Netwerk Nuusbrief Vol. 19 - Mei 2024

Page 1

NUUSBRIEF

IN HIERDIE UITGAWE:

- Ontbyt met: Dawie Roodt - ATKV-nuus - Voortrekkers En vele

VOLUME
19 MEI 2024
meer...!

INHOUDSOPGAWE

Welkom .....................................................................

Meer oor Netwerk ....................................................

Raak ‘n Vriend van Netwerk ......................................

Geestelike boodskap .................................................

Netwerk gesels met Dawie Roodt .............................

Pres�ge Kultuurtoekenning: Ronelle Rademeyer .....

Netwerk Gholfdag .....................................................

ATKV-Pluimpies .........................................................

ATKV-Idiomestryd .....................................................

ATKV-Skoletoneel .....................................................

Voortrekkernuus ......................................................

Windhoek Woordfees: Stef Bos.................................

Hallo, Ma ...................................................................

Taalwenk ...................................................................

Resep ........................................................................

Afrikaanse Wikipedia ................................................

Gedig .........................................................................

Afrikaans 100 .............................................................

......................................................................

....................................................................

Kalender
3 3 4 5 6 8 9 10 12 13 14 16 17 18 19 20 21 22 24 25
Jukskei

WELKOM

Welkom by Netwerk se nuusbrief propvol ak�witeite van die Afrikaanse taal en kultuur in Namibië. Ons is baie opgewonde om hierdie met julle te deel as bewys dat ons taal lewe!

ʼnReusedankieaanSusanAlexanderwathelpmetdie taalkundige versorging van ons nuusbriewe.

Deel asseblief hierdie nuusbrief met ander Afrikaanssprekendes om Afrikaans ʼn luider stem te gee in Namibië.

Navrae: admin@netwerk-na.org

MEER OOR NETWERK

AARD EN GRONDSLAG

Netwerk is ‘n ona�anklike, nie-poli�ese, vrywillige, Christelike Afrikaanse organisasie. Die grondslag van die organisasie is die Bybel as die Woord van God en dus rig�nggewend vir die hele lewe.

DOELSTELLINGS

Om verskillende organisasies, instansies en individue, wat hulle beywer vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur, met mekaar te laat “netwerk”. Ons fokus tans op die groei van drie fondse: Studiebeurse, Onderwyshulpfonds en Geskiedenisfonds.

3

VRIENDE VAN NETWERK

4

GEESTELIKE BOODSKAP

GEE ONS TOG GOEIE LEIERS!

"Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees."

MATTEUS 20:26-27

Ons gemeenskap het ʼn gebrek aan goeie leiers. So hoor ons dit dikwels in die media en uit die mond van kommentators. Ons ervaar ook self dat daar op talle belangrike terreine oor die wêreld heen swak leierskap is. Dit dreig na ʼn krisis in talle sfere.

Ons Here Jesus se wyse woorde gee aan ons ʼn maatstaf vir leierskap, vir groot wees as leier. Dit is ʼn waarheid wat die eeue oorspan. Meet jouself as leier daaraan en volg sulke leiers na.

ʼn Moeder wat graag haar seuns as grotes in die koninkryk van die hemel wou sien, het hulle genomineer om aan koning Jesus se linker- en regterkant te sit (MATTEUS 20:21). Groot! Mag�g! Belangrik! Dit sou haar ego streel en trots maak.

Deur ʼn kort vergelyking wys Jesus haar nominasie af, maar dui tegelykertyd vir sy dissipels en almal daarna wat Hom volg, die pad aan. Hy vergelyk die leiers van die nasies met die grotes in die koninkryk van die hemel.

Dalk moet ons eers verduidelik waar is die koninkryk van die hemel. Dit is nie ʼn heerskappy vir die hiernamaals nie. Inteendeel, Jesus het die koninkryk op aarde laat deurbreek. Johannes die Doper het aangekondig: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom!” (MATTEUS 3:2). So ook Jesus (MATTEUS

4:17). Bekering op elke lewensterrein waar Jesus as koning gerespekteer word. Ook waar leidinggegeeword.Eerstensindiekerk,maar ook in die gemeenskap en op staatkundige terrein.

Jesus skets in eenvoudige taal die verskille: “Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik.” (MATTEUS 20:25). By die nasies, dit wil sê waardiekoningskapvanJesusnieerkenword nie. Daar staan die mens en sy begeertes voorop. Twee onaanvaarbare maniere van regeer word afgewys: baasspeel en magsmisbruik. Is dit nie �pies in die leierskap krisis van ons tyd nie? Die katastrofiese gevolge daarvan is oral sigbaar.

Ons Koning wys ʼn radikaal ander pad aan: “Elkeen wat in julle kring groot wil word, moetjulledienaarwees;enelkeenwatonder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees.” (MATTEUS 20:26-27). So het Hy self gedoen. Die grootste as Messias, maar tog dienaar. Gehoorsaam aan sy opdrag, nederig, opofferend. Selfs sy lewe is as losprys gegee, sodat die mense wie se koning Hy is, vrygespreek kon word.

Wat ʼn ontsaglike groot verskil! Nie baasspeel nie, maar diens. Nie magsmisbruik nie, maar nederig en dienend soos ʼn slaaf. Wie kan so ʼn groot leier wees? Diegene wie deur Jesus verlos is van hulle ou sondige natuur. Wie in Homglo,seleierskapstylvertoondievrugvan bekering. Vry van selfgerigtheid. Die groot leier styg uit in dienslewering. Eerstens teenoor jou Koning, maar ook tot voordeel van die mense wie se leier jy is. Dr. Callie Opperman (Redakteur – Deo Gloria Kuberbrief) EmerituspredikantGereformeerdeKerkWindhoek-Suid

5

NETWERK ONTBYT MET DAWIE ROODT

Dawie Roodt was die spreker vir Netwerk ontbyte in Swakopmund op Maandag 8 April en in Windhoek op Woensdag 10 April. Beide persele, Atlan�c Villa Bou�que Hotel en Droombos, het uit hul nate gebars!

Sytoespraakhetgehandeloorhoeomjouself ekonomies in ʼn onseker wêreld te posisioneer. Hy het genoem dat enige ekonomie histories werk as gevolg van die beskerming van private eiendom, die aanmoediging van vrye handel tussen individue en ʼn gesonde geldeenheid. Die teenoorgestelde hiervan lei tot armoede.

daar hoop en ʼn lig aan die einde van die lang, donker tonnel. “Ons sal hierdeurkom”,het hy gesê.

Baie dankie aan ons borge vir hierdie geleentheid: Corporate Guarantee, BDO Namibia, Atlan�c Villa Bou�que Guesthouse, Droombos, Nexus en Walvis Bay Salt.

Foto’s: Steven de Beer Photography (Windhoek)

Wat onlangs verander het, is dat ekonomiese bedrywighede nou op die digitale “cloud” plaasvind om toe te laat dat jy van enige ligging af kan werk. Hy noem landbou, die mediese sektor, onderwys en finansies as voorbeelde waar veral die private sektor meer diensgerig is deur tegnologie.

Dawie het heelwat gedeel oor internasionale gebeure en hoe dit ons ekonomie beïnvloed. Hy het ook verskillende scenario’s geskets, byvoorbeeld as Donald Trump weer verkies word as Amerikaanse president, behoort hy druk op die Oekraïense president te plaas om grond aan Rusland af te staan om sodoende die oorlog vinnig te beëindig.

Ten spyte van al die nega�ewe impakte, is

6
7

PRESTIGE KULTUURTOEKENNING:

RONELLE RADEMEYER

Netwerk gee graag erkenning aan diegene in die gemeenskap wat ʼn verskil maak vir Afrikaans en sy mense in Namibië, en het op 10 April 2024 ʼn Pres�ge Kultuurtoekenning aan Ronelle Rademeyer oorhandig.

Woorde, en hoe dit ons leefwêreld, gedagtewêreld en ook die abstrakte verstaanbaar maak, was van altyd af haar passie. Voeg daarby 'n nuuskierige gees en belangstelling in aktuele gebeure, en joernalis�ek was 'n onafwendbare loopbaankeuse.

Ronelle Rademeyer het 33 jaar gelede by Beeld se kantoor in Pretoria begin werk en sluit haar 'n paar jare later by SARIE-tydskrif se redaksie in Sandton aan. In 1998 verhuis die gesin na Windhoek en nadat sy eers vir 'n paar maande net ma en huisvrou was, val sy by Republikein in waar sy later nuusredakteur word. Sy tree weens gesondheidsredes verlede jaar af.

In 1999 nader Media24 haar om saam met Republikein betrokke te raak by die heel eerste Windhoek Kunstefees. Dit was in die beginjare van die feeskultuur en die KKNK was toe nog in haar kinderskoene. 'n Jaar later tree verskeie groot name op by dié fees wat in die ou SKW-saal aangebied is. Die fees loop egter dood toe Media24 later on�rek.

In 2013 besluit sy en dr. Chrisna Beuke-Muir Windhoekers moet weer fees hou. Met Republikein as mediaborg en Chrisna se ontstuitbare energie, is Windhoek Woordfees vanjaar 12 jaar oud en die produksies lok vol sale. Ronelle is steeds betrokke om te verseker dat die aanvanklike idee van die Windhoek Woordfees gehandhaaf word met kwaliteit produksies en kunstenaars wat Namibiërs vermaak.

Sy is ʼn plaasnooi van die Otjiwarongo-

omgewing en het haar laerskoolloopbaan in Otjiwarongo voltooi. Hierdie oudste van vyf dogters, is in standard 8 (graad 10) na Hugenote Hoërskool in Wellington waar sy gematrikuleer het. Sy gradueer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Ronelle is getroud met Lourens en hulle het twee seuns, Wilhelm (28) en André (25).

Ronelle, jy het al groot spore getrap vir Afrikaans in Namibië en Netwerk erken graag jou bydrae vir ons geliefde taal.

Philippus Tromp, Netwerk bestuurslid, Ronelle Rademeyer en Elizma Theron, Netwerk se uitvoerende beampte.

8

NETWERK GHOLFDAG

Netwerk het op 15 Maart ons tweede gholfdag aangebied, ter ondersteuning van ons projekte: Studiebeurse, Onderwyshulpfonds en Geskiedenisfonds.

Baie dankie aan almal wat deel was van die sukses van hierdie heerlike dag!

Baie geluk aan die wenspan van PG Glass!

Gondwana se span was in die tweede plek.

Die derde plek is geneem deur Standard Bank.

Jean-Mark Mouton het die prys ontvang vir “Naaste aan die pen” van Brand van Zyl, ondervoorsi�er van Netwerk.

Ons grootste waardering vir die volgende borge:

Gondwana, Agama Lodge, Flamingo Villas, Trentyre, The Stellenbosch Market, Nictus, Walvis Bay Salt, Arebbusch, Windhoek Country Club & Resort, Corporate Guarantee, Dustry Trails Safaris, Interpack, Seun Kesslau Insurance Brokers, Xco Group Namibia, PG Glass, PWC, WCE Consul�ng Engineers en natuurlik Auc�on Dynamix se Dederick Jankowitz wat gesorg het vir ‘n suksesvolle veiling.

9

ATKV PLUIMPIES

Die ATKV-Pluimpies word op 9 Augustus in Windhoek toegeken. Hierdie is altyd ‘n spoggeleentheid en ‘n hoogtepunt op die Namibiese kultuurkalender.

Normaalweg word die volgende kriteria vir beoordeling gebruik:

� Keurige taalkundige versorging en aanbieding.

� Oorspronklike en krea�ewe taalgebruik.

� Samehang en, waar van toepassing, tema�ese strukturering (bv. by korter tekste).

� Genre-spesifieke kriteria soos normaalweg van toepassing.

Toekennings:

Veertjies kan slegs vir publikasies en volledige manuskripte toegeken word. Manuskripte moet publikasiemoontlikhede vertoon en in ’n gebinde formaat aangebied word.

Pluimpies kan vir gepubliseerde werk, manuskripte of ’n groep (samehangende) tekste toegeken word.

Donsies kan vir gepubliseerde tekste of manuskripte toegeken word. Normaalweg sal werk wat ’n kleiner omvang het, of uit enkele losstaande tekste bestaan, hoogstens ’n Donsie-toekenning ontvang.

Kategorieë:

Normaalweg sal inskrywings binne die volgende afdelings hanteer word.

• Prosa (skrywers)

• Poësie (digters)

• Kinderle�erkunde (alle genres)

• Ander mediatekste

• Kombinasietekste

Spesiale poësieprys:

Die Oswald Rall Theart-prys vir poësie word toegeken aan die skrywer van ’n gepubliseerde bundel met kwaliteitgedigte. Hierdie prys is daarop gemik om digkuns in Namibië te bevorder en om só ook die nagedagtenis van die digter Oswald Rall Theart te eer. Die toekenning is in 2021 (vir 5 jaar) ingestel deur sy familie en bestaan uit ’n kontantprys van N$5000, asook ’n wisseltrofee en ’n klein replika vir die ontvanger.

Hierdie prys is verlede jaar oorhandig aan Henrië�e van Wyk vir haar bundel, ‘n Bruin BlaarTuimel.

10

Opwindende nuus vir skrywers is dat daar vanjaar, behalwe vir die Oswald Rall Theartprys vir poësie, twee nuwe pryse ingestel is:

Die Andree-Jeanne Tötemeyer NKBF-prys vir kinderle�erkunde en die Herman van Wykprys vir prosa.

Vir verdere inlig�ng, kontak gerus een van die volgende ATKV-takbestuurslede:

Ansa Ellis: 081 122 5552

Leoni van Rensburg: 081 127 1193

Chantelle van den Berg: 081 875 5241

ATKV-tak Windhoek se e-posadres: atkv.whk@iway.na

11

ATKV-IDIOMESTRYD

Die ATKV-Windhoektak se jaarlikse Idiomestryd is reeds in volle swang.

Die program word regstreeks vanaf die Hartklop FM-ateljee uitgesaai. Luister elke Woensdag om 15:30 en hoor wie kraai koning!

12

ATKV-SKOLETONEEL

� Datum: 11 tot 16 Augustus 2024. Skole sal ingelig word presies wa�er gleuf aan hulle toegeken sal word, asook die tye vir repe�sie.

� Plek: Windhoek (die presiese fasiliteit sal met alle deelnemers beves�g word)

� Tegnies: Die verhoog se afme�ngs sal teen 30 Junie 2024 bekendgemaak word.

� Die kompe�sie is oop vir hoër- en laerskole.

� Kostes is N$500 per skool en dan N$500 vir elke ekstra stuk wat per skool ingeskryf word.

� Van die beste beoordelaars word vir die kompe�sie gereël.

� Ons wil skole nooi om deel te neem en te leer in die proses en sodoende Namibië se skoletoneel te ontwikkel tot op die hoogste standaard.

� Die riglyne en standaard vir die kompe�sie sal ook aan elke skool wat inskryf, gestuur word.

� Die beoordelaars sal ook bekendgestel word aan elke skool wat inskryf.

� Ons kan ook help met stukke om op te voer, indien die skool behoe�e het aan ’n gepaste stuk.

� ’n Maksimum van vier produksies word per skool toegelaat.

� Deelname aan die kompe�sie help ook om te kwalifiseer vir die Namibiese film- en toneeltoekennings.

Die kompe�sie is baie belangrik, maar deelname dra groot gewig om die leerders bloot te stel aan die wonderlike ervaring om op ’n verhoog te kan staan. Kultuur is deurweef in ons daaglikse omgang met ander mense. Ons kinders het ’n gebalanseerde ervaring nodig tydens elkeen se skoolloopbaan.

Kontak gerus vir Marco van den Berg, ATKVstreeksbestuurder (Organiseerder: ATKVskoletoneel Namibië) vir enige verdere navrae of inlig�ng:

+27(74) 555 6902 of marcov@atkv.org.za

Die wenners van 2023: Windhoek Afrikaanse Privaatskool met Gestres

13

VOORTREKKERS

JAARTEMA

“Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker”

In 1959 tree Dr. CF Visser na negen�en (19) jaar uit as Hoofleier. Tydens sy ui�rede besluit die kongres eenparig om hom die erenaam, Vader van die Voortrekkers, te gee en dat niemand na hom ooit die erenaam kan dra nie.

Vader Visser het die slagspreuk: “Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker,” aan die beweging gegee.

Voortrekkergetalle het verminder en daar is verskeie redes wat gegee word, bv. Covid-19 en finansies.

Die Hoofdagbestuur is van mening dat indien jy eenmaal ‘n Voortrekker is, sal jy altyd in harteenbly.Daarisnouweerdiegeleentheid om almal wat afgedwaal of verdwyn het op te soek en nader te trek. Deur gebruik te maak van die betrokke inisia�ef keer ons terug na ons kernbesigheid van Voortrekkers vir almal.

Die hoofdagbestuur wil die termyn gebruik om Voortrekker vriendskapsbande met liefde, geduld en deernis vir mekaar te herbeves�g.

WIE EN WAT IS DIE VOORTREKKERS?

Ons is ‘n moderne en dinamiese jeugorganisasie wat daarna streef om jong Afrikaanse leiers te ontwikkel as dinamiese landsburgers. Hierdie leierskapsontwikkeling vind plaas deur Kultuur, Avontuur en Natuur (KAN), en die uitkomste is selfdoenVaardighede, waardegedrewe-Antwoorde en prak�ese-Toepassing hiervan (VAT).

Deur pret, kamp, spanbyeenkomste en hegte vriendskapsbande, KAN elke kind by Die Voortrekkers die toekoms in albei hande VAT met selfvertroue. Elke kind kan ontdek dat hy/sy KAN.

DieVoortrekkers is alreeds vir92jaarak�ef in Namibië en die mikpunt is om elke jaar nog meer jongmense te ontwikkel as diensbare leiers vir ons prag�ge land. Daar is takke in Tsumeb, Otjiwarongo, Outjo, Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai. Daar word uitbreiding beplan vir Okahandja en Gobabis!

14

Ons diensbaarheidsprojekte sluit in: betrokkenheid by die Kankervereniging van Namibië sowel as ondersteuning aan onder andere ouetehuise, natuurbewaring, die DBV en Edu-Vision.

In ‘n neutedop, bied Die Voortrekkers, geakkrediteerde opleiding, avontuur in die natuur, leierskapsontwikkeling, erkenning en toekennings, spanleierskap en spanwerk, toepassing van Christelike waardes, landswye netwerk van vriende, moderne Afrikaanse kultuurervarings, vaardigheidsontwikkeling en is ook betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte.

Volgens Mia van Wyk, tans ‘n student in Suid Afrika:“Ekhetingraad10bydieVoortrekkers Namibië aangesluit en dit was een van die beste keuses wat ek kon maak! Ek het so lief geraak vir die Voortrekkers, want die mense wat jy ontmoet, die ak�witeite en kampe wat jybywoonisreg�gnetonvergeetlik.Ekistans ‘n Staatmaker in Stellenbosch, waar ek studeer, en ek dien ook op die Stellenbosch Staatmakers bestuur. Ons sokkie, reël ons eie kampe in ongelooflike mooi plekke, ontmoet ander Staatmakers regoor die Wes-Kaap en deel so baie lekker oomblikke saam!

Dis waarlik "Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker!".

OFFISIEREKAMP

In Februarie het die Namibiese offisiere hulle jaarlikse offisierekamp gehad.

Daarisgelag,geleer,gekampennuwevriendskappe gesmee.

Dankie vir julle tyd, liefde en toewyding om saam met ons jongelinge "Koers te hou."

15

WINDHOEK WOORDFEES: STEF BOS

Namibië is bederf met ‘n besoek deur die bekende Vlaamse sanger, Stef Bos, op 1

Maart by NG Kerk Eros in Windhoek en op 2 Maart by die Namib Primary Aula in Swakopmund.

Hyhetdiegrootgehorelaatskatervandielag met sy skreeusnaakse staaltjies, maar ook na ‘nsneesdoekielaatgrypmetsyliriekewatdie hartsnare roer.

Dankie Stef – tot ons weer sien!

Baie dankie aan die borge vir hierdie Windhoek Woordfees-produksie:

First Rand Founda�on Namibia, Republikein, Auas Motors, The Windhoek Luxury Suites, Atlan�c Villa Bou�que Hotel, Netwerk, ATKB Duine-Oord, ARU Game Lodges, Perfect Glass, Herman Louw Water Drilling en Signarama.

16

WINDHOEK WOORDFEES: HALLO, MA

Dr. Chrisna Beuke-Muir het op 4 April haar boek, Hallo,Ma, by ʼn in�eme geleentheid by The Village Garden in Windhoek bekendgestel.

Hallo, Ma is ‘n verwerking van ‘n reeks rubrieke deur Chrisna Beuke-Muir wat die afgelope elf jaar in die Republikein se Ons Taal-rubriek verskyn het.

In die 84 briewe gesels sy met haar oorlede ma oor haar ervarings as le�erkundedosent, dikwels in kombinasie met die Nederlandse literatuur, haar ervarings op die verhoog, en hoe Afrikaans ingewortel bly in Namibië, ‘n land waar Engels die enigste amptelike taal is.

In die afslui�ng van die briewe word die leser gekonfronteer met die skrywer se onsekerheid oor die Ander Dimensie waar haarmahaarnou bevind,waardaarniemeer soos deur ʼn spieël in ʼn raaisel nie, maar van aangesig tot aangesig gesien word.

Van die briewe laat jou skaterlag – soos die een oor haar Strandveld-pa se sêgoed: “Siestog, daai ou het aankapknieë soos ʼn kombuiskuiken”. Ander is diep roerend oor die soms stormag�ge verhouding met haar ma.

Hallo, Ma is beskikbaar by Windhoek Book Den.

17

WAT BEKETEKEN DIE WOORD?

TAALWENK

18

RESEP: LEKKER LOS FRIKKADELLE

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

BESTANDDELE:

1 kg maer maalvleis

1 ui fyngekap

1 wortel fyngekap

10 ml fyn komyn

5 ml sout

250 ml hawermout

2 eiers liggies geklits

30 ml Worcestersous

125 ml blatjang

20 ml sojasous

Genoeg olie om die vleisballetjies te vlakbraai

METODE:

• Kap die ui en wortel fyn in die voedselverwerker.

• Meng al die bestanddele. Ek voel my hande werk die beste.

• Maak balletjies so groot soos jy wil. Ek het my 30 ml maatkoppie gebruik om dit min of meer ewe groot te kry. Ek wou kleiner balletjies he.

• Braai in vlak olie tot dit mooi bruin is. Draai dit om in die pan.

• Dreineer op kombuispapier en geniet.

Resep: Marinda Engelbrecht Bron: www.marindakook.co.za

19

AFRIKAANSE WIKIPEDIA

In April vanjaar het die Afrikaanse Wikipediaspan, Deon Steyn en Maroné van Veijeren, Windhoek weer besoek om Namibiërs bekend te stel aan die Afrikaanse weergawe van hierdie aanlyn ensiklopedie en om vrywilligers op te lei om ar�kels te kan skep op dié pla�orm.

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die vrye aanlyn ensiklopedie Wikipedia wat wêreldwyd deur vrywilligers in hul moedertale geskep word. Daar is tans Wikipedias in 326 tale.

Die Afrikaanse Wikipedia groei sterk en is tans die grootste Wikipedia op die Afrikakon�nent met meer as 115,000 ar�kels wat dit in die 69ste plek op die wêreldranglys plaas. Boonop is daar maandeliks tussen 10 en 12 miljoen bladtrekke op al die Wikipedias tesame, met Afrikaans 700,000 tot 1 miljoen bladtrekke per maand. Dit is voorwaar geen

geringe prestasie nie! Hierdie groei is ‘n funksie van die wêreldwye tendens met die demokra�sering en digitalisering van inlig�ng en selfgerigte leer deur middel van digitale pla�orms en tegnologie.

Hierdie sta�s�ek is merkwaardig juis omdat die Afrikaanse Wikipedia deur vrywilligers bedryf en bestuur word. Dié Wikipedia is ook ‘n belangrike hulpbron in die bevordering van Afrikaans as ‘n wetenskapstaal. Dit is waarom die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verlede jaar onderneem het om ‘n fisiese tuiste vir die Afrikaanse Wikipedia te bied.

Kontak Netwerk by admin@netwerk-na.org indien jy belangstel om ʼn bydrae te lewer op die Afrikaanse Wikipedia.

20

GEDIG

DROOGTE - Marcha Vorster

Droogte

stof sloer laks

oor verskrompelheid

omvat net straks

smag�nge na groenigheid

lug kobaltblou

voorts steier hierdie stryd

vel en been hou

asem op, prewel amen gewyd

stof sleur snakkend na Genade so hemelwyd

VirmeerNamibiesegedigte,volg“DieNamibSkryf”opFacebook.

20

AFRIKAANS 100

Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans sy honderdjarige bestaan as amptelike taal. ’n Wye en verteenwoordigende groep Afrikaanse organisasies, onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum enmonument (ATM), stuur ’n veldtog van stapel om dit te vier. En saam met Netwerk, kan jy Afrikaans se verjaardag vier in Namibië!

Meer oor Afrikaans 100

Dit is ʼn gekoördineerde poging van medewerkers en ondersteuners om ʼn inklusiewe feesjaar te vier wat Afrikaans in al haar variëteite, geure en kleure bymekaarbring en die belangrikheid van elke Afrikaanssprekende se rol in die voortbestaan van Afrikaans uitlig.

Die inisia�ef het die volgende doelstellings om hierdie mylpaal te gedenk:

• Ons vier die bestaan van Afrikaans as spreektaal as ʼn mylpaal binne haar baie langer bestaan, as ʼn groep mense wat lief is vir die taal.

• Ons ondersteun Afrikaans as ʼn inklusiewe taal met ʼn diverse herkoms wat deur mense van alle rasse, etniese en kultuurgroepe gepraat en gebruik word.

• Ons verbind onsself tot die groei van Afrikaans en gee trots erkenning aan die bydrae wat dit tot die Namibiese gemeenskap maak sonder om in poli�ek betrokke te raak.

• Ons vier die bydraes wat Afrikaans op talle gebiede maak, soos die kunste, literatuur, onderwys, musiek en akademiese navorsing (om maar ʼn paar te noem).

Kom vier, ondersteun, erken en bou saam met ons, want lank sal sy lewe!

Raak betrokke

1,000 Afrikaanse organisasies, onderwysinstansies, gemeenskapsgroepe, besighede en individue wat Afrikaans se honderdjarige bestaan as amptelike taal vier, kan net feestelik wees! Raak betrokke deur die manifes te teken en vier hierdie Afrikaanse mylpaal op jou, jou gemeenskap of jou organisasie se unieke manier.

Teken die manifes

Volg Netwerk Namibië en Afrikaans 100 op sosiale media om te sien waarmee ons dié jaar besig is.

22
23

JUKSKEI

24

KALENDER: REÜNIE – met Frank Opperman

Stel jou ‘n skoolreünie voor waar elkeen ‘n spreekbeurt voor die mikrofoon kry en in ‘n hanswors verander!

Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 44 jaar later vir die 1980-matriekgroep. Ja, dit is tyd vir hul 40 jaar-reünie, maar weens die Covid-pandemie kan hulle dit eers 4 jaar later hou.

Die reünie word beleef deur die oë van Petrus Boshoff, wat as verteller optree. Deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ‘n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Party humoris�es, ander meer erns�g en besinnend. 44 jaar gelede het almal saam ‘n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer gesamentlik konfronteer. Hoe leef hulle voortaan die skoolleuse “Voortwaarts” uit?

“Maar basies gaan dit oor ‘n klomp mense vir wie jy darem een keer in jou lewe iets moet sê wat jou gepla het. Wat gaan jy sê as jy die geleentheid kry, as jy met jou matriekmaats kan praat? “ vertel Frank.

Dis verfrissend maar ook hartseer om na 44 jaar uiteindelik jou spreekbeurt te kry – en dit op ‘n skoolreünie.

Met ‘n koelboks, die hulp van ‘n skoolbaadjie, ‘n paar trefwoorde en ‘n ander stemtoon gee Frank gestalte aan 15 verskillende karakters op die verhoog.

Sommige sprekers is komies, ander erns�g, en die aand verloop nie sonder onthullings nie en hulle word met die spoke van die verlede gekonfronteer.

Natuurlik sal daar lekker gelag word maar daar is oomblikke dat hulle doods�l is. En so ‘n s�lte het dikwels groot tre�rag en spreek boekdele. Hopelik sal alles wat Frank op die verhoog sê werklik ingeneem en later herkou word.

Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog, onder meer met Die uwe, Po�e Potgieter, Rooikaart, Hond, Klaagliedere van domineeTienieBenade en Donkie. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n �kkie nostalgie.

Sit agteroor en ontspan – jy is in goeie hande –Frank Opperman hande!

25

KALENDER

8 Mei 2024: Afrikaans 100 Afskop

14 Junie 2024: Jukskei Gholfdag

21 Julie 2024: Windhoek Woordfees: Koorkonsert

9 Augustus 2024: ATKV Pluimpies

9 Augustus 2024: Windhoek Woordfees: Frank Opperman - Reünie (Swakopmund)

10 Augustus 2024: Windhoek Woordfees: Frank Opperman - Reünie (Windhoek)

11-16 Augustus 2024: ATKV Skoletoneel

26

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Netwerk Nuusbrief Vol. 19 - Mei 2024 by NetwerkNamibie - Issuu