
1 minute read
G A R S S A A D
- Vandré Swart JEUGWERKER
Soos ons aan die begin van hierdie skool jaar staan is ek herinner aan die volgende storie:
Advertisement
Daar was eenmaal n onderwyser wat voor haar leerders gestaan het met n R100 noot. Sy sê toe vir hulle:
"Steek jou hand op as jy hierdie geld sal wil hê." Elke hand in die kamer gaan op, waarop die onderwyser daarna sê: "Ek gaan hierdie geld aan iemand gee, maar eers gaan ek die volgende doen" ...
Sy neem toe die noot en frommel dit in haar hande op, en vra: "Wie wil dit nog steeds hê?" Die hande bly op. Die onderwyser laat toe die noot op die vloer val, trap op dit en vryf dit in die grond.
Sy tel toe die noot op en vra weer, "Wie wil dit nog steeds hê? Die hande bly op. Sy maak die volgende stelling, Dit maak nie saak wat gedoen word met die noot nie, sy waarde bly dieselfde .
Net so weet ons dat elke mens oomblikke van seer, moedeloosheid en vrees beleef, maar daar is n HOOP. In alle omstandighede bly God se opinie oor jou lewe dieselfde. Jou waarde in Sy oë bly dieselfde.
Mag ons vashou aan ons drome. Laat jou hart gevul wees met Sy hoop.
Die jaar is vars en die geleenthede is volop. Hou vas aan jou waarde en moenie laat karakter bou jou afknou nie.
Romeine 5:3-5
"Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."