Helpie-Flitse 2023: Eerste Uitgawe

Page 1

Helpie-Flitse Helpie-Flitse

Fransetoer:

Onderhoud:Diestorie van‘nformidabele vrouenhaarviool

ModaMadHatterMagic

Laf, lawwer, lafste! Met 'n goeie skoot stuitigheid en sommer ook 'n koppie vol ligsinnigheid. 'n Happie fantasie. 'n Teepot v wn the rabbithole.

Helpiesvertel: Asekin‘nboekkon leef…

Januarie - Junie 2023 Januarie - Junie 2023 Helpmekaar Kollege Helpmekaar Kollege
Inhierdieuitgawe
Tournéeréunionnaise bl.3
BL.13
bl.4
BL.10 Dié uitgawe word opgedra aan
Dis ons plek Dis ons plek
Christopher Barnard

Redaksioneel

Helpmekaar is 'n flits

ʼn Flits is ʼn lig in die donker: Dit dui die rigting aan wat jou voetspore moet volg wanneer jy nie self die pad kan sien nie

ʼn Flits help ʼn kamera om duideliker foto’s te neem: Dit skep helderder beelde van die hoogtepunte in jou lewe

ʼn Flits skep ʼn kollig op ʼn verhoog: Dit gee jou die geleentheid om vir ʼn oomblik die skare se oë op jóú te fokus

ʼn Flits is die vuurtoring se wapen om almal terug te lei na veiligheid wanneer hulle verdwaal

ʼn Flits is ʼn oomblik se onthou – van wat was

ʼn Flits is ʼn oomblik se droom – van wat kan wees

Helpmekaar is ʼn flits vir vele en die Helpies is ʼn flits vir mekaar Geniet hierdie uitgawe van die Helpie-Flitse

Klaus König

Kernredaksie aan die woord

Lank, lank gelede in Helpie-land, in die dae voor Interhoërtriomftogte, rugby-oorwinnings en netbal-seges, was daar ʼn paar dapper Helpie-troepe wat daarin geslaag het om die Bruin Reus te bestorm, die vesting te verower en die toring in te neem

Daar word vertel dat dié troepe daarbo ʼn wonderbaarlike stilte ervaar het In die stilte was daar ʼn ryke ervaring van die sinne: Die reuk van die eeue-oue klip en grond waarop die Helpie-vesting gebou is; die bruising van die Helpieavontuur wat deur hulle are pols; die sagte streling van die wind wat die belofte van groot dinge fluister Maar die beste van alles was die uitsig van daarbo – soetgoed vir die oë

Dié wat weet, beweer dat die Helpie-troepe agtertoe kon sien tot in die verre verlede, maar ook vooruit kon sien tot in die oneindigheid van die toekoms Dit is daar hoog in die toring, binne-in die stilte, in ʼn helder flits van openbaring, dat die Helpie-visie gebore is: Die vermoë wat elke Helpie het om, soos Paul Kruger gesê het, uit die verlede te neem wat goed is en die toekoms daarop te bou

Dit beteken dat ʼn Helpie terug kan kyk en kan sien hoe ver hulle al gekom het, deur al die koue oggende sonder 'n hoodie, al die baie opdraand-trappe wat hulle moes klim, al die baie huiswerk-doen-op-die-bus-oomblikke, tot hier waar hulle nou is

Net so beteken dit ook dat ʼn Helpie ver vooruit kan sien Ten spyte van ʼn donker eksamentonnel, sien Helpies die lig van ʼn vakansie wat voorlê Ons sien ons drome en doelwitte; ons sien ʼn beter Suid-Afrika en ʼn beter wêreld, ons sien nuwe ontdekkings en innovering

Uiteindelik lê die grootste waarde van al die terugflitse en toekomsflitse in die helder lig wat dit skyn op die hede Helpies verstaan die kuns om ín die oomblik te lewe Soos die Golden Boys kan ons dans met én sonder musiek Opdraand én afdraand leef ons voluit

Helpies, as daar een ding is wat jy uit die 2023-uitgawe kan neem is dit die volgende: Kyk agtertoe en leer daaruit; kyk vorentoe en definieer jou drome; en lééf in die nou met blydskap!

Coenraad Olivier Redakteur

Flitse

2 Ek hoop Helpmekaar verloor nooit sy stoepkultuur" nie – al die dinge van Helpie-wees wat net 'n Helpie sal ken en verstaan Selfs al verander die skool mag toekomstige Helpies steeds onderlangse grappies (kodewoord: 'n ekwivalent van 'n geveg agter die koepel) en 15°C-hoodie-weer in die winter hê Ek hoop die Helpie-kultuur, die een wat nie beskryf of van geleer kan word nie bly altyd die kardinale deel van die hart van Helpmekaar - Carla Nel (hoofproefleser)

Spotprent: Waldri Viljoen

3 Die respek wat vir elke Helpie van gr 8 af geleer word Dit is meer as een van Helpmekaar se tradisies - dit is deel van wat Helpmekaar is Dit is hierdie fondasie van respek wat ons in goeie, hardwerkende mense verander Dit is iets wat al hoe skaarser word en ek hoop dat Helpmekaar se respek vir ander en onsself vir ewig sal voortleef en die voorbeeld sal stel - Kaitlin Scott (sosialemediaredakteur)

4 Die manier waarop ‘n Helpie altyd vriendelik groet - Mia Ludik (hooffotograaf)

5 Ek hoop dat die matriektrappe nog vir lank sal bestaan en dat die Helpies ook altyd hulle bashers en pette sal skooltoe dra want al is dit nie altyd so gemaklik nie is elke basher en pet so uniek soos die Helpie wat hom dra - Zia van den Berg (webredakteur)

Medewerkers: Nadia van der Merwe

Annerine Snyman

Uitleg: MJ Scholtz

Drukkers:

Unitone Printer

CC

Neemuitdieverledewat goedisenboudie
1 Die ketting: Die Helpie-ketting word ʼn stewige netwerk wat ons selfs na skool saambind -Coenraad Olivier (redakteur)
Helpie-tradisies hoop
sal
Watter
jy
altyd bly voortleef?
2
Kunswerk deur Waldri Viljoen

Stage linguistique à la réunion

Helpmekaar wird offiziell eine PASCH-Scule

En avril de cette année, moi et 5 amies sont allées à la Réunion avec Mlle Elodie J’ai pensé que j’aillais apprendre le français et peut-être voire un peu de l’île entre les cours Mais ce que j'ai vécu a dépassé toutes mes attentes

Nous sommes arrivées à Saint Dénis à l’aéroport

Rolland Garros et n’avons pas perdu une minute

Nous étions en route vers notre premièr site : la Cascade Niagara Nous étions époustouflées

C’était comme quelque chose d'un livre d'images

Le soleil se reflétait sur l’eau en un arc-en-ciel perchait au-dessus de l'eau Nous aurions pu rester des heures Mais, Elodie avait d’autres projets Nous étions de retour dans la voiture, et en route au prochain endroit Et ainsi nous avons continué, voyant des plages, piscines naturelles et des autres lieux dont je ne pouvais que rêver Quand on est arrivées à l’auberge, nous avions l impression d avoir voyagé depuis des jours Mais, le premier jour n'était pas encore fini Deux amis et moi sommes allées à une plage pas loin de l’auberge à St Pierre C’était juste à temps pour le coucher de soleil On a nagé et on a regardé le coucher de soleil Après une douche, on est parties explorer la ville On a découvert la vie nocturne de St Pierre et on a profité de notre premier soir de notre aventure

Toutes les activités que nous avons faites sont des choses que vous pourrez vivre vous-même si vous allez à la Réunion, mais il y a des choses qui ressortent que je peux partager avec vous Par exemple, mon activité préférée était le canyoning à Langevin On a commencé au sommet d’un cascade et on a pris une tyrolienne (zip line) vers le bas On a nagé dans l’eau très froide, et on a utilisé les roches glissantes comme un toboggan Ma partie préférée était le saut 10 mètres dans l’eau La randonnée au piton de la Fournaise était aussi chouette Nous avons marché sur le volcan actif de l’île Nous marchions sur des coulees de lave, la roche était noire et coupante La météo n’étaient pas la meilleure : de la pluie, du froid, du brouillard, mais l’ambiance était mystique ! On est aussi allé en bateau ou j’ai vu des dauphins pour la première fois dans ma vie Une soirée, nous sommes allées à Boucan Canot, ou on a nagé et mangé de la glace

Tout n aurait pas pu être aventure, nous devions travailler aussi On a fait des cours de français avec l école linguistique DP Lanques de la Réunion On avait une professeure, Clémence, qui nous a appris beaucoup de nouvelles choses de la langue française Je pense que mon français s est beaucoup amélioré grâce à ces cours C’était peut-être du boulot, mais c’était toujours amusant !

Le voyage à la Réunion était plus que j'aurais pu imaginer Pendant ces 10 jours et dans notre petite voiture à 9 places, la langue française a pris un sens différent pour moi C’est devenu plus qu'apprendre une langue en classe ou étudier avant un examen Pour moi c'est devenu rencontrer des gens de partout dans le monde qui cherchaient à apprendre le français Rire avec des amis après avoir essayé de passer une commande en français dans un café Se sentir fier d’avoir dit une phrase complète en français sans réfléchir Se rendre compte qu'il y a tout un monde au-delà des mots que vous pensiez être capable de dire

Die Franse departement, onder leiding van Franse onderwyser me Elodie Sanglar poog om jaarliks op 'n toer te gaan om die Franse kultuur te beleef en in Frans klas te draf In 2022 het hulle Frankryk besoek en in 2023 het 'n groepie van Helpmekaar se leerders L'île de la Réunion (Die Reunion-eiland) besoek om die Franse kultuur uit 'n nuwe oogpunt te beleef Katryn Jacobsz, 'n gr 11leerder met Frans as vak, vertel vir ons meer in Frans

Skandeer die QR-kode om die Afrikaanse weergawe van die berig te lees.

Oben: Helpmekaars Schüler der 12. Klasse mit Deutsch. Oben: Der Kopf mit der neuesten Akkreditierung von Helpmekaar. Fotos: zur Verfügung gestellt

Skandeer die QR-kode om die Afrikaanse weergawe van die berig te lees

Helpmekaar wird offiziell eine PASCHSchule, aber was bedeutet das? Unsere Schule ist jetzt mit der ZfA (Zentralstelle für das Auslandsschulwesen) affiliiert und –neben vielen anderen damit verbundenen Privilegien – können unsere Deutschlernenden Schüler(innen) jetzt jedes Jahr die externe DSD-Prüfung (Deutsches Sprachdiplom) ablegen Bei dieser Prüfung sollen die Schüler das internationale Sprachniveau B1 erreichen und dafür ein international anerkanntes Zertifikat bekommen

Am 8 May waren Herr Dr Spanaus von der ZfA und Frau Vanselow von der deutschen Botschaft bei unserer Schule zu Besuch um uns, die deutsche Schüler der Klasse 11 und 12, kennenzulernen Wir, die dieses Jahr in Klasse 12 sind, sind dann auch die erste Gruppe, die hier an Helpmekaar die DSDPrüfung ablegen wird und das ist wirklich eine Ehre

Wir sind unglaublich dankbar, und wir danken natürlich auch Herrn Smit der das möglich gemacht hat Ich habe keinen Zweifel daran, dass wir unter seiner Leitung in dieser neuen Prüfung sehr gut abschneiden werden

Ich habe seit der 8 Klasse Deutsch als Fach und spreche jetzt fast fließend, dank der fantastischen Sprachabteilung der Schule Es ist mir keine Überraschung, dass wir eine PASCH-Schule geworden sind, weil die deutschen Schüler echt gute Kenntnisse haben, dank der wunderbaren Lehrer, die uns unterrichten – und unterrichteten Auch wenn wir ab und zu noch Schwierigkeiten haben –„Ist das jetzt ein der-, die- oder das-Wort? –weiß ich, dass die deutsche Abteilung immer sehr hoch fliegen wird

Watter tale praat die Helpies?

Linguistic diversity: crafting global citizens

Helpmekaar Kollege stands as a contemporary Afrikaans private school, renowned for its recognition of the importance of language diversity in shaping global citizens Helpmekaar's language curriculum adopts a comprehensive approach, ensuring its learners are able to communicate effectively beyond their home language and, thereby, explore a world of endless possibilities

At the heart of Helpmekaar's philosophy is the cultivation of linguistic adaptability The school is a robust advocate of teaching Afrikaans as the home language, underscoring its significance in preserving cultural heritage and identity However, it doesn't confine its linguistic focus solely to this medium of expression and focuses on expanding the horizons of its learners Even in non-language subjects, the school focuses on incorporating internationally recognised English terms into tuition enabling learners to engage with content fully

In response to the globalised world and the need to foster proficient English speakers, Helpmekaar offers two separate English language subject choices English First Additional Language presents the essentials of English communication, catering to those pupils who desire to enhance their fluency and literacy - enabling learners to engage proficiently and effectively in English

A second option in English tuition English Home Language (EHL), delves beyond the fundamentals This academically rigorous subject plunges students into the complexities of English, facilitating a deep and thoughtful engagement with the language and harnessing critical thinking skills It arms students with a level of English proficiency on par with their counterparts in English-centric schools thus readying them for a global environment where English is a prevalent language

Moreover, EHL introduces learners to an array of literature, broadening their perspectives In this subject, they explore a variety of works ranging from Shakespearean dramas, literary classics like '1984' and 'Animal Farm', and poetry by acclaimed local and international poets, to modern masterpieces that highlight the prowess of local African and female authors These include Purple Hibiscus , an evocative exploration of postcolonial Nigeria by the globally acclaimed author, Chimamanda Ngozi Adichie, and the IEB martric setwork 'Theory of Flight' by the Zimbabwean author, Siphiwe Gloria Ndlovu, a poignant tale that beautifully captures the struggles and aspirations of its characters Not restricting themselves only to South Africa s official languages, Helpmekaar also has an admirable third language department

Helpmekaar extends its pupils' linguistic vistas by offering three additional language options: French, German, and Spanish These subject options unveil a new world of opportunities for the learners, motivating them to explore and interact with diverse cultures across the globe They enable learners to communicate effectively in these languages, thereby unlocking doors to experiences that extend beyond geographical confines

Under the expert guidance of Mr Werner Smit, Helpies are introduced to these languages by native-speaking teachers Ms Elodie Sanglar, Ms Petra Langa and Ms Carmen Sanchéz This enriching linguistic journey endows them with the proficiency needed to navigate the multilingual landscapes of the world with confidence and ease Helpmekaar also achieve outstanding matric results in its third language subjects, attesting to the department's succes year after year

Helpmekaar Kollege's language education programme plays a pivotal role in their mission of crafting world citizens and opening up worlds of opportunities to its students By fostering this linguistic diversity, they are laying the groundwork for a global community where language is not a barrier, but a bridge uniting cultures and individuals

0 500 1000 AfrikaansHuistaal EnglishFirstAdditionalLanguage EnglishHomeLanguage Deutsch Español Français 0 500 1000 1500 English Español Français Deutsch Afrikaans
3 TALEBLAD
Katryn Jacobsz Photo prise par Mme Elodie Sanglar
1298 980 318 207 165 148
Nina Harbron
wêreld? 1 452 biljoen 1 118 biljoen 537 miljoen 300 miljoen 135 miljoen 8 02 miljoen Volgens:www.lingua.edu (Mandaryns)
Watter tale praat die

‘n Formidabele vrou en haar viool

Bekende en bekroonde vioolspeler, Zanta Hofmeyr, gesels met Coenraad Olivier oor haar loopbaan en haar betrokkenheid by die ontwikkeling van jong musikante

Op 17 gryp oud-Helpie, Zanta Hofmeyr die geleentheid om in New York aan die Juilliard School onder leiding van Dorothy Delay te gaan studeer aan Dit is by die einste Delay dat Hofmeyr die kosbare les geleer het om nie net hard te werk nie, maar ook om jouself te prys wanneer jy weet dat jy goed gedoen het Ná haar graduering aan Juilliard, maak Hofmeyr haar debuut in New York in 1985 as die wenner van die Artists International-kompetisie in die beroemde Carnegie Hall Dit was die begin van vele internasionale optredes

Oor prestasies is Hofmeyr beskeie, maar sy voel dat haar grootste prestasie was toe sy in 1999, in die destydse Grahamstad, 10 sonates van Beethoven uitgevoer het oor drie konserte in ‘n tydperk van vyf dae Dit was ‘n enorme uitdaging en tog het sy dit reggekry om dit weer te gaan herhaal vir die Amerikaners Sy voel egter dat haar eerste probeerslag te Makhanda die grootste en kosbaarste prestasie van haar lewe is

Hofmeyr se virtuose spel, saam met haar sagte glimlag, is ‘n inspirasie vir almal wat met haar te doen kry, maar wie inspireer haar? “Enigiemand wat positief is en met entoesiasme lewe,” sê sy Itzhak Perlman, wat beide sy bene weens polio verloor het en ten spyte daarvan een van die beste violiste geword het wat ooit gelewe het, is vir haar ‘n groot bron van inspirasie

Hofmeyr is passievol oor die rol wat musiek in jong mense se lewens speel “Musiek kan ’n aktiwiteit wees wat kinders positief kan besig hou en dus weghou van negatiewe invloede of verveeldheid Jong mense wat hard oefen en die standaard van spel in ’n omgewing verhoog inspireer mekaar gewoonlik tot hoër hoogtes ” sê sy

Dit is nie net leë woorde nie Hofmeyr is aktief betrokke by die ontwikkeling van jong musikante uit voorheen benadeelde gemeenskappe Sodoende gee sy vir hierdie kinders die geskenk van selfvertroue, die vaardigheid om n instrument te bespeel, maar bo alles – vreugde en vriendskap! Hofmeyr se raad aan Helpies met n spesiale talent of droom is: Werk so hard as wat jy kan om jou tegniek op n hoë vlak te kry Hoe beter jy voorberei vir enigiets, hoe meer selfvertroue sal jy hê ”

Dinge wat jy nie van Zanta Hofmeyr geweet het nie:

Sy is die oudste van agt kinders

Sy eet altyd ʼn gekookte eier 30 minute voor n konsert Sy luister graag na Jazz, Billy Joel en Mango Groove

As sy enige plek in die wêreld kan optree, sal dit in die Carnegie Hall in New York wees, waar sy in 1985 haar debuut gemaak het

Die storie van die viool

Uiteindelik bly net die storie van die viool nog oor om te vertel Hofmeyr het destyds met ʼn geleende viool in New York gaan studeer In haar tweede jaar kom sy toevallig in ʼn vioolwinkel af op ʼn viool van ʼn onbekende fabrikaat, maar met ʼn uitsonderlike klank Sy het dadelik na haar dosent toe gehardloop Mev Delay onderbreek toe die les waarmee sy besig was en terug in die winkel bevestig sy saam met ʼn beroemde konsertmeester, wat ook “toevallig” daar aangekom het, dat dit inderdaad ʼn baie spesiale viool is Hofmeyr se pa, wat ʼn sendeling was met min geld en ʼn groot geloof, slaag daarin om geld te leen om die viool te koop Jare later, in 2008, ontmoet Hofmeyr vir Alberto Giordano, beroemde vioolmaker en kurator van die “Cannon” waarop Paganini gespeel het, in Genoa, Italië Hy bevestig dat Hofmeyr se viool ʼn kopie van die “Cannon” is! En op hierdie hoë noot kan hierdie formidabele vrou en haar viool lank en gelukkig saamleef

“Dit skep ’n gees van uitnemendheid wat aansteeklik kan wees vir almal wat dit hoor en waarneem Jong mense wat saam musiek maak, word dikwels ook goeie vriende en sulke vriendskappe is dikwels lewenslank en baie betekenisvol " Foto's: https://www.zantahofmeyr.co.za.

Kosblik-kaskenades

Mnr Stoffel Coetzee beskryf homself as ʼn honger ou man en bring altyd ʼn kosblik saam skool toe Daar is altyd amandels in sy kosblik en ʼn bruin broodjie met kaassmeer op As kind het mnr Stoffel nooit ʼn kosblik skool toe geneem nie, omdat hy in die koshuis was en die koshuiskombuis vir hom daagliks ʼn toebroodjie gemaak het “Helpmekaar se koshuissjef, oom Chris, se etes is onvergelykbaar beter as my kosblik,” sê hy

Me Maria Christelis is bekend vir haar indrukwekkende Griekse tema-etes wat sy op haar beurt kook vir die onderwysers op Vrydae In haar kosblik pak sy muesli en jogurt vir ontbyt asook ʼn porsie van die vorige aand se ete vir tweede pouse Alhoewel me Maria haar kosblikkos beter as sommige ander personeellede sʼn ag, bewonder sy wel mnr Carel Freysen se kosblik Mnr Carel sal ʼn porsie van die vorige aand se ete vir homself inpak en sonder twyfel ʼn avokadopeer byvoeg omdat hy mal oor avokadopere is Mnr Carel beskryf sy kosblik tydens sy jare op skool as “eentonig” omdat sy ma slegs toebroodjies vir hom sou inpak Mnr Carel glo dat óf sy kosblik óf me Maria Christelis se kosblik die beste is

Mnr Devon Mare erken dat sy kosblik se inhoud deesdae baie gesonder as in sy kinderdae is “Ek eet vandag baie meer voedsaam, nie net brood nie Ek was ook nie toe so behep met gesond eet nie ”

Zonika de Vries vertel meer oor die verfilming van Ompad en ander silwerskermervarings

Kevin Olckers gesels oor sy boeremusiektoekenning vir sy CD, Helpmekaar.

Pouses is daardie tyd van die dag wanneer die Helpies hul kosblikke van alle groottes en kleure uithaal en aan ʼn klomp verskillende peuselhappies smul Zia van den Berg wonder egter waaraan die onnies pouses smul

ʼn Toebroodjie met grondboontjiebotter of kaas of sommer al twee is waaraan mnr Rudolf Korb graag tydens pouses smul Hy vertel dat hy homself ook soms met ʼn sjokoladetjie bederf Mnr Rudolf beweer dat sy skoolkosblik as kind heelwat beter was as sy huidige kosblik omdat sy ma nooit skaam was om dit propvol te pak vir die aktiewe skoolkind wat hy was nie

Mnr Devon is baie gedissiplineerd en sal nooit voor pouse sy kos geniet nie Mnr Devon is so gedissiplineerd dat hy slegs eerste en tweede pouse eet en weer tussen 14:00 en 15:00

Me Susan Steurer ʼn trotse vegaan bring enige iets van Pronutro tot vegaan fudge In haar eie woorde: “Enige iets wat die dag meer draaglik maak ” Me Susan hou die onnies se kosblik, wat daarvoor lief is om sy/haar peuselhappies by Woolworths te koop, met ʼn fyn oog dop Haar kosblik is al leeg geëet nog voor eerste pouse begin het vertel sy

Akteur, Reynardt Hugo vertel meer oor sy twee groot liefdes: toneelspel en sing.

4 Flitse-klets
Fotograaf: Robert Hamblin Mnr. Rudolf Korb en mnr. Stoffel Coetzee. Foto: Zia van den Berg
www.helpieflitse.com
Lees nog onderhoude op die Helpie-Flitse se aanlyn koerant:

Symusiekvervoerjou

Van kleintyd af het Coenie de Villiers ʼn passie vir musiek Met sy ma wat ʼn musiekonderwyseres was, is daar niks wat hom kon keer om ook sy eie melodieë op papier neer te skryf nie

Al is de Villiers bekend vir sy musiek, glo hy nie dat hy ʼn loopbaan daaruit gemaak het nie “Jare later, as ʼn mens oor jou skouer kyk, dan sien jy dis seker maar ʼn loopbaan wat agter jou strek ”

Boonop stel De Villiers dat hy nie liedjies geskryf het om roem te verwerf nie “Roem is iets wat nie werklik bestaan nie, dit is iets wat net in sommige mense se koppe leef ”

Loopbaan of nie, De Villiers hou homself besig met optredes en vind dit heerlik om met die jeug van vandag te werk om musiek te maak Hy het nie net verlede jaar saam met die Helpmekaarkoor opgetree nie, maar hy bied ʼn splinternuwe opelug Hip-Hop-konsert saam met, onder andere, Early-B aan, om geleenthede vir jonger kunstenaars te skep om ook met hulle talente te kan spog De Villiers reken dit hou sy eie werk vars en is beslis een van sy musiek-hoogtepunte

Soos wat De Villiers saam met die jeug werk, erken hy dat die musiekindustrie wel baie verander het So, as iemand vir hom raad vra, beweer hy dat daar nie veel is wat hy kan sê nie

Die enigste raad wat De Villiers vir iemand kan gee is: “As jy ʼn passie vir musiek het, doen dit ”

Hy reken as jou werk waarde het, sal dit êrens vastrapplek kry Gebruik sosiale media om jou te help om jou persoonlike stempel op musiek te kan afdruk Weereens het De Villiers beklemtoon dat jy dit nie moet doen om roem te verwerf nie Hy sê dat jy musiek moet maak as jy dit geniet

As De Villiers oor sy liedjieskryfproses uitgevra word, sê hy dat iemand iets sal sê wat dan in sy kop vassteek Later sal hy kyk of hy ʼn melodie by die woorde kan bysit Sy een doel is wel om liedjies te skryf wat die luisteraars na ʼn plek sal neem waar hulle gelukkig was “As kunstenaars vir iemand die lewe kan beter maak, is dit al waarvoor ʼn mens kan vra ” ʼn Paar sulke oomblikke was toe De Villiers in Kanada voor ʼn Engels- en Franssprekende gehoor opgetree het Hy vertel dat ʼn vrou ná die vertoning met rooigehuilde oë na hom toe gekom het en gesê het dat Afrikaans die mooiste taal was wat sy nog ooit gehoor het ʼn Ander geleentheid was toe die hele gehoor van 10 000 mense hulle selfoon-flitse in die lug gewuif het vir hom en Francois van Coke tydens ʼn opvoering van Johannes Kerkorrel se “Hillbrow”

Al erken hy dit nie self nie, het Coenie de Villiers ʼn groot impak op Afrikaanse musiek gemaak en daar is, definitief, ʼn plek waarnatoe hy die gehoor stuur wanneer hy begin sing

Flitse-klets

Werkeselinharmoniemetsydrome

Oud-Helpie, Gustav Klingbiel, (matrikulant, 2019) is deesdae by die koor en orkes betrokke en hy geniet dit om steeds by Helpmekaar betrokke te wees

“Helpmekaar het vir my ʼn werksetiek geleer wat my toelaat om my grootste doelwitte aan te pak,” vertel hy Volgens Gustav het Helpmekaar hom geleer om sy passies en verantwoordelikhede te balanseer Herinneringe van die musiekblyspel, koortoere en al die harde werk staan vir hom die meeste uit Gustav sê: “Daar was nooit ʼn tekort aan werk nie, maar dit het vir my al die wapentoerusting gegee wat ek nodig het om die grootmenswêreld aan te pak ”

In 2019 het Helpmekaar baie anders gelyk: Die Di Hub en die Dis-100-standbeeld op die parkeerterrein was nog maar slegs gedagtes Buiten vir dié veranderinge, vertel Gustav: Die skool werk nog presies dieselfde as in 2019 Daar is steeds ʼn dryf om alles tot die beste van jou vermoë te doen en om nooit terug te staan vir ʼn uitdaging of geleentheid nie

Op die oomblik is Gustav besig met sy honneursgraad in Aktuariële Wetenskap by WITS Hy het in 2022 sy BSc-graad in Aktuariële Wetenskap met cum laude verwerf Gustav wil eendag ʼn gekwalifiseerde aktuaris word Hy glo dat daardie beroep nie net sy gretigheid vir syfers en wiskunde stimuleer nie, maar dat dit die beste platform bied om probleme regoor die wêreld op te los

Musiek vorm nog altyd deel van Gustav se identiteit Hierdie passie het ontwikkel toe hy in gr 7 by die Drakensbergse Seunskoor aangesluit het Ek spandeer baie tyd aan my studies, maar dit is vir my baie belangrik om ʼn uitlaatklep vir stres en kreatiwiteit te hê en daarom speel musiek ʼn groot rol in my lewe, vertel hy In Gustav se musiekloopbaan, het hy al in programme, soos 7de Laan en Top Billing gesing Hy vind aanklank by klavier en perkussie Gustav kan tower met klawers, daarom presteer hy op die hoogste vlak van musiek-evaluering en slaag hy sy gr 8 ABRSMklaviereksamen met lof

Ek wil graag aanhou om leerders te inspireer, deur my musiektalent te gebruik, om nooit hulle passies op te gee vir akademie nie, sê Gustav Volgens hom is niemand volmaak as hulle net op werk konsentreer nie

Gustav se lewe draai om syfers en musieknote, maar hy het ook ʼn groot passie vir koffie – spesifiek vir al die verskillende metodes om dit te maak, soos espresso en aeropress.

Foto: Carla Klingbiel

Carmen Sanchéz – ons eie profesora van formaat

Die Spaanse kultuur is divers, kompleks en fassinerend Dit het ʼn ryk geskiedenis van kuns, kultuur en tradisies Spanje het ʼn fantastiese klimaat, aanloklike natuur en ʼn gevarieerde en gesonde leefstyl Spanjaarde is van nature vrygewig, gelukkig en mense wat weet hoe om genot uit enige situasie te put

Me Carmen Sanchéz is die hartklop van die Spaanse kultuur by Helpmekaar Kollege Me Sanchéz vertel hoe elke dag ʼn nuwe ervaring vir haar is en glo dit is ʼn “voorreg om ʼn kultuur met ander perspektiewe met passie, emosie en vrymoedigheid aan leerders oor te dra”

Sy vertel dat sy Helpmekaar Kollege vir die eerste keer besoek as IEB-moderator vir matriektoesprake “Dit was anders as enige ander skool,” sê sy “Die hoof het elke kind by naam geken, die atmosfeer was kalm en vriendelik ” Me Sanchéz vertel dat sy die eerste geleentheid aangegryp het om by Helpmekaar te kom werk

“Ons was nooit tuis nie, ons het altyd in die strate gespeel en sport gedoen – soms natuurlik ʼn bietjie stout,” beskryf sy haar kinderjare in Spanje Sy het saam met haar ouers en drie broers gebly en het almal in haar omgewing geken

“Ek en my vriende, ʼn groep waarmee ek steeds ʼn noue verhouding het, het saam skool toe gestap en altyd in die strate gespeel,” vertel sy

"Van die lewe in ʼn dorp waar ek almal geken het, het ek in ʼn groot stad gaan swot waar ek my plek moes begin kry ” Me Sanchéz het in Zaragoza studeer waarna sy verdere studies in Madrid, Spanje voltooi het en daar begin werk het “Die loopbaan wat ek gekies het, het ʼn nuwe wêreld vir my oopgemaak,” sê sy “My kursusse het my deur lees, analise en insig na ander perspektiewe, plekke en tye gevat ”

Me Sanchéz het in 1989 in Suid-Afrika kom bly “Ek het op ʼn Suid-Afrikaner verlief geraak, ons dog dit gaan net tydelik wees, maar hier is ek steeds,” onthou sy Sy glo dat Helpmekaar vir haar ʼn plek geword het waar onderrig nie die belangrikste is nie, maar dat dit ʼn plek is waar almal saam kan kom

Me Sanchéz het definitief ʼn spesiale plek in almal se harte by Helpmekaar Kollege Van haar vrolike stem op die stoepe en verrykende klasse, het sy die Spaanse kultuur by Helpmekaar versprei en ander in haar flambojante wyse geleer om dit ook te geniet

Nel
de Villiers Foto: verskaf 5
Anika
Coenie
Me.
kultuur
Foto:
Carmen Sanchéz - die hartklop van die Spaanse
by Helpmekaar.
verskaf

Toekomsflits: Afrikaanse privaat skole –ʼn veilige anker in stormwaters

Die toekoms van onderwys: Skoolgaan in ʼn veranderende wêreld

Die toekoms van skoolgaan sal ongetwyfeld verskillende uitdagings inhou en skole sal hulleself moet aanpas om aan die behoeftes van die nuwe generasie leerders te voldoen Hierdie aanpassings moet fokus op dit wat skole vir leerders kan leer met betrekking tot hoe hulle groot volumes data kan hanteer en hoe om inligting te verkry en sinvol te analiseer

Een van die belangrikste uitdagings van toekomstige skoolgaan, sal wees om vir leerders te leer om tussen inligting te onderskei dit te verwerk en te ondersoek Met die toename in beskikbaarheid van inligting op die internet, word dit al hoe belangriker dat leerders geleer word om data te interpreteer en te analiseer Skole moet fokus op die ontwikkeling van kritiese denke en probleemoplossingsvermoëns van leerders Hierdie vaardighede sal leerders help om effektiewe besluite te neem en hulleself in die wêreld te kan onderskei

Helpmekaar Kollege, veilige vesting van die Helpie-volk, weerstaan al vir meer as 100 jaar die stormwaters van veranderende tye Met die nou reeds kenmerkende Helpievisie is daar in 1993 die ondenkbare, rewolusionêre besluit geneem om Helpmekaar te privatiseer Ná 30 jaar van privaat skool wees, is Helpmekaar ʼn simbool van standvastigheid en veiligheid in ʼn stormsee van onstuimigheid in die openbare skoolstelsel in Suid-Afrika Die vraag wat wel soms geopper word, is: Hoe veilig is die toekoms van Afrikaanse privaat skole? Coenraad Olivier stel ondersoek in

Sarina Prinsloo, kommunikasiebeampte van die Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS), bevestig dat Afrikaanse privaat skole ʼn ideale alternatief bied en só ʼn veilige hawe in die stormsee van openbare onderwys kan skep “Die ideaal is dat Afrikaanse skole so selfstandig moontlik moet funksioneer Onafhanklike skole is natuurlik die toppunt van selfstandige onderwys,” sê Prinsloo Melanie Buys, hoof van ontwikkeling van SOS, meen dat “die druk op Afrikaanse openbare skole om te verengels, verlaagde slaagvereistes en standaarde, en verpligte kwytskeldings van skoolgelde wat nie deur die staat vergoed word nie, maak dit selfs vir goeie skole moeilik om genoeg onderwysers aan te stel en hoë akademiese standaarde te handhaaf

Ongelukkig is niks in die lewe wat van goeie kwaliteit is goedkoop nie Finansiële uitdagings is dus ʼn onstuimige golf wat die veilige toekoms van Afrikaanse privaat skole kan bedreig “Om ʼn nuwe onafhanklike skool op die been te bring met dieselfde fasiliteite as top openbare skole en boonop al die personeel se salarisse en hemelhoë munisipale belasting en dienste te betaal, is egter baie duur, selfs al is die skool (soos Helpmekaar, Jan Cilliers en Leeuwenhof) nie op wins ingestel nie ” meen Buys

Die feit dat onafhanklike skole die voordeel en vryheid het om self prioriteite te bepaal om te verseker dat uitnemende onderrig plaasvind, maak van privaat skole ʼn stewige anker in die onstuimige onderwys-oseaan in ons land Prinsloo meen dat die toekoms van Afrikaanse privaat skole veilig is weens die gehalte onderrig wat hulle kan bied; individuele aandag en beter verhoudings tussen leerders en onderwysers; beter geleenthede a g v buigsaamheid in die keuse van kurrikuluminhoud en buitemuurse aktiwiteite; asook beter dissipline en sterk waardestelsels “Onafhanklike skole mag ook beter blootstelling bied aan netwerke, universiteite, beroepsgeleenthede en ander belangrike kontakpunte vir leerders se toekomstige sukses, meen sy

Aanpasbaarheid

Ten spyte van hul onafhanklikheid, funksioneer Afrikaanse privaat skole steeds binne die Suid-Afrikaanse gemeenskap met al sy stormagtige uitdagings Die voordeel is egter dat privaat skole meer aanpasbaar kan wees Tydens die Covid-pandemie, byvoorbeeld, kon Helpmekaar Kollege naatloos oorskuif na aanlyn klasse terwyl baie openbare skole volgens Buys twee jaar later steeds geen stelsels in plek gehad het om onderrig suksesvol te laat plaasvind nie Buys verklaar dié verskynsel deur te verduidelik dat daar nog altyd goeie en swak skole was, maar dat die pandemie die verskil baie duidelik gemaak het Behalwe aanpasbaarheid tydens uitdagende omstandighede, het onafhanklike skole ook die voordeel van vloeibare aanpasbaarheid met betrekking tot nuwe tendense Omdat kurrikulums meer buigsaam is kan tegnologie denkwyses en stelsels makliker ingespan word om kennis uit te brei en selfs nuwe kennis te genereer

Unieke denkvaardighede

Mnr Klaus König, glo dat die geheim van die IEB-kurrikulum, die unieke denkvaardighede is wat kinders ontwikkel en wat hulle voorberei vir ʼn veilige toekoms in ʼn uitdagende wêreld Hoewel mnr König oortuig is dat onderwys hetsy privaat of staat die beste is as dit in jou moedertaal aangebied word, glo hy ook dat die blootstelling aan vak-terminologieë in beide Engels en Afrikaans soos wat dit by Helpmekaar die geval is aan leerders ʼn ekstra hupstootjie gee wanneer hulle oorstap na die hoofsaaklik Engelse wêreld van tersiêre instansies

Geleenthede: Gemeenskapsbetrokkenheid Hoewel privaat skole onafhanklik en selfstandig funksioneer in ons onstuimige samelewing, is geen skool ʼn eiland nie Afrikaanse privaat skole het ongetwyfeld ʼn belangrike rol in die gemeenskappe rondom hulle Gemeenskapsprojekte beteken nie net iets vir die gemeenskappe wat ons dien nie, maar leerders leer ook om die waarde van diens en samewerking te verstaan “Privaat skole kan 'n vennootskap met plaaslike openbare skole aangaan om tutor- en mentorskapprogramme aan te bied Hierdie programme kan leerders van privaat skole help om hul kennis en vaardighede met ander leerders te deel, terwyl hulle terselfdertyd leierskap- en kommunikasievaardighede ontwikkel ” meen Prinsloo Sy stel ook kultuur- en sport-uitruilprogramme voor wat leerders in staat stel om verskeie kulture, tradisies en sportaktiwiteite te ervaar

Ten spyte van die stormwaters in die onstuimige oseaan van die Suid-Afrikaanse onderrigstelsel, bied Afrikaanse privaat skole ʼn veilige anker

Toekomsflits: Het jy die nodige vaardighede vir die toekoms?

Navorsing toon dat 50% van alle werknemers gaan nuwe vaardighede teen 2025 gaan benodig Sekere beroepe, waaronder webontwikkelaar, gaan ongekende groei beleef Leierskap, kreatiwiteit en tydsbestuur is belangrike vaardighede vir die toekoms Kardinale vaardighede vir die werksplek in die toekoms sluit in: kunsmatige intelligensie, sosiale media en wolkverwerking

Een van die maniere hoe skole hierdie uitdagings kan aanspreek, is deur die gebruik van tegnologie Virtuele klaslokale, waar leerders in ʼn aanlyn omgewing leer, is een manier om hulle te leer hoe om met groot volumes data te werk Hierdie omgewings bied vir leerders die geleentheid om teen hul eie tyd en tempo te werk en om die nodige vaardighede te ontwikkel

Aanlyn skool bied ook die voordeel van gemak aan leerders aangesien hulle nie altyd fisies in die klaslokaal teenwoordig hoef te wees nie ’n Voordeel hiervan sluit die besparing van reiskoste en tyd in, maar die nadeel is egter dat aanlyn leer sommige van die persoonlike interaksies wat in die klaslokaal plaasvind, kan uitskakel Hierdie interaksies lei gewoonlik tot ʼn beter begrip van die vak

Skole sal moet fokus op die gebruik van nuwe tegnologie soos Kunsmatige Intelligensie (KI) en Virtuele Realiteit (VR) om leerders te help om beter te leer KI kan gebruik word om die leerproses aan te pas en VR kan leerders help om inligting op ʼn visuele en interaktiewe manier te leer

Een van die belangrikste maniere waarop KI ʼn rol sal speel in skole van die toekoms, is deur die aanpassing van leermetodes aan die unieke behoeftes van elke leerder Met die gebruik van KI, kan ʼn skool ʼn individuele leerprogram vir elke leerder skep Hierdie program sal rekening hou met die sterken swakpunte van die leerder en sal die leerder help om hulle vaardighede en kennis te verbeter

KI kan ook ʼn rol speel in die evaluering van leerders Deur die gebruik van KI-gebaseerde evalueringstelsels kan skole beter bepaal waar ʼn leerder hulp nodig het en waar hulle reeds goed presteer Hierdie inligting kan gebruik word om die leerder se toekomstige leerervarings te verbeter “Eerder as om onderwysers te vervang, kan KI hulle help om die individuele behoeftes van hul leerders te identifiseer en hul onderrig daarvolgens aan te pas Onderwysers kan met KI saamwerk om persoonlike leerplanne vir elke leerder te ontwikkel wat hul sterkpunte, swakpunte en leervoorkeure in ag neem,” sê DJ Cloete dosent in Afrikaans Afrikaansonderwys en Afrikaans as Taal van Onderrig en Leer by Akademia, op Akademia se webwerf

Die gebruik van KI in skole van die toekoms sal ook die onderrigproses verbeter Met die gebruik van KI, kan ʼn skool ʼn akkurate voorspelling maak van waar ʼn leerder waarskynlik probleme sal ondervind en watter leermetodes die effektiefste sal wees om die probleme op te los “KI kan skole help om hulpbronne op ʼn meer doeltreffende wyse toe te ken deur leerderdata te ontleed en gebiede te identifiseer waar addisionele ondersteuning nodig is,” sê Cloete

Lees die volledige berig op die Helpie-Flitse se aanlynkoerant.
6 VORENTOE-FLITS
Zia van den Berg

Oud-Helpies onthou: Helpmekaar loop steeds deur hulle are

Tyd mag dalk vinnig voor ons oë verdwyn, maar die impak van díé Helpies verdwyn beslis nie Net in die afgelope vyf jaar was daar verskeie Helpies wat vir ewig hulle impak opmerklik gemaak het

Kaitlin Scott gesels met Dhané Joey Keevy (matrikulant 2019), Karla Jonker (matrikulant 2020), Zack van Zyl (matrikulant 2020), Elcke de Beer (matrikulant 2020) en Johané Fritz (matrikulant 2022) oor hul herinneringe aan en die impak van Helpmekaar

Dhané Keevy, koshuis-hoofdogter in 2019, studeer tans onderwys vir die intermediêre fase en sy streef daarna om ‘n liefdevolle onderwyseres te wees, nes haar Helpmekaar-onnies vir haar was Sy sê dat Helpmekaar haar help besef het dat jy verantwoordelik is vir jou eie toekoms en dat jy beheer hoe jy die lewe aanpak en wat jy daarvan maak Sy sê: “Ek het geleer dat die lewe baie groter is as wat ‘n mens dink Mens besef dat jy nie net vriende is met mense omdat jy hulle elke dag sien nie, maar omdat julle werklik lief is vir mekaar

Karla Jonker, hoofmeisie in 2020, studeer tans BCom Internasionale Besigheid by die Universiteit Stellenbosch Sy sê dat Helpmekaar ‘n groot rol gespeel het in die besluit, as die primêre leermeester oor hoe om ’n mens se vlerke te sprei en uit jou gemaksone te kom Volgens Karla is een van die grootste aanpassings van hoërskool tot universiteit om die “veilige vesting van roetine” te verloor en self struktuur in jou lewe te handhaaf Sy sê: “Alhoewel dit baie opwindend is, is dit maklik om vasgevang te word in al die lekkerte Een van die dinge wat Karla die meeste mis van Helpmekaar, is die Helpie-gees Sy sê: “Iets wat altyd vir my só lekker was, en wat ek seker die meeste mis op universiteit is die swemgala aan die begin van die jaar en die atletiekbyeenkomste! Die geesvang en same-horigheid van die Helpies op so ʼn dag, skep net altyd so ‘n ongelooflike atmosfeer Mens moet dit waardeer terwyl mens daar is!”

Zack van Zyl, hoofseun van 2020, studeer Rekeningkunde op Stellenbosch Volgens Zack het Helpmekaar hom gehelp om te streef na sukses Hy is geïnspireer deur die passie wat ouers en onderwysers vir die kinders gehad het en hoop om ook eendag sy familie in daardie posisie van sukses te plaas Zack sê: “Prestasies is ‘n geleentheid om meer impak op jou eie en ander mense se lewens te hê Ek is baie trots om hoofseun van Helpmekaar te kon wees, maar dit gaan nie oor die prestasie of gewildheid nie, maar oor die plek waar die Here jou geplaas het om ‘n verskil te maak ”

Elcke de Beer studeer Verpleegkunde by die Universiteit van die Vrystaat Sy sê: “Ek het besluit op die keuse as gevolg van Helpmekaar wat my geleer het dat ‘n mens altyd omgee vir ander in nood en ek wou dit in my alledaagse lewe toepas Een van die waardevolste lesse wat Helpmekaar vir Elcke geleer het, is onafhanklikheid Sy sê dat dit is noodbelangrik is vir universiteit omdat daar nie altyd ‘n helpende hand is nie

Johané Fritz, onderhoofdogter van 2022, doen tans sendingwerk vir Fire and Fragrance en is tans op ʼn uitreik in Kenya Sy sê dat Helpmekaar haar altyd toegelaat het om openlik vir Jesus lief te wees en dat sy nooit by sendingwerk sou uitkom as dit nie vir Helpmekaar was nie Vir Johané, is een van die belangrikste dinge van Helpmekaar die vriende en gemeenskap Sy sê: “Helpmekaar se mense is net anders Spesiaal Ek het die mooiste herinneringe gemaak en geleer om die stukkie Jesus in almal raak te sien Die Getaway- en Take-a-Break-kampe het my lewe verander

Daar is soveel Helpies wat hul vlerke gesprei het en die wêreld aangepak het met ‘n denkwyse en passie wat net ʼn Helpie het Hierdie vyf Helpies is ʼn inspirasie vir oud-Helpies, die huidige Helpies van nou en die Helpies wat nog kom Dit maak nie saak waar die lewe jou vat nie, want ʼn Helpie bly vir altyd ‘n kind van die son

Taalterugflits: Die kleurryke herkoms van idiome

Het jy ’n kop vol muisneste of is jy dalk ’n korrelkop? Is jy die ware Jacob of draai jy ander mense ’n rat voor die oë? Weet jy werklik waarom ons sekere mense so kleurryk kan beskryf in ons unieke taal, Afrikaans?

Idiome het gewoonlik ’n dieper betekenis wat uit die tradisies, geskiedenis en leefwyse van ’n volk ontstaan en gegroei het Die geskiedenis van idiomatiese uitdrukkings is ʼn uiters interessante vertakking van die taalkunde Dit is nie altyd moontlik om die betekenis van n idioom uit die woorde af te lei nie omdat dit baie op figuurlike betekenis berus Waar die herkoms van idiome wél bekend is, lei dit tot interessante herontdekkings van die leefwyse van ons voorouers

Volgens die bron, Spreekwoorde en Ander Segswyses, word daar hieronder vertel hoe en waar sekere van die bekendste uitdrukkings in Afrikaans ontstaan het:

Met die gebakte pere sit

Betekenis: Opgeskeep sit met iets

Waar kom dit vandaan: Peer in Nederlands het die verouderde betekenis van iets onaangenaam Die gebakte pere het dus moeilikheid veronderstel

Die gort is gaar

Betekenis: Die moeilikheid/krisis het ontstaan

Waar kom dit vandaan: ’n Figuurlike vergelyking met ʼn mens se gemoed wat in ongeduld begin kook totdat jy uitbars (Gort is garskorrels wat afgedop is en as kos gebruik word )

Jou kop op ’n blok sit

Betekenis: Absoluut oortuig wees van iets

Waar kom dit vandaan: ’n Verwysing na die manier van teregstelling waarby die veroordeelde met sy kop op ʼn blok gaan kniel en dit dan met ʼn swaard of byl afgekap word Die uitdrukking wil dus sê: “As dit nie so is nie, kan julle my kop afkap

Boontjie kry sy loontjie

Betekenis: Jy verdien die gevolge van jou dade Waar kom dit vandaan: ʼn Nederlandse sprokie van Ertjie Boontjie Strooitjie en Kooltjie Vuur wat gaan wandel het Hulle kom by ʼn rivier en weet nie hoe om daaroor te kom nie Strooitjie bied aan om oor die water te lê en Ertjie en Boontjie loop op hom oor Toe kom Kooltjie Vuur se beurt maar in die middel van Strooitjie slaan hy aan die brand en Kooltjie Vuur val in die water Daaroor lag Boontjie so hard dat hy bars –en dit was sy verdiende loon

Laat loop in die vervolg met die idiome en gesegdes en sien hoe jou Afrikaansonnie van oor tot oor glimlag!

Links bo: Dhané Joey Keevy (2019). Regs bo: Zack van Zyl (2020). Regs: Karla Jonker (2020)
7 TERUG-FLITS
Die idioom "Elke boontjie kry sy loontjie" kry sy bestaan van 'n Nederlandse sprokie af.

Agtermyglimlag:LindieStanderdeelhaar“liggievanhoop”

Ewan Basson

Hoe is die lewe van ‘n akteur werklik agter die skerms? 'n Mens sou dink dat ons gunstelingsterre ʼn lewe van luuksheid, sukses en roem lei – ‘n uitspattige lewe vol partytjies en reise – maar is dit die werklikheid?

Lindie Stander, ‘n ervare aktrise, bekend vir haar rolle in Binnelanders, Hart in Bos, Vrou soek Boer en nog vele meer vertel in haar nuutste boek, Agter my glimlag, háár storie Op die kruin van haar loopbaan besef Stander dat sy haar rolle, en haar lewe soos wat sy dit ken, kwyt is Sy vertel die verhaal van haar lewe agter die skerms, sonder skroom of voorgee: die hartverskeurende verlies van haar pa; haar struwelinge met dwelmmisbruik en depressie Stander vertel met deernis ‘n verhaal van hoop tydens haar uitdagings met geesteswelstand

“As iemand wat gesien word as suksesvol en well-made was dit besonders moeilik om na hulp te roep Maar ek is net ‘n mens; iemand wat met baie donker dae gesukkel het

En die donker wink steeds gereeld Die bestuur van my geesteswelstand bly 'n daaglikse uitdaging, nes almal anders ” vertel sy Sy vertel ook hoe die skryf van hierdie boek ‘n groot uitdaging vir haar en ‘n belangrike stap tot rehabilitasie was Sy vertel hoe sy haar storie so intiem en eg as moontlik wou hou “Die proses om soveel intieme besonderhede van my lewe bloot te lê het my redelik broos laat voel maar ek moes so eerlik as moontlik wees as ek die inhoud met integriteit wou weergee ” deel sy Stander se boek handel oor baie persoonlike moeilike en intieme onderwerpe “Ek wou 'n boek met meer gravitas as 'n blote vertelling skryf Soms moet mens maar jou big girl pants aantrek en die bul by die horings beetkry ”

Helpiesver

Denike Borman (gr. 9)

Ek sou Elle wou wees, omdat sy haarself bewys ten spyte van haar struikelblokke Sy het ʼn verskil in mense se lewens gemaak En ek wil ook ʼn verskil maak in ander se lewens [Droomkans; Christien Neser]

Wian Britz (gr. 9)

Ek hou van die karakter Eragon se manier van dink en doen Hy probeer altyd om ander te help met ‘n goeie gesindheid [Eragon; Christopher Paolini]

Michelle Cilliers (gr. 11)

Die karakter Olive Smith se persoonlikheid is ongelooflik Sy gee nooit op nie en sy is die definisie van sonskyn Ek leef met dieselfde ingesteldheid [The love hypothesis; Ali Hazelwood]

Ludwig M. Venter (gr. 12)

Ek sal die karakter Rudolf Dreyer wil wees, omdat die trekboere van daardie tyd erge dinge verduur het, maar eenvoudig geleef het en groot belonings ontvang het [Geknelde land; F A Venter]

Die karakter Saul Barnard,

reg om

as net ʼn produk van sy omgewing te word Hy is rotsvas in sy oortuigings rakende ongeregtigheid en vreesloos in sy worsteling met homself [Kringe in ʼn bos; Daleen Matthee]

Ralph Wellman (gr. 8)

Ek sou die karakter Bluebear wou wees, want hy geniet talle reise deur sy land, en ek dink ek sal dit baie geniet ” [The 13 and a half lives of Captain Bluebear; Walter Moers]

Gabby Pornalis (gr. 10)

Ek sou graag Scarlett Dragna wil wees, omdat dit ʼn avontuur en wonderlike ervaring sou wees om deel te wees van die towerkrag wat so naby aan realiteit is [Caraval; Stephanie Garber]

Mnr. MJ Scholtz

Ek kies Atticus omdat hy hoë morele waardes het, empatie toon teenoor sy medemens, en baie integriteit het – hy veg vir dit wat reg is [To kill a mocking bird; Harper Lee]

Aldoné Kok (gr. 12)

Saartjie se lewenslus, skerp planne en die avonture waarop sy gaan, het my al in graad 1 geïnteresseer Twaalf jaar later sal ek steeds enige tyd in haar skoene wil staan [Saartjie; Bettie Naudé]

Henri Britz (gr. 11)

Ek sou graag Harry Potter wil wees, want hy ervaar buitengewoon moeilike omstandighede, maar as gevolg van sy vriende en sy waardes wen hy altyd op die ou end Dit is graag hoe ek wil wees in die werklike lewe

[Harry Potter; J K Rowling]

Die boek vertel die verhaal van haar progressie as mens en as gebroke persoon Sy vertel hoe sy geworstel het met emosionele bagasie en hoe haar geesteswelstand haar beïnvloed het, nie net in haar rolle nie, maar in haar alledaagse lewe “My doel was om afskeid te neem van bagasie wat nie meer myne was om te dra nie My lewe het 'n tipe volsirkel bereik – stampe en stote ingesluit – maar ek hoop die leser vind waarheid tussen die bladsye Waarheid oor hul eie lewens en diegene wat ons paaie kruis En saam met die waarheid - 'n liggie van hoop!”

In haar boek, word Stander se worsteling met depressie –oftewel die stigma-gedrewe ‘swart hond’ – blootgelê Toe sy gevra word hoe sy dink openlike gesprekvoering en weerloosheid rakende geestelike welstand die nuwe generasie tieners en jeug van vandag kan bevoordeel, antwoord Stander: “Die swart hond is lastig, en onwelkom, in die van ons wat met hom stoei en geliefdes wat nie altyd die wroeging verstaan nie Maar ek glo 'n boek soos myne maak die deure wawyd oop En om 'n onopgesmukte kollig op ons tekortkominge te werp maak ons dit hopelik makliker om eerlik met onsself en met mekaar te wees My boek beloof nie 'als gaan okay wees' nie, maar eerder 'als KAN okay wees'!”

Stander se verhaal bewys net weer hoe geliefde sterre ook maar net mens is en hoe hulle ook met dieselfde probleme as ander sukkel Stander self glo egter dat haar lewe heel boring is en meestal bestaan uit tyd in haar huisie Sy vertel: “Ek kook vreeslik graag die kombuis warm, lees en speel Xbox ” Sy beskryf haar lewe as afgesonder en sy glo vas dat sy juis tuis in haar afsondering voel “Agter die skerms is ek heelwat stiller en rustiger!”

WatleesdieFlitse-redaksie?

Daar word daagliks nuus oor al die Helpie-Flitse se verskeie platforms uitgestuur Twee maal n jaar ontvang lesers verslawende leesstof in hul hande met die gedrukte koerant Daar is vir dié span joernaliste wat hierdie kerntradisie van Helpmekaar laat voortleef in n peiling gevra wat húlle verkies om te lees

Gunstelinggenre

97%KOOP DITSELF

Koopjyofleenjy?

Roman 37.9% Fantasie 31% Misdaad 138% Drama 138% Riller 3.5%
Vakansie
Skooltyd
10 BOEKE EN VERMAAK
Die aktrise Lindie Stander se boek, Agter my glimlag, is landswyd beskikbaar.
L e e s j y s e l fh e pl b o e k e ?
Wanneerleesjymeer?
Me. Marlene Roets want hy kry dit meer

Reis om die wêreld in tien boeke

Die top 10-boeke om te lees wat jou op ‘n reis sal neem om die wêreld sonder om ooit jou huis te verlaat

Filmresensie: Tyd vlieg wanneer jy pret het!

Resensent: Zia van den Berg

The Adam Project Met: Ryan Reynolds, Walker Scobell, Jennifer Garner, Mark Ruffalo en Zoë Saldana

Regisseur: Shawn Levy

Resensent: Aldoné Kok

Before the coffee gets cold

Author: Toshikazu Kawaguchi

ISBN: 9781529029581

Resensent: Jessica Goosen

Sewe-en-veertig

Outeur: Irma Venter

ISBN: 9780798178242

The Adam Project is ʼn wetenskapsfiksie-film wat in 2022 op Netflix uitgereik is Dis ʼn sterbelaaide film, met groot name soos Ryan Reynolds, Jennifer Garner en Mark Ruffalo, wat jou op ʼn reis deur tyd en ruimte neem

The Adam Project volg die storie van Adam Reed (Reynolds), ʼn man wat terugreis in tyd om sy jonger self (Walker Scobell) te ontmoet en sy pa (Ruffalo) te red van ʼn tragedie Dit alles terwyl hy nog gejaag word deur ʼn kwaadwillige tydreisiger, Maya Sorian, gespeel deur

Een van die aspekte wat hierdie film uiters opwindend maak, is die unieke manier waarop dit die tydreis-konsep vasvang In plaas van die tipiese fokus op die verandering van geskiedenis of die verhoed van ʼn katastrofe, is die doel van die reis in hierdie film persoonlik en spesifiek – Adam moet sy pa red en sy verhouding met hom herstel Hierdie benadering gee die film ʼn unieke emosionele aanslag en hou die kyker geïnteresseerd

Die toneelspel in die film is ook uitstekend Reynolds bring sy handelsmerk humor en sjarme na sy rol, terwyl Ruffalo en Scobell sterk vertolkings teenoor mekaar lewer Keener se vertolking as die kwaadwillige tydreisiger is baie oortuigend en wek spanning

Die film se produksiewaardes is van ʼn hoë standaard, met uitstekende visuele effekte en kreatiewe kostuums en stelontwerpe Die film slaag daarin om ʼn sinvolle en oortuigende verhaal te vertel in ʼn verbeeldingryke wetenskapfiksie-omgewing

Alhoewel The Adam Project nie perfek is nie – die ontknoping is ʼn bietjie onafgerond en daar is ʼn paar los drade na afloop van die film – bly dit egter steeds ʼn indrukwekkende en vermaaklike film wat beslis die moeite werd is om te kyk Met ʼn goeie mengsel van aksie, humor en emosionele diepte, is dit ʼn film wat die kyker aan die dink sal sit en hul verbeelding sal prikkel

Before the Coffee Gets Cold is an outstanding piece of literature that goes far beyond the prosaic way of storytelling This book was first published in 2020 in Japanese, but has since been translated into English and has gained global attention

This positive feedback is, without a doubt, well-deserved Toshikazu Kawaguchi’s ability to create authentic characters within an unrealistic, magical realism setting deserves great praise He is able to craft an incredibly convoluted storyline, rooted in complex human emotions, and still manages to make the novel accessible for all ages

The novel is set in a retro café in Tokyo where time travel is possible via a cup of coffee Four visitors show up at the café in hopes of traveling back to the past to change their prior decisions However, they need to return to the café before the coffee gets cold We meet Kei, who has a serious heart condition, Fumiko with a disorderly romantic life, and Kazu with a detached demeanor Each one contributes to the complexity of the plot

This book provides insight into human psychology and how humans experience loss in different ways by exploring the physical and psychological effects of loss Because of the peculiar nature of this book, it is captivating and impossible to put down After reading this novel, you feel both enlightened and entertained This book is definitely one of a kind and a must-read for everyone It takes its readers on an emotional journey Whether you read it for educational or entertainment value, this book will not disappoint Instead, it will leave you at the end of the last chapter feeling satisfied and informed

Kawaguchi deserves a world of respect and praise for creating such a compelling novel The plot tugs on your heartstrings like no other, forging a permanent place in your heart for these characters and their endeavors

Sewe-en-veertig is net nog ʼn bevestiging van waarom Irma Venter as een van die beste misdaadskrywers in Suid-Afrika bekend is Sewe-en-veertig sal enige leser op die punte van hul stoele hou

Kuberboffin Sarah Fourie ontvang 03:30 een wintersoggend ʼn oproep van die datawetenskaplike, Mosela Mosholi ʼn Vierde moord op ʼn toeris word binnekort voorspel en Fourie se kuberkennis is moontlik al wat Mosela se ondersoek kan baat Fourie moet van haar verlede met oudspeurder Jaap Reyneke vergeet, haar lewe in Johannesburg agter laat vir Kaapstad en uitvind of Mosela se vermoede werklik gewig dra

Die manier waarop Venter verhoudings in die roman uitbeeld, vriendskaplik en romanties, is rou en realisties Sy skep genoeg emosie in die leser om belangstelling te toon in die karakters en hulle verhoudings met mekaar, sonder om hul interaksies met mekaar af te water met sentimentaliteit Jaap en Sarah se onwaarskynlike vriendskap word al in Venter se vorige boeke van die S-reeks verken, en aanhangers van die dinamiese paartjie sal beslis bederf word in Sewe-en-veertig Hierdie verhaal staan uit bo normale clichè Afrikaanse romanse As jy op soek is na ʼn boek waar Gerhard Louw se Baby-tjoklits as agtergrondmusiek in jou kop dreun is Venter se Sewe-en-veertig nie die boek vir jou nie

Die verhaal speel in ʼn koue en droewige Kaapstad af en teen dié ruimte breek die spanningslyn nooit nie Venter se S-reeks is tog sinoniem met spanning Die gevare waarin die karakters hulself bevind, is nie oomblikke wat Venter bloot uit haar duim uit suig nie, maar eerder situasies wat in die samelewing op ʼn daaglikse basis gebeur Sewe-en-veertig is ʼn misdaadroman in ʼn klas van sy eie

Aanhangers van Venter se boeke sal weet dat haar boeke altyd sterk vroulike karakters bevat met ʼn volledige agtergrond van die karakter en Sewe-en veertig is geen uitsondering nie Dit is ʼn aangename verrassing om vir ʼn slag sterk vroulike karakters te sien wat moeilike situasies aanpak en suksesvol uit die stryd tree Die boek is een van die bestes in Venter se S-reeks en perfek vir ʼn leser wat ʼn kombinasie van goeie misdaad en aksie geniet

11 BOEKE EN VERMAAK
Elizabeth Krüger Die dinge van ʼn kind Marita van der Vyver (Suid-Afrika) Zanzibar Zen Marnus Hatting(Zanzibar) The Beekeeper Of Aleppo Christi Lefteri (Syria) Home fire Kamila Shamsie (Pakistan) Q & A Vikas Swarup (India) Wild Swans: Three Daughters Of China Jung Chang (China) Where The Crawdads Sing Delia Owens (Amerika) One Hundred Years of Solitude Gabriel García Márquez (Colombia) Amper Frans Louis Jansen van Vuuren (Frankryk) Piranesi Susanna Clarke (Engeland)
Before the Coffee Gets Cold brews a delightful read
Volgende in Venter se S-reeks beïndruk

Moda 2023: Mad Hatter Magic

Op ʼn yskoue, vroeë wintersaand het ʼn klomp gaste by die skool opgedaag: deftig, uitgevat en gretig om Helpmekaar se 2023-modeparade by te woon Vanjaar was die modeparade gebaseer op ʼn ou gunsteling: Alice in Wonderland Die tema het soomloos deur die hele aand geloop Gaste is met busse deur die rabbit hole vervoer na die onbekende geheime bestemming waar die modeparade gehou is Die venue: die sprokiesagtige Victoria Yards Ingrid Holm het die aand bygewoon om dit ten volle te beleef

Oudergewoonte is die modeparade met ’n gepaste mode-hoogtepunt geopen toe die Queen of Hearts (internasionale model, Anri van der Linde) die loopplank betree het met haar soldate kort agterna Die hoofdansers het verder kleur aan die aand verskaf met hul Mad Hatterdanskostuums en -roetines

Welbekende mode-ontwerpers kon met hulle werk spog Hierdie ontwerpers sluit, onder andere, Yihan Brönn, New Romantics, Joss Couture, Anél Botha en 39 Dresses in

Mnr Louis Botha en hoofseun Lehan Kruger as onderskeidelik die White Rabbit en die Mad Hatter was die seremoniemeesters van die aand Die dekor en tafelversierings het ook goed by die prentjie ingepas en selfs die gaste kon saamspeel met hul eie Alice in Wonderlandklerebykomstighede of sommer ’n volle kostuum Me Monique van Reenen, wat getrou jaarliks die modeparade bywoon, som die aand soos volg op: “Ek het dit baie geniet om hierdie jaar se modeparade by te woon – dit was ʼn pragtige geleentheid en ʼn stylvolle vertoning Dit was ʼn wonderlike ervaring om die leerders in ʼn kreatiewe milieu te sien floreer "

Vanjaar is Helpie-leerders die geleentheid gegun om self hul eie kledingstukke te ontwerp en ten toon te stel Die volgende leerders het hulle handewerk ten toon gestel: Lize-Simone van Heerden (gr 8), Isabella Fouché (gr 11), Julian Jacobs (gr 11) Nicole Alberts (gr 11) Jana Burger (gr 12), Lisa Combrink (gr 12), Talia Erasmus (gr 11), Nicola Mackridge (gr 11), Melissa van Niekerk (gr 12) en Lamé van der Merwe (gr 12)

“Mode is ʼn uitdrukking van ʼn mens se innerlike self,” sê Julian “Ek wou die verskeie dele van myself uitbring deur my ontwerpe, of dit nou die NYC-partytjielewe is of net ʼn bondel kleur en geluk ” Nicola het ook haar inspirasie vanaf, onder meer, New York gekry "My inspirasie het gekom van verskillende stede waar ek al was, veral New York City Dit is ook baie geïnspireer deur die Golden Age in die filmindustrie en ook deur een van my gunstelingboeke The Great Gatsby, " vertel sy Nicole wou weer die beeld van Griekse godinne verwys met haar ontwerpe en is geïnspireer deur ʼn spesifieke stuk pienk materiaal “Alles het begin vloei van daar af en ek het altyd my hoofidee in gedagte gehou,” sê sy

Op hulle beurt het die modelle hulde aan die ontwerpers se harde werk gebring Soos wat een na die ander model met hul pak of aandrok verbygeloop het, kon mens die lang ure se sweet en aandag vir detail – voor en agter die skerms – raaksien en waardeer

Carla Nel (gr 12), wat ook verlede jaar ʼn model was vertel dat vanjaar se modeparade baie verskil het van verlede jaar se geleentheid Dit het veral vir my uitgestaan hoe goed die modelle saam gewerk het Almal het mekaar ondersteun, bygestaan en aangemoedig Dit maak die hele modeparade soveel meer pret en drama-vry

Vanjaar was ons modelle ook in dieselfde vertrek as die gehoor, en alhoewel jy hulle nie eintlik kon sien nie, kon jy hulle opgewondenheid en energie aanvoel en deel in die gesellige atmosfeer, sê Carla Vir Aldoné Kok (gr 12) was dit ʼn groot voorreg om deel te wees van vanjaar se modeparade “Die gevoel om mooi rokke te dra, grimering aan te sit en op die loopplank te loop met die skerp ligte wat op jou skyn is werklik 'n geleentheid wat nie elke dag opduik nie Om ook saam met jou vriendinne agter die skerms te lag was so lekker en spesiaal Alhoewel die modeparade so vinnig verby is sal ek díé tyd altyd koester ” sê Aldoné

Beauty & the Beast 2023: It's a kind of magic

Leah Kloppers

Die Beauty and the Beast-finaliste gaan elke jaar van krag tot krag om vir ’n plesierige aand te sorg Op Donderdag, 1 Mei het die 20 finaliste die gehoor saam laat lag, sing en dans – vanaf die openingsdans tot die paartjiedanse Beauty and the Beast is een van Helpmekaar se glansgeleenthede waar 10 meisies en 10 seuns uit graad 11 en 12 meeding om die gesogte titels van Beauty en Beast Die finaliste word gekies deur graad 11- en 12-leerders, wat die beste weet wie die mooiste kan dans en oogwink!

Vanjaar se Beauty and the Beast was werklik een vir die boeke, aangesien daar vir die eerste keer Helpie-ontwerpers was wat hulle skitterende ontwerpe ten toon gestel het By hierdie aand het die beoordelaars gekies watter ontwerpe op die planke van Helpmekaar se modeparade, gaan verskyn

Die aand het op ʼn hoogtepunt geëindig met die formeledrag-danse en ondervraging

Meisies het op die verhoog verskyn geklee soos prinsesse, terwyl die seuns baie harte se snare geroer het met hulle netjiese pakke Tydens die vraag- en antwoordsessie het die finaliste ʼn bietjie oor hulleself oopgemaak

ʼn Aand soos Beauty and the Beast kom egter nie vanself nie, maar verg moeite van alle kante om die opvoering te laat realiseer

Ingrid Holm (gr 11), ’n toeskouer in die gehoor, beskryf Beauty and the Beast as: “’n Aand waar alles seepglad verloop het ”

Links bo: Tessa Volschenk in ’n romantiese skepping deur New Romantics. Middel bo: Stylvol en elegant in Josh Couture-skeppings. Middle onder: Kelly Etafia het die oog gevang in ’n dramtiese ontwerp deur Lizan Zondagh Couture. Regs bo: Motlatsi Moloi uitgevat in ’n aandpak deur Eurosuit.
12 MOOI, MOOIER, HELPIES
Foto’s: Karla van der Westhuysen Die B&B-finaliste het beïndruk met hulle danspassies. Foto: Karla van der Westhuysen

Sluitingsdatum:18September

Stuurjouspotprentinpdf-formaataan: nadia.vdm@helpmekaar.co.za

Matrikulantemetgoudbekroon

Aldoné Kok en Chantlize Nell

Helpmekaar Kollege spog jaarliks met uitmuntende matriekuitslae en 2022 is geen uitsondering nie Met die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamenuitslae bewys die matrieks van 2022 waarom hulle die “wyse raadgewers van die Helpie-volk” genoem word Die 244 matrikulante spog met ʼn 100% slaagsyfer en ʼn gemiddeld van drie onderskeidings per kandidaat Hierdie besonderse groep leerders het aan die begin van hulle hoërskoolloopbaan ʼn graadgemiddeld van 67% gehad, maar deur harde werk het hulle egter daarin geslaag om op ʼn hoë noot te eindig met ʼn gemiddeld van 74%

Die matrikulante verwerf ʼn gemiddeld van 73% vir Wiskunde, 75% vir Fisiese Wetenskappe en 77% vir Rekeningkunde Daarmee saam is die vakgemiddelde vir Afrikaans Huistaal, Engels Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal 77% Die gemiddelde vir Spaans, Frans en Duits is onderskeidelik 79%, 80% en 82%, ʼn bevestiging dat die klas van 2022 gereed is om hul vlerke te sprei en die wêreld te gaan verken

Ryan Snyman is die toppresteerder van 2022 met n totaal van 13 onderskeidings Michaela Staal en André van Graan het albei 10 onderskeidings ingepalm terwyl Johané Fritz, Keira Lombard, Nico Olivier, Reyneke Jacobsz en Xander Nel almal nege A s verwerf het Fritz kan boonop ook spog met 100% vir Wiskunde Elf matrikulante spog met agt A’s, 12 behaal sewe A’s en 14 matrikulante verwerf ses Die top 45 leerders het altesaam 334 onderskeidings

Helpmekaar-matrikulante spog ook almal met universiteitstoelating Nina Germishuysen en Michaela Staal sprei hulle vlerke deur Rekeningkunde en Regte onderskeidelik aan die Universiteit Stellenbosch te gaan studeer Waldt Human en Estean Bruins gaan op hul beurt weer onderskeidelik Biologiese Wetenskappe en Akturele Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria swot

Hierdie uitslae getuig van harde werk en vasbyt Tydsbestuur en balans tussen sport kultuur en sosiale aktiwiteite is belangrik aangesien deeglike beplanning help om by te hou met die vinnige pas waarteen matriek begin, is die woorde van Waldt Human, hoofseun van 2022 Johané Fritz sluit by Waldt aan: “Om matriek deur te maak is dit belangrik om ondersteuning vanaf vriende en familie te ontvang, maar ook om dit aan ander te gee Hierdie eienskappe word alreeds van vroeg af by elke leerder van Helpmekaar Kollege gekweek Nina Germishuysen, hoofdogter van 2022, beklemtoon hierdie eienskappe wanneer sy sê: Dit is belangrik om deur te druk en aanhoudend te werk selfs al word uitdagings ervaar Dit help ook om te besef dat elkeen deur dieselfde gaan ”

Spotprent-kompetisie Hetjy'nideevir'nspotprent? Skryfinenwen'n
R1000

Sportkunde slaan ’n ses in die klaskamer

Aldoné Kok

Sport- en Oefenkunde word van 2020 as ’n amptelike vak by Helpmekaar Kollege aangebied In 2022 is die eerste matriekuitslae vir hierdie vak ontvang ’n Totaal van 35 matrikulante het in 2022 Sport- en Oefenkunde geskryf en vyf onderskeidings ingepalm Die graadgemiddeld was 69%, met Xander Nel wat die boekprys ontvang het met ʼn gemiddeld van 90%

Mnr Devon Maré, die vakhoof van Sport- en Oefenkunde is die dryfkrag agter hierdie uitmuntende uitslae Mnr Devon is ’n kundige op die gebied van Sportwetenskap en het sy honneursgraad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf “Ek dink Sportkunde gee vir ons leerders die nodige insig om te verstaan waarom ons bewus moet wees van verskillende oefen-metodes, rus en herstel asook gesondheid oor die algemeen wat jou ’n voordeel gee in verskeie sportsoorte,” verduidelik hy

Enige leerder wat in die mediese bedryf belangstel of hou van hoe die menslike liggaam met betrekking tot bewegingskunde en oefening funksioneer, sal hierdie vak geniet “Ek dink Sportkunde toets jou op ’n ander manier van dink en baie van die beginsels wat geleer word, is toepaslik op die leerders se eie lewe, byvoorbeeld of bloeddruk normaal is, hoe om beserings te vermy en watter waarde die voeding wat ingeneem word, het ” Sportkunde is nie net ’n vak nie, maar eerder ’n manier van dink waarin jy moet volhard om die vrugte te kan pluk en ’n vak wat die potensiaal het om jou te oorreed om jou lewenswyse te verbeter

Pedro is ’n “Bassonderse” tennisspeler!

Doodgewoon stap hy elke skooldag op die matriektrappe of word hy deur ’n spul graad 8’s met hulle tasse gestamp as hy klasse wissel Min weet ander dat hy eintlik ’n baie besondere mede-Helpie is Daniël Basson het met Pedro Basson gesels oor sy pad na die Wêreldoorplantingspele

Pedro het aan die einde van sy gr 10-jaar n reuse terugslag met sy gesondheid beleef ’n Kardioloog het bevestig dat sy hartspier verswak en vergroot het en dat hy bykans net 10% hartfunksie oorgehad het Hy is op die waglys geplaas vir n hartoorplanting en ʼn week later het hy ‘n suksesvolle hartoorplanting gekry

Sy herstelproses ná die oorplanting was inderdaad merkwaardig juis omdat hy so fiks en gesond voor die tyd was Hy vertel dat hy so opgewonde was oor nuwe kanse in die lewe, dat hy elke sekonde daarvan wou en wil benut Sy span dokters en sy biokinetikus moes hom omtrent terughou want sy dryf en wil om gesond te word en te verbeter, was verbete

Pedro se biokinetikus het hom vertel van die Wêreldoorplantingspele en Pedro het dadelik die uitdaging aangegryp en besluit hy wil graag ’n medalje daar wen

Vanaf 15 tot 21 April 2023 het die Wêreldoorplantingspele in Perth, Australië plaasgevind met 1 500 atlete van 50 verskillende lande wat deelgeneem het Die spele is ’n wêreldwye gebeurtenis ter viering van die geskenk om te lewe deur middel van orgaanskenkings Ons eie Pedro het nie net gaan deelneem nie, maar sommer weggestap met ’n goue medalje vir sy deelname aan tennis

SA-skolerugby: Ruan in o.18-span

Volgens Pedro was dit baie stresvol In die kwarteindstryd het hy ’n mede-Suid-Afrikaner van UCT se eerste tennisspan uitgestof en in die finaal nog ‘n Suid-Afrikaner laat les opsê Die gevoel om internasionaal te kon deelneem en dan ook te wen, was net eenvoudig wonderlik

Pedro beplan om in 2024 Rekenaarwetenskappe by Maties te studeer waar hy natuurlik graag ook tennis vir die Universiteit Stellenbosch wil speel Oor twee jaar mik hy om weer aan die Wêreld Oorplanting-spele in Duitsland deel te neem

Pedro is dalk ‘n gewone Helpie wat sy gr 8tennistoer na Hilton as ‘n hoogtepunt van sy skoolloopbaan onthou Maar hy is definitief nie ’n doodgewone ou nie Ons kan almal iets oor ons eie verganklikheid en die lewe by hom leer Ek haal graag sy gunsteling-sêding aan van Denzel Washington: “Dreams without goals are just dreams And they ultimately fuel disappointment On that road to achieving your dreams you need to apply discipline but most importantly consistency, because without commitment you’ll never start, but without consistency you’ll never finish

Kleinbotteltjie, grootgif

Aldoné Kok

Karma Visagie (gr 9) is vanjaar verkies tot die Suid-Afrikaanse span vir artistiese gimnastiek Karma het met gimnastiek begin toe sy slegs ses jaar oud was nadat haar ouers haar aan die sport bekend gestel het Sy het haar talent ontwikkel en daar ’n liefde vir gimnastiek gekry

Artistiese gimnastiek verg baie moeite en krag en Karma oefen elke dag vier en n half uur, ses dae ’n week Dit is ongeveer 27 uur se oefen elke week!

“Om tyd te kry vir gimnastiek terwyl ek steeds akademie en tyd saam met familie en vriende balanseer, kan soms moeilik raak My ma kom haal my elke dag ná skool dan oefen ek van 15:00 tot 19:30 Ek moes beslis al baie opoffer om gimnastiek te beoefen maar wanneer ek ’n eerste plek behaal, of myself trots maak, is dit die moeite werd

Haar familie speel ook ’n belangrike rol in Karma se sukses Sy het groot waardering vir haar ouers wat haar rondry en haar altyd ondersteun

KKayla Wolfaardt het met Ruben Theunissen (gr 11), ’n lid van beide die provinsiale en nasionale boogskietspan van 2022, gaan gesels

Wanneer is jy blootgestel aan boogskiet en hoekom het jy begin om boogskiet te doen?

My pa het my op 'n baie jong ouderdom aan boogskiet blootgestel en ek het saam met hom op die boogskietkompetisiebaan grootgeword

Aan watter kompetisies neem Helpmekaar Kollege deel? Wat moet jy doen om SA’s te bereik?

Ons skiet deur die jaar 'n hele klomp kompetisies Hulle gebruik jou gemiddeld om 'n provinsiale span te kies om Gauteng by SA's te verteenwoordig Die beste 14 skuts word dan vir die SA (Protea-) span gekies om Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskap te verteenwoordig

Hoe baie oefening verg boogskiet? Oefen jy net by die skool of op jou eie ook?

Ek oefen by die skool op Maandae, Dinsdae en Donderdae en dan skiet ek nog 50 tot 100 pyle 'n middag by die huis

Doen jy boogskiet slegs as 'n sport, of jag jy ook? Indien jy jag, watter een geniet jy die meeste?

Ek gaan jag gereeld met my boog Ek geniet die jag meer omdat die kompetisies meer oor die dissipline van die sport gaan Jag gaan nie net oor skiet nie, maar ook die kuier saam met vriende en familie

Watter raad het jy vir iemand wat onlangs met boogskiet begin het?

Om die woorde van Chris Kyle aan te haal:

“Aim small, miss small ” Skiet elke pyl asof dit die een is wat 'n kompetisie kan wen of verloor

Haar harde werk is beslis ooglopend, aangesien sy tans deel is van die Suid-Afrikaanse span vir gimnastiek “Ek was so bly toe my naam aangekondig is Ek het so trots gevoel en dit het my laat besef dat ek eintlik goed genoeg is Dit is so lekker om iets te bereik,” vertel Karma

Soms kan bewegings in gimnastiek oorweldigend en angswekkend voel “Daar is soveel keer wat ek bang is om ’n beweging uit te voer, maar dan gaan ek net ’n paar stappe terug Ek gaan terug na die eenvoudigste stappe van die beweging en dan bou ek dit verder op totdat ek selfvertroue het om dit self te doen As ek val staan ek weer op maar as ek dit regkry voel dit asof ek vlieg ”

Karma se grootste droom is om by die Olimpiese Spele of by die Statebondspele naam te maak Sy het reeds in onder andere Duitsland, Egipte en Portugal deelgeneem en sy sien uit om Suid-Afrika binnekort in Kroasië te gaan verteenwoordig

14
Pedro Basson. Foto: Mia Ludik
SPORTKLETS
Regs: Ruben Theunissen is deel van die nasionale bookskietspan. Foto: Mia Ludik
Bo: Karma Visagie (gr. 9) is vanjaar verkies tot die SuidAfrikaanse span vir artistiese gimnastiek. Foto: Mia Ludik Ruan Welman is gekies vir die SA skolerugbyspan. Hy is Helpmekaar Kollege se sesde SA-skolespeler. Foto: Zoe Marais

Veni,Vidi,Vici:HMKwéérInterhoër-wenners

Op Woensdag, 1 Maart het Helpmekaar Kollege in die A-bond deelgeneem by die Superinterhoër Helpmekaar het die Interhoër vir ʼn sewende keer gewen en is die eerste skool wat vir ʼn rekordgetal vierde keer in ʼn ry gewen het Behalwe vir die skool se uitmuntende prestasie, was die gees en Helpie-magic die hoogtepunt van die dag

Te danke aan die dirigente en elke Helpie wat die hele dag in die kokende son op die pawiljoen gesit en die atlete ondersteun het met hul gees en konstante entoesiasme, was die Helpie-ketting so stewig soos ons eie Bruin Reus op die bult

Amelia Olivier (gr 11) sê: Die gees was ʼn weerspieëling van wie en wat Helpmekaar is Dit was skree tot ons kele seer was en ons stemme weg was, maar dit was alles die moeite werd Sy sê die dag was vol sonskyn en pret

Helpmekaar het onder andere teen skole soos Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Kempton Park en Prestige College deelgeneem en het as oorwinnaars uit die stryd getree

Met 733 punte, teenoor Hoërskool Waterkloof se 699 punte, het Helpmekaar die kompetisie uitgeboul Helpmekaar het 15 brons, 19 silwer en ʼn indrukwekkende 16 goue medaljes ontvang

Meneer Shaun Jackson, hoof van sport, het gesê: ʼn Helpie is ʼn ander spesie Sit hom op die stage en hy perform Dit was baie stresvol, maar dit bly spesiaal om deel van hierdie besonderse skool te wees Ek dink alles was goed gereël Die dag was ongelooflik en baie spesiaal Dit bly altyd lekker om te wen

Twee atlete het rekords in hul onderskeidelike items gebreek Chemené Mentz (o 15) het die 1 500 m in n rekordtyd van 4:36:72 minute gehardloop en Leendert Koekemoer (o 16) het die 400 m in ʼn tyd van 46:97 minute afgelê Chemené wen ook die 400 m en 800 m en Leendert wen ook die 100 m en 200 m Hy breek ook die 100 m- en 200 m-rekord Leendert het in totaal drie rekords gebreek

Athleticus Leendert

Zia van den Berg

Leendert Koekemoer (gr 10) is tans nommer een op die wêreldranglys vir o 18-seuns in die 400 m Nadat hy onlangs aan die CAA-Afrika-kampioenskappe vir mans o 18 en o 20 deelgeneem het, spog hy met sy prestasies in die 200 m en 400 m en is hy spoedig besig om sy merk in die atletiekwêreld te maak Ná al sy indrukwekkende prestasies op die atletiekbaan, is dit net gepas om die Helpie agter die atleet beter te leer ken

Leendert het homself al vanaf kleurterskooldae op die atletiekbaan bevind Hy het op vyfjarige ouderdom aan sy eerste kompetisie deelgeneem Natuurlik word sy eerste medalje vir atletiek gekoester en blink dit met trots op sy medaljerak saam met die res van sy versameling Na verwagting is dié sportsoort geen speletjie nie en om só uitmuntend as atleet te presteer, verg harde werk Leendert oefen vasberade vier keer ’n week vir ’n tydperk van twee tot drie uur per oefensessie Daar bestaan nie iets soos n verskoning vir hom nie en hy werk ongelooflik hard om sy doelwitte te bereik,” verduidelik een van sy medeatlete, Divan Raubenheimer (gr 11)

As deel van sy rituele voor ’n groot kompetisie, bederf hy homself graag met ’n KFC-wrap die aand voor die tyd en vir ontbyt is Weet-Bix op die spyskaart Op die dag van n atletiekbyeenkoms luister Leendert graag musiek om te fokus voordat hy moet wegspring

Volgens sy atletiekmaats word hy beskryf as die “grootste grapjas tussen die atlete” en het hy beslis ‘n humoristiese kant aan hom wat hom die middelpunt van enige geselskap maak

Sy lewensfilosofie som hy as volg op: Om altyd vorentoe te beweeg en te onthou waar ’n mens begin het ” Hy is ook oortuig daarvan dat sy pad in die lewe met atletiek verbind is en hy sal dit vir geen ander sportsoort verruil nie

Leendert Koekemoer het ʼn uitstekende atletiekseisoen agter die rug en het drie rekords by die Interhoër gebreek.

Karla van der Westhuysen

Helpmekaar se medaljewenners

ASA-Klubatletiekkampioenskappe

Die Helpie-atlete wat eerste plekke behaal het:

Jaiden de Wet (0 19) 800 m en 1500 m

Zander Naude (0 19) 400 m en 400 m-hekkies

·Rohan Rautenbach (0.16) hoogspring, verspring

Amae de Klerk (0 15) 200 m en verspring

Zander van Niekerk (0 15) verspring

·Jan-Hendrik Heymans (0 16) spiesgooi

Delano Maritz (o 17) 110 m-hekkies

Dewald Rautenbach (0.17) hoogspring

Roux van Zyl (0 17) 400 m

Reinhardt Roberts (0 19) hoogspring

·Miandi Breedt (0.14) 100 m

Mbali Kamele (0 14) 400 m

Morgan Maritz (0 15) hoogspring

·Giselle Maritz (0 16) hoogspring

Mckayla Roesch (o 19) hoogspring

Brons vir mnr. Cois

Mnr. Cois de Wit neem deel aan die 46ste SuidAfrikaanse Meestersatletiek-kampioenskappe en behaal ʼn brons in die spiesgooi. Hy behaal ook ʼn vierde plek in die gewigstoot en ʼn vyfde plek in die diskus.

Goue Medaljes Chemené Mentz Dogters o.16 1500 m & 3000 m Leendert Koekemoer Seuns o.18 400 m & 4 x 400 m-Aflos Roux Van Zyl Seuns o.18 4 X 400 m-Aflos Silwer Medaljes Amae de Klerk Dogters o.16 Verspring Leendert Koekemoer Seuns o.18 4 x 100 m Brons Medaljes Stiaan Myburgh Seuns o.16 300 m Dewald Rautenbach Seuns 0.18 Hoogspring Zander Naudé Seuns o.20 200 m Goue Medaljes Chemené Mentz Dogters o.15 800 m Stiaan Myburgh Seuns o.15 300 m Vené Esterhuyse Dogters o.17 Aflos: Gautengspan Silwer Medaljes Amae de Klerk Dogters o.15 Verspring Mignonne Theunissen Dogters o.15 Driesprong Vené Esterhuyse Dogters o.17 400 m Roux Van Zyl Seuns o.17 Aflos: Gautengspan Brons Medaljes Jan-Hendrik Heymans Seuns o.15 Spiesgooi Stiaan Myburgh Seuns o.15 100 m Kelly Etafia Dogters o.17 Hoogspring Roux Van Zyl Seuns o.17 Aflos: Gautengspan Melissa van Niekerk Dogters o.19 1500 m Zander Naudé Seuns o.19 400 m
16 ATLETIEK
Foto:
Bo en onder: daar was hope gees by vanjaar se Interhoër. foto bo: Mia Ludik. Foto onder: Karla van der Westhuysen
SA-Hoërskole-Atletiekkampioenskappe

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.