UIT HOOF SE PEN
-
Leon Bantjes
og jaar begin, wil ek graag my opregte dank uitspreek vir u vertroue, lojaliteit en ondersteuning aan ons skool.
Die afgelope twee jaar was n uitdaging vir almal in die onderwys, en ek is trots op die veerkragtigheid en vasberadenheid wat ons leerders en personeel getoon het om hierdie probleme te oorkom. Met die koms van nuwe tegnologieë, verander die landskap van onderwys vinnig, en ons skool en personeel pas voortdurend by hierdie veranderinge aan om slegs die beste moontlike onderwys aan ons leerders te bied.
In die komende jaar sal ons daarop fokus om kwaliteit onderrig aan ons leerders te gee wat nie net ons leerders met akademiese kennis toerus nie, maar hulle help om kritiese denke, probleemoplossing en leierskapvaardighede te ontwikkel.
Ons toegewyde personeel is daartoe verbind om n omgewing te skep waar elke leerder gewaardeer en ondersteun voel in hul persoonlike en akademiese groei.
Ek sien uit daarna om saam met ons Garsie skoolgemeenskap te werk en hierdie akademiese jaar n sukses te maak.
G
G A R S S A A D
- Vandré Swart JEUGWERKER
Soos ons aan die begin van hierdie skool jaar staan is ek herinner aan die volgende storie:
Daar was eenmaal n onderwyser wat voor haar leerders gestaan het met n R100 noot. Sy sê toe vir hulle:
"Steek jou hand op as jy hierdie geld sal wil hê." Elke hand in die kamer gaan op, waarop die onderwyser daarna sê: "Ek gaan hierdie geld aan iemand gee, maar eers gaan ek die volgende doen" ...
Sy neem toe die noot en frommel dit in haar hande op, en vra: "Wie wil dit nog steeds hê?" Die hande bly op. Die onderwyser laat toe die noot op die vloer val, trap op dit en vryf dit in die grond.
Sy tel toe die noot op en vra weer, "Wie wil dit nog steeds hê? Die hande bly op. Sy maak die volgende stelling, Dit maak nie saak wat gedoen word met die noot nie, sy waarde bly dieselfde .
Net so weet ons dat elke mens oomblikke van seer, moedeloosheid en vrees beleef, maar daar is n HOOP. In alle omstandighede bly God se opinie oor jou lewe dieselfde. Jou waarde in Sy oë bly dieselfde.
Mag ons vashou aan ons drome. Laat jou hart gevul wees met Sy hoop.
Die jaar is vars en die geleenthede is volop. Hou vas aan jou waarde en moenie laat karakter bou jou afknou nie.
Romeine 5:3-5
"Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid
van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte
uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."
2
100% vir matrieks
Uitslae van die 2022 Nasionale Senior Sertifikaat is Vrydag, 19 Januarie 2023, vrygestel. Ons is baie trots op die Graad 12 leerders van 2022.
Dié groep het die volgende uitslae behaal:
100% slaagsyfer
98,8% universiteitsvrystelling
2,21 onderskeidings per kandidaat
Totaal van 713 onderskeidings
Derde in Gauteng
3 leerders het agt onderskeidings behaal.
11 leerders het sewe onderskeidings behaal.
3
- Maggie Holliday
17 leerders het ses onderskeidings behaal
13 leerders het vyf onderskeidings behaal
271 leerders het vier onderskeidings behaal
126 leerders het drie onderskeidings behaal
130 leerders het twee onderskeidings behaal
81 leerders het een onderskeiding behaal
Die 2022 matrikulante wat sewe of meer onderskeidings behaal het, het by die Algemene Akademiese Merietefunksie wat op Dinsdag, 31 Januarie 2023, gehou is, erkenning gekry vir hulle puik prestasie.
Erkenning is ook aan die presteerders van graad 8 tot 11 leerders van 2022 gegee vir hulle akademiese prestasie, Hierdie toekennings is gemaak op grond van die promosiepunte in die verskillende vakke en gemiddelde persentasies. Die Top 10 leerders in elke graad vir 2022 is ook aangewys.
Boodskap van ons adjunkhoof akademie - Me Holliday
" 4
Ons sien uit daarna om in 2023 voort te bou op die akademiese standaard wat oor die afgelope paar jaar by Hoërskool Garsfontein gevestig is.
Met top gehalte fasiliteite en kundigheid is die sterk basis gelê vir die bestaande potensiaal om van krag-tot-krag te ontwikkeling. As een van die primêre boustene van enige skool speel kultuur 'n verreikende en verrykende rol in die ontwikkeling van elke leerder wat hom/haarself binne hierdie raamwerk bevind.
Met die aanvang van 2023 is ons opgewonde om verskeie nuwe geleenthede aan ons leerders te bied om hul talente te kan ontdek, ontwikkel en uitleef. Die nuwe buite kurrikulêre aktiwiteite sluit onder ander in n a capella-ensemble, orkes, cheerleading en operasionele musiekakademie. Kundige en uiters bekwame afrigters vir reedsbestaande aktiwiteite en die musiek-akademie is onlangs aangestel om te virseker dat die jong en ontwikkelende musiekdepartement van die Hoërskool Garsfontein van krag tot krag gaan.
Die motto vir 2023 heet kwaliteit bo kwantiteit ; n motto wat klem lê op potensiaal en diepte ontwikkeling.
Elke leerder behoort die geleentheid aan te gryp om blootstelling te verkry tot vaardighede wat hul kan bystaan in hul toekoms.
Verder, lê die blanko bladsy van 'n nuwe era van kultuur oopgesprei om 'n beduidende rol in die algehele vooruitgang van Hoërskool Garsfontein se holistiese ontwikkel te speel. Die toekoms lê blink vir die ideale en doelwitte wat in hierdie voorlegging vervat is.
Met visie, passie, harde werk en bemagtiging is hierdie aspekte haalbaar.
5
- Da Nielle Jordaan ADJUNKHOOF KULTUUR
MUSIEK AKADEMIE
Dit is vir ons n groot voorreg om aan te kondig dat ons vanaf Maart die Garsie Musiekakademie amptelik bekendstel. Hiermee, sal ons eie leerders die geleentheid gebied word om hul musikale vernuf verder te ontwikkel en ook n nuwe talent aan te leer onder leiding van topgehalte musikante. Die musiekakademie sal veral opleiding verskaf in die volgende areas nl. klawerbord (beginners), kitaar, sang, klavier, viool en musiekteorie en -geskiedenis. Die bogenoemde sal in beide groepsverband en individueel kan geskied afhangende van gradering en behoefte. Beginnerstudente met geen gradering en of opleiding sal eers in groepsverband les ontvang, waarna studente individueel les kan ontvang. Metdienverstande, is die doel van die Garsie Musiekakademie primêr, om die weg te baan om in die nabye toekoms musiek as vak in die hoofstroom kurrikulum in te faseer. Dus sal die musiekdepartement oor drie fases geïmplementeer word.
Verder, sal daar deur dié musiekakademie gepoog word om die musikale diepte te ontwikkel wat verreikende bydraes kan lewer in die verdere uitbreiding van die kultuurplatform wat Hoërskool Garsfontein het om te bied.
Afgesien van die reedsgenoemde, is die musiekakademie sentraal geleë om sodoende moontlike deelname te verseker.
n Splinternuwe aktiwiteit wat massadeelname moontlik maak! Garsie Pixels behels die vorming van beelde deur gebruik te maak van skooldrag terwyl leerders op n pawiljoen sit.
Die algehele uitvoering gebruik krete en musiek om beelde te vorm soortgelyk aan die op n LCD-skerm.
Die beelde word gevorm deur die oop- en toemaak van skoolbaadjies op n bepaalde tydstip soos ingeoefen.
FA S E 3
Elke individu wat hieraan deelneem is dus
A CAPELLA-ENSEMBLE
n Aktiwiteit vir enige individu wat n liefde vir sang en musiek het.
A capella is n serenade-groep wat bestaan uit musikaal begeesterde leerders, wat slegs deur hul stemme musiek maak. Dié aktiwiteit se formaat is grootliks gebaseer op die alombekende universiteitsêr van die ATKV. Geen instrumente word tydens die uitvoering aangewend nie.
Word deel van hierdie nuwe aktiwiteit.
CHEERLEADING
Cheerleading is n aktiwiteit waarin n verskeidenheid van dissiplines gekombineer word in n gechoreografeerde roetine. Die afdelings in enige roetine is: n kreet, partner stunts , piramides, gooie en tuimel. Deur die loop van die jaar word daar aan kompetisies deelgeneem onder andere Regionals, Provincials en Nationals. Of jy nou n akademieise boffin, n kultuur-dier of n sportman en -vrou van formaat is, is daar plek in die Cheerleading-familie om jou gees en trots vir ons skool uit te leef.
Ten slotte, met kultuur as integrale deel van 'n skool se DNA kan daar nie anders as om te argumenteer dat die deelname en betrokkenheid daaraan, direk of indirek, 'n merkwaardige impak op 'n skool se raamwerk het nie.
Metdienverstande, is en kan kultuur as die dryfkrag gesien word om binne opvoedkundige perke leerders veral, positief op te lei om as afgeronde burger buite die vier mure van die skool te funksioneer.
Raak deel; raak betrokke! 7
vir die jarelange borgskap DANKIE
7
SPORTNUUS
N NUWE ENERGIE EN VERANDERING
Met die bekende stelling van Einstein wil ons die jaar ons sport op twee maniere benader. Dit wat werk sal nie verander word nie, maar waar dit vir ons nie die gewenste resultate opgelewer het nie, is daar veranderings aangebring, selfs ook aan die mannekrag en personeelkomponent.
R E T I E F S M I T H
Insanity: doing the same thing over and over again and expecting different results."
ADJUNKHOOF OPERASIONEEL
DIREKTEUR RUGBY
Sylvester Booysen
By van ons sportsoorte is nuwe Direkteure, organiseerders
en ook
afrigters
aangestel. Die verandering is soos n vars briesie en die nuwe energie, stelsels en selfs die spreekwoordelike huisskoonmaak by sommige sportsoorte is reeds opmerklik. Verandering is goed en die mensekapitaal bring nuwe energie, dinamika en dit dra by tot nuwe verwagtings.
Selfs n naamsveandering is gedoen. Die Groot Vyf sportsoorte sal steeds so bekend staan, maar die naam van die ander sportsoorte verander na Gespesialiserde sporte. Die uniekheid en hoë vlak van spesialisasie van die sportsoorte word daardeur aangespreek
Daar word ernstig gekyk na verhoogde deelname, maar ons besef daar is altyd n telbord langs die veld. Hierdie telbord moet konstant tellings, punte en tye reflekteer. Hierdie telbord word in die fynste besonderhede regoor ons land gedisekteer. Die publiek kyk met valkoë na die resultate. Garsies se mededingendheid in alle sport in ons provinsie en Suid Afrika word ook weekliks onder die vergrootglas geplaas. Hierdie toedrag van sake het n direkte invloed op ons benadering. Ons neem deel aan sport om dit te geniet, en al die bekende waarde wat dit vir ons jeug bied, te maksimaliseer. Maar ons daag ook op met n ysere wil om altyd ons beste na te streef, en as die eindfluitjie blaas, of die lint word gebreek, wil ons bo wees. Nooit ten alle koste nie, maar daar was nog nooit iets verkeerd met die wil om te wen nie. Dit berei ons jeug voor vir die genadelose lewe wat na skool wag. Of mense daarvan hou of nie, in Suid-Afrika is skolesport uiters mededingend en soms genadeloos. Garsiesport gryp in 2023 die uitdaging aan. As ons die eindfluitjie hoor, en die telling is aan ons kant, sal ons trots, maar steeds nederig wees. Sou die telling nie in ons guns wees nie, sal ons die spreekwoordelike tekenbord herbesoek. Vir ons opponente sal ons altyd respek betoon.
GESPESIALISEERDE SPORTSOORTE
Aanstel van 'n nuwe afrigter by Fietsry nl. Bertus Mouton. Die vestiging van 'n Skaakakademie met 'n nuwe kreatiewe benadering tot die ontwikkeling van Skaak. In die verband is Elda Booysen aangestel as afrigter om Skaak na nuwe hoogtes te neem. By al ons sportsoorte verfyn ons tans die noodsaaklike onderbou met verhoogde ouerbetrokkenheid (stigting van ouerkomitees), strategië om volhoubaar te presteer en kondisionering van ons sportlui.
10
GROOT SPORTE
By Atletiek
was die aanbied van die Interhuis en Abrie van Staden-byeenkomste reeds 'n hoogtepunt. Die goeie gees en samewerking behoort deur te syfer vir die die res van die jaar. Wat opmerklik was, is die identifisering van ons Garsies met die onderskeie kleur-spanne. Die Groen Ysbere sorg vir n verassing van die jaar en wen die Interhuis deur die Rooi Koalas na 5 jaar, te onttroon.
By ons Groot Sportsoorte sorg die professionele benadering van die Direkteure vir goeie bestuur en beplanning vir die seisoen wat voorlê. Die fokus op deelname word gekomplimenteer met die herbesinning van strategie en die fyner nuanses om Garsie sportui mededingend te hou in 'n genadelose sportomgewing. Vir die leerders wat deelneem vir die lekkerte maak ons altyd plek. Daar word met groot ywer na hulle belange ook omgesien.
As waarnemende sporthoof wens ek elke Direkteur , afrigter en deelnemer sterkte toe vir 2023. Die volgende aanhaling van Nelson Mandela gee goeie raad vir die res van 2023:
I t a l w a y s s e e m s i m p o s s i b l e u n t i l i t ' s d o n e . " "
- Nelson Mandela
DATUMS OM DOP TE HOU
Inligtingsaande
Valentynsbal
Sweminterhoër A-bond
Belge kom kuier
Atletiek Helpmekaar
byeenkoms Krieket
TUT CURRO Top skole
Atletiek A-bond Interhoër
Atletiek PUK Interhoër
Hokkie Kultuur Netbal Rugby 30 Jan 6 Feb 7 Feb 9 Maart 11 Februarie 14 Februarie 15 Februarie 17 en 18 Februarie 18 Februarie 13 Februarie 1 Maart 24 Februarie
Rolinastraat / Posbus 90001 www.garsies.co.za garsies@garsies.co.za Telefoon (+27) 012 998 6096 Fax (+27) 012 998 6095 Garsfontein, Pretoria, 0042