Upingtonbulletinub 20140305

Page 11

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 MAART 2014

Atlete laat loop ALTESAAM 22 atlete van die Hoërskool Upington het vanjaar aan die uitnodigingsatletiekbyeenkoms van die HTS Louis Botha in Bloemfontein deelgeneem. Charné Avenant het ondanks moeilike reëntoestande ’n pragtyd in die 1 500 m vir o.15-meisies

behaal. Gerrit Wickens, Joe-Lythen Willemse en Ruwano Fritz was tweede in die naellope. Handré Bruwer, Kobus Swanepoel, Liané van Niekerk, Dionne Visser en Christo Engelbrecht het ook goeie vertonings gelewer.

VAN links is, voor: Liané van Niekerk, Anika Kühn, Dionne Visser, Charné Avenant, Madelein May (kodehoof), Nicolene Loots, Elmari Maartins, Lean­ dre Hanekom en Mielanka van Schalkwyk; agter: Joe­Lythen Willemse, Bob­ by Duvenhage, Ivan Lombard, Kobus Swanepoel, Gerrit Wickens, Christo Engelbrecht, Franco Snyders, Benna Nieuwoudt, Ruwano Fritz en Jameson Nose (afrigter). Foto: Verskaf

HMO-atlete presteer DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) het op 15 Februarie die Oranje-Unie-atletiekbyeenkoms aangebied. Die Hoërskole Keimoes, Kenhardt en Kakamas en die Augrabies- Intermediëre Skool het aan die byeenkoms deelgeneem.

Christin Fox van HMO het vyf rekords verbeter. Christi van Niekerk, Salma Conradie, Antoinette Lerm, Jan-Willem Nel, Charlotte van Wyk, Kyla Swiegers en Sebastiaan Job, almal van HMO, het baie goed gepresteer.

DIE Hoërskool Upington se spelers is van links, voor: Zenidine Robinson, Curtley May en Marcell van der Westhuizen; middel: PJ Smith, Sheldon Losper, William Briekwa en André Share; agter: Geraldo Meintjies, Nakkie Duvenhage, Gert Rupping, Bado Beukes (afrigter), Reinhard Hayes, Christo Freeman en Johannes du Plessis (kaptein). Foto: Verskaf

Uppies in eindstryd DIE Hoërskool Upington het die Carltonians-krieketklub in ’n T20-wedstryd met 51 lopies geklop. Upington het eerste gekolf en 166/2 in die 20 boulbeurte aangeteken. Johannes du Plessis, kaptein, het 78 lopies

aangeteken. Gert Rupping het 42 lopies aangeteken en Geraldo Meintjies 27 lopies. Die Carltonians moes ’n teiken van 167 lopies behaal, wat ’n lopietempo van 8,33 lopies per boulbeurt beteken het. Die Carltonians kon slegs 115/8

in die 20 boulbeurte aanteken. Johannes het met 3/16 en Willem Briekwa met 2/7 behoorlik onder die kolwers ingeklim. Die Uppies kom nou in die T20-eindstryd teen die Hoërskool Duineveld te staan.

11


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.