Kathu bulletin 11 sept 2013

Page 8

8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013

ANDRIES VERMEULEN is weer vanjaar die aankondiger op die hoofverhoog.

Bekendes op fees VANJAAR is die Kalahari-kuierfees 21 jaar oud en op Saterdag 28 September gaan die fees behoorlik kook! Vanjaar tree bekende kunstenaars soos Andries Vermeulen, Manie Jackson, Adam en Dr. Victor and the Rasta Rebels op die Nashua Mobile Eiland-hoofverhoog op. Daarby vind die jaarlikse vuurwerkvertoning waarmee die kuierfees afgesluit word, weer om 23:00 plaas. Wat diĂŠ Saterdag se vermaak nog meer aanloklik maak, is die toegangsgeld bly presies dieselfde as in 2012. Saterdag kos dit slegs R70 per volwassene en R30 per kind om die fees te besoek. Om in die Oranjerivier-kuiertent die Saterdag deur te bring kos R120 per volwassene en R50 per kind. Vir meer inligting besoek die kuierfees se webtuiste by www.kuierfees.co.za of sy Facebook-blad. Vir meer inligting bel die feeskantoor by 054-332-1100.

Foto: Verskaf

ADAM tree op Saterdag 28 September op die kuierfees op.

Foto: Verskaf

DR. VICTOR AND THE RASTA REBELS tree op Saterdag 28 September op die Nashua Mobile-eiland-hoofverhoog op. Foto: Verskaf


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.