Netwerk Nuusbrief Vol 21 Des 2024

Page 1


VOLUME 21

DESEMBER 2024

IN HIERDIE UITGAWE: - Netwerk

Studiefonds - ATKVinskrywings - Voortrekkers

En vele meer...!

INHOUDSOPGAWE

Welkom .....................................................................

Meer oor Netwerk ....................................................

Netwerk Studiefonds ................................................

Geestelike boodskap .................................................

Netwerk Paneelbespreking ........................................

WAP Entrepreneursdag ..............................................

ATKV-Pluimpies .........................................................

ATKV-Idiomestryd .....................................................

Voortrekkernuus ......................................................

FNB Windhoek Woordfees: Lizz Meiring ..................

Akademia: BCom (Rekeningkunde) ...........................

Taalgenoot: Wat beteken die woord? ........................

VIVA Afrikaans: Taalwenk ..........................................

Resep: Sjokolademousse-kaaskoek ...........................

Afrikaanse Wikipedia ................................................

Gedig .........................................................................

Kalender ....................................................................

WELKOM

Welkom by Netwerk se nuusbrief propvol ak�witeite van die Afrikaanse taal en kultuur in Namibië. Ons is baie opgewonde om hierdie met julle te deel as bewys dat ons taal lewe!

ʼn Reusedankie aan Susan Alexander wat help met die taalkundige versorging van ons nuusbriewe.

Deel asseblief hierdie nuusbrief met ander Afrikaanssprekendes om Afrikaans ʼn luider stem te gee in Namibië.

Navrae: admin@netwerk-na.org

MEER OOR NETWERK

AARD EN GRONDSLAG

Netwerk is ‘n ona�anklike, nie-poli�ese, vrywillige, Christelike Afrikaanse organisasie. Die grondslag van die organisasie is die Bybel as die Woord van God en dus rig�nggewend vir die hele lewe.

DOELSTELLINGS

Om verskillende organisasies, instansies en individue, wat hulle beywer vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur, met mekaar te laat “netwerk”. Ons fokus tans op die groei van drie fondse: Studiefonds, Onderwyshulpfonds en Geskiedenisfonds.

NETWERK STUDIEFONDS

GEESTELIKE BOODSKAP

CHRISTUS IS IN JULLE, HY IS JULLE HOOP

"God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid." KOLOSSENSE 1:27

In onseker tye gryp mense na allerlei dinge om hoop te behou of staande te bly. In Christus skenk God alles wat nodig is. Hy is nou in ons. Hy is ook die hoop op die ewige heerlikheid. Die mees uitsonderlike kenmerk van die ware godsdiens teenoor alle ander godsdienste van die wêreld is dit: Christus is in julle! Die Christelike evangelie is die goeie nuus of blye boodskap dat die almag�ge God na die sondaars gekom het om hulle van totale vernie�ging te red.

Alleanderhouaandiemens'nstelreëlsvoor. Hoebeterjydiereëlsnakom,hoegroterisdie gode se beloning. Laasgenoemde gee geen hoop vir jou as mens nie. Dit bou eerder angs en onsekerheid op. Die vraag lê jou lewe lank op jou gewete: Doen ek goed genoeg of genoeg goeie dinge, sodat ek met seën van die gode beloon sal word?

Daarteenoor verkondig die evangelie van Jesus Christus dat God barmhar�g, genadig en vol liefde is. Hy het sy Seun as verlosser na ons toe gestuur. Selfs toe ons nog sondaars was.Hyhetonsuitdiemodderigeslykvandie doodsput kom red (Psalm 40). Hy het ons sondeskuld op Hom geneem.

Maar meer nog! God bewerk die innigste verhouding tussen Hom en die mens wat verlos word. Hy kom deur sy Gees in ons in. Hy kom woon by en in sy kinders. Ons hoor hierdie wonderlike bemoediging: “Moenie by jouself sê: ‘Wie sal na die hemel toe opklim?’

nie,” dit is, om Christus af te bring, “of: ‘Wie sal na die onderaardse diepte toe afdaal?’ nie,” dit is, om Christus uit die dood terug te bring. Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig." ROMEINE 10:6-8 AFR83.

Jesus het in sy afskeidsgesprek vir sy dissipels gesê: “As iemand My lie�et, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom lie�ê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon." JOHANNES 14:23 AFR83.

Daarom skryf Paulus dat die geheimenis wat deur hom aan die nie-Joodse nasies verkondigmoesword,saamgevatkanwordin die stelling: “Christus is in julle”. Dit kan ook omskryf word met: "... en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê." GALASIËRS 2:20 AFR83

Hoe geseënd is ons nie! Teen al die aanslae van die wêreld of die onsekerheid in onstuimige tye is Christus in ons. Hy is ons hoop. Hy hou ons staande en lei ons op die pad van oorwinning.

GEBED

Ons Vader in Christus, ons dank U dat U nie ver weg bly nie. U is in ons. Christus is ons vaste hoop. Amen.

Dr. Callie Opperman (Redakteur – Deo Gloria Kuberbrief)

Emerituspredikant - Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid

NETWERK ONTBYT: PANEELBESPREKING

Netwerk het op 17 Oktober 2024 ‘n Namibiese paneelbespreking gehou by Arebbusch Travel Lodge.

Die sprekers was Gert Maritz (Hoof Uitvoerende Beampte, Lithon Project Consultants), Gys Joubert (Besturerende Direkteur, Gondwana Collec�on Namibia) en Philippus Tromp (Groep Besturende Direkteur, Nictus Holdings Ltd).

Baie posi�ewe terugvoering is ontvang na afloop van hierdie geleentheid. Daar is beslis ‘n behoe�e by Namibiërs om gedagtes uit te ruil oor ons unieke sake-omgewing. Soortgelyke geleenthede sal in 2025 beplan word.

Baie dankie aan ons borg vir hierdie geleentheid, Lithon Project Consultuants.

WAP ENTREPRENEURSDAG 2024

Netwerk vir Afrikaans bied sedert 2023 ‘n spesiale ekstra prys aan Windhoek Afrikaanse Privaatskool se Graad 7 Entrepreneursdag.

Pryse van N$500 per span word aan drie spanne oorhandig, wat hulle stalletjie in suiwer Afrikaans uitgebeeld het, en die boodskap ook so aan die beoordelaars oorgedra het.

Hierdie jaar se wenners is:

Pretville

Die Tropiese Twee

Die Woekerwinkel

Baie geluk aan die Afrikaanse wenspanne en baie dankie aan juf. Corrie Ludwig en Windhoek Afrikaanse Privaatskool dat julle ‘n belangrike konsep op so ‘n pre�ge manier oordra.

ATKV PLUIMPIES

Beste vriende van die Afrikaanse Taal

Dit is weer tyd om julle te herinner aan die 2025 se ATKV Pluimpie-inskrywings.

ATKV wil weereens spog met Namibiese talent. Skryf jul prag�ge werke in!

U word vriendelik daaraan herinner dat alle inskrywings DRIE eksemplare moet wees. Elke inskrywing moet op aparte inskrywingsvorm ingevul word soos deur die beoordelaars versoek, maar u betaal net N$200.00. (Byvoorbeeld: gedigte op een vorm, boeke op een vorm en lirieke op een vorm)

Die slui�ngsdatum is 28 Februarie 2025 en die ATKV Gala-aand se datum sal verskaf word.

Die Oswald Rall Theart Toekenning Prys vir: Digbundel

1. Dit moet ‘n digbundel wees. Dit hoef nie ‘n gepubliseerde digbundel te wees nie.

2. Dit is die hoogste prys wat mens kan ontvang by die ATKV.

3. Dit moet ‘n Namibiër wees

Die Andree-Jeanne Tötemeyer-NKBF Prys vir: Kinderle�erkunde

1. Dit word toegeken vir ’n volledige gebinde, afgeronde manuskrip, in enige genre.

2. Dit is die hoogste prys wat mens kan ontvang by die ATKV.

3. Dit moet ‘n Namibiër wees

Die Herman van Wyk Prys vir: Prosawerk –kortverhaal, novelle of ‘n roman

1. Dit word toegeken vir ‘n volledig gebinde, afgeronde prosamanuskrip of resent prosawerk – kortverhaal, novelle of ‘n roman.

2. Dit is die hoogste prys wat mens kan ontvang by die ATKV.

3. Dit moet ‘n Namibiër wees

Virinskrywingsvormsenenigenavrae,kontak vir Leoni van Rensburg by 081 127 1193 of leonivr123@gmail.com

ATKV IDIOMESTRYD

En so kom ons alweer amper aan die einde van nog ’n jaar. ’n Jaar vol gebeurtenisse en belewenisse. Die ATKV bly bewus van talle uitdagende doelstellings en allerhande doelwi�e wat ons skole elke jaar moet behaal. Om hierdie rede bly dit belangrik vir die ATKV om skole te ondersteun, betrokke te raak en te help om die skooljaar met ’n glimlag kaf te draf. En daarom natuurlik ons jaarlikse : “ATKV Idiomestryd”!

Dus is dit weereens die ATKV-Windhoektak se voorreg om u skool uit te nooi om aan hierdie “pre�ge” dog uitdagende hoë gehalte Afrikaanse projek deel te neem, waarin ons poog om die Afrikaanse taal lewend en sprankelend te hou vir ons nageslag.

Die Idiomestrydprogram word, soos in die verlede, vanaf die Hartklop FM ateljee uitgesaai! Leerlinge van deelnemende skole ding teen mekaar mee in 4 afdelings. Kom wees deel van die skole wat gaan meeding om die gesogte �tel, kom vind uit “Waar Dawid die wortels begrawe het” en wie gaan vir wie “Die loef afsteek”.

Ons daag alle hoërskole, privaat hoërskole, tuisonderrig skole en selfs individue uit om mee te ding in die 2025 ATKV Idiomestryd.

Reëls en Formaat van Idiomestryd:

• 2 Leerlinge per span – Graad 7 – 12

• Kompe�sie vind in Windhoek plaas by HARTKLOP FM (Pe�enkoferstraat, WindhoekWes)

• Skole word in kennis gestel van opponente en datum van optrede

• Enige boeke of die internet, of ander bronne kan en mag gebruik word

• Skole van buite word ’n brandsto�oelaag gegee vanaf die ATKV

• Verskillende bronne word gebruik om Idioomvrae saam te stel

•Wennersindie1sterondtegaandeurnadie kwart finaal, wenners in die kwart finaal gaan deur na die half finaal, ens.

• Alle opnames sal oor ’n naweek by HARTKLOP FM opgeneem word, om reis en verblyf van buite skole te vergemaklik en sodoende afwesigheid by skole te verminder – die finale rondte word egter lewendig uitgesaai.

• Korrekte name van deelnemende leerlinge moet nie later as die week voor die opnames deurgegee word nie, aangesien ser�fikate gedruk word

• Neem ook asb. kennis: geen ouers of toeskouers word toegelaat in die tegnikus se opname-ateljee gedurende opnames nie

• Die finaal is gewoonlik op ‘n Woensdagmiddag om 14:00

• Stuur ook die selfoon nommer van die kontakpersoon/-leier vir die span

Stuur asseblief u skri�elike aansoeke per epos na anaude@fnbnamibia.com.na vir aandag Anita. Slui�ngsdatum is 28 Februarie 2025. Alle eerste rondte opnames sal op Saterdag 15 Maart 2025 geskied.

“Nog ’n bietjie sluimer... nog ’n bietjie slaap”.. ... neeee – “voor die son water trek” en “die perde horings” kry, skryf in! Kontak Anita Naude by 081 251 2516 vir enige navrae.

VOORTREKKERS

Die spreekwoord “uit die mond van die suigeling”, is hier ter sprake. Hiermee ‘n paar Voortrekkerkinders se belewenisse en hoogtepunte:

• Oanab gebiedskamp: Vanaf 18-23 Junie 2024 het Gebied Namibië by Oanob dam naby Rehoboth bymekaargekom om die jaarlikse Gebiedskamp te hou. Die Verkenners (Gr8-12) het Varswaterhengel, Manne- en Vroue van die Bybel asook Spanbou as kentekens/kursusse gedoen. Dit was vet pret. Daar is gróót vis gevang en ons het die waarde van spanwerk geleer, maar die lekkerste was die draakbootresies, verál om die offisiere te wen! Ons het een aand 'n ska�ejag gehou waar die leidrade Afrikaanse idiome was. Ons moes dit eers ontsyfer om na die volgende punt te kon gaan. Na 'n hele paar misverstande en spanne wat in sirkels gehardloop het, het almal tog veilig by die eindpunt aangekom.

Ons sien baie uit na Gebiedskamp 2025!

(Desiree en Deidre Stafford)

• Oanob gebiedskamp: hierdie kamp was een van die beste gebiedskampe ooit! Weereens ‘n wenner met al die verskillende kommando’s wat bymekaargekom het om ons kultuur saam te vier! Ons het baie nuwe kinders ontmoet en baie nuwe vriende gemaak! Ons graad 7’s was baie besig met Voorslag en het allerhande lekker ak�witeite gedoen. Ons het baie min slaap ingekry. Die kos was elke dag baie lekker! Die oggende en aande was vreeslik koud, veral toe ons vlagseremonies gehad het. Ons was eenkeer Rehoboth toe en het baie geleer van waterbewustheid. Wa�er dag was dié lekkerste dag van hele kamp? Natuurlik die vlo�edag! Ons graad 7’s het ‘n kompe�sie gehadomdiebestevlottebou.Almalhetook

deelgeneem aan die draakbootresies. Ons hetookbaienousaammetdienatuurgelewe en het baie interessante feite oor blomme, plante en diere geleer. Op die laaste dag het ons n kampkonsert gehou en ons het die storie oor Esther gedoen. Soos altyd het ons Vories onsself gate uit geniet. Daar is niks lekkerder as ‘n Voortrekkerkamp nie!

(Joeke Jv Vuuren)

• Cheetah Conserva�on Fund-kamp: Dit is beslis ‘n kamp om te onthou en ‘n hoogtepunt in my Voortrekkerloopbaan, veral die waarde en die herinneringe van dié kamp. Tydens die kamp het ons twee kentekens gedoen, Natuurbewaring en Selfverwesenliking.Onshetbaiegeleer,indie besonder oor hoe belangrik dit is om roofdiere, soos jagluiperds, te beskerm teen uitwissing, sowel as alle ander bedreigde spesies en wat dit alles behels. Ons het van naby gesien hoe jagluiperds gevoer word, ‘n “cheetah run” beleef, en gehoor dat hulle soms 'meow' vir geselskap. Die jagluiperds daar kom van regoor Namibië. Ons het`n demonstrasie gehad oor hoe 'scat dogs' gebruik word om ‘n jagluiperd se DNS in die veld te vind, om dan na die gene�ese laboratorium geneem te word vir navorsing. By die CCF het ons deur die volle prosedure gegaan oor die doel van die Anatoliese waghond en hoe, sedert boere die honde begin gebruik het, daar vordering gemaak is in die beskerming van alle roofdiere asook in die beskerming van die boere se vee. Die personeel was altyd hoflik en opgewonde om vir ons die sessies aan te bied. Ek het werklik tuis gevoel en deel gevoel van alles wat hulle vir ons geleer het. Ek sal die CCF graag weer wil besoek; in teendeel: ek wil baie graag vrywilligheidswerk daar gaan doen. Die Voortrekkers kon ook ‘n mooi skenking gee om te help met hul projekte. (Jofrani Botha)

• 2024 se Presidentverkennerkamp was een vir die boeke! (Presidentverkenner: hoogste toekenning vir Jeuglede)

Die kamp het op 'n hoogtepunt afgeskop by dieVoortrekkermonument,waarvandaanons na die heerlike Voortrekkerkampterrein, Hartbees�ontein vertrek het. Die sessies het 'n verskeidenheid onderwerpe gedek wat op hierdie tyds�p van ons lewens relevant is. Sprekers het onder andere onderwerpe soos Digitale en Sosiale E�ket, Finansies, Studie rig�ngs en Leierskap aangeraak. Ons het ook die geleentheid gekry om met ander organisasies soos die Rapportryers en Geopende Deure in aanraking te kom. Die kamp het ook op 'n hoogtepunt afgesluit met 'n uitstappie saam met die Staatmakers, `n groot voorreg om in 'n musiekvideo te wees en boonop 'n heerlike dinee!

Agter vlnr: Jean-Pierre Jacobs, Sienta-Mari van Rooyen, Nicole�e Erasmus, Andrè Strauss, Jandrè Schlechter, Cobus Esterhuizen, Reuben Smith

Voor vlnr: Amy Quin, Anke Rudholp, Danelle Welgemoed, Waneka Venter, Andre Strauss

Jandrè Schlechter en Nicole�e Erasmus was ook deel van die groep.

Die musiekvideo waarvan die Presidentverkenners deel was, is spesiaal vir Die Voortrekkers se 92ste bestaansjaar/ verjaarsdag gemaak. Die Afrikaanse Popgroep, Ouderdoos, het ‘n paar Voortrekkerliedjies saamgevoeg in ‘n moderne medley. Uit ‘n gesprek met hulle, sê hul die volgende: Die uitdaging was om ʼn balans te vind tussen respek vir die oorspronklike erfenis en die skep van iets wat die huidige Voortrekkerjeug met trots sou sing. Luister gerus na hierdie medley:

h�ps://youtu.be/CeQlqg6Y1YQ? si=RplnIKXp3q6diUFd

• 2024 se groot DIENSBAARHEID-projek was om kombersies te maak en vir ons oumensies uit te deel. Ons het in verskillende dorpe by die bejaardes gaan kuier en hulle met kombersies, geskenkies en liefde ‘warm’ gemaak. ‘n Groot DANKIE ook aan ons borge en almal se entoesiasme.

Volg ons ook op Instagram @NAMVORIES2024 en Facebook h�ps:// www.facebook.com/namibie.voortrekkers

FNB WINDHOEK WOORDFEES: LIZZ

MEIRING

Lizz Meiring is 'n welbekende Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TVaanbieder, seremoniemeester, spreker, kunste-ak�vis, krea�ewe konsultant en skrywer. Haar bynaam is Bizzie Lizzie omdat sy soms aan tot ses of meer produksies tegelyk werk.

Die Skandinawiese projek “The Human Library “, is die inspirasie vir Lizz Meiring se jongste en vernuwende eenvrouvertoning VAN DIE RAK AF, en word gesien as ‘n platvorm waar gesprekke met werklike mense help om s�gmas en stereo�pes af te breek. Soos die ou spreekwoord lui “Onbekend is onbemind “, o�ewel - ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie.

toehoorder sy of haar storie. Mense vertel vir jou hul eie besonderse storie eerlik en kaalvuis.

In hierdie produksie het ons sulke individue/ karakters ontmoet. Hulle wissel van werklike, historiese, fik�ewe of mitologiese figure. Lizz is meesterlik om die fyn lyn tussen komedie, tragedieensa�retebalanseer.Elkeenvandie karakters verbeeld en vertel hul unieke verhaal.

Groot dank aan ons borge: FNB Namibia, Republikein, Droombos Windhoek en Netwerk vir Afrikaans.

Die prak�ese toepassing is eenvoudig - in plaas van ‘n boek uitneem, neem jy ‘n mens uit. Die persoon (dikwels ‘n kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as

AKADEMIA: NUWE PROGRAM

Met Akademia se splinternuwe BCom (Rekeningkunde)-program sal jy ʼn stewige balans tussen teorie en praktyk geniet. Dié program word vanaf 2025 aangebied oor ʼn uitgebreide netwerk van sentrums of die gerieflike e-leeropsie. Droom jy daarvan om jou skoene as geoktrooieerde geser�fiseerde rekenmeester of ouditeur vol te staan? Voltooi dié program in ʼn tydperk van drie tot sewe jaar.

BCom (Rekeningkunde)

Die BCom (Rekeningkunde) is ʼn program wat spesifiek bedoel is vir diegene wat ʼn betekenisvolle bydrae tot die moderne besigheidswêreld wil maak deur middel van spesialiskennisindieveldvanrekeningkunde, bestuursrekeningkunde, finansiële bestuur, belas�ng, en ouditkunde. Die program poog om studente toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om ʼn suksesvolle loopbaan aan te pak in besigheid en praktyk, terwyl graduandidiegeleentheidkryomdiegesogte �tel as geser�fiseerde geoktrooieerde rekenmeester te behaal. Akademia se BCom (Rekeningkunde) is belyn met die internasionale beheerliggaam vir geoktrooieerde rekenmeesters, die ACCA (Associa�on for Chartered Cer�fied Accountants). Hierdie liggaam is in 2023 deur IRBA (The Independent Regulator Board for Auditors) geakkrediteer volgens die Ouditberoepwet 26 van 2005 as ʼn professionele rekeningkundige liggaam wat ʼn roete bied na die oudit-spesialisasieprogram vir voornemende geregistreerde ouditeure.

Vir meer inlig�ng oor hierdie of enige ander Akademia-kursusse, kontak vir Chrisna O’Kennedy by chrisna@akademia.ac.za of 081 6250167.

WAT BETEKEN DIE WOORD?

TAALWENK

RESEP: SJOKOLADEMOUSSEKAASKOEK

Mense dink om ‘n kaaskoek te maak is moeilik. Nie die ene nie. Dié ene vra om gemaak te word.

Bestanddele

250 g roomkaas

250 g mascarpone

160 ml strooisuiker

60 ml kakao

250 ml room

5 ml vanielje

1 Lindt sjokolade

30 ml melk

1 pakkie Oreo-koekies

60 ml bo�er, gesmelt

Metode

1. Kap die Oreo-koekies fyn in ‘n voedselverwerker.

2. Smelt die bo�er in die mikrogolf en meng met die koekies.

3. Smeer ‘n losboompan en druk die koekiemengsel vas in die pan. Sit in die yskas dat dit kan set.

4. In ‘n bak klits die room met 100 ml strooisuiker en die vanielje tot sagte punte.

5. In ‘n ander bak klits die roomkaas, mascarpone, gesi�e kakao en orige 60 ml strooisuiker dat dit sag en goed gemeng is.

6. Smelt die Lindt sjokolade met 30 ml melk in die mikrogolf. Roer dit by die kaasmengsel.

7. Vou nou die room by die kaasmengsel in.

8. Krap uit op die Oreo-koekies en laat vir ten minste 4 uur in jou yskas.

9. Haal dit uit jou losboompan en versier met ‘n Flake, bessies of wat ook al in jou huis is.

Resep: Marinda Engelbrecht

Bron: www.marindakook.co.za

AFRIKAANSE WIKIPEDIA

Die Afrikaanse Wikipedia is op 16 November 2001 geskep en was die 11de Wikipedia uit al die wêreldtale om geskep te word. Die eerste ar�kel wat daarop verskyn het was oor die onderwerp "Hindoeïsme".

Oor die jare het die Afrikaanse Wikipedia uitgebrei en tot 'n volwaardige aanlyn ensiklopedie van meer as 182 000 geregistreerde gebruikers gegroei (om nie eers van al die ongeregistreerde lesers te praat wat aan die meer as 2,5 miljoen gemiddelde bladtrekke per maand gesien kan word nie).

Die Afrikaanse Wikipedia se missie is nie net om kennis vas te vang nie, maar ook kennis in Afrikaans vir toekoms�ge generasies vryelik beskikbaar te stel en te bewaar.

Veels geluk Afrikaanse Wikipedia: mag jy net van krag tot krag gaan!

As jy deel wil wees van ons gemeenskap, begin deur ons tuisblad te besoek en te registreer as 'n gebruiker. Rig enige navrae aan afrikaansewikipedia@gmail.com.

Lees verder oor die Afrikaanse Wikipedia deur die jare deur die onderstaande skakel te besoek.

h�ps://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaanse_ Wikipedia

GEDIGTE: R.I.V. BREYTEN BREYTENBACH (1939

- 2024)

ROOIBORSDUIF

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie. Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek weet al die jagters sal dink dis die son.

Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder en waar hy vlieg daar ski�er oseane en bome word groen en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel

Want my liefde reis met jou mee, my liefde moet soos ‘n engel by jou bly, soos vlerke, wit soos ‘n engel.

Jy moet van my liefde bly weet soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie.

SEISOEN IN DIE PARADYS

Mag daar altyd ‘n lig brand in julle huis

Mag die paddas julle onthou

Mag die appels aljaar soeter word

En die druiweprieel groener.

Mag julle vriende wyn saambring vir die kuier.

Mag die huis wat julle betrek, deurtrek bly

Van die geur van sederhout en malvablare

Mag die walle van julle slote nie te gou inkalwe

En instort nie

Sodat die water nog helderder daarin kan vloei

Mag die sterre en die berg en die s�lte

Oor julle en julle gesin bly waak

Nou en môre en môre se aand

En elke van daardie dae se nag.

KALENDER: NETWERK GHOLFDAG

KALENDER: FNB WINDHOEK WOORDFEES

THE INCREDIBLE JOURNEY OF TINKERBELL VAN TONDER met AMANDA STRYDOM

Die kind se naam was Isabella Dolorosa van Tonder, maar haar Granny het haar Tinkerbell genoem. Amanda Strydom as Nella Petersen vertel ’n storie van hoop, wonderlike avonture, selfontdekking, en oplaas tuiskoms na jou komvandaan, verweef met musiek wat verwerk is en begelei word deur haar vaste pianis, Coenraad Rall. “Life is a journey, wie is jy nou om die transport te ques�on?”

Vrydag, 14 Maart 2025 in Windhoek en Saterdag, 15 Maart 2025 in Swakopmund.

Hou FNB Windhoek Woordfees se sosiale media dop vir meer besonderhede.

KALENDER

7 Februarie 2025: Netwerk Gholfdag, Windhoek

21 Februarie 2025: Moedertaaldag

27 Februarie 2025: Melktertdag

14 & 15 Maart 2025: Amanda Strydom en Coenraad Rall - The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder, Windhoek en Swakopmund

5 April 2025: FNB Windhoek Woordfees - Spoegwolf

8 Mei 2025: Afrikaans 100-jarige verjaardag

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.