Weslander Food Lover's - 4 December 2025

Page 1


Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

Weskus kréún onder geweld

Jonk en oud het hul stemme laat hoor en hardop gesê: “Genoeg is genoeg!”

Die afgelope Maandag (1 Desember) het inwoners saamgestaan en die strate ingevaar, geklee in swart met die tema “Kleuringlewens maak saak” in die stryd teen die golf van eindelose geweld, sinnelose moorde en sake van vermistes wat steeds opgelos moet word.

’n Groep inwoners het hul weg in ’n vreedsame betoging tot by die Saldanhabaai- munispale kantoor in Hoofstraat, Vredenburg, bevind om ’n memorandum te oorhandig in die hoop dat die munisipalteit hul pleidooi hoor en aksie sal neem.

Plakkate met die gesigte van dié wat hul lewe verloor het, het dit duidelik gemaak dat ’n einde aan hierdie soort geweld noodsaaklik is.

Volgens Norman van Wyk, ’n gemeenskapsleier en aktivis in Witteklip, moet gemeenskappe saamstaan.

Van Wyk se oudste seun, Enrico, was in 2023 ook die slagoffer van ’n tragiese moord. Hy meen jongmense sterf op ’n wrede manier “voor hul tyd” omdat die stelsel, die politiek, die howe en die polisie hulle in die steek gelaat het. “Bowenal, diegene wat heeldag met die Skrif oop loop en oor Jesus huil, versuim om aksie te neem met stewels op die grond; hulle het die slagoffers in die

Inwoners in swart klere hou ’n optog in Vredenburg om hul stemme te laat hoor. Foto: Noluvu Ludidi steek gelaat. Ons gemeenskappe het hulle in die steek gelaat. Deur die loop van die afgelope naweek is nog meer gesinne verpletter gelaat. Hul harte is aan flarde geskeur omdat hul kinders aan die hand van oortreders gruwelik gesterf het. Volgende jaar sal dit normaal voortgaan, asof niks gebeur het nie.”

Claudia de Koker, ook ’n inwoner van Witteklip, deel dieselfde sentiment – dat

die stelsel nie werk nie.

De Koker meen kinders van jong ouderdomme is al betrokke by moorde en rooftogte en het nie alledaagse respek vir ouer mense soos vorige generasies gehad het nie. Sy meen ouers en kerke draai ’n blinde oog na dit wat in vandag se skole gebeur.

“Dit is hartseer en tragies dat ons so baie jongmense verloor en dat ons jong-

Blaai om en kry jou propvol Weslander,

mense op daai punt gekom het dat hulle besig is om hulself uit te roei. Onskuldige kinders verloor hul lewe en dis ’n groot probleem in ons gemeenskappe.”

’n Toename in moorde het die afgelope paar maande aan die Weskus voorgekom.

Die geliefdes van slagoffers is raadop.

Net die afglope naweek is twee mans van 39 en 47 jaar oud op Vrydag 28 November omstreeks 22:10 in Chroomstraat, Ongegund, doodgeskiet en ’n derde man van 36 jaar oud is gewond en het mediese behandeling ontvang.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, word die motief vir die moorde en ’n saak van poging tot moord ondersoek. Nog ’n moord het die afgelope Sondag (30 November) plaasgevind waar die lyk van Francois Pickard (30) omstreeks 05:45 in Lysterstraat, Witteklip, gevind is. Die verdagte, Richard Moshoeshoe, het Maandag (1 Desember) in die Vredenburg-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

Die tragiese dood het die familie geruk. Pickard se pa, Frikkie Jooste, meen misdaad vat die Weskus oor.

“Elke week sien ’n mens dat daar weer een oorlede is en deesdae begrawe die ouers die kinders en nie meer die kinders die ouers nie. Ons kan nie God se werk oorneem nie; dit wat Hy gedoen het, moet ons maar aanvaar, Hy sal self die wonde genees,” sê ’n bedroefde Jooste.

met alles wat jy móét weet!

Sweet Juicy ‘n

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.