Kalahari Bulletin 25 April 2013

Page 3

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Baie nat Hakskeenpan is ‘nodig’ André Botha DIE normaalweg kurkdroë Hakskeenpan waar ’n aanslag op die wêreldlandspoedrekord gedoen gaan word, is vol water ná swaar reën in die gebied sedert die Paasnaweek. Dit is egter ’n goeie ding, want dit is noodsaaklik dat groot hoeveelhede water in die pan moet wees om enige skade te herstel wat in die voorbereiding op die spoedrekord veroorsaak is. Andy Green, ’n voormalige Britse vegvlieënier wat in 1997 die huidige landspoedrekord van 763 m/h (1 228 km/h) in die Black Rock-woestyn in Amerika opgestel het, wil in 2014 of 2015 met die supersoniese Bloodhoundvoertuig ’n aanslag op dié rekord op Hakskeenpan, digby die aansluiting van die grense tussen Botswana, Namibië en Suid-Afrika, maak. Rudi Riek, baantoesighouer van die Bloodhound-projek, sê die Kalahari het ’n besonder droë somer gehad, terwyl reën normaalweg tussen November en Maart val. Die afgelope somer het dit egter in dié tydperk weinig gereën totdat dit oor Paasnaweek goed uitgesak het. ’n Boer digby die pan het sowat 60 mm reën op sy plaas gemeet, wat waarskynlik ook die hoeveelheid is wat dit oor die pan gereën het. Riek sê die watervlak van die pan sal waarskynlik geruime tyd hoog bly omdat verskeie riviere by die pan invloei en dit ook in Namibië goed gereën het. “Dit is ’n baie positiewe verwikkeling in die voorbereiding van die baan, omdat dit nodig is dat groot damme water vir ’n tydperk op die pan moet staan om enige skade in die voorbereidingsproses te herstel.” Dit is moeilik om te bepaal hoe lank dit vir die pan sal duur om op te droog. Die beskikbare inligting is op grond van vorige jare toe dit reeds in Desember gereën het, en daarna deur die seisoen gereën het. Die verwagting is dat die pan teen middel of laat Junie droog sal wees, mits dit nie weer reën nie, sê Riek.

GOEIE reën oor Paasnaweek het meegebring dat Hakskeen­ pan, waar ’n aanslag op die wê­ reldlandspoedrekord gedoen gaan word, vol water is. Foto: Nico Fourie

ANDY GREEN, die “vinnigste man in die wêreld” wat in 2014 ’n aanslag op sy eie wêreld­ landspoedrekord gaan maak, is hier op Hakskeenpan afge­ neem waar hy die rekord wil ver­ beter. Die pan is nou vol water. Foto: Emile Hendricks

3


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.