Netwerk Nuusbrief Sept 2024

Page 1


VOLUME 20

SEPTEMBER 2024

NUUSBRIEF

IN HIERDIE UITGAWE: - Ontbyt met:

Prof. Abel Esterhuyse - ATKV-nuus - FNB Windhoek Woordfees

En vele meer...!

INHOUDSOPGAWE

Welkom .....................................................................

Meer oor Netwerk ....................................................

Raak ‘n Vriend van Netwerk ......................................

Geestelike boodskap .................................................

Netwerk gesels met Prof. Abel Esterhuyse................

Pres�ge Kultuurtoekenning: Dr. Chrisna Beuke-Muir

ATKV-Pluimpies .........................................................

ATKV-Idiomestryd .....................................................

ATKV-Skoletoneel .....................................................

Voortrekkernuus ......................................................

Windhoek Woordfees: Koorfees................................

Windhoek Woordfees: Frank Opperman - Reünie.....

Windhoek Woordfees: Elzabé Zietsman ....................

Taalwenk ...................................................................

Resep: Gemmerbier ..................................................

Afrikaanse Wikipedia ................................................

Gedig .........................................................................

Kalender ....................................................................

WELKOM

Welkom by Netwerk se nuusbrief propvol ak�witeite van die Afrikaanse taal en kultuur in Namibië. Ons is baie opgewonde om hierdie met julle te deel as bewys dat ons taal lewe!

Deel asseblief hierdie nuusbrief met ander Afrikaanssprekendes om Afrikaans ʼn luider stem te gee in Namibië.

Navrae: admin@netwerk-na.org

MEER OOR NETWERK

AARD EN GRONDSLAG

Netwerk is ‘n ona�anklike, nie-poli�ese, vrywillige, Christelike Afrikaanse organisasie. Die grondslag van die organisasie is die Bybel as die Woord van God en dus rig�nggewend vir die hele lewe.

DOELSTELLINGS

Om verskillende organisasies, instansies en individue, wat hulle beywer vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur, met mekaar te laat “netwerk”. Ons fokus tans op die groei van drie fondse: Studiebeurse, Onderwyshulpfonds en Geskiedenisfonds.

VRIENDE VAN NETWERK

GEESTELIKE BOODSKAP

EK VREES NIE DIE TOEKOMS NIE - MY ROTS IS BETROUBAAR

Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige ves�ng.

PSALM 18:3

Ek word daagliks met soveel nega�ewe boodskappe gekonfronteer - oor die nuus, in gesprekke, in geskrewe media, op sosiale media. Werklik, daar is soveel dinge wat ons bang kan maak vir môre.

Wat kan dié dinge omkeer na hoop en sekerheid?

Geen ding, persoon of bate op aarde nie.

Geen boodskap deur mense nie.

Geen voel-goed sielkundige opkikkering nie.

Maar wel ... die vaste sekerheid dat die almag�ge God my Here is, my anker. Daarom bely ek in die woorde van Psalm 18:

"Die Here is my rotsves�ng, my bergskuiling, my bevryder. My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die horing van my redding, my toevlugsoord." AFR20

Dawid het hierdie Psalm gedig nadat die Here hom uit die mag van sy vyande en van Saul gered het. Wanneer ons daardie geskiedenis lees, dan besef ons hoe benard sy situasie was. Bangmaak omstandighede. Hy beskryf iets van sy ervaring in die Psalm.

“Bande van die dood het my omsluit, strome van onheil het my verskrik. Bande van die doderyk het my vasgetrek, strikke van die dood het my bedreig.” (Psalm 18:5-6)

In synood het hyna God geroep,wat uitkoms gegee het. Hy was so versterk, dat hy uitroep: Saam met U loop ek ʼn bende storm en spring ek oor stadsmure. Soos Dawid weet ons dat daar in die ergste onsekerheid en bedreiging een sekerheid is. God, ons rots en verlosser.

Daarvan is ek oortuig en daarom vrees ek nie die toekoms nie.

GEBED

O Almag�ge God, my Here, in tye van nood is U ons rots. Versterk ons geloof in tye van bangheid, sodat ons met moed die dag van môre sal aanpak. Amen.

PITKOS

Met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. PSALM 18:30

Dr.CallieOpperman(Redakteur–DeoGloria Kuberbrief) EmerituspredikantGereformeerdeKerkWindhoek-Suid

NETWERK ONTBYT MET PROF. ABEL ESTERHUYSE

Prof. Abel Esterhuyse van Universiteit van Stellenbosch was die gasspreker by ‘n Netwerk ontbyt by Arebbusch Travel Lodge in Windhoek op Woensdag 21 Augustus 2024.

Die tema van sy gesprek was kontemporêre geo-strategiese realiteite, met ‘n perspek�ef op die wêreld in sy geheel.

Hy het spesifiek verwys na die ontploffing van inlig�ng, maar hoe die waarheid maskeer en verdraai word. Daar steek ook geen waarheid in ‘n godsdiens�ge realiteit van ‘n nuwe wêreldorde nie - die wêreld hervorm homself konstant.

Die groot moonthede in die wêreld is ontleed na aanleiding van hul populasie, geografie en ekonomie. Prof. Esterhuyse het heelwat belangrike feite aan die lig gebring.

Sjina se hulpbron-a�anklike ekonomie en een-kind-beleid is besig om hulle in te haal.

Die res van die wêreld het die VSA nodig vir hul mari�eme vermoë om wêreldhandel en kommunikasie veilig te hou. Die geraas op hul verhoë het geen impak op diens nie.

Rusland se probleem met alkoholisme veroorsaak ‘n hoë ster�esyfer aan onnatuurlike oorsake. Vroue wil nie met

Russiese mans trou nie, dus is daar ‘n nega�ewe bevolkingsgroei.

Europa het nie baie kinders gehad nie, en die gaping word gevul deur (onwe�ge) immigrante.Daarwordverwysnadie“enemy within” wat groot probleme in die toekoms gaan veroorsaak.

Die goeie nuus vir Namibië is dat ons op die drumpel staan om groot potensiaal te ontsluit. Met ‘n jong bevolking, moet investering plaasvind in universiteite en tegniese kolleges. Prof. Esterhuyse het sy hoop uitgespreek dat Namibië die pad van Qatar volg waar die hele volk bevoordeel word deur nuwe ontwikkelinge.

Volg gerus Prof. Abel Esterhuyse op LinkedIn om op datum te bly met nuwe strategieë en wêreldtendense.

Baie dankie aan ons hoo�org vir hierdie geleentheid, Corporate Guarantee.

PRESTIGE

KULTUURTOEKENNING: DR. CHRISNA BEUKE-MUIR

Netwerk gee graag erkenning aan diegene in die gemeenskap wat ʼn verskil maak vir Afrikaans en sy mense in Namibië, en het op 21 Augustus 2024 ʼn Pres�ge Kultuurtoekenning aan dr. Chrisna Beuke-Muir oorhandig.

Chrisna is ’n boorling van die Suidkaap, maar maak Namibië haar tuiste in 1982. (Drie van haar vier kinders is hier gebore.) Gedurende haar akademiese loopbaan aan die Universiteit van Namibië (1995 – 2021) word 36 kollegiaal-beoordeelde ar�kels van haar in onder andere internasionale akademiese tydskri�e gepubliseer. Sy is die samesteller van 5 dramas waarvan 3 in samewerking met Prof Aldo Behrens geskied. Sy vertaal twee dramas uit Nederlands en speel dit in Namibië, Suid-Afrika, België, Nederland en Duitsland. Haar P.hD behaal sy aan die Universiteit van die Vrystaat oor George Weideman as dramaturg.

Saam met Ronelle Rademeyer s�g sy die Windhoek Woordfees in 2013 wat vandag stewig op sy voete staan. (Dat Ronelle nie meer hier is nie, is vir Chrisna, en ons almal ’n bi�ere groot hartseer.)

Chrisna is die samesteller van Land Onder Woorde (uitgegee deur Cordis Trust in 2020), ’n Windhoek Woordfees-bundel met gedigte en kortverhale van slegs Namibiërs, en vanjaar het die reeks rubrieke van haar wat in die Republikein verskyn het onder die �tel Hallo, Ma in boekvorm verskyn, uitgegee deurNaledi.Syisvirdielaaste28jaargetroud met Chris Muir.

“Ek is so dankbaar vir die ondersteuning wat my man en kinders vir my gee, en uiteraard dankbaar teenoor God wat my alte dikwels in ’n guns�ge omstandigheid plaas.”

Dr. Chrisna Beuke-Muir en Elizma Theron, Netwerk se uitvoerende beampte.

ATKV PLUIMPIES

Die ATKV-Pluimpies is op 9 Augustus 2024 in Windhoek toegeken. Die volgende toekennings is tydens hierdie gala-aand gemaak:

SERTIFIKATE:

Kaera-Lee Eksteen – Kortverhaal – Die lam in die bad

Ferdi Gerstner – Poësie – Mona Lisa en Ballade van die rooi granaat

Jo-Ann Strauss – Poësie – Gedigte wat rym

DONSIES:

Aneschka Thomas – Prosa – Die Hoeke van ‘n wind

Jo-Ann Strauss – Prosa – Daniella se verstote hart

Jo-Ann Strauss – Gedig – Rympies

Daan Nel – Poësie – 6 gedigte

Marcha Vorster – Poësie – 10 gedigte

Marcha Vorster – Haikoes – 10 gedigte

Sarien Fourie – Poësie – 7 gedigte

Jurie Viljoen – Poësie – 2 gedigte

PLUIMPIES:

Ammie Walters – Roman – Appel van my oog

Didi Kruger – Kortverhaal – Oom Fasie se operasie en ander kortverhale

Fanie Gous – Kortverhaal - Versameling kortverhale

Sanet Lambrechts – Musiek lirieke – My Namland

VEERTJIES:

Ammie Walters – Jeugroman –Nespressokapsules en woestynrose

Henrië�e van Wyk - Jeugroman – Marietjielief – die dapper stapper en haar supersnel sonmaat

Emmie Bedeker – Poësie – Die grondgeitjie roep

OSWALD RALL THEART-PRYS:

Die Oswald Rall Theart-prys vir poësie word toegeken aan die skrywer van ’n gepubliseerde bundel met kwaliteitgedigte.

Hierdie prys is vanjaar oorhandig aan Emmie Bedeker.

Elda Kruger van ATKV Hoo�antoor oorhanding ‘n oorkonde aan Carla van der Spuy

Marco van den Berg, ATKV-streekbestuurder, oorhandig ‘n Afrikoon aan Caroolus en Lente.

Vir verdere inlig�ng, kontak gerus een van die volgende ATKV-takbestuurslede:

Ansa Ellis: 081 122 5552

Leoni van Rensburg: 081 127 1193

Chantelle van den Berg: 081 875 5241

ATKV-tak Windhoek se e-posadres:

atkv.whk@iway.na

SLYPSKOOL:

Carla van der Spuy het op 10 Augustus ‘n slypskool in samewerking met die ATKV Noorde en Namibië se tak-Windhoek in Windhoek bygewoon. Hulle het gewissel van onderwyseresse tot 'n dokter en 'n leerder. Party het ''gou-gou'' 500km ver gery om daar te wees.

ATKV-IDIOMESTRYD

Die finaal van die ATKV-Windhoektak se jaarlikse Idiomestryd het op 28 Augustus plaasgevind en is regstreeks uit die Hartklop FM-ateljee uitgesaai.

Die koeël is deur die kerk! Die span van Elnatan 1 het vir Elnatan 2 met slegs een punt geklop! Welgedaan aan Elnatan met hierdie twee puik spanne wat tot die eindrondte deurgedring het.

ATKV-SKOLETONEEL

• Beste laerskool vir 2024 is Windhoek Gimnasium met “Mall Rats”

• Beste ondersteunende rol meisies laerskole: Ella - “Mall Rats”. Emelia Coetzee van Windhoek Gimnasium

• Beste hoofrol meisies laerskole: Sam“Mall Ra�s”. Francine Coetser van Windhoek Gimnasium

• Beste ondersteunende rol seuns laerskole: Mnr. Smit - “Skoolsiek”. Wilhelm Smit van Moria

• Beste hoofrol seuns laerskole: Major Gonfor Good - “Aliens in Love”. Sebas�an Cloete van Pro-Ed

• Beste laerskool regisseur: Windhoek Gimnasium met “Mall Rats”.

• Beste hoërskool vir 2024 is Moria met “Neefs en niggies”

• Beste ondersteunende rol meisies hoërskool: Tina Traandal - “Onoplosbare probleem”. Survivor Alfeus van Pro-Ed

• Beste hoofrol meisies hoërskool: Mari“Neef en Niggies”. Magdaleen Pretorius van Moria

• Beste ondersteunende rol hoërskool seuns: Jannie - “Spoor”. Jeandre Bruwer Walvisbaai Privaatskool

• Beste hoofrol seuns hoërskool: beide Konstabel Smit - “Spoor” (Stefan Goosen van Walvisbaai Privaatskool) en Stef Reyneke - “Neefs en Niggies’ (Jan Prinsloo van Moria) .

• Beste hantering van tegniese aspekte in geheel asook beste ensemblewerk vir die hele fees is Windhoek Gimnasium.

• ʼn Spesiale vermeldings-toekenning deur die beoordelaars aan Bar�e Bartelgat in

‘Die onoplosbare probleem” - Rushmere Ti�es van Pro-Ed.

• Beste regisseur hoërskool: Moria met “Neefs en Niggies”. Welgedaan!!

VOORTREKKERS

ERFENISDAG

IWindhoek Schlengemann, het die Erfenisdagviering op 21 September by UNAM bygewoon en die studente daar die kadriel leer dans.

Dit was 'n wonderlike dag waar verhoudinge gebou is en ons van mekaar se kulture kon leer en respekteer.

Afrikaners is mos plesierig, dit kan julle glo. \

HOOFBESTUURVERGADERING

‘n Hoo�estuurvergadering is tydens September by Doornkloof gehou en die Namibiese bestuur was trots teenwoordig.

Verskeie kampe en uitstappies is deur die afgelope maande gehou:

Vir meer inlig�ng oor die Voortrekkers in Namibië, kontak vir Elmine McCarthy by 081 2370350

WINDHOEK WOORDFEES: KOORFEES

Windhoek is bederf met die keur van Namibiese kore op Sondag, 21 Julie in Windhoek Hoërskool se saal.

Youth Orchestras of Namibia (YONA) het die aand se program afgeskop met ‘n uitstekende vertoning deur hierdie jong, talentvolle musikante.

Die kore wat die gehoor van bykans 800 vermaak het, was:

• Windhoek Afrikaanse Privaatskool (2x)

• Windhoek Gimnasium (3x)

• St George’s (2x)

• Windhoek Children’s Voices met Fanie Dorfling

• Universiteit van Namibië

• en Collec�ve Choir met Pon� Dikuua, wat almal in vervoering gehad het!

Groot dank aan ons hoo�orge vir die FNB Windhoek Woordfees-produksie, FNB Namibia, Republikein en Netwerk vir Afrikaans.

WINDHOEK WOORDFEES: FRANK OPPERMAN -

REüNIE

Veteraanakteur Frank Opperman het FNB Windhoek Woordfees op 9 Augustus in Swakopmund en 10 Augustus in Windhoek ingelaat op die Reünie van Hoërskool To�us se 1980 matriekklas.

Die briljante akteur het moeiteloos gewissel tussen verskillende karakters in die klas - van die fyn seun wat winter en somer truie gedra het om weg te steek dat hy homself sny, die dominee wat nou versekering verkoop en die een wat sy tragiese vertellings deel van die bosoorlog,totdievertellerselfwatdiemeisie onthou wat na Charlie-parfuum geruik het.

Met fyn s�lering van ‘n skoolbaadjie en die gebruik van sy liggaamshouding het hy binne sekondes in die lyf van ‘n tag�gjarige met ‘n skuifelstappie tot ‘n ouma wat mooiwoordboekies skryf, geklim.

Frank het die groot gehore deur verskeie emosies geneem en het die volgepakte sale op hul voete gehad na afloop van die vertonings.

Hierdie vertonings is opgedra aan Ronelle Rademeyer, wat voor haar afsterwe die aanvoorwerk vir hierdie besoek aan Namibië gedoen het.

Dankie aan die borge wat die vertonings moontlik gemaak het:

• FNB Namibia

• Republikein

• Droombos Windhoek

• Atlan�c Villa Bou�que Hotel

• MTC Dome, Swakopmund

• Auas Motors

• Jaylo Produc�ons

• Netwerk vir Afrikaans

WINDHOEK WOORDFEES: ELZABé

ZIETSMAN - ROUTRIP

Elzabé Zietsman het gedurende September 2024 ‘n “road trip” deur Namibië gedoen, met haar treffende eenvrouvertoning, Routrip.

Die toer is afgeskop by Droombos op Saterdag, 14 September. Daarna het sy opgetree by die Krokodilplaas in Otjiwarongo, Namib Primary Aula in Swakopmund en by die Privaatskool in Walvisbaai, as deel van die Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees.

“Road trips is spesiaal. Jy sien nie net plekke en mense nie. Jy leer jy ook dinge van jouself en van ander. As jy gelukkig is leer jy dat die reis eintlik die bestemming is. Nie almal besef dit nie.”

Zietsman beweeg moeiteloos tussen dorp en karakter en sy balanseer komedie met tragedie amper onbewustelik.

Elzabé vertolk die rol van Helena wat na ‘n mislukte selfdoodpoging - die poli�es korrekte benaming nou - en drie weke in ‘n psigiatriese kliniek, die pad vat met haar langspeelplate, oupa se glasoog, draadlose en boeke om finaal afskeid te neem van haar naastes. Eindbestemming: Heroldsbaai.

Die teks deur Johann Slabbert is haarfyn geskryf en onse�end netjies uiteengesit om die gehoort op ‘n padkaart te neem. Die slimheid van die teks maak dat die teaterganger weke later steeds elke plek en karakter kan onthou.

Teks: Johann Slabbert

Regie: Maralin VanRenen

Klankontwerp: Coenie de Villiers

Groot dank aan ons borge: FNB Namibia, Republikein, Droombos Windhoek, Atlan�c Villa Bou�que Hotel, The Windhoek Luxury Suites, Netwerk vir Afrikaans, Pupkewitz Toyota en Otjiwarongo Krokodilplaas.

WINDHOEK WOORDFEES: ELZABé ZIETSMAN

- FEMME

Met die kollig op die rou en hartverskeurende waarheid oor geslagsgebaseerde geweld in Femme is Fatale het Elzabé Zietsman haar toer deur Namibië as deel van die FNB Windhoek Woordfees afgesluit.

In Femme is Fatale, plaas Zietsman die tragiese moorde op drie karakters onder die vergrootglas en die drome wat hierdie karakters voor hul ster�es gehad het. Sy ondersoek ook die rol wat geslagsgebaseerde geweld speel in die alledaagse vrese van vroue wat nog nie daardeur geraak is nie.

IS FATALE

Die OYO-dansgroep (Ombetja Yehinga Organisa�on) onder leiding van Philippe Talavera het ‘n briljante vertoning vooraf gelewer. Die groep gebruik kuns om bewustheid te skep vir sosiale kwessies.

Dit was ‘n absolute voorreg vir die FNB Windhoek Woordfees om die verhoog met hulle te deel!

Dankie aan die borge wat die vertoning moontlik gemaak het:

• FNB Namibia

• Republikein

• Pupkewitz Toyota

• Netwerk vir Afrikaans

Foto’s: Iréne-Mari van der Walt

WAT BEKETEKEN DIE WOORD?

TAALWENK

RESEP: GEMMERBIER

Om gemmerbier te maak is nie ‘n moeilike proses nie – jy het tyd en die son aan jou kant nodig. As jy weer een Saterdagoggend opstaan, slaan dit vinnig aanmekaar en by vanaand drink jy rus�g jou gemmerbier. Dis so mooi as die rosyne uitdy en boontoe kom in die bo�el. Jy voel soos ‘n kat wat room gekry het.

Jy moet ‘n emmer hê met ‘n deksel wat dig sluit. En begin al die leë plas�ek koeldrankbo�els bymekaar maak.

BENODIG:

7 x 750ml louwarm water

5 x 250 ml witsuiker

10 ml Lennons Jamaika-gemmer (koop by jou supermark of by die apteek)

10 ml kitsgis (1 pakkie)

40 rosyne

NOU:

1. Meng die kitsgis en 10 ml suiker in ‘n houer.

2. Gooi 125 ml louwater op die suiker/kitsgismengsel. Laatditeenkantstaan. Naso10tot 20 minute begin dit borreltjies maak.

3. In jou emmer meng jy die louwarm water en die suiker. Roer dit totdat die suiker opgelos is.

4. Roer nou die Jamaika-gemmer ook in die emmer .

5. Laaste meng jy die kitsgis/suiker-mengsel in die emmer in.

6. Voeg 40 rosyne by die watermengsel.

7. Sit die deksel op die emmer en laat die emmer vir ten minste 6 ure in die son staan. Jy sal sien dit begin gis.

8. Laat die lug elke nou en dan uit die emmer anders skiet die deksel af.

9. Bo�el jou gemmerbier en sit in elke bo�el van die rosyne.

10. Sit die bo�els in die yskas om die gisproses te stop.

Gemmerbier is heerlik verfrissend en waarborg om jou nie ‘n babelaas te gee nie. Heerlik op ys met ‘n knertsie brandewyn of whisky!

Resep: Marinda Engelbrecht Bron: www.marindakook.co.za

AFRIKAANSE WIKIPEDIA

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die vrye aanlyn ensiklopedie Wikipedia wat wêreldwyd deur vrywilligers in hul moedertale geskep word. Daar is tans Wikipedias in 326 tale.

Die Afrikaanse Wikipedia groei sterk en is tans die grootste Wikipedia op die Afrikakon�nent met meer as 118,000 ar�kels wat dit in die 69ste plek op die wêreldranglys plaas. Boonop is daar maandeliks tussen 10 en 12 miljoen bladtrekke op al die Wikipedias tesame, met Afrikaans 700,000 tot 1 miljoen bladtrekke per maand. Dit is voorwaar geen geringe prestasie nie! Hierdie groei is ‘n funksie van die wêreldwye tendens met die demokra�sering en digitalisering van inlig�ng en selfgerigte leer deur middel van digitale pla�orms en tegnologie.

Hierdie sta�s�ek is merkwaardig juis omdat die Afrikaanse Wikipedia deur vrywilligers bedryf en bestuur word. Dié Wikipedia is ook ‘n belangrike hulpbron in die bevordering van Afrikaans as ‘n wetenskapstaal. Dit is waarom die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verlede jaar onderneem het om ‘n fisiese tuiste vir die Afrikaanse Wikipedia te bied.

Kontak Netwerk by admin@netwerk-na.org indien jy belangstel om ʼn bydrae te lewer op

Namibië benodig meer vrywilligers om ar�kels te skryf en/of te vertaal, om te verseker dat ons inlig�ngsbronne bewaar word in Afrikaans.

Kontak admin@netwerk-na.org indien jy belangstel om deel te word van hierdie belangrike projek.

GEDIG

Slagveld – Paul. S. Cloete

Die mossie sit in die stof en as

Waar eens ‘n huis van liefde was

‘n Platdakhuis wit gekalk

Soos al die ander

Voor die brand.

Die vriendskapsboom geskroei

Wat eens die mooiste grenate was

Lê bruin gebrande vrugte in die as

Kordiet en swael hang nog dik

Waar wierook en mirre

die reuk van stof en sweet moes demp.

‘n Driewiel en ‘n pop

Lê vergete in die vlug.

Rondloper hond draf

Snuif snuif

Rond.

In hierdie helse hi�e

Is selfs die sonbesies

Stom.

KALENDER: NETWERK PANEELBESPREKING

KALENDER: VAN DIE RAK AF – met

Lizz Meiring

Die Skandinawiese projek “The Human Library “, is die inspirasie vir Lizz Meiring se jongste en vernuwende eenvrouvertoning VAN DIE RAK AF, en word gesien as ‘n platvorm waar gesprekke met werklike mense help om s�gmas en stereo�pes af te breek. Soos die ou spreekwoord lui “Onbekend is onbemind “, o�ewel - ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie.

Die prak�ese toepassing is eenvoudig - in plaas van ‘n boek uitneem, neem jy ‘n mens uit. Die persoon (dikwels ‘n kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder sy of haar storie. Mense vertel vir jou hul eie besonderse storie eerlik en kaalvuis.

In die nuwe produksie “Van die rak af ” ontmoet ons sulke individue/karakters en hulle wissel van werklike, historiese, fik�ewe of mitologiese figure. Dit is ‘n fyn lyn tussen komedie, tragedie en sa�re. Elkeen van die karakters verbeeld en vertel hul unieke verhaal.

Maar daar is ook ‘n interak�ewe element: Voor

die vertoning ontvang die gehoor ‘n “biblioteekkaart” met krip�ese leidrade van die karakters. Dan kies die gehoor self wa�er “mense“ hul wil uitneem vir dié spesifieke vertoning. Die vyf karakters met die meeste stemme sal dan opgevoer word.

“Die �tel verwys na die proses om ‘n storie te neem en dit lewe te gee. Op die ou end vertel ons maar net die stories van die mensdom. Die goed, die sleg, die lig die donker sodat ons ons eie en ander se menslikheid kan verstaan. Dit beteken nie jy moet met alles saamstem nie. Dit kan jou laat lag, huil, kwaad word, dink, vrae vra, inspireer, frusreer, en fasineer. Dit is nie net swart en wit nie…..” vertel Lizz.

‘n Vertoning met hart en siel.

Saterdag, 26 Oktober 2024 om 20:00 by Droombos se Swart Saal. Kaartjies by e�cket.my.na of Republikein se kantoor.

KALENDER

5 Oktober 2024: Kinderpret (Hooves and Garden)

17 Oktober: Netwerk Paneelbespreking (Arebbusch)

25 Oktober 2024: Rooiwyn Rock - Valiant Swart en Illimar Neitz met Mari Bosman (Windhoek Country Club)

26 Oktober 2024: Windhoek Woordfees: Van Die Rak Af - Lizz Meiring (Droombos)

5 April 2025: Windhoek Woordfees - Spoegwolf

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.