Page 1


Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

26 SEPTEMBER 2013

Kathu

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Wind, koue rem ren nie Ilse Watson

RYNARD BUTLER was die wenner van die moordende 105 km-wedren vir mans in die Kumba Classic-fietswedren wat Saterdag op Kathu gehou is. Johan Rabie en Nicholas Dougall het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Kumba Iron Ore was die gasheer van die sesde wedren en dit is die tweede jaar agtereenvolgens op Kathu aangebied. Anriëtte Schoeman het die vroue se 105 kmwedren gewen. Kort op haar hakke was Maruska Matthee met Erna du Toit derde. Die radio-omroeper Boitumelo Korogo en sanger Izak Davel het aan die 50 km-wedren deelgeneem.

Hoewel dit ’n yskoue dag in die warm Kalahari was, het altesaam 253 fietsryers hulle vir die amptelike wedrenne ingeskryf. Nog 120 jong mense en kinders het aan pretritte deelgeneem. Altesaam R15 000 is vir liefdadigheidsorganisasies soos Kansa Kathu en die Sunflower Foundation ingesamel. Die model Vanessa Haywood het ook aan die 105 km-wedren deelgeneem. “Fietsry is my lewe. Ek neem oor die land heen aan kompetisies deel en dit is vir my ’n groot voorreg om weer vandag op Kathu te kon deelneem,” het Haywood gesê. “Ek het gedink ek is ’n gesoute fietsryer, maar niks ding mee met die Kalahari se erge son nie. Vandag moes ons ook teen ’n baie sterk wind voortbeur.”

Snel oor wenstreep RYNARD BUTLER gooi sy arms in die lug toe hy oor die wenstreep van die 105 km­wedren ry. Foto: Erik Vermeulen

BAREND COETZEE van Kathu ry oor die wenstreep. Hy het die 50 km­wedren in 2:04:59 voltooi en was die eerste gestremde fietsryer om die wenstreep te kruis. Foto: Ilse Watson

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

KIES ’n unieke en pragtige teddiebeer vir jou kleintjie se kamer of as ’n geskenk vir ’n spesiale mens.

DIE Skommelstoel bied ’n groot verskeidenheid dekor­artikels aan vir die huis. Daar is só baie om van te kies.

Foto’s: Benneli Olivier van der Walt

HEERLIKE bederf vir die badkamer. ’n Verskeidenheid badprodukte is ook hier te koop.

Iets vir almal in Skommelstoel Benneli Olivier Van der Walt KATHU is ’n dorp vol weggesteekte winkelskatte en die Skommelstoel is een van daardie verfrissende verrassings. Die eienaar, Mariëtte Jordaan, laat elke klant soos familie voel as

hy of sy by haar winkel instap. Dié dinamiese vrou is oorspronklik van Clanwilliam se omgewing, maar is nou al 26 jaar ’n boorling van Kathu. Sy het saam met haar man hierheen verhuis en woon nou in ’n ou sendingspastorie in Mopanilaan. Mariëtte was vir vyf jaar ’n maat-

skaplike werker en het toe besluit om ’n unieke geskenkwinkel op Ka-thu te begin. Oorspronklik is die winkel eers net uit haar voorportaal bedryf. Geleidelik het die winkel uitgebrei, en vandag is dit een van Kathu se voorste geskenk- en dekorwinkels. Die winkel se puik voorraad word

van oor Suid-Afrika heen bymekaar gemaak. Mariëtte en haar man ry naweke gereeld rond om interessante smousgoed vir die winkel bymekaar te maak. In dié winkel sal jy nie maklik verveeld raak nie. Die hele winkel is propvol pragtige geskenke, dekor-artikels en heerlike konfyte. Dit is ’n

“mengelmoes vir die oog”. Besoek die Skommelstoel – die assistent, Ena Uys, sal jou hartlik ontvang. Skommelstoel is by Mopanilaan 11 geleë en die winkelure is weeksdae vanaf 10:00 tot 17:30 en Saterdae van 10:00 tot 12:00. Vir meer inligting skakel 053-723-2619.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

3

MATRIEKAFSKEID

RAYNO NEL en Santie de Waal, albei van die Hoërskool Duineveld, het geskitter in hul pragtige uitrustings. Foto’s: Anena Burger

BO: Lizanne Hugo en NJ De Kock van die Hoërskool Duineveld ontspan ’n bietjie voor die groot glansaand.

BO: Vone Heyns en Robert Young, albei van die Hoërskool Duineveld, het ook hul aand ter­ deë geniet.

elegance comes to town DILLON VORSTER van die Hoërskool Duine­ veld het vir sy matriekafskeidsgeselligheid om­ trent alles laat invoer. Van sy bloedrooi pak wat spesiaal vir hom in Singapoer ontwerp en ge­ maak is tot sy fraaie nooientjie, Charlene Ver­ meulen, wat al die pad uit Kriel, Mpumalanga gekom het.

The wait is over – Upington finally has its own Queenspark store! Come and visit us at Queenspark, Kalahari Mall, Upington to see why so many love our classic fashion must-haves for men and women.

Now Open

SJ BECKER en Amor Lambrechts van die Ho­ erskool Duineveld het hul aand by die matriek­ afskeidsgeselligheid met ’n tikkie ou­Holly­ wood­glans opgetower.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Politieke sirkus begin MET 2014 en die verkiesing om die draai begin ’n mens weer bewus raak van die politieke spel rondom jou. Ons nader weer die tyd waarin elke politieke party berigte in die koerant wil plaas van die werk wat hulle gedoen het, steeds doen en nog wil doen. Skole, paaie, huise, universiteite, hospitale en nog vele ander instansies se sooispitplegtighede word gehou. Minderbevoorregtes word gehelp en alles moet gepubliseer word sodat alle partye soveel stemme as moontlik kan werf. Dit kan egter ook nadelig wees. Nou is die tyd dat elke opposisieparty ou koeie uit die sloot wil grawe. Elke amptenaar, politikus en raadslid se doen en late is onder die vergrootglas en elke fout word aan die groot klok gehang.

Albei pogings om in die media te verskyn het tog meriete. Maak dit werklik saak wat die beweegrede agter die bou van die skool, pad of hospitaal is, of is die feit dat dit tog gebou word, belangriker? Die foute, korrupsie en oneerlikheid moet uitgewys word en as dit ’n paar stemme in die sak bring, is dit tog twee vlieë met een klap. Wat egter geweldig pla, is die vraag wat tussen verkiesingstye gevra word: Gebeur daar iets of tel elke politikus, amptenaar en raadslid net geld en bou kontakte op? Word huise, paaie en hospitale se sooispit-geleenthede tussen verkiesings gehou? Word amptenare, politici en raadslede se minderwaardige optredes dan aan die groot klok gehang of lewe almal dan net te lekker?

Laat jou geloof jou dryf Philip van Vuuren IN Markus 5:25-34 is ’n gebeurtenis in die bediening van Jesus waarby ons goeie lesse kan leer. Dit handel oor die vrou wat aan bloedvloeiing gelei het en haar poging wat sy aangewend het sodat Jesus haar kon genees, is prysenswaardig. Weens haar siekte hoort sy nie eintlik daar nie, want volgens die wet was sy onrein en mag sy nie naby mense gekom het nie. Die Skrif vertel ook sy het erg onder die geneeshere gely. Sy het al haar besittings uitgegee sonder dat hulle haar gesond gemaak het. Sy was daarom bankkrot en het niks gehad nie. Al wie haar kon help, was Jesus. Dit is nogal eie aan ons tyd. Ek wonder hoeveel mense ly vandag omdat hulle nie toeganklike mediese sorg het nie. Jesus was so verdring deur die skare dat sy letterlik in die stof moes kruip. Haar geloof was só sterk. Sy het geglo dat as sy net aan sy klere kon raak, sou sy gesond word. Dit wys dat sy nie heeltemal handdoek ingegooi het nie, maar dat sy eerder op haar geloof staat gemaak het.

Haar wil om te leef het haar laat optree. Hoeveel mense is daar wat kan leef, maar nie meer wil nie? Dan kry jy ook mense wat só siek is, dat hulle nog wil leef, maar nie meer kan nie. Lewe is ’n geskenk van God. Dié vrou se optrede, haar desperaatheid, het bygedra tot haar genesing. Jy, liewe leser, moet daarom dink en jouself vra: Hoe ernstig is ons om gehelp te word? Geloof vra egter van elkeen van ons om ook ons deel te doen. Ons moenie net agteroor sit en ons aan omstandighede oorgee nie. Ons moet soms ernstiger tot die Here roep en partykeer meer in geloof teruggee. Ons moet miskien ook meer eredienste in kerke bywoon. ’n Engelse gesegde lui: We are not the victim, but we are victorious. Geloof in Jesus Christus bring hoop. Die vrou se geloof het haar tot aksie gedryf. Wat is jy bereid om te doen om te kry wat jy nodig het? ) Philip van Vuuren is leraar van die AGS-kerk Oasis op Kuruman.

Eie aan die Kalahari DIE trots van die Kalahari – pragtige gemsbokke. Hierdie foto is op die Mattanu­ private wildsplaas net buite Barkly­Wes geneem. Foto: Johan van Wyk

Hou jou oor op die grond DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Nou is jou kans. Met Kalahari Bulletin se nuwe webontwerp bied dit jou die kans om ’n burgerjoernalis te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, geleenthede, nuuswenke, misdaadvoorvalle, ensovoorts, te laai. Jy het oë en ore waar ons nie altyd kan wees nie. Jy weet wat lesers se hart vinniger sal laat klop. Ons het nie genoeg plek in die gedrukte koerant om elke week alles te plaas wat in die gemeenskap gebeur nie. En ons weet ook nie van alles wat

gebeur nie. Aan die web is egter geen einde nie. Al jou gemeenskapsnuus is steeds beskikbaar met foto’s, video’s, meningspeilings, ensomeer. Met die nuwe ontwerp verskyn die storie wat laaste gelaai is, eerste. Kalahari Bulletin se mobi-site gee jou toegang tot jou koerant op jou selfoon. Besoek die webwerf vandag by www.kalaharibulletin.co.za of op jou selfoon by kalaharibulletin.mobi. Onthou ook dat ons op Facebook is. Nuwe stories en foto’s word op ’n daaglikse grondslag gelaai. Gaan kyk gerus by www.facebook.com/kbulletin.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Oudword hou ook ander voordele in Annerie Louw AI, watter mooi herinneringe aan die kameeldoringbome so met die see in my ore. Die nuwe blyplek by die see is ook weer ’n ander aanpassing om nie eens van die nuwe status te praat nie. Ek en Dierbaarste moes in die tweede week van ons nuwe tuiste op verskillende dae elkeen ’n draai by verskillende vreemde dokters maak omdat ons in spasma was. Seker maar die baie trappe op en af of die rondskuif van meubels en

die gordyne ophang met arms bo jou kop dat jou rugbiltonge later pyn. Dit was op hierdie doktersbesoek dat ek die eerste keer “pensioentrekker” by “beroep” moes invul. Op daardie oomblik het dit vir my gevoel asof ons nou niks meer vir die gemeenskap kan

beteken nie, want ons is nou pensioentrekkers. Al die gespot vooraf het nou ’n werklikheid geword en watter wrede werklikheid. Geen volgende stap om voor te werk nie – ons is nou klaar voor in die bos, reg om gekap te word. Net voordat ek te veel daaroor hoef te tob, bel broer Stevie en vertel ons van die afslag wat pensioentrekkers op Donderdae by ’n eetplek kry. Wat ’n verrassing. Vir R72 vir ons twee oues van dae kan ek nie

eens een sak kruideniersware koop nie – wat nog te sê ’n verskeidenheid van geregte met nagereg maak. So vind ons ook uit dat daar in hierdie omgewing verskillende soorte afslag vir senior burgers is. “Maar dan moet jy 60 wees,” het ’n parmantige kassiere my gemaan toe ek probeer vir die afslag. Ons kort nog gordynrelings en maak ’n draai by Game. “Meneer, vandag is dit mos 10%-afslag op alle aankope vir pensioentrekkers.” Gelukkig het sy niks vir my gesê

nie. Ek dra in elk geval nie die beursie nie en is, ondanks die ydelheid, maar te dankbaar vir die afslag. “Dis die meeste klomp oumense wat ek nog bymekaar gesien het,” merk Dierbaarste op – vir daardie oomblik heeltemal onbewus van ons ouderdom. Dalk is dit die seelug wat hom so jonk laat voel. Om oud te word is nie vir sissies nie, is wel die algemene spreekwoord, maar om die voorregte van ouer wees te geniet, is weer ’n ander storie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

DIE bestuurder van Alert Plumbing Supplies, Debby Loots, oorhandig die Xbox­prys aan Heinrich Olivier. Foto’s: Madri Scheepers

DIE wenner van die eerste prys, Monica Joubert (links), en Debby Loots van Alert Plumbing Supplies. AL die wenners van die verskeie kompetisies met hul pryse. Van links is Enzo Wadrif (Weber­ braaier), Monica Joubert (42”­TV­stel), Katelynn Grobler (Canon­kamera), Milena van Zyl (Galaxy­tablet) en Heinrich Olivier.

Húlle wen groot pryse Ilse Watson

MET die opening van sy nuwe vertoonlokaal verlede week het Alert Plumbing Supplies op Kathu ’n groot kompetisie vir sy klante en ook vir laerskoolkinders aangebied. Die eerste prys was ’n LG 42” HD-televisiestel, die tweede prys was ’n Canon Complete Kitkamera en die derde prys ’n Samsung Galaxy 2-tablet. Die vierde prys was ’n Weberskottelbraaier. Die besigheid het ook ’n afsonderlike kompetisie gehou vir die Laerskool Kathu waarin die wenner ’n Xbox 360 kon wen. Hulle het ongelooflik baie inskrywings ontvang en hier is die wenners van die onderskeie kompetisies.

Glam Guru hier DIE Glam Guru, Hannon Botma, is op 12 Oktober op Kathu. Dié geleentheid is ’n spesiale oggend wat deur die Kathuapteek gereël is om geld vir Kansa Kathu in te samel. Met aankoms sal elke vrou ’n verwelkomingsdrankie en geskenkpak ontvang. Daar is sitplek vir 500 vroue. Koop jou kaartjies by Ria by die Kathuapteek (053-723-1101).


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

DR. DAN GOUWS, Tiekie die tandmuis en Susan Gouws van Elite Dental op Kathu. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Tandmuis loer in Benneli Olivier Van der Walt TIEKIE DIE TANDMUIS het saam met dr. Dan Gouws van Elite Dental die Preprimêre Skool Pikkie Pret besoek. Susan Gouws het die kinders geleer hoe om na hul tande om te sien. Tiekie het ’n tandmuissakkie aan al die leerlinge gegee. Hulle kan hul wisseltande daarin bêre vir wanneer die tandmuis kom kuier.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

JUANITA DU PLESSIS tree Vrydag om 21:00 op die Eiland­hoofverhoog op.

FREDI NEST tree Vrydag om 19:00 en Sater­ dag om 19:30 op die Eiland­hoofverhoog op.

Foto’s: Verskaf

KARLIEN VAN JAARSVELD tree Donderdag om 21:00 op die Eiland­hoofverhoog op.

GERHARD STEYN tree Vrydag om 22:00 op die Eiland­hoofverhoog op.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

MATRIEKAFSKEID

Kathu-matrieks hou afskeid Ilse Watson DIE matrieks van die Hoërskool Kathu het verlede Donderdag in styl afskeid geneem. Explosive Functions van Olifantshoek het verseker dat met die tema, Winter in die Kalahari, die saal in ’n paradys van ligblou en wit omgeskep word. Feestelike boompies, wit voëlhokkies, fairy lights en wollerige skapies was alles oral te sien en het die saal mooi afgerond. Eddie Stevens het die heerlike kos, waaraan die matrieks weggelê het, voorsien. Hoewel dit ’n stormagtige, stowwerige dag in die Kalahari was, het dit beslis nie die matrieks se gees gedemp nie.

EILEEN CAMPRECHT en Drikus de Lange.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

MERVIN KLUI en Marlize Dercksen.

DIE saal.

LUCINDA LIEBENBERG


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

DIE nuwe fase van die Kathu Village Mall soos dit ’n week gelede gelyk het. Gaan kyk gerus vandag hoe die nuwe gebied lyk. Foto’s: Madri Scheepers

IN die Colorado Spur is daar nou 76 ekstra sitplekke, asook ’n rookruimte vir klante. Die speel­ ruimte vir kinders is ook vergroot.

DIE restaurant Panarotti’s is van 31 Augustus af oop en bied ’n prettige speelruimte vir kinders. Dit is ook ideaal vir kinderpartytjies.

Mall op Kathu ’n ware inkopie-paradys Ilse Watson

DIE Kathu Village Mall bied nou ’n groot verskeidenheid winkels aan die inwoners van Kathu en omliggende dorpe. Voorheen moes inwoners na of Kimberley, of Upington ry om by die groter handelaars te gaan inkopies doen. Met die opening van die nuwe fase is daar nou altesaam 85 winkels – dit klink na ’n inkopie-paradys. Die Game-winkel is iets waarna inwoners vreeslik uitsien. Game is bekend vir sy kompeterende pryse en daar is ’n wye verskei-

denheid afdelings in hierdie winkel wat in enige behoefte van ’n klant kan voorsien. Nie-bederfbare kos, ontspaningstoerusting en kantoormeubels is onder meer hier beskikbaar. Daar is ook musiekspeler-stelle, tv’s en enige kombuisware waaraan jy kan dink wat te koop aangebied word. @Home is ’n ekslusiewe leefstyl-inkopiedroom met pragtige meubels, die beste kombuisware, asook badkamerbenodigdhede soos handdoeke, kerse en seep. Dié winkel bied ook pragtige dekoritems vir die huis en bruide kan hier vir die troue

register registreer. Dit is ideaal vir enige bruid en vir haar gaste is dit ’n wonderlike hulpmiddel, want hulle kan dan versker wees hulle koop die regte trougeskenk. Mr Price Home is bekend vir sy bekostigbare huisitems. Daar is iets van alles te kus en keur: pragtige kombuisware, dekoritems en enigiets wat jy benodig om jou badkamer mee verfraai. Daar is ook altyd ’n wye verskeidenheid fotorame beskikbaar. Mr Price Home is die ideale winkel as jy ’n geskenk vir iemand moet koop. Banke soos Standard Bank, Nedbank,

African Bank en ABSA bied aan kliente die nodige fasiliteite vir gerieflike banktransaksies – alles onder een dak. En as jy honger word, is daar baie restaurante om van te kies. Kry by die Biltong Den al jou peuselgoedjies vir daardie groot rugbywedstryd. As jou voete moeg geloop is, gaan eet gerus ietsie in die Spur, Panarottis, Wimpy, Doregos of die Fish & Chips Co. Vir al jou skoonheidsbenodighede besoek gerus die Beauty Star Clinic. En moenie van Clicks vergeet nie – daar is ook ’n apteek vir al jou mediese behoeftes.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Mall se 2de fase nou oop Ilse Watson

AAN die stuur van die Kathu Village Mall is Riekie Terblanche (links), die sentrumbestuurder, en Shireez Adams, die bedryfsbestuurder. Foto: Madri Scheepers

DIE Kathu Village Mall open vandag sy tweede fase. Dié sentrum word deur die maatskappy Resilient Property Income Fund besit. Die eerste fase van die winkelsentrum het in November 2008 geopen. Met die nuwe uitbreiding word die grootte van die sentrum met 7 500 m² vergroot en die algehele grootte van die sentrum sal dan 25 900 m² beslaan. Winkels in die tweede fase sluit in: Game, Nedbank, African Bank, Verimark, Vodacom, Skipper Bar, Sportscene, Discount Fashion, Fragrance Boutique, NWJ, Franco Ceccato, Eyecatchers, Mr Price Home, Studio 88, @home, Trappers en verskeie banktellermasjiene. Cell C sal in die eerste fase oopmaak. Benewens die werk aan die tweede fase is die Colorado Spur onlangs vergroot en bied nou meer tafels aan sy klante. Die restaurant Panarotti’s het ook onlangs hier oopgemaak. Met die opening vandag sal Game verseker klante kan op ’n georganiseerde manier die winkel inkom en net ’n sekere getal mense sal op ’n keer toegelaat word. Game sal ook die volgende drie dae spesiale aanbiedings aan klante bied. Die nuwe fase is noukeurig beplan en daar is onder meer laer wasbakke vir kinders in die badkamers. Die sekuriteit is ook verbeter en meer kameras is in die sentrum aangebring. Die nuwe parkeerterrein is saans goed verlig en die parkering is steeds gratis. Daar is ook ’n nuwe ingang op die Debenpad.

SÓ SÊ LESERS OOR DIE NUWE FASE Banie Reinecke: Nou is Kimberley se winkels skielik nader. Alta Pienaar: Kan nie wag nie. Net jammer die verkeersprobleem na en van die mall word nie opgelos nie. Retha Myburgh: Sjoe, maar julle raak nou grênd. Benneli Olivier: Ek dink dit is fantasties dat ons nog winkels bykry. Nou hoef ons nie meer so ver te ry nie. Hester van Niekerk: Ek dink dit is great. Hopelik is daar minder klerewinkels en ander nuwe goed. Donna Jacobs: Sien baie daarna uit om “groot handelaars” in ons omgewing te hê, maar die verkeers- en sekuriteitsaangeleenthede moet ook beslis getakel word.

KONTAK ONS KURUMAN-INWONERS en lesers kan binnekort vir Ilse Watson kontak as hulle nuus in die Kalahari Bulletin Kuruman wil hê. Ilse neem op Maandag 30 September die leisels by Joanie Bergh oor. Lesers van die Kalahari Bulletin Kathu en sy omliggende dorpe kan steeds vir Ilse kontak oor nuusgebeure op en om Kathu. Kontak Ilse by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

15

Matrieks koninklik onthaal Lynn-Mari Olivier

JAPIE STEYN en Lolla Scheepers.

Foto:Verskaf

DIE matrieks van die Hoërskool Kalahari kon sowaar koninklik voel op hul matriekafskeidgeselligheid. Die tema was Koninklike troue. Talle motors het elke paartjie in styl aan die agterkant van Kameeldoringpark afgelaai. Dit het gelyk asof die manier van vervoer ’n belangrike rol gespeel het om die matrieks se uitrustings af te rond. Voordat die paartjies die saal ingestap het, moes hulle eers, soos dit ’n prins en prinses betaam, hul rokke en pakke aan die skare wys. Pers was duidelik die gewildste kleur onder die meisies. Die gr. 11-leerlinge, geklee in swart en wit, het in tipies koninklike styl die paartjies ingewag om die saal in te gaan. Massas liggies uit die dak en silwerkandelare op die tafels het die tema mooi afgerond. Kyk na nog foto’s van die geleentheid op die webblad www.kalaharibulletin.co.za.

VAN links is Zanri Snyman, Johan Jonker, Wilanry Greeff, AJ Le Roux, Sonja Bateman en Bolla Bester. Foto: Lynn-Mari Olivier


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

SE PT EM BE R2 01 3

16

8 Panel Door Michelle Basin MICB1TH • One tap hole • Excludes pedestal

29999 Lawnmower & Trimmer Combo 99-30123 • Lawnmower - 1000W Long-life ball bearing induction motor - 3 Position height adjustable (20/40/60mm) - 32cm Cutting width - 30L solid grass box - Lock-off safety switch • Trimmer - 350W bearing motor - 26cm Cutting diameter - Double 1.2mm cutting line - Automatic tap-to-feed cutting head for trouble-free line-feed - Easy-to-change cutting line spool - Wide-vision, impact-resistant safety guard

99999

per set

1 Year Domestic use warranty

0603340100 / PSS200AC • 200W • 92 x 182mm • Clean working due to micro-filter system

Masonite Hollowcore Interior Door HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges

Michelle Pedestal

Includes Carry Case

Orbital Sander

KYD8 • 813mm x 2032mm • Use under cover, must be sealed

MICPED • Excludes basin

1 Year

1 Year

Guarantee

Guarantee

69999

13999 14999

399

99

3 Bag Filter 180A Air Cooled Welder

Mist Fan

+

FS1619R • 40cm Stand mist fan • 90° Oscillation, 3 speed • Remote control • Humidity function • Mist capacity: 200ml/h, height: 1.3m • Tank capacity: 1.5L • LCD display • Silver/black only

99999

VISIT US TODAY!

3 Seodin Avenue, Kuruman

Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117

MAT9040 • Single phase 220V • Moveable core type transformer welder • Suitable for DIY applications • Thermal protection overload • No load voltage 47 to 50V • Output 60-180A • Duty cycle 30% • Weight 21Kg

Sunflo Pool Pump Sunflo 0.75kW

520-1006M • To be used with a 0.75kW pump

129999

179999

500-2010M • Reinforced clear lid fitt unions • Quick fi

Bull Shark Combi Pack

K0710 • 8 x 1m Durable hoses included • Low maintenance & easy set up

99999

119999

per kit

TRADING HOURS Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:

07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00

• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 24 September- 06 October 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za

3 Year Warranty on Tank

A single moving part with lifetime warranty


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

VLV-lede leer rose snoei Petro Spangenberg

EON DE KLERK van die Tuinpaleis­kwekery het ’n uitstalling gehou en ’n praktiese roos­ snoeidemonstrasie aangebied.

Sien stuk op Kathu GROET DIE GROTMAN is op 3 Oktober op Kathu. Alle geld wat ingesamel gaan word, is ten bate van Kansa Kathu. Hierdie is ’n optrede wat nie gemis moet word nie. Dit vind by die Hoërskool Kathu plaas en dit begin om 18:30. Die koste van die kaartjies is R100 per persoon. Kry jou kaartjies by Carolene 082-449-7707, Carin 083-554-7707 en by Kansa Kathu by 082226-1239.

OP die vergadering van die Vroue-Landbouvereniging (VLV) se Kuruman-tak het Ansie Cilliers, die sameroeper, Eon de Klerk oor die nuutste tuinboumodes uitgevra. De Klerk is van die Tuinpaleis-kwekery en het ’n uitstalling, asook ’n praktiese roossnoeidemonstrasie, gehou. Die VLV-lede het geleer die binnekant van die roosboom moet heeltemal uitgesnoei word sodat

dit soos ’n teekoppie lyk en dan moet die buitenste takke verminder word sodat dit nie oor mekaar groei nie. Bykans twee derdes van die plant moet weggesny word. Rose groei egter nou al welig en moet goeie bemesting kry. De Klerk het gesê die nuwe meerjarige petunias is pragtig en veral geskik vir hangmandjies. Kamelias ryp glad nie dood nie en groei in die koelte. Die lewe raak net makliker – daarom is groentesaailinge nou

te koop en tuiniers hoef nie meer so lank te wag voordat die groente op die tafel is nie. Ansie Venter het haar vanjaar by die VLV aangesluit en vertel van haar opdraande stryd ná haar man se dood toe sy met ’n paar plase en vier seuns die mas moes opkom. Al wat sy geweet het, is dat dit moet reen. Die Glen-landboukollege by Bloemfontein moes haar van weiding, bulle en veevoer leer. Sy het nie op haar

laat wag nie en het in 2000 die boervrou van die jaar-kompetisie as top-uitvoerder van rooi vleis in die Noord-Kaap gewen. Sy is nou heeltyds

aan die boer op vier Kalahari-plase en dit wys ’n vrou hoef nie terug te staan vir beroepe wat oorheersend deur mans beoefen word nie.

17

Boere het ondersteuning nodig, veral deesdae met hoë insetkoste en arbeidsaangeleenthede, terwyl die natuur nie altyd saamspeel nie.


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

MF MOKUBUNG

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.

AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.

Industriële vensterlose, hoë BAKKIEKAPPIE wat booor kajuit gaan, te koop. Pas op Mazda, Ford, ens. R5 000. 082 551 6622.

YORKSHIRE TERRIëRS te koop. Kuruman. 3 tefies en 1 reun. 6 weke oud. Gespuit en ontwurm. Skakel 082 559 9455.

053 712 1961 053 712 2068

RUIM 1-SLK-woonstel in veilige omgewing. Skakel Hannes: 083 267 0003. R4500 W en l uigesl. Kuruman.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

In die boedel van wyle Monty Frank Mokubung, identiteitsnommer 250419 5162 085, met nagelate eggenote Leratoeng Wilhelmina Mokubung, identiteitsnommer 320212 0261 085, in lewe van Leratongstraat 355, Magojaneng-distrik, Kuruman, boedel-nommer: 2706/2011. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kanttor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) DAE VANAF 27 SEPTEMBER 2013. Prokureurs: Duvenhage & Van der Merwe Posbus 63 Kuruman 8460

ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir Proffesionele geakrediteerde installasies. Francios 072 156 4035 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker:082 829 0292 Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 072 747 1991/073 558 4705 Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991/073 558 4705

HILUX 1.8, 1980, running, papers in order - R18 500. Christiana 071 967 0285 ISUZU 2.5D, 1995, R27 000. Hilux 1.8, 1995, R39 500. Phone 072 472 8686.

2004 CONDOR, 2.4D, R70 000. 2002 Toyota KZTE 3.0D, R75 000. Phone 072 472 8686. 2008 TOYOTA COROLLA D4D 2.0: White, fullhouse. 165 000 km. R140 000. TOYOTA COROLLA 1.6 Sprinter, 2012. Silver. 14 500 km. R195 000. Phone 084 313 5336. MERCEDES 300E, 1990 R17 500. 1990 Jetta 1.8 R18 500. 1985 Cortina 3.0 R11 500. Phone 072 472 8686.

AVON REPRESENTATIVES needed. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell Nr to 083 721 5888. TEGNIESE VERTEENWOORDIGER: Agtergrond van omliggende myne in die Kuruman/Hotazel-omgewing. Tegniese agtergrond. Goeie menseverhoudings. Afrikaans- en Engels- sprekend. Permanente aanstelling. Stuur asseblief CV na accounts@dvdeng.co.za of faks na 086 243 5850.

POLO 1.6, 2001 - R33 500. 2001 Sentra 1.6 R33 500. 1997 Astra 1.6 R27 500. Phone 072 472 8686. POLO 2.0 1999 R29 500. 2001 Mazda 1.6 R24 500. 1995 Sentra 1.6 R22 500. Phone 072 472 8686.

MF 65 TRACTOR, R27 000. 8-ton truck, rails, R58 000. 072 472 8686.

CASH FOR CARS, bakkies, caravans, trucks and tractors. Phone 072 472 8686.

J STEYN In die boedel van wyle Johannes Steyn, boedelnommer: 291/2013, voorheen woonagtig te Thompsonlaan 32, Kuruman. Skuldeisers en skuldenaars in boegemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 27 September 2013. Jordaan & Mans Ing Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 sumari@jorman.co.za

SOEK, KOOP, VERKOOP

PJ DE NYSSCHEN In die boedel van wyle Petrus Jacobus De Nysschen van Kameellaan 11, Kuruman 8460, boedelnr: 2099/2013, geboortedatum: 23/04/1953, identiteits-nommer: 530423 5094 084, datum oorlede 18/10/2012 en nagelate gade Getruida Johanna Magdalena de Nysschen, geboortedatum 09/02/1955. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 27 September 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. Geteken te Kuruman op die 13 dag van September 2013. KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

FRESH PERSPECTIVES Our diversity makes a world of difference.

CONVEYOR BELT REPAIRER: DMS PLANT, KUMBA IRON ORE,

SISHEN MINE, NORTHERN CAPE BAND 8

Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this role, you will take charge of the splicing and lagging functions, where duties will include splicing on all sizes of steelcord conveyor belts and pylon conveyor belts in the plant, making old splices on the pylon conveyor belts, lagging of pulleys in the workshop, as well as in the plant, and lagging of all other items in the plant (excluding chutes and pipes). You must ensure all items are coated with ceramic, and will be expected to roll up and remove worn-out conveyor belts and conduct extensive conveyor belt inspections on a regular basis. Apply today with your Grade 12/N3, strong technical skills and 5 years’ relevant experience, as well as a valid Code 08 driver’s licence. You must be declared competent as a Conveyor Belt Repairer (certificates to be shown). If you can work in a team and comfortably at heights as well as work overtime during breakdowns, you could be our ideal candidate. Ref. S706762 See your career dreams grow at Kumba Iron Ore Ltd. Apply today by forwarding your application to sishen1@angloamerican.com before 4 October 2013. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 102585

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

23


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Skaatsers reg vir aksie Charné Kemp DIE aanloop tot die Kimberley Diamond Cup- (KDC) skaatsplankry-kampioenskapsbyeenkoms (KDC) van 27 tot 29 September is in volle gang. Kumba Iron Ore, wat die byeenkoms borg, het die afgelope naweek skaatsplankrybyeenkomste en klinieke op Postmasburg en Kathu aangebied. Intussen is ’n indrukwekkende lys skaatsers bekend gemaak wat om die prysgeld van $100 000 (sowat R980 000) in die KDCstraatafdeling gaan meeding. Die professionele straatskaatsplankryers wat gaan deelneem, is Youness Amrani, Mike Anderson, Curren Caples, Lucas Carvalho, Danny Cerezini, Trevor Colden, Jack Curtain, Ryan Decenzo, Adam Dyet, Tommy Fynn, Felipe Gustavo, James Hardy, Wes Kremer, Rodrigo Leal, Louie Lopez, Greg Lutzka, Alec Majerus, Alexandre Massotti, Nick Merlino, Silas Baxter Neal, Manny Santiago, Evan Smith en Rodrigo TX.

“Die tydskedule is ongelooflik,” sê Greg Lutzka, ’n vorige kampioen. “Dit gaan ’n baie mededingende kompetisie wees. Daar gaan baie aksie op dieselfde tyd wees en baie toertjies gaan uitgevoer word. Lekker.” Die Kimberley Diamond Cup-straatkampioenskapbyeenkoms gaan regstreeks in SuidAfrika en in 173 lande uitgesaai word. Daar is reeds twee professionele toere van Kaapstad en Johannesburg na Kimberley onderweg. Op pad word skaatsplankryklinieke en demonstrasies gehou. Vir die jongste nuus besoek www.kimberleydiamondcup. com of volg KDC op Twitter en Facebook. ) Johann van Schalkwyk, KDC-projekbestuurder, sê: “Die Noord-Kaap het tot nou sowat 4 000 nuwe skaatsplankryers opgelewer. Dit is ’n manier vir kinders van arm gemeenskappe om ’n gesonde stokperdjie te beoefen. Dalk kan hulle nog professionele, hoogs betaalde atlete word.”

RYAN DECENZO in aksie in verlede jaar se Maloof Money Cup­straatafdeling in Kimberley.

Foto: Verskaf

Sportklubs en skole van Deben, Postmasburg, Olifantshoek en Kathu kan hul sportnuus en foto’s aan ilse.watson@volksblad.com stuur of haar by 079-831-5579 bel.

Kathu bulletin 25 sept 2013  

Kathu bulletin 25 sept 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you