
1 minute read
EENHEID 2: Uitvoerende kunste
LEERDOELWITTE
Nadat die leerders die eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen: • Die liggaam en stem op verskillende maniere te kan opwarm. • Die liggaam alleen en saam met ander kan beweeg. • Verskillende nootwaardes se ritmiese patrone kan gebruik. • Mimiekaksies kan gebruik. • Verskillende liedjies saam te sing • Westerse en Afrikamusiek te luister en te klassifiseer.
INLEIDING
Mense dans vir verskillende redes. Dit kan wees vir pret, kompetisies of selfs as ’n rituele uitvoer. Ons gaan in die eenheid meer dansbeweging uitvoer deur ons liggaam in verskillende rigtings en op verskillende wyses te beweeg. Tydens ’n dansopvoering gebruik die dansers kostuums en rekwisiete om die dans se storie te vertel. Dansers gebruik ook ritme en vlakke in hul danse – vinnig/stadig of hoog/laag. Die leerder gaan ook die elemente toepas in uitvoer van liggaamsbewegings. Ons moet altyd opwarm voordat ons met enige fisiese aktiwiteite begin. Ek gaan vir ’n paar opwarmingsoefeninge wys wat gedoen kan word om seker te maak dat die liggaam gereed is vir die aktiwiteite.
Die leerder moet natuurlik ook stembande opwarm! Die verskillende nootwaardes het verskillende ritmiese patrone. Dit kan op verskeie wyses gebruik word om musiek te maak. Ons gaan die notebalk en die verskillende note hersien, en ons eie musiekkombinasies skep en uitvoer. Die leerder gaan ook leer om mimiek te gebruik om iets voor te stel.
Laastens gaan ons luister na verskillende Westerse en Afrikamusiek. Dit leer die leerder om verskillende tipes musiek en musiekinstrumente te waardeer.