn by www kaarkies co za Bel Van Reenen by 083 748 8410 vir nog inligting

WOENSDAG 3 SEPTEMBER

Sluit aan by Innovation for the Blind vir ’n oggend se inspirasie en sielskos met die gasspreker Hannes van Wyk Dit vind plaas in die Danie Luckhoff-saal in Worcester

Geniet ’n heerlike driegangmaaltyd, heerlike lag en sommer net gesellige saamkuier Bring jou span of kollega, vlug uit die kantoor en laai jou siel

weer vol

Tyd: 10:00 tot 14:00; koste: R370 p p

Besprekings: Ciske Kroukamp – 023 347 2745 | reception@innovationfortheblind org

Blind pianist raise funds

A talented blind pianist from Worcester will perform with the trombonist Wilmar Niehaus in a concert, titled Ties that Bind, to raise funds for her studies in London

Ying-Shan Tseng studied music at the Pioneer School under Dr Joan Wooton and matriculated in 2020 from the Worcester Gymnasium She went on to graduate cum laude with a Bachelor of Music degree from Stellenbosch University Tseng is active as a soloist, chamber musician and collaborative pianist, with a passion for both vocal and instrumental performance

She has won a string of local and international prizes and awards and appeared as a soloist with major South African orchestras, including the Cape Town Philharmonic Orchestra, Johannesburg Symphony Orchestra, and Hugo Lambrechts Symphony Orchestra Tseng is currently studying under well-known Portuguese-born concert pianist José Dias and esteemed soprano and pedagogue Lauren Dasappa Tseng teaches voice privately and frequently works as a chamber musician and collaborative pianist She was principal flautist of the Winelands Philharmonic Orchestra as well as the Festival Concert Orchestra at the Stellenbosch International Chamber Music Festival She is currently studying the trombone with Wilmar Niehaus

In September she will begin her Master’s degree at the Royal Academy of Music in London, continuing her studies in both piano, voice, and the trombone Niehaus, obtained his BMus degree cum laude from Stellenbosch University He has performed as principal trombonist with the University of Stel-

lenbosch Symphonic Wind Ensemble, the WindWorx Symphonic Wind Ensemble, the University of Stellenbosch Symphony Orchestra, the Cape Town Philharmonic Youth Orchestra (CPYO), and the Winelands Philharmonic Orchestra (WPO), among others He has performed regularly with both Jazz and Chamber ensembles, and has won many prizes Wilmar currently studies with Andrea Balocco, principal trombonist of the Cape Town Philharmonic Orchestra In addition to performing, Wilmar is also an active music educator, teaching trombone and other brass instruments at Bellville and Tygerberg High Schools

Ties that Bind, under the auspices of the Worcester Music Society, will be performed on Wednesday 13 August at 19h30 at the Pioneer Music School Auditorium in Porter Street, Worcester The concert aims to raise funds for Tseng’s studies in London Tickets are R100 (R50 for scholars), and will be available at the door For more information, phone 082 562 7157

Ying-Shan Tseng and Wilmar Niehaus

Nuwe gordels ontvang

(1124m²)

sone

(675m²)

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.