1
G06 ~ Lewensvaardighede 2.
Trek kolomme met die volgende opskrifte en skryf by elkeen notas van wat jy van jouself dink.
● ● ● ● ● ●
2.2
My drome.
Dinge wat ek goed kan doen.
Dinge wat ek reeds goed gedoen het: skool/sport/ander.
Waarvan hou ek om te doen.
Dinge waarvan ek nie hou om te doen nie. Dinge wat vir my moeilik is om te doen.
Verhouding tussen vermoëns, belangstellings en potensiaal
Jou vermoëns en belangstellings bepaal of jy potensiaal het om iets te doen. Jou belangstellings
is al die dinge waarvan jy hou om te doen, soos sport. Jou vermoëns is al die dinge wat jy goed
kan doen. Jy kan van rugby hou én goed wees daarin. Hoe jy die twee eienskappe in verhouding tot mekaar gebruik, gaan bepaal of jy jou volle potensiaal gaan bereik.
Figuur 1.7
As jy intens in iets belangstel, beteken dit gewoonlik dat jy ook die vermoë het om dit te doen. Die twee loop hand aan hand. Jy kan ook sekere vaardighede aanleer as jy baie daarvan hou om iets te doen, maar nie baie goed daarin is nie. Jy bou dan op jou belangstelling om jou vermoë
om dit te verrig, te verbeter en só jou volle potensiaal te bereik. Jy kan nie die een sonder die
ander doen nie. So as jy baie belangstel in rugby en jy kan dit goed speel, sal jy die eienskappe
gebruik en hard oefen en daarop voortbou. En eendag kan jy jou volle potensiaal gebruik om ’n
Springbok word! © Optimi
21