Kalahari Bulletin 25 April 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Postmasburg

25 APRIL 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

TEL. 054­331­3482

Stap ’n hart uit vir welsyn Lizette Slabber

“VIR die liefde wat ek vir die lewe het en om betekenis oor die grense van sukses heen te ervaar.” Dít is die redes waarom Charlotte Steyn 5 327 km vir die bewusmaking van nege welsynsorganisasies stap. Steyn was verlede Dinsdag en Woensdag op Upington op haar hartvormige roete van Kaapstad tot weer in Kaapstad. Sy stap op ’n hartvormige roete Suid-Afrika deur om geld vir nege welsynsorganisasies in te samel. Dié welsynsorganisasies is gekies om die lewensiklus te simboliseer. Sy het nege organisasies gekies om die lewensiklus te verteenwoordig; kinders, opvoeding, gesondheid, MIV/ vigs, gestremdheid, bejaardes, menseregte, die omgewing en diere gaan almal baatvind by die geld wat ingesamel is. Sy het op Saterdag 16 Maart begin stap en het tot op Upington al een maand en vier dae lank gestap. Sy stap elke dag tussen 35 km en 40 km en slaap sommer langs die pad indien dorpe te ver uit mekaar is. In die maand het sy nog net ses dae uitgespan waarvan vyf

gebruik is om bewusmaking vir haar projek Hearts in Motion te kweek. Sy word deur Noel Kitching ondersteun wat nie net saamry nie, maar ook ’n kookboek aan die saamstel is wat al hul Hearts in Motion-resepte van elke aand sal bevat. Sy beskryf die stappery sover as fantasties. “Niks negatiefs het nog gebeur nie en as iets onaangenaams gebeur, is dit net deel van die ervaring.” Sy beskryf haar eerste kennismaking met Upington as redelik snaaks. “Ná maande van piepklein dorpies het die grootheid van Upington my ’n bietjie afgeskrik.” Volgens Steyn was Vanessa van Wyk van die Upington-toerismekantoor baie hulpvaardig. Sy het selfs vir Willem Engelbrect, munisipale bestuurder van die //Khara Hais-munisipaliteit, gekry om hulle te ontmoet en hy het hulle gratis in die Eiland-vakansieoord laat bly. Met 835 km agter die rug het Steyn die pad na Kuruman op Donderdag 18 April aangepak. Volg haar vordering op www.facebook.com/HeartsInMotionTrailProject.

CHARLOTTE STEYN gaan 5 327 km vir die bewusmaking van nege welsynsorganisasies Suid­Afrika deur stap. Hier rus sy in die Eiland­vakansieoord ná meer as 800 km. Dié paar tekkies het al meer as 3 000 km afgelê, want sy het verlede jaar met hulle die Camino in Spanje gestap. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Spog met nuwe naam

Preek in VEK op Upington

DIE Siyanda-distriksmunisipaliteit gaan voorts as die Z.F. Mgcawudistriksmunisipaliteit bekend staan. Die naamverandering sal van 1 Julie 2013 geld. Die proses om die distriksmunisipaliteit se naam te verander is al in 2010 begin en is in die provinsiale regeringsgazette van 22 Oktober 2012 geadverteer. Volgens Martha Manyehe, woordvoerder van die distriksmunisipaliteit, beteken siyanda “ons groei”. “Daarom is dit juis gepas dat die distriksmunisipaliteit nou groei om een van sy kinders te vereer wat nie net ’n vryheidsvegter was en sy lewe gewy het aan die stryd teen apartheid nie, maar ook ’n man was wat sy mense en sy gemeenskap tot sy dood in

DR. LEMMER DU PLES­ SIS, welbekend as die mens wat groot gedeeltes van die Bybel in Afrikaans, Engels en Grieks kan aan­ haal, tree van Sondag in ’n reeks dienste in die Uping­ ton­ Volle Evangeliese Kerk (VEK) op. Hy gaan op Sondag 28 April om 09:30 en 18:30, Maandag om 18:30 en Dinsdag om 18:30 in die VEK optree. Rig navrae aan Dekker Stadler by 084­231­1680 of die kerkkantoor by 054­ 331­1689. Foto: Verskaf

Julie 2001 gedien het.” Manyehe sê die verandering van geografiese name is deel van ’n proses van herstel en versoening en nie ’n poging om die geskiedenis van enige deel van die samelewing te ontken nie. Dit poog juis om inklusiwiteit en deelname aan die demokrasie te bevorder deur ’n gemeenskaplike erfenis te erken. Zwelentlanga Fatman Mgcawu, wat algemeen as Fatman bekend was, was die eerste swart burgemeester van die //Khara Hais-munisipaliteit wat ná 1994 gekies is. Hy is in Paballelo gebore en het daar grootgeword. Hy het ’n graad in drama aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal. Hy was ’n akteur en komediant,

maar ook baie aktief as politikus. As burgemeester het hy baie projekte begin om armoede te bestry en hy was ook by die ontwikkeling van die Upingtonlughawe betrokke. Manyehe sê dit sal ’n tydjie duur vir mense om aan die naamverandering gewoond te raak, maar ’n distriksmunisipaliteit wat na ’n gemeenskaps- en gesinsman genoem is, is waarlik ’n munisipaliteit wat sy gesin en gemeenskap eerste sal stel. “Ons groei nie meer nie, ons is nou ’n volgroeide distrik met hope potensiaal en geleenthede vir almal.” ) Brugstraat op Upington se naam is ’n paar maande gelede na Z.F. Mgcawustraat verander.

Mishandeling onder die loep 12/30

12/31

12/30

N­15

N­15

N­20

FAMILIES SUID-AFRIKA (FAMSA) bied op 7 Mei om 15:00 ’n praatjie deur Jath van der Westhuizen, ’n maatskaplike werker en skrywer met ’n predikantagtergrond, by Coffee4U aan. Van der Westhuizen gaan oor seksuele mishandeling en alkohol- en dwelmmisbruik praat. Die praatjie is deel van Van der Westhuizen se Noord-Kaapse Red ons Kinders-toer. Volgens Van der Westhuizen word een uit elke drie meisies en een uit elke ses seuns voor die ouderdom van 18 seksueel misbruik. Suid-Afrika se verkragtingsy-

fer is een van die hoogste in die wêreld en alkohol en dwelms speel ’n groot rol in die hoë verkragtingsyfer. Daarby neem mensehandel daagliks toe. Tydens die praatjie fokus Van der Westhuizen op maniere waarop kinders teen hierdie aanslae beveilig kan word. Van der Westhuizen tree gereeld by gemeentes, hoër- en laerskole op en tydens dié geleenthede rus hy mense met lewensvaardighede toe. Hy help gemeenskappe om alle vorme van misbruik en mishandeling te voorkom en aan te pak.

Hy is ’n kenner op die gebied van dwelmmisbruik en is die medeskrywer van die boek Vicky wat oor mensehandel in Suid-Afrika gaan. Sy ander boek, Brieke sonder babelaas, handel oor die probleem van alkoholmisbruik onder die jeug. Albei die boeke rus lesers met die nodige lewensvaardighede toe en sal ná die praatjie te koop wees. Die praatjie is gratis, maar die koffie wat tydens die optrede verskaf gaan word, kos R15. Besprekings kan by Ester Hayes by 054-332-3955 gedoen word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Baie nat Hakskeenpan is ‘nodig’ André Botha DIE normaalweg kurkdroë Hakskeenpan waar ’n aanslag op die wêreldlandspoedrekord gedoen gaan word, is vol water ná swaar reën in die gebied sedert die Paasnaweek. Dit is egter ’n goeie ding, want dit is noodsaaklik dat groot hoeveelhede water in die pan moet wees om enige skade te herstel wat in die voorbereiding op die spoedrekord veroorsaak is. Andy Green, ’n voormalige Britse vegvlieënier wat in 1997 die huidige landspoedrekord van 763 m/h (1 228 km/h) in die Black Rock-woestyn in Amerika opgestel het, wil in 2014 of 2015 met die supersoniese Bloodhoundvoertuig ’n aanslag op dié rekord op Hakskeenpan, digby die aansluiting van die grense tussen Botswana, Namibië en Suid-Afrika, maak. Rudi Riek, baantoesighouer van die Bloodhound-projek, sê die Kalahari het ’n besonder droë somer gehad, terwyl reën normaalweg tussen November en Maart val. Die afgelope somer het dit egter in dié tydperk weinig gereën totdat dit oor Paasnaweek goed uitgesak het. ’n Boer digby die pan het sowat 60 mm reën op sy plaas gemeet, wat waarskynlik ook die hoeveelheid is wat dit oor die pan gereën het. Riek sê die watervlak van die pan sal waarskynlik geruime tyd hoog bly omdat verskeie riviere by die pan invloei en dit ook in Namibië goed gereën het. “Dit is ’n baie positiewe verwikkeling in die voorbereiding van die baan, omdat dit nodig is dat groot damme water vir ’n tydperk op die pan moet staan om enige skade in die voorbereidingsproses te herstel.” Dit is moeilik om te bepaal hoe lank dit vir die pan sal duur om op te droog. Die beskikbare inligting is op grond van vorige jare toe dit reeds in Desember gereën het, en daarna deur die seisoen gereën het. Die verwagting is dat die pan teen middel of laat Junie droog sal wees, mits dit nie weer reën nie, sê Riek.

GOEIE reën oor Paasnaweek het meegebring dat Hakskeen­ pan, waar ’n aanslag op die wê­ reldlandspoedrekord gedoen gaan word, vol water is. Foto: Nico Fourie

ANDY GREEN, die “vinnigste man in die wêreld” wat in 2014 ’n aanslag op sy eie wêreld­ landspoedrekord gaan maak, is hier op Hakskeenpan afge­ neem waar hy die rekord wil ver­ beter. Die pan is nou vol water. Foto: Emile Hendricks

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Dorpe verheug oor ekspo DIE meeste klein dorpies se landbou skoue het deur die jare eenvoudig verdwyn, daarom is die voortbestaan van die Upington-landbouekspo so belangrik. Die jaarlikse landbouskoue was altyd ’n groot trekpleister vir talle dorpies en dié dorpies het met hul skou ’n lekker ekonomiese inspuiting vir die dorp bewerkstellig. Maar daar is weinig van dié skoue oor. Daarom is dit heerlik dat die Upington-landbou-ekspo skynbaar net van krag tot krag gaan. Daar vind elke jaar tydens die ekspo ’n groot arabierperd-, meatmaster- en jeugskou, sowel as ’n beesinterraskompetisie, plaas. Dié skoue word vanjaar met die byvoeging van ’n miniatuurperd-streekskou uitgebrei. Dit is alles aspekte van die ekspo wat baie mense van buite die streek na Upington lok.

Sonder die ekspo verloor Upington dus baie blootstelling waarsonder ’n landbougemeenskap soos op Upington werklik nie kan klaarkom nie. Upington het die afgelope paar jaar geweldig uitgebrei, maar die meeste van sy ekonomiese lewenskrag is steeds van die landbouaktiwiteite in die omgewing afhanklik. Daarom kan ’n dorp soos Upington nie sonder ’n landbou-ekspo nie. Nie net in terme van blootstelling nie, maar ook in terme van die ekonomiese inspuiting wat dit aan die omgewing bied nie. Aan die anderkant bied die ekspo ook die ideale geleentheid vir boere om ’n bietjie te ontspan, die nuwe trekkers te bestudeer en eintlik net ’n heerlike kuiernaweek met hul gesinne te deel. Dit is dus sommer twee vlieë met een klap en wat is nou lekkerder as dit.

Kennis van God ’n aangename geur Schalk Theart DIE boom van die lewe. Op ons plaas Blomfontein in die distrik Nieuwoudtville het ’n massiewe groot kroondenneboom gestaan. Ons voorgeslagte het vertel hy was so groot nog voor hul tyd. Ma het ons geleer om na die suising van die wind te luister. Dit was amper asof ons die wind deur sy yl takke kon sien speel. Blykbaar moes ons iets van die verandering van die weer verstaan. Wanneer dit klink asof die wind beur om deur die takke te kom was dit die naderende winterreën. Wanneer ons met die sinkemmer in die koel klipkas gaan water haal het, het Ma gevra ons moet die vars denneknoppe wat die vorige nag afgewaai het, optel om teen die vuur te sit. Die hitte laat die knop oopspring en ons kon die gitswart pitte uithaal. Die dennegom het soos ’n neet aan ons hande geklou. Met growwe, nat sand kon ons daarvan ontslae raak. Die moeisame werk was om die pitte te kap. Ma het ’n ronde klip uit die oertyd gehad waarmee sy pypkaneel fyngekap het. Die dennepit word behendig tussen duim en wysvinger vasgehou. Die dik kant van die pit word hard gekap sodat die dop breek. Die wysvinger en duimnael word gebruik om die kos uit te haal. Die kos word sag in jou hand gevryf om van die bruin doppie ontslae te raak. Die smaak is ’n geheim, want net hulle wat dit geproe het, weet hoe dit smaak. Koos Paulse het sy geel Springbok-twaksak vir ons gegee. Sondagoggende het ons gebukkend onder die boom rondgeloop, versigtig die dennenaalde weggekrap en na die pitte gesoek. Wanneer die noordwestewind gewaai het, was daar baie pitte om op te tel

en net jy het geweet waar jou sakkie pitte gebêre is. Met basaartyd wanneer Ma die plaatkoeke gebak het, het jy al die heel pitte vir haar uitgesoek. Die plaatkoeke is met helderrooi en grasgroen kleursel gekleur. Dit het soos mierpaadjies deur die koek gevleg. Ons het geglo al geur wat saak maak, is die geur van dennepitte. Wanneer ons ’n half uitgeswelde pit opgetel het, is dit onder die boom begrawe. Dit is dan gereeld met die waterhaalemmer natgegooi. Ek het gewonder of die Boom van die Lewe in die Tuin van Eden nie dalk ’n kroondenneboom was nie. Adam en Eva kon hulle met reg teëgesit het as hulle van só ’n boom vervreem moes word. Die boom het ’n jaar ná Pa se dood op 25 April– op sy verjaardag – omgeval. Maar tog, in sy koelte het daar weer reuse-bome verrys. Ons kleinkind, Isak, is gaande oor die smaak van dennepitte. Hy deel dit graag met Inge en Josef. Sy handjies is al behendig genoeg om self die harde dop te kraak. Oupa gaan hom ook leer om een pit lank genoeg te hou totdat hy met die eerste winterreën geplant kan word. Paulus sê deur ons versprei God die kennis van Christus oral soos ’n aangename geur. Dit is ’n lewensgeur wat lewe wek. Ons het ook al vir ons kleinkinders gelees van die boom wat by die waterstroom geplant is en wat sy vrug op sy tyd gee. Oupa het op sy plaas al vyf kroondennebome Geplant vir hulle. In hul koelte gaan hulle speel en ook vir hul kinders leer om die geur van dennepitte te waardeer. ) Ds. Schalk Theart is die leraar van die NG kerk op Daniëlskuil.

HIERDIE pragtige visarend by Broad Waters buite Douglas is raakgesien: voorwaar ’n prentjie om die natuur opnuut te waardeer. Foto: Jean-Marie Ward

Molete will be missed MOTLOGELWA MATSIPANE, district secretary of the SACP: THE SACP (South African Communist Party) Bram Fischer District is saddened by news of the death of one of its revolutionaries, Ester Molete, who was the mayor of the Joe Morolong Local Municipality. We lost a soldier in our broader alliance. We would like to extend

our revolutionary and sincere condolences to the family, friends, colleagues and the broader alliance. Ester was a selfless leader, a mother, sister and advisor to many of us, even beyond the borders of our district. She shared her life between her family and the revolution in building a better South Africa. She was one of the most advanced women in the district, but despite this she re-

mained humble to the ordinary people she was leading. The party will always remember her as a principled, engaging, caring, selfless and down-to-earth leader. She was always willing to assist wherever she could. The soldier has fallen. It is our revolutionary responsibility to pick up the spear she used and continue to fight with clear and focused minds to build the nation and improve the lives of the working class and the poor of our country. This, in pursuit of the emancipation of women, which was Ester’s number one priority.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.

Tulpe uit Amsterdam Annerie Louw HOEWEL dit die eerste twee weke ná my aankoms nog vir my – wat toe uit die louwarm Kalahari-klimaat gekom het – vriespunt was, het die wêreldbekende tulpe van Amsterdam reeds begin blom. Oral langs die sypaadjies is geel en pers tulpe ongeveer 12 cm hoog bokant die grond en hul blomblare nog toegevou. Van my kinderjare af het ek ’n ding vir tulpe gehad. Ek onthou toe ons op laerskool ’n blom moes teken, het almal ’n sonneblomsoort met vet blaartjies en groot, ronde kelke in die middel geteken, terwyl die tulp met die halfoop blaartjies my gunsteling was. Selfs op my troudag was wit tulpe my keuse vir die bruidsruiker. Ongelukkig het ek nie besef die tulpe bly nie so lank half toe nie en het my ruiker te gou oopgegaan. Gelukkig het skoonsus Marelie ’n alternatief bestel en is ek met St. Josefslelies aan pa Karel se arm die kerk binne.

Jare later sou my oudste haar in Amsterdam vestig sodat ons ons in die tulpe in al hul prag kon verlustig. Vanjaar is dit die eerste keer dat ons in die lente hier is om die regte tulpe te sien blom en ek sien baie uit na die besoek aan Keukenhof. Ons hoef die keer nie met kunstulpe tevrede te wees nie. Op die markte en in soewenierwinkeltjies is tulpe ’n gesogte geskenk vir die geliefdes in die tuisland: tulpe van hout, tulpe van papier, op papiersakkies, op geskenkpapier, op servette, op hangertjies, sleutelhouers en T-hemde en oral op enige artikel waarin toeriste ook al kan belang stel. Selfs die tulpbolle lyk vir my vanjaar werkliker, omdat groot uitloopsels daaraan gesien kan word. Mooiste se eerste ruiker vir haar nuwe baba was ook gekartelde tul-

pe, een van die nuwe variëteite wat elke jaar gekweek word. Ek kuier baie lekker in die stad van die tulpe, maar kan darem nie help om terug te dink aan Naomi Valla wat met haar kinderkoortjie van Wrenchville spesiaal vir my einde verlede jaar Tulips from Amsterdam gesing het nie. En toe begin ek verlang na die mense van my omgewing in Suid-Afrika, na die herfskleure waarin Kuruman nou getooi gaan word: geel blare van die seringboom, pruimrooi blare van die wildedruifrankplant en die roesbruin wingerdblare – warm herfskleure net waar jy kyk. En ek onthou die herfsblare wat ons as laerskoolkinders in ’n dik boek gepars het. Ek mis die warm herfssonnetjie van die Kalahari wat op jou lyf bak. Dan verdryf ek maar die verlange met ’n stomende warm koppie Amsterdamse koffie en heerlike bokkaas-en-heuningtoebroodjies wat ek saam met Mooiste, Prinses en die klein kroonprinsie geniet.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Brein moet ontwikkel Lynn-Mari Olivier OUERSKAP is allesbehalwe kinderspeletjies en so ook is jou kind se opvoeding en breinontwikkeling nie iets om oor te lag nie. Ouers het die reuse-taak om hul kinders se brein daagliks te ontwikkel en seker te maak dat sekere mylpale behaal word. Die taak blyk soms onbereikbaar te wees en laat ouers in sweet uitslaan. Ja, dit is waar dat ouers hul kinders se brein moet ontwikkel, maar gelukkig is kleuterskole ’n werklikheid. “Sowat 50% van ons breinontwikkeling vind plaas voordat ons vyf jaar oud is en 80% reeds voor ons sesde verjaardag,” sê Sandra Viljoen, ’n onderwyser. Viljoen sê daar is sekere fases van ontwikkeling en dat vormpersepsie van geboorte tot op twee maande ontwikkel. Die sensitiewe fase kom voor wanneer die baba ses maande oud is en tekens toon om vaste kos te eet. Sou hierdie tydperk verbeur word, sal die baba die kos met sy tong uitstoot of selfs opgooi. Viljoen beklemtoon dat die sensitiewe fase nodig is vir die skep van orde en dat dié fase tussen twee en ’n half en drie en ’n halwe jaar plaasvind. Die kritieke leerfase vir lees is tussen 18 maande en vier jaar. “ ’n Kleuter wat op ’n manier skryf twee jaar voordat hy skool toe gaan, het beslis ’n groot voorsprong,” sê Viljoen. Viljoen beklemtoon dat die bogenoemde fases realistiese doelwitte is en dat die fases maklik be-

reikbaar is, sou die peuter of kleuter die regte blootstelling deur middel van sy sintuie kry. Kleuterskool is dus ’n speel-speel manier van leer. Barbara Clark, skrywer van Growing up Gifted, verduidelik waarom sintuie so belangrik vir die leerproses is. ’n Baba kan reeds binne sy eerste lewensuur bewegende voorwerpe naby aan hom met sy oë en kop volg. ’n Baba leer dus reeds binne sy eerste lewensuur deurdat die brein impulse van die oë kry, waarna die brein dit probeer verwerk en vertolk, sê sy. In die leerproses is die gebruik van al vyf sintuie baie belangrik. Volgens Clark bereik die inligting die brein deur vyf kanale wat in die agterbrein geleë is. Elke kanaal behartig een sintuiglike vermoë: oë kan sien, maar nie kyk nie; mond kan proe, maar ken nie smaak nie; die vel kan voel, maar nie identifiseer nie. Clark verduidelik dat hoe meer oefening die sintuie kry, hoe meer ontwikkeld is die sintuie en dit alles gee aanleiding tot breinontwikkeling. Elke dag neem vaardighede toe en hoe meer ontwikkeld ’n kleuter se sintuie is, hoe vollediger mens is hy of sy, meen Clark. Tesame hiermee verkry die kleuter meer selfvertroue, ’n beter selfbeeld, verhoogde leergretigheid en gevolglik beter leervermoë, meen Clark. “By geboorte is byna alle babas geprogrammeer om fenomenaal te wees,” skryf Clark.

JANO LOTTER (links, 4) en Sebastian Snyman (5) by boublokkies wat tot optimale ontwikkeling bydra.

CALLING ALL ENTREPRENEURS

GOT WHAT IT TAKES TO BE A CELL C DEALER? CELL C INVITES YOU TO TAKE UP A GREAT BUSINESS OPPORTUNITY IN THIS REGION. LL CELL C POSTPAID SE TO R LE EA D A S SIGN UP A ES, DUCTS AND SERVIC O R P ID A EP R P R /O AND : AND BENEFIT FROM le for resa C products purchased ll Ce l al on ts un co is •D • Annuity income

JHB 41206/R

APPLICANTS MUST: th Cell C s to sign a contract wi es fie fi ali qu at th y tit en expenses • Be a legal tment and operating es inv l tia ini e th r ve e to co ncce an fina • Have the fin

CONTACT: • Gauteng North, Mpumalanga, Limpopo: Melanie Raitt 084 174 5000 • Gauteng South: Sean van der Westhuizen 011 324 8000 • Free State, North West and Northern Cape: Dirk van der Walt 084 777 8205 • KZN: Dino Naicker 031 570 6000 • Eastern Cape: Rob Ermes 084 567 5555 • Western Cape: Francois van Zyl 021 935 7000

Foto: Lynn-Mari Olivier

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

PROMOTION THE friendly person­ nel at the Northern Cape Market are from the left Saibi Frank, Jerome Ker­ neels, Sharlton Botha and André Botha. Photo: Solomon Jacobs

Quality at the best prices THE essence of Northern Cape Market is to provide fresh produce daily with consistent good quality and value. They strive to provide their clients with service excellence on a daily basis with quality products from the Johannesburg Fresh Produce Market directly to the consumer. At Northern Cape Market they believe that the caring touch and relationship with every customer will determine their future. Their promise is to exceed every consumer’s expectation by combining the best customer service with the freshest foods. Northern Cape Market has created a market, stocked with fresh fruit and vegetables, Kingsley Beverages and various other groceries. The store brings a fresh concept in market shopping. They store their produce in refrigerated cold rooms; their store is loaded with the freshest produce, huge bargains and the exciting new flavours of Kingsley Beverages and Dragon Energy Drinks. The personnel at Northern Cape Market aim to become trendsetters by offering their customers an expanding range of fresh produce and other products.

Quality At Northern Cape Market, nothing is as important to them as quality, low prices and exceptional customer service. It doesn’t matter if it’s their produce, their beverages, or their grocery products, if it’s not the freshest quality at low prices, it doesn’t belong in their store. They receive produce on a daily basis with quality products direct from the Johannesburg Fresh Produce Market, bringing it directly to you, the consumer. Low prices With their focus on quality, it’s sometimes difficult for their customers to believe that they also offer the lowest prices. But it’s true – they offer the best prices. They invite their clients to check out the Johannesburg Fresh Produce Market’s daily price website at www.joburgmarket.co.za. Customers can see for themselves that shopping at Northern Cape Market will save them money. You will be impressed by how much money you can save shopping at Northern Cape Market. Northern Cape Market is situated in Bosch Street, walking distance from the Kuruman Police Station, and has no parallel in Kuruman. Call them on 053-712-3099.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

SA Polisie verseker veilige ekspo VIR die duur van die Upington-landbou-ekspo sal lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington sigbare polisiëring verrig om te verseker dat besoekers aan die ekspo en hul eiendom veilig is. ’n Satellietkantoor sal op die terrein beman word en lede in uniform sal voetpatrollies doen. ’n Gesamentlike operasionele sentrum, bestaande uit lede van die polisie, sekuriteit, mediese dienste, rampbestuur en die ekspo-bestuur sal alle aktiwiteite op die terrein monitor om enige nooddienste onmiddellik in te roep indien so ’n behoefte sou bestaan. Lede van die Kimberley-

DIE Paballelo­misdaadvoorkomingseenheid met sy trofee wat deur Assupol geskenk is.

berede eenheid en die eenheid vir openbare-ordepolisiëring sal ook bystand verleen. Besoekers se aandag word daarop gevestig dat drank slegs op die goedgekeurde drankverkoopspunte op die terrein gebruik mag word. Die gebruik van drank op enige ander plek is onwettig en oortreders kan verwag om beboet te word. Eienaars van motorvoertuie word versoek om hul voertuig behoorlik te sluit en om waardevolle artikels buite sig te berg. Die SAPD is nie daarop uit om die gees van die skougangers te demp nie, maar sal nie misdadige optrede tydens die duur van die ekspo nie toelaat nie.

Foto’s: Verskaf

Harde werk beloon

NÁ ’n baie suksesvolle jaar het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Paballelo ’n interne eerbewysplegtigheid aangebied om die verskillende afdelings van die Paballelo SAPD te vereer. Dit is in samewerking met brig. Paul Cengcani, gebiedshoof van Gordonia, gedoen. Die D-skof, wat uit ao. Ernest Links, sers. David Jordaan, konst. Frederick Waterboer, konst. Matthews Kamfer, konst. Josef Jafta en Andrew Mnyaka bestaan, is as die beste skof aangewys. Die Paballelo-speurdiens is as die beste eenheid: werkverrigting aangewys. Die werk gedoen deur kapt. Koot Visser, ao. Wilna van den Heever, Jorita Burger, Laphi Titus en Vera Titus is uitgesonder. Die speurders is almal vir hul ywer en toegewydheid geloof. Die Paballelo-misdaadvoorkomingseenheid is as die beste eenheid: suksesse en inhegtenisnemings aangewys. Ao. Werner van As, ao. Kendeni Nkwatheni, sers. Linton Beerwinkel, konst. George Steenkamp, konst. Clive Moses,

konst. Kagiso Methle en konst. Derick Steenkamp verrig hul operasionele en voorkomingsdienste en moet altyd op bystand wees vir ná-uurse inligting wat dalk kan inkom. ’n Stukkie goud in die eenheid is Sonet van Heerden wat gereeld toesien dat die eenheid se invoer-, beplanning- en administrasiegedeelte goed op dreef is. Ao. Pieter Venter is vir sy bydrae as drankoffisier vereer. Sedert die aanstelling van Venter as drankoffisier op Pabalello, loop die mense baie lig wat onwettige handelshuise betref. Die Paballelo-sektore is as die beste ontwikkelende eenheid: informasie en suksesse aangewys. Ao. Corriana Kruger, ao. Marina Brewis en konst. Lin Steenkamp is in beheer van ’n eenheid wat baie nuut is en het nog net goeie suksesse wat betref inligting in die woonbuurt gehad. Die Paballelo-mensebestuur-enondersteuning is as die beste ondersteuningseenheid aangewys. Die eenheid bestaan uit vroue wat saamwerk om die kantoor se

Reik uit na slagoffers AO. PIETER VENTER met sy eerbe­ wys en sertifikaat. administrasie betreffende verlof, persoonlike lêers, geld en logistiek bymekaar te hou. Die afdeling is die hart en goud van die kantoor.

DIE vrouenetwerk van die Suid­Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington het Vrydag kos en klere aan ’n gesin in Rosedale oorhandig wat al hul besittings in ’n brand verloor het. Lt.kol. Leoni van Rooyen, voorsitter van die vrouenetwerk, sê hulle be­ ywer hulle om maatskaplike bystand aan die gemeenskap te verleen en om ’n ondersteunende rol aan die ander eenhede van die SAPD te bied. Foto: verskaf

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www. kalaharibulletin.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

PLUS EARN POINTS

WINNERS

THIS WEEK’S

3249 PnP no name Frozen Chicken Braaipak 2kg TM

Product has been styled for photography

Kellogg’s Corn Flakes 750g

74

Harrier Whisky 750ml

38

Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 15s

Tastic Parboiled Rice 2kg

94

99

Captain Morgan Spiced Gold 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Each

99

99

Each

1989 First Choice Salted Butter 500g

17

99

99

per kg

Bulk Beef Mince

NOW ONLY

25

44

99

95

00

per pack

SAVE 20.00

Cuddlers Disposable Nappies Bulk Pack Midi 52s, Maxi 50s, Maxi Plus 48s or Junior 44s

Always there for you PRICES VALID 23 - 28 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177104B_E

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

11

Landbou-ekspo gaan vermaak DIE Upington-landbou-ekspo, die grootste landbou-en-nywerheidskou in die Noord-Kaap, vind vanjaar van 2 tot 4 Mei plaas. Dié ekspo, wat as ’n groot vertoonvenster vir Upington en omgewing dien, beloof om vanjaar steeds groter en beter te wees. ’n Stampvol drie dae met vermaak van die boonste rak in die hoofarena, verskeie kuiertente, ’n dorperstreekskou en arabierperdskou gaan aan besoekers ’n heerlike ekspo-ervaring bied. Op die drie dae gaan Armand, die singende cowboy, die Amabutho Jumpers, ’n groep wat touspringtoertjies doen, Christiaan die kulkunstenaar, Lloyd Bristow en sy skaaphonde en Ride Authority, die motorfietswaaghalse, mense in die hoofarena vermaak. Vir die kinders is daar Puddles, die nar, en Donderdag- en Vrydagaand gaan die 15 stoeiers van die AWA/AWFstoei reg voor die hoofpaviljoen hul vertoning lewer. Vanjaar sal daar vanweë die baie verrigtinge in die hoofarena nie meer ’n hoofverhoog wees nie. Om die hoofverhoog te vervang gaan ’n kuiertent langs die Lions opgeslaan word waarin kunstenaars soos DJ Ossewa, Marulaboom, Wynand Windpomp, Viljoen Retief en seker die beste Elvis-nabootser

MARULABOOM

AP RIL 20 13

WYNAND WINDPOMP

DJ OSSEWA in Suid-Afrika gaan optree. Plaaslike kunstenaars soos Hennie Michaels, Pieter Jordaan, Steven Deacon, Anita Oosthuizen en Natasha Bezuidenhout sal ook hier optree.

Die kroning van die skoukoningin vind ook in die kuiertent plaas. Die plaaswerf-, dorperstreekskou, babaskou en arabierperdskou, die uitstallers in die saal en die motorhandelaars sal

Universal Geyser Blanket with Side Cover

HANDS ON

D.I.Y

666207 • Geyser not included

Energy Saving only uses 400W Electricity

P A CK E D B Y

Cover

Classic Hi-Hiding PVA

Aluminium MultiPurpose 5 in 1 Ladder FSE420 • 2.4m Extendable to 4.2m • Weight: 14Kg • Extending ladder, a free standing extending ladder, a step ladder or a single ladder

• For interior & exterior use • White only • 20L

99 24989

CCH1-20

99

• 5L - CCH1-5...

Contractors’ PVA • Suitable for external & internal walls & ceilings • Good opacity & whiteness • Available in white only • 20L

99 19979

CCH1-20

• 5L - CCH1-5...

99

999

99

VISIT US TODAY!

3 Seodin Avenue, Kuruman

Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117 0022519

Fits all Geysers

14999

Y Y STEP OF THE WA GUIDING YOU EVER

Hi-Hiding

weer op die ekspo plaasvind. Daar sal weer eetplekke en vermaak naby die Toyota-verhoog wees, sowel as die eetplekke by die Vryburgers en by die Oranjerivier-wynkelder se teetuin.

Masonite Hollowcore Interior Door HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges

1 Year Guarantee

Panel Heater

DX600 • Heats up to 90°C depending on ambient temperature • Size: 600mm x 600mm x 10mm • Built-in on/ off switch • Can be painted to suit any décor • 2 Year guarantee

PAINTABLE

Switches Off Gas at Control Switch

Classic Roll About Heater

GH313 • Imported Italian ceramic burners • Heats up areas in half the time of normal gas heaters • Separate burn chambers to reduce gas odour • Heats areas >50m²

34999

89999

Fully-Fitted Fleece Electric Blanket

Washable

• 3 Heat settings • Double - 137 x 188cm

• Queen - 152 x 188cm - ZEPJFFNFQ...

49999 99 • King - 183 x 99 ZEPJFFNFD 188cm - ZEPJFFNFK... 599

399

14999

TRADING HOURS Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:

07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00

• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 23 April - 05 May 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za

1

Year Guarantee

NEW


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

RIDE AUTHORITY met sy motorfietstoertjies, die groot trekpleister wat elke jaar mense op die Upingtonse Landbou­ekspo stomslaan, gaan vanjaar op 3 en 4 Mei in die hoofarena optree. Volgens Alwyn du Preez, een van die organiseerders, is Upington een van die groep se gunste­ ling­dorpe en kan hulle nie wag om hul waaghalsige toertjies voor die Upington­skare te kom vertoon nie. Foto: Verskaf

Hy inspireer

DIE Amabutho Jumpers wat op die Upington­landbou­ekspo te sien sal wees.

Foto: Verskaf

Touspringers vertoon hul vlugvoetigheid DIE Amabutho Jumpers, die wêreldkampioen in touspring, gaan op die Upington-lanbou-ekspo, wat van Donderdag 2 Mei tot Saterdag 4 Mei plaasvind, optree. Dié touspringers het eers as die Suid-Afrikaanse touspringspan aan wêreldkampioenskapsbyeenkomste deelgeneem en in 2008 en 2010 medaljes gewen. Daarna het hulle ’n span van die beste touspringers saamgestel met die doel om skares mense te vermaak en om hulle deel van die touspringsensasie te laat voel. Die span bestaan uit Sandile Ntombela, Sihle Hlophe, Paul Doyle David en Lindani Mkhonza. Ntombela rig al sedert 2008 die span af. Hy het spanne na die wêreldkampioenskappe in

Kaapstad (2008), Frankryk (2009), Engeland (2010) en weer Frankryk (2011) geneem. Hlophe neem reeds sedert 2006 aan touspring deel en het in 2009 sy provinsiale kleure gekry. Hy was deel van die Suid-Afrikaanse span wat in 2011 in Frankryk deelgeneem het. David neem sedert 2007 aan touspring deel. Hy het aan twee wêreldkampioenskappe deelgeneem en was deel van die span wat in 2010 ’n goue medalje in Engeland gewen het. Mkhonza is die jongste lid van die Amabutho Jumpers en het aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem. Hulle gaan tydens die ekspo ook skole besoek om vertonings en motiveringspraatjies te lewer.

PIETER MOLLER, bekende radiopersoonlikheid, gaan op Donderdag 2 Mei om 19:00 ’n praatjie in die karakoelskaal lewer. Die praatjie sal op die eerste aand van die Upington-landbou-ekspo plaasvind en beloof om luisteraars met ’n positiewe boodskap te laat. Volgens Moller beweeg hy baie tussen boere rond en hoor daagliks negatiewe dinge, maar ook baie positiewe dinge, en wil hy graag met sy praatjie mense so inspireer dat hulle die saal positief sal verlaat. Moller gaan die hoofspreker wees op die geselligheid met Hans Drom as die gaskunstenaar. Johannes Pienaar gaan ook as gasspreker optree en hy gaan oor ongediertebeheer praat. ’n Steak-ete gaan bedien word teen R70 per persoon. Kaartjies is reeds by die skoukantoor beskikbaar.

PIETER MOLLER tree op Donderdag 2 Mei om 19:00 in die karakoelsaal op. Foto: Verskaf

Hou maat met sy ‘feesvoete’ HANS DROM, oftewel Hans Drommedaaris, is ’n ou bekende wat al verskeie kere op die Upington-landbouekspo opgetree het, is vanjaar op Donderdag 2 Mei en Vrydag 3 Mei weer op die ekspo om mense met sy drom-manewales te vermaak. Hy is nie net bekend oor wat hy alles met ’n drom regkry nie; hy kan ook die kitaar, konsertina en xilofoon bespeel. Hy bied die program Feesvoete op TOP TV aan en gaan ook opnames maak van die gebeure op die Upington-landbou-ekspo om op sy program uit te saai. Van sy musiekvideo’s soos Rieng Tieng Tieng is op MK te sien. Veral kinders is

mal oor sy stories oor oom Jan op die plaas, asook die tandartsgrap wat hy met elektroniese dromme inkleur.

HANS DROM is op Donderdag 2 Mei en Vrydag 3 Mei op die Upington­landbou­ ekspo. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Vee-afdeling het vele verrassings

’n VIERHORING­ DAMARA op die Upington­landbou­ ekspo se kleinvee­ uitstalling in 2012. Foto: Lizette Slabber

In die Max Minnaar-saal (Karakoelsaal), waar die vroueoggendprogram elke dag om 10:00 begin, sal Vrydag en Saterdag ’n vleisontbeningdemonstrasie aangebied word. Hou die Kalahari Bulletin van 2 Mei vir die program dop.

The Industrial Development Corporation provided finance for

IDC finances industrial capacity development. For example,

the development of innovative renewable energy industries.

the IDC Gro-e-Scheme provides funding for projects at prime less 3% for up to five years.

Natural waste from animals is used to create electricity to ensure there is enough power to keep our country

If you have the true entrepreneurial spirit and a project that

going. This happens in anaerobic digestion projects

can help to create jobs and build South Africa’s industrial

where methane gas is produced from livestock manure

capacity, visit www.idc.co.za to find out how the IDC can

and converted to electricity.

help you to establish innovative projects.

This is the tale of a new source of energy

Chillibush8674IDC

DIE diere- en landbouafdeling van die Upington-landbou-ekspo beloof om vanjaar ’n belewenis te wees. Van Donderdag tot Saterdag vind ’n kleinvee-uitstalling weer plaas. Dié uitstalling bied meer as 16 verskillende soorte skaaprasse soos persies, dorpers, damaras, afrino’s en meatmasters waarna boere en belangstellendes kan kom kyk. Die plaaswerf is die ideale plek vir Ouma en Oupa om ’n koppie koffie te bestel terwyl die kleinkinders die interessante plaasdiere aanskou. Donderdagoggend sal ’n program vir die kinders op die plaaswerf aangebied word. Puddles, die nar, en Lloyd Bristow en sy skaaphonde gaan ’n vertoning lewer. Opleiding vir opkomende boere sal Donderdagoggend in die Lions-tent plaasvind en daar sal die middag praktiese opleiding deur MSD-dieregesondheid by die kleinvee-uitstalling aan hulle gebied word. Die sweepklapkompetisie begin Donderdagoggend en sal ook Vrydagoggend plaasvind. Op Donderdag en Vrydag vind ’n meatmaster-tentoonstelling plaas. Vrydagoggend begin die MSD-skaaptelkompetisie wat Saterdagoggend sal voortduur. Dr. Pumzile Qualela, ’n veearts van Bayer in Johannesburg, gaan in die beesskou-vertoontent ’n lykskouing op ’n karkas doen. Die kleinvee- en grootvee-gewigskatnommer vind Vrydagoggend in die kleinveetent plaas. Die interras-kampioenskappe vir beeste vind ook Vrydagoggend plaas. Vrydag en Saterdag vind daar ’n baie interessante klipribbraai-demonstrasie plaas en Cape Gate kom wys Vrydag hoe draad gespan moet word. Vrydagmiddag kan alle belangstellende kinders hulle by die skouhek oorkant die weermag-ingang aanmeld, waarna hulle van ’n beoordelaar opleiding sal ontvang, en Saterdagoggend begin die jeugskou. Die toutrekkompetisie wat verlede jaar so gewild was, vind Saterdag plaas.

13

Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Dié skou eerste keer by ekspo DIE heel eerste Noord-Kaapse miniatuurperd-streekskou vind vanjaar van Vrydag 3 Mei tot Saterdag 4 Mei op die Upingtonlandbou-ekspo plaas. Groot opgewondenheid heers oor dié byvoeging tot die program van die ekspo. Die skou vind op die Vrydag en Saterdag van 10:00 af in die hoofarena plaas en perde sal in die halter-, kostuum- en kleurklasse beoordeel word. Ongeveer 25 perdjies word verwag. Tydens die skou sal daar ook ’n karretjiery-vertoning in die hoofarena plaasvind en ’n kort lesing sal oor die verskillende kleurklasse aangebied word. Miniatuurperdjies is ’n ras op sy eie en is by die Suid-Afrikaanse Stamboekvereniging geregistreer. Miniatuurperdjies moet nie met ponies of dwergperdjies verwar word nie. Merries is slegs sowat 95 cm hoog, terwyl hingste nie meer as 90 cm hoog en reunperde nie meer as 100 cm hoog mag wees nie. Die perdjies het ’n baie goeie temperament en uitstekende konformasie. Hulle is die ideale

DIE heel eerste Noord­Kaapse miniatuurperd­streekskou vind vanjaar op die Upington­landbou­ekspo plaas. Hier pronk Pure Perd Irish Coffee en Demac Trienkie met rosette wat hulle op ’n vorige skou gewen het. Foto: verskaf troeteldier en is uitstekende eerste perde vir kinders. Hulle benodig relatief min kos, klein wei-

velde en beskutting. Hulle kan selfs in springklasse en karretjieryklasse beoordeel

word. Rig navrae aan Machel van Niekerk by 073-1679-119.

DIE ruiterklas vind op Vrydag 3 Mei en Saterdag 4 Mei plaas. Hier neem Jack Maritz in die kostuumklas van 2012 deel. Foto: Verskaf

Arabiere kry beurt DIE Noord-Kaapse streekkampioenskappe vir suiwer arabierperde vind in 2013 oudergewoonte saam met die Upington-landbou-ekspo plaas. Die kampioenskappe begin op Donderdag 2 Mei waar die perd in die hand beoordeel gaan word. Op Vrydag 3 Mei en Saterdag 4 Mei vind die verskillende ruiterklasse plaas. Perde en hul ruiters sal in drie klasse – die kostuumklas, die

Western-klas en die Engelse ryklas – beoordeel word. Die beoordelaar is Hanlie Scott, ’n baie bekende Suid-Afrikaanse beoordelaar. Ongeveer 80 perde word verwag en die kampioenskappe word by die perdearena aangebied en nie by die hoofarena nie. ) Op Saterdag 4 Mei vind daar van 17:00 tot 18:00 ’n arabierperdvertoning in die hoofarena plaas.

KARLA VAN ZYL tydens verlede jaar se perdepretrit. Die pretrit vind vanjaar op 4 Mei plaas. Foto: Verskaf

Pret met perde wag DIE jaarlikse perdepretrit vind vanjaar op Saterdag 4 Mei plaas. Ruiters vertrek om 08:00 van die perdeversamelarena en eindig om 13:00 weer hier. ’n Afstand van ongeveer 25 km word tydens die pretrit

afgelê. Verversings sal langs die roete beskikbaar wees. Die inskryfgeld vir die pret-rit is R50 per perd. Inskrywings kan by Mias van Zyl by 082-858-0587 gedoen word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

HUWELIKSBEVESTIGING

DONOVAN BYREN en Janeke Raath is op 23 Maart in die huwelik bevestig. Die plegtigheid was in die Saldanha Blouwater­gebou. Janeke se pa, past. Johan Raath, het hulle in die eg verbind.

FRIKKIE MÖLLER, geswore oujongkêrel van Kuruman, het op 13 April aan Rita Jaquire in die Red Sands Country Lodge trou beloof. Past. Manie Espach van die Kainos­gemeente op Kuruman het die plegtigheid waargeneem. Foto: Sean Blake Fotheringham

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

DIERESORGVERENIGING

Talle diere smag na ’n goeie tuiste DIE Dieresorgvereniging (DSV) op Kuruman het ’n groot verskeidenheid honde en katte wat vir aanneming beskikbaar is. Mense wat daarin belangstel om een van dié weggooidiere deel van ’n liefdevolle gesin te maak kan Ronel by 073-256-205 bel. Hulle kan ook daagliks tussen 08:00 en 12:00 en van 16:00 tot 17:00 na die honde en katte kom kyk.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

17


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

V-TECH TRAILERS: Nuwe 4-vt-Karet met neuskas: Was R9 700. Nou R8 999. Nuwe toebak, 2,4 m 1,5 x 1,4 V-Tech 1,5-ton-as: Was R24 000. Nou R21 600. Nuwe 3 m x 1,5 x 1,0 d/as met remme, 2,5 ton V-Tech: Was R32 250. Nou R29 900. Tweedehandse 7-vt-Venter met neuskas: Was R9 850. Nou R8 500. Tweedehandse wit toebak met dakrak en 1,5-ton-as met brieke: Was R12 900. Nou R10 900. Nuwe 3 m x 1,8 x 1,8-beeswa met skuifhek voor: Was R37 900.Nou R36 000. Pryse geldig vir 2 weke. Skakel 083 310 0272.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. JAMIS VENTURA Sport, 2013 Road Bike with 56 frame, 4 months old. R5 200 (Normal price R8 000). PS3/PC racing chair with Ferarri steering set, R3 500. Pool table with all accessories, R1 600. Phone 083 256 5728. LUTEA-PARFUUM: 154 geure om te bemark! Uitstekende kommissie! Skakel 083 655 0445/ madrigrobbelaar@gmail. com / www.luteaperfume.co.za

053 712 1961 053 712 2068

WOONSTEL TE HUUR: R4 000 p.m. plus dep. Water ingesluit. Skakel Nico 072 537 2449.

KATHU: Nuutgeboude 4slk-huis, 2,5 badkamers, opwasarea, groot leefarea, binnebraai, 2 m/h. Beskikbaar einde April. R18 000 p.m. Skakel Pieter 083 771 7431. KURUMAN: 3 slk, 2 badk, dubbelafdak te huur. R7 900 p.m. Beskikbaar einde April. Skakel 073 176 2917.

JACK RUSSELL: 5 hondjies. R300 elk. Is ook ontwurm. Beskikbaar vanaf 5 Mei 2013. Skakel alle ure 083 310 0272.

Columbia Carpets/ Blinds

A.T. Ludick EENMANWOONSTEL: Gemeubileerd, DStv, lugreëling, onderdak-parkering, koopkrag. Beskikbaar 1 Mei 2013. Skakel 072 634 6880

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

18

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

ISUZU, 2003: R48 000. 2002 Toyota: R48 500. 2008 GWM: R38 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. ISUZU D/CAB, 2003: R53 500. 1995 Isuzu: R35 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. VW CADDY 1.6 l bakkie: 1998 model. White, mags, sound system. Excellent condition. R49 000 neg. Phone 074 222 8369 or 084 219 6605.

BMW: 1990, R16 500. 2001 Uno, R16 500. 1997 Hyundai, R15 500. Phone 071 967 0285. FORD FIESTA AMBIENTE 1.6: 38 000 km. Immaculate condition, FHS. R116 000. Phone 083 256 5728. GOLF 2.0, 1990: R19 500. 1999 Mazda 1.3: R16 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. OPEL CORSA 1.6 SPORT: 1999. Good condition. R28 000. Phone 072 183 3916. OPEL CORSA: 2007. Lugr, sentrale sluitstelsel, alarm, kragstuur, goeie toestand. Perfekte studentemotor. R42 500. Skakel 072 933 7459. POLO PLAYA: 2002. R30 000. 1999 Golf: R25 500. 1996 Jetta 3: R25 500. Phone 071 967 0285. TAZZ, 1997: R27 500. 1995 Corolla: R24 500. 1988 Corolla: R17 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

KONTANTKOPER soek 3slaapkamer-huis in Kuruman. Skakel 083 524 4995.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

In die boedel van wyle Archibald Theodore Ludick, ID 660327 5017 080, van Vleistraat 25, Wrenchville 8468 en nagelate gade Susanna Maria Ludick, identiteitsnommer 700614 0013 087. Boedelnommer 1303/2011. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 26 April 2013 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Kuruman. Geteken op Kuruman op die 12de dag van April 2013. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013 J.J. van der Poel

L.F.B. Loubser/L. Loubser/Gamagara Plaaslike Munisipaliteit

BJ Haai

D.E.A. Matlhare

In the estate of the late Bartholomew Jacobus Haai, ID 460921 5072 087 and surviving spouse Maria Magdalena Haai, ID 531011 0048 087 , of 4 Kanarie Street, Daniëlskuil. Estate number: 487/2013. All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 (THIRTY) days from 26 April 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 Bearestreet 51 Kuruman 8460.

C.C. Leach

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Charles Christo Leach, distrik Kuruman. Boedelnommer: 2083/2011 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 26 April 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Diraamang Esteres Anna Matlhare, identiteits-nommer 521010 1555 084 in lewe van Huis no. 1805E, Magojaneng, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1055/2010 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 26 April 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

F. Jhon NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATE In the estate of the late Fernando Jhon, identity number 490920 5626 086 and surviving spouse Selima Mwengere Jhon, ID 700101 1549 087, of 20 Rae Street, Lime Acres 8410. Estate number 876/2012. All persons having claims against the under-mentioned estate must lodge it with the executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof. BOTHA NEL ATTORNEYS 1030 Saxby Avenue Eldoraigne.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Jeanetta Jacoba van der Poel, distrik Kuruman. Boedelnommer: 990/2012. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 26 Aprill 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460. M.R. Muane

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Moshane Richard Muane, identiteitsnommer 441113 5154 081, ongetroud, wat woonagtig was te Huis No 153E, Maiphinck, distrik Kuruman Boedelnommer: 2419/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 26 April 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

SOEK, KOOP, VERKOOP

HAARHOFFS ING EKSEKUSIEVEILING

Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley (Noord-Kaapse Provinsiale Afdeling) Saaknr: 744/07 In die saak tussen: LOUIS FRANCOIS BENJAMIN LOUBSER 1ste Eiser LINDA LOUBSER 2de Eiser en GAMAGARA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT 2de Verweerder In uitvoering van 'n bevel van bogemelde Hof toegestaan op 14 Junie 2011 en 'n lasbrief vir eksekusie wat in terme daarvan uitgereik is, sal die ondergemelde roerende goedere, synde die eiendom van tweede verweerder in eksekusie deur die Balju, Kathu verkoop word om 16:00 op Vrydag 17 Mei 2013 te die kantoor van die Balju, Rietbokstraat, Kathu. Die goedere word verkoop aan die hoogste bieër vir kontant. Die goedere wat verkoop word, bestaan uit die volgende, maar niks word gewaarborg nie. Nissan Hardbody-bakkie met registrasienommer BPP 949 NC Toyota Hilux 2.4 met registrasienommer BRB 501 NC Gedateer te Kimberley op 18 April 2013. HAARHOFFS ING Prokureur vir Eiser Halkettweg 1 New Park Kimberley (Verw: Mnr P. Horn/tv/Heyeys.0001

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

21

Rugby- en netbalkliniek vir LSK gehou DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) het van 11 tot 13 April ’n netbal- en rugbykliniek vir alle netbal- en rugbyspelers van die LSK aangebied. Die kliniek was ’n reuse-sukses en die afrigters, spelers en ouers was net vol lof vir die kliniek. Die netbalkliniek is deur Francois Nel van Stellenbosch aangebied. Hy is ’n jeugfiksheidspesialis en rig verskeie universiteitspanne af. Hy is ook ’n internasionale

skeidsregter. Die rugbykliniek is deur drie studente wat betrokke is by universiteitsrugby aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), aangebied. BJ Koortzen, AJ Burger en Jacobus Barnard se kennis van rugbyvaardighede, seltegnieke en sportmangees het elke seun beïndruk. Van die klein bulletjies tot die groot menere het almal met ’n glimlag van die veld af gestap.

FRANCOIS NEL en die eerste en tweede spanne van die LSK. AJ BURGER leer die o.9­seuns hoe om die bal reg te hanteer. Van links is Stephan Klindt, Burger en Jodin de Wee.

DIE afrigters van die rugbykliniek is van links BJ Koortzen, Jacobus Bar­ nard, AJ Burger en Corné Ellis (sportorganiseerder van die LSK).

BJ KOORTZEN leer die LSK­bulletjiespan balvaardighede.

DIE o.10­netbalspelers hard aan die oefen.

DIE leuse van die kliniek was Bly Kalm en speel Netbal. Van links is Mar­ scha Britz, Nicolene Olivier en Karin­Maré Engelbrecht.

Foto’s: Verskaf

FRANCOIS NEL wys vir Miké Bothma (agter) en Mi­ ké Engelbrecht hoe ’n mens in die doelsirkel moet beweeg.

DIE netbalmeisies het aan Francois Nel se lippe ge­ hang en beslis baie by hom geleer.


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

LUHENSA MIENIES veg verbete om die bal.

Foto’s: Verskaf

Skool wys veggees DIE Gekombineerde Skool Rietfontein het op Saterdag 20 April die Hoërskool SC Kearns en die Laerskool Welkom op die sportveld aangepak. Vroegoggend het al ’n opgewondenheid onder die leerlinge en ouers geheers. Dit was die eerste wedstryde vir Rietfontein en ongeag ’n paar foutjies was daar hope goeie sportman- en veggees. Elke wedstryd was ’n mini-drama, maar veral die o.13- en o.19-wedstryde het groot opwinding gebied. Die o.19-spanlede het groot geskrik toe hul kaptein, Leeroy Visagie, ná ’n

duikslag doodstil bly lê het. Die paramedici het met hom na Upington gejaag en ongelukkig is Leeroy die res van die seisoen buite aksie. Die o.13-span van Rietfontein het Welkom met 42-3 gewen en die o.19-span van Rietfontein het met 5-19 teen SC Kearns verloor. Die o.17-netbalspan het teen SC Kearns met 5-19 verloor, maar die o.19’s het met 22-8 gewen. In vlugbal het die o.19-meisies SC Kearns met 2-0 geklop en die o.19-seuns het 0-3 teen SC Kearns verloor. Rietfontein se skaakspan het met 2-5 verloor.

BO: Die Gekombi­ neerde Skool Riet­ fontein se o.13­spe­ lers rank hoog in die lynstaan teen hul teenstanders van die Laerskool Welkom.

LINKS: Ethan Steen­ kamp oorheers in die o.19­lynstaan.

MARQUIN VRIES maak reg om die bal te vang in die o.13­wedstryd.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

23

Woon Kwaggaweek by

DIE Hoërskool Upington se skuts wat aan die tweede skole­skietkompetisie op Landbou­ dal deelgeneem het, is van links, voor: Jandré Steenkamp, Harm Janse van Rensburg, Derik Steenkamp en Michael Becker; agter: Jana Becker, Christine Becker, Jan­Hendrik Boshoff en Raynardt Stasch. Foto: Verskaf

Skuts korrel sekuur DIE Hoërskool Upington se skuts het baie goed gevaar op die tweede skole-skietkompetisie wat op 12 en 13 April op Landboudal plaasgevind het. In die sportgeweer-o.21-staanposisie het Derik Steenkamp ’n goue medalje en Jandré Steenkamp ’n silwermedalje gewen. In die drieposisie het Jandré ’n gouemedalje en Derik ’n bronsmedalje gewen. In die veergeweer-o.21-staanposisie het Raynardt Stasch ’n goue medalje en Jan-

Hendrik Boshoff ’n bronsmedalje gewen. In die drieposisie het Raynardt silwer en Jan-Hendrik brons gewen. In die sportergeweer-o.16-staanposisie het Jana Becker ’n silwermedalje gewen. In die veergeweer-staanposisie het Christine Becker ’n goue medalje en Harm Janse van Rensburg ’n silwermedalje gewen. In die drieposisie het Harm ’n goue medalje en Christine ’n silwermedalje gewen.

Upington 2de keer gasheer DIE South African Country Districts-gholftoernooi vind van 11 tot 17 Mei by die gholfklub op Upington plaas. Dit is maar die tweede keer in ’n baie lang geskiedenis dat die Upington-gholfklub dié bekende toernooi aanbied.

Dit is een van die oudste toernooie wat deur die South African Golf Association aangebied word en 100 van die land se beste spelers gaan aan die toernooi deelneem. Na verwagting gaan 11 spanne van oor Suid-Afrika heen aan die toernooi deelneem.

DIE o.14- en o.15-rugbyspanne van die Hoërskool Upington het die afgelope vakansie die Kwaggaweek, die grootste junior rugbytoernooi in die land, in George bygewoon. Daar was 22 o.14- en 16 o.15-spanne van oor Suid-Afrika heen op die week. Die o.14-span het twee van sy drie wedstryde – teen die Hoërskool Framesby en Hoërskool St. Johns – gewen. Die o.15-span het een van sy drie wedstryde, die wedstryd teen die Hoërskool Piketberg, oortuigend met 26-5 gewen.

DIE o.14­spelers van die Uppies is van links, voor: Silvano Hoff­ man, Wilco Visagie, Connie de Jager, Zinedine Robinson, Jeraldo Kock, Alvir Johnson en Fabian Vass; middel: Phillip Marais, Divan Walters, Corwin Engelbrecht, Jeandré Simon, Janno Lategan, Chuma Malothe, Danie Bruwer (borg), Nakkie Duvenhage en Way­ len Cloete; agter: Strauss van der Merwe, Kobus Swanepoel, Ri­ kus Pretorius, Khanyo Poni en Danno Bruwer. Foto: Verskaf

Exciting Career Opportunities Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year’ With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Instrumentation Technician

(Ref. IT 105886)

Post Level Patterson C upper The successful candidate will be required to perform maintenance and faultfinding on control instrumentation equipment including PLC, SCADA programming, installation and commissioning of instrumentation projects throughout the mine site. Minimum requirements: • A relevant MIETTB or equivalent Trade Certificate and N4-N6 with Instrumentation and Process Control, or S4 and P2 Process Control Diploma or equivalent • A minimum of five years’ relevant experience • Sound knowledge of industrial instrumentation and machines, and Siemens S5 and S7 PLC hardware and software • Knowledge of Adroit SCADA software configuration, and Profibus and Ethernet networks • Effective communication and interpersonal skills • A team player • A valid Code 08 driver’s licence. Responsibilities: • Providing instrumentation support to the plant and opencast operations as assigned • Diagnose faults on industrial instrumentation and control equipment and carry out repairs accordingly • Plan extensions and modifications to existing instrumentation infrastructure • Examine, test and repair, control and instrumentation equipment as well as Siemens PLC and Adroit SCADA system • Maintain instrumentation and documentation • Responsible for installation and maintenance of industrial instrumentation in the plant and opencast operations • Perform standby duties and shift work as required from time to time • Ensure personal and coworkers’ adherence and compliance to the Company’s health and safety policies and procedures • Maintain a variety of instrumentation systems throughout the mine site • Ensure compliance with government rules and regulations.

Inventory Clerk Receiver/Issuer

(Ref. ICR/I 109244)

Post Level Patterson B upper The successful candidate will be responsible for receiving and issuing goods into and from the store and processing transactions on the Stores System. Responsibilities: Receiving: • Ensure the accuracy, completeness and validity of all goods and materials received • Receive goods and materials accurately, including all types of goods processed through the stores e.g. Explosives, Fuel, Bulk deliveries etc. • Process Goods Returned for Credit and receipts on Stores system • Report receiving non-conformances • Stocktaking. Issuing: • Ensure the accuracy, completeness and validity of all goods and materials issued • Issue stores items accurately, including all types of goods processed through the stores e.g. Explosives, Fuel, Bulk deliveries etc. • Process issues on Stores system • Report non-conformances • Stocktaking. Material Handling: • Handle, stack and store materials safely and efficiently • If required obtain/be in possession of license/ certification in order to be able to operate the Forklift, Overhead Crane, LDV and HDV as required. HSECQ: • Comply with HSECQ, legislative and functional requirements • Report all HSECQ incidents • Comply with Fatal Risk Control Protocols and the requirements of the Disciplinary Code • Comply with the Emergency Preparedness and Response, as well as PPE requirements. Minimum requirements: • A Grade 12 Certificate. The following additional requirements will be considered an advantage: Certificate in Storemanship; Certificate in Stores Management • Training will be provided if required but successful candidates must be willing to study to obtain the above certificates if not yet in possession of these certificates • At least one year’s work experience in a warehouse environment with exposure to any warehousing systems software • Computer literacy in Microsoft Office. Accpac/Karabo would be an advantage • Safety awareness • High work standards to deliver quality • Ability to work in a team • Interpersonal and oral communication skills • Initiative and adaptability • Drive for results.

Learnership Programme 2013

(Ref. LP 104761)

Suitable candidates in possession of a Matric Certificate (Grade 12) with Higher Grade C symbol or higher in Mathematics and Physical Science may apply for the following trades: • Boilermaker/ Plater • Fitter • Electrical. The successful applicants will be required to sign the applicable training contract with the company and Mining Qualification Authority (MQA). Application requirements: • A detailed Curriculum Vitae • Certified copies of educational qualifications • Certified copy of identity document • Must pass the required medical screening • Must pass the required aptitude tests • N2 with relevant Trade Theory subject(s) will be an added advantage. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 10 May 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED.

www.ayandambanga.co.za 112043REV


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 APRIL 2013

Klein Interjol beloof groot aksie DIE Klein Interjol, een van die FNB Classic Clashes, vind die naweek tussen die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington plaas. Die twee skole pak mekaar op 27 April op Duineveld se bane. Die tenniswedstryde het reeds op Woensdag 24 April plaasgevind en die seunshokkie-wedstryde is ook vroeër gespeel vanweë die hokkieproewe wat Saterdag in Kimberley plaasvind. Die skaakwedstryde vind Vrydag om 14:30 in die Duineveldhotelskool plaas.

Die rugby, netbal en meisieshokkie begin Saterdag om 08:00. Ouers, vriende en kennisse is welkom om in die opwinding te kom deel. Hulle moet hul eie stoele en sambrele saambring aangesien die paviljoen vir die leerlinge bespreek word. Staanplekke vir gazebo’s kan by Elna Smit of Bernard Visser by 054-338-8222 bespreek word, maar ’n beperkte ruimte is hiervoor beskikbaar. Verversings sal heeldag te koop aangebied word.

DIE kapteins van die rugby­ en netbalspanne wat mekaar Saterdag gaan pak, is van links Johnathan Steenkamp (Upington), Junior Bur­ ger (Duineveld), Anmari Hugo (Duineveld) en Elmarie Carstens (Upington).

DIE kapteins van die Klein Interjol­spanne is van links André Nel (hokkie), Francois Slabber (skaak), Hendrico Calitz (skaak), Pierré Nel (gholf), Salomé Hanekom (tennis), Franco Swart (tennis en hokkie), Voné Heyns (hokkie), Leandra van der Westhuizen (hokkie), Danielle Nel (tennis) en Jan Louis Basson (tennis). Foto’s: Lizette Slabber

Program DIE Klein Interjol-program is soos volg: Meisieshokkie (A-veld) 08:00 tot 08:45 o.14 08:55 tot 09:40 o.16 09:50 tot 10:35 o.19B 10:45 tot 11:40 o.19A Netbal 08:00 Opening: Baan B A Baan 08:15 o.17A 08:55 o.14A 09:35 o.19B 10:25 o.16A 10:55 Voorstelling van spanne 11:00 o.19A B-Baan 08:15 Duineveld o.16C teen Upington o.14B 08:55 Duineveld o.16B teen Upington o.15A 09:35 o.14B 10:15 Duineveld o.19D teen Upington o.19C C-Baan 08:15 Duineveld o.16E teen Upington o.15B 08:55 o.19C 09:35 Duineveld o.16D teen Upington o.15B Rugby 08:00 o.15B (A-veld) en o.14B (B-veld) 09:05 o.16B 10:10 o.14A 11:15 o.15A 12:20 o.16A 13:30 o.19B 14:50 o.19A


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.