13 DECEMBER 2016
Kennis oor visse se gewoontes kan van jou ‘n beter hengelaar maak
H
engel aan die Namibiese kus vanaf Sandvis hawe tot en met die Ugab mond kan vir elke hengelaar 'n groot plesier wees indien jy enkele geskrewe en ongeskrewe reëls volg: Gehoorsaam die reëls aangaande die hengel soos voorgeskryf deur die Ministerie van Seevisserye en Marine hulpbronne. Sorg dat jy te alle tye in besit van 'n geldige hengellisensie is, dit kan baie onaagenaamheid langs die kus vermy. Maak seker dat as jy die hoofpad verlaat en afdraai na die kus dat jy 'n spoor of paadjie van ander voertuie volg en nie blindelings oor alles ry nie. Ek weet nie hoekom ons altyd plek het om koeldrank, bier of aas saam te ry na die hengelwater nie, maar as ons terugkom het ons geen plek vir die leë houers nie. As jy tussen die hoogwater en laagwater merk ry, doen dit met inagneming van die hengelaars en mense wat ontspan langs die water. Dis nou genoeg gekla en voor-
geskryf, kom ons kyk so 'n bietjie na die verskillende spesies vis wat hier by ons voorkom en die tipe aas wat ons kan gebruik om hulle te kul om ons hoeke te neem.
Hierdie vis het ook 'n klein bekkie en gebruik ons 'n 2 of 1 hoekie. Hierdie is nie 'n kieskeurige vis nie en sal aan alles byt, dog 'n pienk garnaal sal dit nie by verby swem nie.
GALJOEN
STEENBRA
Dit is natuurlik die mees gesogste vis aan ons kus aangesien dit heerlik braai op die kole en ook gerook smaak dit vorentoe. Die vis kom voor waar daar heelwat bamboes of rotse is. Galjoen se geliefkoosde aas is swart en witmossel asook 'n stukkie rooiaas. Ons hoekgroote wissel hier vanaf 'n 2 tot 1/0 hoek. 'n Knewel van 3,5kg staan aangeteken in die Namibiese rekord anale. Ons kry ook die sand galjoene wat by Langstrand en Sandvis voorkom.
Wat 'n sterk vis om aan die lyn te kry, hy sal baklei totdat hy op die strand lê en dan nog steeds nie opgee nie. Hierdie is 'n sterk vis en durf ons dit normaalweg met 'n 2/0 tot 3/0 hoek aan wat gevul is met hetsy pelser, tjokka, mossel of kreef. Laasgenoemde natuurlik eerder 'n delikatesse wat die mens self wil nuttig. Die amptelike rekord staan hier op 17,3kg maar groter diklippe van tot 23kg is al aan wal gebring. Word baie in die omgewing van Walle, Myl 98, Canopy, Doep se Gat en Leiter gevang.
KOLSTERT Hierdie is 'n baie onderskatte vis en kan vir groot hengelvermaak sorg en is selfs 'n lekker eetvis om te bak of braai. Kom oral langs die hele Namibiese kus voor en is die Namibiese rekord 'n allemintige 2,45kg.
KABELJOU Seker die mees gejagte vis aan ons Namibiese kus aangesien hierdie roofvis nie speel wanneer dit jou hoek gryp nie. Hy kan sommer korte mette maak met jou aas en is 'n kalant wat
maar met 'n stewige hoek vanaf 'n 4/0 tot en met 'n 7/0 aangekeer moet word. Omdat hierdie vis so aggresief is, is dit gewoonlik maklik om die vis aan te keer aangesien hy homself gewoonlik vang. Hier is die amptelike rekord 25,9kg met 'n bevestigte 33kg wat op 'n skiboot gevang is. Daar is natuurlik fotos van groot vis met geskatte gewigte van tot en met 86kg, ek weet nou nie of dit voor of na die vloeibare versnaperinge was nie. Hierdie vis kom algemeen oral aan ons kus voor en word maklik gekul met 'n sardyn, tjokka of ansjovis. 'n Kombinasie van sardyn en tjokka is ook baie gewild. Indien seekat poot beskikbaar is, is dit ook 'n baie suksesvolle aas.
BABER Nou ja wat kan ek hiervan sê, net dat baie hengelaars die vis nie kan verdra nie en kwaad word as dit byt. Dit is egter vir baie hengelaars 'n delikatesse en is baie gesog wanneer dit gerook is. Hierdie vis is egter net so heerlik wanneer dit gefilliteer word en in 'n bietjie botter met sout en peper gebak word. Smaaklike ete. Word tot en met 1kg groot in ons waters en kom orals voor en vreet ook enige aas. Pasop vir daardie geniepsige pen bo-op en aan die kant van die kop, dit kan jou hengel uitstappie totaal bederf vir die dag.
BRONZY (KOPERHAAI) Die mees gesogte sportvis om te vang aan die Namibiese kus, en hengelaars vanoor die hele wêreld kom na ons viswaters om hierdie knewel te probeer verower. Natuurlik geweldig sterk, en met tot 200kg plus aan die anderkant van jou lyn is dit 'n werklike toutrekkery en die fiksste en flinkste wen gewoonlik. Anders as wat die meeste mense glo word 'n bronshaai met doodgewone gerei vanaf die kant gevang en word slegs 'n stewige staalstrop met 9/0 tot 10/0 hoeke gebruik. 'n Makrielkop of self die kop van 'n galjoen of kabeljou is dodelike aas vir hierdie vleisvreter. Alhoewel die amptelike Namibiese rekord slegs op 172kg staan is daar al 'n paar knewels van oor die 200kg geland, met 'n bielie van 240kg wat op Langstrand gevang is en dit nogal deur twee oorsese vroue henge-laars. Kom geredelik aan ons kus voor en is baie gewild by Lang-strand, Myl 8, Myl 17, Myl 28, Popeye, Myl 68, Myl 100 en Winston. Staan ook bekend as “die arm man se marlyn” omdat dit net soveel aksie verskaf as 'n marlyn, maar heelwat goedkoper is om te vang. Hierdie haai kan vir jou tot 4 ure en langer besig hou, dus sê ek net stywe lyne.
KOEIHAAI 'n Haai met 'n skrikwekkende stel tande wat ook nie sonder 'n staal strop en groot hoeke aangedurf word nie. Alhoewel die rekord op 87kg staan is dit 'n haai wat sommer in 10 tot 20 minute geland word en is nie 'n groot vegter nie. Hierdie haai verkies kouer water en kom oral aan ons kus voor en sal enige visaas vreet wat jy in die water
gooi. Pasop egter vir die stel tande wanneer die haai geland is aangesien die haai die tip van sy eie stert met gemak kan raakbyt en is lief om hengelaars te probeer byt op die strand.
SPOTTY (GESPIKKELDE SLOEPHAAI) 'n Lekker bakleier wat vir sy grote jou die geveg van gevegte gee. Word aangekeer met 'n harderkop of selfs 'n stuk barber en gebruik ons 6/0 tot 7/0 hoeke met 'n stewige nylon strop van so 70kg aangesien die haai geen tande het nie. Soos sy naam aandui kom die haai graag tussen rotse by sloepe voor en is dus een wat die rotse gebruik om te skuil as jy hom gehaak het. Die Namibiese rekord is dan 'n allemintige 37kg, maar sloephaaie vanaf so 10 tot 25 kg is algemeen en word dan oral langs die kus gevang waar rotse voorkom. Hierdie haai is ook 'n fynproewer en is versot op 'n stuk kreef of tjokka(kalamari).
LEERVIS 'n Minder bekende roofvis aan ons kus wat meer warm water verkies. Alhoewel dit resident is aan ons kus jag dit meer in die warm maande vanaf November tot April en is groot sport om aan te keer. Meestal word kunsaas gebruik waarvan “poppers” die gewildste is. Hier is die amptelike rekord slegs 12kg maar groter “leeries” van tot 24kg is reeds aan wal gebring.
ELF Beter bekend as “shad” en baiekeer verwar met 'n kabeljou deur die hengelaar, is hierdie vis 'n baie lekker eetvis wat aan ons kus gevang word. Die vis word meestal gevang wanneer die hengelaars gewoonweg hengel vir kabeljou of steenbra en die aas wat aangebied word vertoon lewendig genoeg dan vat die vis graag die lyn. As daar spesifiek gehengel word vir elf moet gebruik gemaak word van 'n stukkie staalstrop of klavierdraad en 'n 3/0 tot 4/0 hoek. 'n Kurk of “bung” word dan ook gebruik om vlottasie aan die aas te gee en dit meer lewendig te laat vertoon. Die amptelike rekord hier is 4,2kg.
ALGEMEEN Hengel is soos jag en durf jy nie 'n olifant aan met 'n .22 kaliber nie, dus maak seker dat jy die regte gerei vir die regte doel aanskaf. Daarvoor is daar meestal kundiges by hengelwinkels en vra dus daarom raad. Verder sorg jy dat jy altyd die varste moontlike aas bekom aangesien die resultate daarmee beter is. Hengel altyd met in agneming van jou mede hengelaars en die natuur.