Hulle is aangeraai dat so ’n uitkoop ’n “geaffekteerde transaksie” sou wees Dié soort maatskappytransaksies vereis onder meer regulatoriese ondersoek en goedkeuring van die oornamereguleringspaneel
Die beskuldiges het glo aan aandeelverkopers voorgegee die aandeelprys het in 2006-’17 net van R13,50 tot R16,83 gestyg en dat die mark “gesluit” is
Die fluittjieblaser, wat die ongerymdhede op die lappe gebring het, het hom in 2014 by PGB aangesluit Hy het afgekom op ongerymdhede wat hy op vergaderings en in e-posse aan die bestuur oorgedra het Meiring Terrant, die destydse bedryfsbestuurder van PGB, het tot 31 Maart 2017 saam met Petrus Marais en die prokureursfirma Ingwesen, Feenstra en Marais alle versoeke vir die aandeleoordrag in PGB sowel as sy houermaatskappye hanteer
Die fluitjieblaser het later regsmenings ingewin voordat hy die saak by die Valke aangemeld het Hy was bekommerd dat binnehandel plaasvind en het regsadvies by ’n erkende kenner in korporatiewe reg gekry, wat die praktyke by PGB as onwettig uitgewys het
Die fluitjieblaser het dit aan die direksie oorgedra, wat hom opdrag gegee het om die onwettige praktyk te verander na een wat wettig was Hulle wou egter glo nie iets aan die reeds verkoopte aandele doen nie Van die direkteure het glo aan hom gesê dat “die eier nie meer ontroer kon word nie” ’n Restitusieproses is nooit begin nie Hofstukke dui verder aan dat die drie beherende aandeelhouers – die Eigelaars, die Pienaars en die Maraisfamilies – die sogenaamde “EPM-blok” sowel as Kobus Pienaar in sy persoonlike hoedanigheid in die eerste jaar ná die waardasie 100% van die aandele wat beskikbaar geword het, gekoop het
DRUK OP FLUITJIEBLASER
Die 174 713 aandele wat sedert 2008 deur die EPM-blok teruggekoop is, verteenwoordig ’n prysverskil van R200 per aandeel, wat aan hulle ’n onbehoorlike voordeel van R35 miljoen besorg het Die staat voer aan dat die suksesvolle aankoop van die aandele van ’n ongenoteerde, openbare maatskappy teen só ’n tempo en afslag bereik is omdat minderheidsaandeelhouers geen leiding of ondersteuning gekry het oor waar hulle hul aandele
kon verkoop nie Omdat die fluitjieblaser geweier het om ’n vertroulikheidsooreenkoms te onderteken, het die direksie hom dissiplinêr aangekla omdat hy geweier het om terug te staan met betrekking tot onwettige aandelehandel
Hy het in Oktober 2019 ’n skeidingspakket van R1 743 134 aanvaar en die maatskappy in Desember 2019 verlaat
Die fluitjieblaser het strafregtelike klagte ingedien – teen die raadslede, die verskeie maatskappye wat hulle verteenwoordig en ander individue wat die wanvoorstellings teenoor die minderheidsaandeelhouers gemaak en moontlik gemaak het
Hy het ook Petrus Marais en die prokureursmaatskappy Ingwesen, Feenstra en Marais by die Regspraktykraad aangemeld
Afgesien van die ongerymdhede met die verkoop en koop van aandele, het hy ook ontdek dat die direkteure van die EPM-blok jaarliks meer as R184 000 as “reistoelae” ontvang het
Verder het hulle as ’n groep elke jaar ’n belastingvrye, private oorsese reis vir een van hulle geëis – dus een direkteur per jaar, een keer elke vier jaar vir elke direkteur
BESKULDIGDES KRY BORGTOG
Petrus Marais het verder die beskuldigdes aangeraai om voornemende verkopers van minderheidsaandele na hom te verwys sodat hy hulle na bewering sodoende kon intimideer om die aandele vir ’n fraksie van die werklike waarde te verkoop, tot onbehoorlike voordeel vir die EPM-blok
Minderheidsaandeelhouers wat hul aandele wou verkoop, is nooit ingelig dat Petrus Marais ’n nie-beherende direkteur van beide PGB (wie se aandele hy help verhandel het) én Belhoewe (’n aandeelkoper) is nie
Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die beskuldigdes is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat
Die beskuldigdes moes hulle paspoorte en ander reisdokumente oorhandig en is verbied om met staatsgetuies in verbinging te tree of hulle te dreig
Die landdros, Theresa Postma, het in ag geneem dat nie een van die beskuldigdes enige vorige veroordelings het nie
Adv Louis van Niekerk, ’n senior staatsadvokaat van die Kantoor van die direkteur van openbare vervolging in Kaapstad, hanteer die staat se saak
Die beskuldigdes verskyn weer op Dinsdag 29 Julie in die Vredenburgstreekhof
Construction mafiaonWCoast
Noluvu Ludidi
Communities on the West Coast are starting to bear the brunt of protection-fee extortionists, which may have led to the death of a resident in Vredenburg
At approximately 20:20 on Friday 30 May Gibson Makaya (41) was shot dead in his vehicle in Nackerdien Street, Witteklip and a 28-year-old passenger was wounded. According to Tania Helfrich, spokesperson for the West Coast Policing District, murder and attempted murder were being investigated.
Norman van Wyk, a community activist and ward committee member in Witteklip, said whatever comment one will give as the reason behind this brutal “assassination” will be pure speculation “What we as community factually know is that this was not just some sort of random thing Gibson’s death was planned, timed and then executed. We will always remain having to put our trust in the commitment and expertise of our local police. I believe that this fatal incident will receive the level of attention and commitment from police it deserves.”
PROTECTIONFEE
Van Wyk added that looking at the outpouring of condolences from the community of Witteklip one can see that Gibson was well-known, well-loved and well-respected in the community as he always smiled and earned a honest living.
“Many of these extended houses here in Witteklip carry in their foundation sand and stone that Gibson supplied and delivered to this community ” Gibson was believed to be involved in the construction sector transporting cement and other building material.
A local resident who wished to remanin anonymous said before the attack Gibson had reportedly received several threatening calls from an individual demanding a monthly protection fee.
“His refusal to comply may have led to this fatal act of violence. This is not an isolated incident as three weeks ago two
other construction subcontractors were previously targeted under similar circumstances. Both had refused to pay the R2000 monthly protection fee demanded by the same alleged ‘construction mafia’. They were later shot by unknown gunmen and remain in critical condition,” the resident said.
The resident added that this is a serious warning to all subcontractors “If you receive a call from someone demanding protection money, report it to the authorities immediately. Your safety and that of your employees could be at risk. Stay vigilant and stay safe.”
COMMUNITYSILENCE
Another resident from Witteklip said he was shocked by the silence from institutions and organisations that should be making noise, making people aware of what is happening in their towns “There should be alerts and ongoing education amongst the public concerning this phenomenon which used to be distant in other provinces, the Western Cape and now moving into the West Coast. It is alive and active.”
Placing emphasis on the silence on this matter, the resident feels that the community needs to stand up
Many residents are asking whether this phenomenon is slowly creeping its way onto the West Coast and instilling fear among people Another anonymous source said the potential spread of protection-fee extortionists into Vredenburg and the West Coast District poses a grave threat to the region’s stability. “The impacts on local businesses, community safety and the economy could be devastating However, by understanding the nature of this criminal activity and implementing proactive strategies, we can collectively work to protect our communities and preserve the idyllic nature of the West Coast. An informed and united community is our strongest defence.”
* On Saturday 31 May around 08:50, the body of Sandiso Nomlala (28) was found in Tsitsiratsitsi. He had wounds all over his body. A murder case is being investigated.
Have your say at your local CPF meeting this month
Residents of towns on the West Coast who want to have a say on how crime should be dealt with in their town, are welcome to attend the respective community policing forums’ (CPF) annual meetings.
This also applies to churches, sports organisations, businesses, community members and more
Come make a difference and help discuss matters, such as the selection of a new management, crime fighting and other important issues about crime that affect the community.
The CPF creates an important platform for role-players to ensure together that the community’s needs are tackled. The South African Constitution provides for forums to bring community organisations and the police together in partnership to find solutions to safety and security issues.
The CPF also promotes cooperation between the parties to protect the community from crime and thus create a safe environment.
A second function of the CPF is to check and promote the local police’s efficiency, accountability and transparency as a civilian
Pasop vir dié slenters!
Dié motorfiets is “te koop” op sosiale media geadverteer, maar inderwaarheid is die motorfiets in die Paarl as gesteel aangemeld
Kapt Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, waarsku Weskussers opnuut om uiters versigtig te wees wanneer hulle goedere via sosiale media aankoop
In dié geval het die voornemende koper die koopprys oorbetaal en die motorfiets gekry – net om uit te vind dat dit gesteel is “Mense moet deeglik ondersoek doen na artikels wat te koop geadverteer word Moet in geen omstandighede blindelings vertrou en geld oorbetaal voordat jy die artikel gesien het nie
In dieselfde asem waarsku Helfrich ook lesers om uiters waaksaam te wees
Dié motorfiets is in die Paarl gesteel, maar aan ’n Weskusser as “wettig” verkoop Foto: SAPD
oor sogenaamde beleggings wat op sosiale media geadverteer word Jy kan dalk – soos talle ander gevalle – geen dividende of rente [of selfs jou belegging] terugkry nie,” waarsku sy
Mystery boat and trailer found on beach ThistrailerandvesselwerefoundatLangebaan’smainbeachon15November2023at08:00 Theownerof thetrailerandboathasnotyetbeenfound.ThetrailerregistrationnumberdoesnotexistintheNatissystem, andthevesselisnotregisteredattheSouthAfricanMaritimeSafetyAuthority(Samsa) Enquiriesorproofof ownershipcanbedirectedtoSergeantMarshallDemason0227075140 Photo: SA Police
Misdaadbrokkies
’n 30-jarige man het Donderdag (29 Mei) omstreeks 01:00 in sy huis in Fred Louwstraat, Louwville wakker geword en na sy foon gesoek. Sy vrou en twee kinders was vas aan die slaap, maar sy vrou het wakker geword van ’n geklop aan die deur Drie mans het begin om die huis se deur af te breek. Hulle het die huis binnegekom en die gesin met pangas gedreig. ’n Vierde verdagte het ook die huis ingekom en ’n vuurwapen op die man en sy vrou gerig. Die rowers se gesigte was bedek. Hulle is met twee selfone vort Niemand is beseer nie
Tussen Saterdagnag en Sondagoggend 30 en 31Mei is sowat R30000, sigarette, sjokolade, koeldrank en skyfies uit ’n winkel in Voortrekkerstraat in Porterville gesteel. Die inbrekers het deur die dak gebreek en die veiligheidsalarm se kabels geknip Die polisie in Porterville ondersoek ’n saak van inbraak en diefstal.
Sondag 1 Junie omstreeks 01:45 wou ’n 29-jarige
Drug dealer caught Mandrax tablets with a street value of R59 100 were found in the possession of Joshua Ndemulomrwelo (35) in Vredendal on Sunday at 18:40. He appeared in the Magistrates’ Court on Monday on a charge of possession of illegal drugs Photo: SA Police
man ’n bakleiery in Vleistraat, Porterville, stopsit Hy het egter per ongeluk ’n ander man se bierbottel gebreek. Hy was nog besig om aan te bied om vir dié man ’n ander bier te koop toe die man wat sy bier kwyt was, ’n mes tevoorskynbring en die man daarmee in die rug steek. Die beseerde man het probeer wegry waarop die aanvaller se vriende hom ook aangerand het Die slagoffer is onder meer met ’n paal oor die kop geslaan Hy het sy bewussyn eers later in die hospitaal herwin ’n Saak van poging tot moord word ondersoek.
Ronaldo Dirks (26) het Maandag (2Junie) in die Darling-landdroshof op aanklagte van die besit van ’n gevaarlike wapen en verset teen inhegtenisneming verskyn. Die polisie wou Saterdag (31Mei) omstreeks 04:00 ’n bakleiery in ’n groep stop Dirks het probeer om ’n man met ’n mes te steek, waarop die polisie die mes by hom afgeneem het Hy het toe met die beamptes slaags geraak.
Weslander gee weekliks ’n kort blik op die vorige week se misdaad in die verspreidingsgebied met behulp van kapt Tania Helfrich, ‘n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik
3 Langebaners in sop oor ‘bedrog’
Alida Buckle
Die getal bedrogsake teen Mandy Wood (52), ’n voormalige eiendomsagent van Langebaan, kom al op 19 te staan.
Wood word daarvan aangekla dat sy verskeie gesinne, wat daarna uitgesien het om in Desember 2024 in die Weskus te kom vakansie hou, uit altesaam R290000 gekul het.
Wood het al verskeie kere in die Hopefield-landdroshof verskyn en is op Dinsdag 18 Maart borgtog toegestaan Weslander het op Donderdag 15 Mei berig oor ’n tweede Langebaanse vrou, Stephanie Olivier (57), wat in Kathu in die Noord-Kaap en in die Gautengse hooggeregshof teregstaan op aanklagte van swendelary en bedrog (“Vals regsman en rekenmeester vas”)
Olivier is een van nege beskuldigdes in die Shepherd Bushiri-hooggeregshofsaak wat wêreldwyd opslae maak. Sy staan ook in die Kathu-landdroshof tereg op ’n string aanklagte van bedrog saam met Fred Enslin (51), ’n vals regspraktisyn
Die klagtes teen Olivier en Enslin (51) hou verband met die Enslin Olivier Ingelyf-“regspraktyk”, wat hulle in Oostewalstraat, Langebaan, bedryf het.
Nóg ’n vrou van Langebaan, Ronel Jonker, staan in die Hopefield-landdroshof ook tereg op verskeie aanklagte van vakansiebedrog. Die verhoor begin later vandeesmaand – op Dinsdag 17 Junie
In Wood se geval het negentien gesinne
van oral in die land in Desember 2024 met hul aankoms by hul droomverblyfplekke in die Weskus, waarvoor hulle reeds betaal het, uitgevind dat iemand anders reeds in die vakansieplekke is, of Wood het die verblyf op die nippertjie gekanselleer omdat sy glo per ongeluk ’n dubbele bespreking gemaak het. Wood het op verskeie Facebook-bladsye – Western Cape Coastal Holiday Bookings, Mandy Wood Guesthouses and Property Management en Mandy Wood Properties – die gesogte vakansieverblyf-tydgleuwe vir tussen Dinsdag 24Desember 2024 en Vrydag 25Januarie 2025 geadverteer
Volgens die regulerende owerheid vir eiendomspraktisyns (PPRA) is Wood slegs as ’n internskap-eiendomsagent by Stephanie Leeds Properties in Boksburg geregistreer
Wood is – voordat borgtog in Maart toegestaan is – in die Pollsmoorgevangenis se vroue-afdeling aangehou nadat sy op 30 Desember 2024 by die Langebaan-polisiekantoor in hegtenis geneem is Volgens Dolf Nel, die staatsaanklaer, verskyn Wood weer op Dinsdag 5Augustus in die Hopefield-landdroshof. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.
Olivier en Enslin is op Vrydag 9 Mei borgtog van R100000 elk toegestaan en verskyn weer op Vrydag 4Julie in die Kathu-hof. Die Gautengse hofsaak sal voortgaan wanneer Bushiri en sy vrou, Mary, terug is in Suid-Afrika.
Twee by verkeer
Twee werknemers van die Moorreesburg-verkeersafdeling is op administratiewe verlof geplaas hangende die uitkoms van ’n ondersoek na bewerings van moontlike wangedrag en korrupsie ’n Lasbrief is die afgelope Donderdag (29Mei) by dié plaaslike verkeersdepartement uitgevoer waar ook op dokumente en selfone beslag gelê is Dit volg ná onlangse bewerings van moontlike onreëlmatighede wat nou deur nasionale en provinsiale owerhede ondersoek word Luidens ’n verklaring van die Swartland-munisipaliteit het sy munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, en die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, onmiddellik druk op owerhede geplaas om nadere ondersoek in te stel toe die bewerings van korrupsie en wangedrag deur amptenare aan die lig gekom het. ’n Gesamentlike ondersoek is deur die nasionale departement van vervoer, die
ondersoek
Wes-Kaapse departement van mobiliteit en die polisie se provinsiale kommersiële misdaadeenheid met die samewerking van die Swartland-munisipaliteit gedoen Die munisipaliteit sê in die verklaring hy beskou enige bewerings van wangedrag of korrupsie deur amptenare in ’n uiters ernstige lig “Ons sal die sterkste stappe moontlik doen teen enige munisipale amptenaar wat skuldig bevind word aan wangedrag of korrupsie,” het die burgemeester en munisipale bestuurder in die gesamentlike verklaring gesê Terwyl die ondersoek voortduur, het die munisipaliteit maatreëls ingestel om dienslewering by die Moorreesburg-verkeersafdeling te verseker Enige amptenaar of lid van die publiek wat bykomende inligting het, word versoek om dit by die kantoor van die munisipale bestuurder of die interne ouditeure by 0224879400 aan te meld Inligting sal vertroulik hanteer word
Van links staan Ben Burger, nasionale voorsitter van die FCJ, Wayne van der Walt, redakteur van die Highvelder en driemalige wenner in die fotografieafdeling van die nasionale kompetisie, wat as een van die gassprekers opgetree het, dr. George Claassen, ombudsman van Novus Media en Media24 wat met joernaliste oor die Perswet en Popi-wet kom praat het, Manfred Jacobs van AVBOB se streekhoofkantoor in die Wes-Kaap en Ansie Lambrechts van die plaaslike AVBOB-tak.
Joernaliste van wyd en syd by seminaar
Sowat 40 joernaliste van verskeie gemeenskapskoerante oor die Wes-Kaap heen het Woensdag 21 en Donderdag 22Mei in Velddrif bymekaargekom vir die Wes-Kaapse deel van die “No Guts No Glory”-streekseminaar van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FCJ).
Die seminaar is die Woensdagaand begin met ’n netwerkgeselligheid by die Riviera-hotel, waar gemeenskapsjoernaliste van verskillende mediahuise kon skouers skuur en hul ervarings in die bedryf deel.
Die Soverby Lapa in Dwarskersbos het Donderdagoggend reggestaan om die groep te verwelkom vir die dag se gesprekvoering tussen joernaliste en kundiges in die bedryf.
“’n Deel van die (FCJ) se mandaat is om gereeld
opleiding aan sy lede te bied,” sê Ben Burger, die nasionale voorsitter
“Met die joernalistieke landskap wat so vinnig verander, is dit noodskaaklik dat ons lede op hoogte bly van wat aan die gebeur is en daarom is dit nodig om ’n seminaar soos hierdie aan te bied Ek bedank graag ons borg AVBOB, wat as deel van hul vennootskap met die FCJ die “No Guts No Glory”-streekseminaar vir die Wes-Kaap moontlik gemaak het.”
Die FCJ bedank ook die Riviera Hotel en Soverby Lapa vir hul gasvryheid en hartlike verwelkoming van sy lede
•Die FCJ hou jaarliks ’n spoggalageleentheid om joernaliste te vereer vir uitmuntendheid in gemeenskapsjoernalistiek. Vanjaar word dit in Augustus gehou
’n Museum vol stories
Noluvu Ludidi
Met sy eenjaar-viering het
Casvier Heritage Art Gallery and Theatre sy eerste opwipmuseum in Saldanha op Vrydag 30Mei geopen – dít alles met die bekende April Snyders, ’n boorling van die plaas Tierklip naby Stompneusbaai, as inspirasie.
Snyders is in 2003 ná ’n kort siekte oorlede Volgens Elton Lesch, die eienaar van die gallery en teater wat ’n liefde vir die stories van die mense van die omgewing het, het hy besluit ’n museum is die perfekte idee om hierdie stories aan die lewe te hou – lank nadat dié mense nie meer hier is nie.
“Ons kultuur is besig om dood te gaan – ons stories ook. Ek het besluit ons eerste storie sal oor oom April Snyders wees. Hy
munisipaliteit, open die museum Foto: Noluvu Ludidi
was ’n legendariese figuur in die omgewing en ook in die groter Weskus.”
Lesch sê Snyders was betrokke by die stigting van die eerste en oudste rugbyklub in die dorp, ’n gerespekteerde man in die gemeenskap en ’n “storiekus” in eie reg met sy kennis van geskiedenis. ’n Stuk grond in Steenberg's Cove is ook na hom vernoem
Lesch verduidelik die opwip-museum se uitstalling sal gereeld verander en sodoende verskeie stories deel. “Wanneer mense die museum besoek, wil ek hê hulle moet trots wees op ons komvandaan. Ons moet erkenning gee aan ons plaaslike mense vir alles wat hulle gedoen het. Hierdie mense het waardes tot ons gemeenskap gevoeg.” Saam met dr. Hendrik Snyders, ’n historikus, deel die museum ook Snyders se geskiedenis en die voetspore wat hy agtergelaat het. Gaste het by die opening ook na gedigte geluister en gesellig verkeer.
Lesch bedank Wespunt Drukker in St.Helenabaai vir die borgskap van die gedrukte foto’s asook almal wat tot die sukses van die aand bygedra het.
• Kontak Lesch by 0768592167 om ’n bydrae tot die gemeenskapsprojek te gee.
Likhona sanitary donation drop-off
Noluvu Ludidi
After a successful sanitary drive in April, the Likhona Ithemba Foundation made its first drop-off at New Vredenburg High School on Wednesday 28 May. This is an initiative started by Nosipho Lisa, founder of Likhona Ithemba Foundation
Siphosethu Legoabe (Dudu), who works alongside Lisa on the project, said the day was a great success. “We had a chat with the learners about their understanding of menstruation as well as hygiene methods during the time Pick n Pay Ipic Vredenburg also offered 100 more pads on the day.”
According to Nomvula Dingaan-Moss, principal of New Vredenburg High School, the donation is deeply meaningful to the school. “It reflects a powerful act of care and solidarity, particularly towards our girl learners. Access to sanitary products is a basic need, yet many of our learners face challenges in this regard, taking into consideration their
background. By providing these essentials the donation helps restore dignity, boosts self-confidence and reduce absenteeism related to menstrual health It enables our girls to fully participate in their education without
interruption or embarrassment, in this way improving their academic performance and overall well-being We are truly grateful for this generous and impactful contribution, which will enable them to strive for excellence ”
Bobaas-boereworsmeesters gesoek
As jou boereworsresep goed genoeg is om vir jou ’n legendariese bynaam soos Grill Sergeant, Jamie Olivewors of Braaian Reynolds te verdien, nooi Shoprite en Checkers jou uit om jou beste resep vir die 33ste jaarlikse Boereworskampioenskap in te skryf voordat inskrywings oor twee weke – op Vrydag 20Junie – sluit.
Suid-Afrika se 2025-boereworskampioen sal met die hoofprys –’n splinternuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 RB AT ter waarde van R705 800 en die spogregte om sy wenresep-wors by Shoprite- en Checkers-winkels landwyd te verkoop – wegry.
Suid-Afrika se nr. 1 Kampioenskap-Boerewors het hom die afgelope drie dekades stewig as ’n gunsteling gevestig deurdat Shoprite en Checkers die land se mees outentieke en heerlike tradisionele resepte gemaak met die beste gehalte bestanddele ten toon stel.
Shoprite- en Checkersslaghuise het die afgelope jaar alleen byna ses miljoen kilogram (6000 ton) Kampioenskap-boerewors verkoop – genoeg om 56 miljoen boereworsrolletjies te maak.
“Hierdie kompetisie is ’n viering van Suid-Afrika – nie net die land se ryk voedselerfenis nie, maar ook die kultuur wat ons gebou het deur tyd saam met vriende en familie om die braaivleisvuur deur te bring,” het die wenner van 2024 se Kampioenskap-Boereworskompetisie, Ruard Briel, gesê “Om die titel as Boereworskampioen te wen en van hierdie nalatenskap, deel te word, was ’n groot eer
“Al die deelnemers is soos koninklikes behandel, en die ervaring was onvergeetlik – daarom sal ek weer inskryf.”
Deelnemers moet vaardigheid en bemeestering van die volle boereworsmaakproses demonstreer – van die vermenging van die perfekte mengsel kruie en speserye tot die verwerking van die vleis en die maak van perfek gevulde en gaar boerewors.
Alle inskrywings sal deur 'n paneel kulinêre kundiges van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (Saca) beoordeel word. Ingediende resepte moet aan tradisionele boereworsmaakriglyne voldoen en sal streng gekeur word voordat dit na die volgende ronde beweeg.
Shoprite Checkers se 2024Boereworskampioen, Ruard Briel
Sodra dit bekragtig is, sal die beoordelaars ’n kortlys van 30 resepte opstel voordat dit tot die top-10-finaliste beperk word.
Die finaliste neem deel aan ’n spesiale regstreekse geleentheid waar ’n paneel beoordelaars een verdienstelike deelnemer as die Kampioenskap-Boereworswenner vir 2025 sal kroon
Die wenner en naaswenners ontvang die volgende:
•Eerste prys: ’n Nuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 RB AT en ’n geldprys van R20000
• Tweede prys: R50 000
Derde prys: R30 000
Vir meer inligting of om in te skryf, besoek die webblad championshipboerewors.co.za
Alrita Lesch en André Truter, die burgemeester van die Saldanhabaai-
Lethemba Ithemba Foundation along with Pick n Pay Ipic Vredenburg dropped off sanitary pads at Vredenburg High School
Have we lost our hearts?
As people we stand indicted over a seriously wounded woman who was shown no compassion after a shooting incident
Instead, the bleeding woman was treated as if she were already dead
A shocking video that has been widely shared shows a cellphone being shoved into the cabin of a bakkie just after its driver is shot dead and his female passenger wounded, bleeding profusely from her side
In the video no-one reaches out to the woman No-one offers a word of encouragement or holds her hand She sits and groans, staring straight ahead in shock “What is happening with our humanity?” is the videomaker’s comment as she zooms in on the woman’s bloodstained sweater
The irony is precisely this: What is happening to our humanity? The woman died a few hours later in a Cape Town hospital
Do incredibly violent scenes in movies, television series and video games perhaps contribute to this indifference? Has it made us insensitive to the suffering of others?
Have we become so desensitised that someone bleeding out right before our eyes does not make us feel any empathy or make us feel the need to stop everything immediately and help her? Or, does fear play a role?
The West Coast community is experiencing more incidents in which so-called “protection money” is demanded Non-payment has now become a death sentence Hopefully, the police and the relevant authorities will catch this evil quickly before this form of exploitation gains a real foothold on the West Coast, especially in the construction industry, which is already cut-throat
Woord van die week
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee ons elke week ’n kleurryke beskrywing van ongewone Afrikaanse woorde of idiomatiese uitdrukkings. Wil
jy ’n woord in die WAT, of selfs een wat nog nie in die WAT is nie, koop of borg? Dit is ook ’n geskikte geskenk. Besoek die WAT by www.wat.co.za vir inligting.
Briewe van ons lesers
Dankie vir bydrae tot vroueoggend
Die Ouer-onderwyser-vereniging van die Long Acres-privaatskool wil graag die volgende borge bedank vir hul finansiële bydrae om die vroueoggend op 24 Mei by Schaftplaas ’n groot sukses te maak: Schaftplaas-gasteplaas, EAT, 1 Space Project Management, Lifta, Insurance Zone, Jawitz Langebaan, Rstar Fitness, Village Living, Nava Leather, Biedouw Valley Rooibos, Appliance World Langebaan, L2 Architectural Draughting Consultants & Three Feathers en Circles in the Sand & Brights Langebaan Die ouer-onderwyser-vereniging LONG ACRES-PRIVAATSKOOL, LANGEBAAN
Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word n e
Kantoor
SMSlyn
Uitgewer
Redakteur
Redaksie
Noluvu Ludidi
Alida Buckle
022 713 1251 (t)
022 713 2487 (f) 32510
Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za Maryke Swart maryke.swart@novusmedia.co.za
Hernuwings: hernuwings@media24 com; Joernalis aan diens/Nuuswenke
082 576 0453
Lesers word genooi om hul briewe per e-pos te stuur na weslander@ novusmedia.co.za
Met Vadersdag eersdaags onthou ek jou, Daddy
Die dood bly nou maar eenmaal ’n verskynsel waaraan ons as mens nooit gewoond sal raak nie Ek onthou nog so ’n paar jare gelede soos gister – dit was gedurende die Covid-19-pandemie Dit was een van die verskriklikste tye wat hom oor die wêreld heen afgespeel het
Die impak van sterftes gedurende daardie tydperk was so oorweldigend dat ek iets daaroor moes skryf omdat ek geweet het dat dit my op ’n psigiese vlak van groot waarde sou wees.
Dit het inderdaad baie gehelp
Die afgelope paar dae voel dit vir my amper asof ons in Suid-Afrika ’n mini-herhaling van daardie tydperk het Elke keer as ek op sosiale media gaan loer, lees ek van nog iemand wat die tydelike met die ewige verwissel het My hart gaan uit na elke gesin en familie wat hier aan die begin van die winter uit daardie bitter beker van die dood van ’n geliefde moet drink Dis nie lekker nie Dis nie maklik nie Vra my maar, want ek het dit net ’n paar dae gelede eerstehands met die heengaan van my dierbare pa ervaar
Ja, my pa is vir agt dekades lank vir ons gespaar Hy was ’n legende in eie reg Gaan vra dié wat hom persoonlik geken het My pa was een van die groot seders in sy gemeenskap wat geval het
Wat sy dood vir my egter soveel meer aan die hart gegryp het was die feit dat ek duisende kilometers van hom af was toe hy sy aardse huis vir sy hemelse woning verruil het Moderne tegnologie het dit genadiglik vir my moontlik gemaak om die dag van sy finale aardse totsiens virtueel by te woon. Wat ’n troos! Ook moes ek ’n manier vind om duisende kilometers van my familie af die woorde te vind om my finale totsiens aan hom te sê Ek deel dit graag met jou. Liefste Daddy, Ek skryf hierdie briefie aan jou met ’n seer hart My hart is seer, want ek kan nie vandag daar wees om saam met Mammie, jou kinders, kleinkinders en
agterkleinkinders my finale totsiens aan jou te sê nie
Daddy, ek kon met my laaste besoek aan jou en Mammie sien dat jou aardse reis vinnig besig was om tot n einde te kom. Ek sou Mammie so graag nog een keer wou help om jou sokkies en pantoffels aan te trek. Ek sou Mammie so graag nog een keer wou help om jou uit die huis na buite te neem sodat jy jou gunstelingRedelinghuys-sonnetjie kon geniet Ek wens ek kon nog een keer die voorreg hê om te hoor hoe mooi jy vir my dankie sê elke keer as ek jou met ietsie kleins gehelp het Ek het verstaan Jy was nie iemand wat ’n las vir iemand anders wou wees nie, maar toe jou kragte begin afneem, het jy nederig aanvaar dat Mammie en ons almal ’n handjie moes gee om jou laaste paar treë na die eindstreep so gemaklik as moontlik te maak. Daddy, ek is so bly om te hoor dat Mammie en al jou kinders daar was voordat jy jou reis na jou ewige huis geneem het Jy sou dit so verkies het Ek is so dankbaar vir die Here dat ek die voorreg gehad het om met my laaste besoek aan jou my hand in joune te plaas en jou, Mammie en myself voor God se genadetroon te bring. In my gees kon ek gewaar dat dit jou laaste oomblik hier op aarde saam met my sou
wees. Ek berus my, Daddy, want ek weet dat jy veilig by jou Skepper is. God is die kenner van die harte en die toetser van die niere Hy het jou hart en menswees van begin tot einde geken ’n stil, sagte en nederige pa vir sy kinders ’n liefdevolle en spelerige man vir sy vrou en ’n man met ’n opregte omgeehart vir sy gemeenskap en medemens. Jy sou nie ’n vlieg skade aandoen nie Dis wie jy was en so sal ek jou altyd onthou, Daddy Omdat ek weet dat jy veilig is by jou Skepper, het ek vrede in my hart en gemoed. Baie dankie vir die wonderlike pa wat jy vir jou kinders was. Baie dankie vir die wonderlike man wat jy vir Mammie was. Baie dankie vir die voorbeeld wat jy van kindsbeen af vir ons as jou kinders was. Daar is soveel lewenslesse wat ons by jou kon leer En hier waar ek tans is, sal daardie lewenslesse my altyd bybly Ek sal vir altyd met trots kan sê dat ek die jongste
BLY HOOP EN GLO
Die son sak oor ’n vreedsame marina
Die son sak oor die marina by Mykonos in Langebaan Lesers word uitgenooi om hul mooi foto’s, wat in
- Andre Smith
Emosie loop hoog ná hof
se
uitspraak
Die uitspraak is gelewer – die drie mense wat by die verdwyning van die destyds sesjarige Joshlin Smith (nou al sewe jaar oud) betrek is, gaan daarvoor aanspreeklik gehou word
Dit was Vrydag 2 Mei die beslissing van regter Nathan Erasmus toe hy Kelly Smith (Joshlin se ma), haar kêrel (Boeta Apollis) en ’n vriend (Steveno van Rhyn) op al die aanklagte teen hulle – waaronder ontvoering en mensehandel – skuldig bevind het
Soos vandeesweek berig word, het Erasmus in sy uitspraak bevind dat ten spyte daarvan dat daar steeds geen teken van die groenoogkind is nie, die staat bo alle twyfel skuld bewys het ’n Vroeë aanduiding is dat hulle moontlik lewenslange tronkstraf in die gesig staar
Enkele ure nadat die uitspraak gelewer is, is Kelly se houthuis, waar sy voor haar inhegtenisneming saam met Boeta en haar drie kinders – Joshlin en haar sibbe – gewoon het, aan die brand gesteek
’n Vrou het haarself kort daarna aan die polisie oorgegee en sal tereg moet staan op ’n aanklag van brandstigting
Dit laat tog die vraag ontstaan oor hoekom mense na geweld neig om uiting aan emosie te gee, hetsy woede of blydskap
Dis nou as ’n mens die aanname kan maak dat die optrede weens die viering van die uitspraak was
Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word n e
Kantoor
SMSlyn
Uitgewer
Redakteur
Redaksie
Noluvu Ludidi
Alida Buckle
022 713 1251 (t)
022 713 2487 (f) 32510
Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za Maryke Swart maryke.swart@novusmedia.co.za
Madelie van Tonder madelie.tolken@novusmedia.co.za
Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.za
Sirkulasie: On the Dot
Algemene navrae: 087 353 1300 (Tel)/087 353 1333 (WhatsApp) ntekenare@media24 com Nuwe intekenare: ntekenare nuut@media24 com
Hernuwings: hernuwings@media24 com; Joernalis aan diens/Nuuswenke
082 576 0453
OMBUD
inhoud van Weslander aan ons ombudsman George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co za
uitkom, maar ’n kraaines vol probleme maak jou kop deurmekaar Wanneer mense ná ’n egskeiding of die dood van ’n geliefde ’n nuwe lewe bou, maar geen doeltreffende GPS het oor hoe om uitdagings te oorwin nie sukkel hulle Hulle wil; hulle weet wat hul beoogde doelwit is, maar dis moeilik om hul nuwe “N1” te vind.
En ek besef hoe dikwels het mense klein stukkies praktiese hulp nodig om hul doel te bereik – hulp om jou CV by te werk; blyplek vir ’n maand; ’n rygeleentheid of hulp met ’n aansoek by binnelandse sake; iemand wat regtig luister en prakties help wanneer tye skielik rof raak; dalk net ’n bed met ’n sagte kussing waar jy kan gaan lê en huil
En ek wonder: Is my ondersteuning vir die mense rondom my positief, of tree ek dalk soms op soos ’n foutiewe GPS? Gee ek hoop soos die sonneblom, of lyk ek soos ’n treurwilg wat self droogte in my gemoed beleef? Dokters Sonder Grense (MSF) is ’n humanitêre organisasie wat wêreldwyd kundige mediese hulp bied.
André terug met passie
Nà meer as ’n dekade se stilte is André Huysamen terug met sy nuwe solo-enkelsnit, “Rooiwynlippe”.
Hierdie liedjie met ’n aanloklike ritme en lekker saamsing-lirieke is klaar op pad om in elke luisteraar se kop vas te steek.
“Ek kon nie aan ’n beter liedjie as ’n solo-vrystelling dink om hierdie nuwe hoofstuk meeaf te begin nie,” sê André.
André is in 2014 vir Bok Radio se Bokkie-Toekennings as Nuweling van die Jaar benoem. Kort daarna het hy besluit om sy mikrofoon tydelik weg te pak.
“Teen daardie tyd het ek al drie albums uitgereik en oral deur die land getoer. Ek was emosioneel en fisiek uitgebrand en het besef ek moet ’n tree teruggee as ek ooit weer met opregte passie wou terugkeer. Daardie besluit het my lewe verryk – ek het ongelooflike
‘Groet Die Grotman 2’:
Dit is vyftien jaar later Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings Grotman het sy
hoogtepunte in my studies, loopbaan en persoonlike lewe bereik. Ek het ook geleer om die tydsberekening van my lewe te vertrou. Alles gebeur op die regte tyd, met ’n groter doel. Nou, op 40, kan ek dit meer waardeer vir wat dit werklik is.”
Huysamen het in 2024 die kragtige duet “Vat My Saam” saam met Tiaan Grundling vrygestel. Die liedjie het wyd opslae gemaak en die tweede plek op die Suid-Afrikaanse iTunes-treffersparade verower. “Dit was vir my ’n bevestiging – die beste lê regtig nog voor,” sê hy Met die winter op hande glo André “Rooiwynlippe” is die perfekte klankbaan vir koue aande en ’n glasie wyn En André se gunstelingwyn?
“Sonder twyfel Darling Cellars se Chocoholic Pinotage – en nee, hulle betaal my glad nie om dit te sê nie,” lag hy “Rooiwynlippe” is nou op alle digitale platforms beskikbaar.
André Huysamen het ’n nuwe liedjie uitgereik
Tribute to Creedence
Creedence Clearwater Revival and Smokie Unplugged, with country-rock artist Gareth James, on at Die Koelkamers on Saturday 7 June Experience the timeless hits of both groups as never before stripped down, raw and acoustic. Join the award-winning James and virtuoso guitarist Donovan Chemaly for an intimate evening of iconic classics reimagined in a soulful acoustic
Dagboek/Diary
E-pos:weslander@novusmedia co za Dagboekinskrywingswordgratisgeplaas Inskrywingsmoetvoor17:00op’nMaandagontvang word THURSDAY5JUNE
TheWesternCapeBloodServiceswillvisitthe WeskusMallfrom11:00to15:00 Theywillbelocated ontheUpperLevelnexttothetoilets Formoreinformation,pleasecontactWeskusMallon0227036900 orsendanemailtoinfo@weskus-mall co za SATERDAG7JUNIE
DieSuidooster-spanmetsewevansybesteakteurs komkuierom10:30bydieWeskusMall Lekkerpryse omtewen–moetditniemisloopnie KontakWeskus Mallby0227036900ofstuure-posnainfo@weskus-mall co zavirnoginligting
Om sy skool en gemeenskap by die nasionale interprovinsiale toernooi in KwaZulu-Natal te kan verteenwoordig is ’n groot eer vir Johen Pietersen.
Dié hokkiespeler van die Hoërskool Dirkie Uys is vir die Boland-o.18B-seunshokkiespan gekies – ’n groot prestasie. Johen se liefde vir hokkie het op laerskool begin en oor die jare net gegroei. “Hierdie geleentheid beteken baie vir my en ek is baie trots om my skool en Moorreesburg ‘op die kaart te sit’. Toe ek die nuus hoor dat ek in die span opgeneem is, was ek baie bly,” sê Johen “Om Boland in my matriekjaar te kan verteenwoordig, is ’n groot eer ”
Johen sê hokkie beteken vir hom baie. Hy sê die sport het hom al baie in die lewe geleer en maak hom wie hy vandag is Dié kranige hokkiespeler het ook in 2023 die geleentheid gehad om in Nederland te gaan hokkie speel – ’n bewys van sy liefde, talent en toewyding vir die sport.
Sy ma, Francis Pietersen, sê sy is baie trots op haar seun en alles wat hy tot dusver behaal het.
“Hy het net sy beste gegee om weer die span te haal. Omdat die Boland-proewe baie potensiale spelers het, maak dit enige speler en ouer trots om te hoor jou kind het die Boland- interprovinsiale span gehaal. Ek is regtig baie trots omdat hy eendag ná skool ’n rigting in
Twee van
St.
Helena skitter in netbal
Waydene Swartz en Keater Arendse van St. Helenabaai Primêr het by die Wes-Kaapse Skolenetbal se finale proewe in Oudtshoorn uitsonderlik presteer. Dié twee leerders gaan die Wes-Kaap tydens die skoolvakansie by die Suid-Afrikaanse Skolenetbal se All Ages-toernooi as lede van die o.13- en o.14-spanne in Boksburg verteenwoordig Die skool is baie trots op hulle
LUCKY STAR ST HELENA BAY
sport wil volg en dat dit sy passie is,” sê Francis.
“Alle eer kom God toe vir dit wat Johen al bereik het.”
Om sy droom te verwenslik’ het Johen R14900 nodig, asook ’n bykomende R2000 wat sy toerusting sal dek Boland-Skolehokkie sê die koste is dalk hoog, maar dit sluit alles in om seker te maak dat elke speler veilig en doeltreffend as ’n span reis.
Die eerste betaling van R14900 moet teen Vrydag 13Junie betaal word en die tweede betaling van R2000 teen Vrydag 20 Junie.
Lesers wat Johen wil help, kan Francis by 0794092284 kontak om haar seun sy droom te help bereik en hom finansieel te ondersteun.
Rugbyspelers takel Cravenweek
Nege rugbyspelers van die Weskus Skool in Saldanha is in die Boland LSEN o 18-span, wat in die Julie-vakansie aan die Cravenweek gaan deelneem, opgeneem Die skool is baie trots op hierdie prestasie. Agter staan Junior Fransman, Ismael Weimers, Nganga Badila en Lamaaz Jaers. Voor: Jowaylen Strauss, Gabriel Smith, Adriano Fourie en Jacquin Jaers Afwesig: Asemkela Jonas
Bobaas in skaak
Jemaine Klaasens, ’n leerder aan St Helenabaai Primêr, het Saterdag 17 en Sondag 18 Mei by die Wes-Kaapse Skole-skaakkampioenskap in Worcester uitsonderlik presteer Hy het onder die topvierspelers uit altesaam 93 spelers uit al ses distrikte van die Wes-Kaap geëindig Jemaine het beide die Weskus en St Helenabaai Primêr in hierdie prestige-byeenkoms verteenwoordig. Hy is nou in die Wes-Kaap-span opgeneem, wat later vanjaar aan ’n interprovinsiale toernooi in die Suid-Kaap gaan deelneem
Johen Pietersen in aksie
MUNISIPALITEIT SALDANHABAAI
KENNISGEWING VAN VOORNEME WORD
HIERMEE GEGEE INGEVOLGDEARTIKEL
116(3) VAN DIE MFMAVIR DIE
VERLENGING VAN VERSKEIE TENDERS:
Verskeie verslae het voor die Raad gedien vir dieverlengingofuitbredingvankontrakteop29 Mei 2025 soos voorgeskryf deur die wet Die Raad is van voorneme om die volgende kontrakteteverlengofuittebreinainagneming vanvertoë,indienenigeontvang:
Redes vir verlenging of uitbreiding van die kontrak is vervat in Raadsbesluit R11/5-25 van 29Mei2025.Dieinligtingkanverkrywordopdie Raadsewebtuiste,munisipalekantore,satelliet kantoreenbiblioteke.
Verdere navrae kan gerug word aan: Mr AnaroodPlaatjies
E-pos:anarood.plaatjies@sbm.gov.za.
Soos per bepalings van Artikel 116(3) van die MFMA, gee Saldanhabaai Munisipaliteit, aan gemeenskappe kennis van die voorneme om die kontrakte te verleng of uit te brei (veranderinge) en nooi die gemeenskap uit om vertoëaandiemunisipaliteitterig
Vertoë word hiermee ingewag en moet teen 20 Junie 2025 op skrif aan die adres hieronder gestuurword.
Mnr H. Mettler
MUNISIPALEBESTUURDER
MunisipaliteitSaldanhabaai
PrivaatsakX12
Vredenburg
7380
K46/25
SALDANHABAYMUNICIPALITY
NOTICE OF INTENT IS HEREBYGIVEN IN RESPECT OF SECTION 116(3) OF THE MFMAFOR THE EXTENSION OF VARIOUS TENDERS:
Various reports were tabled in Council for the extension or expansion of contracts on 29 May 2025 as prescribed by legislation. Council's intention is to extend or expand the following contracts after considering representations if anyreceived:
Reasons for the extension or expansion are included in Council Decision R11/5-25 of 29 May 2025 The information is available on Council's website at municipal offices, satelite officesandlibraries
Further enquiries can be directed to: Mr AnaroodPlaatjies Email:anarood.plaatjies@sbm.gov.za.
As per provisions of Section 116(3) of the MFMA, Saldanha Bay Municipality is giving communitiesnoticeoftheintentiontoextendor expand (amend) the above contract and invite thecommunitytosubmitrepresentationstothe Municipality
Representationsareherebyinvitedandmustbe lodged in writing by 20 June 2025 to the addressbelow
Kennis gesk ed hiermee ingevolge Art ke 75(A) van die Wet op P aas ike Reger ng: Munisipale Stelselswet, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die nale gewysigsde GOP 2022-2027, Dr e-jaar Begrot ng/ Mediumtermyn Inkomste- en Uitgaweraamwerk (MTIUR) en Topvlak Dienslewerings –Begroting Implimenter ngsplan (SDBIP) deur d e Mun sipa iteitgoedgekeurenaanvaarisop28Mei2025
Die nuwe tariewe sal vanaf 1 Julie 2025 geïmplementeer word.
Die goedgekeurde begroting en gepaardgaande nuwe tariewe (water ens.) is vanaf Maandag tot Donderdag gedurende normale kantoorure (07:45-16:30) en Vrydag (07:45-15:15) beskikbaar by die Munisipale Kantoorop Moorreesburg ter besigtiging.
Die goedgekeurde dokumente is beskikbaar op die Raad se webtuiste, www.westcoastdm.co.za
Die derbystryd tussen Langebaan en Vredenburg het Saterdag (31Mei) op die Langebaan-sportterrein plaasgevind en die aksiebelaaide stryd tussen twee buurmanne het die skare van die afskop af gaande gehad.
Die Burg Boys het die wedstryd teen ’n hoë tempo begin en hul vlugvoetige agterlyn het onmiddellik Langebaan se verdediging beproef Jade Bester het die Burg Boys se eerste drie gedruk en die telling tot 5-0 geneem.
Net goeie verdediging het verdere punte in die openingsfase verhoed, maar Bester het weer eens sy krag en vernuf getoon toe hy sy tweede drie gaan druk het, wat deur Waylen Meyer verdoel is
en die Burg Boys ’n voorsprong van 12-0 gegee het. Langebaan het egter begin momentum kry en Vredenburg tot foute gedwing, wat gelei het tot ’n strafdoel deur Russel Smith, wat die telling tot 12-3 verklein het. Teen rustyd was die Burg Boys steeds voor, maar Langebaan het al hoe sterker deurgekom, wat niks goeds vir die Burg Boys voorspel het nie.
Ná die hervatting het Smith ’n tweede strafdoel suksesvol oorgeklits (12-6), maar die Burg Boys het gou geantwoord met ’n drie deur Curlain Genis, wat Meyer suksesvol verdoel het om die telling tot 19-6 te neem Langebaan het onmiddellik teruggeslaan met Ronaldo Swarts se eerste van drie drieë, en Smith se suksesvolle doelskop wat die telling na 19-13 geskuif het.
Nog ’n strafdoel deur Smith en ’n tweede drie deur Swarts het Langebaan vir die eerste keer in die wedstryd die voorsprong laat neem (23-22). Swarts het sy driekuns afgesluit met uitstekende vaart langs die kantlyn af en die skare weens sy vaart op hul voete gehad Smith het verdoel en skielik was Vredenburg op die agtervoet.
Die Burg Boys het koelkop gebly en hul bonusdrie behaal, maar kon egter nie Langebaan se voorsprong van 30-22 verbysteek nie.
Hoewel die Burg Boys ’n laaste drie gedruk het, was hulle ’n punt kort, en toe die skeidsregter aandui dat tyd verstreke is en sy fluitjie blaas, het Langebaan ’n riller-wedstryd met 30-29 gewen Langebaan skuif nou na die vyfde posisie, een punt agter Saldanha, terwyl
Vredenburg twee bonuspunte verdien, maar steeds in die sewende plek bly.