4 minute read

LAINSBURG-VLOED: ONS GEDENK HELDINNE EN HELDE VAN DIE WATERVLOED: KONST. INA STADLER VAN DER MERWE) EN KONST. GERRIE VAN DEN BERG: Sarie van

LAINSBURG-VLOED: ONS GEDENK HELDINNE EN HELDE VAN DIE WATERVLOED: KONST. INA STADLER (VAN DER MERWE) EN KONST. GERRIE VAN DEN BERG

Sarie van Niekerk

Advertisement

Op 25 Januarie 1981, na ‘n paar daar dae se heerlike sagte, ligte reënbuie wat oor die dorre Laingsburg, in die Karoo uitgesak het, het daar aanvanklik groot vreugde oor die milde reëntjies geheers, die dorp se mense het pas uit die kerk gekom na die Sondagoggend diens en het rondgestaan en gesels, mense het na die rigting van die brug gestap want die reëntjies was so welkom. Stadigaan het die mense huiswaarts begin keer, want die Sondagmiddagete het tuis gewag. Dit is platteland, Sondagmiddagete is gesins samekoms. Maar die vreugde oor die milde ligte reënbuie het nie lank gehou nie! Mense het net aangesit om met hul ete te begin, toe die dorp skielik geskok word deur die donderende geraas van rollende watermassa wat in die Buffelsrivier afgestroom kom.

Die water het alles uit sy pad eenvoudig soos ‘n hoenderveertjie weggevee, vertel me. Althea Jacobs (van den Berg). Die water het reeds by huise begin instroom en mens en dier het probeer skuiling soek teen die magtige watermassa. Aan helde en heldinne het dit seder daardie dag nie ontbreek nie, almal het probeer help!

Waarskynlik die grootste heldin, wat jare later nog deur die dorp as hul heldin vereer word, was die 20-jarige konst. Ina Stadler (van der Merwe). Sy het uit haar ouerhuis gestorm toe water begin opstoot het en gehardloop en geswem na die polisiestasie sowat 400m van hul huis af was, om per radio hulp van omliggende dorpe se nooddienste te ontbied. Van telefone was daar nie meer sprake gewees nie, alles was reeds vernietig in die al stygende watermassa wat sy pad oopgebreek het deur die Buffelsrivier afgestroom. Ina, ’n boorling van Laingsburg, se heldedade het nie hier geëindig nie. Sy is weer terug in die stormsterkwater, terug geswem na haar ouerhuis waar sy haar bejaarde ouers en ouma net betyds

Attie en Ina se twee seuns

uit die huis gekry het voordat die huis voor hul oë deur die vloedwaters meegesleur is, het haar man, Jannie van der Merwe, in ‘n WhatsAppboodskap geskryf. Hulle is op13 Desember 1986 getroud en twee seuns, Callie (33) en Jaco (30) is uit die huwelik gebore. Ina het aan die einde van Desember 1980 klaargemaak in die polisiekollege waarna sy dadelik op Laingsburg gaan begin werk het. Haar Oom, Attie Stadler vertel: “Nadat sy nooddienste in die omliggende dorpe gebel het, het sy weer terug huistoe gehardloop, ons was so 300m van die polisiestasie af. Sy het haar pa en ma probeer uit die water gesleep, haar pa het ongelukkig gegly en weggespoel. Sy het eers haar ma tot veiligheid gebring. Sy het weer ingespring en haar pa gaan soek. Sy het haar pa gekry waar hy aan ‘n boom vasgeklou het. My pa was ‘n groot man, maar sy het iewers vandaan krag gekry en my pa oor die muur gehelp na veiligheid, voordat sy weer terug is na die polisiestasie om daar te gaan help om ander lede die geleentheid te gee om buite te gaan help. “Haar een beste vriend, Kapet Koen, en ses van die Koen-familie is in die vloed dood, waaronder twee klein kindertjies. Sy moes later al die lyke in die lykshuis gaan uitken. Dokters het later gesê die spanning en die nadraai van die dag se gebeure was waarskynlik die hoofsaak van haar dood. Sy het dag en nag gewerk na die vloed. Sy het gehelp waar sy kon. Sy was geweldig trots op haar uniform. Die polisie en haar uniform was haar lewe, sy wou nooit iets anders doen nie.”

Hy skryf verder sy dat sy na die vloed verskeie liggame van drenkelinge moes uitken, waaronder die Koen-familie, wat ‘n geweldige emosionele merk op haar gelaat het. “Sy was polisievrou deur en deur en het later toe sy op Kraaifontein gestasioneer was, ‘n vrou se baba op die stoep by die polisiestasie gehelp in die lewe bring. Ina was self sewe maande swanger op daai stadium.) Jannie skryf verder in sy WhatsApp-boodskap, “sy het later een of ander toekenning vir dapperheid gekry, ek is ongelukkig nie seker water toekenning dit was nie maar ek is seker dit was vir dapperheid.” Ina moes ongelukkig twee groot rugoperasies ondergaan en moes op ‘n jong ouderdom mediesongeskik die polisie verlaat. Sy is op 11 November 1981 in die ouderdom van 39 jaar aan breinvliesontsteking oorlede. Foto van konst. Gerrie van den Berg, sy vrou en hul baba, Carlo)

This article is from: