Upington bulletin 12 mar 2014

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

13 MAART 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

Boer dood ná erge aanval Charné Kemp ’n BOER van Askham is die naweek dood nadat hy, sy vriendin en hul seuntjie buite hul huis op ’n plaas by Askham aangeval is. Danie Schreuder (56) is Vrydagaand na bewering herhaaldelik met die kolf van ’n windbuks oor sy kop geslaan. Hy en sy vriendin, Marietha Titus (34), het buite die huis onder ’n afdak geslaap, omdat dit warm in die huis was. Hulle het vir Fritz Oosthuizen op die plaas Miershooppan, noord van Askham, geboer. Titus het met hul vyfjarige seun, Jason Schreuder, die huis in gevlug. Sy het die polisie ontbied en uitgegaan. “Die aanvaller was reeds weg. Ek vermoed hy het die vorige dag twee windbukse uit die huis gesteel. Die bakkie se sleutel is ook weg. Ons is met ons eie wapens aangeval. Ek het ’n hengse hou oor die kop weg. Ek is ook oor my skouers en blaaie geslaan, maar dit was verskriklik om Danie so te sien ly.” Die polisie en ambulans het kort ná mekaar opgedaag. Sy en Schreuder is na die nabygeleë kliniek gebring. Die suster aan diens het dadelik aanbeveel Schreuder moet na die hospitaal in Upington gebring word. Titus is steeds in Upington by Schreuder se kinders uit sy eerste huwelik, Alfred Schreuder en Ida Krause. Ida se man, Loffie Krause, sê sy skoonpa het baie ernstige kopbeserings opgedoen. “Hy is al Vrydagaand breindood verklaar en is Saterdagaand oorlede nadat sy hart gaan staan het.” Schreuder se ouers, Alfred (82) en Susie (80) Schreuder, bly in die Heuwelsig-aftreeoord in Kuruman. Lt. Andrea Cloete, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Oosthuizen, Schreuder se werkgewer, sê hy was ’n flukse, vriendelike en hardwerkende mens. “Hy was altyd reg om iemand te help – baiekeer sonder vergoeding. Hy was verknog aan sy gesin. Hy het sy seuntjie drie dae van die week na die voorskoolse sentrum sowat 30 km daarvandaan geneem. Hy het ure daar gewag voordat hy hom huis toe geneem het. Die inwoners besef nie aldag hoe ’n goeie mens en gesinsman hy was nie.”

KAMEELDORINGBOME is so eie aan die Kalahari soos roosterkoek, njaba en tsamma. Lees op bl. 11 meer oor die merkwaardige bome. Dié kameeldoringboom wat so mooi teen die wingerd vertoon, staan by Raaswater. Foto: Anena Burger


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.