Worcester Standard & Breederivier Gazette E-edition - 20 March 2025
Polisie hou skerp oog oor verkope van gesteelde staal
Verskeie eenhede van die Montagu-polisie het die dorp se strate verlede week ingevaar om onwettige handeldrywing te verhoed Die fokus van die beamptes was om onwettige handelaars asook gelisensieerde handelaars wat gesteelde koper en -nie-metale aankoop vas te vat Volgens AO Suria Meyer is verskeie persele geidentifiseer wat dopgehou sal word Daar is ook bewusmaking in die gemeenskap gedoen oor wat die gevolge is wanneer gesteelde staal aangekoop word.
Buurtwag bepleit vir R’ville probleme
‘n Gemeenskapsvergadering is twee weke gelede deur die polisie in Rawsonville gehou waar inwoners se grootste klagtes harde musiek ná ure, mense wat dronk in die publiek is en mense wat urineer in die straat was. Straatslapers en onwettige smouse was ook van hul griewe. Daar is verkeerdelik berig dat lt. kol. Leatitia Southey, bevelvoerder van die Rawsonville-polisie, hulle aangeraai het om ‘n gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op die been te bring. Sy het hulle inderdaad gevra om ‘n buurtwag op die been te bring. In ‘n gesprek met Standard & Breederivier Gazette het sy gesê die GPF is reeds in plek.
“Indien inwoners ‘n buurtwag stig, kan hulle sigbare polisiëring versterk wanneer hulle patrollies – of dit in voertuie is of per voet – doen. Ons het net ‘n sekere aantal mense wat per skof aan diens is en hulle hanteer die klagtes. Wanneer daar meer sigbare polisiëring is, sterk
Inwoners van Rawsonville het op ‘n onlangse gemeenskapsvergadering hul griewe gelug oor onder meer vuil strate, mense wat in die openbaar drink en straatslapers
hulle ons hande,” het sy gesê.
“Rawsonville het nie permanente munisipale wetstoepassers nie en die polisie help dus om van daardie munisipale verordeninge te polisieer,” het sy verduidelik.
Wynland-herfs-ekspo terug vir tweede jaar
Die Winelands Autumn Expo keer op 30 en 31Mei terug na die Hoërskool Montana in Worcester se pragtige sportterrein en voornemende uitstallers en verskaffers wat hul produkte wil verkoop of uitstal, het tot 31Maart tyd om hul aansoeke in te dien.
Meer as 100 verskaffers het verlede jaar bekroonde wyne spiritualieë kulinêre lekkernye en kunswerke vir die meer as 2500 besoekers aangebied. Besoek www.autumnexpo co.za om aansoek te doen en klik op die Vendors/Exhibitors-oortjie
Fire-escape plan for the elderly
A fire-evacuation awareness campaign was recently held for the elderly at the Nonkululeko Old Aged Service Centre (NOASC) in Zwelethemba.
When a fire breaks out, time is of the essence. The elderly, however, often have mobility challenges and need assistance during emergencies.
The Breede Valley Municipality’s Fire and Rescue Services conducted the campaign to educate the elderly about fire safety and evacuation procedures.
Topics such as identifying common causes of household fires and effective prevention methods were discussed. The
team also helped the partipants develop a fire escape plan, based on the centre’s needs and the abilities of its members The group was also shown the quickest and safest ways to exit a building during a fire, along with proper techniques for using fire extinguishers and smoke alarms.
“The session was informative, engaging, and tailored to the specific needs of our elderly beneficiaries,” said Palesa Tseuoa Ka Matross, the NOASC chairperson. “Facilitator and senior firefighter Mariette Davids displayed outstanding professionalism, patience and kindness, creating an enjoyable and empowering experience for all participants
Electricity meters replaced
Langeberg Municipality is in the process of replacing old prepaid electricity meters.
While these meters were not affected
comprising of fewer than 11 digits, are urged to contact the municipality to schedule the installation of a new meter Residents can contact the municipal
A fire evacuation plan is in place for the elderly at the Nonkululeko Old Aged Service Centre (NOASC) in Zwelethemba Photo: Facebook/Breede Valley Municipality
Langasem-Kosie vereer
Ronél van Jaarsveld
Teen die muur hang foto’s en koerantuitknipsels van atlete; sommige al vergeel van ouderdom Êrens in ’n kas lê die hardloopskoene waarmee Kosie Koopman (77) dekades gelede sy eerste groot wedloop gewen het
Koopman is een van 26 mense wat verlede Donderdag (13 Maart) tydens die 17de Wes-Kaapse jaarlikse sportlegendes-toekennings in die Paarl vereer is vir sy jarelange bydrae tot atletiek Koopman se lewensverhaal is verweef met atletiek en dit is ná dekades steeds sy passie
“Julle plek in die geskiedenis is verseker – nie oor ’n enkele wedstryd, ’n rekord of ’n kampioenskap nie, maar oor die lewens wat julle verander het Julle nalatenskap is nie in die verlede nie, maar lewe voort in elke kind vir wie julle ’n mentor was; elke atleet wat julle afgerig het; elke gemeenskap wat julle opgehef het,” het Ricardo Mackenzie, die Wes-Kaapse minister vir kultuursake en sport, gesê Koopman het homself as’t ware “uit” ’n moeilike lewe uit gehardloop “En daarvoor is ek ons Hemelse Vader ewig dankbaar Dis net hy wat my al die jare nog krag gee ”
Hy het sy ma op sewejarige ouderdom verloor en moeilike tye het gevolg “Ons het op Brandwacht gewoon en ek het as hoërskoolkind elke dag die 9km tot by Esselen Park Sekondêre Skool gehardloop en smiddae weer terug,” vertel hy Sy omstandighede het vererger sodat hy in ’n stadium haweloos was en onder ’n bos gewoon het Só benard was dit dat hy soggens en
smiddae van asblik tot asblik geloop het op soek na iets te ete
’n Man wat hom gereeld gesien en met hom begin gesels het, het vir hom ’n werk by ’n vriend se fotografieonderneming gereël Later het een van die verskaffers gereël dat hy ’n beurs by die Universiteit Stellenbosch kry, waar hy sakebestuur kon studeer Hy het sy eie fotografie-onderneming, Starlight Photos, op die been gebring. Dit het floreer en jare later het hy ’n makelaar geword
“My eerste voorsmaak van wedlope was toe ek op laerskool ’n 200-mwedloop gewen het Die huis-toe-hardlopery het my fiks en lief vir hardloop gemaak Later was ek die SA skolekampioen in landloop ”
Koopman het in 1968 die 10000m by die SA kampioenskap in Durban gewen
“Dit was een van my hoogtepunte Daardie jare het die bruin, wit en swart
atlete apart gehardloop en hulle het ná die tyd ons tye vergelyk en ’n wenner aangewys,” vertel Koopman Die hardloopskoene wat hy daardie dag gedra het, bewaar hy veilig in ’n kas Daarna het nog vele wedlope gevolg Hy hou ook die tweede vinnigste tyd in die Caledon-Genadendal-marathon, wat ’n gewilde wedloop in die 1970’s en ’80’s was Hy en sy hardloopvriende het die ou Worcester-atletiekklub in 1972 laat herleef en hy het atlete begin afrig Honderde atlete is is sedertdien al deur sy hande, onder wie groot name soos Farwa Mentoor, wat vyf keer die eerste vrou oor die wenstreep in die Comrades-marathon was, en Donovan Wright, wat goues in die Comrades en Twee Oseane-marathons asook die SAmarathonkampioenskap ingeoes het
“Ek het by die toekennings so ver teruggedink aan al die atlete saam met wie ek gewerk het Dit was spesiaal,” sê Koopman Hy het talle male ’n kind uit moelike omstandighede oorreed om te begin hardloop en hulle sodoende ’n beter toekoms verseker
Op 77 is sy hardloopskoene nog nie weggepak nie Hy het die 800-m-rekord in meestersatleteiek (60 tot 70 jaar) opgestel en glimlag as hy sê hy het planne vir die 70-tot-80-jaar-ouderdomsgroep se rekord
Aan Koopman se sy is sy geliefde, Beaty, wat ondersteuning aan haar man en talle ander atlete bied
“As ek dit as jongmens maklik gehad het, sou ek nie gevorder het tot waar ek vandag is nie,” vertel hy Dis hierdie lesse wat hy oor dekades heen aan atlete leer “Oefen baie hard, wees spaarsamig en slim met jou wengeld, en wees dankbaar Bowenal, help ander wat swaarkry ”
Protect your daughter’s future with HPV vaccine
The Western Cape Department of Health and Wellness is conducting its annual HPV vaccination campaign in schools from February to 31 March.
This single-dose vaccine protects girls against the human papillomavirus, leading cause of cervical cancer, the second-most common cancer among South African women, and the deadliest.
Since 2014 the province has administered more than 350000 vaccines, reaching nearly 1200 schools annually with over 80% coverage. The vaccine is safe, free and available to girls aged 9 and older in public and special schools.
“By vaccinating our young girls today we are taking a powerful step towards a future where cervical cancer is one less thing for our women to worry about,” said Western Cape Minister of Health and Wellness, Mireille Wenger. Parents should have received consent forms from schools. For those who miss this opportunity, catch-up doses will be available later this year.
This programme supports the World Health Organisation’s (WHO) goal to eliminate cervical cancer as a public health threat by 2030. Sign the consent form today; protect your daughter’s future!
’n Paar tekkies met goeie herinneringe en baie kilometers op. Kosie Koopman het dié skoene, waarmee hy sy eerste groot wedloop gewen het, ná dekades steeds in sy kas
BENODIG JY 'N ELEKTRIESE KONTRAKTEUR?
MAAK SEKER DAT HY WETTIG GEREGISTREER IS.
Elke lid van die publiek selfs 'n bouer of ontwikkelaar is verantwoordelik om die wet toe te pas en te handhaaf om hulself te beskerm
Die Eletrical Contractors Association (ECA) doen n beroep op die breë publiek om slegs geregistreerde elektriese kontrakteurs te gebruik vir enige elektriese werk wat benodig word
• ‘n Elektriese kontrakteur moet volgens wet by die Departement van Indiensneming en Arbeid as n elektriese kontrakteur geregistreer wees en moet bewys van geldige registrasie kan lewer
• Die maatskappy moet n geregistreerde persoon in hul diens hê, of die eienaar moet self geregistreer wees
• Die Sertikaat van Nakoming (CoC) is 'n belangrike wettige dokument in die veld van elektriese installasies Dit word uitgereik deur 'n geregistreerde persoon, soos omskryf in beide die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (OSH-Act) en die Elektriese Installasie Regulasies (EIR) na 'n deeglike visuele inspeksie en toetsing om te verseker dat die elektriese installasie redelik veilig is indien dit reg gebruik word Hierdie dokument dien as n bindende wettige verklaring dat die installasie redelik veilig was ten tye van inspeksie en toetsing
Wanneer n CoC uitgereik word, wissel die bevoegde geregistreerde persoon na gelang van die tipe elektriese installasie wat gesertiseer moet word Dit is noodsaaklik om die spesieke vereistes en regulasies vir elke installasie in ag te neem om te verseker dat die CoC deur die toepaslik geregistreerde persoon uitgereik word
Die gebruik van nie-geregistreerde kontrakteurs bevorder wetteloosheid, onveilige installasies en benadeel individue en maatskappye wat binne die wet werk
Indien u verdere inligting of bystand benodig kontak asseblief die Electrical Contractors Assosiation (ECA) (Kaapstad kantore) by 021 - 4622690
U ondersteuning in die bevordering van wetlikheid word waardeer
Streekdirekteur – ECA (SA) (Wes-Kaap)
‘Three Generations’ of art
Kupenda Africa Gallery is proud to announce the “Three Generations” exhibition, opening on 28 March and celebrating the artwork of grandfather, son, and grandson: Sarel van Rensburg, Helgaard and Sarel Petrus.
The collection depicts their shared passion of mountaineering. Sarel van Rensburg is an avid mountaineer, holding the record for the oldest person at 87 to have climbed Bloupunt. This 15,3km trail, with 1056m of elevation, is graded “Challenging”. Helgaard says, “My father, my son (Sarel Petrus) and I are mountaineers who enjoy nature and
Dagboek | Diary
Stuur inskrywings na: info@worcesterstandard com Deadline/Spertyd: Mondays/Maandae 12:00
21 MAART
Besoek die Worcester Museum by Kleinplasie vir sy 2025 Menseregtedag-vieringe Van 10:00 tot 15:00 sal praatjies oor menseregte en sosiale geregtigheid deur gassprekers Erena van Deventer (Roodewal Bende-projek) en Siya Khohlokoane (Sakkiesdorp tot Zwelethmba) gevoer word Verversings en ’n ligte middagete sal bedien word Kontak Deidre Peters by 060 892 4927 of Olga Nabe by 072 191 3925 vir meer inligting
art as a family. Our common interests inspired us to tell our stories through the art pieces in the exhibition.”
Sarel explores his relationship with the natural world through bronze and wood The memories collected in inanimate objects lets his mind journey into the distances of forgotten secret pasts and imaginable future impressions.
He is a Fine Arts Graduate, winner of the ABSA L'atelier 10 Award, and a Sculpture Merit, Thami Mnyele Award recipient. He spent eight years working in the studio of South African sculptor, Guy du Toit.
29 MAART Die Hanepoot-fees vind by die Merwida-wynkelder in Rawsonville plaas Dit behoort ’n pretbelaaide dag te wees met lewendige musiek, hanepoot-pluk, kos- en wynstalletjies, kindervermaak en baie meer Kry dus jou voete op Merwida van 09:00-14:00 vir die soetste fees in die Boland
25 APRIL Skryf nou in vir die prettige Gigi-Classicvroue-gholfdag op die Worcester-gholfbaan Die dag word deur die Rotariërs aangebied en is ten bate van Blankets for Cold Bones Dit beloof om ’n pretbelaaide gholfdag te wees met baie pryse en veel meer Daar is plek vir slegs 18 spanne –bespreek dus gou Besoek Gigiclassic co za vir meer inligting
Busy arts days for McGregor
The Love Life Film, Music & Art Festival will once again unite filmmakers, musicians,and visual artists for an unforgettable journey of storytelling, music and creativity from 20 to 23 March in McGregor.
The festival had a very successful debut in 2024 with a dynamic blend of performances, screenings and exhibitions. This year’s festival boasts an exciting lineup of artists who will mesmerize audiences throughout the weekend.
On Thursday morning, 20 March, art lovers and watercolour enthusiasts can gather at Kunskombuis for Watercolour Whispers, a unique painting event presented in association with the International Watercolour Association of South Africa. This inspiring gathering invites participants to paint together in a shared creative space.
On the same day, the sensational Pichi Keane returns to the stage with her critically acclaimed drag cabaret, Freshly Squeezed! After setting the festival alight last year, she’s back to deliver another unforgettable performance.
The acclaimed duo Qadasi & Maqhinga bring their soul-stirring fusion of Maskandi and contemporary African sounds to The Courtyard Bistro & Theatre on Friday night, 21 March.
On Saturday 22 March, visitors can step into the warm glow of an intimate evening with Wren Hinds. Set within the bohemian-style, 60-seater venue Wahnfried, this exclusive solo performance will take audiences on a deeply emotive journey through Wren’s signa
As the festival draws to a close, Meg van Wyk’s mesmerizing voice will take visitors on a heartfelt musical journey at 16:00 at the Villa Wahnfried.
The festival also offers an evolving film screening lineup, free for all. This year’s selection already includes the highly acclaimed comedy It Runs in the Family, as well as a collection of short films by local filmmakers.
“The overwhelming response to our first festival proved that there is a deep hunger for authentic, diverse and meaningful artistic experiences,” says Christi van der Colff, festival founder “Love Life 2025 will push the boundaries even further, offering a platform for both emerging and established artists to connect, collaborate and inspire.” Show tickets and festival information t.org. For
Wren Hinds will perform at the Love Life Festival on Saturday
Three generations of artists will be on show at Montagus Kupenda Africa Gallery: Sarel van Rensburg, Helgaard and Sarel Petrus
Braak grond word nou sportterrein
Die braak stuk grond wat agter Avianpark Primêre Skool lê, gaan eersdaags grasgroen daar uitsien - ‘n splinternuwe sportterrein vir rugby, sokker, atletiek en mini-krieket.
Die skool, wat in 2010 gebou is, sukkel jare lank al om die sportveld te vestig. Hulle kon nie tuiswedstryde aanbied nie, want die deel wat vir sport bedoel was, was met klippe en dorings besaai. Die adjunkhoof van Avianpark Primêre Skool, Dewey Simpson, het op ‘n onlangse vergadering vertel hoe vrywilligers selfs al oor naweke ingespring het om klippe op te tel en weg te ry.
Nou, danksy die hulp van die Breedevallei-munisiapliteit se Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingskantoor en Afrimat,
kan dit omskep word in ‘n volwaardige sportterrein. Afrimat se huuroorenkoms vir die Brewelskloof-steengroef bepaal dat hulle, as deel van hul korporatiewe sosiale verantwoordelikheid, projekte moet aanpak wat tot voordeel van die gemeenskap sal wees.
Verteenwoordigers van die skool, Afrimat en die munisipaliteit het Dinsdag (11 Maart) vergader om die projek te bespreek. Afrimat beplan om so spoedig moontlik die omvang te bepaal en kosteberekeninge te doen, sodat die projek kan begin.
Vernon Bedworth, raadslid vir Wyk 12 en burgemeesterskomiteelid vir sport en ontspanning, het gesê die projek sal 'n groot impak op die gemeenskap hê.
Langerug se atlete presteer in die Kaap
Atlete van Langerugskool in Worcester het Saterdag (15 Maart) aan die Weskaap-atletiekbyeenkoms by die Groenpunt-atletiekstadion in Kaapstad deelgeneem. Agter van links: Peteron Farao (13 jaar, goud 1 500 m), Anzio Brinkhuys (15 jaar, brons 800 m), Anroux Brand (o 14, goud, gewigstoot), Mieka-Eel Meyer (o 15, goud, 400 m), Ian Louw (o 17, silwer, diskus), Kendrick Visser (o 15, goud, 500m), Xzaviër Fritz (o 13, brons, 100m), Zaid Dolph (o 13, silwer, 100m) en Gian Maree (o 17, brons, gewigstoot) Voor is Juhan Kitshoff (o 15, silwer, gewigstoot), Ewald Vermeulen (o.19, sewende, diskus), Jackson Williams (gr. 10), Matthew Williams (o 19 vierde, gewigstoot) en Matthew Swanepoel (o 19, brons, gewigstoot)
Sergio bring medalje huis toe
Sergio Williams,’n atleet van Worcester Sekondêr, het die afgelope naweek ’n silwermedalje in die o 15-verspring by die Wes-Kaapse kampioenskap by die Groenpunt-atletiekstadion verower
Skool versamel e.-afval
Die Laerskool Wynland se leerders het Dinsdag (18 Maart) ter viering van Wêreld-herwinningsdag, e-afval versamel. Herwinning is egter ’n leefstyl by díé skool, waar meer as 1 000 leerders daagliks ’n verskeidenheid produkte in hul klasse herwin Twee indrukwekkende kunswerke uit botteldoppies en broodsakkie-knippies pronk ook in die voorportaal Op die foto verskyn Nataylia Naude, Cara Swazi, Kairo Snyders, Heaven Olifant, Skyler Cedras, Lyle Booth, Jadon Janklaas, Chana Olivier en Leo Gordon van graad 4E2 Die skool wil graag die herwinningsmaatskappy NC Electronix bedank en moedig die publiek aan om aan die volgende herwinningsveldtog by die skool deel te neem.
Jongspoedvraatwenmedaljes
’n Jong atleet van Worcester R.K. Primêr, Elzaan Maurie, het voorverlede Saterdag (8 Maart), aan die Boland Laerskole-atletiekkampioenskap deelgeneem en die derde plek in die 1500m behaal, waarvoor sy ’n bronsmedalje verdien het Sy het ook
’n silwermedalje in die 800m gewen Elzaan gaan hierdie naweek (20 tot 22 Maart) aan die Suid-Afrikaanse Laerskole-atletiekkampioenskap deelneem By Alzaan is haar trotse skoolhoof, Hubert Titus
Feesweek só afgesluit
Die Laerskool Worcester-Oos het sy week feestelik afgesluit met ‘n suksesvolle Beesloop-fondsinsameling op Vrydag 14 Maart Nie net het besoekers gesmul aan al die lekkernye nie, maar ook hul nuwe klubhuis goed ingewy. Die twee beeste wat die wenner die groot kontantprys besorg het, het behoorlik aandag getrek Mathaylin Alberts en Gia Klink het besluit om nader te gaan kennis maak Fotos: Ronél van Jaarsveld
Koeie geen nie net melk nie – hulle kies ook pryswenners! Die Laerskool Worcester-Oos het ‘n suksesvolle Beesloopfondsinsameling op Vrydag 14 Maart gehou Deelnemers kon ‘n kaartjie koop wat ‘n plek op die rugbyveld aandui Die een met die kaartjie die naaste aan die plek waar die bees besluit om ‘n hopie agter te laat, het ‘n vet kontantprys gewen Die kinders was baie nuuskierig oor die twee beeste wat hondmak op die rugbyveld rondgestap het Cariah van Zyl en Rikus Els het dié kalf van nader gaan bekyk
Verteenwoordigers van Avian Park Primêre Skool, Afrimat en die Breedevallei-munisipaliteit het Dinsdag (11 Maart) vergader om die ontwikkeling van die skool se sportterrein te bespreek
The junior girls’ Miss Child Welfare Worcester on the podium are from left Lisoletho Makade (first runner-up), Amahle Siboza, (second runner-up, Erin Van Wyk (Miss Personality), Ronecia Douries (Miss Bravery), Leigh-Haylin Williams and Anecia Bostaander
Senior boys’ winners of Mr Child Welfare Worcester are from left Jeante Deelman (first runner-up), Wayne September (second runner-up), Zayne September (Mr, Personality) and Enzo Harmse
Vol edige besonderhede van d e aansoek s beskikbaar by die kantoor
van d e Bestuurder: Mun s pa e Beplanning en Boubeheer, 3rde V oer, Burgersentrum,Worcester,gedurendekantoorure
Besware en/of kommentare in terme van Art ke 49 van die Munisipa e Grondgebruiksbeplann ng Verorden nge moet skr ftel k ger g word aan
d e Mun s pale Bestuurder Privaatsak X3046 Worcester 6849 voor of op 22 April 2025 En ge besware/ kommentare ontvang na d e 30 dae
periodesa geagwordasongeldig
Navrae kan gerig word aan Mev N Malaka (023) 348 2631/ nma aka@bvm gov za
DMcThomas BVMVerwysingsnommer:10/3/1/84
Donderdag, 20 Maart 2025
GevroombyKleinplasie
Mega Oval bied op Vrydag 21 en Saterdag 22 Maart die immer gewilde jaarlikse Wynland-kampioenskappe op Kleinplasie in Worcester, aan Dit is nie net die oudste kampioenskap in die land nie, maar ook een van die gewildste onder ovaalbaanjaers. Met sowat 115 renjaers wat teen Maandag (17 Maart) reeds ingeskryf is, kan daar verseker na opwindende wedrenne uigesien word Deelnemers gaan in 14 klasse meeding, om een van die mees gesogste trofees in ovaalbaan-motorsport Wedrenne skop Vrydagmiddag af met twee uitdunne, en word Saterdag voortgesit met ’n verdere twee uitdunne en ’n finaal Inskrywings van die provinsie heen, onder andere die George-motorklub, Oudtshoorn, Weskus, Cape Helldrivers en die plaaslike klub, is ontvang. Hekke open Vrydag om 12:00 en wedrenne begin om 17:00; Saterdag open die hekke om 10:00, met die wedrenne wat om 16:00 begin Toegang beloop R50 per kind (ses tot 12 jaar) en R100 vir volwassenes; kinders onder ses jaar geniet gratis toegang Vir meer inligting, skakel vir Suzaan by 072 258 0880
Groot-uitdaagbeker
Townookvoor
Norman Evertson MONTAGU. - Ná die tweede ronde van vanjaar se Grootuitdaagbeker-kompetisie bevind die Montagu-klub hom tans in die tweede plek en tussen die voorlopers in die Breë-Langeberg-afdeling van dié kompetisie.
Robertson Town (1ste) en Rawsonville United (3de) is die ander vroeë voorlopers. Op die nie-amptelike punteleer staan dié gemelde spanne ná twee ligawedstryde op 10 punte elk. Hou-blou-hou, soos die Montagu-klub bekendstaan, het verlede Saterdag (15 Maart) min moeite ondervind toe hy sy buurman, Villagers Montagu (Sesduim), met 41-20 oorrompel
Charlton Scholtz, Montague se losskakel, glip deur ’n gaping in sy span se Grootuitdaagbeker-wedstryd met sy buurman, Villagers Montagu Montagu-klub wen met 41-20 Foto: Norman Evertson
het. Hou-blou-hou het vroeg in die wedstryd op die King Edward-sportterrein sy bedoeling duidelik gemaak toe Ronaldo Koker binne die eerste minuut gaan druk het. Sesduim het nie lank hierna nie sake weer gelyk gemaak toe Bradley Ruiters na volgehoue druk gaan druk het. Lee van
Oordt se suksesvolle doelskop het die telling na 7-7 geneem Met die aanbreek van rustyd was die telling steeds 14-7 in Hou-blou-hou se guns. Ná die blaaskans het Sesduim teruggeveg en met 15-14 die leisels oorgeneem
Tot op daardie stadium was Sesduim nog sterk in die prentjie, maar Hou-blou-hou het na ’n hoër rat oorgeskakel en Sesduim van sy voete af gespeel. Hou-blou-hou se driedrukkers in die tweede skof was Gershwin Alberts, Jenovan Soldaat, Handré Ontong (sy tweede) en Devandre Adendorff. Verder het Ryan George met ‘n strafdoel geslaag, terwyl Scholtz vier doelskoppe tussen die pale deurgestuur het.
Die Primrose-rugbyklub het die 2025-seisoen goed begin toe hy Saterdag 8 Maart sy eerste wedstryd teen die Orchard-rugbyklub gewen en dinge vorentoe vir hom goed gelyk het. Maar die afgelope Saterdag (15Maart) het hy lelik vasgeval toe die Laingsburg-rugbyklub hom op sy tuisveld met 29-26 geklop het. Hoewel Primrose die telbord vroeg in die wedstryd met ’n verdoelde drie eerste aan die rol gesit het, het Laingsburg nie op hom laat wag nie en ook sy rekening met ’n strafskop geopen. Daarna het die manne mekaar behoorlik die stryd aangesê en die telbord gedurig aan die rol gehou. Laingsburg het uiteindelik die pas aangegee en Primrose moes lelik bontstaan teen Laingsburg se aanvalle. Die telling het later wipplank gery en met rustyd was dit 14 punte vir Primrose en 15 vir Laingsburg.
Ná rustyd en met vars bene van die plaasvervangerbank af, het Primrose beter rugby begin speel, maar dit het nie Laingsburg se ritme versteur nie. Laingsburg het alle fasette oorheers, waarvoor Primrose
geen antwoord gehad het nie – veral by die skrums waar Primrose verlede seisoen koning gekraai het. Hier het Laingsburg hom lelik ore aangesit. Met die bal in die hand was Primrose gevaarlik, maar verkeerde besluite was sy ondergang. Laingsburg het dit uitgebuit en sodoende sy telling telkemale groter gemaak. Daarby het Laingsburg ’n stelskopper gehad wat gewis nie sy skopskoene by die huis vergeet het nie.
Primrose het stadig maar seker begin terugveg en die telling was op ’n tydstip 26 punte elk, met ’n bonusdrie vir Primrose ingesluit.
Maar dit was weer eens Laingsburg wat Primrose laat verstaan het dat hy nie verniet so ver gereis het om te kom verloor nie. Laingsburg se stelskopper het in die laaste minuut met die uurglas wat uitloop, nog ’n strafskop deur die pale gejaag en die spyker in Primrose se doodskis gekap.
Saterdag (22Maart) speel Primrose weg teen Breerivier Villagers. Spelers word weer eens versoek om die oefensessies by te woon.
Robertson sukkel nie
Robertson-krieketklub het Sondag 16 Maart teen Worcester United gespeel
Robertson-krieketklub het op Sondag 16 Maart teen Worcester United-krieketklub in ‘n Boland Premierligawedstryd gespeel en die wedstryd maklik met 10 paaltjies gewen. Worcester United kon slegs 110 lopies almal uit aanteken. Die beste boulers van Robertson-krieketklub is die veteraanbouler Jupeter Hopp wat in 4 beurte 19 lopies vir 2 paaltjies laat kantel het. Hy is goed bygestaan deur die ander veteraan Bjorn Cochrane met 4 beurte, 6 lopies en 1 paaltjie. Jamaine Buys behaal in 4 beurte 25 lopies vir 2 paaltjies, en Luthan Absolon, 4 beurte, 16 lopies en 2 paaltjies. Robertson kom kolf en die openingskolwers Warwick Abrahim (foto) teken vinnig 61 lopies aan en Warren Davids 29 lopies. Komende Saterdag speel Robertson-krieketklub se Aspan teen Paarl-Oos in Paarl en Sondag teen Wellington-krieketklub op Callie de Wet.