Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
EENHEID 1: ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees LEERDOELWITTE
Nadat die kandidate hierdie eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen: Geïntegreerde taaloefeninge voltooi. ’n Opsomming van ’n leesstuk maak. Visuele geletterdheid kan interpreteer en vrae daaroor beantwoord. ’n Begripsleesaktiwiteit voltooi.
Les 1: Taal in konteks LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les behoort die kandidate: ’n Artikel lees en vrae daaroor beantwoord. Sinskonstruksie verstaan en reg toepas. Die proses van om ’n opsomming te maak, verstaan en toepas.
Gaan saam die kandidate deur die antwoorde. Hersien waar nodig.
AKTIWITEIT 1
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.
© Optimi
Sportbeoefening sal positief wees. ’n Motiveringspreker praat met mense en motiveer hulle om die beste van ’n situasie te maak. Aktiewe ouers besef die waarde van oefening, hulle is self gemotiveerd, ens. Woorde wek maar voorbeelde trek. Dit is maklik om vir ander mense te sê wat om te doen, maar deur iets self te doen, motiveer jy ander mense. Kinders kan hulle eie vordering meet sonder om hulself met ander te vergelyk. ’n Mens leer om vriende te maak en na ander mense se standpunte te luister. Dit leer jou om geduldig met ander te wees. Rugby, netbal, tennis, sagtebal, sokker, ens. Kandidaat se eie antwoord. (Moet ja/nee antwoord. Dit moet ook duidelik wees dat die kandidaat die gesegde duidelik verstaan.)
7
(1) (1) (1) (1) (1) (1) (2) (2) (2)