14
Kosmosnuus / Cosmos News
Superreeks wenners
Hoërskool Secunda se o-14 rugbyspan het die afgelope Saterdag in die Superreeks finaal met Hoërskool Dinamika afgereken deur hulle met 19-7 te klop en sodoende die Superreeks gewen. Twaalf skole neem deel aan die Superreeks en bestaan uit die volgende skole HTS Ligbron, Brandwag, Secunda, Dinamika, Tuine, Wagpos, Die Wilgers, Jan Viljoen, John Vorster, Bergsig, Gerrit Maritz en Southdowns.
Doelhok is oop vir Secunda meisies
8 Mei/May 2015
Hoërskool Secunda blink uit by rugbyreeks
Hoërskool Secunda se o-15 rugbyspan het die afgelope Saterdag 22-0 met HTS Ligbron in die in die Superreeks se finaal afgereken en sodoende die Superreeks gewen. Daar is 12 skole wat aan die reeks deelneem en sluit HTS Ligbron, Brandwag, Secunda, Dinamika, Tuine, Wagpos, Die Wilgers, Jan Viljoen, John Vorster, Bergsig, Gerrit Maritz en Southdowns in.
Hokkiemeisies doen hul ding
Hoërskool Secunda se o-16 meisie-hokkiespan het die afgelope Saterdag aan die Superreeks se finaal met Ligbron 4-1 afgereken en as wenners van die reeks uit die stryd getree.
Hoërskool Standerton is nog altyd vir sy kookwater-hokkie bekend en vanjaar is geen uitsondering nie. Twee van die skool se eerstespanspelers is in die Mpumalanga-span opgeneem. Anri Klopper (links) is gekies om vir die o-18 A-span uit te draf en sal tussen 28 Junie en 4 Julie aan ‘n toer in Pretoria deelneem, terwyl Liselle Pretorius vir die o-18 C-span gekies is. Sy sal eersdaags aan ‘n hokkietoer in Potchefstroom deelneem.
SA-span vir skaak-ster
Riekie Wolmarans, Hoërskool Standerton se uitblink-skaakspeler, is tydens die afgelope skoolvakansie in die SuidAfrikaanse o-14-meisiespan opgeneem. Die proewe is by Hoërskool Waterkloof in Pretoria gehou waar Riekie sewe en ’n half uit 11 wedstryde gewen het en ook die algehele derdeplek in haar afdeling ingepalm het. Sy dring deur om tussen 22 en 30 Junie as deel van die SA-span aan die Statebondspele in Indië deel te neem.