NONGQAI VOL 12 NO 7A

Page 109

Brig HB Heymans Wat ‘n wonderlike voorreg om betrokke te wees by die opstel en samestelling van hierdie spesiale blad oor ’n keurkorps vrouepolisie. Ek was bevoorreg om groot dele van ons wêreld te besoek en wanneer die polisie aldaar ter sprake kom, het ek altyd na die polisieperde en die vrouepolisie gekyk. Vroue maak wonderlike polisiebeamptes—hulle kan take verrig wat ons nie kan doen nie. Ek kan my kop net in skaamte laat sak oor die manier wat ons, veral die minder gegoede dames, as klaagsters in die aanklagtekantoor hanteer het. Die volle storie word afgeneem in die aanklagtekantoor en almal kan hoor wat gebeur het. Ons het dan die dame na die afneem van ‘n beëdigde verklaring dan met vorm J88 na die distrikgeneesheer geneem. Ons het nie die dame ‘n koppie tee of ‘n glas met suikerwater gegee om die skok te bowe te kom nie. Dan het die klaagster agter in die “van” geklim stad toe—geen gerieflike rit vir ‘n verkragte persoon nie! Ek is seker, het ons toe polisiedames gehad sou ons verklarings meer simpatiek afgeneem het. Ek dink aan ander bepaalde klagtes wat ons voorskriftelik korrek bygewoon het, maar sonder menslikheid. ’n Boetie en sussie gaan swem in die see. Die Boetie verdrink—ons het alles korrek gedoen maar nooit eens vir die sussie ’n koppie tee of koeldrank aangebied nie—ek is seker as

ons in die “ou dae” dames gehad het, sou ons vir die sussie ’n koeldrank gekoop het. In die veiligheidstak en in die intelligensie-afdeling van die SA Polisie het ons vreeslike dapper RSagente gehad. Aan die eenkant veg die polisie teen Swapo en aan die anderkant is “geheime polisie” in die Swapo-binnekring teenwoordig. Dit is maar deel van die ironie van polisiewerk! My dank aan Sarie van Niekerk, ons vroueredakteur, vir al haar hulp en die samestelling van hierdie uitgawe. Ek moet bieg ek het nog nooit ‘n les in tik of in die uitleg van ‘n koerant of boek ontvang nie! Wat u hier sien is eintlik ‘n wonderwerk! Ons was die afgelope verslagtydperk gekortwiek deur mnr Eskom wat die “ligte sonder waarskuwing afsit” en jou storie is verlore! Sommige kere is die spelfoute reggemaak en die krag gaan af sonder dat die foute bewaar was, bo op al die ellende was ek meer as twee weke van die buitewêreld afgesny—die internet se optiese kabel het gerol! Aanvaar asb. hierdie tydskrif met foute en al!!!

Thank you Ladies for taking part in this magazine which is published without malice and strives to publish our history without trying to live in the past. We love you all—take care and be safe!!!

NONGQAI VOL 12 NO 7A –DAMES

109


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook

Articles inside

Nawoord: brig HB Heymans

2min
pages 109-110

Briewebus

1min
page 108

HULDE AAN ONS KOLLEGAS WAT DIE AFGELOPE 50 JAAR AFGESTERF HET:

1min
pages 106-107

Nicolene Hambidge

1min
page 105

GEBED VIR REЁN: Renatha Adriaanse

1min
page 104

POLISIEVROUE (EN) MANNE HOU KUIER

1min
page 103

SAMORA MACEL SE VLIEGTUIGONGELUK: Lizette Roos

2min
page 100

MY KENNISMAKING MET MY EERSTE DOOIE DIEF: Esmarie van Dyk

5min
pages 97-98

MY PASSION FOR MY BELOVED SOUTH AFRICA:

4min
pages 101-102

1970’S: WERWING: AFDELING NOORD TRANSVAAL: Marna Loock

10min
pages 90-94

GLO AS GOD AAN JOU ‘N WONDERWERK

4min
pages 95-96

MY LOOPBAAN IN DIE POLISIE: Dot van

10min
pages 81-89

GEBED AS EK MY MASKER OPSIT: Riette

1min
page 77

VERTELLING: AO Renatha Adriaanse

6min
pages 72-76

MY LOOPBAAN AS MAATSKAPLIKE WEKER IN DIE POLISIE: Ronelle Valentyn

6min
pages 60-62

FOTO’S: Ronelle Valentyn: Ierland

1min
page 59

1973: NG-KERK POLKOL: Dot van der Vyver

1min
pages 57-58

REEKSMOORDENAAR VERKRAGTER KONST. JACO GELDENHUYS: Nicolene van

1min
page 50

MEI IS AFRIKA VROUEMAAND: ONS ONTHOU | MAY IS AFRICA WOMEN’S MONTH:

13min
pages 51-55

EK LEER DANS NA EK MET PENSIOEN

2min
page 56

LYNETTE PRINSLOO (BOSCH): Anneke

7min
pages 45-48

LAINSBURG-VLOED: ONS GEDENK HELDINNE EN HELDE VAN DIE WATERVLOED: KONST. INA STADLER VAN DER MERWE) EN KONST. GERRIE VAN DEN BERG: Sarie van

4min
pages 43-44

AFTREEBOODSKAP: Kapt. Magda Prinsloo

3min
pages 40-42

BESPREKING: HOE HOU JY JOU SKIETVERNUF SKERP? Besprekingspunt

15min
pages 34-38

MIDDAGETE BY DIE KWARTIERMEESTER WAS ‘N TOTAAL ANDER STORIE GEWEES:

3min
pages 31-33

DRIE VAN EERSTE VROUEGENERAALS BYMEKAAR: Magda Prinsloo

4min
pages 29-30

REEKSMOORDENAAR VERKRAGTER KONST. GELDENHUYS: Nicolene van Staden

2min
page 26

WAT WAS JOU ONDERVINDINGE TYDENS ‘N DAG IN DIE HOF? | WHAT EXPERIENCE DID YOU HAVE ATTENDING COURT: Saamgestel

6min
pages 27-28

DINK TERUG AAN DIE "OU DAE": Lt. Kol

2min
page 25

LIFTING THE LID AGAINST ALL ODDS: Lt

8min
pages 22-24

MY LOOPBAAN IN DIE SUID AFRIKAANSE POLISIE: Lt.genl. Magda

2min
page 17

DIE TAS (IETS OM AAN TE DINK

5min
pages 18-19

DIE KERKSTRAAT BOMONT PLOFFING: 20 MEI 1983: Saamgestel deur Sarie van Niekerk

4min
pages 12-13

MY KENNISMAKING MET MY EERSTE

5min
pages 20-21

VOORWOORD: Sarie van Niekerk – p 8

2min
page 8

DS. CHRISTO BARNADO EEN VAN DIE SLAGOFFERS VAN DIE KERK- STRAATBOMONTPLOFFING WAT DIT

5min
pages 14-15

STOCKHOLM-SINDROOM: Lt.genl

1min
page 16

IS BERADING NA AFTREDE NODIG

5min
pages 10-11
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.