2 minute read

Nawoord: brig HB Heymans

Brig HB Heymans

Wat ‘n wonderlike voorreg om betrokke te wees by die opstel en samestelling van hierdie spesiale blad oor ’n keurkorps vrouepolisie.

Advertisement

Ek was bevoorreg om groot dele van ons wêreld te besoek en wanneer die polisie aldaar ter sprake kom, het ek altyd na die polisieperde en die vrouepolisie gekyk.

Vroue maak wonderlike polisiebeamptes—hulle kan take verrig wat ons nie kan doen nie. Ek kan my kop net in skaamte laat sak oor die manier wat ons, veral die minder gegoede dames, as klaagsters in die aanklagtekantoor hanteer het. Die volle storie word afgeneem in die aanklagtekantoor en almal kan hoor wat gebeur het. Ons het dan die dame na die afneem van ‘n beëdigde verklaring dan met vorm J88 na die distrikgeneesheer geneem. Ons het nie die dame ‘n koppie tee of ‘n glas met suikerwater gegee om die skok te bowe te kom nie. Dan het die klaagster agter in die “van” geklim stad toe—geen gerieflike rit vir ‘n verkragte persoon nie!

Ek is seker, het ons toe polisiedames gehad sou ons verklarings meer simpatiek afgeneem het. Ek dink aan ander bepaalde klagtes wat ons voorskriftelik korrek bygewoon het, maar sonder menslikheid. ’n Boetie en sussie gaan swem in die see. Die Boetie verdrink—ons het alles korrek gedoen maar nooit eens vir die sussie ’n koppie tee of koeldrank aangebied nie—ek is seker as ons in die “ou dae” dames gehad het, sou ons vir die sussie ’n koeldrank gekoop het.

In die veiligheidstak en in die intelligensie-afdeling van die SA Polisie het ons vreeslike dapper RSagente gehad. Aan die eenkant veg die polisie teen Swapo en aan die anderkant is “geheime polisie” in die Swapo-binnekring teenwoordig. Dit is maar deel van die ironie van polisiewerk!

My dank aan Sarie van Niekerk, ons vroueredakteur, vir al haar hulp en die samestelling van hierdie uitgawe.

Ek moet bieg ek het nog nooit ‘n les in tik of in die uitleg van ‘n koerant of boek ontvang nie! Wat u hier sien is eintlik ‘n wonderwerk! Ons was die afgelope verslagtydperk gekortwiek deur mnr Eskom wat die “ligte sonder waarskuwing afsit” en jou storie is verlore! Sommige kere is die spelfoute reggemaak en die krag gaan af sonder dat die foute bewaar was, bo op al die ellende was ek meer as twee weke van die buitewêreld afgesny—die internet se optiese kabel het gerol! Aanvaar asb. hierdie tydskrif met foute en al!!!

Thank you Ladies for taking part in this magazine which is published without malice and strives to publish our history without trying to live in the past. We love you all—take care and be safe!!!

SLOT | END

Dear reader

Please note that in this quasi-historical magazine we make use of various sources and consequently it is obvious that the document contains various diverse and personal opinions of different people and the author of the Nongqai cannot be held responsible or be liable in his personal capacity. Geagte leser

Vir hierdie kwasiehistoriese tydskrif maak ons van verskeie bronne gebruik en bevat die dokument uiteraard uiteenlopende en diverse persoonlike menings van verskillende persone en die opsteller van die Nongqai kan nie in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie.

© 2020 Brig. HB Heymans (SAP Ret.)