
2 minute read
AKTIWITEIT 11
AKTIWITEIT 11
1. Dit is wanneer mense kommentaar lewer op hoe iemand iets doen. Kritiek kan positief of negatief wees. 2. Leerder se eie gepaste antwoord. Fasiliteerder kan met die leerder gesels oor positiewe en negatiewe kritiek en wat die gepaste wyse is om elkeen te hanteer. 3. Leerder kan enige van die volgende antwoord: • Net omdat jy tekort geskiet het, beteken nie dat jy misluk het nie. Niemand hou van kritiek nie. Niemand hou daarvan om te erken dat daar ’n beter oplossing is nie. Daar is altyd beter oplossings. Kritiek is ’n instrument, want dit gee ander perspektiewe. Leer van ander. Kritiek beteken nie noodwendig dat jy verkeerd is nie; dit beteken wel daar is ander moontlike perspektiewe. • Oop gedagtes; toe mond. Jy gaan partykeer verkeerd wees. Wees bereid om jou denke te verander. Moenie jou plan ten alle koste verdedig nie. Om kennis by ander te kry, is ’n goeie manier om te leer. • ’n Negatiewe reaksie op kritiek vererger net dinge. Daar is baie dinge in die lewe wat nie 100% objektief is nie en daarom kan jy nie in 100% van gevalle reg wees nie. • Oorweeg die bron. Wie kritiseer? Ken hy die onderwerp beter as jy? • Wees bereid om van almal te leer. Jy kan leer deur net te luister. Jy hoef nie die ander persoon se siening te aanvaar nie. Kritiek beteken nie dat jou vrye wil nou skielik nie geld nie. As jy genoeg selfvertroue het, is kritiek nie ’n bedreiging nie – dit is ’n nuttige instrument. Leer deur te luister. Hoe meer perspektiewe jy sien, hoe beter is jy toegerus as soortgelyke omstandighede hulle weer voordoen. • Moet nooit kritiek persoonlik opneem nie. In gevalle waar jy gekritiseer word, is emosionele intelligensie dikwels belangriker as intellektuele intelligensie. • Nie alle kritiek is konstruktief nie. Daar is mense wat daarvan hou om jou konsepte uit mekaar te skeur – in die proses word jy ook sommer uitmekaar geskeur. Aanvaar dit – moet net nie reageer nie. Dit is nie maklik nie. Aanvaar wat jy nie kan verander nie. • Jy moet alles met ’n oop gemoed benader. Soms is dit beter om te luister na die kritiek en te verander. Daar is nie net een manier om sukses te behaal nie. • Erken jou eie beperkings. Almal van ons het verskillende sterk- en swakpunte. 4. Leerder se eie antwoord.