
1 minute read
DIREKTEUR RUGBY Sylvester Booysen
By van ons sportsoorte is nuwe Direkteure, organiseerders
en ook
Advertisement
afrigters
aangestel. Die verandering is soos n vars briesie en die nuwe energie, stelsels en selfs die spreekwoordelike huisskoonmaak by sommige sportsoorte is reeds opmerklik. Verandering is goed en die mensekapitaal bring nuwe energie, dinamika en dit dra by tot nuwe verwagtings.
Selfs n naamsveandering is gedoen. Die Groot Vyf sportsoorte sal steeds so bekend staan, maar die naam van die ander sportsoorte verander na Gespesialiserde sporte. Die uniekheid en hoë vlak van spesialisasie van die sportsoorte word daardeur aangespreek

Daar word ernstig gekyk na verhoogde deelname, maar ons besef daar is altyd n telbord langs die veld. Hierdie telbord moet konstant tellings, punte en tye reflekteer. Hierdie telbord word in die fynste besonderhede regoor ons land gedisekteer. Die publiek kyk met valkoë na die resultate. Garsies se mededingendheid in alle sport in ons provinsie en Suid Afrika word ook weekliks onder die vergrootglas geplaas. Hierdie toedrag van sake het n direkte invloed op ons benadering. Ons neem deel aan sport om dit te geniet, en al die bekende waarde wat dit vir ons jeug bied, te maksimaliseer. Maar ons daag ook op met n ysere wil om altyd ons beste na te streef, en as die eindfluitjie blaas, of die lint word gebreek, wil ons bo wees. Nooit ten alle koste nie, maar daar was nog nooit iets verkeerd met die wil om te wen nie. Dit berei ons jeug voor vir die genadelose lewe wat na skool wag. Of mense daarvan hou of nie, in Suid-Afrika is skolesport uiters mededingend en soms genadeloos. Garsiesport gryp in 2023 die uitdaging aan. As ons die eindfluitjie hoor, en die telling is aan ons kant, sal ons trots, maar steeds nederig wees. Sou die telling nie in ons guns wees nie, sal ons die spreekwoordelike tekenbord herbesoek. Vir ons opponente sal ons altyd respek betoon.