Kathu bulletin 25 sept 2013

Page 3

2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

KIES ’n unieke en pragtige teddiebeer vir jou kleintjie se kamer of as ’n geskenk vir ’n spesiale mens.

DIE Skommelstoel bied ’n groot verskeidenheid dekor­artikels aan vir die huis. Daar is só baie om van te kies.

Foto’s: Benneli Olivier van der Walt

HEERLIKE bederf vir die badkamer. ’n Verskeidenheid badprodukte is ook hier te koop.

Iets vir almal in Skommelstoel Benneli Olivier Van der Walt KATHU is ’n dorp vol weggesteekte winkelskatte en die Skommelstoel is een van daardie verfrissende verrassings. Die eienaar, Mariëtte Jordaan, laat elke klant soos familie voel as

hy of sy by haar winkel instap. Dié dinamiese vrou is oorspronklik van Clanwilliam se omgewing, maar is nou al 26 jaar ’n boorling van Kathu. Sy het saam met haar man hierheen verhuis en woon nou in ’n ou sendingspastorie in Mopanilaan. Mariëtte was vir vyf jaar ’n maat-

skaplike werker en het toe besluit om ’n unieke geskenkwinkel op Ka-thu te begin. Oorspronklik is die winkel eers net uit haar voorportaal bedryf. Geleidelik het die winkel uitgebrei, en vandag is dit een van Kathu se voorste geskenk- en dekorwinkels. Die winkel se puik voorraad word

van oor Suid-Afrika heen bymekaar gemaak. Mariëtte en haar man ry naweke gereeld rond om interessante smousgoed vir die winkel bymekaar te maak. In dié winkel sal jy nie maklik verveeld raak nie. Die hele winkel is propvol pragtige geskenke, dekor-artikels en heerlike konfyte. Dit is ’n

“mengelmoes vir die oog”. Besoek die Skommelstoel – die assistent, Ena Uys, sal jou hartlik ontvang. Skommelstoel is by Mopanilaan 11 geleë en die winkelure is weeksdae vanaf 10:00 tot 17:30 en Saterdae van 10:00 tot 12:00. Vir meer inligting skakel 053-723-2619.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.