


CHARNÉ KEMP
Die staat moes verlede week erken dat ’n verhoor wat telkens uitgestel is, weer uitgestel moes word. Dit is weens ’n verlore DNS-bewysstuksak in die polisie se forensiese laboratorium in Pretoria. Dié betrokke verhoor is ’n moordsaak waarin Butiki Simon Maboitshege daarvan aangekla word dat hy sy lewensmaat in Februarie 2024 in Warrenton vermoor het.
Adv. Elmari Krüger, aanklaer, het aan regterpresident Pule Tlaletsi verduidelik die saak sloer weens die verlore DNS-forensiese bewusstuksak by die laboratorium, en dat ’n dissiplinêre verhoor aan die gang is.
Die ondersoekbeampte se bevelvoerder sou glo self na Pretoria reis om die verlore sak te soek.
Die staat voer aan Maboitshege, wat ook van regsverydeling aangekla word, en sy vriendin, Marly Nero, het saam in Ikhutseng gebly.
Op 26 Februarie 2024 was
hulle by ’n taverne, waar hulle rusie gemaak het. Bure het daardie nag gehoor hoe die oorledene om hulp skreeu. Haar naakte lyk is die volgende oggend op haar bed gevind. Haar beserings dui aan sy is met stomp voorwerpe aangerand.
Maboitshege het glo aangevoer iemand anders het haar vermoor, maar het sy klere verbrand wat hy die betrokke aand aangehad het.
Die verhoor is tot 9 Junie uitgestel.
■ In dieselfde hofsitting is nog twee ander moordverhore uitgestel nadat die twee beskuldigdes vroeër hul regsverteenwoordigers van Regshulp Suid-Afrika afgedank het en nuwes aangestel moes word. Die verhoor teen Alberto Linden Matthews (47) is tot 2 Junie uitgestel sodat die nuwe regsverteenwoordiger homself op die verhoor kan voorberei. Matthews word onder meer aangekla van die skietdood van sy lewensmaat Mandy Bailey (43) in haar huis voor haar dogter (9) in Beaconsfield, Kimberley.
Matthews is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Hy
het twee onsuksesvolle borgtogaansoeke in die landdroshof in Kimberley gebring. Tydens dié verskynings het vriende en familie van Bailey voor die hof betoog en hul misnoeë oor Bailey se moord te kenne gegee.
Daniel Wilfred Alberts (40), wat van die moord op twee polisielede aangekla word, se verhoor is tot 4 Augustus uitgestel.
Hy word deur 12 aanklagte in die gesig gestaar, wat insluit moord, ontvoering, diefstal, roof, roof met verswarende omstandighede en roekelose bestuur.
Alberts het na bewering op 10 Augustus 2023 in Sandton, Gauteng, ’n voertuig gehuur, maar nie daarvoor betaal nie.
Hy het glo op die vlug geslaan. Alberts het na Kimberley gery, waar sers. Kedimetsie Masilo en konst.
Onkeatse Mandindi, die twee polisielede wat doodgeskiet is, hom wou aankeer.
Nadat hy hulle na bewering met een van hul vuurwapens geskiet het, het hy twee ander mans in hul bakkies gekaap, voordat hy uiteindelik in Riverton buite Kimberley vasgetrek is.
The Sol Plaatje University (SPU) in Kimberley has a growing reputation for producing capable, communityfocused educators, with graduates returning to their communities and making a difference. At the recent SPU Open Day, Prof. Andrew Crouch, vice-chancellor and principal, shared feedback received during his visits to schools across the Northern Cape, where they consistently called on him to “please send us more teachers.” During the day, on 12 April, the SPU hosted high school learners, their families, school headmasters and teachers. A dialogue between headmasters, teachers, donors and university partners was live-streamed to satellite venues in Colesberg, Calvinia, Upington and Springbok. More than 1 500 learners gathered at the SPU’s Central Campus Square for the Open Day activities. Learners met with current students at the university, as well as Gemmie, the Gemsbok mascot of the SPU. Photo: Supplied
CHARNÉ KEMP
Adv. Celeste Nameka (43), regsgeleerde van Kimberley, wat in twee afsonderlike sake aanklagte van onder meer aanranding, moord en poging tot moord in die gesig staar, se een strafsaak is verhoorgereed.
Nameka en haar pa, Clive Ferris (67), ’n oudskoolhoof, het op Woensdag 16 April weer in die landdroshof in Kimberley verskyn. Albei is vroeër op borgtog vrygelaat. Die hofsaal was met polisielede van die taktiese reaksie-eenheid gepak. Gerugte wil dit hê dat van die slagoffers doodsdreigemente ontvang het. In die een saak het Nameka vroeër, met haar pa se eerste hofverskyning op aanklagte van moord en voordat sy self aangekla is, na bewering iemand by die hofgebou gedreig. Sy is daarna van aanranding aangekla. Dié ondersoek is voltooi en die saak verhoorgereed, sê landdros Kubashni Padayachee.
In die ander saak waarin Nameka en haar pa saam van moord en poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en
die afvuur van ’n vuurwapen in ’n stedelike gebied aangekla word, wag die polisie op die uitslae van ballistiese en DNS-toetse, asook verdere getuieverklarings.
Dié skietvoorval het vroegoggend op 21 Desember 2024 by ’n woonkompleks in Minerva Gardens, Kimberley, plaasgevind waar Nameka saam het haar kêrel, Lucan Anthony, gewoon het. Die kêrel is glo in sy boud geskiet terwyl ’n middeljarige vrou, Charmaine Anthony, in die maag gewond is. Anthony is later aan haar beserings in die hospitaal oorlede.
Nameka het na bewering vir haar pa geskreeu om haar kêrel en sy familielede dood te maak met die woorde “Skiet hulle pappie, skiet hulle almal” het die ondersoekbeampte vroeër in die borgtogaansoek getuig.
Sers. Modise Clive Moshotloa, ondersoekbeampte, het in sy getuienis verklarings van sekere van die ooggetuies aangehaal en gesê kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval ondersteun die getuies se weergawes. Volgens hom was ’n vriendin die oggend by Nameka
toe haar kêrel van sy werk tuiskom. ’n Rusie het ontstaan waarin Nameka en die kêrel mekaar van ontrouheid beskuldig het. Nameka het haar pa gebel, en die kêrel het sy familielede gebel. Ferris het met sy aankoms met ’n vuurwapen uit sy bakkie geklim en dit na bewering op die kêrel gerig. Ferris het die kêrel glo met ’n gebalde vuis in die gesig geslaan. Die kêrel beweer in sy verklaring dat Nameka aan haar pa gesê het “skiet hom pappie, skiet hom”. Intussen het ’n Renault-voertuig met vier mans, waarvan twee gemaskerd was, opgedaag. Nameka het haar glo by die mans geskaar. Die kêrel het oor die woonkompleks se hek na buite geklim waar sy familielede by hul voertuie was. Nameka het die hek met afstandbeheer oopgemaak terwyl Ferris na bewering met sy vuurwapen die kêrel se broers om die motors gejaag het en toe glo ’n skoot afgevuur het. Die oorledene het probeer vlug, maar is glo by die voorste motor in haar buik geskiet.
Albei sake is tot 17 Junie uitgestel.
To address specific issues of service delivery and the appointment of Section 54 managers in some Northern Cape municipalities, one-on-one engagements were concluded.
This was executed through a series of meetings by Bentley Vass, MEC of the Department of Cooperative Governance, Human Settlements and Traditional Affairs (Coghsta).
Meetings took place with, among others, the Frances Baard District Municipality, and the Sol Plaatje, Gamagara, Nama-Khoi, Tsantsabane and Emthanjeni Local Municipality.
It sought to receive reports on specific issues hampering service delivery.
The processes to finalise key and strategic senior management positions in these municipalities, were also discussed.
In a press release, it is stated that Vass received reports on issues related to water challenges in some of the municipalities, revenue collection strategies, as well as the delays in the appointment of key positions.
At the end of these meetings, Vass said he was happy with the feedback received.
The feedback was, amongst other, about the progress the municipalities are making to address service delivery challenges and the processes of filling critical vacancies, especially at a
senior management level.
“I am happy that all the municipalities are having tangible plans to address a wide range of issues that I discussed with the municipal mayors, speakers, and accounting officers.
“The agreed deliverables will be monitored closely by my office to ensure there is compliance with all service delivery imperatives, and legislative prescripts,” Vass stated.
Engagements with other identified municipalities will continue, spearheaded by Vass. This, as a means, will ensure better service delivery to communities and stable administration in municipalities.
Bentley Vass, MEC for the Department of Cooperative Governance, Human Settlements and Traditional Affairs (Coghsta).
A woman from the Northern Cape, Simangele Sangweni (33), and her company, Multi Quipments, as a juristic person, were found guilty on 17 counts of fraud, forgery and uttering, as well as 25 counts of money laundering. They were sentenced earlier in April in the Kimberley Specialised Commercial Court, says Lt. Col Tebogo Thebe, spokesperson for the Directorate for Priority Crime Investigation (Hawks).
During August 2021, she submitted a fraudulent change of banking details letter and invoices to the Phokwane Municipality while purporting to be Vaalharts Water, a service provider. The accused misrepresented themselves and misled Phokwane into paying R455 510 into the business account.
In September 2021, the same accused submitted a fraudulent change of banking details letter and invoices to the Frances Baard District Municipality, purporting to be service provider Sedibeng Water. The municipality was misled and paid R469 918 to her company’s business account.
Multi Quipments was sentenced to a fine of R100 000, wholly suspended. Sangweni was sentenced to ten years’ direct imprisonment.
• Katarak • Gloukoom • Pter ygium
• Makulêre Verkalking
• Diabetes (Suikersiekte) en ander Oogprobleme
In die Phokwane-munisipaliteit skuld raadslede, ook die burgemeester, glo meer as R1,4 miljoen in uitstaande munisipale rekeninge. Regerings- en private entiteite skuld meer as R21,4 miljoen (m). Dit sluit in meer as R6,8m deur die departement van paaie en openbare werke en R2,3m deur die Frances Baard-distriksmunisipaliteit. Lean le Roux, DAraadslid, sê die party het die munisipale bestuurder versoek om planne vir skuldinvorderingstekorte bekend te maak.
CHARNÉ KEMP
Haar studente het al toppryse in kunskompetisies oor die land heen gewen. Daarom is Nicoleen Smit van Nicoleen’s Art and Counselling Studio in Kimberley optimisties dat hul kunswerke wat vir die There is More to Us-kunskompetisie ingeskryf word, uitstekend sal vaar.
Dié kompetisie fokus op geestesgesondheid en word deur 'n sielkundige in Pretoria aangebied.
Wenners ontvang kontantpryse en die kunswerke word daarna opgeveil. Die opbrengs word aan verdienstelike organisasies wat in geestesgesondheid spesialiseer, geskenk.
Sedert Nicoleen haar kuns- en beradingstudio geopen het, het dit van krag tot krag gegroei.
“Ek kry geweldige bevrediging om kinders en grootmense van kuns te leer, en vir sommige gee ek berading deur kuns.”
Nicoleen het ’n hoër diploma in beeldende kuns, ’n graad in kinderberading en ’n honneursgraad in kunsterapie. Sy is baie trots op haar kunsstudente, van wie sommige oorloop van geesdrif en kunstalent.
Muso Barend is ’n 15-jarige seun wat weekliks van Galeshewe stap om die kunsklas by te woon.
“Hy het ongelooflike talent en word vanjaar deur dr. Anthony Thomas geborg. Hy teken graag portrette en vang die nuanses in menslike gesigte in sy pensketse vas.”
Lonwabo Jantjies (8) het verlede jaar die laerskoolafdeling van die
ARTi Gallery Art Competition (Agac) van Klerksdorp gewen. Dit fokus op Suid-Afrikaanse en binnenshuise kunstenaars. Deelnemers moes ’n klassieke kunswerk met Afrika-elemente verryk. Hy het die hemelruim van Vincent van Gogh se skildery, “The Starry Night,” gebruik en onderaan Afrika-hutte met motiewe aan die mure geverf.
Lonwabo en ook Aedon Daries (12) se kunswerke is in die 2025-kalender van die Santam Kinderkuns-kompetisie ingesluit. Sowat 3 900 inskrywings is ontvang. Die tema was “Welkom in my gelukkige plek.”
Die oogmerk van die kompetisie is vir kinders om hul gedagtes en emosies skeppend uit te druk.
Nicoleen en twee assistente, Refilwe (Fifi) Senyatso en Michaela van Heerden, bied een keer per week, op Maandae en Woensdae, kunsklasse vir 40 kinders in verskillende klasse aan. Dinsdae, Donderdae en Vrydae doen sy kunsberading vir groepe, volwassenes en kinders.
Soms bied sy kunsaande vir volwassenes en ontspannende vakansiekuns aan.
“Dit is vir sommige mense moeilik om gevoelens in woorde uit te druk, maar nie in kuns nie. In ’n kunsberadingsessie kan mense hul gevoelens in enige medium soos klei, skilder en sketse uitdruk. Een interessante tegniek is 'n “black-out poem.”
“Die kliënt omkring woorde in ’n
boek se bladsy wat tot hom of haar spreek en skryf ’n gedig of liedjie met die betrokke woorde. Die lied of gedig word gewoonlik deur die persoon illustreer. Hieruit word antwoorde oor diepgaande kwellings baie duideliker.
“Kuns in enige vorm, met enige medium is ’n uitdrukking van ’n mens se binnekamer, en ’n wonderlike vorm van berading.”
Nicoleen, wat self terapie vir trauma ontvang, skryf van haar eie kunswerke saam met haar studente s’n vir die kunskompetisie oor geestesgesondheid, in.
“Een van my tekeninge is die gesig van 'n bejaarde vrou. Die diep groewe in haar gesig spreek van ’n leeftyd van uitdagings, asof sy baie lewens probeer inpas het in een.”
Haar ander kunswerk gaan oor trauma oor geslagte heen. Drie gesigte is in die boomwortels en stam sigbaar
die ouma, die ma en die kind.
“Trauma spoel van die ouma na die ma, na die kind oor. Die kind is nie meer klein nie, en die vorige geslagte is dood. Die kind is vasberade om die trauma-oordrag te breek. Genesing moet êrens begin.”
Van die kunswerke wat ingeskryf word, is onthutsend, sê Nicoleen.
“Vir my is dit asof vandag se kinders onder geweldige druk moet oorleef. Hulle moet skoolwerk bemeester, en aan allerhande buitemuurse aktiwiteite deelneem, met min tyd vir sosialiseer en afskakel.
“Dit is asof sommige van die kunswerke geweldige eensaamheid uitdruk.”
Kuns spreek kwessies wat pla, aan.
In een van die skilderye het ’n
12-jarige meisie ’n papiermasker op die raam van die skildery geplak met woorde hoe sy soms voel, “I’m ok, I’m fine,” maar in die skildery self is die gesig van ’n ongelukkige meisie sigbaar.
’n Seun (14) teken hoe hy sy sorge van sy skouers afgooi as hy motorfiets ry. Nog ’n meisie (13) verbeeld haar oorweldigende angs wanneer eksamentyd naderkom: “The Silent Scream of the Study Desk.” ’n Seun (15) wat Graves se siekte, selektiewe mutisme en ADHD het, teken sy kleurryke binnewêreld en hoe niemand regtig weet wat daarin aangaan nie.
In nog ’n houtskoolskets is ’n gesiglose meisie (11 jaar) wat vooroor oor haar knieë buig, met hande met lang naels wat na haar gryp, met die titel: “In the Grips of Anxiety.” Nog ’n meisie (8) teken ’n vasgevange marionet, “Puppet of Perfection.” ’n Ander een (10) teken ’n sonneblom oor haar gesig, die kyker sien nie die gesig agter die “vrolike” sonneblom nie.
’n Seun (8) teken Justitia, godin van geregtigheid, maar in die agtergrond is woorde soos moord en verbode toegang sigbaar, hy beeld uit dat ons soms sukkel met negatiewe denke wat ons nie mag uitspreek nie.
Nicoleen sê kuns is nie net ’n wyse om verborge talente te ontdek nie, maar ook ’n manier om ondersoek in te stel na die binnewêreld, en op antwoorde af te kom oor kwessies wat pla.
Die kompetisie is ’n platform wat bewusmaking vir geestesgesondheid skep.
Met herfs wat plek-plek sy verskyning in die vorm van verkleurde blare maak, is die dae en nagte reeds koel − met wydverspreide reën wat steeds oor groot dele van die land en buurstate voorkom. Rivierlope wat jare lank ’n droë leegte was, is nou breëvloeiende riviere. Volgens die Noorweegse weerdiens yr.no sou nog reën op Dinsdag en Woensdag in Kimberley voorkom, met die laagste minimum temperatuur in die volgende week op 8°C, en die maksimum op 23°C. Vir Upington is reën nie vir die volgende week voorspel nie, met die minimum temperatuur 9°C, en die maksimum 28°C. Vir die Kuruman-omgewing is reën vir Woensdag en Donderdag voorspel, met die koelste temperatuur 6°C, en die maksimum 23°C. Op die Facebook-blad Reënval in SA laat weet Hugo Vorster dat die reënvalsyfer vir April in die Loxton-omgewing 78mm is, met 29mm wat Maandag en Maandagnag uitgesak het. Foto: Hugo Vorster/Facebook: Reënval in SA
■ Soos ’n tang op ’n otjie: Om glad nie ’n indruk te maak nie.
■ Op die tang vlieg: Sonder kos gaan slaap.
■ ’n Tang van ’n vroumens: ’n Baie kwaai vrou.
■ Nie met ’n tang aan iets/iemand wil raak nie: Die ding of iemand is smerig vuil.
■ ’n Tang van ’n mens (kwetsend): ’n Onopgevoede, agterlike mens.
Het jy geweet?
’n “Tealight” of “tea candle” is in Afrikaans ’n “teeliggie” of “teekers”. Dit is ’n klein, platterige, ronde kers in ’n metaalhouer, onder ’n teepot gesit om dit warm te hou, of wat as versiering gebruik word. Feitelik vs. feitlik
■ Feitelik (b.nw): Volgens die feite: Die inhoud moet feitelik reg wees.
■ Feitlik (bw.): Amper, byna, so te sê. Ek is feitlik klaar gewerk.
REDAKTEUR
Helena Barnard helena.barnard@novusmedia.co.za
MEDEWERKER / EDITORIAL MEMBER
Charné Kemp charne.kemp.writer@gmail.com
VERKOOPSHOOF / HEAD OF SALES
Natasha Ingram 082 567 3883 natasha.ingram@novusmedia.co.za
BETREKKINGS/ VACANCIES
Noleen Petersen 051 404 7813
GEKLASSIFISEERD / CLASSIFIEDS nico.flietoor@novusmedia.co.za
BETREKKINGS / VACANCIES noleen.petersen@novusmedia.co.za
OMBUDSMAN
Kontak Noordkaap Bulletin se ombudsman oor klagtes. Stuur alle klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van die koerant aan ons ombudsman, George Claassen, by 021-8513232 of na mediaombud@novusmedia.co.za Geen redaksionele materiaal of advertensie mag gereproduseer word sonder
Die afgelope langnaweek se sterftesyfer op Suid-Afrikaanse paaie was teen druktyd nog nie bekend nie, maar volgens aanduidings lyk dit of daar ’n afname in vergelyking met vorige jare was. Dat voertuigbestuurders uiteindelik of opnuut die verantwoordelikheid besef wanneer hulle agter ’n stuurwiel inskuif, sal verblydend wees. Dit sou in pas wees met die Paasnaweek se temas van geloof, liefde en ’n nuwe begin. Want bestuurders hou nie net hul eie lewe en die van hul passassiers in hul hande nie, maar ook die van elkeen by wie hulle verbyry.
Soos altyd oor Paasnaweek, die Christenfees wat die kruisiging en opstanding van Jesus herdenk, het paaie van reisigers, toeriste en pelgrims gewemel.
In die Noord-Kaap was die roetes na die Augrabieswaterval, wat nou met ’n groot gedreun sy skouspel lewer, sekerlik die gewildste om te volg. Volgens statistiek is wegbreek na die Natalse kuslyn, Kaapstad, Kruger Nasionale Park en Sun City, in die tyd ook gewild.
In Limpopo het ongeveer ’n miljoen lede van die Zion Christian Church (ZCC) by Moria buite Polokwane byeengekom vir die jaarlikse pelgrimstog en onder meer
kerkdienste op Paassondag.
Aangesien alle paaie na Rome lei, word ’n internetdraai daar gemaak waar die 88-jarige pous Franciskus Maandag weens ’n beroerte en hartversaking oorlede is.
Hy het nog die vorige dag, op Paassondag, ’n boodskap by die St. Petersplein in die Vatikaanstad aan toeriste en pelgrims gelewer. Noemenswaardige inligting vir ’n reisiger is dat die Vatikaan binne die stadsgebied van Rome in Italië geleë is. Dit het ’n oppervlak van 49ha, ’n bevolking van ongeveer 882 (in 2024), met Latyn as ampstaal, en is die kleinste soewereine staat ter wêreld. As ’n wêrelderfenisgebied besoek nagenoeg vier miljoen mense jaarliks die Vatikaanse museums wat onder meer van die voorste kunsversameling ter wêreld huisves. Volgens die internetreis ruk kaartjies hiervoor die beursie, veral as die bedrag na die Suid-Afrikaanse geldeenheid omgeskakel word. Tog, in Rome doen jy wat in Rome gedoen word en jy dok op. By die huis doen jy soos wat by die huis gedoen word: Jy skakel die rekenaar af en geniet salige stilte om jou.
Want ’n groot hoeveelheid van die daaglikse geraasmakers om jou is by Augrabies, dalk by Moria, of selfs die Vatikaanstad.
HANNES NOËTH
Die afgelope Paasnaweek was luilekker in die meeste huise.
Natuurlik is daar altyd mense wat aan diens is en diegene wat nooddienste moet verrig. So ook mense wat moet werk.
Maar daar kom tye dat daar in die meeste huise ’n stilte kom.
Dit voel anders as ’n Desembervakansie. Dit is so ’n ekstra spesiale stop in die middel van die week.
Op die plaas het ons soms gesê selfs die natuur weet wanneer dit Sondag is, want dan het die diere ekstra lui gelê; soms het dit gelyk of die windpomp nie eens wil draai nie.
Die afgelope naweek het ek daaraan gedink. Die rede daarvoor is juis omdat die pas van die lewe vinnig is. Baie dinge gebeur en agendas is lank.
Dan is dit soms nodig om so ’n bietjie rustig te raak. Goed te rus. Van wat gedoen is en van wat gedoen moet word.
Natuurlik is daar nie voorskrifte vir daardie rus nie.
Party sal gaan stap, ander sal braai, ander sal hulle toemaak tussen boeke en ander sal hulle besig hou met ’n stokperdjie of twee.
Wat ook al – die lewe roep ons almal soms tot rus. Tot rustig raak.
Ons moet leer om te luister.
Ons leef in ’n tyd dat mense se glase te vol
KARIN MULLER
“Sjoe,” sê sy. “Die mense hier by julle is baie vriendelik. Vreemdelinge groet my sommer in die winkelsentrum.”
Die Noord-Kaap is verreweg die provinsie met die vriendelikste inwoners.
Dit is nie ’n enorme krisis wanneer jy in die Noord-Kaap verdwaal of op ’n ander manier hulp benodig nie. Mense is meer as bereid om te help. Nie die soort hulp wat met sleepvoete en ’n lang gesig gepaard gaan nie. “Hou jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur,” het C.J. Langenhoven gesê. In hierdie groot provinsie is vriendelikheid goedkoop, sowel as volop. Afhangende van waar jy jouself in die Noord-Kaap bevind, is daar min water. Min bome. Min voer vir vee. Maar vriendelikheid is volop. Hierdie vriendelikheid besit
’n paar wonderlike eienskappe. Mense stel byvoorbeeld nie voorwaardes voordat hulle met jou vriendelik is nie. Jy hoef nie ’n sekere geslag of ras te wees of ’n spesifieke taal te praat nie. Jy hoef nie eens hier grootgeword het of hier te woon nie. Jy kan net jouself wees.
Mense verwag nie iets in ruil vir hul vriendelikheid nie. So in die verbygaan kry jy ’n vriendelike gebaar. ’n Glimlag. ’n Hand wat waai. ’n Hoed wat gelig word. ’n Knik van die kop.
Die enigste verwagting is waarskynlik dat jy ook vriendelik daarop sal reageer. In baie gevalle het die persoon al tussen ander mense verdwyn voordat jy besef dat jy vriendelik gegroet is. Ander kere word jy gehelp en teen die tyd dat jy tot verhaal kom, is die persoon al weer op pad.
Ongeag wat die Noord-Kaap nie sy inwoners kan bied nie, het ons verreweg die vriendelikste inwoners van alle provinsies.
word, hul spanning is te veel en die tempo is te vinnig.
Ons bekommer ons dikwels oor dinge wat nooit gebeur nie en ons is dikwels besig met dinge wat eintlik geen waarde tot ons menswees toevoeg nie.
Die balans is sekerlik belangrik: Doen wat jy moet doen, werk met ywer en werk getrou, maar rus as jy moet rus.
Heel dikwels hoef liggaam en siel net ’n bietjie asem te haal, en kragte te herwin, om te kan voortgaan met dit waarmee jy besig is.
Daarom, wanneer die kans daar is, rus. Rus goed. Rus berekend. Rus doelgerig. Wie wys is, werk en rus gebalanseerd.
CHARNÉ KEMP
“We spend our way to the poorhouse. We buy giant TVs and iPads. Our children wear nice clothes thanks to high-interest credit cards and payday loans. We purchase homes we don't need, refinance them for more spending money, and declare bankruptcy, often leaving them full of garbage in our wake. Thrift is inimical to our being.” - J.D. Vance, brainyquote.com
Sommige skoene in die kas is ouer as tien jaar, ’n jas byna tien jaar. Klere is soos mense, beter en lekkerder met ouderdom, en elkeen het ’n storie. Watter lewensgeluk het wyle Gene Hackman en sy vrou se oorvol huis en kaste vol klere gebring? Daar sterf hulle sonder dat ’n siel weet. Geen materiële besittings nie, maar net liefde, aandag en sorg sou hulle kon red.
’n Vriendin inspireer. Niks word gekoop as sy nie iets anders herwin nie. Net tweedehandse winkels sien haar. ’n Avontuur van vergete modes, ’n leuse vir volhoubaarheid. Te midde van rakke van voorheen geliefde klere, bied dit ’n wêreld van moontlikhede vir dié wat skeppend is, asook vir die eko-bewustes. Om te skattejag bied benewens herwinning en besparing soveel pret en plesier. Die unieke bekoring van herinneringe en goeters wat heel bruikbaar is, net nie nuut en blink en skynheilig nie. Niks meer sintetiese klere wat ryk en gemaksugtige Europeërs een keer aantrek en dit op die pragtige strande van Wes-Afrika en Suid-Amerika stort nie. Hoekom is ons so traag terwyl die onvermydelike ons in die oë staar? Ons verwoes ons eie bestaan, wat bly oor vir die nageslag? Rykes verdrink in die skuld, die Jones’ lag uit hul mae, en ons vergaan.
AANMERKING VAN 'N
AANSOEK GESKRYWING
VAN DEEL 26 EN 27 VAN
DIE KAREEEBERG SE LOKALE
MUNICIPALITEIT se
AANSOEK VAN
AANSOEK 2022
Ons, Acute innovation SA, wat die gemagtigde agent is van die geregistreerde eienaar van Erf 392 Carnavon, gee hiermee kennis ingevolge artikels 26 en 27 van die Kareeberg LUS dat ons by die plaaslike munisipaliteit van Kareeberg aansoek gedoen het om die betrokke eiendom te hersoniseer ingevolge artikel 5 van die Munisipale LUS 2022. Die eiendom is geleë op: Die kruising van R63 en R361.
Volledige besonderhede en planne van die aansoek kan gedurende normale kantoorure by die Kareeberg Munisipale Kantoor by die volgende fisiese adres geïnspekteer word: Northern Cape, Hanau Street, Carnarvon, 8925 vir 'n tydperk van 30 dae vanaf 28 April 2025.
Enige besware of opmerkings ten opsigte van die aansoek moet binne 31 dae vanaf die eerste dag van publikasie by die Munisipale Bestuurder by:
Munmanager @kareeberg.co.za/Kareeberg /Kareeberg Munisipaliteit, Private Bag X226, Carnavon 8925 ingedien of skriftelik aan hom gemaak word of by die Rekords-afdeling by die Munisipaliteit by Hanau Straat Carnavon afgelewer word.
Adres van munisipale kantore: Noord-Kaap, Hanaustraat, Carnarvon, 8925
Besonderhede van die aansoeker: Acute innovation SA, 25 Minerva Laan, Glennadrienne, Sandton, 2196, 010 001 0656, E-posadres: Info @acuteinnovationsa.co.za
Gepubliseerde datum: 28 April 2025
NOTICE OF AN APPLICATION SERVED IN TERMS OF SECTION 26 AND 27 OF THE KAREEEBERG LOCAL MUNICIPALITY LAND USE SCHEME 2022
We Acute innovation SA being the authorized agent of the registered owner of Erf 392 Carnavon hereby give notice in terms of section 26 and 27 of the Kareeberg LUS that we have applied to the Kareeberg Local Municipality for the Rezoning of the subject property in terms of section 4 of the Municipal LUS 2022. The property is situated at: The intersection of R63 and R361. Full particulars and plans of the application may be inspected during normal office hours at the Kareeberg Municipal Office at the following physical address: Northern Cape, Hanau Street, Carnarvon, 8925 for a period of 30 days from 28 April 2025. Any objection/s or comments in respect of the application must be lodged with or made in writing to the Municipal Manager at: Munmanager kareeberg.co.za/Kareeberg Municipality, Private Bag X226, Carnavon 8925 or Delivered at the Records department at the Municipality at Hanau Street Carnavon within 31 Days from the first day of publication.
Address of Municipal Offices: Northern Cape, Hanau Street, Carnarvon, 8925 Details of Applicant: Acute innovation SA,25 Minerva Avenue, Glennadrienne, Sandton, 2196. 010 001 0656, Email address: Info @acuteinnovationsa.co.za
Publication Date: 28 April 2025
T1223/1982
LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T1223/1982 passed by Elias Lourens Kamfer, Identity Number 450913 5025 001 in favour of ELMARIE OBERHOLSTER, IDENTITY NUMBER 410606 0020 089, WIDOW, IN RESPECT OF ERF 1414 (PORTION OF ERF 1398) POSTMASBURG, SITUATED IN THE TSANTSABANE MUNICIPALITY, DISTRICT HAY, PROVINCE NORTHERN CAPE which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the REGISTRAR OF DEEDS: NORTHERN CAPE at KIMBERLEY within two weeks from the date of the publication of this notice.
Dated at Kimberley this 24TH day of April 2025
Applicant: E OBERHOLSTER C BOOYSEN MACLEOD INC.
Address: 4 Halkett Road, Albertynshof, Kimberley, 8301
E -mail address: anton booysenmacleod.com Contact number: 053 8331518 / 067 389 7676
ST12445/2007
LOST or DESTROYED
DEED
NOTICE is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of :-
- a certified copy of : Deed of Transfer ST12445/2007
- passed by : MATTHEUS
GERHARDUS JOHANNES
WILLEMSE
IDENTITY NUMBER
710207 5053 089
MARRIED OUT OF COMMUNITY OF PROPERTY
- in favour of : JOHANNA
SOPHIA WILLEMSE
IDENTITY NUMBER
340502 0029 086
MARRIED OUT OF COMMUNITY OF PROPERTY
- in respect of certain A Unit consisting of
(a) Section No. 1 as shown and more fully described on Sectional Plan No SS 46/2011 in the scheme known as SWARTLAND in respect of the land and building or buildings situated at BOSHOF TOKOLOGO LOCAL MUNICIPALITY, of which section the floor area, according to the said sectional plan is 52 (Fifty Two) square metres in extent and (b) An undivided share in the common property in the scheme apportioned to the said section in accordance with the participation quota as endorsed on the said sectional plan. which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds: Free State at Bloemfontein within 2 (two) weeks from the date of the publication of this notice.
DATED at KIMBERLEY on 17 APRIL 2025
APPLICANT
MERVYN JOEL SMITH ATTORNEYS 13 Oliver Road, Kimberley, 8301 Tel: 053-8326293 (REF: Judith/X24582 /W1547)
IN DIE BOEDEL VAN WYLE: CATHARINA ELIZABETH
HANSEN
IDENTITEITSNOMMER: 441205 0077 083 VAN: 32
MONTAGU STRAAT, CASSANDRA, KIMBERLEY, 8301 MEESTER SE VERWYSING: 835/2025
ALLE PERSONE met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer.
H P A VENTER
Eksekuteur
DUNCAN & ROTHMAN
Kantoor 66, Suite 1, Eerste Vloer, North Cape Mall
Jacobus Smitstraat 31 KIMBERLEY 8301
Verwysing: HPAVENTER/im AN50/0002
E.J. De Beer In die boedel van wyle ELIZE
JUDITH DE BEER gebore 10 July 1995 identiteitsnommer 9507100031082 en nagelate eggenoot /eggenote van 7 Gemsbok Street, KATHU Boedelnr. 000657/2025 Datum van afsterwe 19 October 2024 Krediteure en debiteure in bogenoemde boedel word hiermee versoek om hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 dae vanaf 25 April 2025. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde agent Sanlam Trustpty ltd 3rd Floor, Sable Corner, Conference Way, Century City, Cape Town Tel: 021 036 4179
N.I Boyce
Estate of the Late NKONZO ISAAC BOYCE, who died on 22 May 2024, Identity Number 650305 5776 08 9, of 2975 Pike Street, Mataleng, Barkley West, married in community of property to Vera Vuyelwa Boyce, born on 24 September 1966, Identity Number 660924 0377 08 7.
ESTATE NUMBER: 003828/2024
Creditors in the above
Estate are hereby called upon to file their claims with, and to pay their debts, to the undersigned within thirty (30) days from date of publication hereof.
FNB Fiduciary (Pty) Ltd
P.O Box 12619
Brandhof 9324
Vinette Kock +27 87 343 1814
Estate Late ZANDRA CHARISSA FLORENCE STEYN Identity number 500827 0052 085, born 50-08-27, passed away 2024-09-03 Estate number: 003800/2024
Creditors and Debtors of the above estate are requested within 30 days from 24/04/2025 to prove their claims and to pay their debts to the undermentioned office.
ATTORNEYS : JORDAAN & MANS INC 48 BEARE STREET KURUMAN 8460 collections1@jorman.co.za
E.P. PRETORIUS
Ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965 word hierby kennis gegee dat duplikate van die likwidasieen distribusierekenings (eerste en finale, tensy anders vermeld) in die boedels hieronder vermeld, in die kantore van die Meesters en Landdorste soos vermeld en gedurende 'n tydperk van 21 dae (of langer indien spesiaal vermeld) vanaf gemelde datums of vanaf datum van publikasie hiervan, as dit later is, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meesters ingedien word nie, gaan die eksekuteurs oor tot die uitbetaling ingevolge gemelde rekenings.In die boedel van wyle: ELLA PETRONELLA PRETORIUS, Identiteitsnommer 480128 0020 08 9, Laaste adres HUIS MIEM, PêRELLAAN 8, ORANIA, PROVINSIE NOORD-KAAP, Registrasienommer van Boedel 003468/2023, Beskrywing van rekening: Eerste en Finale LIkwidasieen Distribusierekening Tydperk van insae indien anders as 21 dae: 21 dae Landdoskantoor: HOPETOWN Meesterskantoor: KIMBERLEY Adverteerder se adres JH MARITZ Posbus 95 ORANIA 8752
Telefoonnommer 053 207 0010
J. Lombard
K.J. WARD
IN THE ESTATE OF THE LATE : KIM JEAN WARD IDENTITY NUMBER : 670126 0172 082 AND SURVIVING SPOUSE : MERVYN JOHN WARD IDENTITY NUMBER : 591114 5122 084 OF : 19 SWALLOW CRESCENT, VREDENBURG ESTATE, BAKKERSKLOOF ROAD, SOMERSET-WEST, 7130 MASTER'S REFERENCE NUMBER : 1970/2024
The First and Final Liquidation and Distribution Account in the above estate will lie open for inspection at the Office of the Master of the High Court KIMBERLEY for a period of 21 (Twenty-one) days from date of publication. H P A VENTER Attorney for Executor DUNCAN & ROTHMAN P O BOX 64 KIMBERLEY 8300 Ref: MR VENTER m/WAR6/0001
BESTMIN TRADING (PTY) LTD SALE OF BUSINESS
Notice is given in terms of Section 34(1) of the Insolvency Act 24 of 1936 that BESTMIN TRADING (PTY) LTD registration number 2011/136747/07 intends to sell and transfer its business namely Steers and Fishaways Kuruman, situated at Shop 3, Smith Centre, Main Road, Kuruman in its entirety as a going concern to KURVIV FOODS (PTY) LTD registration number 2024/562577/07 with effect from 30 (thirty) days from the date of publication of this advertisement. For any enquiries relating to the sale and transfer please contact: KBVS ATTORNEYS PO BOX 565 51 BEARE STREET KURUMAN 8460 stefanie@kbvs.co.za TEL: 053 712 0570 REFERENCE: BES38/0006
BESTMIN TRADING (EDMS) BPK VERKOOP VAN BESIGHEID EN EIENDOM
MP Hayes
Alle persone met vorderinge teen bovermelde boedel, moet dit binne 30 dae (of soos aangedui) vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. In die boedel van wyle: MARTINA
PETRONELLA HAYES, Identiteitsno. 460129 0017 08 7, Datum oorlede 2025/01 /07, Laaste adres WITSAFRAANSINGEL K118, KLEINGELUK, ORANIA, PROVINSIE NOORD-KAAP, Boedelno. 000472/2025,Me esterskantoor KIMBERLEY Naam en (slegs een) adres van Eksekuteur of gemagtigde agent JH MARITZ, SMARAGSTRAAT 135, ORANIA, 8752
Adverteerde Adres: JH MARITZ, POSBUS 95, ORANIA, 8752 Tel No. 053 207 0010
J.P. De Beer In die boedel van wyle JACOBUS PETRUS DE BEER gebore 1984-07-21 identiteitsnommer 8407215004085 van 7 Gemsbok Street, KATHU Boedelnr. 000658/2025
Datum van afsterwe 19 October 2024
Krediteure en debiteure in bogenoemde boedel word hiermee versoek om hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 dae vanaf 25 April 2025. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde agent Sanlam Trust pty ltd 3rd Floor, Sable Corner, Conference Way, Century City, Cape Town Tel: 021 036 4179
I.F. HAASBROEK
Pursuant to the provisions of Section 35(5) of Act 66 of 1965, notice is hereby given that the First and Final Liquidation and Distribution account in the estate of the late: ISABELLA FREDRIKA HAASBROEK (Identity number: 300719 0068 08 2) Estate No 001378/2024, who was a widow, resided at ONS HUIS, KIMBERLEY and who died on 14 APRIL 2024 is lying for inspection at the office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Kimberley for a period of 21 days as from 25 APRIL 2025.
DBSV INCORPORATED
15 Riana street, El Toro Park KIMBERLEY, 8301
TEL: 053 — 832 8028
Email: sjordaan @dbsing.co.za OR niel.voges @threepercent.com
In die boedel van wyle Jacob Lombard (ID: 540519 5108 085) Boedel nr: 001535/2022, getroud binne gemeenskap van goed met Rachel Magaretha Lombard (ID: 540906 0076 088), wie in lewe woonagtig was te Arnotstraat 57, Douglas en oorlede is te Kimberley op 19 Junie 2021. Kennisgewing geskied hiermee dat die Eerste en Finale Likwidasieen Distribusierekening in bogenoemde Boedel ter insae sal lê ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof Kimberley en Douglas Landroshof vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf 25 April 2025. Naam and adres van Eksekuteur of Gemagtigde Agent: Van Zyl & Groenewald Prokureurs Hertzogstraat 14 Hartswater 8570 e-pos: derks@vharts.co.za Tel: 053 474 0111 Verw: ALDRICH/EL0299
Ingevolge Artikel 34(1) van die Insolvensie Wet 24 van 1936, geskied kennis hiermee dat BESTMIN TRADING (EDMS) BPK, registrasie nommer 2011 /136747/07 van voornemens is om hul besigheid bekend as Steers en Fishaways Kuruman te Winkel 3, Smith Sentrum, Hoofstraat, Kuruman in die geheel as ? lopende saak na ? tydperk van (30) dae vanaf datum van die publikasie van hierdie kennisgewing aan KURVIV FOODS (EDMS) BPK registrasie nommer 2024 /562577/07 te verkoop en oor te dra. Vir enige navrae in die verband met die verkoop en oordrag kontak: KBVS PROKUREURS POSBUS 565 BEARESTRAAT 51 KURUMAN 8460 stefanie@kbvs.co.za TEL: 053 712 0570 VERWYSING: BES38/0006
’n Hele paar nuwighede wag op besoekers aan vanjaar se Bloemskou, wat op Vrydag 25 April begin.
Van die nuwighede is gratis WiFi wat op die terrein beskikbaar sal wees. Besoekers kan hul ook met 'n QR-kode oriënteer waarmee hulle na punte op die skouterrein kan beweeg deur die kaart op hul slimfoon te volg.
Op 30 April kan besoekers aan ’n eksklusiewe Midnight Madness-geleentheid deelneem wanneer die pretpark van 22:00 tot middernag sal oop wees.
By die Rooms on View kan besoekers dekor-inspirasie vir die huis kry, en ook meer oor die nuutste tegnologiese uitvindsels vir die huis.
Vanjaar gaan meer as 5 000 stuks beeste, skape, perde en bokke in 23 kampioenskappe deelneem. Bring die kinders om tussen die landbouskoue na die diere te kyk of die pragtige passies van die skouperde te sien.
Van die kunstenaars wat op die skou van 25 April tot 3 Mei gaan optree, sluit in Appel (30 April), Bernice West, Bok van Blerk (29 April), Die Pie-
Dit is vanjaar karnaval by Bloemskou, wat van 25 April tot 3 Mei duur. Die bekendstellingsgeselligheid is Dinsdag by Airborne Café by Emoya gehou. Van links is John Melville (president van Bloemskou), Andy Thaele (Absa-streeksbestuurder) en Elmarie Prinsloo (uitvoerende hoof van Bloemskou). Foto: Lientjie Mentz
sangskille (25 April), Droomsindroom (25 April), Riaan Benadé en Rikus Nel (28 April), asook Ryk Kleinhans (26 April). Op Saterdag 26 April word die Bloem Classic-liggaamsboukompetisie, asook die armdruk-kompetisie, aangebied. Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, het by die bekendstelling van Bloemskou 2025, met “Karnaval” as tema, gesê dit is ’n voorreg om weer hierdie skou
aan te bied.
“Bloemskou is die grootste skou in die land en genereer sowat R60 miljoen vir die plaaslike ekonomie.
“Dit is belangrik om dankie te sê aan almal wat werk om hierdie geleentheid te ondersteun en te laat groei,” het sy gesê.
Besoek bloemskou.co.za vir kaartjiepryse en die volledige program vir vanjaar se Bloemskou.
Young scientists have the opportunity to receive valuable feedback from a team of experts to help refine and improve their research projects at the upcoming Eskom Expo District Expos.
School learners in Gr.4 to Gr.12, and students at Technical and Vocational Education and Training (TVET) NC(V) Level 2 to NC(V) Level 4 are encouraged to register via the Eskom Expo website.
By registering, they will be eligible to present their initial research endeavours at the upcoming district expos, planned across South Africa.
District Expos serve as a compulsory qualifying round to take part in this year’s Eskom Expo Regional Science Fairs.
Receiving feedback at the district expos is crucial for all research projects across the 13 Eskom Expo categories, to be able to prepare for the qualifying rounds.
A team of expert judges,
26 APRIL
Kimberley Markets presents its market at The Big Hole from 11:00 to 16:00. Enjoy live entertainment, and browse through stalls with food, arts and crafts, and homemade goods. Call Marais Tesner on 082-3097885.
Irene-Louise van Wyk en Tamlyn Wessels tree om 19:00 by At The Fire in Landbouweg, Kimberley, op. Skakel 083 350 3504 met navrae of om ’n tafel te bespreek.
3 MAY
A district expo in the Northern Cape during 2024. Photo:
including Eskom Expo coordinators, regional science fair directors, teachers, and mentors will be available to help identify errors in research methodology, experimental design, or data analysis, as well as gaps in knowledge or understanding. Their insights enable learners to strengthen their projects and enhance the overall quality of their research, while enhancing the creativity of young scientists by offering new ideas and perspectives.
Eskom Expo executive director, Parthy Chetty, said: “Through the pre-selection process at district expos, the best projects will be selected to qualify for the regional science fairs.
“Each district will be allocated a fixed number of projects to select for each of the 38 regional science fairs across the country.
“Selected winners from these fairs will qualify to represent the region at the annual Eskom Expo International Science Fair, to be held at Emperors Palace from 6 to 10 October.”
To participate in a district expo, learners should have started or completed research projects or be in the final stages and seeking additional guidance. Visit the Eskom Expo website at exposcience.co.za for more information, and to find the dates and venues of district expos taking place during April and May.
4 MAY
A bingo event takes place at the Helen Bishop Home at 34 Church Road, Utility, in Kimberley. Doors open at 14:30, with the first draw at 15:00. A bingo card costs R100. Lots of prizes can be won. Refreshments will be on sale. Dial 083 783 3706 for more information.
The Mother’s Day Market for charity takes place from 09:00 to 14:00 at the McGregor Museum in Atlas Street, Kimberley. Parking is also available from the entrance in Egerton Road. Entry is free, and pets are welcome to attend. Send a WhatsApp message to 079 981 1240 to book a stall at the event.
24 MAY
The Kimberley Academy of Music presents Songs of Praise at the St Cyprian’s Cathedral in Kimberley, starting at 18:00. Theresa de Wit, mezzo soprano, will perform, with conductor Richard Cock. Several school choirs will take part, with audience participation. Dial 083 746 8385. Tickets are available on quicket.co.za.
30 MEI
Appel tree om 19:00 by At the Fire in Kimberley op. Skakel 083 350 3504 om bywoning te bespreek, of besoek kimberleyevents.co.za vir meer inligting.
The first-time participation of the first rugby team of the Sol Plaatje University (SPU) in Kimberley in the annual FNB Varsity Shield, came with more than one first.
One of the SPU’s players, the 22-year-old Jaiden Faviers, has also officially been crowned the 2025 Suzuki Rookie of the Year.
Faviers was nominated nationally by the coaches and voted for by the public.
This makes him the first-ever SPU player to receive this national honour.
In a statement, the SPU says its debut at the FNB Varsity Shield was made unforgettable - not only by Faviers, but by the entire SPU squad. Faviers is a second-year BA student, originally from Strand in the Western Cape where he attended the Gordon High School in Somerset West.
He says he started playing rugby in Gr.1 since he likes rugby and has a family comprised of athletes, who pushed him to play.
However, it was only after completing high school that he started playing seriously for his local club, the Strand Liga Rugby Football Club (RFC).
In early 2024, he commenced with his studies at the SPU, where he continued with the game.
To be part of the first SPU team to compete in the FNB Varsity Shield, was nerve-racking at first.
Even more so as the matches were broadcast on TV.
“But as the tournament progressed, I became comfortable. My teammates helped a lot during the course of the tournament and made it a very memorable first season,” he says.
3 AND 4 MAY
The Klipspringer Challenge and Klipspringer Lite are presented at the Augrabies National Park, with distances of 33km and 32km, and 22km and 18km to overcome over the two days, respectively. Enter online at events.myactive. co.za, or visit klipspringerchallenge.co.za.
23 AND 24 MAY
The Spitskop Challenge, presented by the Upington Crusaders club, is scheduled, with the MTB night race on Friday evening, and the trail running on Saturday. More information to follow.
31 MAY
This year’s edition of the Sungazer 100 Miler cycle race starts at 07:00 from Tiffany’s in Bloemfontein, where it also ends. Interested parties can enter the 160km, 84km or 44km race, over terrain catering to various levels of challenge and experience. Visit Oryx Endurance Event Management on oryxendurance. co.za for more information.
14 AND 15 JUNE
The Trans Augrabies MTB two-day stage race takes place in the Augrabies Falls National Park and surrounding area, covering 172km of several types of terrain. Visit transaugrabies.co.za for more information.
28 JUNIE
During the season he scored five tries, accumulating 25 points.
“I did not think I was going to be nominated because there were a lot of rookies that played very well during the tournament, especially in our team.
“But I was shocked and happy that I was nominated, and am grateful for everyone who voted for me,” Faviers comments on his Rookie of the Year nomination. His nomination, he thinks, is mostly because of his tries and the significance of it, as well as the ability he has with the ball in his hand.
’n Uitdaagwedren, aangebied deur die Upington Off-road Bike Club, vind by die Goerapan Lodge plaas, ongeveer 107km noord van Upington. Verblyf en kampplek kan bespreek word, en ’n kosstalletjie sal beskikbaar wees. Skakel 071 720 5078 oor die motorfietswedren, en 078 722 6685 om verblyf te bespreek.
11 EN 12 JULIE
Die Kalahari Red Dune-uitdaging waarin atlete hulle vir die 5km, 10km of 20km-wedloop kan inskryf, vind tydens die jaarlikse Askham-boeresport plaas. Besoek Askham Boeresport op Facebook vir meer inligting.
30 AUGUST
The popular MTB challenge, Race2TheKaroo, commences and ends at the Witput Country Lodge, Hopetown. This third edition take cyclers on a 160km journey through the Karoo landscapes of the Northern Cape. Visit Oryx Endurance Event Management on oryxendurance. co.za for more information.
ELKE DONDERDAG IN UPINGTON
Stap of draf elke week om 18:30 vanaf die Kameel-standbeeld voor die polisiekantoor in Upington. Die hele familie is welkom. Skakel 082-909-3143 of 072-215-0049 vir meer inligting.
SPU
a place in the FNB Varsity Shield for
for the first time since the establishment of the university ten years ago.
The FNB Varsity Cup and Shield is an annual tournament with the top university rugby teams in the country.
The first team of the SPU impressed as firsttime participants with their eagerness and spirit, although they only won two of their seven matches.
In all their matches the Gemmies were worthy opponents, giving their rivals a difficult time, with close scores in many of the matches.
• Na�onally and Interna�onally Accredited: Globally recognized qualifica�ons.
• Flexible Learning Formats: Choose from full-�me, distance, or e-learning to fit your lifestyle.
• Specialised Training: Focus on high-demand areas like mining and industrial safety
• Discounted Tariffs: Register by April 30th to benefit from our special rates.
• Various Payment Plans: We offer mul�ple op�ons to make your educa�on affordable.
• Don’t miss out on this opportunity to enhance your career prospects and gain valuable exper�se. Courses available
• COMSOC® Level 1, 2 & 3
• Incident Cause Analysis Method (ICAM®)
• Environmental Management
• ISO 45001:2018 courses
• Legal responsibility courses And many more… Upcoming events:
• SOC/COMSOC®3 Full Time Course: 29th April – 9th May 2025
This weekend, two disciplines will be brought together in a live sporting event in Kimberley. Diamond Fight Night, on Saturday, 26 April, will be an ambitious white-collar event, but with a preshow featuring last-man-standing jiu jitsu bouts. Eight bouts, between current up-and-coming boxers, along with former and amateur boxers, make for a mix that caters for all combat tastes. Divisions range from lightweight to heavyweight. AJ Page takes on former stable mate and professional boxer King Hlungwane. Tumelo “Technician” Motseki is a skilled former professional boxer who will take on a real street fighter in Courtney “Street Beast” Julius, while young heavyweight upstarts Duke Haai against Bret du Preez will face off. The event takes place at the entertainment grounds of the Flamingo Casino. Doors open at 17:00. Tickets at the door, or dial 061 454 5040.
COMSOC® and ICAM® are registered trademarks of Skillfull, which means Skillfull has exclusive rights to offer and provide these courses
• SOC/COMSOC®1 Full Time Course: 19th May - 30th May 2025
• SOC/COMSOC®2 Full Time Course: 9th June – 20th June 2025 Contact our client services department for enquiries / Course Schedule: Tel: 018 786 4300 / 018 786 2812 (08h00 – 16h00) Email-info@skillfull29.co.za / Or visit us at www.skillfull29.co.za Elevate your professional journey with our accredited courses in occupa�onal health and safety Why Choose Our Courses?