
1 minute read
EENHEID 1: Persoonlike en sosiale welsyn
KWARTAAL 1
LEERDOELWITTE
Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen: • Weet watter invloed ander mense het op jou selfbeeld en selfbeeldvorming. • Bewus wees van hoe persoonlike suksesse kan bydrae tot ’n positiewe selfbeeld. • Hoe om ’n aksieplan op te stel vir deurlopende positiewe selfbeeldvorming. • Hoe om terugvoer van ander ontvang te hanteer, asook hoe om terugvoer aan ander te gee. • Moet weet hoe om verskillende emosies te hanteer. • Vaardighede te kan toepas om emosies positief te bestuur. • Vriende kan waardeer in moeilike tye. • Kan onderskei tussen veilige en onveilige verhoudings met ander persone.
INLEIDING
’n Persoon se selfbeeld is baie belangrik omdat dit bepaal hoe jy oor jouself voel. Dit is ook belangrik in jou optrede teenoor ander mense. Jou selfbeeld bepaal ook of jy suksesvol sal wees in dit wat jy aanpak. Die terugvoering wat jy van ander persone kry, kan positief of negatief wees. Dit is belangrik om dié terugvoer op die regte wyse te kan hanteer. Jy moet ook weet hoe om terugvoer te gee aan ander persone op die korrekte wyse. Dit is dus belangrik vir die leerder om die nodige leiding te ontvang.
Emosies is baie belangrik in die fase van die leerder se lewe. Die leerders se emosies is baie sensitief en soms voel hulle deurmekaar. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om emosies korrek te bestuur en uit te druk. Dit is belangrik om in die moeilike tye te kan staatmaak op vriende.