TygerBurger Bellville E-Edition 6 August 2025

Page 1


DurbiesdraATKVApplous-kroon

ESMÉERASMUS

ESME ERASMUS@NOVUSMEDIA CO ZA

Die koor van die Laerskool Durbanville het vanjaar vir die eerste keer in nege jaar weer die kroon as beste laerskoolkoor in die prestige-afdeling van die gesogte ATKV Applous-koorkompetisie huis toe gebring

Die kompetisie, vanjaar die 48ste, het verlede Donderdagaand by Unisa in Pretoria plaasgevind

LOUERE VIR PLAASLIKE KORE

en al drie topkore in die prestigeafdeling is van Durbanvilleomgewing ’n Indrukwekkende 292 kore met meer as 20 000 hoër- en laerskoolleerders het vanjaar ingeskryf

Die Durbies-koor het sedert 1999, toe Anne-Marie Dippenaar as koorleier by die skool begin het, al 22 jaar na die nasionale eindstryd vir prestige kore

Lede van die senior koor van die Laerskool Gene Louw sing hul harte uit in die eindstryd van die ATKV Applous-koorkompetisie.Die herkenbare gesiggies behoort aan (van links) Christo Breet,Leah Jacobs,Jessica Turner,Zareen January,Aria Goff,Lila van den Berg en Luan Kruger

deurgedring Die koor het al sewe keer gewen en was baie kere onder die top-drie Die koor se 93,19% (cum laude) het hom vanjaar die eerste plek besorg Die koor het ook die toekenning gewen vir die beste uitvoering van die voorgeskrewe lied, "Die mannetjie", gekomponeer deur Anton Esterhuyse

"Vanjaar se wen is baie spesiaal, want ons het in 2016 laas die kompetisie gewen," sê Dippenaar

"As ons in 'n kompetisie sing, is die mikpunt nooit om te wen nie Ons wil mooi musiek maak en mense se harte raak Wat punte betref, mik ons vir bo 90% (cum laude), want dit word beskou as van internasionale standaard," sê sy “Wat vanjaar anders maak, is dat dit ons nuwe begeleier, Petrus Kruger, se eerste eindstryd was Ons vorige begeleidster, Riana Knoblauch, het verlede jaar na 21 jaar uitgetree Ons koor oefen drie ure per week en hulle werk hard om musiek te leer, suiwer te sing en as ‘n eenheid te fokus Hulle leer ook dissipline en uithouvermoë," sê Dippenaar

Die koor het ook voorverlede Saterdag aan die Stellenboscheisteddfod se pryswennerskonsert in die Endlersaal deelgeneem en is as die beste senior koor in die laerskoolafdeling aangewys Die koor het die toekenning vir beste uitvoering van ’n Suid-Afrikaanse komponis (laer- tot hoërskoleafdeling) opgeraap

Die Laerskool Gene Louw se senior koor, wat die kompetisie verlede jaar vir die 13de keer in 23 jaar gewen het, was met 93,05% (cum laude) met enkele persentasiepunte in die tweede plek Die Laerskool Gene Louw het tot en met verlede jaar die kompetisie oorheers met vyf agtereenvolgende oorwinnings, volgens die koorleier, Marietjie Martinson Die koor word deur Elzeth Germishuys begelei Die Laerskool Eversdal was vanjaar derde met 90,15% (cum laude) en het die toekenning ontvang vir beste uitvoering van 'n Afrikaanse werk Dié drie skole ding al vir jare mee om die eerste drie plekke in die kompetisie, die oudste

skoolkoorkompetisie in die land Altesame vier van die vyf prestige-kore in die eindstryd is van die Wes-Kaap en al vier het cum laude behaal Die koor van die Laerskool Table View was vierde met 90,13% en het ook die toekenning ontvang vir beste uitvoering van 'n Afrika-lied Die koor van die Laerskool Totius in Bellville was tweede in die meriete-afdeling vir Afrikaanse laerskoolkore met 87,46%

Die meisieskoor van die Hoërskool Stellenberg, onder leiding van André van der Merwe, is Saterdagaand in die eindstryd vir prestigehoërskoolkore met 93,95% as die wenner in die afdeling vir meisieskore aangewys

Die Durbies-koor was sedert 1999 al 22 jaar in die nasionale eindstryd vir prestige kore

Die Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub het Saterdag (2 Augustus) weer met 'n tweede groep 'n draai gemaak in Simonstad Die eerste besoek was die vorige naweek Op die program was 'n baie

Groep besoek Simonstad

interessante besoek aan die SAS Assegaaiduikbootmuseum, asook die fassinerende Simonstad-speelgoedmuseum Hulle het ook ingeloer by 'n klein Indiese restaurant voordat die span 'n paar van die stalletjies daar ondersteun het

Mize Lategan en Jana Bergh luister aandagtig na Arné Soderlund,vrywilligertoergids,se verduideliking van alles en nog wat oor die duikboot
Die groep buite die duikboot nadat hulle regdeur,van voor na agter,geneem is
Van links is Luke Smit,Mize Lategan,Jana Bergh en Zoe Brink saam met Arné Soderlund,binne-in die duikboot
Die groepie Groentjies voor die SAS Assegaai na afloop van die toer deur die duikboot
Die groepie Groentjies voor een van die mooi muurskilderye van‘n duikboot na afloop van die toer

Hoofvankunssentrumtreeaf

RICHARDROBERTS

RICHARD ROBERTS@NOVUSMEDIA CO ZA

Ná byna drie dekades hang die hoof van die Tygerberg-kunssentrum in Du Toitstraat, Parow, eindelik haar hoed op.

Fransonette Swart, sentrumhoof, tree einde Augustus ná 28 jaar diens by die sentrum uit

TygerBurger het verlede week met haar gepraat in haar kantoor waar sy van die hoogte- en laagtepunte gedeel het

Die sentrum vier vanjaar ook ‘n belangrike mylpaal, sy 50ste bestaansjaar

“Ons het vroeër vanjaar ‘n geleentheid hiervoor gehou, waarna alle oudstudente, hoofde en onderwysers genooi is,” sê sy Sy noem ook dat van die oudstudente by die sentrum al internasionale toekennings vir hul werk ontvang het, en dat ‘n hele paar van hulle ‘n loopbaan uit kuns geskep het

Die kunssentrum bied visuele kunste en ontwerp as skoolvak aan vir leerders van skole waar dié vak nie noodwendig aangebied word nie, of skole waar daar nie die kapasiteit is vir ‘n agtste vak nie

Onder visuele kunste kan studente kies uit fotografie, teken of skilder Onder ontwerp kan hulle kies tussen illustrasie, keramiekwerk, drukkuns, tekstiel- of juweliersontwerp

Die studente by die sentrum verskil nes die vakke “Daar is diegene wat talentvol

is, en dan ook die wat kuns as ‘n vak wil uittoets Daar is ook studente met leerprobleme, aan wie kuns ‘n praktiese oplossing bied Ons het oulike kinders,” sê

Swart

By die sentrum kry die studente kreatiewe vryheid en word hulle leiding aangebied As ‘n kind hier uitstap, en hy of sy wil ‘n ingenieur word, kan hulle dit doen en kuns daar ook toepas, sê

Swart

“Ons idee is nie dat ‘n kind hier uitstap en ‘n kunstenaar hoef te word nie; dit is om jou menswees te kan uitleef ”

SEDERTKINDERJAREDOLOORKUNS

Vir Swart het die kunswêreld ook vroeg reeds ‘n betekenisvolle rol gespeel Sy onthou hoe sy as kind altyd mal was oor die kunsklas, “Ek het die kunsklas ná skool skoongemaak Dit was die hoogtepunt van my week, want daardie jare was daar elke week kunsklas ” Sy het dit op hoërskool ook as vak geneem en onthou ook hoe sy as kind onderwyser gespeel het en dat sy ‘n passie vir boeklees gehad het “My werk is vir my baie lekker,” sê sy Swart sê sy het ‘n passie vir die kunste - enige vorm daarvan

In 1997 is sy die pos as hoof aangebied Sy het in 1990 begin as deeltydse onderwyser en uit dié pos haar hoofskap ontvang, sê sy Sy het ook as kunsopvoeder vroeër jare by ‘n skool in die Paarl gewerk Swart het haar kwalifikasies in die onderwys

SWART WAS VIR DIE GROOTSTE DEEL VAN HAAR LEWE BY DIE SENTRUM BETROKKE

verwerf en haar loopbaan by ‘n skool in Springbok in die NoordKaap begin

Sy het die grootste deel van haar loopbaan by die kunssentrum deurgebring, ‘n gebou wat sy sê oor die jare aansienlik verander het

Die sentrum het in ‘n stadium sy ingang gedeel met die onderwyssentrum, en die agterste deel van die gebou was aanvanklik eers kleedkamers, onthou sy

Die oorspronklike ingang was in Timmermanstraat, maar dit is verander

Daar is oor die jare nuwe planne opgestel, rondgeskuif, afgebreek, gebou en reggemaak, sê Swart Kleedkamers en toilette is in kantore omskep - alles tot voordeel van die kunssentrum

“In ‘n stadium is al die koper van die dakke afgesteel, wat veroorsaak het dat die dakke gelek het Die reënwater is in bakke opgevang, maar die dakke is ook herstel,” onthou sy

Die departement van onderwys het net voor die Covid-19pandemie die gebou verder opgeknap

“Ons het in dié tyd klasgegee in die gange - byna ‘n jaar lank Die plafonne is vervang en die asbesdak is uiteindelik

verwyder ” Nuwe kragdrade is aangebring, asook ‘n waterspuitstelsel ‘n Nuwe skool, die Tygerberg STEM Akademie, word vandag ook daar gehuisves Swart beplan om haar aftrede saam met haar man te geniet en beplan om deur die wêreld te reis

Die egpaar het reeds meer as 40 lande besoek en het pas uit Portugal, Spanje en Marokko teruggekeer

“Ek dink die sentrum kort nuwe bloed Ek laat die sentrum in ‘n goeie toestand, sê sy Swart beplan om nog betrokke te bly by die kunswêreld en beoog om steeds klas te gee

Fransonette Swart,hoof van die Tygerberg-kunssentrum

Fouryouthkilledintragicaccident

DESIRÉERORKE

DES REE RORKE@TYGERBURGER.CO ZA

Heartbreak swept across social media over the weekend as hundreds of tributes poured in for the four teenagers who tragically lost their lives in a devastating accident in Brackenfell on Saturday evening

Three boys and a girl were killed when their vehicle crashed into a tree and burst into flames on Cecil Morgan Drive in the direction of Kuils River at around 18:00

Paramedic Kobus Kotze, who was on the scene, said the driver and front passenger of the white BMW died on impact, while the four passengers in the back were rescued from the burning vehicle by passing motorists who stopped to help

"Two patients rescued from the burning car died on the scene, while the other two sustained serious injuries They were treated and stabilised on scene before being transported to nearby hospitals," said Kotze

Daniel Jansen van Rensburg (19), and Perth Eksteen (17) both lived in Brackenfell and were learners at Fairmont High School in Durbanville Adrian le Roux (16), also from Brackenfell, was a learner at Monument Park High School in Kraaifontein, and Kiara-Joy Daniels (16) was homeschooled in Kuils River

The two surviving teenagers, whose names were not made public, are both learners at

Meridian Pinehurst High School in Durbanville They remain in a critical condition in hospital

SCHOOLCOMMUNITYMOURNSLOSS

With deep empathy and sorrow, Fairmont High School shared a heartfelt tribute on Sunday to Jansen van Rensburg and Eksteen, remembering the two young men as truly unforgettable and cherished members of their school community

"It is with deeply broken hearts that we acknowledge the passing of two young members of our Fairmont family We are incredibly saddened by the loss of Perth Eksteen, a vibrant and unforgettable Grade 12 student Perth was full of energy, confidence, and spirit," it was written

"We also honour the memory of Daniel Jansen van Rensburg, a past pupil who continued to proudly represent Fairmont on the rugby field, after transitioning to homeschooling Daniel’s passion for the sport and his quiet determination made him a valued teammate and friend "

Mother of Kiara-Joy, Sonja Jenniker-Frantz, shared her grieve on Monday morning writing on her Facebook page: "I woke up I really thought I was dreaming I keep seeing you, I keep seeing you Kiara-Joy you can't be gone What am I going to do my Preacher my life of Joy my heart has not prepared for this I can't understand I am

trying to figure this out I can't believe it's happened, can I wake up from a bad dream "

The management, staff and learners at Monument High School on Monday morning commiserated with Adrian's loved ones in a memorial service at the school attended by his parents

LOCALCOMMUNITIESSHAREGRIEVE

In a post on social media, community member Michelle Gross shared her condolences writing: "My sincerest condolences to all the families, friends and loved ones who have lost someone dear in this accident May you all take a lot of strength from the school community and know that you are in our thoughts "

Offering her heartfelt sympathy Deidre Mason wrote: "Such a tragedy! Our children who knew these boys are deeply affected Sincere sympathy to the parents and families affected " Provincial police spokesperson

Capt FC van Wyk says a case of culpable homicide was registered at Brackenfell Police Station where the circumstances surrounding this accident are under investigation

All authorities were on the crash site and the road remained closed in both directions until about 22:30

. Anyone with information about this accident is kindly requested to contact Crime Stop at 08600 10111 or via the MySAPS App

TWO SURVIVING TEENAGERS REMAIN IN A CRITICAL CONDITION IN HOSPITAL

Four teenaers lost their lives in the accident PHOTO: TITANIUM SECURITAS
Kiara-Joy Daniels (16)
Daniel Jansen van Rensburg (19) Perth Eksteen (17)
Adrian Le Roux (16)

Vermaak // Entertainment

Opera en lig by NG kerk Uitsig

Die Con Spirito Filharmoniese Vereniging bied op Saterdag 16 Augustus om 19:30 'n uitvoering, Opera en Lig, by die NG kerk Uitsig in Ridgeworth, Bellville aan.

Die uitvoering is geskik vir die hele familie en fokus op opera- en ligter musiek. Die AfriArts-koor, wat onlangs die opera Il Trovatore saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes in die Kaapstad-stadsaal uitgevoer het, sal bydra tot ’n aand van koor-, solo- en orkesmusiek.

Die soliste Beverley Chiat Violina Anguelov Sipho Fubesi, en Conroy Scott, sal 'n verskeidenheid verhoog-gunstelinge uitvoer - insluitend die "Rigo-

letto-kwartet, "Fisherman’s Duet", "Nessun Dorma", "Vilja", "I Could Have Danced All Night" en "The Impossible Dream".

Kom geniet 'n aand van gehaltemusiek Kaartjies is goedkoper vir kinders om hulle aan te moedig om 'n belangstelling in alle genres van musiek te ontwikkel. Kaartjies kos R220 by Webtickets.

Kaartjies is ook beskikbaar by Allmusic in Brackenfell. Koop 10 kaartjies en kry een gratis. Kaartjies vir pensioenarisse en studente kos R180 en R140 vir leerders. . Skakel 021 981 5551 of conspiritochoircpt@ gmail.com vir meer inligting.

Anafternoonof choralmusic

The Boston ChoirFest returns for a third edition on Sunday 10 August at 16:00, hosted at the Hugo Lambrechts Auditorium in Parow

This year’s event promises an uplifting afternoon of music featuring four local choirs, an international guest ensemble, and a talented musical duo Celebrating its 10th anniversary, the Tygerberg High School Boys’ Choir—nicknamed the Tygerberg Mafia—brings award-winning energy under the leadership of baritone Barend van der Westhuizen.

The choir has earned multiple medals at eisteddfods and won their category at the ATKV Applous Competition for three consecutive years.

Also performing is the Heavenly Sound Youth Choir, founded in 2016 in Philippi East and directed

10AUG

Local pride will be on display with the Totius Primary School Senior Choir, which, under Jade Paige and Hannelie van Niekerk, reached the final round of the 2025 ATKV Applous Competition for the first time International guests the Boston City Singers, from Massachusetts, USA, bring a global perspective on their 2025 Global Voices Tour

The Boston ChoirFest is hosted at Hugo Lambrechts Auditorium in Parow

Newfilmexposesoff

Anew South African short film Spoiled has premiered at a high-level workshop in Cape Town this week This marine-focused event unpacked the findings of the Wildtrust driven project highlighting the environmental, social and economic risks of offshore oil and gas in South Africa.

The film carries an urgent call to protect South Africa’s rich and irreplaceable marine heritage from the growing threat of offshore oil and gas exploration It weaves together the stories of coastal communities, activists, scientists, and traditional fishers who are standing up to one of the greatest environmental and social threats facing the country’s oceans today

Presented by non-profit organisations Wildtrust and The Green Connection, and produced by Love Africa Marketing, the film takes viewers along the rugged coastline of the Northern Cape and the culturally rich Wild Coast of the Eastern Cape

At the heart of the film lies a simple truth: around 90% of South Africa’s oceans are at risk The film uncovers the cracks in the system that allow international oil and gas giants to exploit these waters, including flawed Environmental Impact Assessments (EIAs), a lack of meaningful public consultation, and the leasing of the ocean without community consent

“There’s not enough effort being made to explain to people what the advantages and disadvantages of, or the impact of offshore oil and gas will be on coastal community livelihoods and on the ocean,” says Neville van Rooy, community outreach coordinator for The Green Connection "All they usually do, is paint a beautiful picture by telling people about jobs, which they know will get peopleespecially when they hear it from government officials ”

ABLEAKPICTURE

Featuring deeply personal interviews with local fishers, activists, youth and community leaders, the film explores themes of justice, environmental degradation, and resistance “It’s almost as though my heart has been called to it That is why I can say with pride that I love the ocean and will do anything in my power to protect it,” says Chanel Jaar, who started the Environmental Traits Youth Organisation in Port Nolloth - a small town along the coastline of the Northern Cape

Their testimonies paint a picture of what is at stake: biodiversity, food security, coastal heritage, and ultimately the survival of future generations

“Look at Mexico, for five years now they’ve been struggling to get that oil spill cleaned That community is suffering Look at Nigeria; their fishermen are suffering Their boats are lying high and dry, never touching the water because there’s no more water, it's oil,” adds Walter Steenkamp, chair of the Fishing Co-operative for Aukotowa Fishers in Port Nolloth

“However, this isn’t just a story of destruction,” says Lauren van Nijkerk, Wildtrust campaign s director “It’s a story of hope Spoiled is a tribute to the everyday heroes who are defending their livelihoods, their heritage and the sea itself ”

CRITICALTIMEFORSA

The film goes a step further by encouraging greater public involvement in pushing back on the offshore oil and gas application processes As part of its call to action, viewers are directed to an interactive platform available at www stopthespoil co za, where several active offshore oil and gas applications - their status in process, public participation process information - across

p g platform, giving the public an opportunity to have a ‘one-stopshop’ to make informed decisions and get involved in stakeholder consultation that ensures every South African has a say in how our oceans are utilised ”

The launch of the film comes at a critical time for South Africa, as environmental and climate justice organisations wait in anticipation for the release of our country’s Integrated Energy Plan (IEP) The IEP is a national roadmap that aims to shape how South Africa produces, distributes, and consumes energy in the coming decades It seeks to balance the country’s energy needs with environmental sustainability, economic growth, and social justice

“Operation Pakhisa, which means ‘hurry up’, was South Africa’s idea of pushing for a Blue Economy, but the system is just wrong because it assumes that the ocean is just there to exploit for economic gain,” says van Rooy

“It doesn’t take into account

‘Spoiled’short film highlights ocean threats.

the inherent value that an ocean would have in terms of ecosystem services, in terms of heritage, culture and that such an ocean feeds thousands of families around the coast of South Africa ” Van Rooy adds that “all alternative energy solutions have their pros and cons, and we need to make sure that people are not worse off when the Integrated Energy Plan is implemented ”

In February 2023, Wildtrust unveiled a groundbreaking oil spill model for South Africa, a first-of-its-kind aimed at showing the real-world risks of offshore oil operations, using a proposed ultra-deep drill site off Durban, KZN Developed with partners from the University of Cape Town, Nelson Mandela University, and international experts in ocean modelling, the model reveals that shoreline contamination could occur in as little as three days along the east coast The fast-flowing Agulhas

Current would transport oil large distances, hindering predictions of where oil would reach the shoreline, complicating clean-up efforts The model indicates that a blow-out spill on the East coast could result in the need for beach clean-up operations as far away as the West coast The minimum time for oil to shoreline impact could be as little as three days for the East coast of South Africa, and within about 10 days for the South coast and 30 days for the West coast The results highlight what civil society has long feared, the risks of oil and gas exploration in South African waters are not theoretical, but rather they are imminent and potentially catastrophic “If we remain complacent, we risk losing not only our coastline, but our ability to shape a future that values life over profit,” adds Jaar

. Spoiled is available to watch online: https://www youtube com/ watch?v=7IHo RPkl2M

..

IFWE,ASWOMEN,CANNO LONGERBETRUSTEDTOCARE FOROURCHILDREN,WHAT HOPEISTHEREFORTHE FUTUREOFOURSOCIETY?

11-year-old son

A Johannesburg mother was arrested after a video was circulated on social media showing her allegedly encouraging her son to smoke drugs

I am in no position to judge any of these women; I don't think any of us is They, like everyone else, will have receive their just deserts on judgement day, when we all leave this earth

But if we, as women, can no longer be trusted to care for our children what hope is there for the future of our society? What possible crime could these children have committed that was so heinous that they needed to be killed?

A four-year-old, who should be nurtured and loved, now knows a life of drugs

This is not what those brave women marched for when they went to the Union Buildings in 1956

I'm sure they are crying wherever they may be beyond the grave, speaking to us from eternity, from history, urging us to do better, to honour their legacy with courage, unity and integrity

This may be precisely what we need; the wise words and voices of our grandmothers, mothers, aunts speaking to us

Perhaps in our pursuit of freedom and independence as young women we've stopped listening, stopped listening to the wisdom of those who came before us, to the hard-won lessons of struggle

As we live and walk through each day of this month may we take one another s hands again

Too often, we women are quick to cast aspersions, pass judgement, throw insults and tear one another down, and forget the strength we have when we stand together

Let's make news headlines, but for the right reasons, lift one another up, break barriers, lead with grace and stand united -KAYLYNNEBANTOM

Kommentaar // Comments

BRIEWE / LETTERS

Selfgeskepte gemors

Dit is onverstaanbaar dat die bestuur van Jack Mullerpark so min konstruksie-kennis het dat hulle al 10 jaar sukkel om die waterprobleem by die noordpaadjie op te los Vir enige probleem behandel jy nie die gevolge nie, maar die oorsaak Baie duisende werksure en rande is oor die jare gespandeer om die paadjie te "herstel", terwyl die probleem lê by die verstopte waterafvoerpype wat die water deur dreine moet weglei Hulle vererger dit selfs deur syferwater wat van die N1-kant af vloei, na die pa-

adjie toe te herlei, alhoewel water altyd afwaarts loop

In hulle jongste, langdurige poging, maak hulle weer die paadjie reg sonder om die wegvoerpype en dreine van onder af oop te maak (met bv 'n toiletpypontstopper)

Met al die geld wat hulle sover gemors het, kon hulle al die paadjie en die hele stelsel vervang het met groter pype Hulle kon ook die breë wespaadjies gesement het, want dit bly ongelyke koffieklip, terwyl die binnepaadjies (wat minder gebruik word) sement is WAARNEMER,BELLVILLE

Gaan rente op belastingstaat na

Beide my eggenote en ek het minimale vastetermynbeleggings by dieselfde bank wat ons sedert 2017 opgebou het

Op die vervaldatum van ons beleggings - onderskeidelik in vroeg April en Mei vanjaar - het ons die kapitaalbedrae plus rentes vir n verdere vastetermyn van twaalf maande teen ` n sekere rentekoers per jaar herbelê

By ontvangs van ons beleggingsertifikate is vasgestel dat die jaarlikse rentebedrae, soos getoon op die beleggingsertikate oor slegs n tydperk van 364 dae bereken is Ons is steeds via e-poskommunikasie met die bank

besig om die foutiewe rentebedrae reggestel te kry

Verstommende redes vir die foutiewe berekeninge word voorgelê, maar dit is nie vir ons aanvaarbaar nie

Dis geringe verliese aan rentes wat betrokke is, maar die beginsel van die saak is dat foute gemaak is wat reggestel moet word Voorgaande is bedoel as waarskuwing aan beleggers om te verseker dat die rentebedrae op hul beleggings soos verstrek op hul beleggingsertifikate wel korrek bereken is Indien nie, besoek dringend die plaaslike tak van u bank

GERTBRAND,MELKBOSSTRAND

A cashier who cares

I'd like to compliment Likho a cashier at Checkers Hyper in Fairbridge Mall, Brackenfell I recently moved to Brackenfell from Zeekoevlei in the southern suburbs I felt very "homesick" not knowing the northern suburbs at all and missing my family Checkers Plumstead was my shop and then I went to Checkers in Fairbridge for the first time, feeling low I got to the till and this guy was so friendly making jokes and making me feel somewhat accepted into a "new" I left the shop feeling better than when I entered Every time I go to this Checkers I'd specifically look for him Saturday, at a family function, I was sharing this story with friends and family Today I once again got that joyous laughing and jokey interaction with Likho I would love for Checkers to acknowledge this young man He's not just a staff member or cashier or worker for him to make me a customer feel so uplifted and happy in a time I really needed it

He's going way over what's expected of him I told him today that he is an asset to the company I pray that God bless him abundantly and grant him success and a bright future in Jesus name MELISSALAW,BRACKENFELL

City plan lacks detail

My comments on the 2050 Cape Town Long Term Plan (LTP) A "plan" it is not, a wish list at best

A plan contains details, such as projects by name and location, time frame, budget details

It is a document drawn up by someone with a low education level and certainly without project planning training and experience

Ek wens ouers (ja, klem op ouers) wil leer bestuur Dit voel deesdae asof ek die meeste padvarke rondom skole teëkom Ouers wat nie weet kinders te voet kry voorkeur by 'n zebrastreep nie Nog minder weet hulle om nie op die zebrastreep, of die zigzag-strepe voor en ná dié padkruising vir voetgangers, te parkeer nie En 'n toegeeteken mense, dit

beteken nie sit voet in die hoek nie! Parkeer op rooi lyne, en huise rondom die skool se opritte Die lys gaan aan Het die samelewing regtig só ongeduldig en selfsugtig geraak? Herhaalde versoeke van die skool en dreigemente om die verkeersdepartement in te roep, help ook niksESTHER,DURBANVILLE

It does not address one of the worst conditions that Cape Town’s commuting residents live under: the ever worsening traffic without any meaningful control in sight To think that a bit by bit improved rail system and cycling will substantially correct the current conditions is wishful thinking

Come 2050 and this administration will produce another such wish list unless meaningful serious thinking is applied now by well qualified, knowledgeable and experienced people Otherwise this whole "plan" is greenwashing at best PETERSMULIK,RUGBY

PARKS RANGERS HONOURED: Rangers were honoured as“custodians of South Africa’s natural and cultural heritage”during national World Ranger Day celebrations held at Table Mountain National Park on Thursday 31 July In the picture the SEAM Team and K9 Unit showcase their skills and strength in protecting South Africa’s wild spaces.

KAAP VAN BLOED

Bendes het ook invloed op skole

BRENDENRUITER

BRENDEN RU TER@NOVUSMEDIA CO ZA

Die skoolgemeenskap word op verskillende maniere geraak deur die voortslepende bendegeweld op die Kaapse Vlakte Skole het onlangs hul deure geopen vir die derde kwartaal te midde van 'n bendeoorlog wat fel woed TygerBurger het gaan kers opsteek by 'n onderwyskundige en voormalige skoolhoof in Kleinvlei, een van die gemeenskappe wat veral deur geweld geraak word en haar gepols oor die invloed wat die geweld op 'n skool het Net verlede week is 'n matrikulant aan die Hoêrskool Kleinvlei tien drieë van sy ouerhuis doodgeskiet Alison February was destyds hoof van die Laerskool Melton Daar het sy eerstehands ervaar hoe ontwrigtend geweld kan wees

SKOOLGEMEENSKAPLEEFINVREES

" n Skool is die hart van 'n gemeenskap en alles wat die gemeenskap raak, het 'n

“Bendegeweldis‘nkanker wat‘nheleskoolgemeenskapkan verteer.”

- Alison February

invloed op die skool," sê February Volgens haar word skole op verskeie maniere geraak, waarvan een die gevoel van vrees is "Wanneer iemand in die gemeenskap rondom die skool geskiet is, word die ouers van leerders angsbevange en stuur hulle dan nie hul kinders skool toe nie Dit is n menslike reaksie en 'n mens kan dit verstaan, maar die invloed wat dit op die leerder se akademiese prestasie het, is enorm Skole se kurrikulum is deesdae so gelaai dat dit moeilik is vir daardie kind om weer op te vang Opvangklasse moet saans en oor naweke aangebied word en watter ouer sal 'n kind oor 'n naweek of saans stuur

CCCC praat oor redes vir

BRENDENRUITER

BRENDEN RUITER@NOVUSMEDIA CO ZA

In die tweede afdeling van 'n reeks oor bendes gesels TygerBurger met ds Llewellyn MacMaster, die voorsitter van die Cape Crime Crisis Coalition (CCCC) oor die oorsake van bendegeweld en wat gedoen kan word om dit hok te slaan MacMaster sê die CCCC is diep bekommerd oor die aanhoudende toename in geweldsmisdaad, veral die patroon van groep- of massamoorde en bendeverwante skietvoorvalle in gemeenskappe soos Khayelitsha, Gugulethu, Bishop Lavis en Philippi en ander woonbuurte op die Kaapse Vlakte, maar ook in ander dele van die provinsie, sowel as in ander dele van die land "Hierdie is nie geïsoleerde voorvalle nie; dit is simptome van 'n dieper, stelselmatige krisis,” sê hy

ONDERLIGGENDEOORSAKE

Die volgende onderliggende oorsake word deur navorsing en gemeenskapsorganisasies uitgewys, wat nie onbekend aan die staat is nie Daar word gereeld verwys na die sogenaamde "whole of government, whole of society"benadering, wat aandui dat ons nie eng of simplisties na die komplekse uitdagings van geweldsmisdaad moet kyk nie

"Diepgaande en historiese sosio-ekonomiese ongelykhede soos werkloosheid, armoede en beperkte toegang tot onderwys en vaardigheidsontwikkeling dryf jongmense na misdaadnetwerke as 'n vorm van oorlewing

Die afwesigheid van en swak dienslewering deur die staat, soos 'n gebrek aan behoorlike behuising, infrastruktuur, gesondheid, jeugontwikkeling en polisiëring, skep 'n omgewing waarin misdaad floreer," sê hy

MORELEVERVAL

Volgens hom is die verval van morele waardes ook 'n bydraende faktor in die groeiende bendeprobleem

"Gemeenskappe is onder druk, gesinne is verskeur en daar is 'n gebrek aan rolmodelle en

as hulle reeds in die week bang is?" vra February Sy sê die feit dat leerders agter raak, het 'n invloed op hul selfvertroue en sommige verlaat die skool "Dit is die begin van 'n bose kringloop, want skoolverlaters is geneig om by bendes aan te sluit," sê sy Afwesigheid is ook nie tot leerders beperk nie "Onderwysers begin ook met sieksertifikate vorendag te kom Dit is 'n Catch 22-situasie, want dit raak ook moeilik om onderwysers vir die skole te werf "

In baie gevalle is die sibbe van bendelede ook in die skole "Hulle begin ook later soos hul ouer sibbe optree en begin ander kinders aanval Bendegeweld is 'n kanker wat 'n hele skoolgemeenskap kan verteer, terwyl skole eintlik die gom moet wees wat gemeenskappe saamsnoer en die vertrekpunt moet wees van waar gemeenskappe hul omstandighede verander," sê sy Wat kan gedoen word om skole teen

misdaad

DIE HELE GEMEENSKAP MOET SAAMWERK OM

BENDEVERWANTE MISDAAD TE PAK

morele leiding vir die jeug

Die geskiedkundige en 'intergenerational' trauma loop baie diep in mense en gemeenskappe

Die morele vesel van ons samelewing is aan flarde “Bendes floreer waar korrupsie en onbetroubare wetstoepassing hulle beskerm Bendes werk binne georganiseerde misdaadnetwerke met internasionale bande, wat byna elke faset van ons samelewing infiltreer het, met die gevolg dat die sogenaamde 'criminal economy' uiters sterk gevestig is "Hierby dra die lae vervolgingsyfer en gebrek aan beskerming vir informante, fluitjieblasers en getuies by tot 'n gevoel van magteloosheid

Mense het nie vertroue in die strafregstelsel nie

“Die onlangse opspraakwekkende onthullings deur die polisie se provinsiale kommissaris in KwaZulu Natal, het - te verstane en te verwagtedie kwik in die land geweldig laat styg Mense is moeg, gefrustreerd en kwaad oor die kultuur van strafloosheid en eis ingrypende stappe en transformasie van die hele stelsel," sê hy MacMaster sê die CCCC het verskeie voorstelle om die bendebedrywighede te bekamp

"Die polisie moet gefokusde, taktiese teenbende-optredes van stapel stuur met ondersteuning van nasionale eenhede en onafhanklike toesig

“'n Interdepartementele beraad van die polisie, provinsiale regering, munisipaliteite, burgerlike samelewing en geloofsinstellings moet belê word en veilige en anonieme meganismes moet in werking gestel word om die vrees van informante die hoof te bied

KOMMISSIEVANONDERSOEK

“'n Kommissie van ondersoek na bendes en georganiseerde misdaad moet in die mediumtermyn gestig word

“Die CCCC het reeds 'n maand gelede so 'n versoek gerig Dit

moet nie net op die Kaapse Vlakte en in die Wes-Kaap fokus nie, maar moet ook op ander dele van die land Die president self moet hierdie kommissie aanstel en met die nodige magte toerus, wat dan met duidelike aanbevelings kom

“Daar moet gekyk word waarom die goeie werk en aanbevelings van vorige kommissies van ondersoek nie ingestel is nie, wat tot die huidige skeptisisme oor sulke kommissies bygedra het

NASORG

"Daar moet investering wees in nasorgprogramme, vakleerlingskappe en gemeenskapsprojekte, wat jongmense aan hoop en vaardighede bind

“Plaaslike polisiekantore moet proaktief met gemeenskapsveiligheidsforums saamwerk en aanspreeklik wees teenoor die publiek Die skuif en naamsverandering van 'n polisiemag na 'n polisiediens moet hierdeur sterker beklemtoon en getoon word “Groter konsultasie en insluiting van gemeenskappe by die aanstelling en evaluering van stasiebevelvoerders is ook broodnodig Meer speurders moet aangestel word, sodat ondersoeke tot skuldigbevinding en gevangenisstraf kan lei," sê hy MacMaster sê nie een organisasie kan n ommeswaai bewerkstellig nie "Kerke, moskees en ander geloofsgemeenskappe, skole en gemeenskapsorganisasies moet morele waardes aktief herstel deur opvoeding, mentorskap en geestelike vorming Hierdie morele opbou kan nie weer alleen net in die hande van die staat gelaat word nie Dit behoort ook alle staatsaanstellings in te sluit

Almal van ons moet ons deel bydra tot die morele heropbou van ons land Uiteindelik is die misdaadkrisis nie net 'n polisiëringsprobleem nie; dit is 'n staats- en samelewingskrisis,” sê MacMaster

bendegeweld te beskerm? "Dit sal 'n spanpoging van verskillende vlakke van die samelewing verg, maar uiteindelik moet gemeenskappe weer eienaarskap van skole neem Hulle moet saamstaan om ten minste seker te maak dat kinders veilig is wanneer hulle skool toe kom of huis toe gaan Sonder gemeenskapsbetrokkenheid is ons kinders blootgestel aan die wrede werklikheid van bendes en moord en doodslag," sê sy

Almal moet in een rigting teen bendes trek

BRENDENRUITER

BRENDEN RU TER@NOVUSMED A CO ZA

Solank die wil nie bestaan om misdaad in verarmde gemeenskappe te stuit nie, sal die Kaap se strate aanhou bloei

Ivan Waldeck, ‘n voormalige bendeleier en nou pastoor, dat solank daar nie politieke wil is om die grondliggende redes vir bendes te pak nie, sal dinge nooit verander nie

Waldeck, wie se lewensverhaal onlangs in 'n boek, The gates of hell, vertel is, weet waarvan hy praat, omdat dieselfde omstandighede wat vir hom tot 'n lewe van misdaad gelei het, steeds bestaan Hy het arm grootgeword in die destydse Tiervlei (nou Ravensmead) en was van jongs af blootgestel aan geweld en dwelms

Deur ongenaakbaar te lewe, het hy hom uiteindelik opgewerk tot een van die mees gevreesde bendeleiers in die Wes-Kaap

TWEEDEKANS

Ná jare in die tronk het Waldeck sy lewe reggeruk en deesdae probeer hy jongmense help met sy nie-winsgewende organisasie, Cape Transformation Centre By die sentrum probeer hulle jongmense wat die pad byster geraak het, 'n tweede kans gee "Kinders raak sonder waardigheid in armoede groot en hulle voel niemand kom om hulle te help nie Wat doen hulle? Hulle sluit by bendes aan, want daar kry jy 'n reputasie en 'n soort respek Jy deel ook in die winste uit misdaad," sê Waldeck

Hy reken nie alle arm mense raak by bendes betrokke nie, maar armoede en die afwesigheid van waardigheid skep 'n teelaarde vir bendebedrywighede "Daar is so baie gebroke huise met afwesige gesinstrukture As daar nie 'n pa is nie, neem die bendeleier daardie rol oor “Ouers en veral mans moet hul rol in die opvoeding van hul kinders ernstiger opneem Leierlose jongmense raak roekelose en onverantwoordelike volwassenes en jammerlik herhaal hierdie bose siklus homself elke jaar," sê Waldeck Wat kan gedoen word om die euwel van bendes nek om te draai?

"In die korttermyn moet daar met bendeleiers in gesprek getree word Ons kan doen wat ons wil, maar bendeleiers moet deel wees van die oplossing net soos hulle deel is van die probleem

“Die gemeenskap moet as 'n gesamentlike span opruk en met die leiers gaan praat Dit help nie almal wil hul eie ding doen nie Bendeleiers is ook mense en al wil ons ook glo dat hulle so magtig is, kan geen mens opstaan teen 'n gemeenskap wat saamstaan nie

“Die regering, op alle vlakke, moet ook saam met gemeenskappe werk om die probleem te pak Sonder politieke wil is ons kinders soos lammers ter slagting

“In my boek gee ek praktiese maniere van hoe alle sfere van die samelewing kan saamwerk om bendegeweld op te los, maar daar moet net 'n wil wees," sê hy

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.