MID-KAROO
X1U2P1ER-MK091117
12 000 WEEKLIKS
KONTREI-KOERANT VAN
Cradock | Middelburg | Somerset-Oos | Bedford | Adelaide | Fort Beaufort
GRATIS | FREE
REDAKTEUR: BETTIE GILIOMEE | DONDERDAG, 30 November 2017 | 0 041 503 6057 | Epos express@media24.com |
PUBLIEK OM HULP GEVRA: CRADOCK SKUILING SE DEURE SLUIT DALK IN DESEMBER
Diereskuiling in nood WILNA DE KLERK
I
NDIEN lede van die publiek nie gewillig is om in te spring en te help nie, gaan Cradock Diereskuiling (CDS) genoodsaak wees om sy deure aan die einde van Desember finaal te sluit.
So sê Jacqui Murray, bestuurslid van die CDS. Murray het verduidelik dat alhoewel hierdie ’n groot ramp vir Cradock en die omliggende dorpe gaan wees, is daar verskeie probleme en die skuiling kan nie onder die huidige omstandighede voortgaan nie.
CDS, onder aanvoering en finansiële steun van Paddy Orpen, het in Januarie 2014 tot stand gekom toe die Dierebeskermingsvereniging (DBV) uit die dorp onttrek het. Orpen, ’n groot diereliefhebber, het destyds besef die nood van rondloper en verwaarloosde diere is baie groot
in die omgewing en sy het met ’n paar bestuurslede en ’n klein personeel ingespring om die situasie te beredder. Groot verbeterings is destyds aangebring. Die plek is skoon en dierevriendelik gemaak. Orpen het ook haar persoonlike voertuig vir gebruik aan die CDS ge-
skenk en herstelwerk en opknappings uit haar eie sak betaal. Murray sê haar ma (Orpen) se gesondheid het in die laaste tyd ernstig verswak en dat dit nie meer vir haar moontlik is om aan die stuur van sake te staan nie. Vervolg op bladsy 3
VLV bederf Hasie Kalbassie se kleinspan Cradock Vrouelandbouvereniging (VLV) het onlangs die jaar se werksaamhede afgesluit met ’n besoek aan die Hasie Kalbassie speelskool. Geskenkies wat in samewerking met Ochse Apteek in feestelike pakkies opgemaak is, is aan die opgewonde kleinspan uitgedeel. Saam met van die kinders is, agter van links, Petro Gerber, Marie Erasmus, Ria Meyburg (voorsitter van die Cradock VLV), Yolande Meyburg (Ochse Apteek) en Marilise Herselman (Ochse Apteek). Nog foto’s op bl 2.
FOTO:WILNA DE KLERK
TAMS
Coke 2L
(only 2 Per Customer)
Potatoes 7kg + Onions 7kg
Rump Steak A-Grade
Pizza Slices
Unilever Hamper + Free Bucket (Sunlight W/powder 2kg, Sunlight Soap Bar 500g, Sunlight Liquid 750ml, Handy Andy 750ml and Domestos 750ml)
Carrots 1kg
1299
R
each
Plus R1 Spar Reward
59
R
99
per combo
99
R
99
per kg
4
R
99
1399
R
each
12499
R
each
Prices valid from 30/11/2017 - 03/12/2017 - While stock last X1U19JQR-MK301117