



’n Verkeersbeampte en twee mans van Avianpark het Maandagoggend (21 Julie) in ’n moordsaak in die Worcester-hof verskyn nadat hulle by die skietdood van ’n 17-jarige seun twee jaar gelede betrek is.
Die staat voer aan dat die verkeersbeampte Tanki John Makoala (43) asook Aubrey en Dulah Luthando Mngomezulu (onderskeidelik 35 en 27 jaar oud) verantwoordelik is vir die dood van die tiener, Judu Gabriels, nadat hy op 11 Maart 2023 naby Vinkstraat in Avianpark met ’n vuurwapen geskiet is wat aan Makoala
in sy kapasiteit as verkeersbeampte uitgereik is Wat presies tot die noodlottige voorval gelei het, is in hierdie stadium nog onduidelik. Makoala, wat ten tyde van die voorval ’n verkeersbeampte in Worcester was, is die afgelope week in die Vrystaat aangekeer, terwyl die ander twee reeds sedert 27 Mei in aanhouding is, sê Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG).
Die Mngomezulu’s is na bewering lede van die JCY-bende.
Die saak is uitgestel tot Donderdag 24 Julie vir Makoala se borgaansoek. Drie
Ronél van Jaarsveld
Die stoeier stap die WWE-arena onder luide toejuiging binne en die aankondiger laat hoor: “Dames en here, ek stel bekend; al die pad van Suid-Afri-
verder as dié van sy naaste teenstander. Prinsloo vertel dat hulle elke dag vier ure in die stoeikryt deurbring.
“Op skool was ek mal oor krieket, rugby en atletiek en het ’n groot liefde vir drama. Dit alles het gehelp om my
SPAR se Vroue-uitdaging in Kaapstad in Maart het weer eens twee plaaslike groepe gehelp om maandstondeuitdagings in die gebied aan te pak.
Die Boland-veteraankrieketvereniging (BVCA) het die derde jaar agtereenvolgens ’n groot skenking van SPAR se Petals- sanitêre doekies deur hul waardigheidsprojek ontvang. Hierdie jaar het Against Period Poverty (APP) ook aangesluit en doekies ontvang
Die krieketvereniging het R100000 se sanitêre doekies ontvang, terwyl APP R30000 se doekies ontvang het, sowel as twee doekiehouers ter waarde van R75000.
Wat veral interessant is, is dat BVCA meestal uit manlike krieketspelers bestaan, wat werklik passievol is oor die hulp aan meisies om dieselfde geleenthede in krieket en die lewe te kry.
James Albanie, wat die BVCA-waardigheidsprojek bestuur, was duidelik geraak deur die skenking. “Die invloed van SPAR se hulp in ons gemeenskappe was ongelooflik. Ons help nie net meisies om
in die skool te bly nie – ons moedig ook ’n gesonde leefstyl aan,” het hy gesê Die vrywilligers het nie tyd gemors om die doekies uit te deel aan diegene wat dit die nodigste het nie. “Hulle het vir ons gewag. Ons netwerk is sterk. Dankie vir jul vertroue,” het Albanie laat weet. APP is deur Lindsay Adams begin, wat daarop uit is om seker te maak tienermeisies loop nie skool mis net omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie. Adams is daarop gefokus om die verleentheid weens menstruasie af te breek en glo “om selfs een meisie te help, herstel haar waardigheid en skep geleenthede”.
“Ons is so dankbaar vir SPAR se vrygewige skenking,” het Adams gesê “Dit beteken ons kan nou meer as 15 skole op die Kaapse Vlakte help.”
SPAR Wes-Kaap se advertensie-bestuurder, Elsabe van Zyl-Felix, het albei organisasies by die onlangse oorhandiging bedank dat hulle deel van die reis is “Saam hardloop ons na ’n meer bemagtigde toekoms!” het sy gesê
By die oorhandiging van SPAR se sanitêredoekieprojek is van links Lindsay Adams (stigter: Against Period Poverty), Elsabe van Zyl-Felix (advertensiebestuurder: SPAR Wes-Kaap), Sheila Moonsamy (Human Rights Screen Foundation), James Albanie (BVCA Dignity Project), dr Boebie Hamzam (Malikah-stigting en -hokkie-owerheid), Fuyzlin Hassan Kevy (WP-krieketveterane), Lindsay Lindt (sekretaris: APP), Ellen Adams (APP-vrywilliger) en Omar Henry (voormalige SA krieketspeler en ondersteuner van die BVCA-projek).
Diegene wat belang het by die opgraderings wat vir die N1-snelweg tussen Meiringspark en Hexrivierpoort buite Worcester beplan word, word genooi om aan die openbaredeelnameproses deel te neem om die moontlike omgewingsimpak te bepaal.
EFG Engineers en Delta Built Environment Consultants, namens die Nasionale Padagentskap, beplan om dié 10,5 km lange stuk pad te verbreed en te herbelyn. Nuwe dienspaaie en padwisselaars sal ook gebou word.
Die pad sal op die standaard van ’n
snelweg met ’n 120km/h-spoedgrens gebring word, het kennisgewings aangedui. Hierdie projek kan die biodiversiteit, watertoevoer en grondgebruik beïnvloed ’n Omgewingsimpakstudie word tans gedoen en belanghebbendes word genooi om as ’n belangstellende en betrokke party te registreer en hul kommentaar of bekommernisse in te dien.
•Inwoners kan Aqeelah Carrim by 0797720102 kontak vir agtergrondinligting oor die projek, of om te registreer, of e-pos stuur na aqeelah.carrim@deltabec. com.
Charlotte Lesch
Intensiewe patrollies is onlangs deur die Malmesbury-veediefstaleenheid in samewerking met verskeie rolspelers van stapel gestuur nadat meer as R500000 se vee die afgelope maand as gesteel aangemeld is.
Só sê sers. Henry du Randt van die Malmesbury-polisiekantoor luidens ’n verklaring wat Maandag uitgereik is Talle landbouprodusente in die Swartland en omliggende dele van die Weskus het die afgelope drie weke onder erge veediefstal deurgeloop.
In die Darling-omgewing is die karkas van ’n Angus-bees gekry nadat dit op die plaas geslag is.
’n Klagte is ook aangemeld weens altesaam 19 koeie wat ook gesteel is
’n Skaap en agt hoenders is op hul beurt in die Riebeek-Wes omgewing as gesteel aangemeld.
Altesaam 120 skape is reeds op verskeie plase in die Malmesbury-omgewing gesteel
Dit sluit sowat 54 merino-ooie in, wat tussen Maandag 14 en Dinsdag 15 Julie van net een plaas af verdwyn het.
“Die veediefstaleenheid in Malmesbury, wat die sake hanteer, vermoed ’n sindikaat is waarskynlik in die omgewing bedrywig,” voeg Du Randt by Volgens hom is niemand nog in hierdie stadium in verband met die diefstalle aangekeer nie.
In die Weskus is 25 skape in die omgewing van Nuwerus gesteel terwyl twee skape by die Lutzville-polisiekantoor as gesteel aangemeld is.
Enrico Claassen
Geregtigheid het geskied nadat ’n dief wat ’n buitelandse en ’n plaaslike vrou in McGregor aangeval en beroof het, Donderdag (10 Julie) 12 jaar tronk toe gestuur is.
Austin Visser (22) van McGregor is 12 jaar tronkstraf opgelê op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede en ’n verdere 12 jaar op ’n aanklag van huisbraak met die opset om te roof en ’n tweede aanklag van roof met verswarende omstandighede
Die hof het gelas dat die twee vonnisse samelopend uitgedien word
Visser het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en het skuld op die aanklagte beken
Luidens die pleitooreenkoms erken
Visser dat hy op 25 Junie 2022 op sy fiets in Voortrekkerstraat, McGregor gery het
Hy het die klaagster gewaar waar sy op die sypaadjie met haar selfoon in die hand geloop het Die klaagster was ten tyde van die voorval 64 jaar oud
Volgens Visser het hy besluit om die klaagster te agtervolg met die opset om haar selfoon met geweld by haar af te neem
Hy sê hy het op die hoek van Kerk- en Meulstraat met sy fiets verby die klaagster gery en voor haar stilgehou
Visser het gesien die klaagster se beursie is leeg nadat hy dit uit haar hand gegryp het
Hy sê toe die klaagster hom meedeel sy het niks in haar besit nie, het hy haar hard op die bors geslaan, wat haar op die grond laat val het
Visser erken hy het sy hand in die klaagster se baadjiesak gesteek en haar selfoon, ’n Samsung A32, uitgehaal
Volgens hom het hy sy mes uitgepluk en aangedring op geld, waarop sy geantwoord het dat sy nie geld in haar besit het nie
Visser erken hy het die mes op die
klaagster gerig en haar gedreig met die doel om haar ernstig te beseer Hy erken die waarde van die leerbeursie en selfoon is R5 000 Visser erken hy het geen reg of toestemming gehad om die klaagster aan te rand en haar selfoon en leerbeursie met geweld te neem nie
Met betrekking tot die aanklag van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede, sê Visser dat hy op 3 Julie 2024 in die vroeë oggendure buite die perseel van ’n huis in Voortrekkerstraat, McGregor, was Hy het gedink dat die huismense gaan slaap het toe hy sien die ligte word afgeskakel
Visser erken hy het die huis met ’n mes in sy besit genader Hy sê hy was van voorneme om die huis met geweld binne te gaan en eiendom te steel en vir homself te hou
Volgens Visser het hy geweet daar is mense in die huis en het om daardie rede ’n mes rondgeswaai omdat hy die moontlikheid voorsien het dat hy dit dalk op een van die huismense sou “moes gebruik”
Visser erken die sitkamerdeur van die huis was nie gesluit nie Hy het die deur oopgemaak en die huis binnegegaan Hy sê in die huis het hy ’n beursie gevat In die beursie was die klaagster se identiteitskaart en ’n ABSA-kredietkaart
Volgens Visser het hy agter ’n slaapkamerdeur weggekruip toe die honde buite begin blaf het Hy sê toe die klaagster hom gewaar, het sy gegil en haar man gewaarsku
Volgens Visser het hy die klaagster met die mes gesteek toe sy geen selfone of geld, soos hy vereis het, aan hom oorhandig het nie
Hy erken voorts dat die klaagster se linkerduim en kleinvinger as gevolg van sy optrede beseer is Visser erken sy optrede was onregmatig en strafbaar deur ’n hof Elton Willemse het namens die staat aangekla
FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT,2008 – [REG 10(1)]
Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listedhereunder Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act
VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET,2008 – [REG 10(1)]
Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en] by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore Die betrokke aansoeke kan tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word
IFOMU 3A - ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1)
LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo xa eceliwe kwaye simahla ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho
No Full name of applicant
Volle naam van aansoeker
Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Name under which business will be conducted
Address of the proposed premises
Adres van die voorgenome perseel
Idilesi yesakhiwo
Naam waaronder besigheid bedryf sal word
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Kind of licence applied for Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged
Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is
i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona
Jana Scheepers
Die Wes-Kaapse departement van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme het bevestig dat die instelling van ’n toerismeheffing in die WesKaap ondersoek word as ’n alternatiewe bron van inkomste vir die toerismesektor – ’n reëling wat moontlik in die Drakenstein-munisipaliteit (DM) toegepas kan word.
Volgens Daniel Johnson, ’n woordvoerder vir dr. Ivan Meyer, die provinsiale minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, is hierdie ondersoek deel van breër pogings om volhoubare finansieringsmodelle vir toerismeontwikkeling en -bemarking in die provinsie te identifiseer.
Soortgelyke toerismeheffings bestaan reeds in ander dele van die land en Drakenstein kan by die implementering van ’n soortgelyke stelsel baat.
’n Toerismeheffing, hetsy vrywillig of verpligtend, kan die plaaslike toerismebedryf ondersteun – veral in gebiede waar druk op infrastruktuur en hulpbronne as gevolg van verhoogde toeristegetalle bestaan.
“Die Provinsiale Tesourie en die Wes-Kaapse departe-
’n Foto van die Paarl van die Jan Phillips-bergpad af geneem. Foto:
ment van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme is tans besig om alternatiewe finansieringsmodelle te ondersoek –deels om die onderfinansiering van toerismeontwikkeling en -bemarking aan te pak,” sê Johnson.
“Opsies wat moontlik oorweeg sal word, sluit ’n toerismeheffing in – hetsy vrywillig of verpligtend,” voeg hy by
Hy benadruk egter dat die gesprekke nog in ’n vroeë stadium is en dat verdere navorsing en konsultasie vereis word voordat enige besluite geneem word Daar is ook statutêre vereistes waaraan voldoen moet word, daarom is dit te vroeg om kommentaar te lewer, het hy gesê.
Toerismeheffings van gewoonlik 1% per transaksie is reeds in ander provinsies ingestel
Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika (TBCSA), ’n sambreelorganisasie sonder winsoogmerk, administreer
hierdie vrywillige hul webwerf aan.
Die TBCSA dien mentlike stem vir ondernemings en saam met die reg belanghebbendes.
André Fourie, ’n raadslid in die mu teit, glo dat ’n toerismeh wesenlik kan bydra ontwikkeling van net in die provinsie ook plaaslik binne stein-gebied Hy beklem egter dat die munisipaliteit selfdertyd ook sy op toerismegebied – veral deur die to ing van ’n funksio Toerisme-adviesra
Dié raad is tans van samestelling, om toerisme in die bevorder deur geb van die kundighe like rolspelers en self in die toerism is.
Rasaad Adams ’n Soektog waarby die polisie se honde-eenheid betrek is, is in Gouda onderweg nadat ’n 68-jarige vrou, wat vermoedelik aan Alzheimer se siekte ly, die afgelope Donderdag (17Julie) spoorloos verdwyn het.
Die polisie en gemeenskapslede het vandeesweek die beboste landelike gebiede oos van Gouda gefynkam op soek na Katriena Smit, wat volgens haar dogter op pad huis toe waarskynlik verdwaal het.
Volgens Lee-Ann Smit, haar dogter, het haar ma, stiefpa en hul kleinkind Donderdag (17Julie) huis toe gestap. Die een oomblik het haar ma nog agter gestap en toe haar stiefpa weer omkyk, was Smit weg
“My stiepa het toe hier by die huis kom vertel dat hy nou nie weet wat van haar geword het nie. Ons het toe dadelik na haar gaan soek.
“Toe dit Donderdagaand begin donker raak, was ons regtig bekommerd
“Ons het deur die nag na haar gesoek. Mense het gesê hulle het haar naby die vleilande by die
Die Breedevallei-munisipaliteit waarsku dat insekdoders en ander chemikalieë by sy stortingsterreine streng verbied word.
’n Grootskaalse wegdoening van sulke chemikalieë word vir die Wes-Kaap deur CropLife, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, beplan
Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife nooi inwoners om hulle te kontak om reëlings te tref vir die wegdoening
van insekdoders en chemikalieë Belanghebbendes moet bereid wees om die chemikalieë op spesifieke datums by tydelike punte af te lewer.
Die munisipaliteit het inwoners bedank vir hul hulp om die omgewing te beskerm en te voldoen aan beste praktyke vir die wegdoening van die chemikalieë.
•Stuur epos aan gerhard@ croplife.co.za vir nog inligting en ’n vraelys oor die chemikalieë wat voor die einde van Julie ingedien moet word
waterblommetjies gesien. Dis waar ons daardie nag gaan soek het,” vertel haar bekommerde dogter.
Volgens haar ly haar ma waarskynlik aan Alzheimer se siekte, maar is dit nog nie formeel deur ’n dokter by haar gediagnoseer nie.
“Die laaste tyd was sy baie deurmekaar. Sy het gepraat van mense uit haar grootwordjare daar in Porterville; mense wat ons nie ken nie.
“[My stiefpa] het na hulle gesoek en ons het later vasgestel baie van die mense van wie sy praat, is lank reeds oorlede
“Sy is glad nie iemand wat ronddwaal nie, dus vermoed ons dat sy moontlik deurmekaar geraak het en dalk iewers is sonder dat sy weet haar familie soek na haar Ons wens is dat ons haar veilig sal vind,” het Smit gesê
Volgens Smit het haar stiefpa tydens Donderdagaand se soektog sy been in ’n sloot beseer. Hy is tans in die Porterville-hospitaal.
Katriena is as vermis by die Tulbagh-polisiekantoor aangemeld.
Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie. Katriena
Chantélle Hartebeest
The Western Cape Education Department (WCED) has confirmed this week that transfer applications for the 2026 school year will open early in August.
According to Bronagh Hammond, spokesperson for the department, this only applies to learners who will be in Grades 2 to 7 and 9 to 12 next year. Transfer applications open on 4 August and close on 18 August.
“We encourage parents who wish to do a transfer application to get their documents ready ” The necessary documents are: (1) Identity document (ID) or birth certificate of the learner and parent/caregiver; a passport or a copy of parent’s refugee or
asylum seeker permit on which the learner’s name should appear (if a foreign learner); a handwritten birth certificate (DHA 19 form); and parent/ caregiver identification (if the learner has foreign parents but was born in South Africa); or a passport or a refugee or asylum seeker permit issued in the learner’s name and parent/ caregiver identification (if the learner was not born in South Africa). (2) Immunisation card or Road to Health chart – applicable to pre-primary and primary schools only. (3) Latest official school report or academic report. (4) Proof of residence eg rates account/lease agreement/ an affidavit made at a police station confirming residence. (5)
If any of these documents are unavailable, parents can submit a police affidavit indicating this in place of the missing document.
Hammond said transfer applications affect parents who are moving towns or provinces next year and need to transfer their child to an alternative school.
The admissions for Grade R, 1 and 8 are on track. Hammond said parents who received more than one offer in Grade R, 1 or 8 in 2026, had until 17 June to confirm their choice of school.
“The online admissions system has now auto-confirmed their top-ranked choice of school, freeing up thousands of remaining places for other parents.”
Born and raised in Worcester’s Johnson Park, Wayne Amsterdam’s passion for rugby has taken him to the far shores of New Zealand.
The 40-year-old wants to encourage others with a love of the sport to not give up and keep chasing their dreams – whether it is as a player or a coach
Amsterdam attended Victoria Park Primary School, Hoërskool Montana and matriculated at Worcester Gymnasium in 2002 He played for his school’s first team, as well as representing the Boland team
Following a career as local rugby coach at several clubs, Amsterdam has been appointed as assistant coach at the Bombay RFC Men’s Premier Team in the Counties Manukau Rugby Union East of Auckland in New Zealand He is also the head coach of the Counties Manukau girls u-16 team that will take part in the provincial tournament in September
He joins a few provincial coaches that will be part of that country’s Chief Un-
der-18 Development Camp
His career kicked off after he made his club rugby debut for Worcester Villagers’ first team in 2003 after completing his matric year He had a stint of playing in England for Bury Std Edmund RFC and later joined the Western Province Super League for NTK Parow, Kuilsriver RFC and Robertson Rugby Clubs
Amsterdam started coaching in 2017 and says it was a ride filled with challenges, triumphs, and invaluable lessons “My coaching career took off in 2017 when I had the privilege of coaching Kuilsriver RFC u-20s in the Western Province Super League This experience was foundational, allowing me to develop not only my coaching skills but also my understanding of the game and the young athletes I was mentoring,” he said In 2018 he joined Tygerberg RFC as the coach of their u-20s team and the team made history by achieving third place in the under-20 league for the first time in the club’s history “Henry Adams played a
Vyf jong potspelspelers uit die Breedevallei het van 1 tot 5Julie aan die nasionale Blackball-kampioenskap in Johannesburg deelgeneem.
Dié vyf is lede van die DeDoorns Pool Academy (DDPA), waar hulle die afgelope vyf jaar potspel-afrigting ontvang. Die spel is alombekend as pool (Engelse uitspraak).
Jayden Willemse, Juan de Beer en Per-Joe Grispe het in
die o.15-afdeling uitgeblink en brons in die spankompetisie verower. Jayden het in die enkelspel tot in die eindronde deurgedring, maar die knie ongelukkig 5-3 teen ’n speler van Gauteng gebuig. Jayden was die verdedigende enkelspelkampioen in sy afdeling. In die o.18-afdeling het Jermino Fink en McRyan de Beer goed gevaar. McRyan het ’n medalje vir die meeste breekslae gewen Die o 15-potspelspan
pivotal role as my mentor during my time at Tygerberg RFC ”
In the following seasons he coached Tygerberg’s second team and contributed to the first team’s coaching staff However, the onset of the Covid19 pandemic in 2020 sport came to a standstill
In 2022 he was appointed as the assistant coach of the first team at Kuilsriver Rugby Football Club and later filled the position of acting head coach
In 2023, Amsterdam continued his coaching endeavours as an assistant coach, working alongside one of his mentors, Chris October “I had incredible mentors who have shaped my coaching career,” he said During this time Amsterdam was appointed as a consultant to assist Robertson Town in their Boland Top 12 campaign
He was appointed as the head coach of Robertson Town in 2024 and the team had an impressive start to the season, remaining undefeated for ten games in the first round of the Boland Bree-Langeberg “This success reflected our collective effort, uni-
ty, and commitment to excellence,” he said “I am committed to staying in touch with the team While in New Zealand, I’ve continued supporting Robertson Town from afar, working closely with the coaches and players in a consulting capacity It’s been a privilege to still be part of their journey in some way, especially as they went on to win the Boland Cup 2024,”he said
1.Visit
2.Fill
4.Once
5.You
WILLIAMS, FRED ANDREW
GEB: 02.02.1953 - GEST: 17.07.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 26 Julie 2025 om 10:00 by Woonstel P-14, Riverview en om 11:00 by Revival Church.
With peaceful memories you left us when God called you home. Our hearts are broken to lose you Daddy. Our chain is broken but one day the chain will link again. Rest in eternal peace Daddy Jerome, Cathy, Chantey, Jayden and Camoch
MOUTON, LENIE
GEB: 05.10.1954 - GEST: 16.07.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 26 Julie 2025 om 09:00 by Danielstraat 167, Roodewal en om 10:00 vanuit VGK Worcester-Oos, Fischerstraat
Roudiens is Donderdag, 24 Julie 2025 om 18:00 vanuit VGK Worcester-Oos, Fischerstraat.
E
tCEntrie er of the nouncement ours ker ognition country’s wine focus Winemaker the the and ers panel two competition. Winemaker net category of be mission.
Donderdag, 24 Julie 2025
MONTAGU. - Villagers Montagu, oftewel Sesduim, soos dié span bekendstaan, het die afgelope Saterdag (19Julie) die Bonnievale- Blue Birds op die King Edward-sportterrein met 21-19 die loef afgesteek
Vir die tuisspan, wat tans saam met vier ander spanne – Touwpark, Robertson Rangers, Swellendam en Rawsonville United – spook om hul plek in die Grootuitdaagbekerafdeling van die Boland-rugbyunie te behou, was ’n oorwinning op hierdie tydstip broodnodig
Sesduim, wat met rustyd 3-12 agter was, moes diep delf om ’n begeesterde Blue Birds ná 80 minute van bloedsweet naelskraaps met 21-19 te klop
In die eerste 40 minute het Blue Birds twee keer agter Sesduim se doellyn gaan kuier Slegs een van die twee drieë is egter verdoel Op sy beurt kon die tuisspan ondanks gunstige aanvalposisies nie die besoekers se doellyn in die eerste helfte oorsteek nie
Hanteerfoute het Sesduim se afronding gekniehalter Daarby was Blue Birds se verdediging rotsvas Die tuisspan se enigste punte in daardie stadium het gekom van ’n langafstand-strafdoel deur Lee van Oordt
Ná waterdrinktyd het Sesduim met mening teruggeveg
Liam Pekeur het sy span se agterstand ná nog ’n suksesvolle strafdoel tot 6-12 laat krimp, terwyl Ulfred Terblanche se onverdoelde drie die telling na 11-12 geneem het Blue Birds het Sesduim se verdediging tot die uiterste beproef Hy het later nog ’n verdoelde drie behaal en sy voorsprong tot 11-19 gerek
Die tuisspan, desperaat vir ’n oorwinning, het verwoed aangeval, maar deurkomkans was min Boonop was die uurglas besig om vinnig leeg te loop
Dus, toe die besoekers weer binne trefafstand oortree, het Sesduim besluit om vir die pale te mik. Pekeur het die strafdoel tussen die pale deurgestuur en sy span se agterstand, met bitter min speeltyd oor, na 14-19 verklein
Die tuisspan het oorwinning geruik en dit het hom aangevuur Hy het talle fases op Blue Birds se doellyn van stapel gestuur, maar sonder sukses
Die bal is later na agter gestuur Dit was toe dat Charl-Hein Saunders (plaasvervanger), in die doodsnikke uiteindelik ’n kraak in die besoekers se origens uitstekende verdediging gevind en die bal agter die doellyn geplant het Pekeur het toe die doelskop van vlak voor die doelpale geneem om te verseker dat hy die wedstryd met 21-19 vir die tuisspan verseël
Asisipho Jucwa, ’n flank van Villagers Montagu (Sesduim), word deur twee Bonnievale Blue Birds-verdedigers in sy spore gestuit in dié twee spanne se tweederonde-Grootuitdaagbekerligawedstryd op die King Edward sportterrein Sy spanmaats Justin van der Berg (links) en Ulfred Terblanché (agter) is byderhand vir ondersteuning Blue Birds se verdediging was goed en deurkomkans was skraal Sesduim het nietemin die wedstryd ná 80 minute van bloedsweet naelskraaps met 21-19 in sy guns beklink
TrevorHuman
Die Alberts-rugbyklub het die afgelope Saterdag (19 Julie) ’n naelbyt-oorwinning van 28-27 oor die taai Perseverance (beter bekend as Persies) in ’n onvergeetlike derby-kragmeting op Bolandpark behaal – ’n wedstryd wat jare lank onthou sal word Alberts het die pas vroeg aangegee toe Jaydian Buys met ’n strafskop geslaag het (3-0) Die eerste tien minute was ’n fisieke toetsfase waarin die twee spanne mekaar deeglik bekyk het. Alberts se Moegamat America het eerste bloed getrek met ’n
drie in die hoek ná ’n oortreding deur Persies Die doelskop was onsuksesvol, maar Alberts het sy voorsprong na 8-0 vergroot Persies het sy spierkrag in die skrums gewys en teruggeveg Cullen Tim het die bal oor die lyn geneem en sy eie drie verdoel vir ’n telling van 8-7 Persies het met nuwe momentum ’n strafskop gekry, wat Tim deur die pale gestuur het om die besoekers vir die eerste keer in die wedstryd met 10-8 voor te kry
Alberts het egter voor rustyd sy karakter gewys. Die kaptein het ná ’n strafskop besluit om nie pale toe te gaan nie, maar die
bal lynstaan toe te stuur Dit het vrugte afgewerp toe Fredlin Eyssen die geleentheid benut en ’n drie gedruk het Die doelskop was weer onsuksesvol, maar Alberts het met ’n 13-10-voorsprong vir rustyd kleedkamers toe gegaan
Net ná die onderbreking het Eyssen weer met krag deurgebreek – hierdie keer met twee verdedigers op sy rug – en onder die pale gedruk om die telling met ’n goeie doelskop na 20-10 te neem
Persies het geweier om te gaan lê, met pragtige agterlynbewegings begin en die vaardige Shandro Jeftha het onder die pale
gaan druk Tim het weer verdoel (telling 20-17) Persies het begin oorheers en deur goeie samewerking tussen sy voor- en agterspelers het Bevan Malapi die lyn gebreek en onder die pale gaan druk (telling 24-20) Alberts moes diep delf om weer in die wedstryd te kom Ná ’n strafskop het hy verkies om kantlyn toe te mik Sy dryfmaal het vrugte afgewerp met ’n drie deur Elton Koopman Die doelskop het Alberts net-net weer voor gesit, met 25-24 Met die wedstryd in sy laaste asemteug het Persies weer die voortou geneem toe Jeftha ’n strafskop in die 76ste minuut
oorgesit het (telling 27-25) Alberts het egter nie gaan lê nie Kort ná die inskop het Persies die bal in die lynstaan verloor en Alberts het dit lewendig gehou Shane Petersen het die wen-strafskop oorgesit vir ’n asemrowende einde en ’n eindtelling van 28-27 in Alberts se guns •Die tweede spanne het gelykop gespeel met ’n telling van 15 elk – ’n aanduiding van hoe na aan mekaar dié twee klubs was Alberts sal Orchard eerskomende naweek tuis ontvang en hoop om op hierdie emosionele sege voort te bou