Helpie-Flitse 2022 Uitgawe 1

Page 1

Helpie-Flitse Helpie-Flitse

Van krag tot krag na 100 jaar

Covidremniegroeinie

Ten spyte van ’n wêreldwye pandemie, bly groei en voortuitgang deel van die Helpmekaar-DNS. Kort op die hakke van die opening van DiHub, Helpmekaar se digitale innovasiesentrum, in 2020 en die inwyding van ʼn unieke beeld in 2021, word 18 spog klaskamers in die “Verre Weste” met die aanvang van termyn 2 in gebruik geneem.

“Die swerfseisoen is amptelik verby! Ons is innig dankbaar dat die bouprojek nou afgehandel is. Ons “rondholroetine” gedurende die eerste termyn was veeleisend om die minste te sê, maar dit het ons ook die geleentheid gebied om die skool sowel as die leerders te leer ken,” sê me. Talitha van Buren, Afrikaanse

Me.onderwyseres.HeleneVermaak,

kunsonderwyser, is opgewonde oor haar nuwe klas. “Dit voel sommer of ek 'n groot persent gekry en by ʼn nuwe skool begin werk het! Ek is opgewonde om die leerders se reaksie te sien. Dit voel soos 'n werklike kunsateljee met al die nodige toerusting vir kuns. Ek glo elke kind gaan soos ʼn regte kunstenaar voel as hul daar instap. Hul gaan geïnspireerd en gemotiveerd voel. Dis 'n nuwe begin vir die kunste by Helpmekaar!”

Ook vir die Geografie-departement is die nuwe klasse ʼn nuwe begin. “Met rekenaars en GIS, kaartkaste en hoë banke is dit die perfekte Geografieklas. Ek sien uit na die nuwe klas met natuurlike lig wat van die suidekant af instroom en ook die mooiste uitsig oor ʼn gedeelte van die stad, en die Mandela-brug het;” sê me. Trudie Vermeulen, Geografie-vakhoof.

Na die Produksie in 2021 weens Covid uitgestel moes word, word daar nou halsreikend uitgesien na die Dis100-produksie wat van 3-6 Augustus aangebied word. ʼn Besliste hoogtepunt om na uit te sien is 75 graad 8-seuns wat die immergewilde Ruiter van die Windjie van Bles Bridges gaan uitvoer. “Die hoofrolle is tans besig om hulle woorde af te stof, bewegings te olie en kostuums tussen die mot-bolle uit te haal om reg te maak vir Produksie 2.0! Ek hoop alle Helpies is reg vir 'n blik op die Helpie-geskiedenis en hoe die Bruin Reus van krag tot krag sy spiere bult,” sê mnr. Eghard Basson wat aan die stuur van die Produksie staan.

Mnr. Klaus König het ook onlangs ’n mylpaal-herdenking as skoolhoof by Helpmekaar gevier. Hy is reeds 20 jaar aan die stuur van sake by Helpmekaar Kollege. In 2002 toe König aangestel is was daar 196 leerders. Maar sedertdien het die skool van krag tot krag gegaan. Tans is daar 1 324 leerders, 92 doserende, 25 administratiewe en 31 terrein-, kombuis- en koshuispersoneel. “Ek bring hulde aan daardie moeilike beginjare, dit het die Helpie-guts en dit wat ons as die Helpie-way sien gevestig,” sê mnr. König.

Matrieksvan2021skitterheldermetstortvloedA’s

Met ʼn graadgemiddeld van 76% het Helpmekaar se matriekgroep van 2021 bewys dat harde werk en deursettingsvermoë beslis vrugte afwerp. Hierdie groep het hulle nie laat onderkry deur die soms onsekere tye tydens Covid nie en die uitstekende matriekuitslae is die kersie op die koek van hul skoolloopbaan. Met ‘n ongekende totaal van 707 vakonderskeidings, het hulle hê."skoolwerk,syspog.terwylRouxCharlieingepalmvraagdie“TydsbestuurmaakisCarla,ooitOnsgewysdatakademiesteedsdieprioriteitvanelkeHelpieis.topkandidaat,ChristiaanBotes,spogmet14A’s-diemeesteinHelpmekaarsegeskiedenis.Christiaansetweelingsuster,het‘nvolle10onderskeidingsverwerf.VolgensChristiaandiesleuteltotsuksesomeffektieftebeplan,maarooksekertedatjyanderaktiwiteitedoenom‘nbalanstehandhaaf.enomvandiebeginvandiejaarafhardtewerk,iswenresep”isbeideChristiaanenCarlaseantwoordopdieopalmalselippeoorhoehullealdieonderskeidingshet.deKock,JohanGouws,LuanHusselmann,GerhardleenTinekeSwanepoelhetelk9onderskeidingsbehaal,twaalfleerdersmet8A’sophulmatrieksertifikatekanLuanHusselmann,wat9A’sagtersynaamkanskryf,somraadaanmatrieksasvolgop:“Handhaaf‘nbalanstussensportenanderaktiwiteite–jymoetook‘nsosialelewe

Die matrieks het besonder goed gevaar in ‘n verskeidenheid van vakke, met ‘n merkwaardige 80% gemiddeld vir Rekeningkunde en Gevorderde Program Wiskunde. 23 leerders het ‘n A-simbool behaal in die derdetaal (Duits, Frans of Spaans) wat hul geneem het. Ruan Botha, wat agt onderskeidings behaal en Helpmekaar se toppresteerder in Duits is, sê die volgende: “Begin eerder vroeër as later, want goeie punte is die uiteinde van baie ure se werk. Helpmekaar se onderwysers speel ook ‘n groot rol in die uitslae, want hulle het ons baie goed voorberei vir die eindeksamen."

Mnr. Klaus König (skoolhoof) skryf die matrieks van 2021 se sukses toe aan hul aanpasbaarheid tydens die pandemie, asook die volgehoue toewyding van die onderwysers. Die groep se graadgemiddeld het met 8% verbeter van 68% in graad 8 tot 76% in graad 12 – inderdaad ‘n merkwaardige prestasie!

Edrich du Preez, ʼn huidige graad 12-leerder, meen dat die matriekgroep van 2022 dieselfde sukses met hul uitslae gaan behaal. “Ek glo om hard te werk en jou beste te gee, is die beste plan vir matriek. Ek gaan beslis die onderwysers se raad volg en ou vraestelle uitwerk. Ons moedertaalonderrig en onderwysers wat meesters in hul vakgebiede is, gee ons die nodige vaardighede om tot die beste van ons vermoë te presteer. Ek weet dat ons matriekgroep ons eie weergawe van sukses gaan behaal!” sê Edrich.

- April 2022Dis ons plek
Kollege
AnjevanJaarsveld Foto:toppresteerdersenCarlaBotes(10onderskeidings),ChristiaanBotes(14onderskeidings)DebbievanderMerwe(7onderskeidings)wasonderverskeietydens2021sematriekeindeksamen.CarlaKlingbiel Links:Helpmekaarsehoofgebou.Regs:Die"VerreWeste"pronkmet18nuweklaskamers.

Aldoné Kok (Hoofredakteur):

1: Sommige dinge in die lewe sal nooit oud raak nie. Die opgewondenheid wat heers wanneer die leerders gedrukte koerante op die laaste dag van ’n termyn ontvang, is iets wat mens nie sommer vergeet nie. Dit is ’n gevoel wat ek aan niemand kan beskryf nie. Die gedrukte Helpie-Flitse is en sal altyd ’n classic bly.

2: Vir seker! Om aan ’n koerant te werk is baie meer as net skryf. Dit is omgee, dit is verhoudings bou, dit is lag, dit is idees uitruil, dit is spanwerk, en dit is ’n ervaring wat niemand ooit by jou kan wegvat nie.

Candice Kruger (Sosiale media-redakteur):

1: Ek dink die Helpie-Flitse is nog steeds so spesiaal omdat daar derduisende oomblikke vasgevang word in ’n paar bladsye. Jy sien jouself, jou vriende en familie, en amazing prestasies van onbekendes, deur net te blaai. Daar is soveel verskillende dinge wat vasgevang word in hierdie koerant, van sport en kultuur, tot lees en spotprente. Daar is werklik iets vir almal.

2: Natuurlik! In ’n era waar tegnologie ’n belangrike rol speel en soveel dinge verander het, is dit nodig om deel te vorm van iets wat nog tasbaar is. Jy voel soveel trotser as jy die bladsye wat jy geskryf het vóél, eerder as wat jy net swipe op ’n skerm. Dit is ook nie iets wat jy kan vergeet nie, dit word nie weggebêre in ’n file en nooit weer gelees nie. Juis omdat dit so groot is, is dit moeilik om te bêre. Verhoudings word gebou, foto’s word geneem en baie harde werk word in so ’n koerant gesit.

Anje van Jaarsveld (Adjunkredakteur):

1: Om deur die jare die gedrukte herinneringe van Helpmekaar, alles op een plek vas te lê, is van kardinale belang. ’n Gedrukte koerant is iets wat jy kan hou en kan koester. Die Helpie-Flitse is een van vele tradisies van Helpmekaar Kollege en die kinders is mal daaroor om koerante te kry.

2: Ek sal mense beslis aanmoedig om deel te word van die proses. Dit is ’n ongelooflike eer om te kan skryf en verslag gee oor Helpies se doen en late. Dit maak my uiters trots om deel van ons gedrukte koerant te wees. Die verantwoordelikheid rus op ons almal om die voortbestaan van die gedrukte Helpie-Flitse te verseker.

Carla Klingbiel (Hooffotograaf):

1: As Helpie voel ek baie trots om deel van Helpmekaar Kollege, wat al meer as 100 jaar oud is, te wees. Die opwinding bars uit my uit om te weet dat die Helpie-Flitse se gedrukte koerant deel van daardie geskiedenis kan wees. As fotograaf geniet ek dit vreeslik om te sien hoe elke foto van die verlede ’n duisend woorde van ons Helpie-storie skilder.

2: Helpie-Flitse het ’n smeltpot van talente geword wat almal toelaat om ’n stukkie van hulself deur woorde en beelde in die geskiedenis van ons koerant te kan los.

Carla Nel (Hoofproefleser):

1: Daar is iets uniek aan ’n gedrukte koerant. Daardie gevoel om deur dit te lees, onbewus van wat op die volgende bladsy skuil. Jy kan saam met jou vriende om die koerant sit en dit saam geniet en ervaar. Jy koester die gedrukte Helpie-Flitse. Jy gaan wys dit vir jou familie en jy bewaar dit vir jou kinders eendag. Dit is ’n stukkie van Helpmekaar wat jy altyd by jou kan hou.

2: Daar is geen beter gevoel as om jou harde werk en moeite gedruk hoe mense dit geniet en met mekaar daaroor praat, bly ’n eer. Die woorde wat j Helpie-magic vas en jy bewaar dit vir toekomstige generasies.

In die afgelope honderd jaar het twee wêreldoorloë begin en geëindig. Die TV en penisillien is ontdek en die wêreld het drie pandemies oorleef. Intussen het Helpmekaar Kollege die sterk en standvastige skool geword wat ons vandag

Helpmekaarken.

is meer as net ʼn skool, dis liefde, omgee, gees, dis ʼn gevoel… dis ons plek. Volgens my is daar net een woord om Helpmekaar te beskryf: geseënd.

Ons het 2021 gebruik om terug te kyk. Om die laaste honderd jaar van Helpmekaar se bestaan te waardeer. Daar was opgewondenheid in die lug.

In 2022 is daar selfs meer rede vir feesviering omdat ons geseënd genoeg is om die begin van die tweede eeu af te

Dieskop.twee

Bly Aldonégeseënd!Kok,redakteur, die woord

waardevolste geskenke wat mens kan kry is diepgewortelde waardes en vlerke om te vlieg. Helpmekaar laat leerders toe om wortel te skiet en hulle vlerke te sprei, om hul identiteit in die samelewing te ontdek. Helpmekaar kweek hardwerkende, pligsgetroue jong mense en hoe geseënd is ons nie om van vreemde, verwarde Welpies tot wyddenkende, lewenslustige Helpies gevorm te word, nie?

Ons hoof, mnr. Klaus König, en baanbreker onderwysers leer ons hoe om te vlieg en om soos ʼn termostaat te wees, wat temperatuur reguleer eerder as ʼn termometer wat saam met die temperatuur verander. Die Helpie-ketting hou ons gevestig hoog en verseker jou dat jy nie die pad alleen stap nie. Die Helpie-Flitse en fotograwe sorg dat elke Helpie se unieke afdruk vasgevang word wat deel sal vorm van Helpmekaar Kollege se geskiedenis.

Om deel te wees van ʼn skool met só ʼn ryke geskiedenis, tradisies en hoë waardes, wat elke dag die twee waardevolste geskenke vir sy leerders bied, en om deel te wees van ʼn koerant wat elke Helpie se afdruk kan vasvang en vier, ag ek myself as niks buiten geseënd nie.

Helpmekaar, mag die tweede honderd jaar net so sprankelend en lewendig wees soos die vorige honderd.

Drukkers:

Twee of dubbel?
2022 Kernredaksie ’22 aan
2 Redaksioneel Was,isenblygeseënd Nadat hierdie het, hier As ek teëspoed, dubbel nommer, Waarvan twee dubbel Dankie in 1:HoekomdinkjyisdiegedrukteHelpie-Flitsená76jaarnogsteedssospesiaal? 2:Saljymenseaanmoedigomin2022steedsdeeltewordvandieprosesom ’ngedruktekoeranttepubliseer?

Toor vanspeel van musiekinstrument

Die vaardigheid om ʼn musiek-instrument te kan bespeel is een van die beste maniere om jou brein gesond te hou. Dit is ʼn heelbrein-aktiwiteit wat nie net beide die linker- en regterhemisfeer van die brein stimuleer nie, maar letterlik elke komponent van die sentrale senuweestelsel.

Professor John Dani, voorsitter van Neuro-wetenskap by die Perelman Skool vir Medisyne in Pennsilvanië verduidelik in die nuusbrief, Penn Medicine, dat wanneer jy ʼn musiekinstrument speel, moet jou twee hande twee verskillende take gelyktydig en in “harmonie” verrig. Dit betrek dan gelyktydig jou linker- en regterbreinhelftes, asook jou perifere senuweestelsel wat jou fyn en groot motoriese spiere beheer. Verder betrek die speel van ʼn instrument terselfdertyd die brein se uitvoerende funk-sies, soos beplanning en besluitneming. Voeg daarby die totale sensoriese insette betrokke, bv. visueel, ouditief, tas asook emosioneel – en siedaar! ʼn totale brein-oefensessie en dit alles sonder swoeg en sweet – slegs deur die betowering van ritme en ʼn wysie…

Jy kan nie daaraan vat nie, maar dit raak jou aan…

Dit het geen kleur nie, maar dit kan jou dag ophelder…

Dit kan nie praat nie, maar dit sê sóveel meer as Jywoorde…kandit nie sien nie, maar dit is georganiseer in ʼn duidelike patroon…

Dit kan nie teiken skiet nie, maar dit tref jou reg in die hart en ontsluit ʼn vloedgolf van emosies: vreugde of hartseer; opwinding of nostalgie; vrolikheid of heimwee.

Hierdie towergawe kom uit die hemel; en dit is die enigste ding op aarde wat ons eendag weer met ons sal kan saamvat hemel toe: dit is die towergawe van musiek.

Om na musiek te luister, is betowerend: Dit laat jou ontspan; dit verlaag jou bloeddruk en verhoog jou vreugde; dit kan pyn verminder en produktiwiteit verhoog; dit kan konflik oplos en mense saambind. Kortom: dit bring vrede en “harmonie” in die wêreld. Maar om self ʼn musiek-instrument te bespeel, is om daardie towerstaffie in jou eie hand te hê en aktief deel te neem aan die betowering. Dit is om die wêreld om te tower in ʼn beter plek op maat van ʼn mooi “melodie”.

Ouers het ʼn reuse opvoedingstaak om vir hulle kinders waardes te leer soos self-dissipline, verantwoordelikheid, uithouvermoë en tydsbestuur. Al hierdie kosbare vaardighede kan op ʼn heel aangename en prettige manier ingeskerp word deur die aanleer en bemeestering van die klavier, viool, blokfluit of saksofoon – almal beslis meer effektiewe “instrumente” as die paplepel! Daarom kan ouers gerus maar die roede spaar en eerder die musiekinstrument as towerstaffie swaai. Buitendien sal die harde werk en toewyding wat die aanleer van die musiekinstrument verg, geen tyd toelaat vir stoutighede of onheilighede van enige aard nie!

Volgens Helpmekaar se musiekonderwyser, mnr. Henning Rust, is musiek ʼn universele taal. Dit is ʼn betowerende manier om dinge te kommunikeer wat nie in woorde gesê kan word nie. Hans Christian Anderson het hoeka gesê waar woorde faal, praat musiek. Net soos wat dit ʼn unieke vaardigheid is om in ʼn vreemde taal te leer lees, skryf en praat, net so is dit ʼn spesiale vaardigheid om ʼn musiekinstrument te bemeester en om in musiek as taal te leer skryf en kommunikeer.

Hierdie vaardigheid bind mense oor kultuur- en taalgrense saam.

Volgens ʼn studie gepubliseer in die joernaal, PsychologyofMusic, is die speel van ʼn musiekinstrument ook instrumenteel tot die aanleer van groepsvaardighede. Om in ʼn ensemble of orkes saam met ander musikante te speel, leer ʼn mens op ʼn effektiewe manier om in ʼn span te werk: jy leer om fyn te luister, om ander te vertrou, om self jou deel getrou te doen en bowenal leer jy die towerformule vir die lewe: jy is deel van ʼn groter geheel waarin elkeen ʼn spesiale plek het.

Vaughan McLea, en sy tjello, in Bremen

Candice Kruger

Vaughan Kennedy McLea speel tjello vandat hy vier jaar oud is en 14 jaar later is hy tans besig met sy B.Mus-graad by die Musikschule in Bremen (Duitsland).

Hoe het dit gekom dat hy in Bremen studeer? In Februarie 2017 het Vaughan ʼn meestersklas bygewoon saam met Alexander Baillee, ʼn bekwame onderwyser en uitvoerende kunstenaar wat al vir meer as 23 jaar tjello-lesse gee in Bremen. By dié meestersklas het Baillee vir Vaughan gevra om saam met hom terug te gaan Duitsland toe sodat hy sy musiektalent verder kon bevorder. Ongelukkig, kon hy nie op daardie stadium gaan nie aangesien hy eers sy hoërskoolloopbaan wou voltooi.

Intussen het hy in graad 11 en 12 aanlyn klasse gehad saam met Ben Davis, ʼn professor by die Royal Birmingham Conservatoire, wat hom oortuig het om daar te gaan studeer sodra hy klaar is met hoërskool. Die skoolfonds was egter te duur en Vaughan kon nie daar gaan studeer nie. Hy het egter nooit moed opgegee nie en het toe besluit om weer vir Baillee te kontak. In Bremen betaal ʼn mens nie universiteitsfondse nie en dit bied ook meer geleenthede as Suid-Afrika; hy sal daar sy musiek kan laat floreer.

Vaughan gaan vir vier jaar studeer. Hy sien die meeste daarna uit om die beste van elke sekonde te maak sodat hy sy passie vir musiek met die mense om hom kan deel. Hy kan nie wag om meer te leer nie en sien uit na die groot avontuur. Nadat hy studeer het, wil hy die wêreld toer om sy liefde vir musiek met almal te deel, veral die mense wat dit nie kan bekostig nie. Hy wil vir mense die geleentheid gee om musiek te vóél sodat hulle geïnspireer kan word deur sy musiek.

Hy sê dat Helpmekaar hom baie geleer het: “Mens kan nie regtig net so in ʼn kort paragraaf vasvang wat Helpmekaar vir my geleer het nie, maar wat ek met sekerheid kan sê is dat Helpmekaar my geleer het om sterk te staan en hard te werk. Helpmekaar is ʼn uitdagende skool, maar ek het vriende gemaak wat vir die res van my lewe daar sal wees vir my. Ek het ook van respek, waardes en trots geleer - wat ek by geen ander skool sou kon geleer het

Engelklanke. Dit is die stemme van die dogters in die Helpiesanggroep volgens me. Hanneli Vivier. Hiérdie sanggroep is ʼn nuutjie by Helpmekaar Kollege en die groep bestaan uit vyftien dogters vanaf graad 8 tot 10 onder leiding van me. Vivier. Die idee om met ʼn sanggroep te begin is geïnspireer deur groepe soos PitchPerfect en NavyRed

‘n Acapella sanggroep beteken dat daar geen instrumente gebruik word nie. Dit maak die liedjies interessant en ingewikkeld en is boonop nόg ʼn kultuuraktiwiteit waarmee daar by Helpmekaar gespog kan word. Die groep oefen elke Vrydagmiddag na skool vir ongeveer twee ure, maar volgens Inge Vermaak (gr. 8) gaan die tyd ongelooflik vinnig verby. "Wanneer ons oefen dan werk ons ongelooflik hard, maar lag net so baie saam. Ek kan nie wag om op te tree en verder te oefen saam met al die wonderlike mense in die groep nie," sê

Me.Inge.Vivier

het die mantel opgeneem om die uitdaging aan te pak en sien verskriklik uit na die jaar wat voorlê. Haar musikale agtergrond asook haar liefde vir musiek en kinders maak haar beslis die perfekte kandidaat! “Die dogters het wonderlike talent en stemme,” spog me. Vivier.

Simonne van der Vyver (gr. 10) sê: "Ek raak altyd opgewonde as daar nog 'n geleentheid is om my talent te kan uitleef. Ek geniet dit die meeste om musiek met net my stem te maak en sien uit om te sien hoe die sanggroep tydens die verloop van die jaar vorder en groei.”

Moenie dink hulle gaan net stilstaan en vir jou sing nie, me. Vivier beplan ook om allerhande prettige bewegings by te sit om die ervaring interessant en boeiend vir die gehoor te hou. Hierdie sanggroep van ons gaan by verskeie plekke optree deur die loop van die jaar, so hou jou ore oop om te hoor wanneer jy hulle kan beleef! Hulle gaan beslis die jaar uitstekende hoogtes (en klanke) bereik!

VisueleKuns:Vertoonkas

Baienie.”mense

het hom ondersteun op sy pad om sy droom te bereik. Mense soos Llewellyn Jackson, Christiaan Oelofse, Richard Cock (bekende Suid-Afrikaanse dirigent en radiopersoonlikheid van die voormalige Classic FM) asook Coenie de Villiers. Helpmekaar Kollege se Swierig in Swart-fondsinsameling was gedeeltelik daarop gerig om Vaughan se retoer-vliegtuigkaartjies te betaal.

Hy het geweet dat dit moeilik gaan wees om in ʼn nuwe land met verskillende en nuwe kulture aan te pas, nuwe mense te ontmoet en ook nuwe tale te leer, maar dit was juis waarna hy uitgesien het. Dit is sy eerste keer oorsee en dit was baie stresvol om alles self te doen, veral in ʼn plek waaroor hy geen kennis het nie. Een van sy grootste vrese was dat sy tjello nie in een stuk in Bremen sou aankom nie.

Daar is verskeie dinge om te doen en te sien in Bremen, vertel Vaughan. “Ek geniet meeste dinge in Bremen. Die riviere wat deur die stad loop, die ou geboue en die strate wat mens laat dink jy leef in 1830 of iets. Ek is mal oor die bakkerye en al die smulhappies.” Maar hy sê dat een van sy gunstelingdinge van die stad is, “wanneer die sonnetjie so deur die dakke loer en ʼn mens herinner aan ons sonnige Suid-Afrika.”

Coenraad Olivier Foto:Daarisverskeievoordeleominʼnensembleoforkestespeel.CarlaKlingbiel Foto:Dieledevandiesanggroepenme.HanneliVivier.MiaLudik PotloodEzaanHusselman(gr.11)oppapier MultimediaAbigaelBarnard(gr.11)
met musiek: voordele
Kuns en Kultuur 3
Sanggroepvolengelklanke
Foto'sEindbestemming:avontuur.VaughanensytjelloregvirdievolgendeBremen,Duitsland.verskaf

Helpmekaar sien dubbel

Musiek is, en sal altyd, ’n massiewe rol in mense se lewens speel. Musiek vorm verhoudings, hernu wat eens gebreek was en vorm deel van kernherinneringe.

Almal het ’n gunstelingliedjie of ’n sekere genre musiek wat hulle verkies. Daarom is musieksmaak baie subjektief. Ongeag die verskillende musieksmake enstyle, is daar treffers wat altyd ’n hartsnaar sal roer.

Volgens Billboard, is die volgende 22 treffers daardie liedjies wat tyd en plek oorskry en genoeg is om enigiemand op hul voete te kry.

“The twist” – Chubby Checker (1960)

“Smooth” – Santana en Rob Thomas (1999)

“Mack the knife” – Bobby Darin (1959)

“Uptown Funk!” – Mark Ronson en Bruno Mars (2015)

“How do I live” – Leann Rimes (1997)

“Party Rock Anthem” – Lauren Bennet en GoonRock

Onderwysers sal vanjaar goed moet kophou as dit by Rico en Ruwan le Roux kom. Om sin te maak van twee leerders met dieselfde vanne, voorletters, geboortedatums en dan lyk die twee nog na mekaar ook, kan nie ʼn maklike taak wees nie. Volgens Ruwan het sy tweelingdrama reeds in graad 1 begin toe hy vir een van Rico se dade in die moeilikheid beland het.

Om ʼn tweeling te hê, hou darem ook verskeie voordele in. “Jy gaan nooit alleen deur die lewe nie,” verduidelik Gian Brits. Volgens sy boetie, Wian, het jy altyd geselskap. Caelee en Jeandré van der Merwe voel ook dat hulle altyd bymekaar kan staan en ʼn vriend het om mee te speel en kuier. Volgens Nina Pretorius is daar nog ʼn voordeel - om huiswerk by haar boetie, Erich, af te skryf.

Zoë en Amy van Tonder vertel dat hulle baie snaakse vrae kry, byvoorbeeld: “Het julle dieselfde ouers?” Ethan en Shaye Lourens stem saam en noem dat iemand hulle al gevra het wanneer die een boetie seerkry of die ander een dit ook voel.

Tweelinge, nes enige ander persoon, is uniek met hul eie individualiteit. Hulle het verskillende belangstellings en talente en verkies om nie met mekaar vergelyk te word nie.

HET JY GEWEET:

Die wêreldrekord vir die meeste stelle meerlinge, in dieselfde akademiese jaar in ʼn skool, is in 2018 by die New Trier Hoërskool in Illinois, Amerika aangeteken. Die skool het met 44 stelle tweelinge en ʼn drieling gespog.

Volgens die Guinness Book of World Records, het die oudste tweeling op aarde vanjaar op 4 Januarie, hul 102de verjaarsdag gevier. Tweelinge kan verskillende verjaarsdae hê, met die langste gaping tot op datum aangeteken as 63 dae uitmekaar gebore.

In Los Angeles is ʼn stel tweelinge 15 minute uitmekaar gebore, wat veroorsaak het dat hulle twee verskillende verjaarsdae, in verskillende jare het. Die een is in 2021 gebore en die ander in

Identiese2022.

tweelinge mag dalk dieselfde lyk en dieselfde DNS deel, maar het unieke vingerafdrukke.

“I(2011)gotta

feeling” – The Black Eyed Peas (2009)

“Macarena” – Los Del Rio (1996)

“Shape of you” – Ed Sheeran (2017)

“Physical” – Olivia Newton-John (1981)

“You light up my life” – Debby Boone (1977)

“Hey Jude” – The Beatles (1968)

“Closer” – The Chainsmokers (2016)

“We Belong Together” – Mariah Carey (2005)

“Un-Break my heart” – Toni Braxton (1996)

“Yeah!” – Usher en Ludacris (2004)

“Bette Davis eyes” – Kim Carnes (1981)

“Endless Love” – Diana Ross en Lionel Richie (1981)

“Tonight’s the Night ( Gonna Be Alright )” – Rod Stewart (1976)

“You were meant for me” – Jewel (1997)

“Eye of the tiger” – Survivor (1982)

“We Found Love” – Rihanna en Calvin Harris (2011)

Soujyookkondoenmetʼnmiljoenofdalktwee?

Jessica Goosen Pieter Alecia Amy Pretorius Plekke rondom die besoek.
Carla Kwakernaak 2 + 2 + 2 + 2 + 2 + 2 = 6 Tweelinge in 2022 in graad 8.
4 2022
22.21.20.19.18.17.16.15.14.13.12.11.10.9.8.7.6.5.4.3.2.1.Sussieliefde:ZoëenAmyvanTonderiseenvandiesesparetweelingewattansingr.8is.Foto:verskaf. Top 22 treffers van toeka tot nou Anika Nel Foto’s: Mia Ludik Lucas Maree sê: “Ek sou kon doen met ʼn miljoen.” Maar wat sal dié Helpies doen as hulle R22 miljoen in die hande kry? Eben van Buuren (gr. 8) ʼn Huis koop met ʼn rugby-veld in my agtertuin. Llewelyn Vermaak (gr. 8) Vir my ma gee. Reinhardt Neuper (gr. 9) Dit belê. Emma Ackermann (gr. 10) R20 miljoen vir myself hou en R2 miljoen skenk. Dylan van Rooyen (gr. 10) Dit spandeer op enigiets wat ek wil hê. Mea Weber (gr. 11) Spaar, reis en ʼn gedeelte vir my studies belê. Jenna Volschenk (gr. 11) Die wêreld toer.
Krog (gr. 11) ʼn Koffiewinkel koop.
Nieman (gr. 12) Dit alles skenk aan Parksorg.
(gr. 12)
wêreld

Elzette Labuschagne

Om ʼn generasie se geite en giere in ʼn paar paragrawe neer te pen, is ʼn taak wat grens aan die onmoontlike, maar hier gaan ons. Van bobs tot beehives en skuingekamde kokketielkuiwe loop mense met hul bellbottoms en platforms na die inryfliek terwyl Backstreet Boys by hul nuwe Walkman’s uitblêr.

Kom ons wees eerlik, dit was in die verlede en hierdie is die hede. Deesdae is dit enigiets van ʼn visgraat tot ʼn Franse of Duitse vlegsel. Combovers, buzzcuts en mullets pas die ouens goed. Geskeurde jeans, crop tops en wit Nike tekkies is die nuwe status quo. Die doef- doef van Snotkop en Biggy se nuutste liedjies blêr deur ons nuwe air pods en bluetooth-luidsprekers.

Ons uitkyk span oor grense, hetsy dit taal-, mode- of sosiale grense is. Daar is dus ʼn groot verskil tussen die geite en giere van nou en dan, maar soms vorm dit ʼn eindelose siklus.

“Aikona” my “boet,” ek verkies ʼn braai bo ʼn bunny chow, maar eish die “fundi” reken dat bobotie die koek vat! Daar is geen twyfel dat ons taalgebruik oor die jare verander het nie. Elke generasie het hul eie manier van praat. Van die 1940’s tot die 1960’s was suiwer Afrikaanse terme soos kardoes, paneelkissie, kwansuis en wispelturig die “korrekte” manier van praat totdat slang woorde soos “muff”, “kiff” en “zeff” die monde van tieners in die 1980’s oorgeneem het. Deesdae is dit Afrikaanse slang wat óns woordeskat oorneem. “Aweh, jammer ek is laat, ek moes in die snoepie-ry staan vir tien minute. Ja-nee dit was hectic my bru.” Die woord “Aweh” is oorspronklik ʼn algemeen gebruikte groetvorm in die Kaap, maar het nou regoor Suid-Afrika

“Maakversprei.nie

saak hoe jy dit praat nie – praat dit, leef dit.” Ingrid Erlank, redakteur van Afrikaans.com sê: “Afrikaans se murg is te vinde in sy variante, dialekte en streektaal waarin die warmte van Afrika gedy”. Sy meen dat alle vorme van Afrikaans belangrik is en gekoester moet word. Of jy nou ʼn taal-puris is soos Riaan Cruywagen of kletsrym soos Hemelbesem – Afrikaans is die goue draad wat die brein, hart en mond aanmekaar verbind.

Glo dit of nie, maar ons oumas, oupas en ouers het ook gekuier! Ons oumas en oupas het sokkiejolle in die dorp se skoolsaal gehou. Die meisies doen die twist en cha cha op “Blue suede shoes” deur Elvis Presley en langarm op “Wipneusie”. Die seuns het skelm bier uit hulle Ford Fairlane se kattebakke gedrink. Ons ouers sluip tien uur die aand uit die huis na die naaste rave club. Hulle skud hulle nekke in ʼn spasma op die ritme van DJ Costa se “Bump”-musiek. Deesdae braai ons en dans almal op die dansvloer met die neon laserligte wat op ons gesigte skyn, terwyl “Doef Doef” deur Synth Peter by die luidsprekers uit dreun. As dit nie vir jou na pret klink nie, hou jy seker ʼn oorslaap-karaoke-partytjie saam met jou vriendinne. Julle baljaar en sing saam met “Dancing Queen” deur ABBA en wanneer julle regtig laf raak, sing julle “Let it go” van die fliek Frozen. Julle kyk hoe lank julle wakker kan bly en eet roomys terwyl julle ʼn romantiese fliek kyk.

Al verskil die generasies se kuiers en musieksmaak hemelsbreed, word dit goed saamgevat deur Jo Black wat sê: “Musiek en kuier is ongelooflik belangrik vir menswees. Dit moet driedimensioneel wees, dit moet met jou hart, siel en ore praat.”

Ten spyte van al die geite en giere wat ons almal so passievol volg, moet jy steeds jouself vind, Jy moet weet wie jy is en waar jy vandaan kom en volgens die basiese lewenswaardes leef.

22 trotse tradisies

Helpmekaar Kollege is ʼn trotse en tradisieryke instelling. Sommige tradisies is al dekades lank deel van Helpies se 100-jarige bestaan, terwyl ander gevorm word soos die skool groei. In die gees van 2022, het Helpie-Flitse ʼn lys van 22 gunstelingtradisies saamgestel.

1. Elke graad se unieke verjaarsdagliedjie.

2. Die matriektrappe wat verbode terrein vir enige ander graad is.

3. Die Golden Boys – ons amptelike gelukbringers.

4. Die gesonde kompetisie tussen Empire, Melle en Smuts.

5. Bashers en pette wat met trots gedra word.

6. Die jaarlikse Produksie.

7. Seuns wat hul pette lig wanneer hulle iemand groet.

8. Helpies toon respek en staan op wanneer ʼn onderwyser of ouer leerder by die klas instap.

9. Om jou naam onder mnr. König se tafel te skryf voor die einde van matriek (sonder dat jy gevang word).

10. Die onbreekbare Helpie-ketting.

11. Om in graad 9 voor die hele skool te open met skriflesing en gebed.

12. Die warm sjokolade wat in mnr. Klaus se kantoor bedien word tydens die graad 7-onderhoud.

13. Valentynsweek met ʼn hart vir liefdadigheid.

14. Dans op die aantreeblad.

15. Buspartytjies vir matrieks wat verjaar.

16. Om jou klasrooster aan die binnekant van jou basher te plak

17. Vellies dra.

18. Huiswerk doen en vir toetse leer op die bus op pad skool toe.

19. ʼn Matriek-buddy vir elke Welpie.

20. Om die snoepie se legendariese chicken strips te eet.

21. Beauty and the Beast.

22. Ons eie Modeparade.

Mag die Helpies voortbou op al hierdie wonderlike tradisies, maar ook nuwe tradisies en herinneringe skep in die volgende 100 jaar!

Rugby-boetiesdrafuitvirdieeerstespan

V.l.n.r.Tweevirdieprysvaneen:Tweepareboetiesdrafindie2022-seisoenvirdieeerstespanuit.WaldtHuman,HugoHuman,RynoBoschenHendréBosch.Foto:CarlaKlingbiel

2022 5 Geite en giere – Alles wat is, was al reeds DieHelpie-gelukbringers,die GoldenBoys,isaltydophullepos. Foto:CarlaKlingbiel Die basher ronddieHelpie-uniformperfekaf. Foto:CarlaKlingbiel BeautyenBeastvir2022aangekondig Foto:Voor:Agterv.l.n.r.:ElleTheron,KayleeHerbst,AdamBotha,ChristiaanSteyn.CaraBronkhorst,LafrasBekeus.CarlaKlingbiel

Valentynsweekgevierinvolkleur!

ʼn Helpie kan enigiemand se hart steel - dit is ʼn feit. En Valweek 2022 was rooier en mooier as ooit van tevore.

Gedurende Valentynsweek is daar elke dag van die week ʼn ander kleur bykomstigheid aangetrek ter ondersteuning van ʼn spesifieke liefdadigheidsprojek waaronder, Meals on Wheels. Volgens me. Danelle Weideman is daar R17 200 ingesamel vir hierdie organisasie wat omtrent 80 000 mense aan kos voorsien het.

Ander immergewilde Valweek-tradisies is ook voortgesit. Aktiwiteite wat plaasvind het sluit in die Golden Boys wat rose uitdeel en die ‘skoenafvra’ waar paartjies vrae beantwoord en die persoon wie die akkuraatste die vraag beantwoord se skoen opgelig

Volgensword.Lucia

Swanepoel (gr. 11) lid van die Valentynsweekspan is ʼn onmisbare aktiwiteit “die sokkies wat tweede pouse plaasvind!” Die laaste pyl van Kupido se boog wat geskiet moes word, was die KarniVal-bal. Beslis die regte nooit om die week van liefde en omgee op af te sluit!

Matriekswem-malligheid

NoaPhillipsseruimtevaart-droominwording

Chanté du Preez

Noa Phillips (matriek 2021) wat sewe onderskeidings behaal het, gaan in Augustus 2022 haar ouerhuis in Suid-Afrika verruil vir ʼn koshuis in Daytona Beach, Florida. Sy gaan ʼn vier jaar kursus in ruimtevaartingenieurswese aan die Embry-Riddle Aeronautical Universiteit in Amerika studeer. Ruimtevaart het haar belangstelling in graad 10 geprikkel toe sy in geskiedenis ʼn bietjie oor die eerste maanlanding geleer het. Noa se belangstelling het na SpaceX verskuif en sy het meer oor SpaceX, NASA en die Internasionale Ruimtestasie (IRS) begin lees en leer.

Volgens Noa, het haar droom om in Amerika te gaan studeer vir haar onmoontlik gevoel, maar sy het elke dag ʼn treetjie in die rigting van haar droom gevat. Na ure se harde werk, het haar droom verlede jaar waar geword toe haar uitslae vir die Skolastiese Assesseringstoets (SAT) haar die geleentheid bied om deel te word van hierdie top gespesialiseerde universiteit met die beste

Sylugvaartskool.vertelopgewonde

dat sy stomgeslaan was toe sy hoor dat sy gekies is. Toe sy lees dat sy aanvaar is, het sy aanvanklik gedink sy lees verkeerd. Sy het dadelik na haar ouers gehardloop en vir hulle die aanvaardings e-pos gelees, net om seker te maak sy het reg gelees het. Noa sê sy sal nooit haar ouers se reaksie vergeet nie. Haar ma het in verwondering na haar gestaar en ʼn senuweeagtige laggie gegee terwyl haar pa met ʼn groot glimlag vir haar ʼn high five gegee het. Noa sê haar toekomsplan is om te werk by ʼn maatskappy soos SpaceX,NASA of selfs die weermag.

Noa se raad aan die matrikulante van 2022: “Doen jou werk en take sodra jy dit kry. Stel groot drome vir jouself op en streef elke dag ʼn klein bietjie daarna, want niks is onmoontlik nie.”

Ken

Vandag se wêreld draai om tegnologie, veral onder die jonger generasie. Tegnologie is besig om ons wêreld te verander. Dit geld nie net in die arbeidswêreld nie, maar ook in ons persoonlike lewens. Al het tegnologie duisende voordele, is daar net soveel nadele. Tegnologie gaan gepaard met baie gevare en risiko’s, veral op die internet en op sosiale media. Gelukkig is daar verskeie maniere om jouself te beskerm en veilig te hou in ons nuwe tegnologiese wêreld.

10 wenke vir kuberveiligheid:

Hou jou wagwoorde ʼn geheim. Dis iets wat net jy moet weet, selfs al vertrou jy iemand, moet jy hulle nie daarvan vertel nie.

Moet nooit op enige vreemde skakels kliek nie. Sulke skakels kan virusse bevat om vir iemand toegang te gee tot jou persoonlike inligting.

Vermy publieke netwerke en Wifi-konneksies. Hulle mag dalk gerieflik wees om te gebruik, maar hulle stel jou foon bloot aan virusse en is ʼn bedreiging vir jou privaatheid.

Moet nooit persoonlike inligting uitgee nie. Dit sluit dinge soos jou adres, mediese inligting, jou skool of enige belangrike inligting in. Vermy ook die gebruik van jou selfoonnommer op sosiale media en gebruik eerder jou e-posadres.

Moenie met vreemdelinge op die internet praat nie. Jy weet nooit wie werklik agter die skerm sit nie. Die internet bied mense die perfekte geleentheid om mense te mislei en jy moet versigtig wees om nie daarvoor te val nie.

Respekteer ander mense op die internet. Om veilig te bly op die internet is nie net om jouself te beskerm nie, maar ook om ander te beskerm. Moenie tegnologie as ʼn geleentheid gebruik om ander te boelie en af te breek nie.

Wees versigtig met die tipe foto’s en video’s wat jy op sosiale media laai. Moet niks post wat enige private inligting weg kan gee nie. Ook nie onvanpaste foto’s of video’s nie.

Rapporteer enige vreemde aktiwiteite en enige vorm van boelie. As jy weet van iemand wie d.m.v. sosiale media of die internet geboelie word, vertel iemand daarvan en kry hulp en bystand.

Maak gebruik van twee-faktorbevestiging. Dit voorsien jou van ʼn ekstra laag beskerming teen virusse en Maakkuberkraker.sekerjy

het ʼn tweede stoorplek vir al jou belangrike data sodat jy ʼn manier het om dit terug te kry indien dit verlore gegaan het of gesteel word.

Die spreekwoord sê om eers te werk en dan te speel, maar die Helpies kan albei gelyk doen. Die matrieks baljaar by 2022 se Interhuis-swem.

Abigail Barnard & Kaitlin Scott Me Noa Phillips ruimtevaart-ingenieurswese aan die Embry-RiddleAeronautical Universiteit studeer. Foto verskaf. Kaitlin Scott
8 Sosiaal en Sports
Foto: Mia Ludik
10.9.8.7.6.5.4.3.2.1. Vir meer inligting besoek gerus die volgende webtuistes: 10 Most Important Cyber Security Tips for Your Users | Cybint (cybintsolutions.com) Top 10 online safety tips (esmart.org.au) Top 10 Cyber Safety Tips for Parents. | Le VPN (le-vpn.com) 10 Tips For Cyber Safety At Work | MetaCompliance Die internet is ʼn gevaarlike plek, maar dit is baie maklik om veilig te bly as jy die regte riglyne volg. Bly veilig in ons nuwe digitale wêreld, Helpies!
dié kuberveiligheidswenke Pieter Möller en Vaughn la Grange (albei in gr. 10) sit hulle rooiste voetjie voor tydens Valentynsweek. Foto: Zoe Marais

Welpies2022betowermet diegroentjiekonsert

Anje van Jaarsveld

Elke jaar is die nuwe Welpies se groentjiekonsert ’n hoogtepunt op Helpmekaar Kollege se sosiale kalender. Vanjaar was geen uitsondering nie. Die graad 8groep het op 14 Januarie 2022 hulle staal gewys in Hansie Potgieter en die verloresilwerseun

Nina Clark, ’n graad 12-leerling en skrywer van die teks, vertel dat sy aan die einde van 2019 reeds die idee gekry het om ’n groentjiekonsert op die gewilde Harry Potter-boeke te skoei. “Dit is hoe Hansie Potgieter gebore is,” verduidelik

Ninasy.

het reeds in haar graad 8-jaar daarvan gedroom om eendag vir die groentjiekonsert pen op papier te sit. Sy vertel dat die skryfproses baie vir haar oor die teater geleer het. Sy is trots op die matriekdramagroep, onder leiding van regisseurs Mieke Swart en Anika de Beer, wat haar idee lewe gegee het.

Natuurlik kan daar geen konsert sonder akteurs wees nie en die graad 8’s van 2022 het nie teleurgestel nie. Ruben Malan, as Hansie, en Lara van Niekerk, as Hermien, het saam met die res van die Welpies, die gehoor betower.

Die optrede het gehoorlede meegevoer soos net Harry Potter en sy avonture kan. Hierdie keer was dit egter op die Bruin Bult én in Afrikaans.

Eben van Graan, wat die rol van Robbie vertolk het, som die Welpies se ervaring goed op wanneer hy vertel dat hy net goeie herinneringe van die groentjiekonsert het. Hy het dit veral geniet om sy mede-Welpies te leerken. Die feit dat die konsert die laaste trap van inhuldiging tot volwaardige Helpie is, was vir hom ’n hoogtepunt.

Die groentjiekonsert is voorwaar ’n trotse Helpie-tradisie en vanjaar se Welpies kan hulleself ’n klop op die skouer gee vir hul pragvertoning.

Hoeommeertedoenvir anderin2022

In die besige wêreld waarin ons leef is dit maklik om vasgevang te word in ons eie lewens en ons vergeet soms van die mense om ons. Vir ander wat ʼn hand wil uitreik na die samelewing is dit moeilik om die tyd of regte hulpbronne daarvoor te vind. Óf soms weet jy bloot nie waar om te begin nie. Maar om ander te help is vervullend, al is die hulp wat jy verleun aan iemand hoe klein.

Me. Kathryn Boorman, ʼn onderwyseres by Helpmekaar Kollege verantwoordelik vir die skool se uitreikaksies, is aktief betrokke by gemeenskapsdiens. Me. Boorman het byvoorbeeld saam met die organisasie Kindness Like Confetti gewerk om die Meal-in-a-bag-projek by die skool te dryf. Hierdie inisiatief het min of meer negeduisend mense gevoer.

Me. Boorman maak dit duidelik dat wanneer jy die keuse het om ander te help, moet jy die geleentheid aanneem en ander ondersteun.

“Jy weet nooit waardeur iemand gaan nie, en soms kan jy fisies nie iets doen nie, maar jy kan altyd vriendelik wees,” verduidelik Johané Fritz (gr. 12). Sy is tans op die TimeOut en Wow (Women of Worth)-bestuur, wat fokus daarop om die Here se liefde te versprei en om in die besige Helpmekaar Kollege-skedule bymekaar te kom en by die voete van die Here te kom saamstaan.

Daar is ook praktiese maniere om te help. Die instansie CLAW(CommunityLed Animal Warfare) benodig altyd hulp en donasies van koerante, plastieksakke, hondekos en komberse. Verder benodig Kindness Like Confetti altyd vrywilligers en donasies. Die Helpies kan ook by die Nelson Mandela Foundation betrokke raak deur donasies te gee vir die Each One Feed Oneprojek.

Die Welpies betower en verskaf eindelose vermaak met HansiePotgieterendieverloresilwerseun

Foto: Mia Ludik

Onniesseversteektetalente

Chantlize Nell

Hulle staan nie net ure voor die skoolbanke nie, maar dié Helpie-onnies spog ook met eiesoortige stokperdjies.

Mnr. Shaun Jackson, onderwyser en sportafrigter, beskou sportafrigting as sy stokperdjie. Sy stokperdjie inspireer hom om herinneringe te bou en “saam stories te maak.” Dit inspireer hom ook om die einde van die storie te sien: “Wat mens insit is wat jy daaruit kry!” meen mnr. Jackson.

Me. Louise Hattingh geniet dit om te draf en sien haarself as ʼn “sportiewe meisie”. Om 50km ʼn week te hardloop bied haar die geleentheid om haar kop skoon te maak. Sy sê: “Mens is nooit te oud om iets te doen nie” en dit is wat haar inspireer om te volhard met haar stokperdjie.

Mnr. MJ Scholtz is ʼn talentvolle musikant. Om kitaar te speel laat hom ontspan en maak hom rustig. Dié kreatiewe uitlaatklep, dryf frustrasie en spanning weg en is genotvol. Hy skryf ook sy eie musiek en "om emosies en gedagtes in jouself uit te druk d.m.v. musiek" inspireer hom. Dit bring hom nader aan “dit wat vir jou as mens betekenisvol is”.

Me. Monique du Toit het ook ʼn liefde vir musiek en sy speel sedert haar kinderdae klarinet. Dit is ook vir haar ontvlugting en daarom put sy soveel genot daaruit. Peter McClea, Helpmekaar se orkesmeester, is vir haar ʼn inspirasie in terme van sy musiekkennis.

Mnr. Cois de Wit het ʼn liefde vir skilder. "Dis nie net ʼn stokperdjie nie, maar ʼn lewenswyse," vertel hy. Wanneer hy ʼn blaaskansie nodig het, voel hy gemotiveerd om te skilder. Daar is vir hom genot daarin om te weet dat hy besig is om iets te skep. Hy sê: “Dis inspirerend om prentjies vir mense te teken." Sy vriende is sy grootste ondersteuners.

Mag jy ook nou gemotiveerd en geïnspireerd voel om jou stokperdjie te beoefen. As dit ʼn ou, vergete stokperdjie is, gaan stof dit af. Indien dit ʼn nuwe stokperdjie is wat jy in die oog het, waarvoor wag jy? Begin sommer vandag en put soveel as moontlik genot daaruit.

Die Helpies het ruimhartig bygedra tot die Meal-in-a-bag-projek wat bykans negeduisend mense gevoer. Foto: Carla Klingbiel

Me. Louise Hatting is skaars Mia Ludik Mnr. Cois de Wit stal met trots sy kunswerke uit. Foto: Verskaf Mnr. MJ Scholtz gebruik musiek as uitlaatklep. Vir mnr. Shaun Jackson is sport afrig 'n stokperdjie. Foto: Photo Finish
Sosiaal en Sports 9
10 gemeenskapsprojekte om by betrokke te raak:
Kids JohannesburgBetterMagicalHavenMomentsSADream Center South African National Council for the Blind Door of Alzheimer’sHopeSouth Africa Animal Anti-Cruelty League SPCA Cotlands
uitgeput na ‘n langafstand draf. Foto:
Foto: irv.xcv visuals

Watbeplandiemanagterdiespan?

Zia van den Berg

Mnr. JJ Pienaar, nuwe afrigter by die eerste rugbyspan, rig al sedert 2011 rugby af en met 11 jaar se ondervinding in sy sak is hy net ʼn aanwins vir die eerste span. Hy het self rugby op skool en universiteit gespeel en hy was lank betrokke by die Leeus as rugbyspeler. Vandag is mnr. JJ een van drie afrigters by Helpmekaar Kollege se eerste rugbyspan.

As mede-afrigter van die eerste rugbyspan kry mnr. JJ baie advies, gevraagd en ongevraagd, maar ʼn ervare hand soos mnr. JJ weet ook hoe om advies te hanteer. Hy luister graag en dink oor al die voorstelle, maar implementeer dit nie sommer nie, behalwe as hy saamstem en weet dit sal werk. Sy kennis as lewenswetenskappe-onderwyser en sy persoonlike ondervinding, dra ook by tot sy sukses as afrigter. Tog glo hy dat beplanning die belangrikste faktor in rugby-afrigting is.

Toe mnr. JJ gevra is oor sy grootste rugbyhelde, het hy geantwoord dat Ma’a Nonu en Sam Tuitupou sowel as Schalk Burger van sy grootse helde is. “Daar is ʼn hele paar, maar as ek die grootste een moet uitwys sal dit Christian Cullen wees,” sê hy.

Heyneke Meyer staan vir mnr. JJ uit as ʼn uitstekende rugby-afrigter, want hy was ʼn spesialis op ʼn unieke wyse en het afrigting op ander maniere benader.

Wanneer dit by rugby kom as toeskouer, kyk hy graag rugby op TV sonder klank en glo hy: ” ʼn Mens sien meer van die spel as jy nie vir die kommentators luister nie.” As daar nie rugby op TV is nie, kyk hy ook tennis en Formule 1-wedrenne.

Die groot vraag is: Watter rugbyspan ondersteun mnr. JJ? Hy antwoord slim deur te sê dat hy geen spesifieke span ondersteun nie, want elke span is te uniek op sy eie manier. Hy hou van die Leeus as gevolg van hulle mooi aanvallende spel, terwyl die Bulle harde kontakrugby speel. Die Stormers ws volgens hom die beste afgerond, maar tans is dit nie meer so nie.

BLITSVRAE BLITSVRAE BLITSVRAE

OnstennissternoutuisinTexas

Mieke van Deventer het in 2020 as ʼn Helpie gematrikuleer en studeer tans met ʼn tennisbeurs by die Angelo State Universiteit in San Angelo, Texas in die VSA. “My grootse doelwit was om na Amerika toe te kom,” vertel sy opgewonde toe Simonne van der Vyver haar langafstand bel. By haar is dit vroegmiddag en sy sprankel oor die foon. Mens weet sommer uit die staanspoor hoe sy dit reggekry het om in Amerika te studeer. Sy glo vas: “As jy jou kop op iets sit, kan jy enigiets doen.”

Geniet jy dit om oorsee tennis te speel? Is die afrigting anders as in Suid-Afrika?

Ja, ek geniet dit en die afrigting is nie anders as by die huis nie. Die tegnieke wat hulle vir ons leer is baie dieselfde. Wat wel anders is, is dat tennis in Amerika soos ʼn spansport is en nie ʼn individuele sportsoort nie. Ek speel dus nou in ʼn span. Die omgewing hier is ook baie anders.

Waarna mik jy in tennis? Wat is jou grootste doelwit?

My grootse doelwit was om na Amerika toe te kom. Nou is my doelwit om hoog op die kollege se ranglys te kom, om ligas te wen en om deur te gaan nationals toe.

Het jy enige vaste rituele voor ʼn wedstryd?

Voor ʼn wedstryd luister ek gewoonlik na musiek om myself te probeer kalmeer. Ek sal ook seker maak dat my sak gepak, my waterbottel gevul, my Energade by my, en my snacks gepak is.

Wat is vir jou die opwindendste deel van ’n wedstryd?

Om dit waaraan jy vir maande gewerk en geleer het, te gaan toepas op die sportveld.

Wat mis jy die meeste van Helpmekaar?

Ek mis die mense. Die mense in die VSA is baie anders. Ek mis die gevoel van familie en die close-knit soos by die huis. Die kollege is baie groter, so dit voel nie asof jy soveel connect soos by die huis nie.

En laastens, het jy enige wenke vir beginnertennisspelers of aspirantkampioene?

Moet nooit opgee nie. Tennis is baie moeilik en baie alleen. Werk hard, anders gaan jy nêrens kom nie. Hou aan! Glo in jouself en support jouself. As jy jou kop op iets sit, kan jy enigiets doen.

OPINIE: Georganiseerdesport-goedofgemors?

Dené Potgieter

Daar is nie baie dinge vandag waarmee almal hul kan vereenselwig nie, veral nie tieners nie, juis omdat ons almal so uniek is. Ek kan egter met sekerheid sê dat die een ding wat ek dink elke tiener van vandag al minstens 10 keer gehoor het, is dat ons te veel op ons fone is en te min doen. Die maklikste oplossing is natuurlik om te gaan oefen, of sport te doen aangesien daar reeds ʼn toepassing op ons fone is wat beter is as boomklim en kleilat speel. Al wat jy nou moet kies, is of jy net gemaklik wil oefen of aan ʼn georganiseerde sport wil deelneem.

Sport kan gesien word as enige aktiwiteit wat fisiese inspanning vereis en waar jy ʼn sekere vaardigheid benodig - so ja, tegnies kan die drama-kinders vir hul ouers sê dat hulle wel aan sport deelneem. Georganiseerde sport is egter anders, omdat daar ʼn organiseerder betrokke is en jy dus gewoonlik ʼn meer rigiede oefenprogram het en gewoonlik moet kompeteer in jou sport. So waarom moet ons die georganiseerde roete neem?

Die voordele van sport is nie iets waarmee baie van ons onbekend is nie, en die voordele geld ook natuurlik vir georganiseerde sport. Jy lei ʼn gesonder lewe, jy voel gelukkiger na jy geoefen het, dit hou jou produktief besig, is goed vir vaardigheidsontwikkeling en soveel meer. Georganiseerde sport se grootste verskil is dat jy meer gemotiveerd sal wees om hard te werk, omdat daar meer rigiede doelwitte is wat jy vir jouself kan stel en ʼn span wat jy nie kan teleurstel nie. Boonop is daar iemand anders om jou verantwoordelik te hou en jy sal dus meer geneig wees om aan te hou probeer om jou doelwit te bereik. Jy kan werklik al die vrugte pluk van sport doen, omdat jy meer toewyding het, nou dat daar ʼn meer rigiede skedule is.

Die anderkant van die muntstuk is ook geldig. Juis omdat jou program meer rigied is en daar wel verpligte oefeninge is, word jou tyd ʼn groot probleem. Kom ons wees eerlik, ons Helpies weet nie baie van vrye tyd nie en ʼn sport saam met ʼn besige skedule en akademiese verpligtinge help nou nie juis nie. Indien jou sake nie reg beplan word nie, of jy nie prioritiseer nie, kan jy baie vinnig agter raak en begin uitbrand. Dis baie maklik om tyd te bestuur as jy, byvoorbeeld, op jou eie gym of op jou eie tyd gaan oefen, want jy wil graag eerder leer vir jou Wiskunde toets, of jy het net ‘n blaaskans nodig. Met georganiseerde sport is dit egter nie so maklik nie. Ons kan dikwels ons eie gesondheid - fisies en geestelik - sowel as ons akademie net bietjie terugskuif om te gaan oefen. En dit kan gevaarlik raak.

Algeheel is ek heeltemal vir die idee dat georganiseerde sport deur almal beoefen word. Dit is heerlik ontspannend, goed vir ʼn blaaskans tussen die leer- en die huiswerk deur, en sal jou denkvermoë verbeter. Solank as wat jy prioritiseer en jou tyd reg bestee, sal ek definitief georganiseerde sport aanraai. Hopelik inspireer dit nie net ons ouers se volgende preek nie…

FotoMiekevanDeventerstudeertansmetʼntennisbeursbydieAngeloStateUniversiteitTexasindieVSA.verskaf.
10 Sport Mnr.JJPienaar:diemanagterdiejaarseeersterugbyspan.Foto:ZiavandenBerg
Braai by die huis of Restaurantetes Flieks of Reekse Biltong of Sjokolade Bosvakansies of Seevakansies Bier of Wyn
BelanginWildplaastekoopBelanginWildplaastekoop 25%belangtekoopinplaasopLimpoporiviermet2.6km25%belangtekoop plaasopLimpoporiviermet2.6km rivieroewer.rivieroewer. Volledigtoegerustewoonhuis(slaap12),plusbuitegeboue,Volledigtoegerustewoonhuis(slaap12),plusbuitegeboue, koelgerieweslaggerieweenlapa.Verskeiewildsoorte,koelgerieweslaggerieweenlapa.Verskeiewildsoorte, volledigomheinmetvrystellingvolledigomheinmetvrystelling vannatuurbewaring.Jagpakettesoosonderlingbesluit.vannatuurbewaring.Jagpakettesoosonderlingbesluit. Besonderebomeenekologie.Besonderebomeenekologie. Reeds3venoteendiegeskiktekopersalaanvaarbaarvirReeds3venoteendiegeskiktekopersalaanvaarbaarvir andervenotemoetwees.andervenotemoetwees. Prys:R1000000Prys:R1000000 KontakCallieKontakCallie082-9269195082-9269195;;bobbetjie@gmail.co.zbobbetjie@gmail.co.zaa

Hengel nou amptelike sport

Abigael Barnard

Daar is ʼn nuwe amptelike sport by Helpmekaar Kollege in 2022 ingekatrol. Die hengelspan sal voortaan onder die leiding van mnr. Hennes de Wet hulle lyne natmaak. Volgens mnr. Hennes is hengel altyd kompeterend, want soos hy sê: “Dit gaan oor die grootste of die meeste. Soms die grootste vis en soms die meeste

Inpret.”Februarie

het beide die Gautengdistrik-seuns en -dogters aan die skoleliga langs die Wilgerivier by die Vaaldam deelgeneem. Daar is ook heelwat kompetisies wat vir die res van die jaar beplan Dieword.hengelspan

deel hulle raad en hulle wenresep vir toernooie.

Hoeveel weeg ʼn wenvis?

ʼn Vis onder 1kg is 5 punte en meer as 1kg is 10 punte.

Ongeveer hoe lank oefen ʼn mens om kompeterend te hengel? Adrenalien is altyd ter sprake omdat jy nooit weet of iets gaan gebeur nie totdat dit gebeur... En as dit gebeur is dit onverwags, want die natuur het haar eie tyd.

As jy geen ervaring het nie waar begin jy? Dis heel eenvoudig. Jy moet ʼn draai maak by die visvangwinkel en dan by die hengelspan aansluit. Hulle sal jou leer om ʼn suksesvolle hengelaar te word.

Gebruik almal dieselfde aas?

Die dissipline waarin ons hengel, is papgooi. Net die pap wat jy aanmaak is dieselfde, maar daar is ʼn verskeidenheid opsies wat jy kan byvoeg.

Wat doen die hengelspan om die tyd te laat verby gaan? Kuier, braai en kry jou aas gereed.

Wat is jou wenresep vir hengel? Maggots, deeg, erdwurms saam met Supercast se bekende pap.

Is hengel ʼn stokperdjie of ʼn sport?

Dit is ʼn baie kompeterende sport wat ook gebruik kan word as ʼn stokperdjie.

Hoe sou jy ander aanmoedig om deel te word van hengel?

Ek sou sê: “Dis ʼn lekker dag buite, dit gebeur net een keer ʼn maand, jy leer nuwe mense ken en dit is regtig pret as daardie vislyn hardloop.”

Diepretvansaamwerkensaamspeel

Ontmoet die manne van Helpmekaar Kollege se derde krieketspan, of te wel, “Die Recces.” Dalk is hul nou nie ʼn militêre eenheid soos mens jou sou voorstel nie, maar wel spesiaal en ʼn besliste eenheid.

Onder die bekwame leiding van mnr. Linathi Jacob het ʼn paar seniors besluit dit is tyd om hul krieketvaardighede blink te vryf en die krieketseisoen voluit aan te pak. Vra jy hulle die geheim van hulle sukses, want ja suksesvol was hulle beslis, kom die antwoord soos een man: "Pret en saamwerk!"

In die senior jare by Helpmekaar Kollege kan die akademiese druk mens maar bietjie laat swaarkry. ʼn Paar krieketwedstryde, tyd saam met jou vriende en baie pret sou beslis help om vir ʼn rukkie te vergeet van huiswerk, termyntoetse en leerwerk. Praat jy met hulle, staan een ding soos ʼn paal bo water uit: die ouens het gees. En dit is met hierdie ingesteldheid wat hulle die seisoen aangepak het. Benader jy ’n wedstryd as moontlike verloorders, is dit heel moontlik die uitslag wat jy sou kry en daarom was dit eerder vir die Recces ʼn geval van wen of niks!

Die Recces het teen St. Benedict’s gespeel en geskiedenis gemaak. Hulle maak 194 lopies en slaag daarin om St. Benedict’s almal uit te boul vir 112 lopies! Teen Jeppe vaar hulle ook uitstekend. Op hul reis na verdere oorwinning het die weer ongelukkig hulle planne in die wiele gery toe hul laaste wedstryd uitreën.

As jy iets wil leer van saamwerk en pret hê te midde van ʼn besige Helpmekaar-skedule, is die Recces beslis die regte plek om te gaan kers op Wanneersteek.

gevra word wat hul leuse is, word daar vinnig geantwoord: “Wedywering, doen alles in jou vermoë om te wen, maar geniet elke oomblik!” Wel, blykbaar het hierdie leuse vir hulle vrugte afgewerp.

Sportinkort

Leah Kloppers

Fietsryers wys hul staal! Tydens die 2022 Gauteng Provincial Road and TT Championship het drie Helpie-dames podiumposisies behaal. Tarina Naudé (gr. 12) het die tweede vinnigste tyd in die tydtoets behaal. Anja Naudé (gr.8) en haar sussie Tarina het beide eerste plekke by die Gauteng Road Champs behaal. Helen Wilson (gr. 11) behaal in hierdie padfietswedren ʼn derde plek. Sy verwerf verder 'n derde plek in die Koedoeslaagste Freestate/North West XCO MTB Cup No.1, ʼn wedren waaraan bergfietsryers van regoor die land deelneem.

Xander Nel (gr.12) span kragte in en neem aan die South African Powerlifting Championships deel. Hy het ʼn eerste plek behaal in die 74kgsubjunior-afdeling. Xander het 172.5kg gesquat wat ʼn nuwe SA-rekord is. Sy deadlift was 200kg en sy benchpress was 95kg, wat gesamentlik tot ʼn totaal van 467,5kg optel. Hy is uitgenooi na die wêreldkampioenskappe wat in Augustus in Ecuador gaan plaasvind.

Edward Potgieter (gr. 8) het Gauteng verteenwoordig by die South African National School’s Sports Championships in Bloemfontein. Die Gauteng-span wen goud en Edward eindig onder die top 6-skaakspelers. Hy is verkies tot die SAspan wat in China gaan deelneem. Hy kwalifiseer ook vir die Wêreld Individuele Skolekampioenskappe wat in Panama gaan plaasvind.

Direkteur

Karla van der Westhuysen

Mnr. Bryan Longbottom is die nuwe hokkie-direkteur by Helpmekaar Kollege. Tydens ʼn onderhoud met die Helpie-Flitse vertel hy van sy planne as direkteur en gee hy raad vir die hokkieseisoen.

Wat is mnr. se verantwoordelikheid as hokkie-direkteur?

Die eerste verantwoordelikheid is natuurlik om alle hokkiespelers toe te laat om pret te hê. Tweedens is dit om seker te maak dat hokkie en hokkiespelers by Helpmekaar groei en die sport leer ken. Ook om elke speler, span en afrigter die geleentheid te gee om genoeg te oefen en genoeg wedstryde te speel sodat hulle kwaliteit afrigting kan ontvang. Deel van die posisie is natuurlik om die sport te bou sodat almal voordeel daaruit kan trek. Oor die algemeen, as die program uitwerk soos wat ek beplan, sal dit beteken dat gr. 6- en 7leerders Helpmekaar sal kies omdat hulle weet dat ons ʼn goeie hokkieskool is.

Wat sal mnr. met hokkie by Helpmekaar wil bereik?

Van ʼn statistiese oogpunt af om elke span meer wedstryde te laat wen as verloor. Om ʼn hoër wen- as verloorkoers te hê en om elke span toe te laat om deel te neem op ʼn baie hoë vlak by verskeie toernooie in Suid-Afrika. Ek sal natuurlik wil hê Helpmekaar moet nommer 1 in Suid-Afrika wees – vir die eerstespan-meisies en -seuns asook die o.16-meisies en -seuns.

Wat dink mnr. vorm ʼn goeie hokkiespan?

Passie vir die spel asook toegewyde spelers, op en langs die veld. Om hokkie te dink en te speel. Ook om fiks te bly. In die span gaan dit daaroor om 110% te gee, sodat almal anders 100% kan gee. Jy moet bereid wees om die ekstra myl te loop.

Hoeveel tyd moet ʼn hokkiespan insit om sukses te behaal? Met ons program oefen ons Maandag tot Donderdag. As gevolg van Covid het baie spelers nie eintlik baie gespeel in die laaste twee jaar nie. Fase 1 van 2022 is dus om elke span die geleentheid te gee om soveel moontlik wedstryde te speel sodat hulle weer in ʼn ritme kan kom. Volgende jaar sal dus ʼn volle ‘train-to-train’-metodologie wees waar hulle steeds Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag sal oefen, maar dan ook oor die naweek wedstryde sal speel. Dan sal ons begin om aan die individuele vaardighede te bou. Hulle moet ʼn uur ʼn dag aan spesifieke hokkie-oefeninge spandeer, asook ʼn halfuur aan fiksheid.

Wat is meer belangrik in hokkie: vaardigheid of spanwerk?

As jy nie die vaardighede het nie, sal die spanwerk ontbreek. Ek glo jy moet eerste na jouself en jou eie vaardighede kyk. As jy 100% gaan gee, sal dit jou spanwerk positief beïnvloed. Oor die algemeen werk dit maar saam.

Is hokkie ʼn talent of is dit iets wat jy met tyd en oefening aanleer?

ʼn Goeie hokkiespeler is iemand met basiese hand-oog-koördinasie. Dit is ʼn vaardigheid wat vir sommiges makliker kom as ander, maar dit kan aangeleer word deur effektiewe opleiding.

Het mnr. self ‘n passie vir hokkie?

Ja, ek het definitief. Ek speel al hokkie vandat ek vyf jaar oud is en ek speel vandag nog - en ek is tans 30 jaar oud. Ek rig ook al af vandat ek 17 jaar oud is.

Hoe kan iemand ʼn suksesvolle hokkiespeler word? Wees fikser as wat jy dink nodig is. As jy weet dat jy op die hokkieveld vyf km hardloop, moet jy fiks genoeg wees om 10 km te kan hardloop. ‘Live, eat, sleep, breathe’ hokkie. Speel soveel as moontlik hokkie. Jy moet in staat wees om deur die hele jaar hokkie te kan speel. Jy moet ook aan ander sport deelneem; dit help met verskeie aspekte van hokkie.

FotoMnr.BryanLongbottomisdienuwehokkie-direkteurbyHelpmekaarKollege.verskaf.
Sport 11
Foto:Voor:HannoV.l.n.r.agter:ZandréCoetzerDivanOosthuizen,DylanSchreuder,ConnorCampbell,Venter,LucvanRhyn,JannieJoubert.AdamBotha,RubenHaasbroekenMaraisBotha.ZoeMarais
stelgroeiindievooruitsig
EdwardXanderOnderHelenTarinaAnjaBov.l.n.r.:NaudéNaudéWilsonv.l.n.r:NelPotgieter
Foto:ZanderNelvangʼnVaalrivier-karptydensdieskoleliga-byeenkoms.verskaf

Atlete met goud bekroon by Super-Interhoër

Woensdag 2 Maart 2022 na twee jaar se uitstel, was die atlete weer vuur en vlam om Helpmekaar Kollege by die Super-Interhoëratletiekbyeenkoms te verteenwoordig. Alhoewel “Asandria” en “Ruk my” nie deur die stadion weergalm het nie, het die Helpiearmy steeds bankvas agter hul selfoonskerms die atlete aangemoedig en ondersteun. Atleet, Christiaan Steyn (gr.11) sê wel: “Interhoër is net nie dieselfde nie. Dis beter as die skool daar is.”

Dié woorde van Carl Janse van Rensburg (gr. 12), atletiekkaptein, is bewaarheid toe Helpmekaar Kollege vir die sesde keer in ’n ry as Abond-kampioene gekroon is en die byeenkoms loshande met ʼn allemintige 128.5 punte gewen het. Mnr. Shaun Jackson (sporthoof) sê: “As die skool daar is, bring dit ʼn ander atmosfeer. Dit was hartseer dat die skool nie saam met die atlete die oomblik kon beleef nie.” Helpmekaar Kollege het, selfs met die leë pawiljoene, die gees gebring toe die Helpie-atlete uit volle bors en met breë glimlagte “The school of Helpies” sing en daarna, met trots, die skoollied.

Die atlete het nogtans besluit om te dans in die reën en bo die res uit te styg met tye soos 21.23 sekondes wat deur spoedvraat, Armand van der Walt (gr. 11), by die 200m gehardloop is, en Mignonne de Beer (gr. 10) wat ʼn tyd van 13.85 sekondes by die 100mhekkies bereik het. Elke atleet se deelname het bygedra tot ʼn triomfantelike oorwinning. “Ons doen dit vir julle, Helpies, en alhoewel julle nie daar kan wees nie, gaan ons nog steeds die wen huis toe bring, ek belowe.”ʼnOomblikvandankbaarheidvirdieHelpie-atletetydensdieSuper-Interhoëratletiekbyeenkoms.Foto:MarizanneDegenaar

Cara Bronkhorst (gr. 12), atletiekkaptein sê: “ Die hoogtepunt vir my was verseker om my laaste jaar die beker saam met al my vriende te kon vashou en daardie oomblik saam te koester en dan natuurlik die sing van die skoollied en kreet wat my altyd hoendervleis sal gee. Die skool het

GiggelgeelkouseengeesbydieGoueliga-atletiek

Op 16 Februarie 2022 het die Goueligaatletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg-stadion plaasgevind. Helpmekaar Kollege het saam met ander skole van reg oor Gauteng deelgeneem aan hierdie Diegeleentheid.Goueliga-atletiek was die eerste geleentheid wat Helpmekaar Kollege, sedert die Covid-19-pandemie, aangebied het waar die hele skool geesgevang het by ‘n atletiekbyeenkoms. Helpmekaar Kollege het haarfyn planne beraam om alle leerders ‘n geleentheid te gee om die dag saam te geniet.

Lindi-Ann de Vries (gr. 10) ‘n atleet, sê: “Wanneer die Helpie-skare jou toejuig, kan jy nie anders as om jou beste te gee nie.”

Helpmekaar Kollege het nie teleurgestel nie en het in veld- en baanitems presteer en ‘n aantal podium-plekke behaal. Die atlete se giggelgeel kouse en die leerders se wit Goueliga-atletiekhemde het op die pawiljoen uitgestaan terwyl die atlete gehardloop het dat die stof staan.

Selfs die paar reëndruppels wat teen skemer geval het, kon nie die atlete stuit nie. Lehan Kruger (gr. 11) sê: “Dit was lekker om te sien dat geen Helpie verloor het nie, want geen Helpie, op die baan of die pawiljoen, het ooit opgegee nie.”

Helpmekaar Kollege het definitief vasberade deelgeneem en stof in die ander skole se oë geskop terwyl die ondersteuners hulle eie opskop op die pawiljoen gehad het.

Nina Harbron (gr. 11), ʼn atleet, sê haar eerste Goueliga-atletiek as atleet was ‘n ‘ander tipe’ gevoel: “Ek het aan die 1 500m deelgeneem en dit was moeilik, maar die skool en my vriende se ondersteuning het dit makliker en lekkerder gemaak.”

Die Goueliga-atletiek was ‘n geleentheid vir alle leerders en atlete van Helpmekaar Kollege om saam ‘n dag langs die atletiekbaan te geniet en bietjie te vergeet van skoolboeke en -banke.

HelpiesswemweergoudlosbyGoueliga

Op Dinsdag 8 Februarie 2022 kon mens die afwagting in die lug aanvoel. Helpmekaar Kollege kon weer gasheer speel vir een van die grootste swemgalas op die Johannesburgse skoolkalender. Die pawiljoen is vol gepak met ondersteuners, die swemmers het blinklyf nader gestaan en die dirigente het hul stemme ingespan.

Die Goueliga-swemgala dien as geleentheid vir Helpmekaar om teen van die sterkste skole in hul swemliga (Redhill, St. Peters, die Deutshe Schule en Bryanston High) mee te ding. Die kompetisie is dus taai! Die geleentheid val reg in die middel van die swemseisoen en word gevolg deur nog ʼn paar groot galas wat lei tot die Interhoër om die swemseisoen daarmee af te sluit. Helpmekaar se swemspan lewer blink prestasies, met podiumplekke by amper elke item en eindig in die algehele eerste plek vir die eerste span en ʼn derde plek vir die tweede span.

Die gala beteken egter baie meer as net die finale resultate. Ons huidige swemkaptein, Edrich du Preez (gr. 12), sê: “Die swemspan van die skool is werklik soos ʼn familie. Die organiseerders en betrokke onderwysers skep ʼn omgewing van respek en ondersteuning vir mekaar se prestasies.” Dis dus goeie etiket en waardes wat die span saamdra tot die einde.

Vir die res van Helpmekaar is die byeenkoms ʼn roesemoes van gees. Dis die eerste geleentheid vir die skool om met hul ingeoefende krete te spog en hulle laat behoorlik nie op hul wag nie! Ons huidige swemkapteine, Bianca Landman (gr. 12) sê: “Die swemgala gee ons as ʼn skool weer kans om as saam by ʼn byeenkoms te wees. Dis werklik verwonderend hoe die samesyn en gees die swemmers aanpmoedig om net hul alles te gee.”

Ingrid Holm HenriBakkes inaksie. Ewan Basson
12 Sport
Foto:MJScholtz

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.